Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
*IHISTA4*
Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all




HISTORY P2 ADD GR11 NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Pages
- 10
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE WAS AFRIKANER-NASIONALISME IN SUID-AFRIKA GEVESTIG
TUSSEN 1910 EN 1948?
BRON 1A
Hierdie bron verduidelik die Afrikaners se besorgdheid ten opsigte van hul taal.
Ná 1910 het baie Afrikaanssprekende mense na stedelike sentrums getrek. Daar het hulle
al hoe meer Engels gepraat en meer geangliseerd geword. Dit het ʼn vrees laat onstaan
dat die Afrikaanse taal tot niet sou gaan.
Die leiers van die Afrikaanssprekende gemeenskap was bevrees dat hierdie vinnige en
wydverspreide verstedeliking Anglisisme van die hele Afrikaanssprekende wit bevolking
sou meebring. Individue het saamgestaan om vrywillige verenigings in Transvaal, Vrystaat
en Kaap te vorm ter beywering van die amptelike erkenning van Afrikaans.
Toegewyde leiers van hierdie taalbeweging was meestal gevind onder die jonger
generasie Nederlandse Gereformeerde geestelikes, joernaliste en studente. Hierdie taal-
entoesiaste het probeer om hul huistaal te behou, maar selfs meer, hulle was desperaat
bekommerd oor die oorlewing van Afrikanerdom.
[Vanuit The rise of Afrikanerdom: Power, Apartheid and the Afrikaner Civil Religion]
BRON 1B
Hierdie bron verduidelik hoe die Afrikaners druk op die Nasionale Party toegepas het om
ʼn beleid vir die oplossing van rasseverhoudinge in Suid-Afrika te formaliseer.
Afrikaners was baie bekommerd oor die toestand van rasseverhoudinge. Byna almal het
geglo dat die staat meer moes doen om wit oppergesag en die suiwerheid van die wit ras
te handhaaf. Hulle het verskil oor hoe dit gedoen moes word. Boere en sakemanne wou
onbelemmerde toegang tot Swart-arbeid hê, gekombineer met streng staatsbeheer oor
die toekenning en dissipline daarvan. Afrikanerwerkers wou daarenteen groter
beskerming teen Swart-kompetisie hê – ʼn houding wat geharmoniseer is met die idees
van intellektuele wat ʼn bloudruk vir ʼn volledige ekonomiese en politieke segregasie wou
ontwikkel.
[Vanuit Making History Grade 11 deur R. Deftereos et al bl. 228]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1C
Hierdie bron beskryf die nuwe ekonomiese magte onder die Afrikaners in 1939.
Hierdie groep het erken dat in die era van finansieringskapitalisme en in ʼn land soos Suid-
Afrika, waar die ekonomiese lewe so oorheers word deur ʼn paar finansiële toelaes, die
ontwikkeling van die onafhanklike klein en medium ondernemings onderhewig was aan
ernstige beperkings. Dus, het die enigste manier tot werklike ekonomiese mag en ʼn
aandeel in die super-winste van die monopolie, gelê in die koördinering van die beperkte
hulpbronne van die Afrikaner-kapitalistieseklas as ʼn geheel. So ʼn koördinasie van
ekonomiese hulpbronne is deur die Reddingsdaadbond in ʼn kritieke stadium in die
historiese ontwikkeling van Afrikaner-kapitalisme verskaf. Onvermydelik, die graad van
ekonomiese sentralisering wat betrokke was by hierdie beleid het gelei tot die
konsentrasie van die ekonomiese mag in baie min hande. Die verwerfing van ekonomiese
hulpbronne het geweldige mag aan die klein minderheid gegee wat effektief in beheer van
hierdie hulpbronne was.
Die verspreiding van die chauvinistiese (nougesinde) propaganda van Afrikaner-
nasionalisme sou na verwagting ʼn toenemende aantal Afrikaners aanlok om hul spaar- en
surpluskapitaal met Afrikaanse finansiële instellings te belê, om polisse by Afrikaanse
versekeringsmaatskappye uit te neem, om hul huise deur Afrikaanse bouvereniging te
bou en om hul inkopies by Afrikaanse winkels te doen.
[Vanuit: www.sahistory online.co.za. Toegang op 05 April verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018)
BRON 1D
Hierdie foto wys die stigterslede van die Broederbond.
[Vanuit Viva History deur C Dugmore, EA Horner, S Maggs en R McLeod]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
VRAAG 2: HOE HET DIE SESDAAGSE OORLOG VAN 1967 TOT DIE SPANNING
IN DIE MIDDE-OOSTE BYGEDRA?
BRON 2A
Hierdie bron fokus op die oorsake van die oorlog tussen Israel en sy buurstate.
Die Verenigde Nasies was nie in staat om die vrede vir ʼn lang tydperk te handhaaf nie. Elf
jaar na die Suez-oorlog het ʼn ander oorlog uitgebreek. Israel het voortgegaan met die
opbou van sy gewapende magte deur die aankoop van voorraad vanaf Brittanje, Frankryk,
die VSA en Wes-Duitsland. Die Arabiese state was deur die USSR voorsien.
Ten spyte van die teenwoordigheid van die Verenigde Nasies het grensskermutselings
voortgegaan tussen die Israeli’s en die Palestynse guerrilla groepe. Groepe soos Fatah
en die Palestynse Bevrydingsorganisasie was ʼn voortdurende probleem vir die Israeliese
veiligheidsmagte en diegene wat in nedersettings naby die grense gewoon het.
Teen 1967 het Nasser gevoel dat die Arabiese magte sterk genoeg was om Israel te
verslaan. In Mei het Nasser die VN-magte beveel om uit Egipte te onttrek en hy het die
Golf van Aqaba na Israel gesluit en die hawe van Eilat geblokkeer. Daar was ook troepe
sametrekking naby Israel se grense met Libanon, Sirië en Jordanië (wie se magte
aangevul is deur Irakse, Saoedi-Arabiese en Algerynse troepe).
[Vanuit The Arab-Israeli Conflict deur T Rea and J Wright]
BRON 2B
Hierdie uittreksel fokus op die oorsake van die Sesdaagse Oorlog van 1967 in die
Midde-Ooste.
Israel se inval in die Sinai in 1956 was die tweede groot konflik tussen die Arabiere en
Israeli’s. Die derde het in 1967 plaasgevind en staan as die Sesdaagse Oorlog bekend.
Soos in 1956 het die inisiatief weereens vanaf Israel gekom, maar soos in 1956 het Israel
weereens gevrees dat indien hulle nie eerste sou aanval nie, hulle die voordeel sou
verloor. Gebeurtenisse gedurende die vroeë maande van 1967 het daarop gedui dat die
Arabiese state gereed gemaak het vir ʼn groot aanval. Siriese magte het hul bombardering
van Israeliese nedersettings op die Golan-Hoogtes verhoog. Nasser het troepe na die
grens van Sinai opgeskuif en gevra dat die VN sy vredesmagte vanaf beide die Sinai en
die Gazastrook verwyder. Soos in 1956, was die Israeliese skeepsvervoer in die Golf van
Aqaba belemmer.
Israel se reaksie, georganiseer deur sy nuwe minister van verdediging, Moshe Dayan,
was ʼn reeks blitsaanvalle op al sy vyande. Arabiese vliegvelde is vernietig. Israelse magte
het gelyktydig opgemars teen Egipte, Jordanië en Sirië. Die Egiptenare was reguit oor die
Sinai-woestyn tot by die oostelike oewer van die Suez-kanaal verdryf. Jordanië het die
westelike oewer van die Jordaanrivier verloor. Sirië was uit die Golan-Hoogtes verdryf.
Verstrooi deur die oorweldigende meerderwaardigheid van die Israeliese magte, het al
drie lande ingestem op ’n skietstaking binne ses dae na die oorspronklike Israeliese
aanval.
[Uit: N Tate, People and Events in the Modern World]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018)
BRON 2C
Hierdie bron beeld Egiptiese gevangenes en Israeliese soldate in die Sinai uit tydens die
Sesdaagse Oorlog in Junie 1967.
[Vanuit Fondation Gilles CARON/Gamma-Rapho via Getty Images]
BRON 2D
Die is ʼn uittreksel vanuit Resolusie 242 van die Veiligheidsraad van die Verenigde
Nasies, op 22 November 1967.
Na aanleiding van die Sesdaagse oorlog van Junie ’67, was die situasie van die Midde-
Ooste bespreek deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies, wat die saak
na die Veiligheidsraad verwys het. Na ʼn lang bespreking was ʼn finale konsep vir ʼn
resolusie van die Veiligheidsraad deur die Britse ambassadeur Lord Caradon, op 22
November 1967 aangebied. Dit was op dieselfde dag aanvaar.
Resolusie 242 vestig drie beginsels oor die territoriale aspek van die vredesproses:
1) Israel kan die gebiede beset en administreer wat dit gedurende die Sesdaagse
Oorlog beset het totdat die Arabiere vrede maak
2) Wanneer vredesooreenkomste bereik word, moet hulle ‘veilige en erkende grense’
uitbeeld waaraan Israel sou onttrek
3) Die grense kan verskil van die wapenstilstand-grense van 1949.
4) Daarbenewens het dit ʼn beroep op Israel gedoen om te kyk na ʼn regverdige
oplossing van die ‘vlugtelingprobleem’.
[Vanuit: http://www.sixdaywar.org/comtent/242drafters.asp. Toegang op 5 April 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
VRAAG 3: HOE HET DIE BANTOE-ONDERWYSWET VAN 1953 DIE LEWENS VAN
SWART STUDENTE IN SUID-AFRIKA IN DIE 1950’s VERANDER?
BRON 3A
Hierdie bron handel oor die geboorte van ‘Bantoe-onderwys’ deur die Nasionale Party
regering.
Hendrik Verwoerd, die nuut aangestelde Minister van Naturellesake, het die volgende
stappe geneem ...
Die eerste stap van sy Bantoe-onderwyswet was om die beheer van Swart-onderwys
vanaf die provinsies te verwyder na sy eie department. Dan, deur die vermindering van
staatshulp aan die sendingskole, het hy die meeste van hulle in die staatsisteem gedwing.
Sy departement het ook verantwoordelikheid aanvaar vir die indiensneming en opleiding
van Swart-onderwysers. Verwoerd het gesê: ‘Die Bantoe-onderwyser bedien die Bantoe-
gemeenskap en sy salaris moet dienooreenkomstig vasgestel word.’ Dus het ʼn Swart
onderwyser in 1953 net meer as 2 pond per week verdien wat verhoog is na 7 pond na
13 jaar. Die gevolg was ʼn dramatiese daling in die aantal leerling-onderwysers.
Verwoerd het verduidelik dat Swartes deur verskillende standaarde gemeet moes word:
‘Die skool het hy gesê,’ moet die Bantoe toerus om te voldoen aan die eise wat die
ekonomiese lewe aan hom sou oplê’.
[Vanuit Illustrated History of South Africa, Readers Digest, derde uitgawe]
BRON 3B
Die onderstaande uittreksel deur R. Mulholland Suid-Afrika 1948-1994, is aangepas en
handel oor die waarde van die werk wat deur sendingskole gedoen was.
Geen beleid van vrye en verpligte onderwys vir alle kinders het voor apartheid in Suid-
Afrika bestaan nie. Dit het beteken dat die werk van die sendingskole selfs meer
belangriker was en hulle het baie goeie gegradueerdes (insluitend Nelson Mandela en
Oliver Tambo) geproduseer. Hierdie skole het gereeld hul eie onderwysers opgelei en is
nie deur die regering gereguleer (beheer) nie. Hulle het liberale waardes geleer
(gelykheid, demokrasie, regverdigheid) en alle lesse was in Engels.
Die vraag na plekke by hierdie skole het die getal beskikbare plekke oorskry. In 1953 het
Verwoerd, die Minister van Onderwys, die Wet op Bantoe-onderwys ingestel. Kragtens
hierdie Wet moes alle kinders in hul ‘huistaal’ tot die agtste jaar van die skool geleer word.
Swart kinders het ʼn ander leerplan ontvang as dit wat in wit skole geleer was, en alle
skole, insluitend sendingskole, moes deur die regering voortgesit word.
[Vanuit R. Mulholland, South Africa, 1948–1994, 1997, bl. 67]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018)
BRON 3C
Hierdie Wet op die Uitbreiding van Universiteite van 1959 het dit ʼn kriminele oortreding
gemaak vir nie-blanke studente om by ʼn universiteit wat op daardie stadium ‘oop’ was,
sonder skriftelike toestemming van die Minister in Interne Sake te registreer..
Dit het ook “voorsiening gemaak vir die vestiging van ʼn reeks nuwe etnies-gebaseerde
instellings vir Swartes, tesame met aparte universiteite vir Kleurlinge en Indiërs”
(Christopher 1994:152) "Die Afrikaans-medium universiteite – Potchefstroom, Pretoria,
Oranje-Vrystaat en (nadat Afrikaans ʼn gevestigde taal geword het) Stellenbosch – het
vanaf hul grondslag toegang tot blankes, beperk. Van die Engels-medium universiteite
was Rhodes heeltemal wit en Fort Hare was in die praktyk nie-blanke, die oorblywende
drie, alhoewel dit meer oop was, was glad nie veelrassig nie. Natal het nie-blankes
toegelaat, maar het sy klasse volgens rasse gesegregeer. Kaapstad en Witwatersrand
het studente toegelaat tot kursusse sonder inagneming van ras, maar het ʼn streng
kleurskeidslyn in sosiale en sportgebeurtenisse gehandhaaf”. Nuwe universiteite is in
Bellville in die Wes-Kaap vir Kleurlinge, Ngoye in Zoeloeland vir Zoeloes, Durban in Natal
vir Indiërs, Turfloop in Transvaal vir die Sotho-Tswana-bevolking, terwyl Fort Hare
(voorheen Lovedale Mission College) beperk vir Xhosas was.
[Vanuit nelson mandela.org/O’Malley/index.php/site/q/. Toegang op 05 April 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
BRON 3D
Hierdie bron toon hoe ongelyke onderwys by laerskole toegepas was op ʼn vroeë
ouderdom vanaf laer primêre tot hoërskole.
[Vanuit https://hubpages.com/education/The-Miseducation-of-Africans-savage-Inequalities-in-Four-Part-
Harmony. Toegang op 05 April 2018 verkry]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2018)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Baard and Schreiner, My Spirit is Not Banned, Part 2
https://en.org/Suez_Crisis
http://sahistory.org.za
Grundlingh A., Book 4: Industrialisation, Rural Change and Nationalism commissioned
by The Department of Education
Deftereos R, et al, Making History Grade 11
Mantin. P, Questions of evidence: The Twenty Century World
Mcmahon. P, Learning series
Meredith, M, The State of Africa – A History of fifty years of independence
Phillips, I, South Africa
Sauvain Philip, The Modern World 1914–1918
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
HISTORY P2 QP GR11 NOV 2025 AFR_watermark.pdf

Question paper
HISTORY P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D_watermark.pdf

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 QP GR11 NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
HISTORY P1 GR11 QP NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HISTORY P2 GR11 QP NOV2018_Eng D_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HISTORY P2 ADD GR11 NOV2018_Eng D_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HISTORY P2 GR11 QP NOV2018_Afr D_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2018_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 History
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023-24.pdf

Memorandum
GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK_watermark.pdf

Memorandum
HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR_watermark.pdf
Memorandum