Skip to content

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 11202314 pages

Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2023 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 1: WAT WAS DIE IMPAK VAN LENIN SE NUWE EKONOMIESE BELEID OP DIE RUSSIESE EKONOMIE? BRON 1A Die onderstaande bron verduidelik die gevolge van oorlogskommunisme op die Russiese ekonomie. Oorlogskommunisme het in ʼn ramp ontaard, en die ekonomiese sterkte van Rusland het op alle gebiede onder die vlak van 1914 gedaal. Landelike boere het geweet dat enige surplus oeste deur die staat in beslag geneem sou word, en het dus net vir hulself geproduseer. Mense op die platteland het geweier om saam te werk om kos vir die oorlogspoging te gee, terwyl misoeste die ontberings wat deur die oorlog veroorsaak is, vererger het. Wanvoeding en siektes was algemeen. Die gevolg was dat industriële stede van voedsel ontneem was en werkers het begin na die platteland verhuis om hul eie voedsel te verbou, wat die moontlikheid van ruilhandel van industriële goedere vir voedsel verder verminder het en die lot van die oorblywende stedelike bevolking vererger het. In totaal het voedsel aanvraag gekombineer met die gevolge van die sewe jaar-lange oorlog en ʼn ernstige droogte bygedra tot ʼn verwoestende hongersnood wat – verbysterende 3–10 miljoen sterftes veroorsaak het. Werkers- en kleinboer stakings en opstande het regoor die land uitgebreek. Die Kronstadt -rebellie van Maart 1921 het veral vir Lenin verras, wat die matrose daar as die ‘rooiste van die Rooies’ beskou het. Hierdie opstande het verdere kommer veroorsaak, aangesien dit deur opportunistiese linkses gelei is, wat mededinging met die Bolsjewiste veroorsaak het. Die krisis het wydverspreide lojaliteit aan die regering ondermyn: Lenin moes nou beslissend optree. [Uit https://www.historyhit.com/war-communism-lenins-plan/. Toegang op 20 Februarie 2023 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die volgende bron verduidelik die impak van die NEP op die Russiese ekonomie. Die vereiste van NEP was die instelling van ʼn belasting in natura (goedere), vasgestel op vlakke aansienlik laer as dié van vorige rekwisisie (aanvraag) kwotas, wat boere in staat gestel het om hul voedsel-oorskotte op die ope mark te verkoop. Hierdie mark toegewings het spoedig tot die denasionalisering van kleinskaalse nywerheid en dienste gelei; die vestiging van trusts vir die verskaffing, finansiering en bemarking van die produkte van grootskaalse nywerhede; die stabilisering van die geldeenheid; en ander maatreëls, insluitend die toekenning van toegewings aan buitelandse beleggers wat almal ontwerp is om die skakel tussen dorp en land te herstel. Met verwysing na NEB as ʼn terugtrekking van die staat na die “bevelvoerende hoogtes van die ekonomie” (grootskaalse nywerheid, bankwese, buitelandse handel), het Lenin daarop aangedring dat dit “ernstig en vir ʼn lang tyd” nagestreef moes word. Onder die NEB het die Sowjet-ekonomie herleef. Teen 1926–27 was die meeste ekonomiese aanwysers op of naby vooroorlogse vlakke. Maar die herstel via mark toegewings het gepaard gegaan met die heropkoms van 'n ‘kapitalistiese’ klas op beide die platteland (die koelakke) en die dorpe (NEB-manne), aanhoudende werkloosheid onder werkers (waarvan sommige na die NEB verwys het as die ‘nuwe uitbuiting van die proletariaat’), en angs binne die party oor middelklas korrupsie en die verlies aan revolusionêre dinamika. Die triomf van Stalin oor sy politieke mededingers, die aanvaarding van die eerste vyfjaarplan vir industrialisasie en die besluit om ʼn ‘sosialistiese offensief’ teen die Koelakke te begin, het effektief die afskaffing van die NEB teen 1929 aangedui. [Uit https://soviethistory.msu.edu/1921-2/the-new-economic-policy/. Toegang op 20 Februarie 2023 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023) BRON 1C Die bron hieronder is ʼn uittreksel uit ʼn artikel geskryf deur Walter Duranty, ʼn Anglo- Amerikaanse joernalis wat gedurende 1922–1936 in Moskou vir The New York Times gewerk het. Moskou het tydens my afwesigheid van drie weke verander. Oral is vervalle en half verwoeste geboue opgeknap en gerestoureer. Winkels, kafees en restaurante is orals oopgemaak ... Die stad was vol kleinboere wat vrugte, groente en ander produkte verkoop het ... Vir die kommuniste was die NEB ongetwyfeld aanstootlik, maar vir die meerderheid werkers het dit werk gebring wat in geld betaal sou word in plaas van waardelose papier of vermufte rantsoene, en die sekerheid dat hulle met geld die kos en lewensbenodigdhede kon koop … Vir die handelaars het die NEP ʼn geleentheid gebied en die aanbreek van beter dae beteken. Tot 9 Augustus 1921 was dit tegnies ʼn misdaad om goedere van waarde te besit ... en ʼn misdaad om enigiets te koop en te verkoop. Die NEB-besluit het alles verander ... Aan die bokant van my straat het ek ʼn man gesien wat meel, suiker en rys op ʼn tafeltjie verkoop het ... Teen die einde van ʼn week het hy vars eiers en groente verkoop ... Teen middel November het hy ʼn klein winkeltjie gehuur ... Teen die volgende Mei het hy vier verkoopsmanne in ʼn redelike-grootte winkel gehad, waar boere elke oggend vars produkte gebring het. Na ʼn jaar se handel ... het hy $20 000 tot $30 000 skoon wins gemaak, maar die punt is dat sy besigheid baie boere aangemoedig het om hoenders of varkies vet te maak of groente te plant. Dieselfde ding is oral in Rusland gedoen en die gevolge was ongelooflik. In ʼn enkele jaar het die aanbod van voedsel en goedere van hongerpunt na iets byna voldoende gestyg, en pryse het gevolglik gedaal. [Uit Russia and the USSR 1905–1941 deur T. Fiehn] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Die onderstaande tabel illustreer hoe landbou en nywerheid onder die NEB herstel het. [Uit Making History Grade 11 deur R Deftereos et al.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 2: WATTER MAATREËLS HET ROOSEVELT INGESTEL OM DIE WERKLOOSHEIDSPROBLEEM WAT DEUR DIE GROOT DEPRESSIE IN DIE VSA IN DIE 1930’s VEROORSAAK IS, OP TE LOS? BRON 2A Die onderstaande bron beskryf die redes waarom president Roosevelt besluit het om die Nuwe Bedeling te implementeer. Die Groot Depressie in die Verenigde State het op 29 Oktober 1929 begin, ʼn dag wat vir ewig bekend as ‘Swart Dinsdag’ sal staan, toe die Amerikaanse aandelemark – wat byna ʼn dekade lank geleidelik opwaarts gebrul (gestyg) het – ineengestort en die land in sy ernstigste ekonomiese afswaai nog gedompel het. Spekulante het hul aandele verloor; banke het misluk; die land se geldvoorraad het verminder; en maatskappye het bankrot geraak en hul werkers in massas begin afdank. Intussen het president Herbert Hoover geduld en selfstandigheid aangemoedig: “Hy het gedink die krisis is net ʼn verbygaande voorval in ons nasionale lewens”, en dat dit nie die taak van die federale regering was om te probeer oplos nie. Teen 1932, een van die donkerste jare van die Groot Depressie, was minstens ʼn kwart van die Amerikaanse arbeidsmag werkloos. Toe president Franklin Roosevelt in 1933 sy amp beklee, het hy vinnig opgetree om die ekonomie te probeer stabiliseer en werk en verligting te bied aan diegene wat gely het. Oor die volgende agt jaar het die regering ʼn reeks eksperimentele projekte en programme ingestel, gesamentlik bekend as die Nuwe Bedeling, wat daarop gemik was om ʼn mate van waardigheid en voorspoed vir baie Amerikaners te herstel. Meer as dit, Roosevelt se Nuwe Bedeling het die verhouding van die federale regering met die Amerikaanse publiek permanent verander. [Uit www.history.com/topics/new-deal. Toegang op 12 Januarie 2023 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Die bron hieronder fokus op die Verligtingsprogramme van die Nuwe Bedeling. Die Nuwe Bedeling-programme was bekend as die drie “Rs”; Roosevelt het geglo dat Relief (verligting), Reform (hervorming) en Recovery (herstel) gesamentlik ekonomiese stabiliteit in die land kon bring. Hervormingsprogramme het spesifiek gefokus op metodes om te verseker dat depressies soos dié in die 1930’s nooit weer die Amerikaanse publiek sou beïnvloed nie. Die hulpprogramme is geïmplementeer om die voortgesette ekonomiese ineenstorting onmiddellik te stop. Dit sluit in die Emergency Banking Act (Wet op Nood bankdienste), wat verseker het dat slegs solvente banke oop bly, en bankvakansies wat finansiële instellings sou sluit wanneer ʼn golf van finansiële paniek sou plaasgevind. Daarbenewens het die Federal Emergency Relief Act (FERA), die Civil Works Administration (CWA) en die Civilian Conservation Corps (CCC) onmiddellike ondersteuning in die vorm van kontantbetalings en tydelike indiensneming verleen. Die drie doelwitte van die Federal Emergency Relief Act (FERA) was (1) om effektief te wees, (2) om werk aan indiensneembare mense op die noodlenigingsrolle te verskaf, en (3) om ʼn uiteenlopende verskeidenheid hulpprogramme te hê. FERA het toelaes van die federale regering aan staatsregerings verskaf vir ʼn verskeidenheid projekte op gebiede soos landbou, kuns, konstruksie en onderwys. Baie mense wat noodlenigings hulp ontvang het, was hoogs opgeleide, geskoolde werkers. Die hoop was dat deur baie verskillende soorte werksgeleenthede en salarisse te verskaf wat soortgelyk was aan werkers se vorige werk, die hele land daarby sou baat. Die Civil Works Administration (CWA) is begin as ʼn onderafdeling van FERA met die doel om ʼn korttermynoplossing te bied om mense weer aan die werk te kry. Die projekte onder CWA was meer korttermyn en op ongeskoolde arbeiders gemik. [Uit https://dp.la/exhibitions/new-deal/reform-programs. Toegang 26 Februarie 2023 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023) BRON 2C Hierdie bron verduidelik die Works Progress Administration (WPA). President Franklin D. Roosevelt het die WPA op 6 Mei 1935 met ʼn uitvoerende bevel geskep. Dit was deel van sy Nuwe Bedeling-plan om die land uit die Groot Depressie te lig deur die finansiële stelsel te hervorm en die ekonomie tot pre-depressie vlakke te herstel. Die werkloosheidsyfer in 1935 was ʼn verbysterende 20 persent. Die WPA is ontwerp om verligting aan werkloses te bied deur werk en inkomste aan miljoene Amerikaners te verskaf. Op sy hoogtepunt aan die einde van 1938 het meer as 3,3 miljoen Amerikaners vir die WPA gewerk. Die WPA – wat in 1939 tot die Work Projects Administration herdoop is – het meestal ongeskoolde mans in diens geneem om infrastruktuur projekte vir openbare werke uit te voer. Hulle het meer as 4 000 nuwe skoolgeboue gebou, 130 nuwe hospitale opgerig, ongeveer 9 000 myl stormdreine en rioollyne gelê, 29 000 nuwe brûe gebou, 150 nuwe vliegvelde gebou, 280 000 myl paaie geplavei of herstel en 24 miljoen bome geplant om die verlies aan vrugbare bogrond tydens die Stofkom te verlig. Benewens sy bekende bou- en infrastruktuur projekte, het die WPA ook toesig gehou oor ʼn groep programme wat gesamentlik as Federal Project Number One bekend staan. Hierdie programme het kunstenaars, musikante, akteurs en skrywers in diens geneem. [Uit https://www.history.com/topics/great-depression/works-progress-administration Toegang op 23 Februarie 2023 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Die bron hieronder is ʼn voorstelling van die werkloosheid en die vordering van die Amerikaanse ekonomie gedurende die 1930’s. [Uit: GCSE Modern World History deur Ben Walsh] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 3: HOE HET DIE NAZI’S MINDERHEIDSGROEPE IN DUITSLAND TUSSEN DIE 1930’s EN 1940’s VERVOLG? BRON 3A Hierdie bron hieronder beeld die Nazi se rasse-oortuigings en beleid in 1933 uit. Op 30 Januarie 1933 is Adolf Hitler deur die bejaarde president Hindenburg aangewys as kanselier, die magtigste posisie in die Duitse regering, wat gehoop het dat Hitler die land uit sy ernstige politieke en ekonomiese krisis kon lei. Hitler was die leier van die regse Nasionalistiese Sosialistiese Duitse Werkersparty (kortweg ‘die Nazi-party’ genoem). Die Nazi-party was uiters anti-Semities. Dit was teen 1933 een van die sterkste partye in Duitsland, alhoewel ... die Nazi’s slegs 33 persent van die stemme in die 1932-verkiesing tot die Duitse parlement (Reichstag) gewen het. Kort na sy bewind aanname het Hitler vinnig beweeg om die Duitse demokrasie te beëindig. Hy het sy kabinet oortuig om noodklousules van die grondwet aan te kondig wat die opskorting van individuele persvryheid, spraak en vergadering moontlik gemaak het ... Die Bemagtigingswet van 23 Maart 1933 ... het Hitler diktatoriale magte gegee. Die Nazi’s het ook in 1933 hul rasse-ideologie begin toepas. Die Nazi’s het geglo dat die Duitse ras meerderwaardig was en dat daar ʼn stryd tussen hulle en minderwaardige rasse was. Hulle het die Jode, Roma (Sigeuners) en gestremdes gesien as ʼn ernstige biologiese bedreiging vir die suiwerheid van die ‘Duitse (Ariese) Ras’, wat hulle die meesterras genoem het. Die sowat 525 000 Jode in Duitsland was die hoofteiken van Nazi-haat. Die Nazi’s het Jode as ʼn ras geïdentifiseer en hierdie ras as ‘minderwaardig’ gedefinieer. Hulle het ook haatdraende propaganda bepleit wat die Jode onregverdig die skuld gegee het vir die ekonomiese depressie van Duitsland en die nederlaag van die land in die Eerste Wêreldoorlog (1914–1918). [Uit www.myjewishlearning.com/article/1933-1939. Toegang op 1 Maart 2023 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Hierdie bron verwys na die beleid van genadedood wat deur die Nazi’s gebruik word om rasse-suiwerheid in Duitsland te behou. Die Genadedood-program was die stelselmatige moord op geïnstitusionaliseerde pasiënte met gestremdhede in Duitsland. Dit was ongeveer twee jaar voor die volksmoord op die Europese Jode (die Holocaust) plaasgevind het. Die program was een van die vele radikale eugenetiese maatreëls wat daarop gemik was om die rasse-integriteit van die Duitse nasie te herstel. Dit het ten doel gehad om uit te skakel wat eugenetici en hul ondersteuners as “lewe onwaardig om te lewe” beskou het: daardie individue wat – volgens hulle – as gevolg van ernstige psigiatriese, neurologiese of fisiese gestremdhede beide ʼn genetiese en ʼn finansiële las op die Duitse samelewing en die staat verteenwoordig het. In die lente- en somermaande van 1939 het ʼn aantal beplanners ʼn geheime moord operasie begin organiseer wat op gestremde kinders gerig was. Op 18 Augustus 1939 het die Duitse Ministerie van Binnelandse Sake ʼn dekreet/regulasie uitgevaardig wat vereis het dat alle dokters, verpleegsters en vroedvroue pasgebore babas en kinders onder die ouderdom van drie jaar moet aanmeld wat tekens van ernstige geestelike of liggaamlike gestremdheid getoon het. Vanaf Oktober 1939 het openbare gesondheidsowerhede ouers van kinders met gestremdhede begin aanmoedig om hul jong kinders toe te laat tot een van ʼn aantal spesiaal aangewese pediatriese klinieke in Duitsland en Oostenryk. Die klinieke was kindermoord afdelings. Daar het spesiaal gewerfde mediese personeel hul jong pasiënte met dodelike oordosisse medikasie of deur hongersnood vermoor. ‘Genadedood’-beplanners het vinnig in die herfs van 1939 beoog om die moordprogram uit te brei na volwasse gestremde pasiënte wat in institusionele inrigting opgeneem was. Geskiedkundiges het geskat dat die Genadedood Program in al sy fases die lewens van 250 000 individue geëis het. [Uit https://encyclopedia.ushmm.org/content/en/article/euthanasia-program Toegang op 3 Maart 2023 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023) BRON 3C Hierdie bron beskryf die vervolging van sigeuners in die 1930’s in Nazi-Duitsland. Lede van Romani-groepe het vervolging en viktimisering regoor Europa verduur in die 1930’s en 1940’s. Bekend as ‘sigeuners’ – die mense wat hulself Roma, Sinti en Manouches (onder andere) genoem het, is volgens Duitsland se Neurenberg-wette as mense met uitheemse bloed verklaar en het onder dieselfde volksmoord regime as Europa se Jode gely. Teen die einde van 1938 het Himmler beveel dat die ‘sigeuner-probleem’ ‘op grond van hul rassekarakter’ gehanteer moet word. Sinti en Roma is van skole uitgesluit; tradisionele beroepe – smous, perdehandel, fortuinvertelling – is gekriminaliseer, en hulle was aan dwangarbeid onderwerp. Met die uitbreek van die oorlog is hulle verbied om hul woonplekke te verlaat, en in afsonderlike optrede in 1940 en 1941 is ongeveer 5 000 na arbeidskampe en ghetto’s in Pole gedeporteer. Aan die einde van 1942 het Himmler beveel dat alle ‘sigeuners’ na Auschwitz gestuur moet word. Vir Sinti en Roma het Auschwitz verskillende soorte trauma behels. Op bevel van Himmler is niemand met hul aankoms doodgemaak nie, en hulle is as gesinne in ʼn spesiale afdeling van Auschwitz-Birkenau aangehou. Voordat die kamp aan die begin van Augustus 1944 gesluit is met die vergassing van ongeveer 4 000 oorblywende gevangenes, het die meeste reeds aan siektes, honger of uitputting gesterf of is deur wagte vermoor. As ʼn relatief jong bevolking was die gevangenes van die sogenaamde ‘Gypsy Family Camp’ ook voorkeur proefpersone vir die ‘mediese’ eksperimente van Josef Mengele, wie se siekeboeg onmiddellik langs hul kamp was. Maar ook in ander konsentrasie- kampe is “sigeuner” mans en vroue vir eksperimente met nuwe dwelms en prosedures gekies. Dit het nuwe (pynlike en gevaarlike) sterilisasiemetodes ingesluit, in die strewe na ʼn vinniger en doeltreffender manier om ʼn program uit te voer om ‘rasse-ongewenstes’ te steriliseer wat reeds vanaf die middel van die 1930’s teen ‘sigeuners’ ontplooi is. [Uit https://www.nationalww2museum.org/war/articles/romani-holocaust-survivors-1945. Toegang op 1 Maart 2023 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Die plakkaat hieronder toon gestremde kinders wat in die 1940’s in die genadedood program van die Nazi’s geteiken is. [Uit https://www.argunners.com/wp-content/uploads/2016/11/Euthanasia-Program.jpg. Toegang op 3 Maart verkry.] SOMMIGE MENSE WORD GEBORE OM ’N LAS VIR ANDER TE WEES. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is geneem uit die volgende: https://www.historyhit.com/war-communism-lenins-plan/ https://soviethistory.msu.edu/1921-2/the-new-economic-policy/Accessed Russia and the USSR 1905–1941 deur T. Fiehn Making History Grade 11 deur R. Deftereos et al www.history.com/topics/new-deal, https://dp.la/exhibitions/new-deal/reform-programs GCSE Modern World History deur Ben Walsh www.myjewishlearning.com/article/1933-1939. https://encyclopedia.ushmm.org/content/en/article/euthanasia-program https://www.nationalww2museum.org/war/articles/romani-holocaust-survivors-1945 https://www.argunners.com/wp-content/uploads/2016/11/Euthanasia-Program.jpg Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all