Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Addendum
Grade 11 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016 · Afrikaans. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WATTER FAKTORE HET TOT DIE GROEI VAN SWART-
NASIONALISME IN SUID-AFRIKA BYGEDRA?
BRON 1A
Hierdie uittreksel fokus op die algemene benaderings tot Pan-Afrikanisme wat
reeds in die 15de eeu en daarna opgespoor kan word.
Pan-Afrikanisme is ʼn algemene term vir verskillende bewegings in Afrika wat as
hulle gemeenskaplike doel het die eenheid van Swartes en die uitskakeling van
kolonialisme en wit heerskappy (oorhand) vanaf die vasteland.
Daar is twee algemene benaderings tot Pan-Afrikanisme, naamlik die Afrosentriese
en Eurosentriese benaderings. Die Afrosentriese benadering postuleer dat die
historiese stryd van Swartes teen eksterne aggressie, uitbuiting, beroep en
oorheersing nie met Europese kontak begin het of met die inval (skielike aankoms)
in Afrika in die vyftiende eeu nie, maar in die VC era.
Aan die ander kant, beskou die Eurosentriese verduideliking Pan-Afrikanisme as ʼn
idee wat ontaard (begin) het in reaksie op Europese slawerny en kolonialisme. Pan-
Afrikanisme word algemeen beskou as ʼn 20ste-eeu beweging, selfs al kan dit terug
gespoor word ver in die 15de eeu en daarna.
[Geneem uit Gaines Junction: Undergraduate Interdisciplinary Journal of History Giselle D. Aris,
‘Pan-Africanism: Competing Interpretations’, (Vol. 3, Nr.1)]
BRON 1B
Hierdie tabel toon die groei in die getal nywerheidswerkers tussen die jare
1938–1939.
1938–1939 1944–1945
Blanke mans 116 193 130 415
Blanke vroue 28 645 35 104
Swart mans 196 178 299 334
Swart vroue 11 484 23 808
[Bron: Making History Grade 12, Friedman, Mashini and Johannesson, 1998, bl. 54]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1C
Hierdie foto toon lang rye mense wat werk toe loop tydens die busboikot van 1944
in Alexandrië.
[Bron: Gepubliseer in die The Star, 1944]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 2: WAT WAS DIE PERSPEKTIEWE VAN MIDDE-OOSTERSE
LEIERS OP DIE VLUGTELING-PROBLEEM IN DIE MIDDE-
OOSTE?
BRON 2A
Die wyle Egiptiese president Anwar Sadat het in sy historiese toespraak aan die
Israeliese Knesset op 20 November 1977 verklaar:
“Ons sal nie enige praat oor volhoubare en duursame vrede aanvaar nie ... terwyl
jy nog steeds Arabiese land beset met militêre mag. ... Soos vir die Palestynse
kwessie, niemand ontken dat dit die kern van die probleem as ʼn geheel is nie. ...
Daar is geen nut om nie die Palestynse volk, asook hul eie reg om hul vaderland
te stig en hul reg om terugkeer, te erken nie.”
[Aangepas uit Stephen P Halbrook, The Journal of Liberation Studies, The Alienation of a
Homeland: How Palestine Became Israel, Vol. V, Nr. 4 (Herfs 1981), bl. 357]
BRON 2B
Hierdie bron gee die kommentaar deur Yitshak Rabin (premier) op die viering
van die ondertekening van die Israeli-Palestynse Verklaring van Beginsels.
Washington, 13 September, 1993
Mnr die President, dames en here,
Laat my toe om aan julle te sê, die Palestyne: Ons is bestem om saam te leef op
dieselfde grond, in dieselfde land. Ons, die soldate wat terugkom vanaf die geveg
gevlek met bloed, ons wat gesien het hoe ons familie en vriende vermoor was
voor ons oë, ons wat hul begrafnisse bygewoon het en nie in die oë van hul ouers
kan kyk nie, ons wat kom uit ʼn land waar ouers hul kinders begrawe, ons wat teen
julle die Palestyne oorlog gevoer het:
Ons sê vir julle vandag in ʼn groot en helder stem: Genoeg van bloed en trane.
Genoeg. Ons het geen begeerte om wraak te neem nie. Ons koester geen haat
teenoor jou nie. Ons, soos jy, is mense wat ʼn huis wil bou, ʼn boom wil plant, wat
lief wil hê, wat langs mekaar wil lewe met jou in waardigheid, in empatie (verstaan
iemand anders se gevoelens), as mense, as vry mense. Ons gee vandag vrede
ʼn kans, en sê weer vir jou: Genoeg. Kom laat ons bid dat ʼn dag sal aanbreek
wanneer ons almal sal sê: Vaarwel aan die wapens.
[Geneem uit http://www.ijs.org.au. Toegang op 6 Junie 2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
BRON 2C
Hierdie uittreksel spreek die vlugteling-probleem van beide Palestyne en Jode
aan soos deur die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu in 2011 gestel.
Die vlugteling-probleme [m.a.w. Joodse en Palestynse vlugtelinge] is gevestig in
hierdie twee onderskeie lande – die kwessie van die Palestynse vlugtelinge sal
opgelos word in die Palestynse staat en nie in Israel nie. Net soos die vraag van
die Joodse vlugtelinge wat veroorsaak was deur dieselfde Arabiese aanslag op
Israel in 1948, opgelos was binne die Joodse staat. Die Arabiese aanval, die
aanval van vyf Arabiese weermagte, met die Palestyne, op die embrioniese
(moederlike) Joodse staat het twee vlugteling probleme veroorsaak. Ongeveer
650,000 Palestynse vlugtelinge en ʼn ietwat groter aantal Joodse vlugtelinge was
uit Arabiese lande verban. Die kleine Israel het al die Joodse vlugtelinge
geabsorbeer en die groot Arabiese wêreld het geweier om die Palestynse
vlugtelinge te absorbeer, en het nog geregtigheid of gesonde verstand mandate
geneem (amptelike bevoegdheid om iets te doen) wat 63 jaar later die Arabiese
wêreld of die Palestyne na ons sal kom en sê: Absorbeer nou die agter-agter-
kleinkinders van hierdie deel van die vlugtelinge probleem wat onsself geskep het.
Die oplossing vir die vlugtelinge-probleem, beide in ʼn praktiese sin en in die
kwessie van geregtigheid moet in die Palestynse staat aangespreek word en nie
in die een en enigste Joodse staat nie.
[Bron: June 28, 2011 – Benjamin Netanyahu, MS . Toegang op 6 Junie 2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2016)
BRON 2D
Hierdie foto en uittreksel toon die kwessie van Palestynse vlugtelinge na die Eerste
Arabiese-Israeli oorlog.
VISUELE BRON
Driekwart miljoen Palestyne het vanaf hul huise gedurende die oorlog gevlug.
GESKREWE BRON
MENING 1:
SACHAR (pro-Palestynse verslaggewer): Geen Arabiese regering het hierdie mense
beveel om te vlug nie. Inteendeel, hulle het hulle beveel om net daar te bly, om onder
geen omstandighede hul grondgebied aan die Jode oor te gee nie. Dit is ʼn mite om te
aanvaar dat hierdie mense vrywillig geloop het.
MENING 2:
MORRIS (anti-Palestynse verslaggewer): Vir goeie militêre redes wou die Israeli’s
duidelike lyne van kommunikasie agter die lyne (oorlogsfronte) hê. Hulle wou nie
skerpskutters hê nie Hulle wou nie hê dat guerrillas (lede van nie-amptelike militêre
groepe) agter die lyne werksaam wees nie. So hulle wou ontslae raak van Arabiese
gemeenskappe. So was daar uitsettings (bevele om die land amptelik te verlaat) in
verskillende gebiede.
[Geneem van The Cold War, D. Heate]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
VRAAG 3: WAT WAS DIE OORSAKE EN IMPAK VAN DIE BANTOE-
ONDERWYSWET VAN 1953 OP SWART STUDENTE?
BRON 3A
ʼn Uittreksel oor Bantoe-onderwys wat die rol van die Departement van
Naturellesake reflekteer.
Swart skoolopleiding was nog nie vry of verpligtend soos dit vir blankes was nie.
Sekerlik was onderwysvoorsiening vir Swartes voor hierdie tydperk ongelyk en die
meeste staatskole het wit en Swart leerlinge geskei. Maar die Bantoe
Onderwyswet het alle swart skole onder die beheer van die Departement van
Naturellesake gebring en dus onafhanklike sending instellings uitgefaseer wat
voorheen die voortou met swart onderwys geneem het. Dit het ook ʼn eenvormige
kurrikulum opgelê wat afsonderlike ‘Bantoe kultuur’ aangemoedig het en
doelbewus studente vir niks meer as handearbeid voorberei het.
[Geneem vanuit Key History for GCSE: Teacher’s Guide]
BRON 3B
Hierdie tabel reflekteer die bedrag geld in Rand wat gespandeer was op die
opvoeding van elke Swart, Kleurling, Indiese en Blanke kind tussen 1953/54 en
1975/76.
APARTE EN ONGELYKE ONDERWYS GEIMPLEMENTEER
Jaar Swart Kleurling Indiër Blanke
1953/54 17 40 40 128
1969/70 17 73 81 282
1975/76 42 140 190 591
[Aangepas van The Right to Learn deur P. Christie]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2016)
BRON 3C
Hierdie bron dui aan hoe Swart leerders ernstige opvoedkundige probleme
tydens leer en onderrig in die 1950’s ervaar het.
Bespeeding op Bantoe-onderwys het toegeneem in die laat 1960’s, nadat die
apartheidsregering ʼn behoefte aan ʼn opgeleide Swart arbeidsmag gesien het.
Deur dit het meer Swart kinders skoolgegaan as onder die ou sendingstelsel van
onderwys, hoewel hulle erg ontneem was van fasiliteite in vergelyking met
opvoeding van ander rasse, veral blankes.
Nasionaal,het leerling-onderwyser-verhoudings in Swart skole vanaf 46 : 1 in 1955
tot 58 : 1 in 1967 toegeneem. Die klaskamers was oorvol en op ʼn rotasie-basis
gebruik. Daar was ook ʼn gebrek aan onderwysers, en baie van diegene wat
geonderrig het was onder-gekwalifiseerd. In 1961, het net 10 persent van swart
onderwysers ʼn matrieksertifikaat gehad. Swart onderwys het in wese versleg, met
onderwysers wat minder gekwalifiseerd as hul studente was.
[Bron: http://sahistory.org.za. Toegang op 6 Junie 2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
BRON 3D
Hierdie bron beeld skoolkinders en hul ouers uit wat teen die Bantoe Onderwyswet in
1954 protesteer.
.
Ongeveer 7 000 kinders was uit die skool geskors omdat hulle protesteer het. Die
ANC het ʼn beroep gedoen vir die boikot van skole wat op 1 April 1954 moes begin. In
die meeste plekke het die boikotte vir slegs ʼn paar weke aangehou omdat ouers nie
wou hê dat hul jong kinders enige onderwys moes misloop nie. Soos een Swart
moeder gesê het oor Bantoe-onderwys, “ʼn Halwe brood is beter as niks”.
[Geneem vanuit Viva History, 2012, bl. 314]
DUS TYD OM WAKKER ONS WIL REGTIG HULP HÊ
TE SKRIK SWARTES
KINDERS MOET NIE GIF
DRINK NIE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2016)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Angier KL, et al, 2012, Viva History, bl. 314 (Vivlia publiseerders)
Cloete, B. et al, 2012, Spot On (Heinemann)
Frank. F. 2012. New Generations (New Generations publiseerders)
Gaines Junction: Undergraduate Interdisciplinary Journal of History Giselle
D.Aris, ‘Pan-Africanism: Competing Interpretations’, (Vol. 3, Nr.1).
Graves et al 2006, Moments in History Grade 11, p136 (Juta publiseerders)
Heate, D, The Cold War (Heinemann)
http://www.ijs.org.au. Toegang op 6 Junie 2016 verkry.
http://sahistory.org.za. Toegang op 6 Junie 2016 verkry.
Internet source: anc.org.za – Toegang op 6 Junie 2016 verkry.
June 28, 2011 – Benjamin Netanyahu, MS Toegang op 6 Junie 2016
verkry.
Key History for GCSE: Teacher’s Guide
Kristie, P. (1991) The Right to Learn: The Struggle for Education in South Africa.
Johannesburg: SACHED/Ravan. Revised and Expanded Edition (reprinted 1992,
1994, 2006). – Sien meer byt:
http://www.education.uct.ac.za/edu/staff/academic/pchristie#sthash.fIX3Cfsl.dpuf
Stephen P Halbrook, The Journal of Liberation Studies, The Alienation of a
Homeland: How Palestine Became Israel, Vol. V, Nr. 4 (Herfs1981), bl. 357
The Mariners’ Museum/CORBIS Great Stock
www.newint.org.27June 2005. Toegang op 6 Junie 2016 verkry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Addendum
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum