Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2023
GESKIEDENIS V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 






View all



HISTORY P1 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 9
- File size
- 325.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: WAT WAS DIE IMPAK VAN LENIN SE NUWE EKONOMIESE
BELEID OP DIE RUSSIESE EKONOMIE?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Definieer die konsep Oorlogskommunisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Lys VIER bewysstukke uit die bron wat daarop dui dat die
Oorlogskommunisme beleid ʼn ramp vir Rusland was. (4 x 1) (4)
1.1.3 Verduidelik waarom jy dink Lenin Oorlogskommunisme ingestel het.
(2 x 2) (4)
1.1.4 Wat was die impak van die Kronstadt-rebellie van 1921 op die
kommunistiese bewind in Rusland? (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Wat, volgens die bron, was die belangrikste vereiste van die NEB?
(1 x 2) (2)
1.2.2 Definieer die konsep denasionalisering in die konteks van die Nuwe
Ekonomiese Beleid. (1 x 2) (2)
1.2.3 Noem TWEE gevolge wat die toegewing van die NEB op die
Russiese ekonomie gehad het. (2 x 1) (2)
1.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Stalin teen 1929 besluit het om die NEB te laat vaar. (2 x 2) (4)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Haal DRIE bewysstukke uit die bron aan wat daarop dui dat die NEB
ʼn kapitalistiese ekonomiese beleid was. (3 x 1) (3)
1.3.2 Lewer kommentaar op die stelling: “Vir die handelaars het die NEP
ʼn geleentheid gebied en die aanbreek van beter dae beteken.”
(2 x 2) (4)
1.3.3 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
wat die impak van Lenin se Nuwe Ekonomiese Beleid in Rusland
tussen 1921 en 1928 navors. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
1.4 Bestudeer Bron 1D.
1.4.1 Hoeveel miljoen ton graan is in 1927 geoes? (1 x 1) (1)
1.4.2 Verduidelik waarom jy dink die landbouproduksie in 1928 so hoog
was. (2 x 2) (4)
1.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
impak van Oorlogskommunisme op nywerhede in Rusland tussen
1918 en 1922. (2 x 2) (4)
1.5 Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse in Bron 1D ondersteun
rakende die impak van Oorlogskommunisme op die Russiese ekonomie.
(1 x 2) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak
van Lenin se Nuwe Ekonomiese Beleid op die Russiese ekonomie
verduidelik. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 5
VRAAG 2: WATTER MAATREËLS HET ROOSEVELT INGESTEL OM DIE
WERKLOOSHEIDSPROBLEEM OP TE LOS WAT DEUR DIE
GROOT DEPRESSIE IN DIE VSA IN DIE 1930’s VEROORSAAK IS?
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Definieer die konsep Groot Depressie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.2 Wat, volgens die bron, was die gevolge van die Groot Depressie op
die VSA? (4 x 1) (4)
2.1.3 Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit president Hoover se
stelling: “Die krisis was net ʼn verbygaande voorval in ons nasionale
lewens”? (2 x 2) (4)
2.1.4 Verduidelik wat geïmpliseer word met die stelling: “Roosevelt se
Nuwe Bedeling het die verhouding van die federale regering met die
Amerikaanse publiek permanent verander.” (2 x 2) (4)
2.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
waarom die Amerikaanse publiek Franklin Delano Roosevelt as hul
president verkies het. (2 x 2) (4)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Gee EEN rede uit die bron waarom hulpprogramme tydens die Groot
Depressie ingestel is. (1 x 2) (2)
2.2.2 Lys enige TWEE programme uit die bron wat deur Roosevelt ingestel
is om die ekonomiese ineenstorting van die VSA te stop. (2 x 1) (2)
2.2.3 Lewer kommentaar oor hoe die Emergency Banking Act vertroue in
die Amerikaanse banksektor teweeggebring het. (2 x 2) (4)
2.2.4 Verduidelik hoe die FERA verligting vir duisende Amerikaners
teweeg gebring het. (1 x 2) (2)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Noem TWEE openbare werke infrastruktuur projekte wat die WPA
aangepak het om die werkloosheidskwessie aan te spreek. (2 x 1) (2)
2.3.2 Hoe ondersteun die WPA en FERA mekaar rakende die doelstellings
van die Nuwe Bedeling? (1 x 2) (2)
2.3.3 Hoe dink jy het die eienaars van groot besighede gereageer op
Roosevelt se Nuwe Bedeling? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
2.4 Raadpleeg Bron 2D.
2.4.1 In watter jaar was die werkloosheidsyfer die hoogste? (1 x 2) (2)
2.4.2 Wat vertel die grafiek jou oor die impak van die Nuwe Bedeling op
werkloosheid tussen 1933 en 1937? (1 x 2) (2)
2.4.3 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
wat die impak van die Nuwe Bedeling op werkloosheid tydens die
Groot Depressie in die VSA navors. (1 x 2) (2)
2.5 Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2D die inligting in Bron 2C rakende
werkloosheid tydens die Groot Depressie ondersteun. (1 x 2) (2)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die
maatreëls wat Roosevelt geïmplementeer het om die
werkloosheidsprobleem wat deur die Groot Depressie in die VSA in die
1930’s veroorsaak was verduidelik. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 3: HOE HET DIE NAZI’S MINDERHEIDSGROEPE IN DUITSLAND
TUSSEN DIE 1930’s EN 1940’s VERVOLG?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Definieer die konsep anti-Semitisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Hoe, volgens die bron, het Hitler demokrasie in Duitsland in 1933
beëindig? (2 x 1) (2)
3.1.3 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
verduidelik waarom Duitsland in 1933 ʼn ekonomiese krisis beleef
het. (1 x 2) (2)
3.1.4 Lewer kommentaar op die redes vir die Nazi se haat teenoor die
Jode. (2 x 2) (4)
3.2 Lees Bron 3B.
3.2.1 Wat, volgens die bron, was die funksie van die Genadedood-
program in Duitsland? (1 x 2) (2)
3.2.2 Lys DRIE kategorieë individue wat die Genadedood- program uit die
Duitse bevolking wou uitskakel. (3 x 1) (3)
3.2.3 Definieer die konsep eugenetika in die konteks van die Nazi-
rassebeleide. (1 x 2) (2)
3.2.4 Verduidelik wat geïmpliseer word met die stelling: “Gestremdes
verteenwoordig ʼn genetiese en ʼn finansiële las op die Duitse
samelewing”. (2 x 2) (4)
3.2.5 Verduidelik waarom die Genadedood-program as ʼn skending van
menseregte gesien kan word. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Noem die DRIE kategorieë mense wat as die sigeuners bekend
gestaan het. (3 x 1) (3)
3.3.2 Hoe, volgens die bron, is die sigeuners in die Auschwitz-
konsentrasiekamp vermoor? (2 x 1) (2)
3.3.3 Watter opsies, dink jy, het die sigeuners gehad om sterilisasie in
Duitsland te vermy? (2 x 2) (4)
3.3.4 Verduidelik hoe gedwonge sterilisasie tot die skepping van ʼn
meesterras in Duitsland in 1930’s bygedra het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
3.4 Lees Bron 3D.
3.4.1 Verduidelik die boodskappe wat die fotograaf oor Duitsland se
rassebeleid in die 1930’s probeer oordra. (1 x 2) (2)
3.4.2 Verskaf EEN rede waarom Hitler se Genadedood-program nie
geregverdig kan word nie. (1 x 2) (2)
3.5 Vergelyk Bron 3B en Bron 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3D die
inligting in Bron 3C rakende Hitler se Genadedood-program ondersteun.
(1 x 2) (2)
3.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer ses reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Nazi’s minderheidsgroepe in Duitsland tussen die
1930’s en 1940’s vervolg het. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940: GEVALLESTUDIE –
STALIN SE VYFJAARPLANNE
Verduidelik tot watter mate Stalin se vyfjaarplanne die Sowjetunie teen die einde van
1939 vanaf ʼn agterlike land na ʼn supermoondheid verander het.
Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
VRAAG 5: KOMMUNISME IN DIE VSA: GEVALLESTUDIE – GEVOLGE VAN
DIE GROOT DEPRESSIE
Bespreek krities hoe Amerika, Japan en Duitsland op die sosiale impak van die Groot
Depressie op hul onderskeie lande gereageer het. [50]
VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE 19de EN 20ste EEU: GEVALLESTUDIE –
HITLER EN DIE JODE.
Die Nazi’s het die idee van ʼn ‘suiwer Ariese ras’ gebruik om die menseregte van die
Jode in Nazi -Duitsland, vanaf 1933 tot 1945, te skend.
Stem jy saam met hierdie stelling? Gebruik relevante historiese bewyse om jou
gedagtegang te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
HISTORY P2 QP GR11 NOV 2025 AFR_watermark.pdf

Question paper
HISTORY P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D_watermark.pdf

Question paper
HISTORY P2 QP GR11 NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR11 QP NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2017_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK_watermark.pdf
Addendum
HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 History
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023-24.pdf

Memorandum
GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR_watermark.pdf
Addendum
HISTORY P1 GR12 ADDEN NOV2020 ENG D_hlayiso.com_.pdf
Addendum