Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2023
GESKIEDENIS V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 24 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)
Grade 11 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 672.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne.
• Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
• Definieer historiese begrippe/terme.
• Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne.
• Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan
die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom
op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
• Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in
staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf
aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos
aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√ Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt
sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te
maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar
sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter
punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word
vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn
kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal
daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike
hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans
L
in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak
(op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
KOMMENTAAR
Sommige weglatings in inhoud-dekking.
Pogings om ʼn argument vol te hou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed
beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen
AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die
gestruktureerde om antwoord te
opstel. Goeie gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te
sintese van opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie.
gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het ʼn argument is duidelike argument
gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol beskrywend of
goed te ontwikkel.
gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument
gebalanseerde, Gevolgtrekking
argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike gemaak uit bewyse
verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn
argument ontwikkel
met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
Argument gevolgtrekking uit ondersteun.
die bewyse te bewyse nie. maak nie.
deurgaans
maak om die
volgehou en
INHOUD argument te
verdedig.
ondersteun.
Onafhanklike
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud
20–23 18–19 14–17
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1 WAT WAS DIE IMPAK VAN LENIN SE NUWE EKONOMIESE BELEID
OP DIE RUSSIESE EKONOMIE?
1.1 1.1.1 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1A – V1]
• Staatsbeheer oor die ekonomie tydens die burgeroorlog.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Die ekonomiese sterkte van Rusland het op alle gebiede onder
die vlak van 1914 gedaal.
• Wanvoeding en siektes was algemeen.
• Industriële stede was van voedsel ontneem.
• Werkers het na die platteland begin verhuis, om hul eie voedsel
te verbou.
• ʼn Verwoestende hongersnood wat ʼn verbysterende 3–10 miljoen
sterftes veroorsaak het. (Enige 4 x 1) (4)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Om die Wit leër van voedsel en ammunisie te ontneem/
verhonger.
• Om die Wittes te verslaan.
• Om die Bolsjewistiese bewind in Rusland te verseker.
• Om die kommunistiese bewind in Rusland te beskerm.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.1.4 [Analise van bewyse uit die Bron 1A – V2]
• Lenin het die sterkste ondersteuners van die kommunistiese
bewind verloor.
• Die Kronstadt-rebellie het vir Lenin gewys dat selfs die
kommunistiese ondersteuners nie tevrede was met wat in
Rusland gebeur het nie.
• Dit het Lenin gedwing om sy beleid te heroorweeg/verander.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Die instelling van ʼn belasting-in-natura. (1 x 2) (2)
1.2.2 [Definisie van ʼn historiese konsep binne konteks van Bron 1B – V2]
• Die privatisering van besighede/landbou om ekonomiese uitset in
Rusland na Oorlogskommunisme te verbeter.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Denasionalisering van kleinskaalse nywerheid en dienste.
• Die vestiging van trusts vir die verskaffing, finansiering en
bemarking van die produkte van grootskaalse nywerhede.
• Die stabilisering van die geldeenheid en ander maatreëls.
• Die Sowjet-ekonomie herleef.
• Die heropkoms van ʼn ‘kapitalistiese’ klas op beide die platteland
(die koelakke) en die dorpe (NEB-manne). (Enige 2 x 1) (2)
1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Stalin was teen kapitalisme gekant.
• Hy beskou die NEB as ʼn afwyking van kommunistiese beginsels.
• Die NEB het tot uitbuiting deur die middelklas gelei.
• Die NEB het klasse geskep wat in stryd met kommunistiese
beginsels was.
• Die NEB het nie die agterstand van Rusland met betrekking tot
ander supermoondhede uitgewis nie.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Winkels, kafees en restaurante is orals oopgemaak.
• Die stad was vol kleinboere wat vrugte, groente en ander produkte
verkoop het.
• Dit het werk gebring wat in geld betaal sou word.
• Die NEB het ʼn geleentheid gebied en die aanbreek van beter
dae beteken.
• “… verkoop meel, suiker, en rys op ʼn tafeltjie …”
• “... teen die volgende Mei het hy vier verkoopsmanne in ʼn
redelike grootte winkel gehad.” (Enige 3 x 1) (3)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Handelaars is toegelaat om hul eie klein ondernemings op die
been te bring.
• Handelaars is toegelaat om produkte te verkoop en wins te maak.
• Die staatsbeheer oor groot ondernemings het tot ʼn einde gekom.
• Baie handelaars het as gevolg van die NEB ryk geword.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3.3 [Analise van die betroubaarheid van die Bron 1C – V3]
Hierdie bron is in ʼn groot mate betroubaar omdat:
• Dit is ʼn primêre bron wat eerstehandse inligting gee.
• Walker Duranty was ʼn aktiewe deelnemer wat in Moskou
gewoon het.
• Die datum van die bron stem ooreen met die tydlyn van die NEB.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 9
1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• 73,3 miljoen ton. (1 x 1) (1)
1.4.2 [Analise van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Die instelling van die NEB
• Gedwonge rekwisisies is gestaak.
• Boere is toegelaat om hul surplus op oop markte te verkoop.
• Wins inisiatief is heringestel om produksie te bevorder – wat tot
koelakke gelei het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.4.3 [Sintese van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Oorlogskommunisme het alle nywerhede onder staatsbeheer
geplaas wat tot lae produksievlakke gelei het.
• Privaathandel is verbied – wat tot ʼn afname in handel en
produksie gelei het.
• Oorlogskommunisme het tot hoë inflasie gelei.
• Oorlogskommunisme het tot voedseltekorte en hongersnood
gelei.
• Nywerheidswerkers is lae salarisse betaal – en het onproduktief
geword.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1A en 1D – V3]
• Bron 1A verklaar dat produksie gedaal het, terwyl Bron 1D die lae
produksievlak in 1922 aandui toe Oorlogskommunisme geïmplementeer
is.
• Bron 1A verklaar dat Oorlogskommunisme rampspoedig was, terwyl
Bron 1D die ramp met ʼn lae produksievlak in 1922 aandui.
• Bron 1A verklaar dat boere slegs vir hulself geproduseer het, vandaar die
lae produksievlakke van graan, beeste en varke soos in Bron 1D aangedui.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit.
• Oorlogskommunisme was ʼn ramp vir Rusland (Eie kennis en Bron 1A)
• Boere het vir hul eie verbruik begin produseer (Bron 1A)
• Oorlogskommunisme het tot hongersnood gelei, wat die dood van drie tot
10 miljoen mense veroorsaak het (Bron 1A)
• Rebellies het in Rusland uitgebreek met die Kronstadt-rebellie die
belangrikste – Lenin moes van beleid verander (Bron 1A)
• Lenin het die NEB bekendgestel wat boere en fabriekseienaars in staat
gestel het om die produkte op ʼn ope mark te vervaardig en te verkoop
(Bron 1B)
• Die NEB het die Russiese ekonomie laat herleef (Bron 1B)
• Die NEB het tot die ontstaan van die koelakke en die NEB-manne gelei
(Bron 1B)
• Kleinskaalse privaatbesit is in Rusland ingestel (Eie kennis en Bron 1C)
• Winkels, kafees en restaurante is in al die stede geopen (Bron 1C)
• Die NEB het meer werksgeleenthede geskep (Bron 1C)
• Werkers is kontant betaal wat hulle die geleentheid vir beter dae gegee het
(Bron 1C)
• Entrepreneurs het produkte begin verkoop en groot winste gemaak
(Bron 1C)
• Die produksie van graan, beeste en varke het dramaties tydens die NEB
toegeneem (Bron 1D)
• Industriële produksie het aansienlik toegeneem (Bron 1D)
• Die produksie van steenkool het van 18,1 miljoen ton in 1925 tot
35,4 miljoen in 1927 gestyg
• Enige ander relevante antwoord.
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre manier,
byvoorbeeld, toon min of geen begrip van die
impak van Lenin se Nuwe Ekonomiese Beleid PUNTE
VLAK 1
op die Russiese ekonomie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf
skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou tot ʼn groot
mate verband met die onderwerp, byvoorbeeld,
toon ʼn mate van impak van Lenin se Nuwe PUNTE
VLAK 2
Ekonomiese Beleid op die Russiese ekonomie 3–4
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, byvoorbeeld, toon ʼn
deeglike impak van Lenin se Nuwe Ekonomiese
PUNTE
VLAK 3 Beleid op die Russiese ekonomie.
5–6
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 11
VRAAG 2: WATTER MAATREËLS HET ROOSEVELT INGESTEL OM DIE
WERKLOOSHEIDSPROBLEEM OP TE LOS WAT DEUR DIE
GROOT DEPRESSIE IN DIE VSA IN DIE 1930’s VEROORSAAK
WAS?
2.1 2.1.1 [Definisie van ʼn konsep uit Bron 2A – V1]
• Die ergste ekonomiese ineenstorting van die industriële wêreld
wat tot werkloosheid en armoede van miljoene mense gelei het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Spekulante het hul aandele verloor.
• Banke het misluk.
• Die land se geldvoorraad het verminder.
• Maatskappye het bankrot gespeel en hul werkers in massas
begin afdank. (4 x 1) (4)
2.1.3 [Analise van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Die president het gedink dat die situasie vanself sou
normaliseer.
• Die president het nie die behoefte gesien om in te gryp om die
mense en besighede by te staan nie.
• Die president kon nie die probleme wat deur die depressie
veroorsaak was, oplos nie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (2)
2.1.4 [Sintese van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Die federale regering is toegelaat om in te gryp in die praktyke
van vrye onderneming om die publiek te beskerm.
• Die federale regering het bejaardes afhanklik van
staatstoelaes gemaak.
• Die staat het verantwoordelikheid geneem om na die welsyn
van sy burgers om te sien.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (2)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Hoover het geweier om in te gryp / of om die Amerikaanse
publiek by te staan, terwyl Roosevelt hulle ʼn Nuwe Bedeling
belowe het.
• Hoover het groot ondernemings ondersteun, maar geweier om
die Amerikaanse publiek te help, terwyl Roosevelt verligting,
hervorming en herstel vir armes en behoeftiges belowe het.
• Hoover het geglo dat besighede hulself sou herstel, en het dus
nie die swakhede in die Amerikaanse ekonomie gesien nie,
terwyl Roosevelt die Amerikaanse regering se
verantwoordelikheid geïdentifiseer het om die ekonomie te
herstel.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Om die voortgesette ekonomiese ineenstorting onmiddellik te
stop. (1 x 2) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Emergency Banking Act (Wet op Nood bankdienste)
• Federal Emergency Relief Act (FERA)
• Civil Works Administration (CWA)
• Civilian Conservation Corps (CCC). (Enige 2 x 1) (2)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Dit het solvente banke toegelaat om oop te bly.
• Sukkelende banke is onder federale toesig geplaas.
• Mense het begin om hul geld in bankrekeninge te deponeer.
• Die banke het die kliënte se deposito’s verseker.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Dit het werk verskaf in landbou, kuns en konstruksie.
• Dit het salarisse verskaf wat soortgelyk aan hul vorige werke
was.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Hulle het meer as 4 000 nuwe skoolgeboue gebou
• Hulle het 130 nuwe hospitale opgerig
• Ongeveer 9 000 myl stormdreine en rioolpype/-lyne gelê
• 29 000 nuwe brûe gebou
• 150 nuwe vliegvelde gebou
• 280 000 myl paaie geplavei of herstel
• 24 miljoen bome geplant om die verlies aan vrugbare bogrond
te verlig. (Enige 2 x 1) (2)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Dit het werk aan werkloses verskaf.
• Dit het geld vir sopkombuise, komberse ens. opsy gesit
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Groot ondernemings het gevoel dat die Nuwe Bedeling mense
te afhanklik van regeringsondersteuning maak.
• Groot ondernemings het gevoel dat die regering inmeng in die
manier waarop hulle hul sake doen.
• Groot ondernemings was van mening dat die Nuwe Bedeling
te sosialisties was.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 13
2.4 2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• 1933 (1 x 2) (2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Die werkloosheidsyfer het aansienlik gedaal.
• Enige relevant response. (Enige 1 x 2) (2)
2.4.3 [Bepaling van die bruikbaarheid van Bron 2C – V3]
Die bron is bruikbaar omdat:
• Dit wys hoe die werkloosheidsyfer na die implementering van die
Nuwe Bedeling gedaal het.
• Dit toon dat die produksievlakke aansienlik toegeneem het toe die
werkloosheidsyfer gedaal het.
• Dit toon dat die Nuwe Bedeling suksesvol was in die bekamping van
werkloosheid tydens die Groot Depressie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C en 2D – V3]
• Bron 2C verklaar dat die werkloosheidsyfer in 1935 20% was, wat in Bron 2D
bevestig word.
• Bron 2C verklaar dat miljoene deur die WPA in diens geneem is, wat gelei
het tot ʼn direkte afname in die werkloosheidsyfer soos in Bron 2D aangedui.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit.
• Die Groot Depressie het op 29 Oktober 1929 begin met die ineenstorting van
die Amerikaanse aandelemark (Bron 2A)
• Miljoene Amerikaners het hul werk verloor en werkloos geword (Bron 2A)
• President Hoover het geweier om in te gryp terwyl president Roosevelt die
Amerikaanse publiek ʼn Nuwe Bedeling aangebied het (Bron 2A en eie kennis)
• Die verligtingsprogramme is geïmplementeer om die ekonomiese vryval
onmiddellik te stop (Bron 2B)
• Die Emergency Banking Act het die publiek se vertroue in die banksektor
herstel (Bron 2B)
• Die Federal Emergency Relief Act, die Civil Works Administration en die Civil
Conservation Corps het onmiddellike ondersteuning gebied in die vorm van
kontant en tydelike werksgeleenthede (Bron 2B)
• Baie mense was werksaam in die landbou, die kuns, konstruksie- en
onderwyssektore (Bron 2B)
• Die Works Progress Administration het werk aan miljoene Amerikaners
verskaf (Bron 2C)
• Die WPA het voorsiening gemaak vir die bou van 4 000 nuwe skole 130
hospitale 900 myl stormdreine 29 000 nuwe brûe en 150 nuwe vliegvelde
(Bron 2C)
• Miljoene Amerikaners verdien nou ʼn salaris – begin spandeer en verbeter hul
lewens (Eie kennis)
• Die werkloosheidsyfer het aansienlik tussen 1933 en 1937 gedaal (Bron 3D).
• Namate die werkloosheidsyfer tussen 1933 en 1937 gedaal het, het die
produksievlakke toegeneem (Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre manier,
byvoorbeeld, toon min of geen begrip van die
maatreëls wat Roosevelt geïmplementeer
het om die werkloosheidsprobleem op te los
PUNTE
VLAK 1 wat deur die Groot Depressie in die VSA in
0–2
die 1930’s veroorsaak is.
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die
onderwerp verslag te doen of kan nie oor die
onderwerp verslag doen nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou verband met
die onderwerp, byvoorbeeld, toon ʼn mate van
begrip van die maatreëls wat Roosevelt
geïmplementeer het om die PUNTE
VLAK 2
werkloosheidsprobleem op te los wat deur 3–4
die Groot Depressie in die VSA in die 1930's
veroorsaak is.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier.
• Gebruik relevante bewyse, byvoorbeeld, toon ʼn
insig in die maatreëls wat Roosevelt
geïmplementeer het om die werk-
loosheidsprobleem op te los wat deur die
PUNTE
VLAK 3 Groot Depressie in die VSA in die 1930’s
5–6
veroorsaak is.
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 15
VRAAG 3: HOE HET DIE NAZI’S MINDERHEIDSGROEPE IN DUITSLAND
TUSSEN DIE 1930’s EN 1940’s VERVOLG?
3.1 3.1.1 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 3A – V1]
• Haat teenoor die Jode.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Die opskorting van individuele persvryheid, spraak en
byeenkomste
• Die Bemagtigingswet van 23 Maart 1933 ... het Hitler
diktatoriale magte gegee. (2 x 1) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Duitsland is negatief deur die Groot Depressie beïnvloed.
• Duitsland het nog steeds oorlogsvergoeding aan die
Geallieerde moondhede betaal.
• Hitler het die Jode die skuld vir die ekonomiese ontberings van
Duitsland gegee.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Die Nazi’s het die Jode die skuld vir Duitsland se nederlaag in
die Eerste Wêreldoorlog gegee.
• Hulle het die Jode en die kommuniste daarvan beskuldig dat
hulle Duitsland tydens die Eerste Wêreldoorlog verraai het.
• Hulle het die Jode as sondebokke vir hulle rasse-ideologieë
gebruik.
• Hulle het geglo dat die Jode die bankwese en finansies van
Duitsland beheer en tot die Groot Depressie bygedra het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Die stelselmatige moord op geïnstitusionaliseerde pasiënte
met gestremdhede in Duitsland. (1 x 2) (2)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Ernstige psigiatriese gestremdhede.
• Ernstige neurologiese gestremdhede.
• Ernstige fisiese gestremdhede. (3 x 1) (3)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Die verbetering van die menslike ras deur beplande
voortplanting, terwyl ander minderwaardige rasse verhoed was
om voort te plant deur gedwonge sterilisasie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
3.2.4 [Analise van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Gestremdes sal die Ariese ras besoedel.
• Gestremdes sal meer gestremde nageslag voortbring.
• Gestremdes was afhanklik van maatskaplike welsyn van die
staat en het dus ʼn finansiële las vir die staat geword.
• Die geld wat gebruik was om gestremdes te handhaaf kon in ‘n
meer produktiewe manier aangewend word.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.2.5 [Sintese van bewyse uit die Bron 3B – V2]
• Die Genadedood-program het die mense se reg om te lewe
geskend.
• Die Genadedood-program het die mense se reg op lewe
geskend.
• Die Genadedood-program het die mense se reg om sonder
inmenging voort te plant geskend.
• Die Genadedood-program het die mense se vryheid van keuse
geskend om hul eie lot te bepaal.
• Die Genadedood-program het die mense se reg op privaatheid
geskend.
• Die Genadedood-program het die mense se reg op veiligheid
geskend.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Roma
• Sinti
• Manouches (3 x 1) (3)
3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Vergassing
• Siekte
• Uithonger of uitputting
• Vermoor deur wagte. (Enige 2 x 1) (2)
3.3.3 [Analise van bewyse uit die Bron 3C – V2]
• Hulle kon sterilisasie aanvaar het.
• Hulle kon dit in ʼn hof betwis het.
• Hulle kon probeer ontsnap.
• Hulle is vervolg.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Sterilisasie is slegs op minderwaardige rasse in Duitsland
toegepas.
• Sterilisasie is slegs toegepas op minderheidsgroepe wat in
Duitsland gewoon het.
• Sterilisasie is slegs toegepas op mense van kleur wat in
Duitsland gewoon het.
• Die Ariese ras is nie aan gedwonge sterilisasie onderwerp nie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 17
3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Dit toon dat daar teen kinders met gestremdhede
gediskrimineer was in Duitsland.
• Dit toon dat kinders met gestremdhede as ʼn las vir die Duitse
regering beskou is.
• Dit beklemtoon die Duitsers se beleid van diskriminasie
teenoor kinders met gestremdhede.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.4.2 [Evaluering van die bewyse in die Bron 3D – V3]
• Dit het die menseregte van mense geskend.
• Die slagoffers van genadedood-programme het nie die kans
gekry om hul lot te kies nie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3B en 3D – V3]
• Bron 3B verklaar dat kinders met gestremdhede ʼn las vir die Duitse
samelewing was, terwyl Bron 3D ʼn visuele voorstelling gee van die las
wat in Bron 3B genoem word.
• Bron 3B noem die verskillende tipes gestremdhede wat in Bron 3D
gesien kan word.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
• Die Nazi-party was uiters anti-Semities (Bron 3A).
• Die Nazi's het geglo dat hulle meerderwaardig bo ander rasse was
(Bron 3A).
• Die Nazi’s het geglo dat die minderwaardige rasse ʼn biologiese
bedreiging vir die suiwerheid van die Duitse ras was (Bron 3A).
• Die Jode het die primêre teiken van Nazi-haat geword (Bron 3A).
• Die Nazi’s het die Genadedood-program geïmplementeer om mense met
gestremdhede in Duitsland te vermoor (Bron 3B).
• Mense met ernstige psigiatriese neurologiese of liggaamlike
gestremdhede was as ʼn finansiële las op die Duitse samelewing beskou
(Bron 3C en 3D).
• Kinders met gestremdhede is vermoor met dodelike oordosis medikasie
wat deur opgeleide mediese spesialiste toegedien was (Bron 3B en 3D).
• Die moord is uitgebrei na volwassenes met gestremdhede (Bron 3B).
• Sigeuners is as minderwaardig beskou en is deur gedwonge sterilisasie
doodgemaak (Bron 3C)
• Sigeuners is doodgemaak deur vergassing, verhongering, uitputting of
vermoor deur wagte (Bron 3C)
• Die Nazi’s het eugenetiese-programme geïmplementeer om die Duitse
meesterras te beskerm (Eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Kan nie bewyse onttrek of bewyse uit die bronne op
ʼn baie elementêre manier onttrek nie, bv. toon geen
of min begrip van hoe die Nazi's
minderheidsgroepe in Duitsland tussen die PUNTE
VLAK 1
1930’s en 1940’s vervolg het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp
verslag te doen of kan nie oor die onderwerp
verslag doen nie.
• Onttrek bewyse uit die bronne wat meestal relevant
is en in ʼn groot mate verband hou met die
onderwerp, byvoorbeeld, toon ʼn mate van begrip
PUNTE
VLAK 2 van hoe die Nazi's minderheidsgroepe in
3–4
Duitsland tussen die 1930’s en 1940’s vervolg
het.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier.
• Gebruik bewyse uit bronne baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon, byvoorbeeld toon ʼn deeglike
begrip van hoe die Nazi’s minderheidsgroepe in PUNTE
VLAK 3
Duitsland tussen die 1930’s en 1940’s vervolg 5–6
het.
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 19
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasievaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Met die skryf van hierdie opstel moet kandidate kan sê tot watter mate Stalin
suksesvol was om Rusland met sy vyfjaarplanne te kon vanaf ʼn agterlike land na ʼn
supermoondheid omskep.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet die vraag kontekstualiseer en ʼn duidelike
argumentslyn daarstel.
UITBREIDING
• Doelwitte: alle vorme van privaatbesit/kapitalisme afgeskaf
• Ekonomie onder staatsbeheer geplaas.
• Ekonomie deur ʼn reeks vyfjaarplanne ontwikkel
• Ongeletterdheid uitgeroei.
• Landbou gemeganiseer en gekollektiviseer.
• Die vinnige industrialisering van Rusland
• ʼn Staatsbeplanningskommissie, die Gosplan, is bemagtig om die ekonomiese
aktiwiteite van die land te bestuur.
• Plase gekollektiviseer en gemeganiseer.
• Twee soorte plase: Staatsplase (arbeiders was ʼn staatsalaris betaal)
• Kollektiewe plase – Boere het staatswerkers geword.
• Koelakke het kollektivisering weerstaan deur vee dood te maak en te weier om
te saai.
• Stalin het hulle vermoor /na Siberië gedeporteer.
• Ongeveer 4 miljoen kleinboere vermoor/na Siberië gestuur.
• Hy het geweld gebruik om kommunisme af te dwing.
• Teen 1928 het produksievlakke toegeneem.
• Boere en welgestelde kleinboere wat geweier het om hul ekstra produkte te
verkoop, is swaar belas.
• Meganisasie en wetenskaplike boerdery is op groot skaal bekendgestel.
• Winste is op drie maniere verdeel tussen die staat, werkers en ʼn reserwe-
bedryfsfonds om gemeenskapsdienste soos skole, ontspanningsentrums en
hospitale te ondersteun.
• Die landbou het begin floreer.
• Alle privaatbesit afgeskaf.
• Fabrieke produseer volgens staat kwotas.
• Klem op die ontwikkeling van swaar nywerhede – yster en staal
• Propaganda is gebruik om werkers te inspireer en om die belangrikheid van
samewerking vir ʼn beter toekoms te beklemtoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
• Steenkool – om yster en staal te smelt.
• 1 500 nuwe fabrieke gebou.
• Werkers het lang ure gewerk.
• Dnieper-dam – hidroëlektriese kragstasie gebou.
• Groot dorpe en nywerheidsentrums is gebou.
• Verpligte onderwys het ʼn geskoolde arbeidsmag geskep.
• Alle kinders tussen 3 en 16 het verpligte onderwys ontvang.
• Dit het die jeug met kommunistiese oortuigings geïndoktrineer.
• Woonstelle is gebou om die behuisingstekort op te los.
• Motors is in Moskou gebou.
• Olie by Baku ontdek.
• Duisende nuwe skole is gebou om basiese onderwys aan alle kinders te bied.
• Onderwys is verpligtend gemaak.
• Volwasse geletterdheidsklasse, wat ook beklemtoon is, het die
ongeletterheidsyfer van 50% in 1924 tot 20% in 1939 verlaag.
• Onderwys is rondom meganiese en ingenieurswese gestruktureer.
• Nuwe spoorlyne is gebou, en die oues is opgegradeer om grondstowwe,
vervaardigde produkte en landbouprodukte te help verskuif.
• Die bou van netwerke van teer paaie en kanaal stelsels om riviere vir praktiese
navigasie te verbind, het noodsaaklik geword.
• Klem is op die verbetering van doeltreffendheid en tegnieke in die industrie
geplaas.
• Ligte fabrieke is gebou om meer verbruikersgoedere te verskaf om die
lewenstandaard van die Russiese bevolking te verhoog.
• Verbruik het dramaties toegeneem, maar groei en ontwikkeling van swaar
nywerhede het die regering se prioriteit gebly.
• Die belangrikste suksesse is behaal in die masjien vervaardigingsbedryf.
• Russiese mense het groot opofferings gemaak deur lang ure te werk.
• Stalin het aanmoediging, dissipline en terreur gebruik om sy doel te bereik.
• Teen 1940 was Rusland die tweede grootste industriële moondheid ter wêreld.
• Die Derde Vyfjaarplan van 1939 tot 1942 is deur die Tweede Wêreldoorlog
onderbreek
• Enige ander relevante antwoord.
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met ʼn relevante gevolgtrekking
saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 21
VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met
behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
SINOPSIS
Kandidate moet die sosiale impak van die Groot Depressie op die Amerikaners,
Duitsers en Japanese krities bespreek. Hulle moet ook die reaksies van hierdie lande
op die Groot Depressie uiteensit.
Kandidate moet historiese bewyse gebruik om hul argument te ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet aandui hoe die Groot Depressie die Amerikaners, Duitsers
en Japanese sosiaal beïnvloed het en hoe die lande op hierdie uitdagings
gereageer het.
UITBREIDING
Die VSA
• Selfmoord het toegeneem namate mense besef dat hulle ʼn paar weke gelede ryk en
nou sonder geld was.
• Plaaspryse het so dramaties gedaal dat baie boere hul huise en grond verloor het.
• Die ontwikkeling van ʼn ‘Stofkom’ (Dust Bowl) in die 1930’s het die situasie in ʼn krisis
verander.
• Swak boerderymetodes en droogte het die land in ʼn uitgestrekte woestyn verander
toe sterk winde die bogrond weggewaai het.
• Plase is verlaat toe duisende verwoeste boere en uitgesitte huurder-boere
weswaarts gemigreer het om werk in Kalifornië te soek.
• Mense het werkloos en haweloos geword.
• Besigheidsmislukkings het tot afleggings gelei.
• Daar was geen maatskaplike sekerheid en werkloosheidsversekering vir diegene
wat werk verloor het nie.
• Werklose mense het in broodlyne vir gratis kos van liefdadigheidsorganisasies
gewag.
• Gesinne het uitmekaar gegaan of uit hul huise getrek op soek na werk.
• Groot informele nedersettings het buite groot stede ontstaan.
• Werkloses en hawelose het klein plakkershutte gebou wat ‘Hooverville’s’ genoem
was.
• Hoover het geglo in individualisme en selfstandigheid.
• In 1932 belowe Roosevelt ʼn Nuwe Bedeling aan Amerikaners.
Duitsland
• Duitsland is swaar deur die Groot Depressie getref.
• Duitsland het gesukkel om die skadevergoeding te betaal
• Die getalle werklose mense het gestyg
• Hitler het die Jode en die kommuniste die skuld vir die Groot Depressie gegee.
• Hitler het hoop vir die Duitse volk gebring en belowe om die Duitse ekonomie te
herstel.
• Die Nazi-party het gewild geword, en Hitler is as kanselier aangewys.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
Japan
• Japan is swaar deur die Groot Depressie getref
• Die invoer van goedere uit die buiteland het baie duur as gevolg van tariewe
geword.
• Die Japannese syhandel is erg deur die Groot Depressie geraak.
• Japannese het vertroue in die politici verloor en hulle tot militêre steun
gewend.
• Namate Japan se ekonomie versleg het, het die land aggressiewer geword
• Een manier om toegang tot grondstowwe vir Japan te kry, was om meer
grondgebied onder Japannese bewind te kry.
• Weermag-generaals het gekyk na die anneksasie van dele van China om
toegang tot grondstowwe te kry.
• In 1931 is die hulpbronryke Mantsjoerye deur Japan in beslag geneem
• Japan bedank uit die Volkebond en val China binne
• Die drieparty-verdrag tussen Duitsland, Italië en Japan is onderteken.
• Enige ander relevante reaksie
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met ʼn relevante gevolgtrekking
saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 23
VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasievaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Die kandidate moet saam of teen die stelling stem en hul argument met relevante
historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet saam of teen die stelling stem en hul redes kortliks
verduidelik.
UITBREIDING
• Anti-Semitisme en die geloof in die pseudo-wetenskap van eugenetika.
• Die Nazi’s het propaganda en terreur gebruik om hul anti-Semitiese beleid af te
dwing.
• Teen 1938 het die lewens van Jode wat in Duitsland gewoon het, ondraaglik
geword.
• Die Nazi-rassistiese ideologie van ʼn Herrenvolk (‘meesterras’) is gebruik om hul
eugenetiese-program te regverdig wat daarop gemik was om ‘ongewenste’ gene
uit die bevolking te verwyder.
• Die volksmoord (‘Holocaust’) was die gevolg van hierdie rassisme.
• Teen 1933 het daar 500 000 Jode in Duitsland gewoon.
• Hulle het hulself as Duitsers beskou, wat slegs in godsdiens van ander Duitsers
verskil het.
• Jode is dikwels as sondebokke gebruik wanneer dinge skeefgeloop het en is
sonder rede geblameer.
• Die valse Sosiale Darwinistiese teorie van ʼn hiërargie van mense beweer dat
sommige groepe mense gebore is met voortreflike talent, vermoë en waarde.
• In sy boek Mein Kampf het Hitler aangevoer dat die Duitse ‘ras’ beter was as
alle die ander rasse.
• Hitler het Duitsers as die ‘Ariese ras’ of ‘Herrenvolk’ (‘meesterras’) beskryf en
geglo dat hulle ʼn plig het om die wêreld te beheer.
• Jode het die skuld vir al die probleme van Duitsland gekry.
• Anti-Joodse onderdrukkende maatreëls is stadig ingestel om Jode uit alle
aspekte van die Duitse lewe uit te sluit.
• Anti-Semitiese wette het hand aan hand gegaan met staatsgeweld en terreur.
• Teen 1939 is Joodse ondernemings geboikot.
• Alle Jode moes ʼn geel Dawidster-kenteken dra om hulle maklik te identifiseer
• Jode is uit die staatsdiens ontslaan
• Jode is uit alle skole en universiteite verdryf
• Jode is van alle burgerskapsreg ontneem
• Die huwelik of seksuele verhoudings tussen Jode en ‘Ariërs’ was verbode.
• Jode is op sekere plekke verbied.
• Na Junie 1938 het die Nazi’s met die stelselmatige onteiening van Joodse
eiendom begin
• Jode was die hoofteikens van die volksmoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2023)
• In 1941 het die Nazi’s die ‘finale oplossing vir die Joodse vraagstuk’
geïmplementeer.
• Hulle het besluit om elke Joodse man, vrou en kind in Europa te vermoor.
• ʼn Groep polisiemanne genaamd ‘Einsatzgruppen’ het spesiale mobiele moord-
groepe geword.
• Mans, vroue en kinders is deur vuurpeloton in massagrafte bymekaargemaak
en geskiet.
• Massa-‘uitwissing’ deur gas is geïmplementeer.
• Die bou van spesiale moordsentrums het in die tweede helfte van 1941 begin.
• Ses ‘Doodskampe’ is gestig – almal was in Pole geleë.
• Gaswaens en gaskamers is in die doods kampe gebou.
• Zyklon B-gas is gebruik.
• Die implementering van die ‘Finale Oplossing’ het vereis dat Jode van regoor
Nazi-besette Europa per spoor na die doodskampe in Pole vervoer moes word.
• Honderdduisende mense is in verseëlde vee-vragmotors of oop waens geprop
en het soms dae sonder kos, water of sanitasie deurgebring.
• Teen 1945 is twee uit elke drie Europese Jode vermoor.
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met ʼn relevante gevolgtrekking
saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Addendum
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Addendum

Question paper