Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2017
GESKIEDENIS V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IHISTA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 






View all




HISTORY P1 GR11 QP NOV2017_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Pages
- 16
- File size
- 1008.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie VRAESTEL bestaan uit SES vrae op wat die
KABV-inhoudsraamwerk gebaseer is: DRIE brongebaseerde vrae in
AFDELING A en DRIE opstelvrae in AFDELING B.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU
2. Bronmateriaal wat nodig is om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in
die bygaande ADDENDUM VAN BRONNE gevind word.
3. Elke vraag tel 50 punte.
4. Kandidate moet DRIE vrae beantwoord.
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag en minstens EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag
wees.
5. Kandidate word aangeraai om bestee EEN uur per vraag te spandeer.
6. Wanneer kandidate vrae beantwoord, moet hulle toepassing van kennis,
vaardighede en insig demonstreer.
7. Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate
wees.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
10. Begin elke vraag op ʼn nuwe bladsy en trek ʼn lyn aan die einde van elke
vraag.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
afdeling nie.
VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND 1900–1940
WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE BOLSJEWISTIESE REWOLUSIE IN
RUSLAND IN 1917?
Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Bestudeer Bron 1A.
1.1.1 Wat, volgens die bron, was die doelstellings van die vergadering
van die Russiese Werkende Mans? (2 x 1) (2)
1.1.2 Wie, volgens die inligting in die bron, het die vergadering van die
Russiese Werkende Mans gevorm? (1 x 1) (1)
1.1.3 Verduidelik waarom jy dink Vader Gapon het besluit om sy
aanvanklike rol in die vergadering van die Russiese Werkende
Mans te verlaat. (2 x 2) (4)
1.1.4 Noem enige TWEE eise wat vervat was in die petisie wat Vader
Gapon aan die Tsaar van Rusland gestuur het. (2 x 1) (2)
1.1.5 Verduidelik waarom die inligting in Bron 1A as bruikbaar beskou kan
word vir ʼn historikus wat die oorsake van die Russiese revolusie
bestudeer. (2 x 2) (4)
1.2 Verwys na Bron 1B.
1.2.1 Deur gebruik te maak van die visuele leidrade in die bron noem
TWEE eise wat deur die protesterende werkers gemaak is. (2 x 1) (2)
1.2.2 Haal bewyse uit die bron aan wat die siening dat die werkers nie
gelukkig was met wat die Tsaristiese regering besig was om te doen
nie, ondersteun. (1 x 2) (2)
1.2.3 Verduidelik die belangrikheid van die demonstrasie deur die werkers,
in die konteks van die Russiese revolusie. (2 x 2) (4)
1.3 Hoe ondersteun die bewyse in Bron 1B die inligting in Bron 1A met
betrekking tot die groeiende ongelukkigheid onder die mense van Rusland
met die regering van die tsaar? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017)
1.4 Raadpleeg Bron 1C.
1.4.1 Verduidelik wat Lenin bedoel het toe hy gesê het: ‘Die mense
benodig vrede, die mense benodig brood en die mense benodig
grond.’ (2 x 2) (4)
1.4.2 Definieer die konsep proletariaat in die konteks van die Russiese
revolusie. (1 x 2) (2)
1.4.3 Verduidelik waarom jy dink die betrokkenheid van die matrose van
die Kronstadt-vlootbasis tydens die rewolusie, ʼn belangrike
verwikkeling vir die Bolsjewiste was. (2 x 2) (4)
1.5 Gebruik Bron 1D.
1.5.1 Wie, volgens die inligting in die bron, was die leier van die Bolsjewiste
in Rusland terwyl Lenin in ballingskap in Finland was? (1 x 1) (1)
1.5.2 Wat, volgens die inligting in die bron, was die basiese eise van die
mense van Rusland in hul verwerping van die Kerensky-regering?
Noem enige TWEE eise. (2 x 1) (2)
1.5.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom dit relatief
maklik was vir die Bolsjewiste om die Kerensky-regering omver te
werp. (2 x 2) (4)
1.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
waarin jy die oorsake van die Bolsjewistiese rewolusie in Rusland in 1917
bespreek. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 5
VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE GROOT DEPRESSIE IN DIE VERENIGDE
STATE VAN AMERIKA IN DIE 1930’s?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.
2.1 Gebruik Bron 2A.
2.1.1 Hoe, volgens die inligting in die bron, is boere negatief geraak deur
die droogte tydens die Groot Depressie? (2 x 1) (2)
2.1.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die plakkersdorpies ‘Hoovervilles’ genoem is. (2 x 2) (4)
2.1.3 Hoe, volgens die inligting in die bron, is families (huishoudings)
geraak deur die Groot Depressie? (2 x 1) (2)
2.1.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, noem die
uitwerking van die Groot Depressie op die Amerikaanse Droom.
(2 x 1) (2)
2.1.5 Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir ʼn
historikus wat navorsing doen oor die impak van die Groot Depressie
op die Amerikaanse volk doen. (2 x 2) (4)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Verduidelik waarom Hoover se regering nie daarin kon slaag om
betyds teen die effek van die Groot Depressie op te tree nie. (2 x 2) (4)
2.2.2 Waarom, volgens jou mening, het die VSA sulke hoë vlakke van
werkloosheid ervaar? (2 x 2) (4)
2.2.3. Waarom, volgens die inligting in die bron, het die banke besluit om
hul lenings terug te roep? (1 x 2) (2)
2.3 Verwys na Bron 2C.
Deur gebruik te maak van die visuele leidrade in die bron, noem die soort
verversings wat by hierdie sentrum aangebied is. (2 x 1) (2)
2.4 Op watter manier ondersteun Bronne 2B en 2C mekaar ten opsigte van die
impak wat die Groot Depressie op die Amerikaanse samelewing gehad het?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017)
2.5 Bestudeer Bron 2D.
2.5.1 Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, definieer die
konsep Groot Depressie in die konteks van die gebeure van die
1930’s in die Verenigde State van Amerika. (1 x 2) (2)
2.5.2 Gee TWEE voorbeelde van onaanvaarbare sosiale gedrag wat
algemeen geword het in die Verenigde State van Amerika as gevolg
van die impak van die Groot Depressie. (2 x 1) (2)
2.5.3 Waarom, volgens jou mening, het hoër onderwys buite bereik van die
gewone Amerikaanse burger geraak? (2 x 2) (4)
2.5.4 Verduidelik waarom baie mans besluit het om weg te loop van hul
gesinne, wat as die ‘arm man se egskeiding’ bekend gestaan het. \
(2 x 2) (4)
2.6 Deur gebruik te maak van inligting in die relevante bronne en jou eie kennis,
skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
gevolge van die Groot Depressie in die Verenigde State van Amerika in die
1930’s bespreek. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU
HOE HET NAZI-DUITSLAND DIE MENSEREGTE VAN MINDERHEIDSGROEPE
TUSSEN 1933 EN 1945 GESKEND?
Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.
3.1 Bestudeer Bron 3A.
3.1.1 Gebruik die bron en jou eie kennis om die konsep, anti-Semitisme,
in die konteks van Nazi-Duitsland te verduidelik. (1 x 2) (2)
3.1.2 Hoeveel Jode, volgens die inligting in die bron, het in Duitsland
gewoon teen 1933? (1 x 1) (1)
3.1.3 Noem enige VIER bewyse van sabotasie waarvoor die Jode in
Duitsland geblameer is om anti-Semitisme te bevorder. (4 x 1) (4)
3.1.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
verduidelik waarom die Duitse amptenare wat die
vredesooreenkoms wat die Eerste Wêreld-oorlog beëindig het,
onderteken het, "November misdadigers" genoem is. (2 x 2) (4)
3.1.5 Waarom, volgens jou mening, was dit nodig om duidelike wetgewing
te hê wat omskryf het wie ʼn Jood en wie ʼn Ariër was? (2 x 2) (4)
3.1.6 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat
die behandeling van Jode in Nazi Duitsland onder Hitler bestudeer.
(2 x 2) (4)
3.2 Oorweeg Bron 3B.
3.2.1 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, noem die TWEE
wette wat die Nurembergwette genoem is. (2 x 1) (2)
3.2.2 Haal bewyse uit die bron aan wat die siening ondersteun dat
Sigeuners (‘Gypsies’) in Nazi-Duitsland wetlik uitgewis kon word.
(1 x 2) (2)
3.2.3 Verduidelik die belangrikheid van die klassifikasie van mense in
Duitsland as ‘sonder burgerskap regte.’ (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017)
3.3 Lees Bron 3C.
3.3.1 Hoe, volgens die inligting in die bron, sou die menslike ras verbeter
word? (1 x 1) (1)
3.3.2 Waarom, volgens die bron, het die Nazi-regering ʼn streng program
van sterilisasie nagesteef? (1 x 2) (2)
3.3.3 Waarom, volgens jou mening, het Hitler minderhede vir vervolging
geteiken? (2 x 2) (4)
3.4 Raadpleeg Bron 3D.
Op watter manier is die menseregte van die Jode geskend deur die optrede
van die polisie soos uitgebeeld in die visuele bron? (2 x 2) (4)
3.5 Hoe ondersteun Bronne 3A en 3D mekaar ten opsigte van die doelbewuste
skending van die Jode se regte? (2 x 2) (4)
3.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
waarin jy die wyses waarop menseregte van minderhede in Nazi-Duitsland
geskend is tussen 1933 en 1945 wys of demonstreer. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
afdeling nie.
VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND 1900–1940
Het Stalin se ekonomiese en ontwikkelingsprogramme daarin geslaag om Rusland
vanaf ʼn agtergeblewe land tot ʼn moderne industriële mag te verander?
Ondersteun jou standpunt met relevante historiese bewyse. [50]
VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
Tot watter mate het Roosevelt se Nuwe Bedeling daarin geslaag om die negatiewe
gevolge van die Groot Depressie in die Verenigde State van Amerika in te verlig
die 1930’s?
Ondersteun jou antwoord met relevante historiese bewyse. [50]
VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU
Bespreek tot watter mate die toepassing van eugenetika en sosiale Darwinisme die
voortbestaan van die inheemse bevolking van Australië bedreig het en dui aan of
dit tot volksmoord gelei het of nie. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
HISTORY P2 QP GR11 NOV 2025 AFR_watermark.pdf

Question paper
HISTORY P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D_watermark.pdf

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 QP GR11 NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HIST-P1-GR11 QP-ENG- NOV 2017_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 History
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023-24.pdf

Memorandum
GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR_watermark.pdf
Memorandum