Skip to content

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)

MemorandumHistoryGrade 11201621 pages

Grade 11 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2016 GESKIEDENIS V1 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel. KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE GEWIGSTOEKENNING VLAKKE VAN VRAE  Onttrek inligting uit bronne.  Selektering en organisasie van relevante inligting uit 30% VLAK 1 bronne. (15)  Definieer historiese begrippe/terme.  Interpretasie van bewyse uit bronne.  Verduidelik inligting verkry 40% VLAK 2 uit bronne. (20)  Analiseer bewyse uit bronne.  Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne.  Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings 30% VLAK 3 vas te stel (15)  Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:  By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.  Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is.  In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae  Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord  Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 × 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken ( ); (1 × 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word ()  Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:  Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.  Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.  Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. ___________ . __________________________ . __________________ _________________ . ____________________________ . __________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf  Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50  Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:  In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae  Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.  Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.  By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) 2.3 Globale assessering van ʼn opstel Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:  Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument  Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun  Die leerder se interpretasie van die vraag. 2. Assesseringsprosedures vir die opstel 2.4 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie 1√ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 5 2. Die matriks 2.5 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) NASIEN-MATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed Baie goed Goed beplande Argument beplan Toon soms Poging Weinig of geen AANBIEDING beplande en beplande en en en gestruktureer. bewys van ʼn aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureer gestruktureerde Bewyse tot ʼn gestruktureerde antwoord te opstel te opstel. Goeie de opstel. sekere mate en beplande struktureer nie. struktureer. sintese van opstel. ʼn Poog om ʼn gebruik om argument. Poog inligting. Het ʼn Relevante argument te om ʼn argument Grootliks duidelike goed argument is ondersteun. vol te hou. beskrywend of argument te gebalanseerde, gevolg. Bewyse Slotsom bereik Gevolgtrekking poog om ontwikkel. op grond van oorspronklike gebruik om die nie duidelik argument te argument argument te Gevolgtrekking bewyse. ondersteun deur ontwikkel. Geen ontwikkel met verdedig. Poog gemaak uit bewyse nie. poging om ʼn bewyse. om ʼn bewyse om die onafhanklike gevolgtrekking te Argument argument te deurgaans gevolgtrekking maak nie. INHOUD ondersteun. volgehou en uit die bewyse te verdedig. maak om die Onafhanklike argument te gevolgtrekking ondersteun. gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten volle 47 – 50 43 – 46 relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie relevant 43 – 46 40 – 42 38 – 39 tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38 – 39 36 – 37 34 – 35 30 – 33 28 – 29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30 – 33 28 – 29 26 – 27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26 – 27 24 – 25 20 – 23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18 – 19 14 – 17 skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad nie. 14 – 17 0 – 13 Ontoereikend of irrelevante inhoud. * Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:  Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0  Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6  Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 SLEUTELVRAAG: WAS DIE 1917 REVOLUSIONÊRE UITDAGING VAN KAPITALISME IN RUSLAND SUKSESVOL? 1.1 1.1.1 [Omskrywing van historiese begrippe uit Bron 1A – V1] (a) Monargie  ʼn Land wat regeer deur ʼn oorerflike regeerder soos ʼn koning of koningin. (1 × 2) (2) (b) Kommunisme  Ekonomiese en politieke stelsel waarin die staat die middele van produksie en handel vir die gelyke verdeling van rykdom beheer en besit.  Ekonomiese en politieke stelsel wat ʼn klaslose samelewing bevorder waarin die dominante werkersklas as ʼn voorhoede en die dryfkrag van die samelewing dien.  Private eienaarskap is verbode.  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 × 2) (2) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  Onttrek Rusland van die Eerste Wêreldoorlog.  Die monargie is met ʼn kommunistiese staat vervang. (2 × 1) (2) 1.1.3 [Onttrekking en gebruik van bewyse uit Bron 1A – V1]  Die regering moes met die burgeroorlog onmiddellik na die aanvaarding van bewind deel. (1 × 2) (2) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]  Hy het die gebruik van onderdrukking tydens heerskappy van sy vader gesien.  Onderdrukking en meedoënloosheid was ʼn manier om die massas onder beheer te hou.  Hy wou vrees onder sy teenstanders in boesem.  Om die swakhede van sy regime te verdoesel.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 1.1.5 [Interpretasie en ontleding van bewyse uit Bron 1A en eie kennis – V3]  Verwys na die verandering in Rusland van kapitalisme tot kommunisme.  Die vasbeslotenheid van die massas was nie deur die onderdrukking van die regime verminder nie.  Die tsaar het beheer verloor en die progressiewe magte het oorgeneem.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) 1.2 1.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]  Die troepe was in solidariteit met die revolusionêres.  Hulle het ook die impak van die onderdrukking as gewone lede van die gemeenskap beleef.  Hulle was moeg daarvan om teen die protesterende massas gebruik te word.  Hulle ondersteun die ideale van die revolusie.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 1.2.2 [Onttrekking deur bewyse uit Bron 1B – V1]  “Buite was daar duidelik opwinding”. (1 × 2) (2) 1.2.3 [Interpretasie, analise en evaluasie van inligting uit Bron 1B – V3]  Die soldate was gewapen en gereed om hul wapens teen die staat ter ondersteuning van die revolusie te gebruik.  Die rooi vlae het aangedui dat hulle hulself met die rewolusie geïdentifiseer het.  Die regering het beheer oor sy gewapende magte verloor.  Die tsaar kon nie die militêre mag op die betogers los laat nie.  Enige ander relevante antwoord (2 × 2) (4) 1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]  Die soldate was wanordelik.  Hulle was gelei deur ʼn student.  Daar was geen offisiere. (Enige 2 × 1) (2) 1.2.5 [Interpretasie en ontleding van bewyse uit Bron 1B – V2]  Hy was pragmaties oor die situasie.  Hy wou nie ʼn reeds gespanne situasie vererger nie.  Dit kan moontlik wees dat hy ook die optrede van die soldate ondersteun het.  Dit kan wees dat hy bloedvergieting wou voorkom.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 1.3 1.3.1 [Onttrekking en gebruik van bewyse uit Bron 1C – V1]  Dat die tsaar geabdikeer (mag oorgegee) het. (1 × 2) (2) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]  Die artikel is geskryf oor ʼn bekende historiese gebeurtenis.  Die artikel het in ʼn bekende en geloofwaardige koerant verskyn.  Die artikel sluit die foto's van Nicholas II en sy vrou in.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]  Die bron bevat die verklaring van regte vir alle Russe.  Gelykheid van regte is gewaarborg.  Regte van minderhede is beskerm.  Regte is beskryf as onvervreembaar/onveranderbaar.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 9 1.5 [Paragraaf – interpretasie, analise en sintese van inligting uit relevante bronne en gebruik van eie kennis – V3]  Die 1917-rewolusie was suksesvol daarin om kapitalisme in Rusland uit te daag en te vernietig.  Rusland onttrek uit die Eerste Wêreldoorlog as gevolg van die rewolusie. (Bron 1A)  Rusland word ʼn kommunistiese staat. (Bron 1A)  Verder verwys Bron 1A na die onderdrukking in Rusland en die reaksie van die progressiewe magte.  Bron 1A getuig daarvan dat die tsaar besig is om sy bewind te verloor.  Bron 1B verwys na ʼn kardinale gebeurtenis in die stryd teen die tsaristiese bewind, die muitery deur soldate.  Dit dui duidelik op die nederlaag van die reaksionêre magte van die tsaar.  In Bron 1C word die omverwerping van die tsaar internasionaal berig.  Alle tekens van die tsaristiese bewind is uitgewis. (Bron 1C)  Die aanvaarding van die Verklaring van die Regte van die Mense van Rusland was die juweel in die kroon van die revolusie. (Bron 1D)  Die gelykheid van regte in Bron 1D is verskans.  Die oorblyfsels van die ou regime is ontwortel.  Enige ander relevante antwoord VLAK KRITERIA PUNTE  Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse.  Vraag nie beantwoord nie.  Gedeeltelike gebruik van bewyse om op die vraag te reageer. Vlak 1 0–2  Min of geen begrip van hoe suksesvol die rewolusie van 1917 daarin was om kapitalisme in Rusland uit te daag.  Kan nie reageer op die vraag nie.  Bewyse is meestal relevant met betrekking tot hoe suksesvol die rewolusie van 1917 daarin was om kapitalisme in Rusland uit te daag en hou tot ʼn groote mate verband met die onderwerp. Vlak 2  Gedeeltelike begrip van hoe suksesvol die 3–5 rewolusie van 1917 daarin was om kapitalisme in Rusland uit te daag.  Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse, maar dit het betrekking op die vraag soos wat dit gestel was.  Gebruik bewyse wat relevante en toepaslike is.  Demonstreer ʼn deeglike begrip van hoe suksesvol die rewolusie van 1917 daarin was om Vlak 3 kapitalisme in Rusland uit te daag. 6–8  Bewyse hou baie goed met die vraag.  Bewyse is baie effektief gebruik binne ʼn georganiseerde paragraaf. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 SLEUTELVRAAG: WATTER IMPAK HET DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE LEWENS VAN GEWONE AMERIKANERS GEHAD? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]  24 Oktober 1929 (1 × 1) (1) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1)  16 miljoen aandele was te kope aangebied deur beleggers wat vertroue in die Amerikaanse ekonomie verloor het. (1 × 2) (2) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]  Die pryse van aandele het voortgegaan om te val.  Oor-spekulasie op die aandelemark het daartoe gelei dat aandele hul waarde verloor het.  Selfs amateurs het op die aandelemark gespekuleer.  Mense wou die totale verlies van hul beleggings vermy.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]  Plaaspryse het drasties geval.  Boere verloor hul huise.  Boere verloor grond/landerye.  Baie het verhonger. (Enige 2 × 1) (2) 2.1.5 [Omskrywing van ʼn historiese begrip uit Bron 2A – V1]  Ineenstorting van ʼn land se ekonomie wat lei tot die verswakking van die land se geldeenheid.  Ekonomiese resessie in die VSA wat spruit uit die val van die Amerikaanse Effektebeurs in 1929. (Enige 1 × 2) (2) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]  Huweliksyfers het gedaal.  Vermindering van geboortesyfer.  Verhoogde verlatingstatistiek.  Twee of meer gesinne woon saam in die woonstelle of huise wat as enkel-familie huise gebou was.  In arm gesinne het die kinders aan wanvoeding gely met onvoldoende klerasie. (Enige 4 × 1) (4) 2.2.2 [Onttrekking en Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V1]  Mans kon nie vir hulle gesinne voorsien nie.  Mans voel verneder om aansoek te doen vir regeringsverligting. (2 × 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 11 2.2.3 [Interpretasie en ontleding van bewyse uit Bron 2B – V3] GEREGVERDIG  Hulle voel hulle is onvoldoende vaders.  Hulle het gevoel dat hulle misluk het in hul tradisionele rol as verskaffers vir hul families.  Hulle was verneder.  Hul waardigheid is aangetas deur die feit dat hulle nie aan die gemeenskapsverwagtinge kon voldoen nie.  Enige ander relevante antwoord NIE GEREGVERDIG  Die Groot Depressie het almal geraak, ongeag hul sosiale status.  Die ekonomiese uitdagings was nie gekoppel aan kulturele of tradisionele sosiale stereotipes nie.  Daar was niks wat hulle kon doen in die heersende omstandighede om die ekonomiese afswaai te verander nie.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]  Daar was ʼn hoë vlakke van werkloosheid.  Baie mense is dakloos.  Daar was massiewe hongersnood – die gevolge van die depressie.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]  Amerika is ʼn land van geleenthede.  In Amerika kan almal hul drome bereik.  ʼn Mens kon word wat jy wou wees.  Amerika is ʼn land van onbeperkte sukses.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]  Die advertensiebord beeld sukses uit, terwyl die realiteit volslae armoede aandui.  Die skrewe op die plakkaat verkondig die hoogste lewenstandaard maar die lyding word verteenwoordig deur die broodlyn in die voorgrond.  Die advertensiebord beeld die lewe van oorvloed en onbeperkte luukshede uit, terwyl die realiteit almal aan ʼn lewe van bedelary blootstel.  Die mense in die broodlyne is goed geklee wat hul eertydse status tydens die dae van voorspoed aandui.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) 2.3.4 [Analise en Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V3] BETROUBAAR  Die bron is ʼn primêre bron.  Dit is ʼn foto wat die lewe tydens die depressie uitbeeld.  Die inherente teenstrydigheid toon die lewe tydens die bloeitydperk en tydens die resessie tydperk.  Enige ander relevante antwoord NIE BETROUBAAR  Die moontlikheid bestaan dat die foto dalk opgevoer is.  Dit kon ʼn propaganda-instrument gewees het wat tydens die verkiesingsveltog voor die verkiesings van 1933 gebruik was.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 2.4 2.4.1 [Interpretasie en ontleding van bewyse uit Bron 2C – V3]  Republikeinse Party (1 × 1) (1) 2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]  Amerikaners blameer Hoover vir die Groot Depressie.  Hulle het die beleid van die Republikeinse Party beskou as die direkte oorsaak van die Groot Depressie.  Die Hoover-regering het geen praktiese oplossings gehad vir die ekonomiese probleme wat die VSA geteister het nie.  Die Demokratiese Party het ʼn paradigmaskuif belowe, wat gedryf sou word deur ʼn sentrale rol vanaf die regering om die ekonomiese sfeer te reguleer.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 13 2.5 [Interpretasie, analise en sintese van inligting uit al die bronne – V3]  Die Groot Depressie het die gewone Amerikaners nadelig geraak.  Bron 2A verband hou met die ineenstorting van die aandelemark in die VSA.  Die bron toon die paniekverkope van aandele wat tot die ineenstorting gelei het.  Die impak op boere en besighede sowel as die toename in werkloosheid word blootgestel (Bron 2A).  Bron 2B beeld die impak van die depressie op gesinslewe.  Mans is emosioneel gedreineer en verloor hul self-waarde (Bron 2B).  Die tradisionele rol van mans as verskaffers binne die gesin is verweer (Bron 2B)  Bron 2C kontrasteer die lewe tydens die bloeijare en lewe, so moeilik soos wat dit tydens die Groot Depressie was.  Die oneffektiewe en onbelangrike pogings deur Hoover word na verwys in Bron 2D.  Hoover se reaksie kom te laat en die mense het hul keuse gemaak in 1933. Hoover was in die presidensiële verkiesings verslaan (Bron 2D).  Enige ander relevante antwoord VLAK KRITERIA PUNTE  Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse.  Vraag nie beantwoord nie.  Gedeeltelike gebruik van bewyse om op die vraag te reageer. Vlak 1 0–2  Min of geen begrip van die verwoestende impak van die Groot Depressie op die gewone mense van Amerika.  Kan nie op die vraag reageer nie.  Bewyse meestal relevant en hou tot ʼn groot mate verband met die onderwerp.  Gedeeltelike begrip van die verwoestende impak Vlak 2 van die Groot Depressie op die gewone mense 3–5 van Amerika.  Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse, maar dit betrekking het op die vraag.  Gebruik bewyse wat relevant en toepaslik is.  Demonstreer ʼn deeglike begrip van die verwoestende impak van die Groot Depressie op Vlak 3 die gewone mense van Amerika. 6–8  Bewyse hou baie goed verband met die vraag.  Bewyse is baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf gebruik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU SLEUTELVRAAG: HOE WAS DIE MENSEREGTE VAN MINDERHEISGROEPE GESKEND IN NAZI-DUITSLAND VANAF 1933 TOT 1945? 3.1 3.1.1 (a) [Omskrywing van historiese begrippe uit Bron 3A – V1] Anti-Semitisme  ʼn Diepgewortelde haat vir Jode of enige persoon van Joodse afkoms. (1 × 2) (2) (b) Demokrasie  ʼn Stelsel van regering gebaseer op die reg van mense om ʼn regering van hul eie keuse te kies.  ʼn Regering wat bestaan uit verteenwoordigers van die mense, deur die mense gekies om namens die mense te regeer.  Enige ander relevante antwoord (Enige 1 × 2) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  Om die land uit sy haglike politieke en ekonomiese krisis te lei. (1 × 2) (2) 3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  Beroep op die noodklousules van die grondwet.  Individuele vryhede is opgehef.  Die Magtigingswet het Hitler diktatoriale magte gegee. (Enige 1 × 2) (2) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V1]  Wou onbeperkte magte hê om sy program te bestuur.  Wou nie parlementêre toesig oor sy regering hê nie.  Hy het geweet dat as hy ʼn veelparty-demokratiese stelsel het, sy projek nie suksesvol sou wees nie.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 3.1.5 [Interpretasie van inligting uit Bron 3A en eie kennis – L2]  Vir ʼn lang tyd het die Duitsers na ʼn sterk leier soos Hitler verlang.  Hitler het belowe om Duitse eer en waardigheid te herstel.  Hulle was tevrede met sy militariseringsprogram.  Hulle wou ʼn leier hê wat wraak teen die Geallieerde magte sou neem.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 3.1.6 [Interpretasie van inligting uit Bron 3A en eie kennis – V2]  Hulle is as ʼn minderwaardige ras beskou.  Geblameer vir die ekonomiese depressie in Duitsland.  Geblameer vir Duitsland se nederlaag in die Eerste Wêreldoorlog. (Enige 2 × 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 15 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  New York Herald Tribune (1 × 1) (1) 3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  Die opskrif van sy artikel verwys na die wette as ʼn skande. (1 × 2) (2) 3.2.3 [Ontleding, interpretasie en vergelyking van bewyse uit Bron 3C – V3]  Beide bronne verwys na die ontneming van regte vir minderheidsgroepe.  Beide bronne definieer die Jode en Sigeuners as nie-Ariërs.  Beide bronne verwys na die feit dat die Jode en Sigeuners nie toegelaat was om met Duitsers te trou nie.  Hierdie bronne verwys na die aanhouding van minderheidsgroepe.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]  Die wette wat minderheidsgroepe van hul regte ontneem het was deur ʼn formele sitting van die Duitse parlement aangeneem.  Die bron is baie spesifiek oor wat die Jode kon en nie kon doen nie.  Die Jode is duidelik geteiken.  Die bron verduidelik die straf van ʼn oortreding van die wette as gevangenisstraf en harde arbeid.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]  As vrye teuels (carte blanche) om die Jode uit te wis. (1 × 1) (1) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]  Die Nazi's wou die Duitse ras suiwer.  Hulle wou die Duitse volk beskerm.  Hulle wou die Jode vanuit die Duitse samelewing vir eens en altyd verwyder.  Die Jode word beskou as diegene wat die Duitse ras besoedel.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 3.4 3.4.1 [Interpretasie van inligting uit Bron 3D – V2]  Die bron is vanaf die geallieerde magte en kan bevooroordeeld wees.  Die bron is nie gestaaf deur enige onafhanklike mening nie.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) 3.4.2 [Interpretasie van inligting uit Bron 3D – V2]  In beide bronne word daar verwys na die Buchenwaldkonsentrasiekamp.  Bron 3A, Uittreksel 2, verwys na die aanhouding van die Jode en Bron 3D is ʼn visuele vertoning van gevangenes in ʼn konsentrasiekamp.  Daar is skending van die reg tot vryheid van beweging in beide bronne.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) 3.5 [Interpretasie, analise en sintese van inligting uit relevante bronne en eie kennis – V3]  Met die oorname van die Nazi-party het die posisie van minderhede, soos Jode en Sigeuners, vererger.  Hul basiese menseregte was deur die staat geskend.  Die Nazi-party het anti-Semitisme bepleit (Bron 3A).  Die Nazi-party het geglo dat die Duitse ras meerderwaardig was (Bron 3A)  Jode is beskou as ʼn minderwaardige ras (Bron 3A).  Jode is ontneem van alle burgerskapregte (Bron 3B).  Bron 3B ontbloot die geïnstitusionaliseerde rassisme wat verskans was met die aanvaarding van die Nuremberg-wette.  Sigeuners en Jode was gedefinieer as nie-Ariërs (Bron 3B).  Beide groepe is verbied om met Duitsers te trou.  Bron 3C – Joodse besighede en eiendomme gekonfiskeer.  Die beslaglegging op Joodse bates was beskou as "reiniging" van die Europese ekonomie (Bron 3C).  Die totale uitwissing van Jode was beskou as die finale oplossing (Bron 3C)  Jode en Sigeuners is na konsentrasiekampe as gevangenes gestuur.  Enige ander relevante antwoord VLAK KRITERIA PUNTE  Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse.  Vraag nie beantwoord nie.  Gedeeltelike gebruik van bewyse om op die vraag te Vlak 1 reageer. 0–2  Min of geen begrip van hoe die menseregte van minderhede in Nazi-Duitsland geskend was.  Kan nie reageer op die vraag gevra.  Bewyse meestal relevant en hou tot ʼn groot mate verband met die onderwerp.  Gedeeltelike begrip van hoe die menseregte van Vlak 2 3–5 minderhede in Nazi-Duitsland geskend was.  Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse, maar dit het betrekking op die vraag.  Gebruik bewyse wat relevant en toepaslik is.  Demonstreer ʼn deeglike begrip van hoe die menseregte van minderhede in Nazi-Duitsland Vlak 3 geskend was. 6–8  Bewyse hou baie goed met die vraag verband.  Bewyse is baie effektief gebruik in ʼn georganiseerde paragraaf. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 17 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 4.1 Evalueer of Lenin se ekonomiese beleide in Rusland ná die revolusie in 1917 suksesvol was. SINOPSIS Kandidate word verwag om te evalueer of, in die konteks van die onrus in Rusland, die twee ekonomiese beleide wat Lenin geïmplementeer het suksesvol was of nie . In die beantwoording van hierdie vraag word daar van die kandidaat verwag om ʼn standpunt of sienswyse in te neem en dan relevante inhoud te gebruik om daardie standpunt/sienswyse te ondersteun. HOOFASPEKTE INLEIDING Die kandidaat moet ʼn standpunt in die inleiding neem ten opsigte van die gestelde verklaring. Die standpunt wat aangeneem was moet dan konsekwent in die opstel, met behulp van relevante historiese bewyse, aangevoer word. UITBREIDING  Die Bolsjewiste kom aan bewind met ʼn kommunistiese agenda  Bekendstelling van Oorlogskommunisme – sy belangrike funksies  Mislukking van Oorlogskommunisme – reaksie van die boere – wetteloosheid  Opstand deur die vloot by die Kronstadtvlootbasis  Lenin assesseer die situasie  Bekendstelling van NEB – kompromie met kapitalisme  Fokus op landbou  Fokus op die nywerhede  Fokus op handel en bankwese  Die impak van die NEB op die Russiese ekonomie  Beperkte sukses van die NEB  Kritiek van NEB deur vurige kommuniste  NEB en werkloosheid SLOT Kandidate moet die argument met ʼn relevante slot wat die standpunt in die inleiding staaf saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) 4.2 “Stalin was beide ʼn seën en ʼn vloek vir Rusland.” Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse deur na die ekonomiese ontwikkeling in Rusland onder Stalin en sy onderdrukkende bewind te verwys. SINOPSIS Hierdie vraag vereis dat die kandidaat die positiewe ekonomiese ontwikkeling wat in Rusland plaasgevind het onder Stalin, evalueer. Die kandidaat moet ook kyk na die negatiewe aspekte van Stalin se bewind. Die fokus moet op ekonomiese ontwikkeling en beplanning onder Stalin en sy onderdrukkende leierskap wees. Die kandidaat moet dan relevante en geloofwaardige bewyse gebruik om ʼn behoorlike argument te ontwikkel. HOOFASPEKTE INLEIDING Inleiding moet fokus op die impak van Stalin se ekonomiese program, sy leierskap en sy nalatenskap in Rusland, beide positief en negatief. UITBREIDING  Die magstryd na Lenin se dood  Verkiesing van Stalin en Trotski se ballingskap.  Stalin se teenkanting teen die NEB – onttrekking van die NEB  Stalin se doelwitte – Ekonomiese Ontwikkeling en Beplanning  Die rol van Gosplan  Eerste Vyfjaarplan  Tweede Vyfjaarplan  Derde Vyfjaarplan en die Tweede Wêreldoorlog  Impak op ekonomie  Stalin se onderdrukkende leierskapstyl  Reiniging van opposisie groepe  Reiniging van potensiële uitdagers binne die Kommunistiese Party  Geslote aard van die Russiese samelewing SLOT Kandidate moet die argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 19 VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 5.1 “Daar kan aangevoer word dat die ineenstorting van die Amerikaanse ekonomie in 1929 vermy kon word of ten minste die omvang van die ineenstorting tot die minimum beperk kon gewees het indien die regering van die VSA positiewe stappe geneem het om die ekonomie te reguleer.” Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese bewyse. SINOPSIS In die beantwoording van hierdie vraag moet die kandidaat ʼn standpunt/sienswyse inneem en relevante historiese bewyse gebruik om hul mening te staaf. Die kandidaat moet fokus op die swakhede/tekortkominge in die ekonomie of redes vir die ineenstorting van die Amerikaanse ekonomie en die mislukking van die regering om regstellende aksie te neem om wanpraktyke te voorkom. HOOFASPEKTE INLEIDING Inleiding moet fokus op die aard van die Amerikaanse ekonomie in the1920’s en klem moet gelê word op die geïntegreerde aard van die oorsake van die Groot Depressie en die gebrek aan regulering van die ekonomie deur die Republikeinse regering. UITBREIDING  Ekonomiese oplewing van die 1920's onder die Republikeinse Party  Ongelyke verdeling van rykdom  Isolasiebeleid in die ekonomie toegepas  Groot monopolie-maatskappye  Versuiming van regering se verbintenis om wanpraktyke te stop  Ongereguleerde bankstelsel  Oorproduksie in landbou  Maklike krediet en spandabelrigheid  Oorspekulasie in die aandelemark  Paniekverkope van aandele  Wall Street-ineenstorting, Oktober 1929 SLOT Kandidate moet die argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) 5.2 Bespreek krities die uitwerking/gevolge van die Groot Depressie in die VSA. SINOPSIS Die kandidaat word vereis om die gevolge van die Groot Depressie in die VSA te bespreek en insiggewende kritiek daarop te lewer. Die klem moet val op die ekonomiese, maatskaplike en politieke gevolge van die Groot Depressie. HOOFASPEKTE INLEIDING Inleiding moet fokus op die impak van die Groot Depressie en moet die verband tussen die oorsake en gevolge van die Groot Depressie beklemtoon. UITBREIDING  Republikeinse Party se beleid van nie-inmenging in die ekonomie  Die ineenstorting van die New York Aandelebeurs – Swart Donderdag  Ekonomiese ineenstorting  Nywerhede gesluit omdat besigheid nie winsgewend was nie  Ongekende werkloosheid  Onvermoë om lenings terug te betaal  Die sluiting van die banke – herroeping van lenings  Huise en motors afgeneem deur die banke  Getal hawelose mense, honger en behoeftiges het toegeneem  Broodlyne en sopkombuise  Landbouproduksie gedaal – ‘Dust Bowl’  Toename in maatskaplike euwels – misdaad  Hoover – nie in staat om die probleme op te los nie – ‘Hoovervilles’  1933-verkiesing – oorwinning Demokratiese Party SLOT Kandidate moet die argument saamvat met ʼn gepaste gevolgtrekking. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 21 VRAAG 6: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU Bespreek krities of die toepassing van eugenetika en Sosiale Darwinisme op die inheemse mense van Australië as volksmoord beskou kan word of nie. SINOPSIS Die kandidaat moet fokus op die implementering van die eugenetika beleid en Sosiale Darwinisme in Australië. Die kandidaat moet bepaal of die toepassing van hierdie beleid gelei het tot volksmoord teen die Aborigines of nie. Die standpunt moet ondersteun word met relevante bewyse. HOOFASPEKTE INLEIDING Inleiding moet fokus op die toepassing en die impak van eugenetika en Sosiale Darwinisme in Australië deur die wit setlaarbevolking. ʼn Definisie van elk van hierdie konsepte mag aanvaar word. Die kandidate moet ʼn begrip van die verband tussen hierdie teorieë demonstreer en bepaal of die toepassing daarvan tot volksmoord gelei het. UITBREIDING  Britse kolonisasie en besetting van Australië  Beleid van ʼn ‘leë land’ – terra nullius  Vervolging van die Aboriginal-gemeenskappe  Toepassing van eugenetika beleid op die Aborigines  Die grondkwessie en die National Blanket Day  Wit immigrasie uit Europa  Wit moeders aangemoedig om meer kinders te hê – vyf pond vir elke wit kind wat gebore word  Rasse-verval en rasse-selfmoord – beleide beïnvloed immigrasie  Beleid van assimilasie  Die Gesteelde Generasie – gebasterde kinders  Verlore identiteit  Volksmoord – ʼn generasie van Aborigines afgemaai  Pogings tot versoening – Nasionale Jammer Dag, verwerping van die terra nullius-beleid SLOT Kandidate moet die argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all