Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2023
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 22 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)
Grade 11 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 609.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne.
• Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
• Definieer historiese begrippe/terme.
• Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne.
• Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan
die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
• Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√ Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt
sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te
maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar
sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter
punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word
vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn
kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal
daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike
hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die
inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
KOMMENTAAR
Sommige weglatings in inhoud-dekking.
Pogings om ʼn argument vol te hou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed
beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen
AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die
gestruktureerde om antwoord te
opstel. Goeie gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te
sintese van opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie.
gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het ʼn argument is duidelike argument
gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol beskrywend of
goed te ontwikkel.
gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument
gebalanseerde, Gevolgtrekking
argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike gemaak uit bewyse
verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn
argument ontwikkel
met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
Argument gevolgtrekking uit ondersteun.
die bewyse te bewyse nie. maak nie.
deurgaans
maak om die
volgehou en
INHOUD argument te
verdedig.
ondersteun.
Onafhanklike
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET VERSKILLENDE ORGANISASIES IN SUID-AFRIKA
TOT DIE GROEI VAN SWART NASIONALISME VANAF 1902 TOT
DIE 1930’s BYGEDRA?
1.1 1.1.1 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 1A – V1]
• Dit is 'n politieke en sosiale stelsel wat ontwerp is om groepe
uitmekaar te hou
• Om die behoud van wit politieke mag te verseker
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Die bereiking van eenheid onder Kleurlinge
• Bevordering van onderwys
• Opponeer klaswetgewing
• Verdediging van die sosiale, politieke en ekonomiese regte van
Kleurlinge (Enige 2 x 1) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Hulle het albei teen die stigting van die Unie van Suid-Afrika
betoog
• Die feit dat die Unie van Suid-Afrika op segregasie en
rassediskriminasie gebaseer was
• Die vorming van die Unie van Suid-Afrika sal wit oppergesag
verskans
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Verarming
• Marginalisering van swart gemeenskappe (2 x 1) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Konsep van die Wet op Naturellegrond
• Myn- en Werkerswet
• Vorming van die Unie (3 x 1) (3)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Swart Suid-Afrikaners is nie gelyk behandel nie
• Was nie gesien as burgers van Suid-Afrika nie
• Onderworpe aan onderdrukking en swaarkry
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika was
swartes nie deel van die regering nie
• Swart Suid-Afrikaners het geen politieke regte gehad nie
• Om swart Suid-Afrikaners te mobiliseer om te veg teen die
onregverdige wette waaraan aan hulle onderwerp was
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
1.2.5 [Interpretasie van die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1B – V3]
Die bron is BRUIKBAAR omdat:
• SANNC is gestig om swart Suid-Afrikaners te verenig
• Swart Suid-Afrikaners het rassediskriminasie ervaar
• Hulle het hul grond verloor deur die Wet op Naturellegrond
• Hulle is deur die wit regering as minderwaardig beskou
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Clement Kadalie (1 x 1) (1)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Dit het ʼn massa-gebaseerde organisasie geword
• Die ICU het bestaan uit jeugdige leiers terwyl die SANNC-
leierskap meestal konserwatiewe intellektuele was
• Die ICU het ʼn meer militante benadering tot die onregverdige
wette gehad
• Dit het direk ʼn beroep gedoen op die ekonomiese belange van
arm swart Suid-Afrikaners
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3.3 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 1C – V2]
• Daar sou geen onderhandelinge met die onderdrukkers wees nie
• Daar sal meer aktiewe weerstand wees in die vorm van stakings,
boikotte en wegbly-aksies vir verbeterde werksomstandighede en
beter lone
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Om werksomstandighede te verbeter
• Verkry hoër lone vir sy lede (2 x 1) (2)
1.3.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Het die bewussyn van swart Suid-Afrikaanse werkers
getransformeer
• Die grondslag vir die moderne arbeidersbewegings gelê
• Beduidende oorwinnings behaal wat werker se lewens verbeter
het
• Het aanleiding tot meer militante vorme van weerstand gegee
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• ICU het vir werkers teen onreg opgestaan
• Hulle het gesien dat swart werkers uitgebuit word
• Hulle het gesien wanneer swart werkers mishandel was en
daarteen opgetree
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4.2 Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Eenheid is krag (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 9
1.5 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse uit bronne – V3]
Kandidate met sommige van die volgende insluit:
• Stigting van die APO het tot die groei van nasionalisme in Suid-Afrika
gelei (Bron 1A)
• Kleurlinge gemobiliseer teen die stigting van die Unie van Suid-Afrika
(Bron 1A)
• APO-afgevaardigdes het namens alle Suid-Afrikaners na Londen gegaan
om te betoog teen die toekenning van selfbestuur aan die voormalige
Boererepublieke (Bron 1A)
• SANNC gestig om swart Suid-Afrikaners te verenig (Bron 1B)
• Geprotesteer teen die Wet op Naturellegrond van 1913 (eie kennis)
• Geëis vir die einde van rassediskriminasie (Bron 1B)
• Die ICU het militante nasionalisme bevorder (Bron 1C)
• Werkers verenig en die werksomstandighede en lone verbeter
(Bron 1C)
• ICU het die grondslag vir die arbeidersbewegings in Suid-Afrika gelê
(eie kennis)
• ICU het die uitbuiting van die werkers gesien en ervaar en daarteen
opgetree (Bron 1D)
• Gebruik stakings, boikotte, wegbly- en burgerlike
ongehoorsaamheidstaktieke teen onregverdige wette (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip oor hoe
verskillende organisasies tot die groei
PUNTE
VLAK 1 van swart nasionalisme vanaf 1902 tot die
0–2
1930’s bygedra het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n
paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ’n groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon
begrip oor hoe verskillende organisasies
PUNTE
VLAK 2 tot die groei van swart nasionalisme
3–4
vanaf 1902 tot die 1930’s bygedra het.
• Gebruik bewyse op ’n basiese manier om ’n
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer
’n deeglike begrip oor hoe verskillende
organisasies tot die groei van swart
nasionalisme vanaf 1902 tot die 1930’s PUNTE
VLAK 3
bygedra het. 5–6
• Gebruik bewyse baie effektief in ’n
georganiseerde paragraaf en toon begrip
van die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
VRAAG 2: HOE HET VERSKILLENDE ORGANISASIES AFRIKANER
NASIONALISME VERSTERK?
2.1 2.1.1 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 2A – V1]
• Vereniging van ʼn bepaalde taalgroep
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Dit het Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners verenig
• Dit het die Afrikaner-identiteit gevorm
• Om Afrikaners aan hul geskiedenis te herinner
• Dit het 'n gevoel van trots vir die Afrikaners geskep
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Jongmense is langs die voertuie getroud
• Paartjies het hul babas in die skadu van die waens gedoop
(2 x 1) (2)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Om Afrikaner nasionalisme in Suid-Afrika te bevorder
• Om Afrikaner kultuur te handhaaf
• Ontwikkel ʼn Afrikaner-ekonomie
• Om beheer oor die Suid-Afrikaanse regering te verkry (4 x 1) (4)
2.2.2. [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Infiltreer organisasies en verkry beheer
• Om Afrikaners na hul nederlaag tydens die Suid-Afrikaanse
Oorlog te verlos
• Om die Afrikanervolk te verenig
• Verseker dat Afrikaners hul regmatige plek in die Suid-
Afrikaanse samelewing kry
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – L2]
• Die HNP is deur lede van die Broederbond oorheers
• Die HNP het openlik die belange van Afrikaners bevorder
• Albei partye het hulle beywer teen Suid-Afrika om by Brittanje
aan te sluit in die stryd teen Hitler se Duitsland
• Beide partye het die belang van Afrikaanssprekende Suid-
Afrikaners op die hart gedra
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Reddingsdaadbond
• Ossewabrandwag (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 11
2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Dit is kragtig en invloedryk
• Is in beheer van die ekonomie
• Die Broederbond sal diegene wat nie lede is nie, onderdruk
• Die Broederbond sal ander vertrap om die belange van
Afrikaners te bevorder
• Dit wys dat die Broederbond ʼn geheime organisasie is
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Dit het verseker dat vriende en familie bevorder is in hoë
posisies in alle organisasiestrukture
• Diegene wat lede van die Broederbond geword het, het geld en
werk gekry
• Voorregte is aan Afrikaanssprekende Afrikaners gegee
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2B en Bron 2C – V3]
• Bron 2B dui aan dat die Broederbond 'n geheime organisasie was en
Bron 2C wys hulle dra maskers om hul identiteit weg te steek
• Bron 2B dui aan dat sleutelposisies aan Broederbond-lede gegaan het,
terwyl Bron 2C toon dat Afrikaners hoë posisies beklee (leersakke en
pakke dra)
• Bron 2B dui aan dat die Broederbond nie geskroom het om
medeburgers in die modder te trap om die Afrikanerbelange te bevorder
nie, en Bron 2C toon dat die Broederbond op die ander vertrap het om
Afrikaner nasionalisme te bevorder
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Handearbeiders
• Mynwerkers
• Spoorwegwerkers
• Messelaars (Enige 2 x 1) (2)
2.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Hulle was deel van die volk
• Hulle is ook deur die Britse onderdrukkers verneder
• Hulle was Afrikaanssprekend en sou ʼn aanwins tydens
verkiesings wees
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.5.3 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 2D – V2]
• Kapitalisme in belang van die volk
• Samevoeging en koördinering van Afrikanergeld aan Afrikaner
finansiële instellings
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
2.5.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Sanlam
• Volkskas (2 x 1) (2)
2.5.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Afrikaners het hul spaargeld en surplus kapitaal by Afrikaanse
finansiële instellings belê
• Om polisse by Afrikanerversekeringsmaatskappye uit te neem
• Om hul huise deur Afrikanerbouverenigings te bou
• Om hul inkopies by Afrikanerwinkels te doen
• Lenings gegee om die armblankes op te hef
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse uit bronne – V3]
Kandidate moet sommige van die volgende insluit:
• Afrikaner nasionalisme herleef met Eeufeesvieringe (Bron 2A)
• Die Eeufeesvieringe het wye steun gekry en Afrikanernasionalisme
versterk (eie kennis)
• Kinders is gedoop, paartjies het getrou en strate hernoem (Bron 2A)
• Die Broederbond het ten doel gehad om beheer oor die regering oor te
neem (Bron 2B)
• Die Reddingsdaadbond het ten doel gehad om armblankes ekonomies
op te hef (Bron 2B)
• Die Ossewabrandwag het vir die regte van die Afrikaner geveg
• Die Broederbond gestig om Afrikanernasionalisme en belangstelling te
bevorder (Bron 2B en Bron 2C)
• Die Broederbond verseker dat familie en vriende in hoë poste aangestel
word (Bron 2B en Bron 2C)
• Die Afrikaner Broederbond wou verseker dat Afrikaners hul regmatige
plek in Suid-Afrika kry (eie kennis)
• Afrikanernasionalisme bevorder deur besighede (Bron 2C en Bron 2D)
• Afrikaners het hul geld deur Afrikaner finansiële instellings saamgevoeg
en gekoördineer (Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 13
Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse,
bv. toon geen of min begrip oor hoe
verskillende organisasies Afrikaner PUNTE
VLAK 1
Nasionalisme in die 1900’s versterk het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n
paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ’n
groot mate verband met die onderwerp, bv.
toon begrip oor hoe verskillende
PUNTE
VLAK 2 organisasies Afrikaner Nasionalisme in
3–4
die 1900’s versterk het.
• Gebruik bewyse op ’n basiese manier om
’n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv.
demonstreer ’n deeglike begrip oor hoe
verskillende organisasies Afrikaner
PUNTE
VLAK 3 Nasionalisme in die 1900’s versterk het.
5–6
• Gebruik bewyse baie effektief in ’n
georganiseerde paragraaf en toon begrip
van die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
VRAAG 3: HOE HET DIE PASWETSTELSEL TOT DIE SHARPEVILLE-
SLAGTING IN DIE 1960’s GELEI?
3.1 3.1.1 [Verduideliking van historiese konsep uit Bron 3A – V1]
• Die politieke, ekonomiese en sosiale skeiding van rasse op
grond van hul velkleur
• Afsonderlike ontwikkeling van verskillende rassegroepe
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Hulle is as tweedeklas burgers van Suid-Afrika beskou
• Hulle is onderdruk en gediskrimineer teen
• Die apartheidsregering het geglo dat hulle hul politieke regte in
die tuislande uitgeoefen het
• Suid-Afrika het aan die wit minderheid behoort
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• ʼn Minderheid, uitsluitlik wit kiesers (1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Dit het hulle verneder
• Dit het die bewegings van swart Suid-Afrikaners beheer
• Dit het beperk waar hulle kon werk en woon
• Hulle kan gearresteer word
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• “Izwe Lethu”/ Our Land (1 x 2) (2)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Die polisiekommissaris van Sharpeville is deur Robert Sobukwe
oor die komende betoging ingelig
• Die protes sal nie-gewelddadig wees
• Mense was bereid om gearresteer te word omdat hulle nie passe
dra nie
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Toe draai hy haar om en sien dat haar bors weggeskiet is
• Hy het na die bloed op sy hande gekyk
• "My God, sy is weg" (Enige 2 x 1) (2)
3.2.4 [Evalueer die betroubaarheid van bewyse uit Bron 3B – V3]
Hierdie bron is BETROUBAAR omdat:
• Hierdie bron gee ʼn ooggetuieverslag – eerstehandse inligting oor
die Sharpeville-slagting
• Dit dui aan wat werklik tussen die polisie en die optogte by
Sharpeville gebeur het
• Die geleentheid kan met ander bronne saamgewerk word
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 15
3.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Die polisie het nie betogers beveel om uiteen te gaan nie
• Die polisie het lewendige ammunisie gebruik
• Baie betogers is in die rug geskiet
• Betogers was ongewapen
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Mense het gesterf vir die bevryding van Suid-Afrika
• Dit het die onderdrukkende maatreëls aangedui wat deur die
apartheidsregering gebruik is
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• 69 gedood
• 180 gewond (2 x 1) (2)
3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Hoofman Albert Luthuli
• Nelson Mandela (2 x 1) (2)
3.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Hulle het die beleid van apartheid gehandhaaf
• Die polisie het die minderheidsregering beskerm
• Dr Verwoerd het gedink dit sou die weerstandsbewegings
stilmaak
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.4.3 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 3D – V2]
• Alle openbare vergaderings is verbied
• Anti-apartheidsleiers en aktiviste is gearresteer en aangehou
• Die ANC en PAC is verbied
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Die mense sal regeer
• Dat alle Suid-Afrikaners inspraak in die regering moet hê
(politieke regte)
• Die mense van Suid-Afrika sal nie stilgemaak word nie
• Die stryd teen apartheid sal voortduur
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.4.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• “Sharpeville was die begin van die einde van apartheid”
(1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
3.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne –
V3]
Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Die mees rassistiese wet was Paswette (Bron 3A)
• Wet op Afskaffing van Passe en Koördinering het woede en protes
onder Suid-Afrikaners veroorsaak (eie kennis)
• Paswette het die beweging van swart Suid-Afrikaners beheer
(Bron 3A)
• Dit het beperk waar hulle kon werk en woon (Bron 3A)
• Die teenpas-veldtog het tot die Sharpeville-slagting gelei (Bron 3B)
• Swart Suid-Afrikaners het geweier om passe te dra (Bron 3B)
• Swart Suid-Afrikaners is sonder waarskuwing doodgeskiet
(Bron 3B en Bron 3C)
• Hoofman Albert Luthuli en Nelson Mandela het hul passe in die
openbaar verbrand (Bron 3D)
• Die Slagting het ook protes regoor die land ontlok (eie kennis)
• Weerstand teen apartheid het meer gewelddadig geword (Bron 3D)
• Gelei tot die vorming van MK en POQO (Bron 3D)
• Enige ander relevante antwoord.
Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip oor hoe die
paswetstelsel tot die Sharpeville-slagting PUNTE
VLAK 1 in die 1960’s gelei het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n
paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ’n groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon
begrip oor hoe die paswetstelsel tot die PUNTE:
VLAK 2
Sharpeville-slagting in die 1960’s gelei het. 3–4
• Gebruik bewyse op ’n basiese manier om ’n
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer
’n deeglike begrip oor hoe die
paswetstelsel tot die Sharpeville-slagting
PUNTE:
VLAK 3 in die 1960’s gelei het.
5–6
• Gebruik bewyse baie effektief in ’n
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 17
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: SWART NASIONALISME
[Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidaat moet krities bespreek hoe Tweede Wêreldoorlog tot die groei van Swart
nasionalisme in Suid-Afrika vanaf 1939 tot die 1950’s bygedra het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit.
• Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en demonstreer hoe die Tweede
Wêreldoorlog tot die groei van Swart Nasionalisme in Suid-Afrika bygedra het.
UITBREIDING
INVLOED VAN DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG
• Swart Suid-Afrikaners het ʼn rol in die TWO teen Duitsland gespeel
• Swartes is nie toegelaat om gewere te dra nie
• In aanraking met die idees van demokrasie gekom
• Die TWO het gelei tot ʼn ekonomiese opbloei wat tot ʼn massiewe uitbreiding van
die stedelike arbeidsmag gelei het
• Die aantal swart arbeiders het toegeneem namate hulle baie blankes vervang het
wat oorlog toe gegaan het
• Verstedeliking het beduidende implikasies vir Afrika-nasionalisme gehad
ATLANTIESE HANDVES
• Geteken deur Brittanje en die VSA
• Belofte om die regte van alle mense op selfbeskikking te respekteer
• Het tot die stigting van VN en NAVO gelei
• VN verbind tot die verklaring van regte van alle burgers
AFRIKA EISE
• Nuwe President van die ANC dr. Alfred Xuma het die Atlantiese Handves
ontleed, veral die klousules wat op Afrika van toepassing was
• 1943 het die ANC Xuma se dokument African Claims in South Africa aanvaar
• Dit het ʼn Handves van Regte ingesluit, wat gevra het dat rassediskriminasie
beëindig moet word en dat die stemreg (‘franchise’) na alle volwassenes
uitgebrei moet word, ongeag ras
• Dit het die regverdige verdeling van grond, vryheid van handel vir Afrikane, die
reg op gelyke en gratis onderwys vir alle Afrika-kinders, gelyke
gesondheidsfasiliteite vir almal en die afskaffing van alle diskriminerende
arbeidspraktyke geëis.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
TERUGKERENDE SOLDATE
• Swart Suid-Afrikaners is geïnspireer met die idees van vryheid en demokrasie
• Hierdie idees het as gevolg van hul interaksie met soldate uit die buiteland
ontstaan
• Die begeerte na vryheid het aanleiding gegee tot ʼn groei in swart nasionalisme
• 20 000 swart Suid-Afrikaanse soldate wat gesamentlik deur die ANC, CPSA en
die Vakbondbeweging georganiseer is, het na die einde van die Tweede
Wêreldoorlog aan die oorwinningsoptog deelgeneem
• Diskriminasie teen swart soldate het ná die oorlog voortgeduur, aangesien
terugkerende wit soldate elk 5 pond en 25 pond kleretoelaag ontvang het, terwyl
swart Suid-Afrikaanse soldate 2 pond kontant en ʼn kakiepak ter waarde van 2 pond
ontvang het.
VERSKILLENDE SOORTE AFRIKAANSE NASIONALISME
• Jeug binne die ANC het ongeduldig geraak met die stadige vordering in die
verkryging van vryheid en demokrasie
• Jong lede van die ANC het meer militant geword en die ANC-jeugliga gestig
• Die Jeugliga het die ANC daarvan beskuldig dat hy die elite verteenwoordig en
nie die massas nie
• ANC-nasionalisme is ‘Charterism’ genoem
• ANC het vanaf ʼn gematigde organisasie na 'n massabeweging van nasionale
bevryding beweeg
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 19
VRAAG 5: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: AFRIKANER NASIONALISME
[Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet standpunt inneem of hulle saamstem of nie saamstem dat Afrikaner
Nasionalisme nie iets was wat natuurlik ontwikkel het nie. Dit is op 'n baie
doeltreffende manier geskep.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit.
• Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem of hulle saamstem of nie saamstem
met die stelling nie en hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun.
UITBREIDING
• Afrikaners het hulself gesien as ʼn volk wat deur God uitverkies is
• Die idee van ʼn volk het die hoeksteen van Afrikaner nasionalisme geword
• Nasionaliste was vasbeslote om die volk te beskerm teen oorheersing deur
ander etniese en taalgroepe
• Afrikaner-identiteit moes bewaar word
• Afrikaners moes as ʼn nasie verenig bly
• Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Christelike Nasionale Onderwys (CNE)
was die bewaarders van Afrikaner-erfenis
• Kinders sou moedertaalonderrig ontvang
• Onderwys en godsdiens het Afrikanerdenke gelei en hul taal en kultuur lewendig
gehou
• Die Broederbond het Afrikaner-nasionalisme bevorder en die uitbuiting van
Afrikaner-werkers voorkom
• Eerste Afrikaanse bouvereniging genaamd Saambou
• Afrikanerbesighede bevorder – Naspers, Die Burger, Santam, Sanlam, Volkskas
bank
• Die Redddingsdaadbond het verseker dat Afrikanerbesighede deur Afrikaners
ondersteun word
• Armblanke probleem opgelos deur werk by die spoorweg en hawens te skep
• Die Eeufeesviering van die Groot Trek het Afrikanernasionalisme versterk
• Rol van vroue
• Die Nasionale Party het na vore getree as ʼn dominante politieke mag in die
bevordering van Afrikaner nasionalisme
• NP het die eis vir ‘apartheid’ as die sentrale slagspreuk in hul veldtog voorgehou
• Blanke oppergesag moes by alle koste gehandhaaf word
• Nasionalis het die blankes bang gemaak met die idee van ʼn ‘swart gevaar’
• Afrikaner nasionalistiese beleid het ʼn beroep gedoen op wit boere wat teen die
beweging van Afrikane na stede was
• Die NP het kiesers belowe dat hul werk beskerm sal word deur die toepassing
van die werkreserwewette
• Afrikaans-sprekende Afrikaners het die NP in die 1948-verkiesing aan bewind
gestem
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
• Die NP-leier, D.R. Malan het die nuwe eerste minister geword
• Apartheidswetgewing is ingestel
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 21
VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s
[Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate Swart Suid-Afrikaners in die 1950's teen
hul diskriminasie en onderdrukking in opstand gekom het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit.
Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en aandui tot watter mate Swart Suid-
Afrikaners in die 1950’s in opstand gekom het teen hul diskriminasie en
onderdrukking.
Hulle moet hul reaksie met relevante historiese bewyse staaf.
UITBREIDING
• ANC se Program van Aksie
• ANC word meer militant
• Gebruik boikotte, burgerlike ongehoorsaamheid en opstande as middel van verset
• Meidag wegbly-protesaksie
• Versetveldtog
• 1952 – breek wette doelbewus – betree slegs blankes fasiliteite
• Verbrand passe in die openbaar
• Het geweier om boetes te betaal en wou hê dat tronke oorvol word
• Gehoop dat die apartheidstelsel sou verbrokkel
• Sommige vermoor en gearresteer
• Kongresalliansie
• Konferensie gehou van alle rassegroepe om ʼn grondwet op te stel
• Vryheidsmanifes
• Ontmoet by Kliptown op 25 en 26 Junie 1955
• Stel ʼn dokument op wat die aspirasies van alle Suid-Afrikaners verteenwoordig
• Het die bloudruk vir die nuwe grondwet van Suid-Afrika geword
• Vroue-optog na Pretoria (9 Augustus 1956)
• Vroue gedwing om passe te dra
• 20 000 vroue van alle rasse het na die Uniegebou opgeruk
• Leiers van die optog – Lilian Ngoyi, Rahima Moosa, Sophie Williams en Helen
Joseph
• Die eerste minister, J.G. Strijdom het geweier om die vroue te sien
• Toe hulle weg is – het Nkosi Sikeleli Africa gesing
• Hoogverraad
• Uitdaging teen apartheid het tot die arrestasie van lede van die Kongres Alliansie
gelei
• Gearresteer vir poging om die regering omver te werp
• In 1956 het die staat 156 aktiviste gearresteer
• Verhoor het vir twee jaar in die ‘Drill Hall’ plaasgevind
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
• Doel van die regering was om mense te intimideer en tot verswakking van
weerstand te lei
• Teen 1961 is alle beskuldigdes vrygelaat
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Addendum

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum

Addendum