Skip to content

History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 11201816 pages

Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IHISTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument. 2. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – AFRIKANER- NASIONALISME VRAAG 2: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE VRAAG 3: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – SWART NASIONALISME VRAAG 5: NASIONALISME IN AFRIKA – GHANA VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s 3. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gevind word. 4. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 5. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 5.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 5.2 Die DERDE vraag kan óf brongebaseerde of ʼn opstelvraag wees. 6. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 7. Wanneer vrae beantwoord word, moet kandidate hulle kennis, vaardighede en insig toepas. 8. ʼn Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. 9. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer word met behulp van dieselfde nommeringstelsel as wat in die vraestel gebruik word. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag vanuit hierdie afdeling maar nie meer as TWEE vrae nie. VRAAG 1: HOE WAS AFRIKANER NASIONALISME IN SUID-AFRIKA GEVESTIG TUSSEN 1910 EN 1948? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D om die volgende vrae te beantwoord. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Wat, volgens die bron, was die twee hoofprobleme wat Afrikaners in die stedelike sentrums ervaar het? (2 x 1) (2) 1.1.2 Haal bewyse aan uit die bron wat daarop dui dat die Afrikaners nie net oor hul taal bekommerd was nie. (1 x 1) (1) 1.1.3 Waarom dink jy was Afrikaners so bang vir Anglisasie? (2 x 2) (4) 1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die Afrikaners te werk gegaan het om die oorlewing van hul taal te verseker. (2 x 2) (4) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Identifiseer TWEE maniere waarop die Afrikaners rasse- verhoudinge in Suid-Afrika wou aanspreek. (2 x 1) (2) 1.2.2 Lewer kommentaar op hoe die boere en die sakemense van die Afrikaner werkers ten opsigte van die oplossing vir die rasse- probleem verskil het. (2 x 2) (4) 1.2.3 Verduidelik waarom jy dink Afrikaner werkers groter beskerming teen Swart kompetisie wou hê. (2 x 2) (4) 1.2.4 Gebruik jou eie kennis om die betekenis van die stelling ‘bloudruk vir volledige ekonomiese en politieke segregasie’ te verduidelik. (1 x 2) (2) 1.3 Raadpleeg Bron 1C. 1.3.1 Watter organisasie het die platform vir die ekonomiese koördinering van Afrikanerhulpbronne gelê? (1 x 1) (1) 1.3.2 Definieer die konsep ‘Afrikanerkapitalisme/volkskapitalisme’ in die konteks van Afrikaner-nasionalisme. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2018) 1.3.3 Lys VIER maniere waarop Afrikaners aangemoedig was om tot die skepping van Afrikanerkapitalisme (volkskapitalisme) by te dra. (4 x 1) (4) 1.3.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat die ontstaan van volkskapitalisme navors. (2 x 2) (4) 1.4 Lees Bron 1D. 1.4.1 Definieer die konsep ‘Broederbond’ in die konteks van Afrikaner- nasionalisme. (1 x 2) (2) 1.4.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om die doelwitte van die Broederbond te verduidelik. (2 x 2) (4) 1.4.3 Tot watter mate was die Broederbond suksesvol in die verwesenliking van hul doelwitte? (2 x 2) (4) 1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (60 woorde) waarin jy verduidelik hoe Afrikaner-nasionalisme in Suid-Afrika tussen 1910 en 1948 gevestig was. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: HOE HET DIE SESDAAGSE OORLOG VAN 1967 TOT DIE SPANNING IN DIE MIDDE-OOSTE BYGEDRA? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Volgens die bron, noem die organisasie wat vir die behoud van vrede in die Midde-Ooste verantwoordelik was. (1 x 1) (1) 2.1.2 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat beide die Israeli’s en Arabiere gereed vir oorlog was. (2 x 1) (2) 2.1.3 Noem DRIE onmiddellike oorsake van die Sesdaagse Oorlog. (3 x 1) (3) 2.1.4 Waarom dink jy was Israel voortdurend deur die Arabiere bedreig? (2 x 2) (4) 2.1.5 Verduidelik tot watter mate die Verenigde Nasies suksesvol in die oplossing van die ‘Palestynse kwessie’ was. (2 x 2) (4) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Identifiseer die TWEE groot lande wat in die Sesdaagse Oorlog geveg het. (2 x 1) (2) 2.2.2 Watter land het die Sesdaagse Oorlog begin? (1 x 1) (1) 2.2.3 Noem die DRIE gebiede wat Israel na die Sesdaagse Oorlog beset het. (3 x 1) (3) 2.2.4 Waarom, dink jy, was Israel so suksesvol om die Arabiere binne ses dae te verslaan? (2 x 2) (4) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Watter boodskap word deur die foto met betrekking tot die gevolge van die Sesdaagse Oorlog oorgedra? (1 x 2) (2) 2.3.2 Vergelyk Bronne 2B en 2D. Hoe ondersteun die inligting in Bron 2B die bewyse in Bron 2D ten opsigte van die gevolge van die Sesdaagse Oorlog? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2018) 2.4 Bestudeer Bron 2D. 2.4.1 Wat was die naam van die vredesresolusie wat aan die Sesdaagse Oorlog gegee was? (1 x 2) (2) 2.4.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe Israel deur hierdie vredesresolusie beskerm was. (2 x 2) (4) 2.4.3 Deur te verwys na punt 2 van die resolusie, verduidelik die belangrikheid van die woord ‘grense’ in die konteks van die Arabiese-Israeli konflik. (2 x 2) (4) 2.4.4 Lewer kommentaar op die Verenigde Nasies se stelling dat Israel daaraan moet werk om ‘ ʼn regverdige beskikking vir die vlugtelinge- probleem te bereik.’ (2 x 2) (4) 2.4.5 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat die rol van die Verenigde Nasies in die oplossing van die Sesdaagse Oorlog navors. (1 x 2) (2) 2.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Sesdaagse Oorlog van 1967 tot spanning in die Midde-Ooste bygedra het. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 7 VRAAG 3: HOE HET DIE BANTOE-ONDERWYSWET VAN 1953 DIE LEWENS VAN SWART STUDENTE IN SUID-AFRIKA IN DIE 1950’s VERANDER? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Wie, volgens die bron, was die Minister van Naturellesake van die Nasionale Party in 1953? (1 x 1) (1) 3.1.2 Hoe, volgens die bron, het Verwoerd Swart-onderwys onder staatsbeheer gebring? (3 x 1) (3) 3.1.3 Waarom dink jy het Verwoerd swart-onderwys onder staatsbeheer geplaas? (2 x 2) (4) 3.1.4 Verduidelik die betekenis van Verwoerd se stelling dat ‘die swart skool die Bantoe moet toerus om te voldoen aan die eise wat die ekonomiese lewe op hom sou oplê’. (2 x 2) (4) 3.2 Raadpleeg Bron 3B. 3.2.1 Watter skole, volgens die inligting in die bron, het ʼn belangrike rol gespeel om Swartes ʼn ordentlike onderwys voor apartheid te gee? (1 x 2) (2) 3.2.2 Noem TWEE uitstaande individue wat by die sendingskole gegradueer het. (2 x 1) (2) 3.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die regering teen sendingskole was. (2 x 2) (4) 3.2.4 Watter wet, volgens die bron, het in 1953 moedertaalonderrig vir swart kinders ingestel? (1 x 2) (2) 3.2.5 Lewer kommentaar op waarom swart kinders ʼn ander leerplan as dié van blankes geleer het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2018) 3.3 Lees Bron 3C. 3.3.1 Wat was volgens die bron die hoofdoel van die Uitbreiding van die Universiteitswet van 1959? (1 x 2) (2) 3.3.2 Lys TWEE universiteite wat voorsiening vir Afrikaanssprekende blankes gemaak het. (1 x 2) (2) 3.3.3 Waarom dink jy het die apartheidsregering die Uitbreiding van die Universiteite Wet van 1959 geïmplementeer? (1 x 2) (2) 3.3.4 Wat word bedoel met die stelling ‘... maar het ʼn streng kleurskeidslyn in sosiale en sportgebeurtenisse toegepas’? (2 x 2) (4) 3.4 Raadpleeg Bron 3D. 3.4.1 Wat kan jy leer oor die toestande van swart-onderwys soos in die bron uitgebeeld? (2 x 2) (4) 3.4.2 Vergelyk Bronne 3A en 3D. Hoe ondersteun die inligting in Bron 3A die bewyse in Bron 3D met betrekking tot die doelstellings van Bantoe-onderwys? (2 x 2) (4) 3.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (60 woorde) waarin jy die verandering wat die Bantoe-Onderwyswet van 1951 op swart studente in Suid-Afrika in die 1950’s gehad het, verduidelik. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN, maar nie meer as TWEE vrae vanuit hierdie afdeling. VRAAG 4: SWART NASIONALISME Bespreek krities die verskillende faktore wat gelei het tot die opkoms van Swart Nasionalisme in Suid-Afrika vanaf die tydperk 1900 tot 1953. [50] VRAAG 5: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE ‘Die invloed van die Tweede Wêreldoorlog het gelei tot ʼn massiewe toename in politieke aktivisme en die daaropvolgende onafhanklikheid van Ghana.’ Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante historiese bewyse. [50] VRAAG 6: WEERSTAND IN SUID-AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s ‘Die Sharpeville-slagting kan gesien word as die begin van die gewapende stryd teen die onderdrukkende wette van die apartheidsstaat.’ Verduidelik tot watter mate hierdie stelling akkuraat is deur na die aard van die weerstand in die 1960’s te verwys. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

More from Grade 11 History

View all