NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2025
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 23 bladsye.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)
Grade 11 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Eastern Cape November Exam 2025
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
te ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne.
• Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
• Definieer historiese begrippe/terme.
• Interpretasie van bewyse uit bronne.
50%
VLAK 2 • Verduidelik inligting uit bronne verkry.
(25)
• Analiseer bewyse uit bronne.
• Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 20%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (10)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae
geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
• Daar word van leerlders verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae, om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning, bv. (2 x 2) wat neerkom op
twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
• Indien ʼn vraag 4 punte tel, word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (●) by elke punt binne-in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
• Maak regmerkies (✓) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar, bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
✓✓✓✓ Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding,
ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse, en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord deur die
handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is gelei sal word.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstelskryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt
sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te
maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar
sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter
punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn
kolpunt in die nasienriglyn), bv. by ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte
is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn
duidelike hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van die opstel
gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LVA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak
(op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 5
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
}30–33
A VLAK 5
KOMMENTAAR
• Vraag herkenbaar in antwoord.
• Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL ‒ TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed
Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen
AANBIEDING beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn om antwoord te poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en opstel te
opstel. Goeie struktureer.
opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie.
sintese van gebruik om argument. Poog Grootliks
argument is duidelike argument
inligting. Het ʼn argument te om ʼn argument vol beskrywend of
gevolg. Bewyse te ontwikkel.
goed ondersteun. te hou. poog om argument
gebruik om die
gebalanseerde, Gevolgtrekking Slotsom bereik op
argument te Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike gemaak uit bewyse grond van bewyse.
verdedig. Poog om duidelik poging om ʼn
argument ontwikkel om die argument te
ʼn onafhanklike ondersteun deur gevolgtrekking te
met bewyse.
gevolgtrekking uit ondersteun.
Argument die bewyse te bewyse nie. maak nie.
INHOUD deurgaans maak om die
volgehou en argument te
verdedig. ondersteun.
Onafhanklike
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE OPKOMS VAN SWART NASIONALISME BYGEDRA
TOT WEERSTAND TEEN DIE UNIE VAN SUID-AFRIKA SE
SEGREGASIEBELEIDE VAN AF 1910 TOT DIE 1920’s?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Pixley ka Isaka Seme
• Richard Msimang
• George Montsioa
• Alfred Mangena (enige 2 x 1) (2)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Afrikane is in Europese tale soos Engels onderrig, wat dit vir hulle
maklik gemaak het om met die regering en Britte te kommunikeer
• Afrikane is aan Westerse idees, vryheid, vryheid en menseregte
bekendgestel
• Sendingonderwys het Afrikane bemagtig om vir hul regte te pleit
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.1.3. [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Om ʼn sterker Afrikane identiteit binne die beweging te vestig 1 x 2) (2)
1.1.4 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 1A – V1]
• Onbillike behandeling of diskriminasie gebaseer op ʼn persoon se
ras
• Verwys na wanneer mense regte, geleenthede of billike
behandeling ontsê word, bloot as gevolg van hul rasse- of etniese
agtergrond
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Waaihoek (1 x 1) (1)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Die Wet op Naturellegrond het swart Suid-Afrikaners van hul grond
verwyder
• Die reservate was oorvol
• Swart Suid-Afrikaners is verbied om grond in Suid-Afrika te besit
• Om werk in die stede te vind
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B ‒ V2]
• Het hul vermoë om te reis beperk
• Hulle kon nie werk en woon waar hulle kies nie
• Dit was ʼn finansiële las aangesien werkpermitte maandeliks hernu
moes word
• Dit was vernederend en het hulle minderwaardig laat voel aangesien
hulle te eniger tyd deur polisiebeamptes voorgekeer kon word
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
1.2.4. [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Verhoogde bewustheid en mobilisering vir toekomstige anti-
pasveldtogte
• Vroue het ʼn sentrale rol in die stryd om vryheid gespeel
• Dit het tot die vorming van verskillende vroue-organisasies gelei
• Die druk deur vroue het tot die tydelike opskorting van die
paswette gelei
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Om vroue te wys wat marsjeer teen diskriminasie wat op hulle
afgedwing is.
• Om te wys dat die protes geweldloos was
• Die teenwoordigheid van die polisie dui daarop dat die regering
die optog wou stop
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3.2. [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Passe beteken behoeftige kinders
• Passe beteken gebroke huise (2 x 1) (2)
1.4. [Vergelyking van Bronne 1B en Bron 1C – V3]
• Bron 1B dui aan dat vroue besluit het om teen die paswette te marsjeer en
Bron 1C toon die aksie (d.w.s. die optog)
• Bron 1B dui aan dat die vroue besluit het om na die polisiestasie te
marsjeer terwyl Bron 1C die teenwoordigheid van polisiemanne toon
• Bron 1B dui aan dat sommige vroue plakkate met slagspreuke gedra het
wat hul ontevredenheid toon terwyl Bron 1C die plakkate met die
slagspreuke vertoon
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5. 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Om ʼn klein inkomste te verdien
• Om hul onafhanklikheid te behou (2 x 1) (2)
1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Die privaatheid van huise is aangetas
• Huise is vernietig
• Vloere is opgegrawe
• Meubels is vernietig
• Drank is gekonfiskeer (enige 3 x 1) (3)
1.5.3. [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Om hul finansiële onafhanklikheid terug te kry
• Hulle het die steun van die ICU en ʼn paar mans gehad
• Hulle wou hê dat die bierbroubeperkings opgehef moet word
• Hul mans het hul geld in hierdie munisipale kantiene gemors
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 9
1.5.4. [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 1D – V2]
• Boikot is ʼn vorm van protes waar mense weier om die fasiliteite
van die munisipaliteit te gebruik
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.6 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse uit bronne – V3]
Kandidate kan sommige van die volgende insluit:
• Die Unie van Suid-Afrika is in 1910 gevorm wat tot weerstand gelei het
(Bron 1A)
• In 1912 is die Suid-Afrikaanse Nasionale Naturellekongres gestig
(Bron 1A)
• Die SANNC het ʼn afvaardiging na Londen gestuur om die Wet op
Naturellegrond te herroep (eie kennis)
• Die SANNC het ten doel gehad om swart Suid-Afrikaners teen rasse-
ongeregtighede te mobiliseer (Bron 1A)
• Die OFS het Paswette vir vroue geïmplementeer (Bron 1B)
• Verskeie organisasies is gestig om die Paswette te weerstaan
(Bron 1B)
• Vroue het steun van ander politieke organisasies ontvang
(Bron 1B, C en Bron 1D)
• Die BVL het petisies gestuur en ʼn optog teen die Paswette gereël
(Bron 1B en Bron 1C)
• Vroue het stappe teen die Drankwet geneem (Bron 1D)
• Vroue se klopjagte op munisipale kantiens is deur die ICU en kerke
ondersteun (Bron 1D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip oor hoe die opkoms van
swart-nasionalisme tot weerstand teen die Unie
VLAK 1 van Suid-Afrika se segregasiebeleid van 1910 tot PUNTE: 0–2
die 1920’s bygedra het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragaaf
skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate
met die onderwerp verband, bv. toon begrip oor
hoe die opkoms van swart nasionalisme tot
weerstand teen die Unie van Suid-Afrika se
VLAK 2 PUNTE: 3–4
segregasiebeleid van 1910 tot die 1920’s bygedra
het.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip oor hoe die opkoms van swart
nasionalisme tot weerstand teen die Unie van
VLAK 3 Suid-Afrika se segregasiebeleid van 1910 tot die PUNTE: 5–6
1920’s bygedra het.
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 11
VRAAG 2: HOE HET AFRIKANER-NASIONALISME HOMSELF DEUR
VERSKEIE ORGANISASIES IN DIE 1930’s EN 1940’s UITGEDRUK?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Dit was wrok (woede) oor die ongelyke verspreiding van status
• Rykdom
• Politieke beheer
• Die vrees vir kulturele absorpsie in ʼn Engels-georiënteerde
samelewing (enige 3 x 1) (3)
2.1.2 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 2A – V2]
• ʼn Gevoel van samehorigheid onder die Afrikanervolk
• ʼn Gevoel van eenheid onder die Afrikaanssprekende mense wat
dieselfde ideologie, kultuur, taal en identiteit deel
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Afrikaners het hul stryd teen die Britse Ryk as ʼn heldhaftige stryd
gesien
• Afrikaners het hulself as ʼn klein groepie mense wat teen ʼn baie
sterker onderdrukker veg gesien
• Afrikaners het hulself as dapper mense gesien
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.1.4. [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Kulturele stryd
• Ekonomiese stryd
• Politieke stryd (enige 2 x 1) (2)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Ds. S.J. Du Toit (1 x 1) (1)
2.2.2. [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Om ʼn Afrikaneridentiteit te smee
• Hulle wou hul onafhanklikheid van die Britte bewys
• Dit sou ʼn gevoel van behoort onder Afrikaners bevorder
• Dit sou Afrikaners as ʼn nasie verenig
• Dit het die idee bevorder dat die Afrikaners ʼn aparte volk (mense)
met hul eie taal is
• Afrikaans het in 1924 die amptelike taal geword
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Die behandeling van Afrikanervroue en -kinders in
oorlogskonsentrasiekampe
• Britse verskroeide-aarde-beleid
• Gevolglike Afrikaner-armoede (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
2.2.4. [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• ʼn Militêre strategie waardeur die leër enigiets vernietig wat vir
die vyand nuttig is
• Dit is ʼn taktiek wat gebruik word om die vyand te verlam deur
hulpbronne te vernietig
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Dit het ʼn groot aantal Afrikaners van die platteland na die stede
gedwing. (1 x 2) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Hande-arbeider
• Mynwerker
• Spoorwegwerkers
• Messelaars (enige 2 x 1) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Dit dui daarop dat arm (verarmde) Afrikaners as ʼn bedreiging vir
die sterkte, eenheid en beeld van die Afrikanervolk gesien is.
• Die redding van arm Afrikaners was ʼn politieke en ideologiese
plig om die suiwerheid en sterkte van die Afrikanervolk te
bewaar.
• Die opheffing van wit Afrikaners, veral die armes, was nodig om
hul ideologie, mag en die skeiding tussen rasse te handhaaf.
• Enige ander irrelevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Afrikaner-instellings en banke is oopgemaak
• Lenings is aan sukkelende Afrikaners beskikbaar gestel
• Dit het Afrikaners in staat gestel om besighede oop te maak
• Dit het Afrikaners ekonomies bemagtig
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Om die hulp wat aan arm blankes gegee is, te toon
• Om die Afrikaner-nasie te versterk
• Om die Suid-Afrikaanse stelsel van wit oppergesag te bewaar
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Sekere werksgeleenkhede is vir arm blankes geskep/bewaar
• Wette is uitgevaardig om die arm blankes in die arbeidsmark te
beskerm
• Lenings is beskibaar gestel vir arm blank boere
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 13
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C en Bron 2D – V3]
• Bron 2C dui aan dat arm Afrikaners gered moes word en Bron 2D toon
die hulp wat aan arm blankes gegee is
• Bron 2C toon dat die Kommissie berig het dat 200 000 tot 300 000
Afrikaners as arm geklassifiseer is en Bron 2D toon hulp wat aan arm
blankes gegee is
• Beide bronne toon verligting wat aan arm blankes gegee is
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse uit bronne – V3]
Kandidate kan sommige van die volgende insluit:
• Afrikaner-nasionalisme veroorsaak deur ongelyke verdeling van rykdom
(Bron 2A)
• Afrikaner-nasionalisme het ʼn ekonomiese, kulturele en politieke stryd
gevoer (Bron 2A)
• Eerw. SJ Du Toit het die Genootskap van Ware Afrikaners gestig
(Bron 2B)
• Die bevordering van die Afrikaanse taal het tot die stigting van die
Broederbond gelei (Bron 2B)
• Afrikaans het die amptelike taal geword (Bron 2B)
• Die Nasionale Party het ʼn belangrike rol in die beklemtoning van
Afrikaner-nasionalisme gespeel (eie kennis)
• Afrikaner-nasionalisme is deur besighede soos Volkskas en Sanlam
Bank bevorder (Bron 2C)
• ʼn Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings was ʼn oorkoepelende
liggaam gestig (Bron 2C)
• Arm blankes was deur verskeie Afrikaner-organisasies bygestaan
(Bron 2C en Bron 2D)
• Versekeringsmaatskappye vir Afrikaanssprekende gemeenskappe is
gestig (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip oor hoe die koms
van Afrikaner nasionalisme homself deur
VLAK 1 verskeie Afrikaner-organisasies in die PUNTE: 0–2
1930’s en 1940’s uitgedruk het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot
mate met die onderwerp verband, bv. toon
begrip oor hoe die opkoms van Afrikaner-
nasionalisme homself deur verskeie
VLAK 2 PUNTE: 3–4
Afrikaner-organisasies in die 1930’s en
1940’s uitgedruk het.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer
ʼn deeglike begrip oor hoe die opkoms van
Afrikaner-nasionalisme homself deur
verskeie Afrikaner-organisasies in die
VLAK 3 PUNTE: 5–6
1930’s en 1940’s uitgedruk het.
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 15
VRAAG 3: HOE HET DIE PAN AFRICANIST CONGRESS (PAC) OP DIE
APARTHEIDSREGERING SE ONDERDRUKKENDE MAATREËLS
GEREAGEER?
3.1 3.1.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 3A – V1]
• Apartheid was ʼn onderdrukkend vernietigende stelsel wat baie
lewens beïnvloed het, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in baie
nabygeleë provinsies en lande.
• Apartheid verwys na ʼn stelsel om mense te skei deur spesifieke
woon- en sakegebiede aan verskillende rassegroepe te gee
• Om mense geografies en ekonomies te segregeer op grond van ras
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Robert Mangaliso Sobuwe (1 x 2) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Sy leierskap was op die filosofie van Pan-Afrikanisme gebaseer
• Hy het geglo dat selfbevryding deur geweldlose massa-aksie bereik
kan word
• Hy het ook geglo dat Suid-Afrika deur Afrikane vir Afrikane gelei
moet word
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Hy het geglo dat swart Suid-Afrikaners die bevrydingstryd alleen
moet veg
• Hy het geglo dat swart Suid-Afrikaners die enigstes was wat deur
apartheid onderdruk is
• Hy het geglo dat ander rasse nie deur die apartheidsregering as
minderwaardig beskou is nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Sharpeville (1 x 2) (2)
3.2.2. [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Hy ʼn brief aan die Sharpeville-polisiekommissaris geskryf waarin hy
die beplande protes aangekondig het en beklemtoon het dat die
deelnemers nie-gewelddadig sou wees. (1 x 2) (2)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Hulle verkies om tronk toe te gaan eerder as om hulself te verdedig
of ʼn boete te betaal
• Hulle wou die stelsel ontwrig
• Die stelsel sou met vol gevangenisse oorweldig word
• Hulle wou druk op die regering plaas om op die proteste te reageer
• Om aandag te vestig op die onregverdigheid van die Paswette
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Dit toon die polisie se bereidwilligheid om geweld sonder
regverdiging te gebruik
• Dit toon die brutaliteit, rassisme en minagting vir lewe deur die
polisie
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.2.5 [Evalueer die betroubaarheid van die bewyse uit Bron 3B – L3]
Hierdie bron is bruikbaar omdat:
• Dit dui die redes aan waarom die PAC die protes aangepak het
• Dit dui aan wat eintlik op daardie dag gebeur het
• Die inligting in die bron word deur Bron 3C en 3D gestaaf
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Om die polisiebrutaliteit in die 1960’s te toon
• Om te toon dat mense vir vryheid en hul regte gesterf het
• Dit toon dat mense deur die polisie doodgemaak is
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Vrees om doodgemaak te word
• Polisie het op hulle gevuur (enige 1 x 1) (1)
3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Dr Verwoerd (1 x 2) (2)
3.4.2 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 3D – V2]
• Die noodtoestand was die apartheidsregering se poging om
weerstand na die Sharpeville-slagting deur vrees en geweld te
onderdruk
• Noodtoestand het massa-aanhoudings, die verbod op die PAC en
die opskorting van burgerregte toegelaat
• Enige ander relevante antwoorde (enige 1 x 2) (2)
3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Die regering het gereageer deur ʼn noodtoestand af te kondig
• Alle openbare vergaderings was verbied
• Die polisie en weermag het duisende Afrikane gearresteer
• Hulle is met hul leiers in hegtenis geneem (enige 3 x 1) (3)
3.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• ʼn Desperate poging deur die apartheidsregering om groeiende
weerstand stil te maak
• Dit het die stryd geëskaleer, wat tot die aanvaarding van
gewapende weerstand gelei het
• Dit het die einde van vreedsame opposisie en die begin van ʼn
nuwe, meer militante fase in die stryd om vryheid gemerk
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 17
3.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Die Pan Africanist Congress is in 1959 gestig (Bron 3A)
• Robert Sobukwe was die eerste president van die PAC (Bron 3A)
• Sobukwe het in massa-aksie teen diskriminasie geglo (Bron 3A)
• PAC het ʼn protes teen Paswette op 21 Maart 1960 georganiseer (Bron 3B)
• Die slagspreuk was: GEEN BORGTOG! GEEN VERDEDIGING! GEEN
BOETE! (Bron 3B)
• PAC het ʼn wegbly-aksie op 28 Maart 1960 georganiseer (Bron 3D)
• Het teen Paswette geprotesteer (Bron 3C)
• PAC het POQO gestig om apartheid te beveg (eie kennis)
• POQO het met gewapende stryd begin (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip oor hoe die Pan Africanist
Congress op die apartheidsregering se
VLAK 1 PUNTE: 0–2
onderdrukkende maatreëls gereageer het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot
mate met die onderwerp verband, bv. toon
bietjie begrip oor hoe die Pan Africanist
VLAK 2 Congress op die apartheidsregering se PUNTE: 3–4
onderdrukkende maatreëls gereageer het.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer
ʼn deeglike begrip oor hoe die Pan Africanist
Congress op die apartheidsregering se
VLAK 3 onderdrukkende maatreëls gereageer het. PUNTE: 5–6
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
18 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: SWART-NASIONALISME
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe die ontneming van Swart Suid-Afrikaners se
politieke, ekonomiese en sosiale regte in die vroeë 1940’s tot die 1950’s tot die
opkoms van Swart-nasionalisme bygedra het.
HOOFASPEKTE
Inleiding: Kandidate moet ʼn kritiese standpunt inneem oor die stelling van hoe die
ontneming van Swart Suid-Afrikaners se politieke, ekonomiese en sosiale regte in die
vroeë 1940’s tot die 1950’s bygedra het tot die opkoms van Swart-nasionalisme. Hulle
moet ook aandui hoe hulle hul argument sal ondersteun.
UITBREIDING
• Afrikane-nasionalistiese bewegings gevorm om die Afrikaner/Apartheid-geleide
regering sedert die tyd van die Unie uit te daag
• Het die direkte konfrontasie met die regering veroordeel
• Dit het begin as ʼn vorm van weerstand teen kolonialisme
• Het geprotesteer teen die uitsluiting van swartes van die reg om te stem
• Die nuwe president van die ANC, dr. Alfred Xuma, het die Atlantiese Handves
ontleed, veral die klousules wat op Afrika van toepassing was
• In 1943 het die ANC Xuma se dokument, ‘African Claims in South Africa’,
aangeneem
• Dit het ʼn Handves van Regte ingesluit wat ʼn einde aan rassediskriminasie gevra
het, asook dat die stemreg na alle volwassenes, ongeag ras uitgebrei moet word
• Dit het die billike verspreiding van grond, vryheid van handel vir Afrikane, die reg
op gelyke en gratis onderwys vir alle Afrikane-kinders, gelyke
gesondheidsfasiliteite en die afskaffing van alle diskriminerende arbeidspraktyke
geëis
• Swart Suid-Afrikaners was geïnspireer deur die idees van vryheid en demokrasie
wat saam met die terugkerende soldate van die oorlog gekom het
• Hierdie idees het begin as gevolg van hul interaksie met soldate van die
buiteland
• Die begeerte na vryheid het aanleiding gegee tot ʼn groei in Afrika-nasionalisme
• 20 000 swart Suid-Afrikaanse soldate, gesamentlik georganiseer deur die ANC,
KPSA en die Vakbondbeweging, het na die einde van die Tweede Wêreldoorlog
aan die oorwinningsvieringmars deelgeneem
• Jeug binne die ANC het ongeduldig geraak met die konserwatisme van die ANC
asook die stadige vordering met die verkryging van vryheid en demokrasie
• Jong lede van die ANC het meer militant geword en die ANC-jeugliga gestig
• ANC Jeugliga het ander vorme van protes gebruik om vir demokrasie te veg
• ANC Jeugliga het ʼn oproep vir die program van aksie en versetveldtog gemaak
• Jeugliga het die ANC daarvan beskuldig dat hulle die elite verteenwoordig en nie
die massas nie
• ANC-nasionalisme is ‘Charterisme’ genoem
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 19
• ANC het van ʼn gematigde organisasie na ʼn massabeweging van nasionale
bevryding beweeg
• ANC-vroueliga is in 1943 gestig met Madie Hall-Xuma as die president
• Sommige lede van die ANC was ongelukkig met samewerking met ander
nasionale groepe
• Hulle het gevoel dat Lembede se visie van Afrika-nasionalisme laat vaar is
• PAC is in 1959 gestig met Robert Sobukwe as president
• Pan-Afrikanisme het ten doel gehad om swart mense regoor die wêreld te bevry
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
20 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
VRAAG 5: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: AFRIKANER-NASIONALISME
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet ʼn standpunt inneem deur aan te dui of hulle saamstem of nie dat die
begeerte om Afrikaner se kulturele identiteit en politieke mag te bewaar, die opkoms van
Afrikaner-nasionalisme in die 1930’s tot die 1940’s aangewakker het.
HOOFASPEKTE
• Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en aandui of hulle saamstem of nie
dat die begeerte om Afrikaner se kulturele identiteit en politieke mag te bewaar, die
opkoms van Afrikaner-nasionalisme in die 1930’s tot die 1940’s aangewakker het.
UITBREIDING
• Afrikaners kan beskryf word as ʼn groep mense wat Afrikaans gepraat het
(agtergrond)
• Afrikaners het as ʼn groep ontwikkel na die integrasie van verskeie Europese
nasionaliteite aan die Kaap (agtergrond)
• Afrikaner-nasionalisme het ontstaan as die sterk begeerte om met die kultuur en
erfenis van die Afrikaner-setlaars in Suid-Afrika te identifiseer
• Hulle het geglo dat hul kultuur en praktyke beter was as dié van ander groepe
• Afrikaners het hulself gesien as ʼn volk wat deur God uitverkies is
• Die idee van ʼn volk het die hoeksteen van Afrikaner nasionalisme geword
• Nasionaliste was vasbeslote om die volk te beskerm teen oorheersing deur ander
etniese en taalgroepe
• Afrikaner-identiteit moes ten alle koste bewaar word
• Afrikaners moes as ʼn nasie verenig bly
• Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Christelike Nasionale Onderwys (CNO) was
die bewaarders van Afrikaner-erfenis
• Onderwys en godsdiens het Afrikanerdenke gelei en hul taal en kultuur lewendig
gehou
• Kinders sou moedertaalonderrig ontvang
• Onderwys het eenheid van die ‘Volk’ as ʼn ras geskep
• Afrikaner ‘Volk’ ideologie beoog om Afrikaners op die basis van ras en taal te verenig
• Die rol van die Broederbond en die FAK om die voortbestaan van die Afrikaans taal
en kultuur te verseker
• Broederbond bevorder Afrikaner-nasionalisme en voorkom die uitbuiting van
Afrikanerwerkers
• Nasionale pers ‒ gepubliseer
• Afrikaner nasionalistiese koerante, ‘Die Burger’ en ‘Die Transvaler’
• Eeufeesviering van die Groot Trek het Afrikaner eenheid en trots in hul kultuur
bevorder
• Eerste Afrikaans bou vereniging Saambou
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 21
• Afrikaner besighede bevorder – Naspers, ‘Die Burger’, Santam, Sanlam, Volkskas
bank
• Reddingsdaadbond (RDB) het verseker dat Afrikanerbesighede deur Afrikaners
ondersteun word
• Ekonomiese opheffing is deur die Federale Volksbeleggings (FVB) en RDB
bygestaan
• 1932 ‒ Carnegie Kommissie van ondersoek kyk na armblank vraagstuk
• Armblanke probleem was opgelos deur werk by die spoorweg en hawens te skep
• Rol van vroue
• Nasionale Party het na vore getree as ʼn dominante politieke mag in die
bevordering van Afrikaner-nasionalisme
• NP het die eis vir ‘apartheid’ as die sentrale slagspreuk in hul veldtog voorgehou
• Blanke oppergesag moes ten alle koste gehandhaaf word
• Nasionaliste het die blankes bang gemaak met die idee van ʼn swart gevaar
• Afrikaner-nasionalistiese beleid het ʼn beroep op wit boere gedoen wat teen die
beweging van Afrikane na stede was
• Die NP het kiesers belowe dat hul werk deur die toepassing van die
werkreservewette beskerm sal word
• Afrikaner vakbonde is gevorm om die belange van Afrikanerwerkers te beskerm
• Die Tweede Wêreld Oorlog het ʼn groot impak op Afrikaner-nasionalisme gemaak
• Die 1948 verkiesing – aanloop en nasleep
• Afrikaans–sprekende Afrikaners het die NP in die 1948-verkiesing aan bewind
gestem
• Die NP-leier, dr Malan, het die nuwe eerste minister geword
• Apartheidswetgewing is ingestel
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
•
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
22 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA ‒ 1940’s tot 1960’s
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate burgerlike ongehoorsaamheid en geweldlose
protesoptogte deur die bevrydingsbewegings weerstand teen die apartheidsregering in
die 1950’s versterk het. Hulle moet ook aandui hoe hulle hul argument sal ondersteun.
HOOFASPEKTE
• Inleiding: Kandidate moet verduidelik tot watter mate burgerlike ongehoorsaamheid
en geweldlose protesoptogte deur die bevrydingsbewegings weerstand teen die
apartheidsregering in die 1950’s versterk het. Kandidate moet hul argument staaf met
relevante historiese bewyse om hul argument te ondersteun.
UITBREIDING
• ANC se Program van Aksie
• ANC word meer militant toe die ANC Jeugliga gevorm is
• Gebruik boikotte, burgerlike ongehoorsaamheid en opstande as ʼn middel van verset
• 1 Mei staking
• Werkers wys hul ontevredenheid
• Versetveldtog
• 1952 – breek wette doelbewus – betree slegs blankes fasiliteite
• Verbrand passe in die openbaar
• Het geweier om boetes te betaal en wou hê dat tronke oorvol word
• Gehoop dat die apartheidstelsel sou verbrokkel
• Sommige is vermoor en gearresteer
• Kongresalliansie
• Konferensie gehou vir alle rassegroepe om ʼn grondwet op te stel
• Vryheidsmanifes
• Ontmoet te Kliptown op 25 en 26 Junie 1955
• Stel ʼn dokument op wat die aspirasies van alle Suid-Afrikaners verteenwoordig
• Het die bloudruk vir die nuwe grondwet van Suid-Afrika geword
• Vroue-optog na Pretoria (9 Augustus 1956) in protes teen die instelling van paswette
vir vroue
• Vroue gedwing om passe te dra
• 20 000 vroue van alle rasse het na die Uniegebou opgeruk
• Leiers van die optog – Lilian Ngoyi, Rahima Moosa, Sophie Williams en Helen
Joseph
• Hulle het ʼn lied spesifiek vir die geleentheid gekomponeer, naamlik: ‘Strijdom, jy het
met die vroue gepeuter, jy het ʼn rots geslaan.’
• Eerste Minister, J.G. Strijdom, het geweier om die vroue te sien
• Toe hulle vertrek het, het hulle Nkosi Sikeleli Africa gesing
• Hoogverraad
• Uittarting van apartheid het tot die arrestasie van lede van die Kongres Alliansie gelei
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 23
• Gearresteer as gevolg van ʼn poging om die regering omver te werp
• In 1956 het die staat 156 aktiviste gearresteer
• Verhoor het vir twee jaar in “Drill Hall” plaasgevind
• Die doel van die regering was om mense te intimideer en tot verswakking van
weerstand te lei
• Teen 1961 is alle beskuldigdes vrygelaat
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Addendum
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum

Addendum