Skip to content

History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)

MemorandumHistoryGrade 11202424 pages

Grade 11 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2024 GESKIEDENIS V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 24 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: GEWIGS- KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING VLAKKE VAN VRAE • Onttrek inligting uit bronne. • Selektering en organisasie van 30% VLAK 1 relevante inligting uit bronne. (15) • Definieer historiese begrippe/terme. • Interpretasie van bewyse uit bronne. 50% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne. (25) • Analiseer bewyse uit bronne. • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne. • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en 20% VLAK 3 beperkings vas te stel. (10) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte word toegeken (✓✓) • Indien ʼn vraag 4 punte tel, word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________ _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) 2.3 Globale assessering van die opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model- antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die leerder se interpretasie van ʼn argument. • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun. • Die leerder se samestelling interpretasie van die vraag. (beplanning, gestruktureerde argumente.) 2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel. Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike hoofpunt. P Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou. Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 5 2.4.4 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word: • Inleiding, hoof aspekte en slot nie korrek gekontekstueer Verkeerde stelling • Irrelevante stelling • Herhaling H • Analise A√ • Interpretasie I √l • Lyn van argument LVA 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke toegeken. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Vraag herkenbaar in antwoord. Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die gestruktureerde om antwoord te gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te opstel. Goeie opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie. sintese van Grootliks argument is duidelike argument gebruik om argument. Poog inligting. Het ʼn beskrywend of gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol goed te ontwikkel. gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument gebalanseerde, Gevolgtrekking argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike gemaak uit bewyse verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn argument ontwikkel met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te Argument gevolgtrekking uit ondersteun. die bewyse te bewyse nie. maak nie. deurgaans maak om die volgehou en INHOUD argument te verdedig. ondersteun. Onafhanklike gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE OPKOMS VAN SWART NASIONALISME IN SUID- AFRIKA TOT WERKERSWEERSTAND GELEI IN DIE 1920’s? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • ‘Ons is hier vir organisasie’ • ‘Ons sal sien wat ons kan doen om die kapitalistiese stelsel af te skaf’ • ‘Ons is hier vir die redding van die werkers’ • ‘Ons is hier om te organiseer en te veg vir ons regte en voordele (Enige 2 x 1) (2) 1.1.2 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 1A – V1] • ʼn Ekonomiese en politieke stelsel waarin ʼn land se handel en nywerheid deur private eienaars beheer word • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Weens oorvol reservate is mense gedwing om na die stede te kom om werk te soek • Hulle hoofmanne het met die myneienaars saamgewerk om die werkers na die myne te stuur • Werkers is gedwing om op die myne te werk as gevolg van armoede • Hulle grond is deur Britte oorgeneem en daarom is hulle gedwing om op die myne te werk • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 1.1.4. [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • ‘Hulle is verbied om te organiseer’ • ‘Hulle is toegesluit in slegs manskampongs op die myne’ • ‘Geskei in grimmige ghetto’s in die tussenruimtes van die dorpe’ • ‘Hul beweging is beheer deur die interne paspoort of paswet’ (Enige 3 x 1) (3) 1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Hulle wou beter werksomstandighede hê • Hulle benodig ordentlike lone • Hulle wou beter behuising met sanitasie hê • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • ‘Alle werkers was bekommerd oor die verhoogde lewenskoste in die na-oorlogse era’ • ‘Daar was ʼn tekort aan ongeskoolde arbeid gedurende hierdie tydperk’ • ‘Geskoolde en halfgeskoolde Kleurlingwerkers in die Kaap het aan ‘vakbonde’ behoort wat hoofsaaklik uit wit werkers saamgestel is’. (Enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Belangrik dat alle rasse bymekaar kom om ʼn sterker krag te vorm om werksomstandighede te verbeter • Dit is hul plig om mense demokratiese vaardighede aan te leer • Eenheid is die sleutel vir hulle om te wen • Hulle moet organisatoriese vaardighede aanleer, soos hoe om vergaderings te lei • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2.3. [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Dit was die eerste swart vakbond wat vir werkersregte geveg het • Die werkers het ʼn mondstuk gehad om hul griewe te uiter • Werkers het besef dat deur by die vakbond aan te sluit hulle ʼn sterker mag sal word en daar sal aan hul eise voldoen word • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2.4 [Evalueer die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1A – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat: • Dit dui aan dat die ICU regdeur die land genoeg ondersteuning gekry het • Dit dui aan dat die ICU suksesvol was om werkers van verskillende rasse te verenig • Meer werkers het by die vakbond aangesluit en lojale lede van die ICU geword • Dit het ʼn massa-gebaseerde organisasie geword • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Dit het getoon dat dit staan vir werkers se regte • ICU wou die veiligheid van mynwerkers verbeter • Dit wys die toestande wat mynwerkers op die myne moes verduur • ICU wou die werker se lewensomstandighede in die myne verbeter • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.3.2. [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • Die ICU het ʼn kantoor gehad waar klagtes ingedien kan word • Dit het ʼn uitvoerende komitee gehad aangesien die klagtes aan die Sekretaris-generaal gerig kon word (Enige 1 x 2) (2) 1.4. 1.4.1. [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • ‘Die twee gearresteerde mans vrygelaat word’ • ‘ʼn Verhoging van drie sjielings per dag in lone was om tred te hou met die stygende lewenskoste’ • ‘Sekere verbeterings in die werksomstandighede’ (3 x 1) (3) 1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Die staking het 12 dae geduur, gevolglik het hulle wins verloor • Die geld wat hulle verloor het, kon nie herwin word nie • Hulle kon weens die staking nie opereer nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 9 1.4.3 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 1D – V2] • Kampongs was akkommodasie vir trekmynwerkers • Woonplekke op myne om die beweging van werkers te beheer • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.5 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse uit bronne – V3] Kandidate kan sommige van die volgende insluit: • Die ‘Industrial Workers of Africa’ (IWA) is gestig (Bron 1 A) • Die toestande op die myne het tot die geboorte van die IWA gelei (Bron 1 A) • IWA se slagspreuk was: ons wil alles hê (Bron 1A) • Die Industrial and Commercial Workers Union (ICU) is in 1919 in Kaapstad gestig (Bron 1B) • ICU het eenheid met nie-Europese mense bevorder om die stryd te wen (Bron 1B) • ICU versprei deur Suid-Afrika (Bron 1B) • ICU het ʼn massa-gebaseerde organisasie met kantore geword (Bron 1C) • ICU het ampsdraers gehad aan wie klagtes gerig is (Bron 1C) • ICU het ʼn staking in die myne georganiseer as gevolg van ondraaglike toestande in die myne (Bron 1D) • Die staking wat georganiseer is, het vir 12 dae geduur (Bron 1D) • 71 000 swart mynwerkers het by die staking aangesluit (Bron 1D) • Die staking het die mynbedryf lamgelê (Bron 1D) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
10 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die opkoms van swart nasionalisme in Suid-Afrika tot werkersweerstand in Punte: VLAK 1 die 1920’s gelei het nie. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragaaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die opkoms van swart nasionalisme in Suid-Afrika tot Punte: VLAK 2 werkersweerstand gelei het in die 1920’s. 3–4 • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe die opkoms van swart nasionalisme in Suid-Afrika tot werkersweerstand gelei het in die Punte: VLAK 3 1920’s. 5–6 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 11 VRAAG 2: HOE HET DIE OPKOMS VAN AFRIKANER NASIONALISME IN SUID-AFRIKA TOT AFRIKANER EENHEID IN DIE 1930’s EN 1940’s GELEI? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • ‘bevordering van ʼn gemeenskaplike taal’ • ‘gemeenskaplike verlede’ • ‘Die eenheid van ʼn gemeenskaplike sin van godsdiens’ (3 x 1) (3) 2.1.2 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 2A – V2] • Verstedeliking is die beweging van baie Afrikaners vanaf landelike gebiede na stedelike gebiede • Sekere werke was vir Afrikaners in stede gereserveer • Wette word geproklameer deur die regering om die belange van Afrikaners te beskerm • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • ‘Predikante van godsdiens’ • ‘Onderwysers’ • ‘Akademici’ • ‘Joernaliste’ • ‘Boere’ • ‘Sekere elemente in die staatsdiens’ (Enige 2 x 1) (2) 2.1.4. [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Om te verseker dat Afrikaners dieselfde ekonomiese eienaarskap as Engelse het • Om erken te word as ʼn aparte, onafhanklike groep • Vir die Afrikaners om Suid-Afrika te regeer • Afrikaners moet verenig wees om Britse imperialisme te beveg • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • ‘Dit het homself as ʼn kultuurorganisasie bevorder’ • ‘Voorneme om die “gees van 38” lewendig te hou’ • ‘Afsydig staan van partypolitiek’ (Enige 2 x 1) (2) 2.2.2. [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Dit sal die gewone mense laat voel dat hulle deel van die organisasie se besluite was • Om hul ledetal te vermeerder • Vir hulle om ʼn gevoel van samehorigheid te hê • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
12 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) 2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • Braaivleis-aande’ • ‘Jukskei vergaderings’ • ‘plaaslike kultuurvereniging’ • ‘Geleentheid by die kerk’ (Enige 1 x 1) (1) 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Die Ossewabrandwag was vasbeslote om die Afrikaners aan bewind te bring • Dit wys dat die Afrikaners Suid-Afrika as hul land sien • Dit wys dat die Afrikaners hulself as God se uitverkore volk beskou het • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Die ossewa is ʼn herinnering aan hul reis vanaf die Kaap na die Noorde • Die ossewa simboliseer ook hul begeerte om onafhanklik te wees • Dit is ʼn herinnering aan die redes waarom hulle die Kaap verlaat het • Dit is ʼn herinnering aan die swaarkry wat hulle moes verduur • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2B en Bron 2C – V3] • Bron 2B dui aan dat Afrikaners kulturele erfenis moet beklemtoon en Bron 2C weerspieël die Afrikaner-kultuurerfenis deur ʼn ossewa op die kenteken van die Ossewabrandwag te gebruik • Bron 2B dui aan dat die Ossewabrandwag bedoel het om die gees van 1938 lewendig te hou en Bron 3C toon ʼn ossewa in hul kenteken wat tydens die Groot Trek en die 1938-vieringe gebruik is. • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • ‘Dit was die feit dat Afrikaanssprekende blankes uit die sentrum van mag uitgesluit is’ • ‘Afrikaanssprekende blankes is uitgesluit in die invloed in die Suid-Afrikaanse stedelike ekonomie’ (Enige 1 x 2) (2) 2.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • ‘Om nie langer die vernietiging van die Afrikanervolk te duld in ʼn poging om by ʼn buitelandse kapitalistiese stelsel aan te pas nie’ • om die volk te mobiliseer om hierdie vreemde stelsel vas te vang en dit aan te pas by ons nasionale karakter’ (2 x 1) (2) 2.5.3 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 2D – V2] • Afrikaner-nasionalisme is die gevoel van eenheid onder die Afrikanervolk • Afrikaner-nasionalisme is ʼn gevoel van eenheid onder Afrikaanssprekende mense wat dieselfde taal, godsdiens en kultuur deel • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 13 2.5.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Sodra Afrikaners aan bewind is, sal hulle in beheer wees van die land se ekonomie • Sodra hulle aan bewind is, sal hulle nie meer werknemers wees nie, hulle sal werkgewers wees • Om die land te regeer, is wat die Afrikaners nodig het om finansieël onafhanklik te wees • Om te verseker dat die Nasionale Party die verkiesing wen om die Afrikanerbelange te bevorder • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.5.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Om te verseker dat die ekonomie in die hande van die Afrikaners bly • Om die Afrikaner monopolie ekonomie en -politiek te verseker • Om die “armblankes” by te staan • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse uit bronne – V3] Kandidate kan sommige van die volgende insluit: • Afrikaner-nasionalisme kan in algemene terme gesien word as ʼn breë sosiale en politieke reaksie op die ongelyke ontwikkeling van kapitalisme in Suid-Afrika (Bron 2A) • Verstedeliking en industrialisasie het tot Afrikaner-nasionalisme gelei (Bron 2A) • Afrikaner-middelklas was die dryfkrag agter Afrikaner-nasionalisme (Bron 2A) • Baie middelklaslede behoort aan die Broederbond (Bron 2A) • Die Broederbond werk hard om beide landelike en stedelike Afrikaners te verenig (Bron 2A) • Ossewabrandwag het bygedra tot die taak om Afrikaners te verenig (Bron 2B) • Afrikaners kon Trekkerrok dra om ʼn gevoel van gemeenskapskultuur en gemeenskaplike erfenis te voel (Bron 2B) • Hulle het braaivleisaande en jukskeivergaderings gehad wat Afrikaner- nasionalisme bevorder het (Bron 2B) • Hulle glo dat die volk deur God uitverkies is (Bron 2C) • Afrikaner-nasionalisme het die simboliese waarde van die Groot Trek bevorder (Bron 2C) • Hulle het geglo dat Suid-Afrika aan hulle behoort (Bron 2C) • Die ontwikkeling van Afrikanerbesigheid was die doel van die Broederbond (Bron 2D) • Broederbond het boere en werkers georganiseer om in Afrikanermaatskappye en in Afrikanerbanke te belê (Bron 2D) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
14 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: VLAK 1 • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv toon geen of min begrip oor hoe die opkoms van Afrikaner nasionalisme in Suid-Afrika tot Afrikaner eenheid gelei het Punte: 0–2 in die 1930’s en 1940’s. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. VLAK 2 • Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die opkoms van Afrikaner nasionalisme in Suid-Afrika tot Afrikaner Punte: 3–4 eenheid gelei het in die 1930’s en 1940’s. • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. VLAK 3 • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe die opkoms van Afrikaner nasionalisme in Suid-Afrika tot Afrikaner eenheid gelei het in die 1930's Punte: 5–6 en 1940’s. • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 15 VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN INTENSIEWE WEERSTAND TEEN DIE APARTHEIDSREGERING IN SUID-AFRIKA GEDURENDE DIE 1960’s? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • ‘Die nasleep van die Sharpeville-slagting’ • ‘Die afkondiging van die noodtoestand’ (2 x 1) (2) 3.1.2 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 3A – V2] • Om apartheid te beveg deur gewelddadige metodes (wapens, ens.) te gebruik • Nie-gewelddadige metodes wat in die verlede gebruik is, het ondoeltreffend gelyk • Om gewelddadige metodes te gebruik om die Nasionale Party te dwing om sy apartheidsbeleid te laat vaar • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] • Dit dui op die gewilligheid van anti-apartheid Suid-Afrikaners om vir vryheid te veg • Aktiviste was bereid om vir die bevrydingstryd te sterf • Motiveer Suid-Afrikaners om op te staan teen die onderdrukkende maatreëls van die apartheidsregering • MK het besef die enigste weg na ʼn nie-rassige demokratiese Suid-Afrika was deur gewelddadige middele • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • ‘Spoorweë’ • ‘Polisiestasies’ • ‘Sleutelgeboue wat verband hou met die administrasie van apartheid’ (Enige 2 x 1) (2) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • ‘Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party’ • ‘MK Hoëkommando’ (2 x 1) (2) 3.2.2 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 3B – V1] • ʼn Persoon wat inligting verkoop in ruil vir geld of gunste • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.2.3. [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Planne om die regering omver te werp • Planne om staatsgeboue aan te val en te saboteer • Voorstelle vir guerrilla-oorlogvoering • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
16 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) 3.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • ‘Denise Goldberg’ • ‘Rusk Bernstein’ • ‘Raymond Mhlaba’ • ‘Bob Heppie’ • ‘Govan Mbeki’ • ‘Arthur Goldreich’ • ‘Ahmed Kathrada’ • ‘Walter Sisulu’ (Enige 2 x 1) (2) 3.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Die regering kon die krag van die stryd binne Suid-Afrika breek • Verswyg verset in Suid-Afrika • Groot aantal ANC-leiers wat gearresteer is of in ballingskap gegaan het – wat die organisasies sonder leiers gelaat het • Internasionale aandag ontlok • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • ‘werwing van persone vir opleiding in die voorbereiding en gebruik van plofstof’ • ‘In guerrilla-oorlogvoering vir die doel van gewelddadige rewolusie en die pleeg van sabotasiedade’ • ‘om buitelandse militêre eenhede te help wanneer hulle die Republiek binneval’ • ‘Op hierdie maniere op te tree om die oogmerke van kommunisme te bevorder’ • ‘geld vir hierdie doeleindes te ontvang van simpatiseerders in Algerië, Ethiopië, Liberië, Nigerië, Tunisië en elders’ (Enige 2 x 1) (2) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Sou lei tot die einde van apartheid • Sal uiteindelik lei tot ʼn nie-rassige demokratiese Suid-Afrika • Stryd vir vryheid het nie geëindig nie, maar verskerp • Ander organisasies is gestig wat apartheid teëgestaan het • Internasionale druk op Suid-Afrika het toegeneem • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Mandela wou hê dat alle Suid-Afrikaners gelyk behandel moet word • Hy was ten gunste van demokrasie • Dui aan dat Mandela ʼn vryheidsvegter was • Hy was bereid om vir sy oortuigings te sterf aangesien die doodstraf steeds wettig was in Suid-Afrika • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 17 3.3.4 [Bepaal die betroubaarheid van bewyse uit Bron 3B – V3] Hierdie bron is BETROUBAAR omdat: • Primêre bron – dus eerstehandse inligting • Die toespraak kan met ander bronne geverifieer word • Is geneem uit die oorspronklike opnames wat in die hof gemaak is • As ʼn swart Suid-Afrikaner het hy die onderdrukking van apartheid ervaar en aanskou • Hy het ʼn leiersfiguur in die stryd om vryheid geword • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Om te wys hulle was teen die apartheidsbeleid • Die Trialist (aangeklaagdes) moet nie verhoor word nie, maar die apartheidsregering vir hul misdade teen die mensdom • Die feit dat hulle aangekla was omdat hulle vir demokrasie vir alle Suid-Afrikaners geveg het • Hulle het dieselfde idees ondersteun as die aangeklaagdes • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • ‘Vonnis of geen vonnis ons staan by ons leiers’ • ‘Ons is trots op ons leiers’ (2 x 1) (2) 3.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Die regering het ʼn noodtoestand afgekondig en duisende mense is aangehou (Bron 3A) • Die ANC en PAC is verban (Bron 3A) • Verskerpte staatsonderdrukking (Bron 3A) • Beide PAC en ANC het militêre vleuels gevorm en ʼn gewapende stryd begin (Bron 3A) • MK het tuisgemaakte toestelle gebruik om openbare fasiliteite te bombardeer en te beskadig (Bron 3A) • Die polisie het ʼn informant gebruik om MK te infiltreer (Bron 3B) • Die SAKP en MK Hoëkommando het Liliesplaas gekoop as ʼn wegkruipplek vir verbode aktiviste (Bron 3B) • Die groep is by Lilieslief gearresteer met dokumente wat hulle inkrimineer (Bron 3B) • Gelei tot die Rivonia-verhoor (Bron 3C en Bron 3D) • Die mense het die Rivonia-aangeklaagdes ondersteun (Bron 3D) • Die internasionale gemeenskappe het sanksies teen Suid-Afrika ingestel (eie kennis) • Suid-Afrikaanse sportkodes is nie toegelaat om in die Wêreldbeker te speel nie (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
18 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) Gebruik die volgende rubriek om hierdie paragraaf te assesseer. • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor wat die impak van intensiewe weerstand teen die VLAK 1 apartheidsregering in Suid-Afrika Marks: 0–2 gedurende die 1960’s was. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragaaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor wat die impak van intensiewe VLAK 2 weerstand teen die apartheidsregering in Marks: 3–4 Suid-Afrika gedurende die 1960’s was. • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor wat die impak van intensiewe weerstand teen die apartheidsregering in Suid-Afrika VLAK 3 Marks: 5–6 gedurende die 1960’s was. • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 19 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: SWART NASIONALISME [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate die terugkeer van soldate uit die Tweede Wêreldoorlog swart Suid-Afrikaners beïnvloed het om vir vryheid te veg. Kandidate moet hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem deur te verduidelik tot watter mate die terugkerende soldate uit die Tweede Wêreldoorlog swart Suid-Afrikaners beïnvloed het om vir vryheid te veg. Hulle moet aandui hoe hulle hul argument sal ondersteun. UITBREIDING • Swart Suid-Afrikaners is deur baie faktore beïnvloed om ʼn behoefte vir eenheid te sien • Swart Suid-Afrikaners het ʼn rol gespeel in die TWO teen Duitsland • Swartes is nie toegelaat om gewere te dra nie • Ten spyte daarvan dat swartes gewerk het as bestuurders en slootgrawers, het hulle na Suid-Afrika teruggekom met die idees van demokrasie • TWO het gelei tot ʼn ekonomiese opbloei wat gelei het tot ʼn massiewe uitbreiding van die stedelike arbeidsmag • Die aantal swart arbeiders het toegeneem namate hulle baie blankes vervang het wat oorlog toe gegaan het • Verstedeliking het beduidende implikasies vir Afrika-nasionalisme gehad • Brittanje en die VSA teken die Atlantiese Handves • Belofte om die regte van alle mense op selfbeskikking te respekteer • Het gelei tot die stigting van VN en NAVO • VN verbind tot die verklaring van regte van alle burgers • Xuma het die handves van regte gebruik om te veg vir swart eise • Nuwe President van die ANC, Dr Alfred Xuma, het die Atlantiese Handves ontleed, veral die klousules wat op Afrika van toepassing was • 1943 het die ANC Xuma se dokument, African Claims in South Africa aanvaar • Dit het ʼn Handves van Regte ingesluit, wat gevra het dat rassediskriminasie beëindig moet word en dat die franchise na alle volwassenes uitgebrei moet word, ongeag ras • Dit het die regverdige verdeling van grond, vryheid van handel vir Afrikane, die reg op gelyke en gratis onderwys vir alle swartkinders, gelyke gesondheidsfasiliteite en die afskaffing van alle diskriminerende arbeidspraktyke geëis • Terugkerende soldate vanaf die oorlog het Suid-Afrikaners beïnvloed om vir hul regte te veg • Swart Suid-Afrikaners is geïnspireer met die idees van vryheid en demokrasie • Hierdie idees het ontstaan as gevolg van hul interaksie met soldate uit die buiteland Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
20 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) • Die begeerte na vryheid het aanleiding gegee tot ʼn groei in swart nasionalisme • 20 000 swart Suid-Afrikaanse soldate wat gesamentlik deur die ANC, CPSA en die Vakbondbeweging georganiseer is, het na die einde van die Tweede Wêreldoorlog aan die oorwinningsoptog deelgeneem • Diskriminasie teen swart soldate het ná die oorlog voortgeduur, aangesien terugkerende wit soldate elk 5 pond en 25 pond kleretoelaag ontvang het, terwyl swart Suid-Afrikaanse soldate 2 pond kontant en ʼn kakiepak ter waarde van 2 pond ontvang het. • Jeug binne die ANC het ongeduldig geraak met die konserwatisme van die ANC en die stadige vordering in die verkryging van vryheid en demokrasie • Jong lede van die ANC het meer militant geword en die ANC-jeugliga gestig • ANC Jeugliga het ander metodes gebruik om vir demokrasie te veg • Jeugliga het die ANC daarvan beskuldig dat hy die elite verteenwoordig en nie die massas nie • ANC-nasionalisme is ‘Charterism’ genoem • ANC het vanaf ʼn gematigde organisasie na ʼn massabeweging van nasionale bevryding beweeg • ANC VroueLiga is in 1943 gestig met Madie Hall-Xuma as die president • Sommige lede van die ANC was ongelukkig oor die samewerking met ander nasionale groepe • Hulle voel dat Lembede se visie van swart nasionalisme afgeskeep word • Hulle maak beswaar oor die invloed van kommunisme omdat hulle Marxisme as ʼn vreemde ideologie beskou het • PAC is in 1959 gestig met Robert Sobukwe as president • Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 21 VRAAG 5: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: AFRIKANER NASIONALISME [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet krities bespreek hoe die idee van die Volk bevorder is en die hoeksteen van Afrikanernasionalisme in die 1930’s tot die 1940’s geword het. Kandidate moet hul argument met relevante bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit. Inleiding: Kandidate moet ʼn kritiese standpunt inneem oor die stelling oor hoe die idee van die Volk bevorder is en die hoeksteen van Afrikaner-nasionalisme in die 1930’s tot die 1940’s geword het. Hulle moet ook aandui hoe hulle hul argument sal ondersteun. UITBREIDING • ‘Afrikaner’ beskryf as ʼn groep mense wat Afrikaans gepraat het (agtergrond) • Afrikaners het as groep ontwikkel na integrasie van verskeie Europese nasionaliteite aan die Kaap (agtergrond) • Afrikaners het hulself gesien as ʼn volk wat deur God uitverkies is • Die idee van ʼn volk het die hoeksteen van Afrikanernasionalisme geword • Nasionaliste was vasbeslote om die volk teen oorheersing deur ander etniese en taalgroepe te beskerm • Afrikaner-identiteit moes ten alle koste bewaar word • Afrikaners moes as ʼn nasie verenig bly • Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Christelike Nasionale Onderwys (CNE) was die bewaarders van Afrikanererfenis • Onderwys en godsdiens het Afrikanerdenke gelei en hul taal en kultuur lewendig gehou • Kinders sou moedertaalonderrig ontvang • Opvoeding skep eenheid van die Volk as ʼn ras • Afrikaner Volk-ideologie beoog om Afrikaners op die basis van ras en taal te verenig • Die rol van die Broederbond en die FAK om die voortbestaan van die Afrikaanse taal en kultuur te verseker • Broederbond bevorder Afrikanernasionalisme en voorkom die uitbuiting van Afrikanerwerkers • Nasionale pers-gepubliseer • Afrikaner nasionalistiese koerante, Die Burger en die Transvaler • Eeufeesviering van Die Groot Trek het Afrikanereenheid en trots in hul kultuur bevorder • Eerste Afikaner bouvereniging genaamd Saambou • Afrikanerbesighede bevorder – Naspers, Die Burger, Santam, Sanlam, Volkskas bank • Redddingsdaadbond het verseker dat Afrikanerbesighede deur Afrikaners ondersteun word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
22 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) • 1932 – Carnegie Kommissie van ondersoek kyk na armblankvraagstuk • Armblankeprobleem opgelos deur werk te skep by die spoorweg en hawens • Rol van vroue • Nasionale Party het na vore getree as ʼn dominante politieke mag in die bevordering van Afrikaner-nasionalisme • NP het die eis vir ‘apartheid’ as die sentrale slagspreuk in hul veldtog voorgehou • Blanke oppergesag moes ten alle koste gehandhaaf word • Nasionaliste het die blankes bang gemaak met die idee van ʼn ‘swart gevaar’ • Afrikanernasionalistiese beleid het ʼn beroep gedoen op wit boere wat teen die beweging van Afrikane na stede was • Die NP het kiesers belowe dat hul werk beskerm sal word deur die toepassing van die werkreserwewette • Afrikanervakbonde gevorm om die belange van Afrikanerwerkers te beskerm • Die Tweede Wêreldoorlog het ʼn groot impak op Afrikanernasionalisme • Die 1948 verkiesing – aanloop en nasleep • Afrikaanssprekende Afrikaners het die NP in die 1948-verkiesing aan bewind gestem • Die NP-leier, Dr Malan, het die nuwe Eerste Minister geword • Apartheidswetgewing is ingestel • Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante slot. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 23 VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet standpunt inneem deur aan te dui of hulle saamstem of nie saamstem dat die Nasionale Party-regering se apartheidsbeleide weerstand van bevrydingsorganisasies ontlok het. Kandidate moet relevante historiese bewyse gebruik om hul argument te ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en aandui of hulle saamstem of nie saamstem dat die Nasionale Party-regering se apartheidsbeleide weerstand van bevrydingsorganisasies ontlok het. Kandidate moet aandui hoe hulle hul argument sal ondersteun. UITBREIDING • ANC se Program van Aksie • ANC word meer militant toe die ANC Jeugliga gevorm is • Gebruik boikotte, burgerlike ongehoorsaamheid en opstande as middel van verset • Meidag wegbly-aksie • Werkers wys hul ontevredenheid • Versetveldtog • 1952 – breek wette doelbewus – betree ‘slegs blankes’ fasiliteite • Verbrand passe in die openbaar • Het geweier om boetes te betaal en wou hê dat tronke oorvol word • Gehoop dat die apartheidstelsel sou verbrokkel • Sommige vermoor en gearresteer • Kongresalliansie • Konferensie gehou van alle rassegroepe om ʼn grondwet op te stel • Vryheidsmanifes • Ontmoet te Kliptown op 25 en 26 Junie 1955 • Stel ʼn dokument op wat die aspirasies van alle Suid-Afrikaners verteenwoordig • Het die bloudruk vir die nuwe grondwet van Suid-Afrika geword • Vroue-optog na Pretoria (9 Augustus 1956) in protes teen die instelling van paswette vir vroue • Vroue gedwing om passe te dra • 20 000 vroue van alle rasse het na die Uniegebou opgeruk • Leiers van die optog – Lilian Ngoyi, Rahima Moosa, Sophie Williams en Helen Joseph • Hulle het ʼn lied, spesiaal vir die geleentheid, geskryf wak gelui het: Strydom jy het die vrouens kwaad gemaak; jou teen ʼn muur vasgeloop • Eerste Minister, J.G. Strijdom, het geweier om die vroue te sien • Toe hulle weg is – is Nkosi Sikeleli Afica gesing • Hoogverraad • Verset teen apartheid het tot die arrestasie van lede van die Kongres Alliansie gelei Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
24 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2024) • Gearresteer vir poging om die regering omver te werp • In 1956 het die staat 156 aktiviste gearresteer • Verhoor het vir twee jaar in “Drill Hall” plaasgevind • Doel van die regering was om mense te intimideer en tot verswakking van weerstand te lei • Teen 1961 is alle beskuldigdes vrygelaat • Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 History

View all