Skip to content

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)

MemorandumHistoryGrade 11202223 pages

Grade 11 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 GESKIEDENIS V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 23 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2022) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: GEWIGS- KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING VLAKKE VAN VRAE • Onttrek inligting uit bronne. • Selektering en organisasie van 30% VLAK 1 relevante inligting uit bronne. (15) • Definieer historiese begrippe/terme. • Interpretasie van bewyse uit bronne. 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne. (20) • Analiseer bewyse uit bronne. • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne. • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en 30% VLAK 3 beperkings vas te stel. (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓) • Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________ _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2022) 2.3 Globale assessering van die opstel Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model- antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument. • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun. • Die leerder se interpretasie van die vraag. 2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel. Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike hoofpunt. P Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou. Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 5 2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie I√ • Argument LOA 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Vraag herkenbaar in antwoord. Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2022) NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die gestruktureerde om antwoord te opstel. Goeie gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te sintese van opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie. gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het ʼn argument is duidelike argument gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol beskrywend of goed te ontwikkel. gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument gebalanseerde, Gevolgtrekking argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike gemaak uit bewyse verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn argument ontwikkel met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te Argument gevolgtrekking uit ondersteun. die bewyse te bewyse nie. maak nie. deurgaans maak om die volgehou en INHOUD argument te verdedig. ondersteun. Onafhanklike gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17 beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET STALIN SE VYFJAARPLANNE RUSLAND TOT ’N GEÏNDUSTRIALISEERDE STAAT TEEN 1939 OMSKEP? 1.1 1.1.1 [Definisie van historiese konsep in eie woorde uit Bron 1A – V1] • Die transformasie van ʼn landbou-ekonomie na ʼn een wat op die vervaardiging van goedere gebaseer is. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – L1] • ‘die Sowjetunie sou homself nie kon verdedig teen ʼn inval vanuit kapitalistiese lande in die Weste nie’ (1 x 2) (2) 1.1.3 [Definisie van historiese konsep in konteks van Bron 1A – V2] • Samesmelting van klein plase in groot plase genaamd kommunes • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2 • Boerdery het masjinerie nodig gehad om die landbougrond te bewerk • Landbou-massaproduksie het tegnologiese ontwikkelings in olie- en petrolbedrywe genoodsaak. • Kollektiewe plase het elektrisiteit nodig gehad, daarom is kragstasies gebou. • Stalin het die winste van landbou gebruik om die ontwikkeling van nywerhede te finansier. • Die rou landbouprodukte moes na verbruikersgoedere omgeskakel word. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.1.5 [Bepaling van bruikbaarheid van Bron 1A – V3] Die bron is bruikbaar tot ʼn groot mate omdat: • Dit verklaar dat Stalin Rusland teen ʼn aanval van kapitalistiese lande wou beskerm. • Dit verklaar dat Rusland ʼn agterlike land was, daarom wou Stalin Rusland in ʼn supermoondheid omskep. • Dit verduidelik hoe Stalin landbou as basis vir industriële ontwikkeling gebruik het. • Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2022) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Het die primêre klem op swaar industrie voortgesit (1 x 2) (2) 1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Industrie kon nie sy produksieteikens bereik nie • Landbou-opbrengste was laer in vergelyking met 1928- opbrengste (2 x 1) (2) 1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Die landbouproduksie het met net minder as 54% gestyg. • Bruto industriële produksie het meer as verdubbel • Die Russiese verdedigingsbedryf verander en verbeter • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Rusland het swaar nederlae tydens die Eerste Wêreldoorlog gely • Rusland verloor die grootste aantal lewens tydens die Eerste Wêreldoorlog • Die kapitalistiese buurstate het nie as ʼn buffer opgetree nie • Stalin was bang dat Rusland weer in toekomstige oorloë verslaan sou word • Stalin wou Rusland as ʼn kommunistiese staat beskerm en na omsien • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • 18,3 (1 x 2) (2) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Die Tweede Wêreldoorlog het begin • Rusland was besig om om haarself voorberei om teen Duitse aggressie te beskerm • Die toename in yster- en staalproduksie het die vinnige produksie van bewapening vergemaklik • Stalin wou hê dat Rusland haarself teen kapitalistiese lande moes beskerm • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Die produksie van steenkool het toegeneem • Meer fabrieke is gebou • Behuisingsontwikkeling het toegeneem • Produksie van elektriese goedere het toegeneem. • Die bou van hidro-elektriese damme het elektrisiteitstoevoer verhoog • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 9 1.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1A en 1C – L3] • Bron 1A verklaar dat die doel van die Vyfjaarplan was om op yster en staal te konsentreer, terwyl Bron 1C die toename in die produksie van yster en staal toon. • Bron 1A verklaar dat olie- en kragstasies nodig was vir industrialisasie wat duidelik in die Bron 1C aangedui word waar olie- en elektrisiteit uitset geweldig toegeneem het. • Bron 1A verklaar dat Rusland haarself van kapitalistiese lande moes verdedig en dit word ondersteun deur die toename in die aantal tenks en vegvliegtuie in Bron 2C • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • Die Sowjetunie kon ʼn groot rol in die nederlaag van Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog speel. (1 x 1) (1) 1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • ‘verbeterde toevoer van elektrisiteit’ • ‘groter aantal masjiene gebou.’ • ‘byna alle swaar nywerhede het aansienlike toenames in produksie geniet.’ • ‘Daar was baie grootskaalse industriële- en bou-ontwikkelings, soos die Dnieper dam, die Moskou-metro en die staalwerke by Magnitogorsk, Gorky en Kutznetsk.’ • ‘Die lewe vir baie gewone Russe het ná 1917 verbeter.’ • ‘Hulle het stad-behuisingskemas gehad’, • ‘universele gesondheidsorg’, • ‘pensioene en siektevoordele’ • ‘Vanaf 1934 was dit verpligtend vir kinders om elf jaar van onderwys te ontvang.’ • ‘Ongeletterdheid het van ongeveer 50% in 1924 tot 19% in 1939 gedaal.’ • Die USSR was ook grootliks vry van die werkloosheid • Enige ander relevante antwoord (Enige 3 x 1) (3) 1.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Om ongeletterdheid uit te wis • Om ʼn geskoolde arbeidsmag te skep. • Om Russe met kommunistiese ideologie te indoktrineer • Om sosiale euwels in die Russiese samelewing te verminder • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.5.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Gewone burgers het nie baat gevind by die rykdom wat deur industrialisasie gegenereer is nie • Die regering het die winste van die nywerhede en landbou gebruik om verdere ontwikkeling te finansier • Die regering het die opbrengs van die ekonomie gebruik om die Russiese leër te ontwikkel en te moderniseer vir toekomstige beskerming van kapitalistiese lande. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2022) 1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende as punte gebruik om die vraag te beantwoord: • Stalin aanvaar die behoefte aan kollektivisering en industrialisasie (Bron 1A) • Landbou is versamel en gemeganiseer (Eie kennis en Bron 1A) • Kragstasies en olievelde is ontwikkel (Bron 1A en 1D) • Staatsbeheer oor die ekonomie om industrialisasie te dryf (Eie kennis) • Stalin het vinnige industrialisasie geëis om ʼn inval uit kapitalistiese lande te voorkom (Bron 1A en 1D) • Vyfjaarplanne beklemtoon swaar bedryf (Bron 1B en 1D) • Meer verbruikersgoedere is geproduseer (Bron 1B) • Russiese verdediging ontwikkel en gemoderniseer (Bron 1B en 1C) • Dnieper-dam verskaf hidro-elektriese krag (Bron 1C en 1D) • Verpligte onderwys het ongeletterdheid uitgeskakel (Bron 1D) • Produksie van steenkool verdubbel – verskaf meer elektrisiteit (Bron 1C) • Enige ander relevante antwoord. Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon min of geen begrip oor hoe die Vyfjaarplanne Rusland in ʼn geïndustrialiseerde staat teen PUNTE VLAK 1 1939 omskep het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag doen nie. • Bewyse is meestal relevant en hou tot ʼn groot mate verband met die onderwerp bv. ʼn mate van begrip van hoe die Vyfjaarplanne Rusland PUNTE VLAK 2 teen 1939 in ʼn geïndustrialiseerde staat 3–4 omskep het. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier. • Gebruik relevante bewyse bv. toon ʼn deeglike begrip van hoe die Vyfjaarplanne Rusland in ʼn geïndustrialiseerde staat teen 1939 omskep PUNTE VLAK 3 het. 5–6 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 11 VRAAG 2: HET ROOSEVELT SE NUWE BEDELING DIE DOELWITTE VAN VERLIGTING, HERVORMING EN HERSTEL VAN DIE AMERIKAANSE EKONOMIE BEREIK? 2.1 2.1.1 [Definisie van ʼn historiese konsep van Bron 2A – V1] • Tydperk van ekonomiese swaarkry ervaar deur die Amerikaanse publiek na die ineenstorting van die aandelemark • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Om die Verenigde State uit die Groot Depressie op te hef. • ekonomiese verligting vir die lyding • reguleer privaat industrie • groei die ekonomie (4 x 1) (4) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Die kapitalistiese ekonomiese stelsel het miljoene Amerikaners gefaal • Die kapitalistiese stelsel is nie deur die regering gereguleer nie • Die kapitalistiese stelsel is op ruwe individualisme gebaseer sonder om die gevolge in ag te neem • Die lyding wat deur die mislukte ekonomiese stelsel veroorsaak is, moes deur die regering aangespreek word en nie deur private individue nie. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Die regering is uiteindelik verantwoordelik vir die welstand van al hul burgers • Die regering moet die ekonomie reguleer om ekonomiese ineenstorting en dreigende ekonomiese swaarkry van mense te voorkom • Die regering moet 'n veiligheidsnet vir armes, bejaardes en werkloses voorsien. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • ‘idee (gedagte) van beperkte produksie’. (1 x 2) (2) 2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • ‘Hy wou hê boere, arbeiders en sakelui minder moes begin produseer’ • ‘dat vraag en aanbod die mark sal herstel’ • Enige ander relevante antwoord (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2022) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Amerika het erge armoede en hongersnood beleef as gevolg van werkloosheid • Miljoene mense het honger gely en tog wou hy hê boere moet minder produseer • Miljoene mense was werkloos en kon nie bekostig om kos te koop nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • ʼn Huurder boer wat ʼn stuk grond by die eienaar sou huur en hom met ʼn deel van sy oes as huur terugbetaal. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Die NRA het werksure gereguleer • Die NRA verhoog die lone van arbeiders • Dit het kollektiewe bedinging toegelaat • Dit het kodes ingestel om besighede te reguleer vir redelike pryse • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • Om werkloosheid in die Tennessee-riviervallei te verminder en te moderniseer (1 x 2) (2) 2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • Goedkoop elektrisiteit aan duisende mense • Geskep bekostigbare werknemer behuising • Vervaardigde goedkoop kunsmis • Het duisende hektaar vir boerdery gedreineer. (Enige 2 x 1) (2) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Regering se elektriese pryse was laer as hulle sin • Hulle kon nie teen die regering meeding nie. • Hulle is die geleentheid van mededinging geweier. • Die verlies aan geld omdat regeringsinisiatiewe gunstiger vir die verbruikers was • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.3.4 [Bepaling van die nut van Bron 2D – V3] Die bron is bruikbaar omdat: • Dit toon die positiewe resultate van die TVA • Dit wys dat regeringsinmenging die lewens van mense kan verbeter • Dit beklemtoon die belangrikheid van regeringsinmenging om die lewenstandaard in Amerika op te hef • Dit toon beide die positiewe en negatiewe van regeringsinmenging in besigheid • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 13 2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Die voorneme was om steun vir die SSA te werf • Om te wys dat die bejaardes gelukkig met die SSA was • Om te wys dat die senior burgers die regering se poging ondersteun het • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Die SSA het kontant pensioene aan hul behoeftige bejaardes verskaf • Die SSA het ʼn stelsel van federale ouderdoms voordele vir afgetrede werkers geskep • Dit het finansiële voordele aan afgetredenes ouer as 65 op grond van lewenslange belasting bydraes betaal. • Voorsien werkloosheidsversekering wat deur ʼn werkgewer befonds word • Voorsien finansiële hulp vir weduwees met kinders • Voorsien finansiële hulp vir gestremde individue • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.5 [Vergelyking van inligting uit Bron 2A en Bron 2D – V3] • Bron 2A verklaar dat Nuwe Bedeling die VSA uit die depressie sal lig, en dit word ondersteun in Bron 2D waar die SSA bejaardes uit die Depressie lig • Bron 2A bepaal dat Nuwe Bedeling die regulatoriese wetgewing sal hervorm, terwyl die SSA in Bron 2D die uitkoms van daardie hervorming is • Bron 2A verklaar dat die regering verantwoordelik is vir die welstand van sy burgers, en dit word ondersteun in Bron 2D waar die welstand van senior burgers deur die regering versorg word. • Enige ander antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: • Die Nuwe Bedeling belowe om Amerika uit die depressie te lig (Bron 2A) • Die Nuwe Bedeling gereguleer ekonomie en kyk na die welstand van sy mense (Bron 2A en 2D) • Die Nuwe Bedeling het gelei tot direkte ingryping van die regering in die ekonomiese aktiwiteite van die land om toekomstige depressies te voorkom (Bron 2A) • Die Nuwe Bedeling het verligting aan duisende mense gebring (Bron 2B) • Die National Industrial Recovery Act het ʼn verhoging in arbeidslone en ʼn afname in werksure gedurende die week aangemoedig. (Bron 2B) • Die TVA geskep bekostigbare werknemer behuising (Bron 2C) • Die TVA vervaardig goedkoop kunsmis en het duisende hektaar vir boerdery gedreineer. (Bron 2C) • Die Wet op Maatskaplike Sekerheid het ouderdomspensioene vir bejaardes voorsien (Bron 2D) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2022) • Die SSA het ʼn werkloosheidsfonds verskaf (Bron 2D) • Baie glo dat dit die Tweede Wêreldoorlog was wat die VSA uit die Depressie gelig het. • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv., toon min of geen begrip of Roosevelt se Nuwe Bedeling die doelwitte van verligting, hervorming en herstel van die Amerikaanse PUNTE VLAK 1 ekonomie wel bereik het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag doen nie. • Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp e. g., toon ʼn mate van begrip van of Roosevelt se Nuwe Bedeling die doelwitte PUNTE VLAK 2 van verligting, hervorming en herstel van die 3–4 Amerikaanse ekonomie wel bereik het. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn insig of Roosevelt se Nuwe Bedeling die doelwitte van verligting, hervorming en PUNTE herstel van die Amerikaanse ekonomie wel VLAK 3 bereik het. 5–6 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 15 VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN PSEUDO-WETENSKAPLIKE RAS- TEORIEË OP NAZI-RASSEBELEIDE IN DIE 1930’s EN 1940’s? 3.1 3.1.1 [Definisie van historiese konsep in eie woorde uit Bron 3A – V1] • Doelbewuste vooroordeel, diskriminasie of haat teen mense as gevolg van hul kleur, etnisiteit of nasionaliteit • Enige ander antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.1.2 [Interpretasie van inligting uit Bron 3A – V2] • Diere wat by hul omgewing kan aanpas, het ʼn beter kans op oorlewing • Diere wat by hul omgewing kan aanpas, het ʼn beter kans op voortplanting ten koste van ander • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • Regverdig imperialisme • Rassisme regverdig • Regverdig eugenetika • Regverdig sosiale ongelykheid • Enige ander relevante antwoord (4 x 1) (4) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] • Dit is navorsing gedoen oor diere en nie op mense nie • Daar is geen wetenskaplike bewyse dat een ras beter is as die ander nie. • Mense is nie in ʼn kompetisie met mekaar nie. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • Duisende mense is gewelddadig gesteriliseer (1 x 2) (2) 3.2.2 [Definisie van historiese konsep van Bron 3B – V2] • Die oortuiging dat die menslike ras verbeter kan word deur selektiewe teling • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.2.3 [Onttrekking van bewyse in Bron 3B – V1] Mense met: • Aangebore geestesgebrek • Skisofrenie • Epilepsie • Oorerflike doofheid en blindheid • Enige ernstige oorerflike misvorming • Alkoholiste (Enige 4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2022) 3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Geen vryheid van keuse nie • Geen vryheid om te lewe nie • Geen vryheid om jou eie toekoms te bepaal • Geen vryheid om voort te plant nie. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • Hulle was gedwing om sterilisasie-magtigingsvorms te onderteken. (1 x 2) (2) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Babas is van hulle ouers geskei en oorhandig. • Babas is die geleentheid ontneem om met hul ma/ouers ʼn band vorm • Babas se reg op ʼn normale lewe is weggeneem • Babas se reg op lewe is weggeneem as gevolg van sterftes wat uit mediese eksperimente voortspruit • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Sy was bang dat hulle die ander tweeling mag dood maak. • Sy wou nie hê hulle moes voortgaan met hul navorsing op haar kind nie • Sy was bang dat sy haar kind nooit weer sou sien nie. • Dit was haar wettige reg om haar kind groot te maak. • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Om aan die wêreld aan te dui dat die eugenetika-praktyke deur nie-Ariane aanvaar is • Om die publiek te mislei • Om te toon dat die verbetering van die menslike ras deur eugenetika suksesvol was • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.4.2 [Bepaling van die beperkings van Bron 3D – V3] • Bevooroordeeld teenoor die Duitse mediese praktisyns • Dit beeld nie die pyn en woede uit wat die paartjie verduur het nie • Dit was ʼn propaganda fotosessie – wat beteken dat hulle gedwing is om vir die foto te poseer • Dit plaas eugenetika in ʼn positiewe lig • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 17 3.5 [Vergelyking van inligting van Bron 3C en 3D – V3] • In Bron 3D lyk die paartjie baie gelukkig oor die eugenetika-program, terwyl Bron 3C verklaar dat die paartjie gedwing is om steriliseer. • Bron 3C verklaar dat hulle gedwing is om hul kinders op te gee terwyl Bron 3D getoon het dat hulle die bewaarders van hul kinders is • Bron 3C noem dat een van die tweeling gesterf het as gevolg van die eugenetika-eksperiment terwyl Bron 3D die paartjie uitbeeld wat beide hul kinders in ʼn babawaentjie stoot • Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 3.6 [Interpretasie, analise en sintese van relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: • Sosiale Darwinisme teorieë toegepas op die menslike ras (Bron 3A) • ‘oorlewing van die sterkste’ – die idee dat sekere mense magtig word in die samelewing omdat hulle beter gebore is (Bron 3A) • Wet vir die Voorkoming van Oorerflike Siek Nageslag – honderde duisende mense is met geweld gesteriliseer. (Bron 3B) • Sterilisasie om die verspreiding van oorerflike siektes te voorkom (Bron 3B) • Het gelei tot ʼn lewe sonder die moontlikheid om kinders te hê. (Bron 3B) • Baie was erg getraumatiseerd en het hul hele lewens gely (Bron 3B) • Alle nie-Ariërs is aan sterilisasies onderwerp (Bron 3B) • Gabriël en Theresia Reinhard was gedwing om hul kinders op te gee (Bron 3C) • Daar was op tweeling geëksperimenteer en een het gesterf (Bron 3C) • Theresia het die oorblywende tweeling gegryp en gevlug (Bron 3C) • Gabriel en Theresia Reinhard was gedwing om propaganda foto’s te neem om ondersteuning vir die eugenetika-program te verkry (Bron 3D) • Enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2022) Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Kan nie bewyse onttrek of bewyse uit die bronne op ʼn baie elementêre wyse onttrek nie bv., toon geen of min begrip van die impak van pseudo- wetenskaplike teorieë op Nazi-rassebeleide in PUNTE VLAK 1 die 1930’s en 1940’s. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik om verslag te doen oor onderwerp of kan nie verslag doen oor onderwerp. • Onttrek bewyse uit die bronne wat meestal relevant is en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv., wat ʼn begrip toon van die PUNTE VLAK 2 impak van pseudo-wetenskaplike teorieë op 3–4 Nazi-rassebeleide in die 1930’s en 1940’s. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier. • Gebruik bewyse uit bronne baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon, bv., toon ʼn deeglike begrip van die impak van pseudo-wetenskaplike PUNTE VLAK 3 teorieë op Nazi-rassebeleide in die 1930’s en 5–6 1940’s. • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 19 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 [Beplan en bou ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet saamstem of nie saamstem met die verklaring en hul argument met historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet saamstem of nie saamstem met die verklaring nie en kortliks hul redes verduidelik. UITBREIDING BURGEROORLOG • 1918 Burgeroorlog tussen Lenin se Rooies (‘Reds’) en sy opposisie Wittes • Rooies het daardie oorlog gewen – hoekom – die rol van Trotsky • Cheka het vyande geëlimineer (Rooi Terreur) • Oorlogskommunisme – staatsbeheer oor ekonomie • Alle kos en ammunisie is aan die Rooi Leër gegee OORLOGSKOMMUNISME • Staatsbeheer oor ekonomie • Private eienaarskap (kapitalisme) afgeskaf • Voedselpatrollies versamel graan – soms met geweld • Is bepaal deur militêre behoeftes, oorwegings en toestand van die Rooi Leër • Die gevolg – boere het kommunisme weerstaan deur vir eie verbruik te produseer • Dit het tot hongersnood gelei – 5 miljoen mense het van honger gesterf. • Gelei tot kleinboer stakings • Bolsjewiste het ongewild geword • Kommunisme het gefaal • Om aan bewind te bly, het Lenin oorlogskommunisme laat vaar • Hy het sy nuwe ekonomiese beleid ingestel • DIE NEP – was ʼn kompromie met kapitalisme • Dit het privaat eienaarskap op ʼn beperkte skaal toegelaat • Kapitalistiese kenmerke – boere kan hul surplus op die ope-mark verkoop nadat hulle die staat hul kwota gegee het • Kulakke was welgestelde kleinboere – klasse geskep • Nywerhede is geprivatiseer, maar eienaars het hul reg om te stem verloor • Aansporingsbonusse is gegee om produksie te verhoog • Dit het gelei tot ʼn ryk groep nyweraars genaamd Nep-mans • Aansporingsbonusse gegee om produksie te verhoog • Banke het lenings aan voornemende sakemanne gegee • Kulakke kon werkers huur en grond verhuur • Belasting in kontant betaal Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2022) • Inkomste- en eiendomsbelasting op stedelinge ingestel • Handelsooreenkomste met ander kapitalistiese lande onderteken • Dit het buitelandse beleggings aangemoedig • Resultate – ʼn ekonomiese sukses • Versplinter kommunistiese denke • Enige ander relevante antwoord • Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 21 VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VERENIGDE STATE, 1900–1940 [Beplan en bou ʼn oorspronklike argument op grond van relevante bewyse deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.] SINOPSIS Kandidate moet fokus op die oorsake van die Groot Depressie en die onvermoë van die Amerikaanse regering om kapitalisme in Amerika te beheer. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet die oorsake van die Groot Depressie krities bespreek en die onvermoë van die Amerikaanse regering om kapitalisme in Amerika te beheer. UITBREIDING • Die Groot Depressie was ʼn wêreldwye sake-insinking in die 1930’s • Dit het begin met die ineenstorting van die Wall Street-aandelemark in die VSA • Dit het ʼn skerp afname in wêreldhandel veroorsaak en byna elke nasie bewerkstellig • Dit het ernstige gevolge gehad en het daartoe gelei dat sommige lande hul leiers en tipe regering verander het • Landbou: Na die oorlog was boere met surplus produkte opgesaal, omdat Europa weer geproduseer het • Boere kon nie effekte betaal nie, werkers is afgelê, baie is verwoes. • Isolasie-beleid: Die VSA het hoë tariewe op ingevoerde goedere opgelê – ander lande het dieselfde gedoen • Die VSA-ondernemings kon nie hul surplusse in die buiteland verkoop nie • Oorspekulasie: Gewone mense is toegelaat om aandele op die "marge" te koop • Dit het pryse opgestoot, in afname het paniekverkope gevolg, en aandele het waardeloos geword. • Spekulante, banke en beleggers is finansieel geruïneer • Oor-produksie: Meer goedere is geproduseer as wat mense kon bekostig om te koop. • Fabrieke het pryse verlaag, kleiner winste gemaak, werkers afgelê. • Maklike krediet en uitspattigheid: Advertensies en huuraankope het mense aangemoedig om te spandeer. • Mense het buite hul vermoë om te betaal gekoop. • Banke het onverstandige lenings aan die publiek aangebied om te bespiegel. • Trusts: reuse maatskappye oorheers die besigswêreld deur die vorming van trusts • Hulle het lone laag gehou en pryse hoog • Hierdie depressiewe vraag omdat mense nie kon bekostig om produkte te koop nie • Enige ander relevante antwoord • Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU [Beplan en bou ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet aandui in watter mate die pseudo-wetenskaplike teorieë gebaseer op Sosiale Darwinisme en Eugenetika die lewens van nie-Ariërs wat in Duitsland woon, beïnvloed het. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet aandui in watter mate die pseudo-wetenskaplike teorieë gebaseer op Sosiale Darwinisme en Eugenetika die lewens van Jode wat in Duitsland woon, beïnvloed het. Hulle moet ook aandui hoe hulle van plan is om hul lyn van argument te ondersteun. UITBREIDING Oorsake • Sosiale Darwinisme glo dat daar ʼn hiërargie van menslike spesies in ‘rasse’ is • Sosiale Darwinisme is ʼn valse toepassing van Darwin se idees soos aanpassing en natuurlike seleksie. • Sosiale Darwinisme glo nie in die beginsel van gelykheid van alle mense nie. • Dit verklaar dat om mense biologies beter is as ander • Die sterkste of fiksste moet oorleef en floreer in die samelewing • Die swakkes en ongeskiktes moet toegelaat word om te sterf • Die sterkste nasie was die sterkste, dus die beste, en het gevolglik ʼn inherente reg gehad om te regeer. • Dit was dus natuurlik, normaal en gepas vir die sterkes om ten koste van die swakkes te floreer. • Wit Protestantse Europeërs het baie verder en vinniger ontwikkel as ander ‘rasse.’ • Sogenaamde ‘wit beskaafde’ industriële nasies wat tegnologies gevorderde wapens gehad het, het die morele reg gehad om die ‘wrede swartes’ van die wêreld te oorwin en te beskaaf. • Sosiale Darwinisme is gebruik om imperialisme, kolonialisme, rassisme en armoede te rasionaliseer. • Duitsland. • Eugenetika was een van die pilare van die Nazi-ideologie, en in Nazi-Duitsland is staatsbeheerde eugenetika-programme beoefen. • Eugenetika het geglo in die studie van menslike verbetering deur genetiese middele. • Beplande menslike verbetering deur selektiewe paring • Geestelike eienskappe (soos genie en talent) word geërf. • Bewuste ingryping om oormatige reproduksie van ‘minder geskikte’ lede van samelewing en die onder-reproduksie van die ‘meer geskiktes’ te beheer. • Anti-Joodse Nazi wette en verordeninge • Hitler wou Nazi-Duitsland Judenrein maak (vry van Jode) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 23 • Eerder, anti-Joodse onderdrukkende maatreëls is stadig ingestel om Jode uit alle aspekte van die Duitse lewe uit te sluit. • Anti-Semitiese wette het hand aan hand met staatsgeweld en terreur gegaan. • Joodse besighede is geboikot • Alle Jode moes ʼn geel Ster van Dawid-kenteken dra om hulle maklik te maak om te identifiseer • Jode uit die staatsdiens ontslaan • Jode is uit alle skole en universiteite geskors • Jode is van alle burgerskapregte gestroop • Huwelik of seksuele verhoudings tussen Jode en ‘Ariërs’ was verbied • Jode is op sekere plekke verbied (Jode is byvoorbeeld gedwing om op aparte banke te sit, is nie toegelaat om openbare fasiliteite te gebruik, op trems te reis of opera, teater of teater by te woon nie, is nie in restaurante, hotelle, winkels of hospitale toegelaat nie) • Na Junie 1938 het die Nazi’s die stelselmatige onteiening van Joodse eiendom begin • Jode was die hoofteikens van volksmoord. • Die volgende mense, is ook as ‘minderwaardig’ en ‘ongewens’ beskou, en is gesteriliseer, na konsentrasiekampe gestuur of doodgemaak: o Sinti en Roma (sigeuners) o Verstandelike en fisies gestremde pasiënte o Jehovah se Getuies o Swartmense en mense van ‘gemengde huwelik’ (gemengde huwelik van gemengde ras?) o Misdadigers o Teenstanders van die Nazi's • 1941 – Die Nazi's die ‘finale oplossing vir die Joodse vraagstuk’ implementeer. • Hulle het besluit om elke Joodse man, vrou en kind in Europa te vermoor. • Mans, vroue en kinders is byeengebring en geskiet en in massagrafte begrawe. • Maar skiet deur vuurpelotonne was ondoeltreffend en te persoonlik vir die moordenaars. • Massa ‘uitwissing’ deur gas – groot getalle Jode vermoor • Ses ‘Doodskampe’ is gestig – almal was in Pole geleë. • Auschwitz-Birkenau, Majdanek, Chelmno, Belzec, Sobibor en Treblinka is gebou met die doel om dood te maak. • Gaswaens en gaskamers is by die doodskampe gebou. • Zyklon B-gas is gebruik. • Enige ander relevante antwoord. • Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all