Skip to content

History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1120229 pages

Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – SWART NASIONALISME VRAAG 2: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE VRAAG 3: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – SWART NASIONALISME VRAAG 5: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord die DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ’n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag moet óf ’n brongebaseerde vraag óf ’n opsteltipe vraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE ANC-JEUGLIGA (ANCJL) DIE OPKOMS VAN SWART NASIONALISME IN DIE 1940’s BEÏNVLOED? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Noem TWEE van die persone wat die ANC-Jeugliga gestig het. (2 x 1) (2) 1.1.2 Verduidelik wat die stigters van die ANCJL met die volgende stelling: “VRYHEID IN ONS LEEFTYD”, bedoel het. (2 x 2) (4) 1.1.3 Wat, volgens die bron, is oor die jeug se intensies/oogmerke tydens die ANC se konferensie opgemerk? (1 x 2) (2) 1.1.4 Verduidelik hoe nuttig hierdie bron sal wees vir ʼn historikus wat die invloed van die ANCJL op die beleid van die ANC bestudeer. (2 x 2) (4) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Waarom, dink jy, het die Provinsiale Uitvoerende Komitee van die ANC die woorde, “die uur van die jeug het aangebreek” op sy strooibiljette gebruik? (2 x 2) (4) 1.2.2 Definieer die begrip Swart Nasionalisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.2.3 Wat beteken/impliseer die stelling: “Afrika is die land van ʼn swartman” oor die filosofie/oortuigings van Anton Lembede? (2 x 2) (4) 1.2.4 Wat, volgens die bron, was die kritiek van die Jeugliga teenoor die ANC? (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) 1.3 Lees Bron 1C. 1.3.1 Waarom, volgens die bron, het mynwerkers besluit om te staak? (2 x 1) (2) 1.3.2 Waarom was die mynwerkers teen die kampong-stelsel gekant? (2 x 2) (4) 1.3.3 Lewer kommentaar op die stelling van die ou mynwerker: “Ons op die myne is alreeds dooie mans.” (1 x 2) (2) 1.3.4 Wat, volgens die bron, was die gevolge van die staking? (1 x 2) (2) 1.3.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die regering op die staking gereageer het. (2 x 2) (4) 1.4 Raadpleeg Bron 1D. 1.4.1 Watter boodskap word deur die foto oorgedra, rakende die impak wat Swart nasionalisme op swart Suid-Afrikaners gehad het? (2 x 2) (4) 1.4.2 Noem TWEE eise van die werkers. (Gebruik visuele leidrade op die foto om die vraag te beantwoord.) (2 x 1) (2) 1.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe die ANC-Jeugliga die opkoms van swart nasionalisme in die 1940’s beïnvloed het. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: HOE HET DIE SESDAAGSE OORLOG VAN 1967 TOT DIE KONFLIK IN DIE MIDDE-OOSTE BYGEDRA? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Wat, volgens die bron, was die grootste vonk vir die Sesdaagse Oorlog? (1 x 2) (2) 2.1.2 Noem die supermoondheid wat Egipte ingelig het dat Israel troepe na die noordelike grens van Sirië verskuif. (1 x 1) (1) 2.1.3 Volgens die bron, hoe het Abdel Nasser se ondersteuning vir sy bondgenote direk tot die uitbreek van die Sesdaagse Oorlog gelei. (3 x 1) (3) 2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik wat gedurende die Menseslagting (‘Holocaust’) met die Jode gebeur het. (2 x 2) (4) 2.1.5 Lewer kommentaar oor wat die Israeliete bedoel het met die volgende stelling: “Laat ons na die oorlog ontmoet. Waar? In ’n telefoonhokkie.” (2 x 2) (4) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Hoe, volgens die bron, het die Sesdaagse Oorlog begin? (1 x 2) (2) 2.2.2 Verduidelik of jy saamstem dat Israel die aggressor in die Sesdaagse Oorlog was. Staaf jou antwoord met relevante bewyse. (2 x 2) (4) 2.2.3 Volgens die bron, lys DRIE lande waar lugbasisse geplaas is. (3 x 1) (3) 2.3 Lees Bron 2C. 2.3.1 Noem die vredebehoudende liggaam wat ’n wapenstilstand op 10 Junie 1967 bemiddel het. (1 x 1) (1) . 2.3.2 Wie, volgens die bron, het die meeste slagoffers as gevolg van die Sesdaagse Oorlog gehad? (1 x 2) (2) 2.3.3 Hoe het die volgende lande na die Sesdaagse Oorlog gevoel? (a) Israel (1 x 2) (2) (b) Arabiese lande (1 x 2) (2) 2.3.4 Verduidelik wat die Arabiese leiers met die volgende stelling bedoel het: “Geen vrede, geen erkenning en geen onderhandeling” met Israel nie. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Watter boodskap word deur die spotprent aangaande die Sesdaagse Oorlog oorgedra? (2 x 2) (4) 2.4.2 Noem die land met die dolk in sy hand. (Gebruik ’n visuele leidraad uit die bron.) (1 x 2) (2) 2.4.3 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ’n historikus wat die redes vir die Israeliese oorwinning gedurende die Sesdaagse Oorlog bestudeer. (2 x 2) (4) 2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Sesdaagse Oorlog van 1967 tot die konflik in die Midde- Ooste bygedra het. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 7 VRAAG 3: WATTER ROL HET SUID-AFRIKAANSE VROUE GESPEEL OM APARTHEID IN DIE 1950’s TEEN TE STAAN? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.2 Lewer kommentaar op wat met die volgende stelling bedoel word: “Dit het baie mans, vroue en kinders, slawe in hul eie land gemaak,” in die konteks van die gevolge wat apartheid op die lewens van swart Suid-Afrikaners gehad het. (2 x 2) (4) 3.1.3 Noem die haglike omstandighede waartoe swart Suid-Afrikaners onder die apartheidsregering gedwing is om in te leef. (2 x 1) (2) 3.1.4 Haal ʼn sin uit die bron aan wat aandui dat hierdie aaklige toestande nie deur Suid-Afrikaners aanvaar is nie. (1 x 1) (1) 3.1.5 Waarom, dink jy, was die weerstand van wit- en swartmense teen apartheid verskillend? (2 x 2) (4) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Hoe, volgens die bron, het sommige vroue apartheid weerstaan? (1 x 1) (1) 3.2.2 Waarom, dink jy, het swart vroue besluit om bier te brou? (2 x 2) (4) 3.2.3 Waarom, volgens die bron, het Black Sash advieskantore geopen? (2 x 1) (2) 3.2.4 Lewer kommentaar oor waarom Black Sash nooit deur die apartheidsregering verbied/verban is nie. (1 x 2) (2) 3.3 Lees Bron 3C. 3.3.1 Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom baie vroue nog nooit vantevore by politieke protesaksies of betogings betrokke was nie. (2 x 2) (4) 3.3.2 Waarom, volgens die bron, het Suid-Afrikaanse vroue so sterk teen die Wet betoog? (1 x 2) (2) 3.3.3 Noem TWEE vroueorganisasies wat baie betogings/demonstrasies buite regeringskantore georganiseer het. (2 x 1) (2) 3.3.4 Lewer kommentaar oor waarom vroue die Uniegebou met ʼn gevoel van morele oorwinning verlaat het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) 3.4 Raadpleeg Bron 3D. 3.4.1 Watter boodskap word in hierdie foto rakende die Vroue-optog van 9 Augustus 1956 uitgebeeld? (2 x 2) (4) 3.4.2 Haal bewyse uit die bron aan wat die implementering van die paswette vir hierdie betogers sal beteken. (2 x 1) (2) 3.5 Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse in Bron 3D komplimenteer (ondersteun) rakende die redes waarom Suid-Afrikaanse vroue apartheid weerstaan het. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ʼn paragraaf van omtrent SES reëls (omtrent 60 woorde) en verduidelik die rol wat Suid-Afrikaanse vroue gespeel het om apartheid in die 1950’s te weerstaan. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 4: SWART NASIONALISME Bespreek krities hoe Swart Nasionalisme in Suid-Afrika van 1902 tot 1953 versterk is. Motiveer jou antwoord met relevante historiese bewyse vanaf 1902 tot 1953. [50] VRAAG 5: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE “Dit was Joodse nasionalisme wat uiteindelik tot die totstandkoming van die staat, Israel, gelei het.” Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met relevante bewyse. [50] VRAAG 6: WEERSTAND IN SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s “Die versetbeweging het in die 1960’s aggressiewer en gewelddadiger protesaksies teen die apartheidsregime geloods.” Verduidelik tot watter mate hierdie stelling akkuraat is deur na die verskillende vorme van weerstand in die 1960’s te verwys. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all