Skip to content

History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)

MemorandumHistoryGrade 11202220 pages

Grade 11 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 GESKIEDENIS V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Kognitiewe vlakke en vermoëns gedek gedurende die assessering van bron gebaseerde vrae: KOGNITIEWE GEWIGSTOE- VLAKKE HISTORIESE VAARDIGHEDE KENNING VAN VRAE • Onttrek inligting uit bronne • Selektering en organisering van 30% VLAK 1 relevante informasie uit bronne (15) • Definieer historiese data. • Eenvoudige interpretasie van die bronne • Verduidelik inligting ingesamel van die 50% VLAK 2 bron (25) • Analiseer bewyse vanuit die bron • Interpreteer en evalueer inligting en data uit bronne • Vra vrae oor vooroordeel, betroubaarheid en bruikbaarheid en 20% VLAK 3 beperking van bronne (10) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en persektiewe in die bron en maak ʼn onafhanklike afleidings. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aandui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien. 1.3 Assesseringsprosedure vir brongebaseerde vrae • Gebruik ʼn regmerkie (√) vir elke korrekte antwoord • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken(√√√√); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte tooegeken word (√√) • Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (√√√√) aangedui Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 3 Paragraafvraag Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (•) by elke punt binne in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te skryf, te evalueer. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is, aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die holistiese rubriek aangedui en lewer kommentaar, bv. ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________ _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf. • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt onder in die regterkantse kantlyn. 32 50 • Maak seker dat die punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaar voeg sodat dit vir hulle mooontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. • Wanneer oop, brongebaseerde vrae geassesseer word, moet leerders gekrediteer word vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) 2.3 Globale assessering van ʼn opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model’ antwoorde voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die leerder se interpretasie van die vraag • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun • Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument (beplande, gestruktureerde en het ʼn onafhanklike lyn van argument) 2.4 Assessering prosedures van ʼn opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer jy die opstel assesseer. 2.4.2 Gedurende die eerste lees van die opstel moet punte gegee word vir ʼn relevante inleiding, (aangedui deur ʼn kolpunt in die nasienriglyn) elk van die hoof punte/aspekte wat korrek gekontekstualiseer is (ook aangedui deur ʼn kolpunt in die nasienriglyne) en ʼn relevante slot, (aangedui deur ʼn bullet in die nasienriglyne). bv in ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is sal daar 7 punte wees. Hou die PEEL-struktuur in gedagte wanneer ʼn opstel geassesseer word. 2.4.3 P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. E Voorbeeld: Die kandidaat moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om met die argument vol te hou. L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 5 2.4.4 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word: • Inleiding, hoof aspekte en slot nie korrek Gekontekstualiseer • Verkeerde stelling • Irrelevante stelling •  Herhaling H • Analise A√ • Interpretasie I √l • Lyn van argument LVA 2. Die matriks 2.5.1 Gebruik die matriks vir die assessering van opstelle In die assessering van ʼn opstel moet die gegewe kriteria in die rubriek gebruik word. In die assessering van die opstel moet aandag gegee word aan beide die inhoud en die aanbieding. By die punt van kruising tussen die inhoud en die aanbieding, gebaseer op die sewe bevoegdheidsvlakke, moet ʼn punt gegee word. (a) Die eerste lesing van die opstel sal wees om te bepaal tot watter mate die hoofaspekte gedek is en om die inhoudsvlak te bepaal (in die rubriek). I VLAK 4 (b) Die tweede lesing van die opstel sal verband hou met die vlak van aanbieding (in die rubriek). I VLAK 4 A VLAK 5 (c) Gee ʼn algehele punt deur die matriks te gebruik I VLAK 4 A VLAK 5 30–33 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen AANBIEDING beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn om antwoord te poging om die gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en opstel te opstel. Goeie struktureer. opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie. sintese van gebruik om argument. Poog Grootliks argument is duidelike argument inligting. Het ʼn argument te om ʼn argument vol beskrywend of gevolg. Bewyse te ontwikkel. goed ondersteun. te hou. poog om argument gebruik om die gebalanseerde, Gevolgtrekking Slotsom bereik op argument te Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike gemaak uit bewyse grond van bewyse. verdedig. Poog om duidelik poging om ʼn argument ontwikkel ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te met bewyse. gevolgtrekking uit ondersteun. Argument die bewyse te bewyse nie. maak nie. INHOUD deurgaans maak om die volgehou en argument te verdedig. ondersteun. Onafhanklike gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17 beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE ANC-JEUGLIGA (ANCJL) DIE OPKOMS VAN SWART NASIONALISME IN DIE 1940’s BEÏNVLOED? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Walter Sisulu • Oliver Tambo • Nelson Mandela • William Nkomo • Mxolisi Majombozi • Anton Lembede • Congress Mbatha (Enige 2 x 1) (2) 1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Hulle het hul lewens aan die saak vir vryheid gewy • Hulle was bereid om hul lewens op te offer sodat alle Suid- Afrikaners vryheid kan verkry • Hulle was toegewyd om vryheid te kry of te sterf • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Groeiende militandheid (veglustigheid) onder die jeug (1 x 2) (2) 1.1.4 [Interpretasie van die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1A – V3] Die bron is NUTTIG omdat: • Die ANC het van ʼn konserwatiewe na ʼn meer progressiewe organisasie verander • Die ANC het meer militant in sy strategieë teen apartheid geword • Dit het ʼn massa-gebaseerde organisasie geword • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2 1.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Die jeug moet ʼn meer prominente rol in die stryd teen apartheid speel • Moedig die jeug aan om by die ANCJL aan te sluit • Dit gee ʼn meer militante toon oor hoe die ANCJL beplan om te funksioneer • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2.2 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 1B – V1] • ʼn Ideologie wat swartmense verenig in hul stryd teen koloniale en rassistiese onderdrukking in Afrika om vryheid en onafhanklikheid te verkry • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) 1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Hy was ʼn Afrikanis • Geglo dat swartes moet veg teen hul onderdrukking, sonder die hulp van blankes • Geglo dat selfbeskikking deur swartes self verkry moet word • Die witmense in Afrika is van Europese oorsprong en was die koloniste/onderdrukkers • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • ANC is as elitisties gesien • Nie ʼn doeltreffend georganiseerde blok nie • Gebrek aan ʼn konstruktiewe program om die herroeping van alle onderdrukkende wetgewing af te dwing (Enige 2 x 1) (2) 1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • Hoër lone geëis • Beter werkstoestande • Teen die afgryslike toestande in die kampongs (Enige 2 x 1) (2) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Dit het hul vryheid van beweging beperk • Dit het verhoed dat hulle kontak met hul vakbonde gehad het • Die kampongs was soos tronke, aangesien dit altyd bewaak was en op hulle gespioeneer is • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Baie mynwerkers is deur rotsstortings in die myne doodgemaak • Die stof in die myne het longsiektes veroorsaak wat die dood van baie veroorsaak het • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • Dit het die politieke denke binne die bevrydingsbeweging beïnvloed • Dit het beweeg van ʼn beleid van toegewings na ʼn meer dinamiese en militante vorm van stryd (Enige 1 x 2) (2) 1.3.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Wettelose polisie en die leër het die staking verpletter • 9 mynwerkers is dood en 1 248 is gewond • Mynwerkers is geslaan • Daar is op huise van vakbondlede en politieke beamptes toegeslaan • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 9 1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Toon dat werkers verenig is teen onregverdige apartheidswette • Mynwerkers is verenig teen die lae lone wat hulle ontvang • Werkers begin met meer militante optrede • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • Stemreg • Gelyke lone (2 x 1) (2) 1.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Jongmense het ongeduldig geraak oor hoe die Nasionale Bevrydingsbeweging op apartheid gereageer het (Bron 1A) • ANCJL het nuwe energie en veggees aan die National Liberation Movement gegee (Bron 1A) • ANCJL meer militant (Bron 1A en Bron 1B) • ANC omskep in ʼn massamobilisasiebeweging (Bron 1B) • ANCJL het die ouer lede van die ANC gekritiseer (Bron 1B) • Beklemtoon selfbeskikking van swartmense (Bron 1B) • Lembede het geglo in eksklusiewe nasionalisme (Bron 1B) • Gelei tot 1946-mynwerkersstaking (Bron 1C en Bron 1D) • Gebruik stakings, boikotte, wegbly en siviele ongehoorsaamheidstaktieke teen apartheid (eie kennis) • Program van Aksie wat in 1949 teen apartheid van stapel gestuur is • Enige ander relevante antwoord. Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die ANC-jeugliga die opkoms VLAK 1 van swart nasionalisme in die 1940’s beïnvloed het. Punte: 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die ANC-jeugliga die opkoms van swart VLAK 2 Punte: 3–4 nasionalisme in die 1940’s beïnvloed het. • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe die ANC-jeugliga die opkoms van swart nasionalisme in die 1940’s VLAK 3 Punte: 5–6 beïnvloed het. • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 2: HOE HET DIE SESDAAGSE OORLOG VAN 1967 TOT DIE KONFLIK IN DIE MIDDE-OOSTE BYGEDRA? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Grensgeskille (1 x 2) (2) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Sowjetunie (1 x 1) (1) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V2] • Hy het Egiptiese magte beveel om na die Sinai-skiereiland te vorder • Hy het ʼn vredesmag van die Verenigde Nasies wat die grens met Israel bewaak het, verdryf • Hy het Israeliese skeepvaart vanaf die Straat van Tiran verbied • Hy het ʼn verdedigingsverdrag met koning Hussein van Jordanië gesluit (Enige 3 x 1) (3) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Miljoene Jode was in Duitsland vermoor • Jode was oor die hele wêreld verspreid/diaspora • Jode was vervolg in sekere dele van Europa • Jode het in agterbuurtes gewoon • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Dat Israel die oorlog sal verloor • Baie van die Israeli’s sou doodgemaak word • Israel is ʼn klein land wat deur die Arabiese lande verslaan sou word • In die lig van hoeveel Israeliete daar sal oorbly • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • Toe die lugmag van Israel ʼn verwoestende reeks aanvalle op Egiptiese lugvelde van stapel gestuur het (1 x 2) (2) 2.2.2. [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] STEM SAAM • Israel het die eerste skote afgevuur • Israel kry militêre hulp van Amerika en kon die aanval op die Arabiese lande loods • Hulle het die lugbasisse van die Arabiese lande aangeval • Enige ander relevante antwoord VERSKIL / STEM NIE SAAM • Israel het geveg om sy onafhanklikheid te behou • Het gevrees vir ʼn herhaling van die Holocaust • Jode sal sonder ʼn vaderland gelaat word as hulle deur die Arabiere verslaan word • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 11 2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B - V1] • Egipte • Jordanië • Sirië (3 x 1) (3) 2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • Verenigde Nasies (1 x 1) (1) 2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • Arabiere (1 x 2) (2) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] (a) Jubelend/Juigend • Oorwinnaar • Gevul met nasionale trots • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) (b) Geskok • Verslaan • Skaam / Skande • Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) 2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – L2] Hulle impliseer dat: • Die oorlog teen Israeliërs sal voortduur • Hulle sal nie die onafhanklikheid van Israel erken nie • Hulle wou hul verowerde gebiede terug hê • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Dat Israel onverwags aangeval het • Israel het die Egipte / Arabiese leërs verslaan • Die Egiptiese leër was nie voorbereid op die aanval nie / onkant gevang • Enige ander relevante antwoord (Eige 2 x 2) (4) 2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Israel (1 x 2) (2) 2.4.3 [Evalueer die betroubaarheid van die bewyse uit Bron 2C – V3] Die bron is betroubaar omdat: • Toon aan dat Israel die oorhand in die oorlog (groot hand) gehad het. • Israel het onverwags aangeval • Israel het die aanval beplan en was militȇr meer georganiseerd • Meer Arabiere as Israeliete is tydens die oorlog dood • Die inligting in die strokieprent kan met die inligting in Bron 2B en Bron 2C geverifieer word. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) 2.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Grensgeskille het die Sesdaagse Oorlog begin (Bron 2A) • Abdel Nasser stuur troepe om Sirië te ondersteun (Bron 2A) • Nasser het die vredesmag van die Verenigde Nasies uitgesit en die Straat van Tiran vir Israeliese skeepvaart gesluit (Bron 2A) • Op 5 Junie 1967 het Israel Operasie Fokus van stapel gestuur (eie kennis) • Israel het ʼn verrassingsaanval op Egipte geloods en die lugveld op die grond vernietig (Bron 2B en Bron 2D) • Arabiese lande het gebiede aan Israel verloor (Bron 2C) • Selfbeeld en nasionalisme van die Arabiere vernietig (eie kennis) • Israel het minder ongevalle in die Sesdaagse Oorlog gehad (Bron 2C) • Arabiese lande belowe geen vrede, geen erkenning en geen onderhandeling met Israel nie (Bron 2C) • Het tot die uitbreek van die Yom Kippur-oorlog in 1973 gelei (Bron 2C) • Enige ander relevante antwoord. Gebruik die volgende rubriek om hierdie paragraaf te assesseer. • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die Sesdaagse Oorlog van 1967 tot die konflik PUNTE VLAK 1 in die Midde-Ooste bygedra het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die Sesdaagse Oorlog van PUNTE VLAK 2 1967 tot die konflik in die Midde-Ooste 3–4 bygedra het. • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe die Sesdaagse Oorlog van 1967 tot die konflik in die PUNTE VLAK 3 Midde-Ooste bygedra het. 5–6 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 13 VRAAG 3: WATTER ROL HET SUID-AFRIKAANSE VROUE GESPEEL OM APARTHEID TEEN TE STAAN IN DIE 1950's? 3.1 3.1.1 [Verduideliking van historiese konsepte uit Bron 3A – V1] • Die politieke, ekonomiese en sosiale skeiding van rasse op grond van hul velkleur • Afsonderlike ontwikkeling van verskillende rassegroepe • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] • Hulle het geen vryheid gehad nie • Hulle is onderdruk en teen gediskrimineer • Hulle het geen politieke, ekonomiese en sosiale regte gehad nie • Het nie dieselfde voorregte as wit Suid-Afrikaners geniet nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • Gedwing om na oorvol stede te trek waarvan die besoedeling en armoede hul dood veroorsaak het • Baie het gewerk vir lone wat skaars een individu aan die lewe kon hou • Geen geleentheid gebied om hulself deur ordentlike opvoeding te verbeter (Enige 2 x 1) (2) 3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • Dit het gelei tot ʼn stryd van weerstand teen die stelsel. (1 x 1) (1) 3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] • Blanke vroue het nie die vernedering onder apartheidswette verduur nie • Die meeste wit vroue het beter opvoedkundige geleenthede gehad as swart vroue • Hul leefwyse het verskil van dié van swart vroue • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • Bierbrouery (1 x 1) (1) 3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Dit het hulle in staat gestel om by hul kinders tuis te bly • Voorsien ʼn ekstra inkomste • Kan hul kinders van opvoeding voorsien • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) 3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] Mense gehelp met ʼn verskeidenheid take soos: • Op soek na pasboeke • Op soek na huise • Leer hoe om te lees (Enige 2 x 1) (2) 3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Die regering het nie geglo dat vroue effektief kan wees nie • Hulle is vermy en verstoot deur hul eie gemeenskappe • Hulle is as opruiend en aggressief beskou en het nie as ʼn organisasie gegroei nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Vroue wat by die ANC aangesluit het, het grootliks in die rolle van gasvryheid gedien • Daar is van hulle verwag om hul kinders tuis groot te maak • Hulle moes sorg vir die huishoudelike verantwoordelikhede • Deelname aan die publieke domein was vir mans gereserveer • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • Die effektiwiteit van die instromingsbeheerstelsel sou versterk word • Dit maak dit moeiliker vir hulle om stedelike verblyfreg te verkry (Enige 1 x 2) (2) 3.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • ANC-vroueliga • Federasie van Suid-Afrikaanse Vroue (2 x 1) (2) 3.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Dit het aan die apartheidsregering bewys dat vrouens nie die diskriminasie en onderdrukking meer sou aanvaar nie • Hulle stemme is gehoor dat hulle die paswette teenstaan • Hulle het vir baie mense hoop gegee dat apartheid geklop kon word • Is die grootste betoging wat deur vroue gereël is • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Dit wys hoe vroue teen die apartheidsregering betoog • Dit weerspieël die uitwerking wat die paswette op hul lewens sal hê • Wys dat vroue sterk, kragtig en veerkragtig is • Dui aan dat vroue ʼn meer aktiewe rol in die politiek sal begin speel • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 15 3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • Probleme • Aanval op hul huise • Beteken gebroke huise (Enige 2 x 1) (2) 3.5 [Vergelyking van Bronne 3C en Bron 3D – V3] • Bron 3C dui aan dat ʼn optog na die Uniegebou beplan is en Bron 3D toon dat die optog op 9 Augustus 1956 plaasgevind het • Bron 3C dui aan waarom hulle besluit het om teen die paswette te veg; omdat dit hul gesinslewe sal vernietig en Bron 3D toon die uitwerking wat die paswette op hul huise sal hê • Beide bronne dui aan dat vroue teen die paswette betoog het • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Vroue het in opstand gekom teen die haglike toestande wat deur apartheid veroorsaak is (Bron 3A) • Vroue het bier gebrou (Bron 3B) • Dit was in stryd met die wet dat Afrikane bier moes brou of drink (Bron 3B) • Vroue het die ekstra inkomste gebruik om hul kinders ʼn beter opvoeding te gee (eie kennis) • Black Sash het opgeruk teen die skending van individuele regte wat deur die Nasionale Party geïmplementeer is (Bron 3B) • Black Sash het swartmense op verskillende maniere gehelp (Bron 3B) • Wet op die afskaffing van Passe en Koördinasie het woede en protes onder swart vroue veroorsaak (Bron 3C) • Vroue-organisasies het veldtogte gereël (Bron 3C) • Vroue het lede van die ANC geword (eie kennis) • Vroue het ʼn aktiewe rol in die opstel van die Vryheidhandves gespeel (eie kennis) • Op 9 Augustus 1956 het 20 000 vroue na die Uniegebou opgeruk om teen die paswette te betoog (Bron 3C en Bron 3D) • Vroue het geprotesteer teen die impak wat die paswette op hul lewens sal hê (Bron 3D) • Enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) Gebruik die volgende rubriek om hierdie paragraaf te assesseer. • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor die rol wat Suid-Afrikaanse vroue gespeel het om PUNTE VLAK 1 apartheid in die 1950’s te weerstaan. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor die rol wat Suid-Afrikaanse vroue PUNTE VLAK 2 gespeel het om apartheid in die 1950’s te 3–4 weerstaan. • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. Demonstreer ʼn deeglike begrip oor die rol wat Suid- Afrikaanse vroue gespeel het om apartheid PUNTE VLAK 3 te in die 1950’s weerstaan. 5–6 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 17 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: SWART NASIONALISME [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.] SINOPSIS Kandidate moet krities bespreek of Swart Nasionalisme in Suid-Afrika vanaf 1902 tot 1953 versterk is. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en demonstreer hoe Swart Nasionalisme in Suid-Afrika versterk is. UITBREIDING • Begin as ʼn vorm van weerstand teen kolonialisme/segregasie • Vorming van die APO in 1902 deur dr. Abdurahman • Protesteer teen die uitsluiting van swartes vir die reg om te stem • Delegasie na Londen in 1905 om ʼn nie-rassige konsessie te bewerkstellig en diskriminasie te beëindig asook om swartes stemreg te gee – Brittanje ignoreer hierdie versoek • Vorming van die SANNC in 1912 om diskriminasie te weerstaan en politieke regte te wen • Die SANNC wou almal verenig wat deur blankes onderdruk was • Die SANNC het afgevaardigdes na Londen in 1914 gestuur om teen die Naturelle Grondwet te appelleer, maar was nie suksesvol nie • In 1923 het die SANNC sy naam na die ANC verander • Vorming van die ICU in 1919 wat die griewe van die swart dokwerkers aanspreek – veg teen die regering se beleid • Die ICU het massa-ondersteuning gehad – ANC het die ondersteuning van die elite-swartes gehad • Vorming van die SAKP wat swart werkers se griewe aanspreek • Verspreiding van onderwys lei tot die groei en bewustheid van idees van vryheid en demokrasie • Die invloed van die Tweede Wêreldoorlog – baie swartes wat betrokke was het vir vryheid en demokrasie geveg/Afrikaners het gehelp om die einde van diskriminasie na die oorlog te sien. • Atlantic Charter – het selfbeskikking ondersteun. • African Claims – dokument wat eis vir ʼn universele stemming, regverdige verdeling van grond en ʼn einde aan diskriminasie in die werkplek • Jong lede van die ANC word meer militant en vorm die ANC-jeugliga • ANC-jeugliga het die ANC daarvan beskuldig dat hy die elite verteenwoordig het en nie die massas nie • 1953 het die ANC die Vryheidshandves saamgestel vir ʼn demokratiese Suid- Afrika ongeag ras • Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 5: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet standpunt inneem of dit Joodse nasionalisme is wat uiteindelik tot die stigting van die staat Israel gelei het. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit. Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling nie en hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun. UITBREIDING • Die oorsprong van Arabiese en Joodse nasionalisme (agtergrond) ARABIESE NASIONALISME • Arabiese leiers het ʼn beroep gedoen op die idee van ʼn gemeenskaplike Arabiese taal en kultuur as ʼn manier om verenigde weerstand teen die Turkse regering te mobiliseer • Daar was kommer onder Arabiese gemeenskappe dat die Sionistiese setlaars hulle wou vestig in Arabiese lande met die uitsluiting van die Arabiere • Brittanje en Frankryk het belangstelling getoon in die Midde-Ooste en het met mekaar meegeding oor invloed • Dit het aanleiding gegee tot die Eerste Arabiese Nasionale Kongres en die publikasie van die Arabiese Nasionalistiese Manifesto • Uit hierdie kongres het ʼn los Arabiese nasionalistiese beweging ontstaan wat ʼn enkele verenigde Arabiese nasie wou skep wat onafhanklik van die Turkse regering was • Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het Brittanje die Arabiese nasionaliste aangemoedig om teen hul Turkse heersers te rebelleer • In ruil daarvoor was die Britte bereid om die onafhanklikheid van die Arabiere te erken en te ondersteun • Teen die einde van die Eerste Wêreldoorlog het die Arabiese leërs byna alle Arabiese lande van die Turkse regering bevry • Die Arabiere het verwag dat Brittanje sy belofte om Arabiese onafhanklikheid te steun, sou nakom, maar het ander planne gehad en het nie hul belofte gestand gedoen nie • Arabiese nasionalisme het ʼn sterk anti-Westerse houding begin aanneem en gefokus op die ontdoening van Westerse beheer in die Midde-Ooste • In die Midde-Ooste was daar wye teenstand teen die Britse en Franse bewind • Toenemende Joodse immigrasie in Palestina het daartoe gelei dat die Arabiese nasionalisme ʼn sterk antisionistiese en anti-Joodse karakter aangeneem het JOODSE NASIONALISME • In baie Europese lande het sterk rasse-, godsdienstige en nasionalistiese gevoel, versterk deur idees van ‘wetenskaplike’ rassisme, gelei tot verhoogde antisemitisme • In 1897, beïnvloed deur hierdie neigings, het ʼn groep Joodse leiers in Wes-Europa byeengekom tydens die eerste Sionistiese Kongres in Basel, Switserland • Die leier van die Sionistiese beweging was Theodore Herzl • Die doel van Sionisme is om ʼn toevlug vir die Joodse volk in die land Israel te skep Die Sioniste het geglo dat Jode ʼn ‘toevlug’ nodig het vir eeue se vervolging, en dat dit slegs bereik kon word as daar ʼn ‘nasionale tuisland’ vir die Joodse volk was Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 19 • Die beweging het homself na Sion vernoem, die Hebreeuse naam vir Jerusalem, en verwys na die Bybelse bewering dat die land Israel deur die God van Israel aan die Joodse volk gegee is. • Daar was twee hoofelemente in die Sionistiese strategie: o Een daarvan was om die Joodse immigrasie na Palestina aan te moedig o Die ander was om te werk vir erkenning vir ʼn nasionale tuiste vir die Jode onder Wes-Europese regerings DIE BALFOUR VERKLARING • In 1917 skryf die Britse Minister van Buitelandse Sake, James Balfour, aan Lord Rothschild, ʼn leier van die Britse Joodse gemeenskap, en belowe om Jode te help om ʼn Joodse staat in Palestina te stig. • Hierdie brief het as die Balfour-verklaring bekend geword • Die Balfour-verklaring het gebots met die belofte van Brittanje aan Arabiere dat Brittanje die Arabiese onafhanklikheid in die Midde-Ooste sou steun • Die Sioniste het die verklaring gesien as ʼn duidelike erkenning van Joodse aansprake • Na die Eerste Wêreldoorlog, het Brittanje se mandaat oor Palestina egter gesê dat Brittanje die bepalings van die Balfour-verklaring moet implementeer • Die Sioniste interpreteer die mandaat van die Volkebond as ʼn teken dat die internasionale gemeenskap die skepping van ʼn nasionale tuiste vir Jode in Palestina ondersteun • Die Palestynse Arabiere het die Balfour-verklaring en die mandaat verwerp Stigting van die staat Israel • Brittanje het Joodse immigrasie aangemoedig • Palestynse Arabiere eis dat die Joodse immigrasie beëindig word • Palestynse Arabiere het anti-Britse betogings gereël, wat gelei het tot gewelddadige botsings tussen Arabiese en gewapende Joodse groepe en die polisie • Brittanje het die Arabiese betogings onderdruk • Die Jode beskou hierdie aanvalle as ʼn teken van Arabiese antisemitisme, en vorm ʼn gewapende ‘selfverdediging’-milisie genaamd die Haganah • In 1936 tydens ʼn ander Palestynse opstand word Britse en Joodse teikens aangeval • In 1937 het Brittanje voorgestel dat Palestina verdeel sou word in ʼn Joodse staat en ʼn Arabiese staat • Jode het dit in beginsel gesteun, maar Arabiese Palestyne was teen verdeling gekant • Na die Tweede Wêreldoorlog het ʼn Joodse gewapende groep genaamd die Irgun die militêre hoofkwartier in Jerusalem opgeblaas en meer as 100 mense doodgemaak • Brittanje het die probleem aan die Verenigde Nasies (VN) oorhandig • Die VN het ʼn plan vir die verdeling van Palestina op grond van Britse voorstelle opgestel • Meer as die helfte van Palestina is aan die Joodse staat toegewys • Palestyne en hul Arabiese bondgenote het die VN-verdelingsplan verwerp • ʼn Burgeroorlog het uitgebreek en Brittanje het sy troepe uit Palestina onttrek • Op 14 Mei 1948 het David Ben-Gurion, die Joodse leier in Palestina, die staat Israel verklaar • Op 15 Mei 1948 breek die Eerste Arabiese-Israeliese oorlog uit • Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik in watter mate die versetbewegings in die 1960’s ʼn aggressiewer en gewelddadiger protesaksie teen die apartheidsregime geloods het. HOOFASPEKTE Inleiding: Kandidate moet hul standpunt inneem en aandui tot watter mate die stelling is akkuraat is en hul antwoord met relevante historiese bewyse ondersteun. UITBREIDING • Skeuring in die ANC • Vorming van die PAC • Maart 1960 – ANC en PAC het ʼn anti-pas veldtog gereël • Beplan om passe te verbrand en gearresteer te word • Betoog in baie dorpe • 21 Maart 1960 – 69 betogers is by Sharpeville geskiet • Die regering het ʼn noodtoestand ingestel • ANC en PAC was verban • Duisende was aangehou • ANC- en PAC-lede het in ballingskap gegaan • Gewapende stryd was aangeneem • Die ANC het MK gevorm • Die PAC het POQO gevorm • Die regering het strenger wette ingestel om onderdrukking te verpletter • Die polisie het op die MK-hoofkwartier in Rivonia toegeslaan • Die Rivonia-hofsaak van MK-leiers (bv. Mandela) • Tot lewenslange tronkstraf gevonnis • Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all