Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GESKIEDENIS V1
NASIENRIGLYN
EKSEMPLAAR
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 






View all




HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Pages
- 17
- File size
- 1.4 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
te ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
Onttrek inligting uit bronne.
Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (14)
Definieer historiese begrippe/terme.
Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(26)
Analiseer bewyse uit bronne.
Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en
30%
VLAK 3 beperkings vas te stel.
(10)
Vergelyk en kontrasteer
interpretasies en perspektiewe in die
bronne en kom tot onafhanklike
gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
Daar word van leerlinge verwag om ‘n standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord
Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat
neerkom op een rede en twee punte toegeken word ()
Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring
word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik
word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2 of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn
inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en
ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal
bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie
benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied
deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument
te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’
neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders
ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor te berei en te reproduseer
sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese
nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur
bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien
word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in
die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met
ʼn kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5
hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van ʼn
opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn
duidelike hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt
(argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail
E bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit
verband hou met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord
deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument.
E
Relevant voorbeelde moet gegee word om die argument
vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die
inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2020)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed beplande en
gestruktureerde opstel. Baie goed Goed beplande en Argument beplan en Toon soms bewys van Poging aangewend om Weinig of geen poging
AANBIEDING beplande en gestruktureerde opstel. gestruktureer. Bewyse ʼn gestruktureerde en antwoord te struktureer. om die opstel te
Goeie sintese van
inligting. Het ʼn goed gestruktureerde Poog om ʼn duidelike tot ʼn sekere mate beplande argument. Grootliks beskrywend struktureer nie.
gebalanseerde, opstel. ʼn Relevante argument te ontwikkel. gebruik om argument te Poog om ʼn argument
of poog om argument
oorspronklike argument argument is gevolg. ondersteun. Slotsom vol te hou.
Gevolgtrekking gemaak te ontwikkel. Geen
ontwikkel met bewyse. Bewyse gebruik om die bereik op grond van Gevolgtrekking nie
uit bewyse om die bewyse. poging om ʼn
Argument deurgaans argument te verdedig. duidelik ondersteun
Poog om ʼn argument te gevolgtrekking te maak
volgehou en verdedig. deur bewyse nie.
onafhanklike ondersteun. nie.
Onafhanklike
gevolgtrekking gemaak gevolgtrekking uit die
uit bewyse om die bewyse te maak om die
argument te argument te
ondersteun. ondersteun.
INHOUD
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud
20–23 18–19 14–17
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE 1917 RUSSIESE REWOLUSIE?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
‘Agtergeblewe’ (1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
‘vir indiensneming in fabrieke (1 x 2) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Rusland het ʼn kapitalistiese ekonomiese stelsel gehad
Die nywerhede was in die besit van kapitaliste
Die ekonomie het die private opbou van welvaart deur uitbuiting
moontlik gemaak
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Hulle was ontnugter deur die tsaristiese regering
Hulle wou politieke en ekonomiese verandering hê
Hulle wou ʼn regering hê wat deur ʼn grondwet regeer en deur die
meerderheid mense verkies word
Die tsaar het nie na hul eise geluister nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
‘Mensjewieke’
‘Bolsjewiste’ (2 x 1) (2)
1.1.6 [Bepaling van bruikbaarheid van Bron 1A – V3]
Die bron is bruikbaar
Rusland se ekonomie was swak en onderontwikkeld/
agtergeblewe
Die Russiese ekonomie was op kapitalistiese beginsels gebaseer
Rusland het ʼn politieke stelsel aanvaar wat op diktatorskap
gebaseer was
Die Russiese bevolking was ontnugter deur die tsaar en wou
verandering hê
Russe het politieke partye gestig om verandering teweeg te bring
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
‘toe gewapende magte ʼn groep vreedsame betogers aan die
brand gesteek het buite die tsaar se Winterpaleis in St.
Petersburg’ (1 x 2) (2)
1.2.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1B – V1]
Dit is die gewelddadige omverwerping van ʼn regering om
verandering teweeg te bring
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Tsarisme was beskou as outokratiese heerskappy wat geen agting
vir die Russiese volk gehad het nie
Die gewone Russe het geen seggenskap gehad oor die regering van
die land nie
Tsarisme het die volk onderdruk, en die volk het geen vryheid gehad
nie
Die tsaar het hom nie aan die wense en welsyn van sy volk gesteur
nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Rusland was onvoorbereid vir die oorlog
Rusland het gedink dat Japan maklik verslaan sou word
Japan was beter voorbereid vir die oorlog as die Russe
Hulle het nie genoeg wapens en ander oorlogsmateriaal gehad nie
Die oorlog was te duur/onbekostigbaar vir Rusland
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
Rusland was onvoorbereid vir die oorlog
Russiese soldate vertoon ʼn beeld van hopeloosheid
Die Russiese leër was verslaan – het lae moraal gehad
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4 [Vergelyking van bronne om die ooreenkomste te bepaal – V3]
Beide bronne toon dat Rusland onvoorbereid vir albei oorloë was
Beide bronne meld dat Rusland in albei oorloë verslaan is
Beide bronne toon dat die Russiese soldate en die bevolking vertroue in die
tsaar ná die nederlae verloor het
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
‘Skaarsheid aan voedsel in Petrograd’ (1 x 2) (2)
1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
‘Regeringskorrupsie het hooggety gevier’
'Die Russiese ekonomie was agtergeblewe'
‘Rusland se rampspoedige betrokkenheid by die Eerste
Wêreldoorlog’ (Enige 2 x 1) (2)
1.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Duitsland het meer gevorderde wapens gehad
Rusland was nie voorbereid op die oorlog nie
Russe het ʼn ernstige tekort aan wapens en mediese voorrade gehad
Russiese soldate het ʼn tekort aan voedsel en lae moraal gehad
Rusland was deur sy binnelandse sake geaffekteer
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 9
1.5.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Die soldate wat veronderstel was om die opstand te onderdruk, het by die
betogers aangesluit
Die Russiese nederlaag tydens die Eerste Wêreldoorlog het die Tsaar
ongewild gemaak
Die muitery van die Kronstadt matrose het die lot van die Tsaar verseker
Hy het nie meer die ondersteuning van sy mense gehad nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.6 [Paragraaf – interpretasie, analise en sintese van bewyse vanuit relevante bronne
– V3]
Russiese ekonomie agtergeblewe en gebaseer op kapitalisme (Bron 1A)
Bevolking was ontnugter met die tsaar wat tot die 1905 rewolusie gelei het
(Bron 1A)
Rusland het ʼn tekort aan voedsel ervaar wat die hoofdryfkrag vir verandering
geword het (Bron 1A)
Russe het politieke partye gestig om veranderinge mee te bring (Bron 1A)
Tsarisme het onderdrukkend geword met min agting vir menslike vryhede
(Bron 1B)
Rusland se verslane oorlogspoging teen Japan was as die katalisator vir politieke
hervorming beskou (Bron 1B)
Rusland se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog was ʼn ramp (Bron 1C)
Rusland was onvoorbereid vir die oorlog en het groot nederlae gelei (Bron 1C)
Voedseltekorte in Rusland het tot die uitbreek van die Februarie rewolusie gelei
(Bron 1D)
Soldate het by die betogers aangesluit – Tsaar gedwing om te bedank (Bron 1D)
Lenin en sy Bolsjewiste het ʼn suksesvolle staatsgreep uitgevoer (Eie kennis)
Enige ander relevante antwoord.
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op elementêre wyse.
Vraag nie beantwoord nie.
Toon geen of min begrip van die oorsake van die
VLAK 1 0–2
1917 Russiese Rewolusie.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf
skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband
met die onderwerp.
Toon ʼn mate van begrip van die oorsake van die 1917
VLAK 2 3–4
Russiese Rewolusie.
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te
skryf.
Gebruik relevante en toepaslike bewyse.
Toon ʼn deeglike begrip van die oorsake van die 1917
VLAK 3 Russiese Rewolusie. 5–6
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE
AMERIKAANSE SAMELEWING IN DIE 1930’s?
2.1 2.1.1 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2A – V1]
Dit is ʼn periode van ekonomiese swaarkry in die VSA
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1)
‘Hoë temperature’
‘Onvoldoende reënval’
‘Sterk winde’
‘Besmetting van gewasse deur insekte’ (4 x 1) (4)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Banke het ineengestort as gevolg van die afname in die waarde
van eiendomme
Te veel mense het hul geld op dieselfde tyd onttrek
Banke het nie genoegsame kontantvloei gehad om hul kliënte te
diens nie
Banke kon nie hul geld herwin uit hul lenings wat hulle gemaak
het nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Paniekverkope toe die prys van aandele gedaal het
Dit was die gevolg van die onvolhoubare styging van aandeel-
pryse in die vroeë jare
Die aankoop van aandele met geleende geld
Oor-spekulasie
Ongesonde besigheidspraktyke
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.5 [Bruikbaarheid van Bron 2A – V3]
Die bron is bruikbaar:
Dit beskryf hoe die Amerikaanse ekonomie geaffekteer was
deur die ineenstorting van die New York aandelebeurs
Dit wys hoeveel mense as gevolg van die ineenstorting
werkloos geword het
Dit wys dat landbou ernstige verliese gelei het wat verder tot
armoede gelei het
Dit toon dat besighede in duie gestort het wat tot grootskaalse
werkloosheid gelei het
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1)
‘Uiterse swaarkry en armoede’
‘Om die felheid van die Groot Depressie te vermy’ (2 x 1) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
‘geringe diefstal’ (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 11
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Die meeste mense het werkloos geraak
Werklose mense het hulself tot diefstal gewend om te oorleef
Vroue het hulself tot prostitusie gewend om kos op die tafel te sit
Alkoholisme het toegeneem
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
‘Vroue en mans het die Groot Depressie baie verskillend ervaar’
(1 x 2) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
‘Hulle was werkloos en nie in staat om vir hul families te sorg nie’
(1 x 2) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Vroue was as uitgeworpenes beskou omdat hulle die
werksgeleenthede wat gewoonlik vir mans gereserveer was, geneem
het
Hul salarisse was uiters min
Vroue salarisse was onderworpe aan vermindering
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Swart Amerikaanse vroue het hul werk aan blanke Amerikaanse
vroue verloor
Swart Amerikaanse vroue het die laagste lone vir hul arbeid ontvang
Stedelike Swart Amerikaanse vroue was in prostitusie as gevolg
van die depressie gedwing
Swart Amerikaanse vroue was na die slawemark as gevolg van
armoede gedwing
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.3.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Hul rol as huisvroue het verander
Vroue het die broodwinners van hul families geword
Vroue was gedwing om te werk om die uitgawes te dek
Vroue se rol as huisvroue het verdwyn aangesien hulle moes werk
Vroue was na prostitusie gedwing om te oorleef
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Die Groot Depressie het ʼn verwoestende effek op vroue gehad
Baie vroue het hul werk tydens die Groot Depressie verloor
Die Groot Depressie het tot die armoede en lyding van vroue gely
Vroue kon nie vir hul kinders tydens die Groot Depressie voorsien
nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2020)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Bron 2C verklaar dat vroue tydens die Groot Depressie gely het
terwyl Bron 2D die lyding van ʼn vrou tydens die Groot Depressie
uitbeeld
Bron 2C verklaar dat vroue nie vir hul families kon voorsien nie
terwyl Bron 2D die hopeloosheid van ʼn moeder wat nie vir haar
kinders kon voorsien nie, uitbeeld
Beide bronne toon dat vroue werkloosheid en armoede ervaar het
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.5 [Interpretasie, analise en sintese van informasie vanuit alle bronne – V3]
Die Groot Depressie het met misoeste in die VSA saamgeval (Bron 2A)
Die Groot Depressie het tot grootskaalse werkloosheid gelei (Bron 2A)
Die Groot Depressie het tot die ineenstorting van die bankstelsel in die
VSA gelei (Bron 2A)
Die Groot Depressie het tot die devaluering van aandele gelei (Bron 2A)
Geringe diefstal het ʼn oorlewingstaktiek geword (Bron 2B)
Baie mense het selfmoord gepleeg om die felheid van die depressie te
ontduik (Bron 2B)
Tekort aan werksgeleenthede en geld het ʼn negatiewe impak op mense
se gesondheidsorg gehad (Bron 2B)
Alkoholisme het toegeneem (Bron 2B)
Depressie het die tradisionele rol van vroue verander namate meer vroue
gedwing was om te gaan werk om die huishoudelike uitgawes te dek
(Bron 2C)
Groot Depressie het tot die uitbuiting van vroue gelei – lae lone ontvang
(Bron 2C)
Baie vroue was tot prostitusie gedwing (Bron 2D)
Swart Amerikaanse vroue meer nadelig geaffekteer as blanke
Amerikaanse vroue (Bron 2C)
Baie vroue en kinders het verarm (Bron 2D)
Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 13
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op elementêre wyse.
Vraag nie beantwoord nie.
Toon geen of min begrip van die gevolge van
VLAK 1 die Groot Depressie op die Amerikaanse 0–2
samelewing in die 1930s.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp.
Toon ʼn mate van begrip van die gevolge van
VLAK 2 die Groot Depressie op die Amerikaanse 3–4
samelewing in die 1930s
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante en toepaslike bewyse.
Toon ʼn deeglike begrip van die gevolge van
die Groot Depressie op die Amerikaanse
VLAK 3 samelewing in die 1930s. 5–6
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse
deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Hierdie vraag vereis dat die kandidaat met die stelling moet saamstem of teenstem.
Die fokus moet op ekonomiese ontwikkeling en beplanning onder Stalin wees. Die
kandidaat moet dan relevante en geloofwaardige bewyse gebruik om ʼn behoorlike
argument ter ondersteuning van sy standpunt te ontwikkel.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
Inleiding: Die kandidaat moet verklaar of Stalin suksesvol was om Rusland in 1939
tot ʼn supermoondheid te transformeer. Die inleiding moet fokus op die
impak van Stalin se vyfjaarplanne, met spesiale verwysing na
industrialisering.
UITBREIDING
Stalin se teenkanting van die NEP – afskaffing van die NEP
Stalin se doelwitte – ekonomiese ontwikkeling en beplanning
Rol van Gosplan
Eerste vyfjaarplan: spesiale fokus op industrialisering
Doelstellings en prestasies: die bou van fabrieke en die ontwikkeling van vervoer
Die vervaardiging van landboumasjinerie word na 400% verhoog
Meer as 1 500 fabrieke is gestig, bv. trekkerfabrieke by Stalingrad en motor-
fabrieke in Moskou.
Steenkool-, mynbou- en metaalbedryf is uitgebrei
Die ontwikkeling van hidro-elektriese krag was ʼn groot stimulus vir nuwe
nywerhede
Groot stede is gestig
Die bestaan van 26 miljoen boere het ʼn probleem in die landbou geskep omdat
die grootte van hul eenhede nie die gebruik van landboumasjinerie geregverdig
het nie.
Die boere was nie bereid om hul grond prys te gee of om te moderniseer nie
Stalin het kollektivisering ingestel
Boere het dit teëgestaan, en hul vee geslag en oeste vernietig
Dit lei tot ʼn tekort aan vleis en suiwelprodukte
Ongeveer 2 miljoen mense het weens kollektivisering gesterwe
Stalin se landbou-hervormings het misluk, en hy moes noodgedwonge sy plan
hersien
Tweede vyfjaarplan: Stalin het voortgegaan om die ontwikkeling van swaar
nywerhede te beklemtoon
Die klem val op die produksie van verbruikersgoedere
Vervoer is gemoderniseer
Die landbouplan het ten doel gehad om kollektivisering vir die boere meer
aanvaarbaar te maak deur kollektiewe boerderye aan te pas
Boere moes nou net ʼn kwota van hul produksie aan die Staat oorhandig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 15
Opofferings van Russiese werkers verwag
Benewens kollektiewe boerderye, was daar ook die ontwikkeling van staatsplase
wat soos fabrieke bedryf was, dit wil sê werkers was lone betaal en bestuurders
het die bedrywighede bestuur
ʼn Verdere kenmerk van die Tweede Vyfjaarplan was die gebruik van kunsmis,
landboumasjinerie en moderne landboupraktyke.
Derde vyfjaarplan en die Tweede Wêreldoorlog: hierdie plan was basies ʼn
voortsetting van die eerste twee planne
Die bedreiging van die Tweede Wêreldoorlog het gelei tot ʼn verskuiwing na die
produksie van wapens en ammunisie
Impak op ekonomie
Gevolgtrekking: Kandidate moet die argument saamvat met ʼn relevante
gevolgtrekking ten opsigte van die standpunt wat in die
inleiding geneem is. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse
deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Die kandidate moet verduidelik tot watter mate Roosevelt se Nuwe Bedeling die
negatiewe gevolge van die Groot Depressie in die Verenigde State van Amerika in
die 1930’s verminder het. Die belangrikste fokus moet op die maatreëls sowel as die
impak van Roosevelt se Nuwe Bedeling op die ekonomie wees. Die kandidaat moet
toepaslike historiese bewyse gebruik om sy standpunt te ondersteun.
HOOFASPEKTE
Inleiding: In die inleiding moet die kandidaat aandui tot watter mate Roosevelt se
Nuwe Bedeling die negatiewe gevolge van die Groot Depressie in die
VSA in die 1930’s verminder het. Relevante historiese bewyse moet
gebruik word om ʼn gedagtegang te ontwikkel wat ooreenstem met die
kandidaat se standpunt.
UITBREIDING
Die presidensiële verkiesing van 1933 – die belofte van Roosevelt vir 'n nuwe
bedeling vir die Amerikaanse volk
1933 verkiesings – Oorwinning van die Demokratiese Party
Verandering in die regering se ekonomiese beleid
Demokratiese Party – het direkte regeringsinmenging in die ekonomie
voorgestaan
Roosevelt se beleid van Verligting, Herstel en Hervorming
Verligtingsmaatreëls: om armoede aan te spreek
Die Federale Noodhulp Administrasie het aan die federale regerings geld vir
verligting voorsien
Sopkombuise is gevestig
Tydelike behuising is voorsien aan diegene wat noodgedwonge op straat moes
woon
Herstelmaatreëls: ingestel om werkloosheid aan te spreek
Reeks programme wat deur die regering geborg word, is bekendgestel
Civil Work Administration (CWA) het werk vir die werklose geskep
Civilian Conservation Corps (CCC) – duisende mans het aan bewarings-
projekte in die nasionale parke, woude en openbare lande gewerk
Agricultural Adjustment Act (AAA) – het boere bygestaan
Die Tennessee Valley Authority (TVA) – het een van die armste
boerderygebiede in die Tennessee-riviervallei opgehef en werk aan mense
verskaf
Hervormingsmaatreëls: Gefokus op die maatskaplike ondersteuningstelsel
Wetgewing vir die bestuur van aandelebeurse
Die rol van die regering in die ekonomie
Ekonomiese herstel
Public Works Administration (PWA) was deel van NIRA
Work Progress Administration (WPA) het grootskaalse werksgeleenthede
verskaf
Konstruksie-projekte byvoorbeeld (paaie, damme, skole ens.)
Opgradering van infrastruktuur (riool- en dreineringstelsels)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 17
‘Social Security Act’ van 1935
Maatskaplike welsynmaatreëls is ingestel
Nasionale stelsel van pensioene en werkloosheidsvoordele
Uitgewerkte deelboere (‘sharecroppers’) is gehelp met huise en lenings
Groot besighede en rykes moes belas word vir die regering om pensioen- en
werkloosheidsvoordele te betaal
Evaluering van die Nuwe Bedeling
Kritiek van die Nuwe Bedeling
Gevolgtrekking: Kandidate moet die argument saamvat met 'n gepaste slotsom,
met inagneming van die standpunt wat in die inleiding geneem
is. [50]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR_watermark.pdf
Memorandum
HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Addendum
HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 History
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023-24.pdf

Question paper
HISTORY P2 QP GR11 NOV 2025 AFR_watermark.pdf

Question paper
HISTORY P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D_watermark.pdf

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 QP GR11 NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
