Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
GESKIEDENIS V1
ADDENDUM
*IHISTA3*
Hierdie addendum bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)
Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
WAS DIE 1917 REVOLUSIONÊRE UITDAGING VAN KAPITALISME IN RUSLAND
SUKSESVOL?
BRON 1A
Hierdie bron bespreek die vroeë prestasies van die Russiese Revolusie en bied
agtergrondinligting oor waarom Tsaar Nicholas II se bewind genadeloos was.
Die Russiese Revolusie het in 1917, tydens die laaste fase van die Eerste Wêreldoorlog,
plaasgevind. Dit het Rusland van die oorlog verwyder en het gelei tot die transformasie
van die Russiese Ryk tot die Unie van Sowjet Sosialistiese Republieke (USSR), deur die
tradisionele Russiese monargie te vervang met die wêreld se eerste kommunistiese staat.
Die Revolusie het in fases deur twee afsonderlike staatsgrepe, een in Februarie en een
op Oktober, plaasgevind. Die nuwe regering, onder leiding van Vladimir Lenin, sou sy mag
versterk na slegs drie jaar van burgeroorlog, wat in 1920 geëindig het.
Alhoewel die gebeure van die Russiese Revolusie skielik gebeur het, kan die oorsake
teruggevoer word tot byna ʼn eeu. Voor die Revolusie het die Russiese monargie
progressief swakker en meer bewus geraak van sy eie kwesbaarheid en dus meer
reaksionêr (onderdrukkend) geword. Nicholas II – die tsaar wat Rusland gelei het in die
jare tot die aanloop van die rewolusie – het persoonlik gesien hoe revolusionêre terroriste
sy oupa vermoor het asook sy eie pa se reaksie op die moord deur die wrede
onderdrukking van die Russiese volk. Toe Nicholas II self in 1894 tsaar geword het, het
hy soortgelyke wrede maatreëls gebruik om versetbewegings te onderdruk, wat elke jaar
steeds groter en meer wydverspreid geraak het. Soos Nicholas se nuut opgelêgde
onderdrukking op sy beurt nog meer onrus aangehits het, was hy gedwing om toegewings
na elke voorval te maak: dit was op hierdie wyse dat Rusland se eerste grondwet geskep
was, asook sy eerste parlement. Hierdie toegewings het geleidelik voortgegaan totdat
Nicholas II se houvas op mag baie vervaag het. (tot niet gegaan het).
[Bron: vryelik vertaal uit www.sparknotes.com/history.european/russianrev. Toegang verkry op 10 April
2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
In hierdie bron beskryf skrywer, Alfred Knox, die opstand (muitery) in die weermag wat
gelei het tot die omverwerping van Nicholas II in sy boek,
With the Russian Army: 1914 – 1917 (1921).
Ek was in gesprek met vriende daar in die gang op die eerste vloer, buite die kantoor van
Generaal Manikovsky, die Hoof van die Departement, toe generaal Hypatiev, die
chemiese kenner, en M. Terenshchenko aangekom met die nuus dat die depottroepe van
die garnisoen gemuit (in opstand gekom teen die tsaar) het en in die straat afgeloop het.
Ek het vir die eerste keer gehoor dat ʼn afdeling van die Pavlovsky-regiment, wat die vorige
aand op die polisie gevuur het, ontwapen was en tot die Preobrazhenskij-barrakke beperk
was …
Ons het na die venster gegaan en gewag. Buite was daar duidelike opwinding, maar geen
geluid het na ons deur die dik dubbelvensters gekom nie. Groepe het by die hoeke
gestaan en gebare gemaak (ekspressiewe bewegings met die hande en arms) en
afwaarts in die straat aanduidings gemaak. Offisiere het haastig verdwyn… Dit het geblyk
asof ons minstens tien minute gewag het voordat die oproermakers aangekom het. Met
hyskraannekke (uitgestrekte nekke soos hyskrane), het ons eerste twee soldate gesien –
ʼn soort van ʼn aankomende wag – wat in die middel van die straat gestap het en hul gewere
op drentelaars gerig het om die pad skoon te maak. Een van hulle het ʼn skoot op ʼn
ongelukkige chauffeur afgevuur. Toe kom ʼn groot wanordelike massa van soldate, wat
regoor die wye straat asook albei sypaadjies gestrek het. Hulle is gelei deur ʼn klein (kort),
maar uiters waardige student. Daar was geen beamptes. Almal was gewapen, en baie het
rooi vlae gehad wat vasgemaak was aan hul bajonette. Hulle het stadig aangekom en
uiteindelik versamel in ʼn kompakte massa aan die voorkant van die Departement.
Gou het ons gehoor hoe die vensters en deure op die grondvloer breek, en die klank van
die skote het ons bereik…ʼn Opgewonde soldaat het in gehardloop: “U Hoë Eksellensie!
Hulle is besig om hulself in die gebou in te dwing. Moet ons jou deur versper?” Maar
Manikovsky het kalm gebly en gesê: “Nee. Maak alle deure oop. Hoekom moet ons hulle
verhinder?” Soos die soldaat wegbeweeg het, verslae oor sy nuwe bereidwilligheid om
ander tevrede te stel, het Manikovsky gesug en met die kenmerkende klik van bekommerd
woede vir my gesê: “Kyk wat het ons Ministerie vir ons gebring!”
[Vryelik vertaal vanuit: www.spartacus-educational.com/RUSmarchR.htm. Toegang verkry op 10 April
2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2016)
BRON 1C
Hierdie bron toon die hoofopskrif van The New York Times wat die nuus van die abdikasie
(oorgawe) van Nicholas II as ʼn gevolg van die 1917 Februarie-revolusie oordra.
THE NEW YORK TIMES
REVOLUTION IN RUSSIA; CZAR
ABDICATES; MICHAEL MADE
REGENT, EMPRESS IN HIDING;
PRO-GERMAN MINISTERS
REPORTED SLAIN
REVOLUSIE IN RUSLAND;
TSAAR ABDIKEER; MICHAEL
BEKROON, HERTOGGIN KRUIP
WEG; PRO-DUITSE MINISTERS
AANGEMELD AS VERMOOR
[Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.spartucus-educational.com/RUSmarchR.htm. Toegang verkry
op 11 April 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Hierdie bron bevat ʼn dokument wat deur die Bolsjewistiese regering ná die
bewindsaanname uitgereik was. Dit is ʼn verklaring van menseregte vir almal.
Verklaring van die Regte van die mense van Rusland
...Die eerste Kongres van Sowjette, in Junie van hierdie jaar het die reg van die mense
van Rusland op selfbeskikking verkondig.
Die tweede Kongres van die Sowjette…het hierdie onvervreembare reg van die mense
van Rusland meer beslissend en definitief bevestig.
In die uitvoering van die wil van die Kongresse, het die Raad van die Mense-
Kommissarisse (Russiese Kabinet) besluit om as ʼn basis vir sy aktiwiteite in die kwessie
van nasionaliteite, die volgende beginsels toe te pas:
1. Die gelykheid en soewereiniteit van die mense van Rusland.
2. Die reg van die mense van Rusland tot vrye selfbeskikking, selfs tot die punt van
afskeiding en die vorming van ʼn onafhanklike staat.
3. Die afskaffing van enige en alle nasionale godsdienstige voorregte en
gestremdhede.
4. Die vrye ontwikkeling van nasionale minderhede en etnografiese groepe wat die
grondgebied van Rusland bewoon.
Dekrete sal onmiddellik voorberei word vir die vorming van ʼn Kommissie op Nasionaliteite.
In die naam van die Russiese Republiek,
Mense se Kommissaris vir Nasionaliteite
Yussov Djugashvili-Stalin
Voorsitter van die Raad van die Mense se Kommissarisse
V. Ulianov (Lenin)
[Vryelik vertaal en aangepas vanuit: Ten Days That Shook the World deur John Reed, 1919]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
WATTER IMPAK HET DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE LEWENS VAN GEWONE
AMERIKANERS GEHAD?
BRON 2A
Hierdie bron fokus op die onmiddellike impak van die Groot Depressie op die
Amerikaanse werksmag.
Amerika se “Groot Depressie” het begin met die dramatiese ineenstorting van die
aandelemark op “Swart Donderdag”, 24 Oktober 1929, toe 16 miljoen aandele van
voorraad vinnig verkoop was deur paniekbevange beleggers wat geloofwaardigheid in die
Amerikaanse ekonomie verloor het. Op die hoogtepunt van die Depressie in 1933, was
byna 25% van die nasie se werksmag werkloos. Loon-inkomste vir werkers wat gelukkig
genoeg was om hul werk te behou, het met byna 43% tussen 1929 en 1933 gedaal. Dit
was die ergste ekonomiese ramp in die Amerikaanse geskiedenis. Plaaspryse het so
drasties geval dat baie boere hul huise en hul grond verloor het. Baie het verhonger.
Gekonfronteer met hierdie ramp, was families verdeel of het uit hul huise getrek op soek
na werk. “Hoovervilles” (vernoem na President Hoover, as ʼn belediging), blikkiesdorpe
(shanty towns) gebou vanuit verpakkingskratte, verlate motors en ander weggooimateriaal
het regoor die land opgeskiet. Bendes jeugdiges, wie se gesinne hulle nie meer kon
ondersteun nie, het die relings in motors wat met karton gemaak was gery soos so baie
hobo’s (hawelose mense), met die hoop om ʼn werk te kry… Amerika se werklose was aan
die beweeg, maar daar was regtig nêrens om te gaan. Nywerhede was erg deur die
Depressie geskud. Fabrieke het gesluit; Meule en myne was verlate; fortuine was verloor.
Amerikaanse besigheid en arbeid was albei in die moeilikheid.
[Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.sahistory.org.za/article/great-depression-usa-grade-11. Toegang
verkry op 11 April 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Hierdie bron ontbloot die lyding wat families tydens die Groot Depressie moes ervaar.
Let op die klem wat die impak van die depressie op die posisie van die vader in die
gesin gehad het.
Vanuit een perspektief, kan die verhaal, wat na vore uit die Groot Depressie gekom het,
beskryf word as een van familie-“disorganisasie” en -ontbering. Huweliksyfers het
gedaal… en die neiging tot dalende geboortesyfers wat alreeds onderweg was, het
gedurende die 1930’s versnel. Alhoewel egskeidingsyfers ook afgeneem het, blyk dit
grootliks asof dit die gevolg was van die onvermoë om prokureurs gelde te betaal; die
aantal mense wat hul poste verlaat het (desertions) het tydens die dekade verhoog. In
sommige gevalle het twee of meer gesinne in oorvol woonstelle of huise gewoon wat
ontwerp was as enkel-familie koshuise… Vanaf 1929 tot 1931 het die aantal kinders wat
toesig-instellings betree het met 50 persent toegeneem. In baie ekonomiese ontneemde
(swak) families, het kinders aan wanvoeding gely met onvoldoende klerasie.
Dinge het veral moeilik gelyk vir werklose, manlike hoofde van families. Tradisionele
opvattings van geslagsrolle het tydens die 1930’s geheers; gevolglik was daar verwag van
mans om die broodwinners van hul gesinne te wees. Werklose mans het gevoel asof hulle
mislukkings was as gevolg van hul onvermoë om voorsiening vir hul families te maak.
Sulke gevoelens van ontoereikendheid was vererger toe die mans die vernederende
ervaring moes verduur van aansoek doen vir verligting, dikwels nadat hulle hul spaargeld
opgebruik het. Werklose mans het dikwels by hul huise rond gehang tot die irritasie van
hul vrouens… Kinders van arm gesinne, wat hul herinneringe van gesinslewe in die 1930’s
herroep, het dikwels hul vaders as emosioneel afsydig en gevoelloos beskou. Sommige
werklose mans het hulle toevlug na drank geneem….
[Vryelik vertaal en aangepas vanuit: http://ic.galegroup.com/ic/uhic. Toegang verkry op 10 April 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2016)
BRON 2C
Hierdie visuele bron toon mense wat in ʼn lyn staan vir kos by een van die sopkombuise
wat die behoeftiges tydens die Groot Depressie gehelp het. In die agtergrond is ʼn reuse-
advertensiebord wat die Amerikaanse droom uitbeeld. Let op die inherente
teenstrydigheid.
WORLD’S HIGHEST STANDARD OF LIVING /
WÊRELD SE HOOGSTE LEWENSSTANDAARD
THERE IS NO WAY LIKE THE AMERICAN
WAY /
DAAR IS GEEN MANIER ANDERS AS DIE
AMERIKAANSE MANIER
[Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.sahistory.org.za/article/great-depression-usa-grade-11. Toegang
verkry op 13 April 2016]
BRON 2D
Die bron toon die oneffektiewe stappe wat Hoover aangeneem het om te deel met die
krisis wat deur die Groot Depressie veroorsaak was. Dit was ʼn geval van te min te laat.
Die Republikeinse regering onder Hoover het ʼn aantal maatreëls geïmplementeer om die
Groot Depressie teen te staan. Onmiddellik na die ineenstorting van die aandelemark het
Hoover alle Federale departemente gedirigeer (opdrag gegee) om openbare werke te
bespoedig om werk te skep. In 1931 het hy die Heropbou-Finansies Korporasie (RFC)
gestig om fondse aan banke, bou- en leningsverenigings, landbou-koöperasies en
spoorweë wat in die moeilikheid was te voorsien. Na ʼn ineenstorting van die Europese
ekonomie in 1931 het hy ook die betaling van internasionale skuld terugbetalings aan die
VSA opgeskort.
In 1932 toe die plaaslike regerings weens ʼn geldtekort nie die werkloses kon help nie, het
die regering $ 300,000,000 aan lenings beskikbaar gestel om mense in poste te hou. Maar
Hoover het die eise van die Demokrate geweier toe hulle vra dat die regering die geld na
die werkloses versprei. Ten spyte van Hoover se pogings was Amerikaanse burgers nie
oortuig dat hy effektief was nie. In die volgende verkiesing het hulle ʼn demokraat –
President Roosevelt – verkies.
[Vryelik vertaal en aangepas vanuit: Making History Grade 11 deur Defterios, R et al, Heinemann, 2006]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9
VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU
HOE WAS DIE MENSEREGTE VAN MINDERHEISGROEPE GESKEND IN NAZI-
DUITSLAND VANAF 1933 TOT 1945?
BRON 3A
Hierdie bron verduidelik die vroeë stadiums van Hitler se bewindsoorname in Duitsland
en dit gee ook insig in die uitsluiting van sekere rasse uit die sogenaamde Duitse
heersersras.
Op 30 Januarie 1933, was Adolf Hitler vernoem tot kanselier, die magtigste posisie in die
Duitse regering, deur die bejaarde President Hindenburg, wie gehoop het dat Hitler die
nasie kon lei uit sy haglike politieke en ekonomiese krisis. Hitler was die leier van die regse
Nasionalistiese Sosialistiese Duitse Werkersparty (genoem “die Nazi-party”). Die Nazi-
party was uiters anti-Semitisties. Dit was, teen 1933, een van die sterkste partye in
Duitsland, selfs al het ... die Nazi's slegs ʼn pluraliteit van 33 persent van die stemme in
die 1932 verkiesings vir die Duitse parlement (Reichstag) gewen.
Toe hy aan bewind kom, het Hitler vinnig beweeg om die Duitse demokrasie te beëindig.
Hy het sy kabinet oortuig om die noodklousules van die grondwet op te roep wat die
opskorting van individuele vryhede van die pers, spraak en vergadering toegelaat het...
Die Magtigingswet van 23 Maart 1933 ... het Hitler diktatoriale magte gegee. Die Nazi's
het ook in 1933 hul rasse-ideologie in die praktyk gestel. Die Nazi's het geglo dat die
Duitsers “ʼn meerderwaardig ras” was en dat daar ʼn stryd tussen hulle en minderwaardige
rasse was. Hulle het die Jode, Roma (sigeuners) en die gestremde beskou as ʼn ernstige
biologiese bedreiging vir die suiwerheid van die “Duitse (Ariese) Ras,” wat hulle die
heersersras genoem het.
Sowat 525 000 Jode in Duitsland was die hoofteiken van Nazi-haat. Die Nazi's het die
Jode geïdentifiseer as ʼn ras en die ras as “minderwaardig” gedefinieer. Hulle het ook haat-
oorlogsoekende propaganda bepleit wat die Jode onregverdig geblameer het vir Duitsland
se ekonomiese depressie en nederlaag in die Eerste Wêreldoorlog (1914 – 1918)
[Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.myjewishlearning.com/article/1933-1939. Toegang verkry op 16
April 2016.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2016)
BRON 3B
Die bron bestaan uit twee uittreksels oor die impak van die Nurembergwette op die Jode
en die Sigeuners.
Uittreksel 1: Hierdie koerantartikel fokus op hoe die Nurembergwette met die
proses van diskriminasie teen die Duitse Jode begin het.
NUUS UIT DUITSLAND 1935
New York Herald Tribune, 16 September 1935
“Die skande van Nuremberg” deur Rudy Barnes
NUREMBERG, Duitsland, 15 September 1935. Streng nuwe wette wat Duitse Jode
ontneem het van al die regte van Duitse burgers is op besluit deur ʼn juigende Reichstag
(Duitsland parlement) hier vanaand na ʼn toespraak deur kanselier Adolf Hitler. Vanaand
se dekrete is van die mees radikale maatreëls wat geneem was sedert die Nazi's aan
bewind gekom het twee en ʼn half jaar gelede. Die nuwe wette, wat in werking tree gaan
op 1 Januarie help om die anti-Joodse deel van die Nazi-program te verwesenlik. Hulle
word beskryf as 'Wette vir die beskerming van Duitse bloed en eer.’ Soos gelees voor die
Reichstag deur die president van die wetgewende liggaam, is hulle:
1. Huwelike tussen Jode en Duitse burgers verbode.
2. Fisiese kontak tussen Jode en Duitsers is verbode.
3. Jode word nie toegelaat om in hul huishouding Duitse dienaars onder die
ouderdom van 45 aan te neem nie.
4. Jode is verbied om die swastika embleem (nou die landsvlag) te hys.
Oortreding van enige van die eerste drie wette is strafbaar met gevangenisstraf en harde
arbeid. Skending van die vierde wet is strafbaar met gevangenisstraf. Vanaand se sitting
van die Reichstag was onverwags deur Hitler uitgeroep. Die Reichstag, wat nou niks meer
is as ʼn rubberstempel, was nie tot orde geroep deur die President van die Reichstag om
09:00nm. Nadat die President oor die drie wette gepraat het, het hy die Reichstag gevra
vir eenparige goedkeuring. Ses honderd mans, die meeste van hulle in bruin uniforms het
opgespring …
Uittreksel 2: Vera Laska, ʼn ooggetuie, gee ʼn opsomming van die impak van die
Nurembergwette op Sigeuners.
Sigeuners is amptelik geklassifiseer as ʼn nie-Ariese ras deur die Nurembergwette van
1935, wat ook eerstens die Jode geklassifiseer het; beide groepe was verbied om met
Duitsers te trou. Sigeuners was later as a-sosiaal bestempel in 1937… Twee honderd
Sigeuner mans was toe per kwota gekies en opgesluit (aangehou onder geweldige
gevangenis voorwaardes) in die Buchenwald konsentrasiekamp. Sigeuners was verbied
om vryelik te beweeg en was in laers gekonsentreer in Duitsland in 1939, wat later (1941)
omskep was in omheinde ghetto’s, waarvandaan hulle opgeneem was vir vervoer deur
die kriminele polisie (met die hulp van honde) en na Auschwitz gestuur was (berugte
konsentrasiekamp) in Februarie 1943.
[Vryelik vertaal en aangepas vanuit: Women In The Resistance And In The Holocaust: The Voices Of
Eyewitnesses deur V Laska, ed.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11
BRON 3C
Hierdie bron fokus op Herman Goering (Hitler se adjunk) se pogings om ʼn oplossing te
vind vir wat hy na verwys het as die “Joodse Vraag”.
Deur sy belange in die ekonomie van Ariesinasie (Joodse eiendom en ondernemings wat
onder Duitse beheer geplaas was), en die gebruik van Joodse arbeid in
konsentrasiekampe, was Goering onlosmaaklik (heeltemal) vasgevang in die poging om
ʼn oplossing vir die “Joodse Vraagstuk” te vind. In die winter van 1938-9 het hy magte om
die ekonomiese uitbuiting van die Joodse bevolking te organiseer, verkry. Met die wyer
kwessie van wat om te doen met die Jode dus uitgesluit vanuit die openbare lewe het hy
Heydrich en die SS (Nazi-party militêre polisie), gedelegeer onder sy losse toesig. Goering
was eers aangetrokke oor die idee van die verdrywing alle Duitse Jode na Madagaskar of
na die Westerse moondhede… Na die uitbreek van die oorlog het die inbeslaglegging van
Joodse bates vermeerder asook die uitbuiting van Joodse arbeid. Dit was gedurende die
“reiniging” van die Europese ekonomie dat die Nazi-leierskap oorgegaan het na ʼn finale
oplossing vir die Joodse vraagstuk.
In die somer van 1941 het Goering vir Heydrich beveel om ʼn plan vir die oplossing van
die Joodse probleem deur enige beskikbare metode te vind. Heydrich het dit aangekondig
by die Wannsee-konferensie op 29 Januarie 1942 deur gebruik te maak van ʼn carte
blanche (vryheid om te doen wat jy wil) vanaf die beweging se leierskap om voort te gaan
met die uitwissing (totale vernietiging).
[Vryelik vertaal en aangepas vanuit – Goering, Hitler’s Iron Knight deur R Overy]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2016)
BRON 3D
Hierdie bron toon oorlewendes van die Buchenwald konsentrasie-kamp in hul barakke
na die bevryding deur die Geallieerde magte in op 16 April 1945.
[Vanuit: www.history.com/holocaust-concentration-camps. Toegang verkry op 18 April 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13
ERKENNINGS
Ekstrakte en visuele bronne in hierdie addendum gebruik is geneem of aangepas
uit die volgende publikasies.
Defterios, R et al 2006, Making History Grade 11, (Heinemann)
Laska, V ed Women In The Resistance And In The Holocaust: The Voices Of
Eyewitnesses
Overy, R Goering, Hitler’s Iron Knight
Reed, J Ten Days That Shook The World, 1919
http/ic.gaegroup.com/ic/uhic
http://www.history.com/holocaust-concentration-camps
http://www.myjewishlearning.com/article/1933-1939
http://www.sahistory.org.za/article/great-depression-usa-grade-11
http://www.sparknotes.com/history.european.russianrev
http://www.spartacus-educational.com/RUSmarchR.htm
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Eng)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Eng)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 Memo (Eng)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 QP (Eng)
More from Grade 11 History

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo (English)

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum