Skip to content

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 11202416 pages

Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2024 GESKIEDENIS V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IHISTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraam in die KABV–dokument. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: WAT WAS DIE IMPAK VAN LENIN SE NUWE EKONOMIESE BELEID OP DIE RUSSIESE EKONOMIE? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Definieer die konsep Nuwe Ekonomiese Beleid in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.2 Lys uit die bron, TWEE redes vir die bekendstelling van die Nuwe Ekonomiese Beleid. (2 x 1) (2) 1.1.3 Wat, volgens die bron, was die DRIE hoofveranderinge van die NEB wat die ekonomie gehelp het om te verbeter? (3 x 1) (3) 1.1.4 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom jy dink die kleinboere die NEB met graagte verwelkom het. (2 x 2) (4) 1.1.5 Lewer kommentaar op die stelling: ‘die NEB verteenwoordig ʼn tydelike terugtrekking van Rusland se vorige beleid van uiterste sentralisasie en doktrinêre sosialisme’. (1 x 2) (2) 1.2 Verwys na Bron 1B. 1.2.1 Definieer die term rekwisisie in die konteks van die Russiese ekonomie. (1 x 2) (2) 1.2.2 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word deur die stelling: “om asemhaling te bied vir die Russiese volk en ʼn ekonomie op die rand van ineenstorting na sewe jaar van oorlog.” (1 x 2) (2) 1.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die impak van die NEB in Rusland te verduidelik. (2 x 2) (4) 1.2.4 Haal uit die bron aan, die TWEE ryk klasse wat as gevolg van die NEB na vore gekom het. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2024) 1.3 Verwys na Bron 1C. 1.3.1 In watter jaar, volgens die bron, was graanproduksie die hoogste? (1 x 1) (1) 1.3.2 Haal uit die bron aan die jaar waarin steenkoolproduksie op sy laagste in Rusland was. (1 x 1) (1) 1.3.3 Watter boodskappe word in die bron oor die NEB oorgedra? (2 x 2) (4) 1.3.4 Lewer kommentaar oor die beperkings van die bron aan ʼn historikus wat die impak van die NEB in Rusland van 1921 tot 1928 navors. (1 x 2) (2) 1.4 Verwys na Bron 1D. 1.4.1 Haal bewyse uit die bron aan wat bewys dat die NEB ʼn positiewe impak op die Russiese ekonomie gehad het. (1 x 1) (1) 1.4.2 Wat, volgens die bron, was die oorspronklike plan van die NEB? (1 x 2) (2) 1.4.3 Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis en verduidelik die gevare van kapitalisme waarna Lenin verwys het. (2 x 2) (4) 1.4.4 Lewe kommentaar op wat geïmpliseer is deur die stelling: “hulle sal winste uit jou druk ...” (2 x 2) (4) 1.5 Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse in Bron 1C met betrekking tot die impak van die Nuwe Ekonomiese Beleid in Rusland ondersteun. (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak van Lenin se Nuwe Ekonomiese Beleid op die Russiese ekonomie verduidelik. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 5 VRAAG 2: HOE HET ROOSEVELT SE NUWE BEDELING GEREAGEER OP DIE EKONOMIESE UITDAGINGS WAT DEUR DIE GROOT DEPRESSIE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA GESKEP IS VANAF DIE 1930’s TOT DIE 1940’s? 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Waarom, volgens die bron, is die Nuwe Bedeling in die 1930’s in Amerika gestig? (1 x 2) (2) 2.1.2 Definieer die konsep laissez faire in die konteks van die VSA se ekonomie. (1 x 2) (2) 2.1.3 Noem DRIE agentskappe wat die Verenigde State van Amerika gebruik het om die ekonomie te verbeter. (3 x 1) (3) 2.1.4 Gebruik die bron en jou eie kennis, en verduidelik hoe die Nuwe Bedeling die VS ekonomie sal verbeter. (2 x 2) (4) 2.2 Verwys na Bron 2B. 2.2.1 Hoe, volgens die bron, het die volgende agentskappe onderskeidelik gehelp om die toestand in Amerika te verbeter? (a) PWA (b) FERA (2 x 1) (2) 2.2.2 Wat, volgens die bron, was die ander agentskappe wat in die Verenigde State van Amerika gebruik is om lyding in die ekonomie te verlig? (3 x 1) (3) 2.2.3 Definieer die konsep vergoeding in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.2.4 Lewer kommentaar oor hoe president Roosevelt probeer het om die houding van die Amerikaners tydens die Groot Depressiejare te verander. (2 x 2) (4) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Wat, volgens die bron, was die belangrike prestasies van die Nuwe Bedeling? (2 x 1) (2) 2.3.2 Wat word geïmpliseer deur die stelling: ‘depressies sou nie vanself verdwyn nie?’ (2 x 2) (4) 2.3.3 Hoekom dink jy het die VS-ekonomie wel ʼn hupstoot van die Nuwe Bedeling gekry? (2 x 2) (4) 2.3.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die Nuwe Bedeling Amerikaanse mense tydens die Groot Depressie gehelp het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2024) 2.4 Verwys na Bron 2D. 2.4.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto uitgebeeld word. (2 x 2) (4) 2.4.2 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat die sukses van die Nuwe Bedeling in die verbetering van die VS-ekonomie ondersoek. (1 x 2) (2) 2.4.3 Vergelyk Bron 2B en Bron 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse in Bron 2D met betrekking tot die suksesse van die Nuwe Bedeling in die Verenigde State van Amerika weerspreek. (1 x 2) (2) 2.5 Gebruik die inligting uit relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe Roosevelt se Nuwe Bedeling gereageer het op die ekonomiese uitdagings wat deur die Groot Depressie in die VSA in die 1930’s tot die 1940’s geskep is. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 7 VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN PSEUDO-WETENSKAPLIKE RASSETEORIEË OOR NAZI RASSEBELEID IN DIE 1930’s EN 1940’s? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Definieer die begrip Ariës in die konteks van Duitsland. (1 x 2) (2) 3.1.2 Haal DRIE groepe mense uit die bron aan wat deur die Nazi- rassebeleid geteiken is. (3 x 1) (3) 3.1.3 Hoe, volgens die bron, sou Duitsland diegene wat geteiken sou word, verifieer? (1 x 2) (2) 3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom Duitsers so bekommerd oor die nie-Ariëse kwessie was. (2 x 2) (4) 3.1.5 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word deur die stelling: “om die geskiktheid van potensiële gades vir lede van die SS te bepaal”. (2 x 2) (4) 3.2 Oorweeg Bron 3B. 3.2.1 Definieer die term diktatorskap in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.2.2 Hoe, volgens die bron, het die Nazi’s die langdurige droom van die eugenetici vervul? (1 x 2) (2) 3.2.3 Haal uit die bron die wetgewing aan wat sterilisasie en ander segregasie-praktyke in Duitsland in die 1930’s toegelaat het. (1 x 2) (2) 3.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die Nazi’s mense se regte met betrekking tot die sterilisasieproses misbruik het. (2 x 2) (4) 3.3 Verwys na Bron 3C. 3.3.1 Haal uit die bron die letterlike betekenis van ‘eutanasie’ aan. (1 x 1) (1) 3.3.2 Wat, volgens die bron, was die doelwitte van die eutanasieprogram in Nazi-Duitsland? (2 x 1) (2) 3.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom eutanasie nie ʼn “goeie dood” in Nazi-Duitsland was nie. (2 x 2) (4) 3.3.4 Verduidelik waarom die gesondheidsowerhede die ouers van kinders met gestremdhede aangemoedig het om hul jong kinders in een van ʼn aantal spesiaal aangewese pediatriese klinieke op te neem. (1 x 2) (2) 3.3.5 Hoekom dink jy het die Nazi’s nie die werklike doel van die privaat- klinieke aan die ouers van die kinders wat opgeneem is, bekend gemaak nie? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2024) 3.4 Oorweeg Bron 3D. 3.4.1 Hoekom, volgens die bron en jou eie kennis, is Helene vermoor? (2 x 2) (4) 3.4.2 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron aan ʼn historikus wat die impak van pseudo-wetenskaplike rassisme in Duitsland navors. (1 x 2) (2) 3.4.3 Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse in Bron 3D met betrekking tot die eutanasieprogram in Duitsland ondersteun. (1 x 2) (2) 3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak van pseudo-wetenskaplike rasseteorieë op Nazi-rassebeleide in die 1930’s en 1940’s verduidelik. (6) [50] TOTAAL AFDELING A: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940: GEVALLESTUDIE – STALIN SE VYFJAARPLANNE Joseph Stalin het die ekonomie van die Sowjetunie teen die einde van 1939 deur ʼn reeks vyfjaarplanne verbeter. Stem jy saam met hierdie stelling? Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 Bespreek krities die sosiale en ekonomiese impak van die Groot Depressie en hoe die Verenigde State van Amerika daarop gereageer het. Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE 19de EN 20ste EEUE: GEVALLESTUDIE – HITLER EN DIE JODE In watter mate het die Nazi-Duitsland die rasse-idees en eugenetika gebruik om die regte van alle ‘nie-Ariërs en ongewenstes’ in Nazi-Duitsland van 1933 tot 1945 te teiken en te skend? Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 11 History

View all