Skip to content

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1120168 pages

Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2016 GESKIEDENIS V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IHISTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES (6) vrae en is gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk soos in die KABV-dokument uiteengesit. DRIE brongebaseerde vrae onder AFDELING A en drie opstelvrae onder AFDELING B. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de- EN 20ste-EEU AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 VRAAG 6: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de- EN 20ste-EEU 2. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie brongebaseerde vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM VAN BRONNE gekry word. 3. Elke vraag tel 50 punte. 4. Kandidate moet DRIE vrae beantwoord soos volg. 4.1 Ten minste EEN (1) moet ʼn brongebaseerde vraag wees, en ten minste EEN (1) moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees. 5. Kandidate word aangeraai om een uur op elke vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Die blote herskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. 8. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik genommer wees en korrek volgens die nommeringstelsel soos in die vraestel. 9. Skryf netjies en leesbaar. 10. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy en trek ʼn streep aan die einde van elke vraag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag en nie meer as TWEE vrae vanuit hierdie afdeling. VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 WAS DIE 1917 REVOLUSIONÊRE UITDAGING VAN KAPITALISME IN RUSLAND SUKSESVOL? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D om die volgende vrae te beantwoord. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Definieer (verduidelik) die volgende konsepte: (a) Monargie (1 × 2) (2) (b) Kommunisme (1 × 2) (2) 1.1.2 Onttrek bewyse vanuit die bron wat die twee belangrikste veranderinge van die rewolusie op Rusland aandui. (2 × 1) (2) 1.1.3 Verduidelik waarom, volgens die bron, dit die Lenin regering tyd geneem het om totale beheer oor Rusland te verkry. (1 × 2) (2) 1.1.4 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Tsaar Nicholas II ʼn genadelose (hartelose) leier van Rusland geword het. (2 × 2) (4) 1.1.5 Gee TWEE redes waarom jy Bron 1A as nuttig sou beskou om beter begrip van die prestasies van die Russiese Revolusie te het. (2 × 2) (4) 1.2 Oorweeg Bron 1B. 1.2.1 Waarom, na jou mening, het die troepe teen die regering van die tsaar in opstand gekom? (2 × 2) (4) 1.2.2 Haal bewyse uit die bron aan wat toon dat die gewone mense tevrede was met dit wat die soldate gedoen het. (1 × 2) (2) 1.2.3 Verduidelik die betekenis van die sin, ‘Almal was gewapen, en baie het rooi vlae vasgemaak aan hul bajonette’ in die konteks van die revolusie. (2 × 2) (4) 1.2.4 Onttrek bewyse vanuit die bron wat bewys dat die soldate nie meer onder die gesag van die regering was nie. (2 × 1) (2) 1.2.5 Waarom, na jou mening, het generaal Manikovsky reageer soos hy gedoen het in die aangesig van die invallende soldate? (2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Wat is die boodskap wat deur hierdie artikel oorgedra word? (1 × 2) (2) 1.3.2 Sou jy hierdie artikel beskou as ʼn betroubare stuk historiese bewys? Ondersteun jou antwoord. (2 × 2) (4) 1.4 Verwys na Bron 1D. Waarom sou jy Bron 1D as ʼn baie belangrike prestasie vir die mense van Rusland in die konteks van die revolusie beskou? (2 × 2) (4) 1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik of die Rewolusie van 1917 suksesvol was met hul uitdaging van kapitalisme in Rusland. (8) [50] VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 WATTER IMPAK HET DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE LEWENS VAN GEWONE AMERIKANERS GEHAD? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Wanneer, volgens die bron, het die Amerikaanse aandelemark in duie gestort? (1 × 1) (1) 2.1.2 Waarom, volgens die bron, het die aandelemark in die VSA ineengestort? (1 × 2) (2) 2.1.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom daar paniek-verkope was in Oktober 1929. (2 × 2) (4) 2.1.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, verduidelik hoe plaasboere deur die ineenstorting van die aandelemark van Oktober 1929 geraak was. (2 × 1) (2) 2.1.5 Gebruik die bron en jou eie kennis om die konsep Groot Depressie te omskryf. (1 × 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 5 2.2 Verwys na Bron 2B. 2.2.1 Onttrek bewyse vanuit die bron wat die vernietigende uitwerking van die Groot Depressie op die familie-eenheid in Amerika aandui. Gee VIER voorbeelde. (4 × 1) (4) 2.2.2 Waarom, volgens die bron, was vaders emosioneel aangeraak deur die Groot Depressie? (2 × 1) (2) 2.2.3 Dink jy dat die werklose mans geregverdig was om hulself as mislukkings te sien omdat hulle nie vir hul gesinne kon voorsien nie? (2 × 2) (4) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Deur gebruik te maak van die bron as ʼn verwysing, verduidelik waarom die Amerikaners afhanklik van broodlyne was. (2 × 2) (4) 2.3.2 Deur gebruik te maak van die visuele leidrade in die bron en jou eie kennis van die tydperk voor die Groot Depressie, verduidelik die betekenis van die uitdrukking: Die Amerikaanse Droom. (2 × 2) (4) 2.3.3 Lewer kommentaar oor die inherente teenstrydigheid wat in die bron uitgebeeld word. (2 × 2) (4) 2.3.4 Sou jy Bron 2C in die begrip van die skielike impak van die Groot Depressie as betroubaar beskou? (2 × 2) (4) 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, noem die politieke party waaraan President Hoover behoort het. (1 × 1) (1) 2.4.2 Waarom, na jou mening, het die Amerikaanse kiesers teen Hoover in die 1933 verkiesing gestem? (2 × 2) (4) 2.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die verwoestende impak van die Groot Depressie op die gewone mense van Amerika bespreek. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU HOE WAS DIE MENSEREGTE VAN MINDERHEISGROEPE GESKEND IN NAZI- DUITSLAND VANAF 1933 TOT 1945? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Gebruik die bron en jou eie kennis om die volgende begrippe te definieer: (a) Anti-Semitisme (1 × 2) (2) (b) Demokrasie (1 × 2) (2) 3.1.2 Wat, volgens die bron, was President Hindenburg se aspirasie oor wat die nuwe kanselier kon doen? (1 × 2) (2) 3.1.3 Hoe, volgens die bron, het Hitler demokrasie in Duitsland beëindig? (1 × 2) (2) 3.1.4 Waarom, volgens jou opinie, wou Hitler demokratiese praktyke in Duitsland beëindig? (2 × 2) (4) 3.1.5 Waarom, na jou mening, was die Duitsers bereid om hul eie vryheid op te offer ten einde Hitler die magte van ʼn diktator te verleen? (2 × 2) (4) 3.1.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, verskaf redes waarom die Jode die hoofteiken van Nazi-haat geword het? (2 × 1) (2) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Deur gebruik te maak van Uittreksel 1, noem die koerant waarin die anti-Joodse wette gepubliseer was. (1 × 1) (1) 3.2.2 Onttrek bewyse vanuit die bron wat aandui dat Rudy Barnes nie ʼn ondersteuner van die Nuremberg Wette was nie. (1 × 2) (2) 3.2.3 Vergelyk Uittreksel 1 en Uittreksel 2. Verduidelik in watter opsigte hierdie uittreksels soortgelyk is met betrekking tot die wyse waarop die Nazi's die Jode en Sigeuners behandel het. (2 × 2) (4) 3.2.4 Waarom sou jy Uittreksel 1 van Bron 3B as nuttig beskou om die Duitse rasbeleide tydens die Tweede Wêreldoorlog te verstaan? (2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 7 3.3 Verwys na Bron 3C. 3.3.1 Hoe, volgens die bron, het Heydrich die opdrag van Goering met betrekking tot die ‘Joodse probleem’ verstaan? (1 × 1) (1) 3.3.2 Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom die Nazi-regering onder Hitler hulself verplig het om ʼn finale oplossing vir die ‘Joodse Vraag’ te vind. (2 × 2) (4) 3.4 Oorweeg Bron 3D. 3.4.1 Wat is die beperkings van hierdie visuele bron as ʼn historiese bewys? (2 × 2) (4) 3.4.2 Hoe ondersteun Bron 3D die bewyse wat in Bron 3B, Uittreksel 2 vervat is, met betrekking tot die behandeling van minderheidsgroepe in die konsentrasiekampe? (2 × 2) (4) 3.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy wys of demonstreer hoe die menseregte van minderheidsgroepe in Nazi-Duitsland geskend was. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag en nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 4.1 Evalueer of Lenin se ekonomiese beleide in Rusland ná die revolusie in 1917 suksesvol was. [50] OF 4.2 “Stalin was beide ʼn seën en ʼn vloek vir Rusland.” Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse deur na die ekonomiese ontwikkeling in Rusland onder Stalin en sy onderdrukkende bewind te verwys. [50] VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 5.1 “Daar kan aangevoer word dat die ineenstorting van die Amerikaanse ekonomie in 1929 vermy kon word of ten minste die omvang van die ineenstorting tot die minimum beperk kon gewees het indien die regering van die VSA positiewe stappe geneem het om die ekonomie te reguleer.” Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese bewyse. [50] OF 5.2 Bespreek krities die uitwerking / gevolge van die Groot Depressie in die VSA. [50] VRAAG 6: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU Bespreek krities of die toepassing van eugenetika en Sosiale Darwinisme op die inheemse bevolking van Australië as volksmoord beskou kan word of nie. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all