Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
GESKIEDENIS V1
ADDENDUM
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie addendum bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Addendum
Grade 11 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Addendum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape November 2018
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper (2)Addendum · EngAddendum · AfrAddendum · Afr (2)AddendumAddendum (2)Memo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · Eng (3)Question paper · Eng (4)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paper · Afr (3)Question paper · Afr (4)
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
HOE HET RUSLAND SE DEELNAME AAN DIE EERSTE WÊRELDOORLOG
TOT DIE ABDIKASIE VAN DIE TSAAR GELEI?
BRON 1A
Hierdie bron handel oor Rusland se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog.
Duisende Russiese troepe was na die oorlogsfront gestuur sonder behoorlike
toerusting. Hulle het alles ontbreek: wapens, ammunisie, stewels en beddegoed.
Soveel as ʼn derde van die Russiese soldate was nie met ʼn geweer toegerus nie.
Aan die einde van 1914 het Rusland se hoofkwartier berig dat 100 000 nuwe
gewere elke maand nodig was, maar dat Russiese fabrieke in staat was om minder
as die helfte van hierdie getal te vervaardig (42 000 per maand). Die soldate was
egter goed bewapen met gebede, aangesien Russies-Ortodokse biskoppe en
priesters ywerig gewerk het om diegene wat gereed was om te veg, te seën deur
hulle ryklik te besproei met heilige water uit ʼn emmer ...
Teen Desember 1914 het die Russiese leër 6,553,000 mans gehad. Hulle het egter
net 4,652,000 gewere gehad. Onopgeleide troepe was opgeroep om te veg sonder
voldoende wapens of ammunisie. En omdat die Russiese leër vir elke 10 000 mans
sowat een chirurg gehad het, het baie gewonde soldate aan wonde gesterf wat
andersins op die Westelike Front behandel sou gewees het. Met mediese
personeel wat versprei was oor ʼn 500 myl front, was die waarskynlikheid van enige
Russiese soldaat wat mediese behandeling moes ontvang, byna nul.
[Vanuit Alan Woods, Tsarist Russia and the War]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Hierdie bron verduidelik die verhouding tussen Rasputin en die Tsarina en die
impak wat dit op Rusland gehad het.
Die Tsarina se blinde geloof in Rasputin het haar gelei om sy raad te soek, nie net
in persoonlike aangeleenthede nie, maar ook op staatsbeleidsvraagstukke.
Generaal Alekseyev, wat deur Nicholas II in hoë aansien gehou is, het probeer om
met die Tsarina oor Rasputin te praat, maar het net daarin geslaag om ʼn
onversoenbare vyand van haar te maak. Generaal Alekseyev het my later vertel
van sy groot bekommernis toe hy uitvind dat ʼn geheime kaart van militêre
operasies sy weg na die Tsarina se hande gevind het. Maar soos baie ander was
hy magteloos om enige aksie te neem.
Op 19 Januarie was Goremykin vervang deur Sturmer, ʼn ekstreme reaksionêr wat
die idee van enige vorm van gewilde verteenwoordiging of plaaslike selfregering
gehaat het. Nog belangriker, het hy ongetwyfeld geglo in die behoefte aan 'n
onmiddellike staking van die oorlog met Duitsland.
Gedurende sy eerste paar maande in die kantoor was Sturmer ook Minister van
Binnelandse Sake, maar die pos van Minister van Buitelandse Sake was nog
steeds deur Sazonov gehou, wat sterk ten gunste was om die alliansie met
Brittanje en Frankryk te eerbiedig en die oorlog tot die bitter einde te voer; wat ook
die Kabinet se verpligting erken het om ʼn beleid te volg in ooreenstemming met
die sentimente van die meerderheid in die Doema.
Op 9 Augustus was Sazonov egter skielik ontslaan. Sy portefeulje was deur
Sturmer oorgeneem en op 16 September is Protopopov as Minister van
Binnelandse Sake aangestel. Die amptelike regering van die Russiese Ryk was
nou heeltemal in die hande van die Tsarina en haar adviseurs.
[Vanui: Russia and History’s Turning Point]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018)
BRON 1C
Hierdie bron verduidelik die rol van die Voorlopige Regering na die abdikasie van
die Tsaar.
Die beleid van die Voorlopige Regering het afgewissel tussen ondoeltreffende
hervormings en streng onderdrukkende maatreëls. ʼn Edik van die Sosialistiese
Minister van Arbeid het al die Werkerskomitees beveel om voortaan eers na
werksure te ontmoet. Onder die troepe op die oorlogsfront was ‘agitators’
(oproepmakers) van die opposisie politieke partye gearresteer, radikale koerante
gesluit en die doodstraf toegepas – tot revolusionêre propagandiste. Pogings was
aangewend om die Rooiwag te ontwapen. Kosakke moes orde in die provinsies
handhaaf.
In September 1917 het sake ʼn krisis bereik. Teen die oorweldigende sentiment van
die land het Kerensky en die ‘gematigde’ sosialiste daarin geslaag om ʼn koalisie-
regering met die grondbesittende klas te stig; en as gevolg hiervan het die
Mensjewiste en Sosialistiese Revolusionêre die vertroue van die volk vir ewig
verloor.
Week na week het voedsel skaars geword. Die daaglikse toelae van brood het van
ʼn pond en ʼn half tot ʼn pond geval, toe drie-kwart-, half- en ʼn kwart-pond. Teen die
einde was daar ʼn week sonder enige brood. ʼn Persoon was net geregtig op suiker
van twee pond per maand – as mens dit kon kry, wat selde was. ʼn Blok sjokolade
of ʼn pond smaaklose lekkergoed kos sowat sewe tot tien roebels – ten minste ʼn
dollar. Vir melk en brood en suiker en tabak moes ʼn mens in die ry staan. Toe ek
terugkom vanaf ʼn hele nag-vergadering het ek die stert (agterkant) sien vorm voor
dagbreek, meestal vroue, sommige met babas in hul arms.
[Vanuit John Reed, Ten Days That Shook the World]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Hierdie bron beeld die invloed van Rasputin oor die Tsaardom uit.
[Angepas vanuit http://sfr-21.org/war-communism.html. Toegang op 05 April 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE GROOT DEPRESSIE?
BRON 2A
Hierdie bron verduidelik die redes en die impak van die Fordney-McCumber Wet.
Die Fordney-McCumber Wet het tariewe verhoog tot hoër vlakke as voorheen in
die Amerikaanse geskiedenis in ʼn poging om die na-oorlogse ekonomie te
versterk, nuwe oorlogsbedrywe te beskerm en boere te help. Belasting op
breekgoed (‘chinaware’), ystergerei, tekstiele, suiker en relings is herstel na die
hoë vlakke van 1907 en stygings van 60 tot 400 persent is op kleurstowwe,
chemikalieë, kant- en rayontekstiele en hardeware vasgestel. Tariewe op ʼn
verskeidenheid landbouprodukte was verhoog. Alhoewel die tariewe die groei van
monopolie in die Verenigde State aangemoedig het, het hulle dit ook vir die
Europese magte moeilik gemaak om genoeg dollars te verdien om oorlogskuld te
betaal. Ander nasies het gereageer deur hul tariewe te verhoog en sodoende die
uitvoere van die Verenigde State te beperk en die mark te beperk. Hierdie faktore
het gehelp om die swakhede te skep wat die Depressie veroorsaak het.
[Vanuit Neil Wynn, The A to Z from the Great War to the Great Depression]
BRON 2B
Hierdie bron verduidelik die periode van welvaart wat in Amerika plaasgevind het
in die 1920’s.
In Amerika word die daaglikse lewe van die meerderheid op ʼn skaal gestel wat
gereserveer is vir die bevoorregte klasse enige ander plek. Die gebruik van die
telefoon, byvoorbeeld, is baie wydverspreid. In 1925 was daar 15 intekenare vir
elke 100 inwoners in vergelyking met 2 in Europa en sowat 49 000 000 gesprekke
per dag. Die draadloos (radio) is vinnig besig om ʼn soortgelyke posisie vir homself
te wen, want selfs in 1924 het die plaasboere alleen meer as 550,000 radio’s besit.
Statistieke vir 1925 toon dat die Verenigde State 81 persent van al die motors wat
bestaan het, besit, of een vir elke 5,6 mense, in vergelyking met een vir elke 49 en
54 in Brittanje en Frankryk. Alhoewel die bevolking nie meer as 6 persent van die
wêreldtotaal oorskry nie, verbruik die Verenigde State byna driekwart van die
beskikbare aanbod van rubber en petrol, twee derdes van al die rou sy en een
kwart van die suiker.
[Vanuit Andre Siegfried, America Comes of Age]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7
BRON 2C
Hierdie bron verduidelik hoe mense in aandele belê en ryk geword het.
Die algemene aandele van hul land het die afgelope tien jaar aansienlik
toegeneem, omdat die land se besigheid (handel) toegeneem het. Tien dollar belê
tien jaar gelede in die algemene aandele/voorraad van General Motors sou nou
meer as ʼn miljoen en ʼn half dollar werd wees. En General Motors is net een van
baie eerste-klas industriële korporasies.
As ʼn man $15 per week spaar en in goeie algemene aandele belê en die dividende
en regte kan ophoop, sal hy aan die einde van twintig jaar minstens $80,000 hê en
'n inkomste van beleggings van sowat $400 per maand. Hy sal ryk wees. En omdat
inkomste dit kan doen, is ek vas in my oortuiging dat enigiemand nie net ryk kan
wees nie, maar ryk behoort te wees.
[Vanuit John J. Raskob, Everybody Ought to be Rich, Ladies Home Journal]
BRON 2D
Hierdie bron beeld die gevolge van die ineenstorting van die aandelemark uit.
[Vanuit https://spartacus-educational.com. Toegang op 05 April 2018 verkry.]
*Verskoon my vriend, is dit die broodlyn of ʼn toeloop op die bank?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19DE EN 20STE EEUE
WATTER MAATREËLS HET HITLER GEÏMPLEMENTEER OM DIE JODE TE
VERVOLG?
BRON 3A
Hierdie is ʼn uittreksel vanuit ‘Law for the Protection of German Blood and
German Honour (15th September, 1935)’ wat deel van die Nuremburg Wette
gevorm het.
Deurtrek met die insig dat die suiwerheid van die Duitse bloed ʼn voorwaarde is vir
die voortdurende voortbestaan van die Duitse volk en geïnspireer deur die
onbuigsaamheid om die bestaan van die Duitse nasie vir alle tye te verseker, het
die Reichstag eenparig die volgende wet aanvaar wat hiermee gepromulgeer
word:
(1) Huwelike tussen Jode en onderdane van Duits of verwante bloed is verbode.
Huwelike wat nogtans gesluit is, is ongeldig, selfs al is dit in die buiteland
gesluit om hierdie wet te omseil.
(2) Slegs die staatsprokureur mag die annuleringshofsaak inisieer.
(3) Buite-egtelike omgang tussen Jode en onderdane van Duits of verwante
bloed is verbode.
(4) Jode mag nie in hul huishoudings vroue-onderdane van Duitse of verwante
bloed indiens neem wat jonger as vyf en veertig jaar oud is nie.
(5) Jode word verbied om die Ryk en die nasionale vlag te hys en die Reich-
kleure te vertoon.
(6) Hulle is egter toegelaat om die Joodse kleure te vertoon. Die uitoefening van
hierdie reg geniet die beskerming van die staat.
[Vanuit https://spartacus-educational.com. Toegang op 05 April 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9
BRON 3B
Hierdie is ʼn uittreksel uit David Buffam’s (American Consul in Leipzig) se verslag van
die Kristallnacht (Nag van die Gebroke Glas) in November, 1938.
Die verbrokkeling van winkelvensters, plundering van winkels en wonings van Jode het
in die vroeë oggendure van 10 November 1938 plaasgevind en is in die Nazi-pers beskou
as ʼn “spontane golf van regverdige verontwaardiging in Duitsland deur die lafhartige
Joodse moord van Derde Sekretaris von Rath in die Duitse ambassade in Parys.”
In een van die Joodse afdelings (geboue) is ʼn 18-jarige seun uit ʼn drieverdiepingvenster
geslinger en het op ʼn straat deurtrek van brandende beddens geland met albei sy bene
gebreek. Die hoofstrate van die stad was ʼn positiewe rommel van gebreekte bordglas. Al
die sinagoges was onherstelbaar deur vlamme gebrand. Een van die grootste
klerewinkels is vernietig. Geen pogings aan die kant van die brandweer is gemaak om
die vuur te blus nie. Dit is uiters moeilik om te glo, maar die eienaars van die klerewinkel
was eintlik daarvan beskuldig dat hulle die vuur aan die brand gesteek het en op daardie
basis is hulle om 18:00 van hul beddens gesleep en in die gevangenis geneem en baie
manlike Duitse Jode is na konsentrasiekampe gestuur.
[Vanuit https://spartacus-educational.com. Toegang op 05 April 2018 verkry.]
BRON 3C
Hierdie is ʼn uittreksel vanuit Rudolf Höss (commandant of Auschwitz) se ondervinding
van die doodmaak van Jode by die Auschwitz doodskamp.
In die lente van 1942 het die eerste groep Jode, almal bestem vir uitwissing, vanuit Opper-
Silesië aangekom.
Dit was baie belangrik dat die hele aangeleentheid van aankoms en die uittrek van klere
in ʼn atmosfeer van die grootste moontlike kalmte moes plaasvind. Mense wat huiwerig
was om hul klere uit te trek, moes gehelp word deur hul metgeselle wat reeds uitgetrek
het, of deur mans van die Spesiale Afdeling.
Baie van die vroue het hul babas onder die stapels klere weggesteek. Die mans van die
Spesiale Afdeling was veral op die uitkyk vir hierdie, en het woorde van bemoediging aan
die vrou toegespreek totdat hulle haar oorreed het om die kind saam met haar te neem.
Ek het opgemerk dat vroue wat óf geraai of geweet het wat hulle te wagte is, nietemin die
moed gekry het om met die kinders te skerts of om hulle aan te moedig, ten spyte van
die doodsvrees wat in hul eie oë sigbaar was.
Een vrou het my genader terwyl sy verby gestap het en, terwyl sy na haar vier kinders
gewys het wat manmoedig (dapper) die kleinste enetjies oor die rowwe grond gehelp
het, het sy gefluister: “Hoe kan jy jouself bring om sulke pragtige, liewe kinders te
vermoor? Het jy glad nie ʼn hart nie?”
Een ouman, soos hy by my verbygeloop het, het gesis: “Duitsland sal ʼn swaar straf betaal
vir hierdie massamoord op die Jode.” Sy oë het van haat gegloei soos hy dit gesê het.
Nietemin het hy kalm in die gaskamer geloop.
[Vanuit: https://spartacus-educational.com. Toegang op 05 April 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018)
BRON 3D
Hierdie bron beeld die Joodse slagoffers van die Auschwitz doodskamp uit.
[Vanuit https: //www.google.co.za/search?tbm=isch&q=extermination+camps&chips=q:
extermination+camps,online_chips:auschwitz&usg=AI4. Toegang op 05 April 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11
ERKENNINGS
Uittreksels en visuele bronne wat in die addendum gebruik word, is geneem of
aangepas uit die volgende publikasies:
Tames, R. – Last of the Tsars, London: Pan Macmillan
Alan Woods, Tsarist Russia and the War
John J. Raskob, Everybody Ought to be Rich
www.spartacushistory.com. Toegang op on 05 April 2018 verkry.
Curtiss, JS, The Russian Revolutions of 1917. Princeton; Anvil Von Nostrand
Verwerk uit http://sfr-21.org/war-communism.html. Toegang op 05 April 2018
verkry
www.sahistory.org.za/article/great-depression-usa-grade-11. Toegang op 11 April
2018 verkry.
http://ic.galegroup.com/ic/uhic. Toegang op 10 April 2018 verkry.
www.sahistory.org.za/article/great-depression-usa-grade-11. Toegang op 13 April
2018 verkry.
Making History Grade 11 by Defterios, R et al, Heinemann, 2006
Via Afrika History Grade 11 Learner’s Book, by S. Grove et al at bladsy 134
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Addendum

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum