Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
GESKIEDENIS V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IHISTA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)
Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 926.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – AFRIKA-NASIONALISME
VRAAG 2: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE
VRAAG 3: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – AFRIKA-NASIONALISME
VRAAG 5: NASIONALISME IN AFRIKA – GHANA
VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in die
ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN (1) moet ʼn brongebaseerde vraag wees, en ten minste
EEN (1) moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees.
5. Leerders word aangeraai om nagenoeg ʼn uur op elke vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
insig gebruik.
7. Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate
wees.
8. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer word
met behulp van dieselfde nommeringstelsel as in die vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag maar nie meer as TWEE vrae vanuit hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om die vrae te beantwoord is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: WATTER FAKTORE HET TOT DIE GROEI VAN AFRIKA-
NASIONALISME IN SUID-AFRIKA BYGEDRA?
Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D om die volgende vrae te beantwoord.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Definieer die begrip Pan-Afrikanisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Deur gebruik te maak van die bron, brei uit oor die benadering wat
Pan-Afrikanisme as ʼn beweging die beste beskryf. (1 x 2) (2)
1.1.3 Waarom, dink jy word Pan-Afrikanisme oor die algemeen as ʼn
20ste-eeuse beweging beskou? (2 x 2) (4)
1.1.4 Volgens die bron, wat is die Eurosentriese verduideliking van Pan-
Afrikanisme? (1 x 2) (2)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Volgens die tabel, watter groep toon die grootste toename van
industriële werkers vir die tydperk 1938–1945? (1 x 2) (2)
1.2.2 Gebruik die inligting in die tabel en jou eie kennis om te verduidelik
waarom daar ʼn groei van industriële werkers ná 1938 was. (2 x 2) (4)
1.2.3 Volgens die tabel, wat is die toename in swart mans in die tydperk
1938–1945? (1 x 2) (2)
1.2.4 Verduidelik die impak van Swart verstedeliking op die
apartheidsbeleid. (2 x 2) (4)
1.3 Lees Bron 1C.
1.3.1 Was die busboikot goed ondersteun?
Gebruik visuele leidrade uit die bron om jou antwoord te staaf.
(Enige 2 x 1) (2)
1.3.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die
mense van Alexandrië met ʼn busboikot begin het. (Enige 2 x 2) (4)
1.3.3 Verduidelik hoe die busboikot ʼn politieke stryd teen apartheid
geword het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2016)
1.3.4 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die
busboikotte opgelos was. (2 x 2) (4)
1.3.5 Noem EEN van die moontlike alternatiewe vervoermiddele wat die
betogers kon gebruik om by hul werk uit te kom. (Enige 1 x 2) (2)
1.3.6 Watter bewyse is daar in die bron wat daarop aandui dat die
boikotte vreedsame gebeurtenisse was? (1 x 2) (2)
1.4. Hoe ondersteun die Eurosentriese verduideliking van Pan-Afrikanisme
(Bron 1A), die bewyse in Bron 1C met betrekking tot Afrika-nasionalisme?
(2 x 2) (4)
1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin jy
die faktore wat bygedra het tot die groei van Afrika-nasionalisme in Suid-
Afrika, tussen die jare 1930–1940 verduidelik. (6)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: WAT WAS DIE PERSPEKTIEWE VAN MIDDE-OOSTERSE LEIERS
OOR DIE VLUGTELING-PROBLEEM IN DIE MIDDE-OOSTE?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.
2.1 Lees Bron 2A.
2.1.1 Na watter land verwys Anwar Sadat wanneer hy sê: “Jy beset
Arabiese land met militêre mag”? (1 x 1) (1)
2.1.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die
Palestynse vlugteling-probleem ontstaan het. (2 x 2) (4)
2.1.3 Waarom, dink jy is Anwar Sadat negatief oor blywende en
duursame vrede? (2 x 2) (4)
2.2 Verwys na Bron 2B.
2.2.1 Watter posisie het Yitshak Rabin in die parlement van Israel
beklee? (1 x 2) (2)
2.2.2 Volgens die bron, wat was betekenisvol oor Rabin se opmerkings
van die Israeli-Palestynse Verklaring van Beginsels? (1 x 2) (2)
2.2.3 Wat word bedoel met die stelling in die bron: “Ons is bestem om
saam te leef op dieselfde grond, in dieselfde land.”? (1 x 2) (2)
2.2.4 Gebruik die bron en jou eie kennis om die betekenis van die finale
verklaring, ‘Vaarwel aan wapens’ te verduidelik’. (1 x 2) (2)
2.2.5 Hoe verskil Bron 2A vanaf Bron 2B met betrekking tot die
vlugteling-probleem? (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Wat verstaan jy met die term ‘vlugteling’? Gebruik jou eie woorde.
(1 x 2) (2)
2.3.2 Noem die twee lande wat by die vlugteling-probleem betrokke was.
(2 x 1) (2)
2.3.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die
Jode wou hê dat die Palestyne hul eie vlugteling-probleme moes
oplos. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2016)
2.4 Verwys na Bron 2D.
2.4.1 Volgens die visuele bron, identifiseer enige TWEE kenmerke wat
die swaarkry wat die vlugtelinge moes verduur aandui. (2 x 1) (2)
2.4.2 Waarom, volgens die visuele bron, het die Palestyne vanaf hul
huise gevlug? (1 x 1) (1)
2.4.3 Volgens Sachar, waarom dink jy wou die Arabiese regering hê dat
die vlugtelinge net daar moes bly? (1 x 2) (2)
2.4.4 Deur gebruik te maak van die bron, lewer kommentaar op die
toepaslikheid van die verklaring: “Vir goeie militêre redes, wou
hulle duidelike lyne van kommunikasie agter die lyne hê.” (2 x 2) (4)
2.4.5 Lewer kommentaar op Sachar se verklaring dat: “Dit is ʼn mite om
te aanvaar dat hierdie mense vrywillig gevlug het.” (2 x 2) (4)
2.4.6 Gebruik die bron en jou eie kennis om die impak van die oorlog
tussen die Jode en Palestyne op die vlugtelinge te verduidelik.
(1 x 2) (2)
2.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin jy
verduidelik of die Palestyne ʼn reg gehad het om terug te keer na hul
vaderland volgens die verskillende perspektiewe op die Palestynse
vlugtelinge in die Midde-Ooste. (6)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 7
VRAAG 3: WAT WAS DIE OORSAKE EN IMPAK VAN DIE BANTOE
ONDERWYSWET VAN 1953 OP SWART STUDENTE?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Swartes vir hul
opvoeding moes betaal. (1 x 1) (1)
3.1.2 Gebruik die inligting in die bron om die voorsienings wat die Bantoe
Onderwyswet gemaak het te verduidelik. (2 x 2) (4)
3.1.3 Deur gebruik te maak van die bron, lewer kommentaar op die
verklaring: “Dit het ʼn eenvormige kurrikulum ingestel wat aparte
Bantoe kultuur beklemtoon het.” (1 x 2) (2)
3.1.4 Waarom, dink jy, was Swart skoolopleiding nie vry of verpligtend
nie? (2 x 2) (4)
3.2 Raadpleeg Bron 3B.
3.2.1 Identifiseer die groep wat die meeste voordeel uit die regerings-
besteding op onderwys getrek het. (1 x 1) (1)
3.2.2 Volgens die tabel in die bron, wat is die verskil in die bedrae in
Rande bestee tussen swart en wit onderwys in 1975/76? (1 x 2) (2)
3.2.3 Gebruik die inligting in die bron om te verduidelik waarom meer geld
op blanke kinders as enige ander rassegroep bestee was. (2 x 2) (4)
3.2.4 Wat, dink jy, was die redes waarom die regering meer geld op
Indiese en Kleurling onderwys as Swart onderwys gespandeer het?
(2 x 2) (4)
3.3 Lees Bron 3C.
3.3.1 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik wie die sending-
stelsel van onderwys beheer het. (1 x 2) (2)
3.3.2 Waarom, volgens die bron, was besteding aan Bantoe onderwys in
die laat 1960’s verhoog? (1 x 2) (2)
3.3.3 Identifiseer VIER faktore wat toon dat Swart onderwys agteruit
gegaan het. (4 x 1) (4)
3.4 Hoe ondersteun Bron 3B vir Bron 3C met betrekking tot die gehalte van
onderwys wat aan swart leerders gebied was? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2016)
3.5 Raadpleeg Bron 3D.
3.5.1 Waarom volgens die bron, was die kinders uit die skool geskors?
(1 x 2) (2)
3.5.2 Wat, volgens die bron, word bedoel met die stelling: “ʼn Halwe brood
is beter as niks”? (1 x 2) (2)
3.5.3 Wat beeld die foto uit oor die houding van die kinders teenoor
Bantoe-onderwys? (2 x 2) (4)
3.5.4 Wat, volgens die bron, was die rol van die ANC in hul
ondersteuning van die ouers en kinders? (1 x 2) (2)
3.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin jy die
impak van Bantoe-onderwys op Swart kinders in Suid-Afrika verduidelik. (6)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling.
VRAAG 4: AFRIKANER NASIONALISME
VRAAG 4.1
Gee ʼn kritiese evaluering van die verskillende faktore wat tot die opkoms van
Afrikaner-nasionalisme vanaf 1930–1948 bygedra het.
Gebruik relevante historiese voorbeelde om jou gedagtegang te ondersteun. [50]
OF
VRAAG 4.2
“Die aantrekkingskrag van Afrikaner-nasionalisme het duidelik in die
entoesiastiese vieringe van die eeufees van die Groot Trek geword.”
Gee ʼn kritiese evaluering van die stelling deur te verwys na die gebruik van
sosiale en kulturele bewegings asook ekonomiese programme om die gees van
die Afrikaner-nasionalisme te bou. [50]
VRAAG 5: NASIONALISME IN AFRIKA
VRAAG 5.1
"Die feit dat Ghana onderontwikkeld gebly het kan op hul voormalige koloniale
meesters geblameer word.”
Evalueer hierdie stelling deur te verwys na die rol wat Kwame Nkrumah in die
verandering van Ghana as onderontwikkeld land gedurende koloniale tye gespeel
het. [50]
OF
VRAAG 5.2
“Swart nasionalistiese idees was gebruik om Ghana te bevry.”
In die lig van die bogenoemde stelling, bepaal hoe nasionalistiese leiers soos
Garvey, Du Bois en Padmore ʼn impak op Nkrumah en die verwesenliking van
onafhanklikheid in 1957 gehad het. [50]
VRAAG 6: WEERSTAND IN SUID-AFRIKA – 1940 TOT 1960
VRAAG 6.1
“Die 1950’s kan as ʼn dekade van verset beskryf word.”
Verduidelik tot watter mate hierdie stelling akkuraat is deur die belangrike
gebeurtenisse van weerstand teen die beleid van apartheid in die 1950’s te
ondersoek. [50]
OF
VRAAG 6.2
“Swart leiers het besef dat nie-gewelddadige (vreedsame) taktieke nie genoeg
was om ʼn impak op veranderinge in Suid-Afrika te maak nie.”
Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou antwoord deur na die weerstand-
strategieë van die ANC en sy bondgenote teen apartheid na 1960 te verwys. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Addendum

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Memorandum