Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
GESKIEDENIS V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all




HISTORY P1 GR11 QP NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Pages
- 9
- File size
- 793.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie VRAESTEL bestaan uit SES vrae wat op die KABV-inhouds-
raamwerk gebaseer is: DRIE brongebaseerde vrae in AFDELING A en
DRIE opstelvrae in AFDELING B.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEUE
2. Bronmateriaal wat nodig is om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in
die bygaande ADDENDUM VAN BRONNE gevind word.
3. Elke vraag tel 50 punte.
4. Kandidate moet DRIE vrae beantwoord.
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag en minstens EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. Wanneer kandidate vrae beantwoord, moet hulle toepassing van kennis,
vaardighede en insig demonstreer.
7. Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate
wees.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik word.
9. Begin elke vraag op ʼn nuwe bladsy en trek ʼn lyn aan die einde van elke
vraag.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
HOE HET RUSLAND SE DEELNAME AAN DIE EERSTE WÊRELDOORLOG
TOT DIE ABDIKASIE VAN DIE TSAAR GELEI?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D om die onderstaande vrae te beantwoord.
1.1 Bestudeer Bron 1A.
1.1.1 Lys DRIE bewyse wat aandui dat Rusland swak vir die oorlog
toegerus was. (3 x 1) (3)
1.1.2 Waarom volgens die bron, het so baie soldate aan hul wonde
beswyk? (1 x 2) (2)
1.1.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om die gevolge van Rusland se
deelname aan die Eerste Wêreldoorlog te verduidelik. (2 x 2) (4)
1.1.4 Hoe dink jy, het hierdie swak voorbereiding die soldate
geaffekteer? (2 x 2) (4)
1.2 Verwys na Bron 1B.
1.2.1 Gebruik jou eie kennis om die naam van die Tsarina te identifiseer.
(1 x 1) (1)
1.2.2 Wie, volgens die bron, het ʼn groot invloed op die Tsarina gehad?
(1 x 1) (1)
1.2.3 Definieer die konsep ‘Duma’ binne die konteks van die Russiese
Rewolusie. (1 x 2) (2)
1.2.4 Waarom, dink jy, het die Tsarina vir Goremykin vervang? (2 x 2) (4)
1.2.5 Lewer kommentaar op die stelling: ‘Die amptelike regering van die
Russiese Ryk was nou heeltemal in die hande van die Tsarina en
haar adviseurs.’ (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2018)
1.3 Lees Bron 1C.
1.3.1 Wie volgens die bron,het die beheer van die Russiese regering
oorgeneem nadat die Tsaar geabdikeer het? (1 x 1) (1)
1.3.2 Identifiseer TWEE onderdrukkende maatreëls wat die Voorlopige
Regering aangeneem het om die mense se eise te onderdruk.
(2 x 1) (2)
1.3.3 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die Voorlopige
Regering nie in staat was om aan die eise van die mense te
voldoen nie. (2 x 1) (2)
1.3.4 Verduidelik hoe die ‘ondoeltreffende hervormings’ van die
Voorlopige Regering uiteindelik die weg vir Lenin se staatsgreep
sou baan. (2 x 2) (4)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Watter boodskap wil die spotprenttekenaar oor die die Tsaar se
verhouding met Rasputin oordra? (1 x 2) (2)
1.4.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om Rasputin se bydrae tot die
ineenstorting van Tsarisme in Rusland te verduidelik. (2 x 2) (4)
1.4.3 Vergelyk Bronne 1B en 1D. Hoe ondersteun die inligting in
Bron 1B die bewyse in Bron 1D met betrekking tot die invloed van
Rasputin op Tsarisme in Rusland? (2 x 2) (4)
1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde)
waarin jy verduidelik hoe Rusland se deelname aan die Eerste
Wêreldoorlog tot die abdikasie van die Tsaar gelei het. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 5
VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE GROOT DEPRESSIE?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.
2.1 Gebruik Bron 2A.
2.1.1 Waarom volgens die bron, het die Amerikaanse regering die
Fordney-McCumber Wet aangeneem? (3 x 1) (3)
2.1.2 Lys enige DRIE produkte wat as gevolg van die hoë invoerbelasting
duur geword het. (3 x 1) (3)
2.1.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om die impak wat dié Wet op die
ekonomie van Europese magte gehad het, te verduidelik. (1 x 2) (2)
2.1.4 Waarom dink jy was die Europese Moondhede oorlogskuld aan die
VSA verskuldig? (1 x 2) (2)
2.1.5 Verduidelik hoe die Fordney-McCumber Wet tot die Groot Depressie
bygedra het. (1 x 2) (2)
2.2 Verwys na Bron 2B.
2.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop aandui dat die VSA ʼn hoë
lewensstandaard gehad het in vergelyking met ander lande in die
wêreld. (1 x 2) (2)
2.2.2 Lys TWEE elektriese toebehore wat baie gewild in die VSA in die
1920’s geraak het. (2 x 1) (2)
2.2.3 Met verwysing na die woord AUTOMOBIEL, watter motor is in die
VSA in die 1920’s vervaardig? (1 x 2) (2)
2.2.4 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die
produksie van motors die Amerikaanse ekonomie in die 1920’s
gestimuleer het. (2 x 2) (4)
2.2.5 Lewer kommentaar op waarom die periode van voorspoed ‘nie vir
ewig sou voortduur nie’. (2 x 2) (4)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Waarom, volgens die bron, het die prys van aandele in die 1920’s
toegeneem? (1 x 1) (1)
2.3.2 Noem EEN nywerheidsmaatskappy wat goeie opbrengste op hul
aandele gekry het. (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2018)
2.3.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe mense geld
gemaak het deur in aandele te belê. (2 x 2) (4)
2.3.4 Verduidelik waarom oorspekulasie tot die ineenstorting van die Wall
Street-aandelebeurs gelei het. (2 x 2) (4)
2.4 Gebruik Bron 2D.
2. 4 1 Wat kan jy leer oor die impak van die Groot Depressie op die
Amerikaanse bevolking? (2 x 2) (4)
2.4.2 Vergelyk Bronne 2B en 2D. Hoe weerspreek die inligting in Bron 2B
die bewyse in Bron 2D met betrekking tot die Amerikaanse manier
van lewe? (2 x 2) (4)
2.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde)
waarin jy die oorsake van die Groot Depressie verduidelik. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU.
WATTER MAATREËLS HET HITLER GEÏMPLEMENTEER OM DIE JODE TE
VERVOLG?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.
3.1 Bestudeer Bron 3A.
3.1.1 Wat, volgens die bron, was die voorvereiste vir die bestaan van die
Duitse volk? (1 x 1) (1)
3.1.2 Gebruik jou eie kennis om die begrip ‘anti-Semitisme’ te definieer.
(1 x 2) (2)
3.1.3 Beskryf TWEE maniere waarop die Duitse bloed suiwer gehou kon
word. (2 x 1) (2)
3.1.4 Gebruik jou eie kennis om te verduidelik hoe die Nuremburg Wette
die Jode in Duitsland geaffekteer het. (2 x 2) (4)
3.1.5 Wat dink jy was die impak van die Nuremburg Wette op Jode?
(2 x 2) (4)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Wat, volgens die bron, het die aanval op die Joodse winkels op
10 November 1938 veroorsaak? (1 x 2) (2)
3.2.2 Noem DRIE teikens van die Nazi-aanvalle op die Jode. (3 x 1) (3)
3.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Hitler
die Jode gehaat het. (2 x 2) (4)
3.2.4 Waarom dink jy staan hierdie gebeurtenis as die Kristallnacht (Nag
van Gebroke Glas) bekend? (1 x 2) (2)
3.2.5 Wat was die impak van Kristallnacht op die Jode wat in Duitsland
gewoon het? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2018)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik die begrip uitwissing binne die konteks van die
vervolging van Jode. (1 x 2) (2)
3.3.2 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat nie net Joodse mans
in die gaskamers vermoor was nie. (2 x 1) (2)
3.3.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om Hitler se Finale Oplossing te
verduidelik. (2 x 2) (4)
3.3.4 Lewer kommentaar op die vrou se stelling aan die soldaat: “Het jy
geen hart nie?” (2 x 2) (4)
3.3.5 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat
die Finale Oplossing navors. (1 x 2) (2)
3.4 Raadpleeg Bron 3D.
3.4.1 Vergelyk Bronne 3C en 3D. Hoe ondersteun die inligting in
Bron 3C die bewyse in Bron 3D ten opsigte van die Finale
Oplossing? (1 x 2) (2)
3.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde)
waarin jy die maatreëls wat Hitler geïmplementeer het om die Jode te
vervolg, verduidelik. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
afdeling.
VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
‘Die hoofdoel van die Vyfjaarplanne was om Rusland in ʼn magtige nywerheids-
staat te omskep.’
Stem jy saam met die bostaande stelling? Motiveer jou antwoord met relevante
historiese bewyse. [50]
VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
‘In 1933 het Roosevelt die Nuwe Bedeling geloods – ʼn reeks maatreëls om die
Amerikaanse ekonomie te red.’
Bespreek die geldigheid van hierdie stelling deur na die impak van die Nuwe
Bedeling op die ekonomie van die VSA te verwys. [50]
VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU.
‘Die Australiërs het geglo dat die Inheemse bevolking (Aborigines) biologies
minderwaardig was en gevolglik nie as mense behandel moes word nie.’
Tot watter mate is hierdie stelling akkuraat met betrekking tot die behandeling van
die Inheemse bevolking (Aborigines) deur die Australiese regering? [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
HISTORY P2 QP GR11 NOV 2025 AFR_watermark.pdf

Question paper
HISTORY P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D_watermark.pdf

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 QP GR11 NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2017_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2018_Af D_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HISTORY P2 GR11 QP NOV2018_Eng D_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 History
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023-24.pdf

Memorandum
GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR_watermark.pdf
Memorandum