NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2025
GESKIEDENIS V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)
Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 608.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape November Exam 2025
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA ‒ SWART NASIONALISME
(1902 tot 1940’s)
VRAAG 2: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – AFRIKANER
NASIONALISME (1900 tot 1930’s)
VRAAG 3: APARTHEID SUID-AFRIKA – (1940’s tot 1960’s)
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA ‒ SWART NASIONALISME
(1940’s tot 1950’s)
VRAAG 5: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – AFRIKANER
NASIONALISME (1930’s tot 1940’s)
VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA – (1940’s tot 1960’s)
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Minstens EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag moet óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opsteltipe vraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik
moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE OPKOMS VAN SWART NASIONALISME BYGEDRA
TOT WEERSTAND TEEN DIE UNIE VAN SUID-AFRIKA SE
SEGREGASIEBELEIDE VANAF 1910 TOT DIE 1920’s?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Noem enige TWEE Afrikane-leiers wat verantwoordelik was vir die
vorming van ʼn nasionale organisasie. (2 x 1) (2)
1.1.2 Verduidelik die implikasies dat die meeste afgevaardigdes
sendingonderrig ontvang het, op die opkoms van Afrika-nasionalisme
sou hê. (2 x 2) (4)
1.1.3 Waarom, volgens die bron, het die SANNC sy naam in 1924 na die
African National Congress verander? (1 x 2) (2)
1.1.4 Definieer die konsep rasse-ongeregtigheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 Noem die plek, buite die dorp, waar swart mense moes woon. (1 x 1) (1)
1.2.2 Verduidelik waarom daar ʼn toenemende aantal swart bevolkings na die
stedelike gebiede getrek het. (2 x 2) (4)
1.2.3 Waarom dink jy het vroue besluit om teen die Paswette te protesteer?
(2 x 2) (4)
1.2.4 Lewer kommentaar oor die historiese betekenis wat die weerstand teen
die Paswette op die groei van Swart-nasionalisme gehad het. (2 x 2) (4)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Waarom dink jy is hierdie foto geneem? (2 x 2) (4)
1.3.2 Noem TWEE impakte wat passe op die lewens van swart Suid-Afrikaners
gehad het. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
1.4 Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
bewyse in Bron 1C rakende die reaksie van vroue op die Paswette
ondersteun. (2 x 2) (4)
1.5 Lees Bron 1D.
1.5.1 Watter geleentheid, volgens die bron, het bierbrouery aan vroue
gebied? (2 x 1) (2)
1.5.2 Wat, volgens die bron, was die gevolge van die polisieklopjagte?
(3 x 1) (3)
1.5.3 Lewer kommentaar oor die redes waarom vroue militant teen die
kantiene/kroeë sou optree. (2 x 2) (4)
1.5.4 Definieer die term boikot in die konteks van die implementering van
die Drankwet. (1 x 2) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die opkoms van swart nasionalisme bygedra het tot weerstand
teen die Unie van Suid-Afrika se segregasiebeleid vanaf 1910 tot die 1920’s. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: HOE HET AFRIKANER-NASIONALISME HOMSELF DEUR
VERSKEIE ORGANISASIES IN DIE 1930’s EN 1940’s UITGEDRUK?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Wat, volgens die bron, het Afrikaner-nasionalisme aangewakker?
(3 x 1) (3)
2.1.2 Definieer die begrip Afrikaner-nasionalisme in die konteks van die
opkoms van Afrikaner-nasionalisme. (1 x 2) (2)
2.1.3 Verduidelik waarom die Afrikaner-publisiste ʼn moderne weergawe van
ʼn piepklein Afrikaner-Dawid wat die Britse Goliat verslaan, breedvoerig
sou romantiseer met betrekking tot die opkoms van Afrikaner-
nasionalisme. (2 x 2) (4)
2.1.4 Wat, volgens die bron, was die drieledige stryd? (2 x 1) (2)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Wie, volgens die bron, het die Genootskap van Ware Afrikaners
gestig? (1 x 1) (1)
2.2.2 Waarom dink jy sal die Afrikaners die Afrikaanse taal bevorder?
(2 x 2) (4)
2.2.3 Wat, volgens die bron, het die wrok tussen die Afrikaanssprekende
mense en die Engelssprekende gemeenskappe vererger? (2 x 1) (2)
2.2.4 Definieer die term verskroeide-aarde-beleid in jou eie woorde.
(1 x 2) (2)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Wat, volgens die bron, was die gevolge van die depressie van die
vroeë 1930’s? (1 x 2) (2)
2.3.2 Watter beroepe het manlike Afrikaners, volgens die bron beoefen?
(2 x 1) (2)
2.3.3 Lewer kommentaar oor wat geïmpliseer word met die stelling dat die
verarmde Afrikaners vir die volk gered moes word. (2 x 2) (4)
2.3.4 Verduidelik hoe die implementering van volkskapitalisme Afrikaner-
nasionalisme versterk het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
2.4 Gebruik Bron 2C.
2.4.1 Waarom dink jy is hierdie foto geneem? (2 x 2) (4)
2.4.2 Verduidelik hoe die regering die kwessie van die armblankes
aangespreek het. (2 x 2) (4)
2.5 Vergelyk Bron 2C en Bron 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
bewyse in Bron 2D met betrekking tot die rol wat verskillende organisasies
gespeel het om die lewens van arm blankes te verbeter, ondersteun. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die opkoms van Afrikaner-nasionalisme homself deur
verskeie Afrikaner-organisasies in die 1930’s en 1940’s uitgedruk het. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 7
VRAAG 3: HOE HET DIE PAN AFRICANIST CONGRESS (PAC) OP DIE
APARTHEIDSREGERING SE ONDERDRUKKENDE MAATREËLS
GEREAGEER?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Definieer die begrip Apartheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Wie, volgens die bron, was die eerste president van die Pan Africanist
Congress? (1 x 2) (2)
3.1.3 Verduidelik wat bedoel word met Robert Sobukwe se leierskap van die
PAC, gebaseer op ʼn visie van ʼn ‘Afrika vir Afrikane’ wat massa-aksie
teen diskriminasie bevorder het. (2 x 2) (4)
3.1.4 Gebruik die bron en jou kennis en verduidelik waarom Robert Sobukwe
teen die beleid van veelrassigheid was. (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Watter woonboort, volgens die bron, was onaangeraak deur anti-
apartheid demonstrasies? (1 x 2) (2)
3.2.2 Haal bewyse uit die bron aan wat toon dat Sobukwe die moontlikheid
van geweld wou verminder. (1 x 2) (2)
3.2.3 Gebruik die bron en jou kennis om kommentaar te lewer oor die
implikasies van die veldtogslagspreuk: “GEEN BORGTOG! GEEN
VERDEDIGING! GEEN BOETE!” (2 x 2) (4)
3.2.4 Verduidelik wat die skietery van mense in die rug wys oor die houding
van die polisie teenoor die Sharpeville-betogers. (2 x 2) (4)
3.2.5 Verduidelik hoe bruikbaar hierdie bron vir ʼn historikus sal wees wat die
protesoptog op 21 Maart 1960 bestudeer. (2 x 2) (4)
3.3 Verwys na Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik waarom dink jy is hierdie foto geneem. (2 x 2) (4)
3.3.2 Waarom, volgens die foto, het mense gevlug? (1 x 1) (1)
3.4 Raadpleeg Bron 3D.
3.4.1 Wie, volgens die bron, het die polisie geloof vir hul optrede? (1 x 2) (2)
3.4.2 Definieer die term noodtoestand in die konteks van die Sharpeville-
slagting. (1 x 2) (2)
3.4.3 Hoe, volgens die bron, het die regering na die Sharpeville-slagting
gereageer? (3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2025)
3.4.4 Lewer kommentaar oor waarom die regering die ANC en PAC verbied
het onder die Wet op Onwettige Organisasies. (2 x 2) (4)
3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ʼn
paragraaf van omtrent SES reëls (omtrent 60 woorde) en verduidelik hoe die
Pan Africanist Congress (PAC) op die apartheidsregering se onderdrukkende
maatreëls gereageer het. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V2 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
afdeling nie.
VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA ‒ SWART NASIONALISME
Bespreek krities hoe die ontneming van swart Suid-Afrikaners se politieke,
ekonomiese en sosiale regte in die vroeë 1900’s bygedra het tot die opkoms van
Swart-nasionalisme in die 1940’s tot die 1950’s.
Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
VRAAG 5: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA ‒ AFRIKANER-NASIONALISME
Die begeerte om Afrikaner kulturele identiteit en politieke mag te bewaar, het die
opkoms van Afrikaner-nasionalisme in die 1930’s tot die 1940’s aangewakker.
Stem jy saam met hierdie stelling? Staaf jou antwoord deur na die verskillende vorme
van kulturele en politieke bewegings onder die Afrikaners te verwys. [50]
VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA ‒ WEERSTAND IN SUID-AFRIKA
Verduidelik tot watter mate burgerlike ongehoorsaamheid en geweldlose
protesoptogte deur bevrydingsbewegings weerstand teen die apartheidsregering in
die 1950’s versterk het.
Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Addendum
More from Grade 11 History

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo (English)

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Eng)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo (Eng)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)

Question paper