Skip to content

History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Addendum

AddendumHistoryGrade 11202214 pages

Grade 11 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 GESKIEDENIS V2 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 1: HOE HET DIE ANC-JEUGLIGA (ANCJL) DIE OPKOMS VAN SWART NASIONALISME IN DIE 1940’s BEÏNVLOED? BRON 1A Die bron hieronder verduidelik die redes vir die stigting van die ANCJL. Die generasie wat die ANC-jeugliga (Walter Sisulu, Oliver Tambo, Nelson Mandela, William Nkomo, Mxolisi Majombozi, Anton Lembede, Congress Mbatha) gestig het, het ‘VRYHEID IN ONS LEEFTYD’ in 1944 verklaar. Die ANC se idee om die ANCJL te vorm het vroeg in 1940 begin, as gevolg van die jongmense se ongeduld met die manier waarop die ANC en die hele Nasionale Vryheidsbeweging gereageer het op apartheid se onderdrukking. Jongmense het toe gesê dat hulle moeg is vir vreedsame (nie- gewelddadige) weerstand en stryd vir bevryding, wat die onderdrukker en die koloniale meesters erken en gerespekteer het. Mxolisi Majombozi het met die idee vorendag gekom om die ANC meer radikaal (om baie erg te verander) te maak, deur die stigting van die ANC-jeugliga, wat nuwe energie en ʼn veggees aan die Nasionale Vryheidsbeweging sou gee. In 1942, het die ANC Konferensie die groeiende militantheid (veglustigheid) onder die jeug opgelet en tot die slotsom gekom dat die Kongres jeugliga gevorm moes word om jongmense te mobiliseer onder die vaandel van die ANC. Op September 10, 1944, was die ANC-Jeugliga amptelik geloods (bekendgestel) as ʼn organisasie in die Bantoe Sosiale Sentrum, Johannesburg en het Anton Lembede as die eerste president gekies. Die ANC-jeugliga was nou in staat om uiteindelik die ANC te beïnvloed om ʼn meer radikale en konfronterende politieke program aan te neem wat die ANC fundamenteel (basies) verander het in ʼn massa mobiliseringsbeweging en veg teen rassesegregasie (rasseskeiding) en ekonomiese onderhorigheid (verdrukking). [Uit http://www.ngopulse.org/resources/anc-youth-league-message-centenary-african-national-congress. Toegang op 27 April 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die bron hieronder beskryf die ANCJL (ANC-jeugliga) se manifeste (oortuigings). ‘Die uur van die jeug het aangebreek!’ So het ʼn strooibiljet (bladjie wat op straat versprei word) verklaar (aangekondig), uitgereik deur die Provinsiale Uitvoerende Komitee van die nuutgestigte ANC-jeugliga, wat die organisasie se eerste konferensie (vergadering) geadverteer het wat in September 1944 sou gehou word. In die 1930’s het die ANC, onder die leierskap van Xuma, herleef, maar sy metodes het versigtig en respekvol teenoor die wit elite (hoë mense) gebly. Elke voorneme van die ANC het begin met verklarings soos, ‘Ons bid dat die Minister … Ons vra nederig …’ Vererg oor die pasifisme (nie-gewelddadigheid), het hierdie groep jong intellektuele geïrriteerd begin word en geëis dat daar beweeg moet word na ʼn meer militante styl van politiek. Jordan Ngubane tesame met Lembede en Mda het die Liga se Manifesto opgestel, alhoewel daar gesê was dat Lembede se idees die dokument gedomineer (oorheers) het. Anton Lembede was ook beskryf as die “hoof argitek van SA se eerste volwaardige ideologie van Afrika nasionalisme”. Lembede het ook geglo dat Afrika ʼn swartman se land is en dat Afrikaners een is. Die dokument het aangetoon dat die stigting van die jeugliga gebaseer was op kritiek teen die ANC wat beskou was as elitisties (vir vername mense) en ‘nie ʼn effektiewe georganiseerde blok’, ontbrekend aan ʼn ‘opbouende program om die afskaffing van alle onderdrukkende wetgewing’ af te dwing. Die Jeugliga het ten doel gehad om met ʼn nasionale karakter wat gewortel was in Afrika nasionalisme en Afrika selfbeskikking aan die ANC vorendag te kom. [Uit http://nhmsa.co.za/news/the-hour-of-youth-has-struck-anton-lembede-and-the-formation-of-the-anc-. youth-league/. Toegang verkry op 27 April 2021.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) BRON 1C Hierdie bron beskryf hoe swart Suid-Afrikaanse werkers beïnvloed was deur die idees van Afrika (Swart) Nasionalisme wat gelei het tot die Mynwerkerstaking op 12 Augustus 1946 aan die Witwatersrand. Op Sondag, 4 Augustus 1946, het meer as ʼn duisend afgevaardigdes byeengekom by ʼn opelug-konferensie wat gehou was in die Newtown-markplein: geen saal waar Afrikane vergaderings kon hou was groot genoeg om almal wat teenwoordig was te akkommodeer nie. By hierdie vergadering was ʼn besluit geneem om op ʼn algemene staking te gaan, ʼn minimum loon van 10 sjielings (een Rand) te eis, beter toestande in die werk en teenstand teen die aaklige toestande in die mynkampongs (behuising vir swart mynwerkers). Voor die besluit aangeneem was, het spreker na spreker die verhoog bestyg en onmiddellike aksie geëis. Een werker het gesê: “As ek dink aan hoe ons ons huise in die reserwes moes verlaat, ons kinders naak en honger, het ons niks meer te sê nie”. Elke man moet instem om op 12 Augustus te staak. Dit is beter om te sterf as om met leë hande terug te gaan. Die president, J.B. Marks het gewaarsku dat die regime (wit regering) sou probeer om die staking met brutale krag te onderdruk. Maar die vergadering was in ʼn militante gemoed. ʼn Ou myner het uitgeroep: “Ons by die myne is alreeds dooie mans.” Die hulpbronne van die rassistiese staat (regering) was gebruik om ʼn staking te onderdruk, 9 dood, 1 248 mynwerkers gewond en die regering het die staking as ʼn mislukking beskou. Nietemin, die grondigste (grootste) gevolg van die staking, sou wees die impak wat dit gehad het op die politieke denke binne die vryheidsbeweging, byna onmiddellik het dit verskuif van ʼn beleid van toegewings na meer dinamiese en militante vorme van protes. Die dapper myners van 1946 het geboorte gegee aan die ANC- jeugliga se Program van Aksie, aangeneem in 1949 en voorlopers van die Vryheidstakers van 1 Mei 1950. [Uit sahistory.org.za/article/1946-african-mineworkers-strike. Toegang op 27 April 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Hierdie foto toon die mynwerkerstaking in 1946 aan die Witwatersrand. [Uit saha.org.za Toegang op 27 April 2021 verkry.] STEMREG VIR ALMAL GELYKE LONE VIR ALMAL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 2: HOE HET DIE SESDAAGSE OORLOG VAN 1967 TOT DIE KONFLIK IN DIE MIDDE-OOSTE BYGEDRA? BRON 2A Hierdie bron hieronder verduidelik die redes vir die uitbreek van die Sesdaagse Oorlog op 5 Junie 1967. ʼn Reeks grensgeskille was die grootste vonk vir die Sesdaagse Oorlog. Teen die middel van die 1960’s het die Siries-gesteunde Palestynse guerrilla-aanvalle oor die Israeliese grens begin voer en weerwraak aanvalle van die Israeliese weermag uitgelok. In April 1967 het die skermutselings (konflikte) vererger nadat Israel en Sirië in ʼn woeste (gewelddadige) lug- en artillerie (wapen) geveg betrokke was waarin ses Siriese vegvliegtuie vernietig is. In die nasleep van die luggeveg in April het die Sowjetunie Egipte van inligting voorsien dat Israel troepe na die noordelike grense van Sirië beweeg ter voorbereiding van ʼn volskaalse inval. Die inligting was onakkuraat, maar dit het nietemin die Egiptiese president, Gamal Abdel Nasser, tot aksie gebring. In ʼn bewys van steun vir sy Siriese bondgenote het hy die Egiptiese magte beveel om na die Sinai- skiereiland te vorder, waar hulle ʼn vredesmag van die Verenigde Nasies verdryf het wat die grens met Israel al langer as ʼn dekade bewaak het. Op 22 Mei het Nasser Israeliese skeepvaart vanaf die Straat van Tiran verbied. ʼn Week later het hy ʼn verdedigingsverdrag met koning Hussein van Jordanië gesluit. Terselfdertyd het bloedige dreigemente van die Arabiese radiostasies en op die bladsye van die Israeliese koerante verskyn. Slegs 22 jaar na die einde van die Holocaust was dit nie verbasend dat die Arabiese propaganda tuis geslaan het nie. ʼn Doembelaaide (somber) bui het die land oorweldig. Mense het duistere grappe gemaak: “Kom ons vergader na die oorlog. Waar? In ʼn telefoonhokkie.” [Geneem uit https://link.springer.com> hoofstuk. Toegang op 30 September 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Hierdie uittreksel hieronder beskryf hoe die gebeure van 5 Junie 1967 in die Midde-Ooste ontvou het. Vroeg in Junie 1967 het Israeliese leiers gestem om die Arabiese militêre opbou teen te staan. Die oorlog het op 5 Junie 1967 begin, toe die lugmag van Israel ʼn verwoestende reeks aanvalle op Egiptiese lugvelde geloods het wat die meeste van Egipte se vliegtuie op die grond vernietig het. Tegnies was Israel die aggressor, aangesien Israel die eerste skote afgevuur het. Die Israeliese oorlogsplan was afhanklik van ʼn verrassingsaanval, genaamd Operasie Fokus. Aan die einde van die dag op 5 Junie, het Israeliese vlieëniers volle beheer van die lug oor die Midde-Ooste verkry. Die oorlog was rampspoedig vir Egipte en vir die Arabiere. Op 6 en 7 Junie het die Israeliete vinnig die hele Sinai oorgeneem soos in 1956. Op 7 Junie het Jordanië die ou stad Jerusalem en die Wesoewer verloor, en op 9 Junie het Sirië die Golanhoogtes verloor. Die gevegte is op 10 Junie geëindig en in ʼn oorwinning vir Israel. Anders as die Egiptenare en die ander Arabiese leërs, het die Israeliete hul huiswerk gedoen. Hulle het deur die jare honderde verkennings (ondersoek) missies gevlieg om ʼn akkurate beeld van die lugbasis in Egipte, Jordanië en Sirië op te stel. Vlieëniers het ʼn teikenboek gehad met die besonderhede oor hul uitleg en verdediging. [Uit Konflik in die Midde-Ooste deur dr. J. King.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) BRON 2C Die bron hieronder verduidelik die gevolge van die Sesdaagse Oorlog van 1967. Op 10 Junie 1967 het ʼn wapenstilstand van die Verenigde Nasies in werking getree en die Sesdaagse oorlog het skielik tot ʼn einde gekom. Daar is later geraam dat ongeveer 20 000 Arabiere en 800 Israeli’s dood is in net ʼn 132 uur geveg. Die leiers van die Arabiese state was geskok gelaat oor die erns van hul nederlaag. Egiptiese President Nasser het selfs in skande bedank, net om onmiddellik weer in die amp terug te keer nadat Egiptiese burgers hul steun met massiewe straatdemonstrasies getoon het. In Israel was die nasionale stemming jubelend (juigend). Oorwinning in die oorlog het tot ʼn oplewing van nasionale trots in Israel gelei, wat in grootte verdriedubbel het, maar dit het ook die vlamme van die Arabies-Israelitiese konflik aangeblaas. Arabiese leiers, wat steeds gewond is deur hul nederlaag in die Sesdaagse Oorlog, het in Augustus 1967 in Khartoem, Soedan vergader en ʼn resolusie onderteken wat met Israel “geen vrede, geen erkenning en geen onderhandeling” belowe het. Gelei deur Egipte en Sirië het die Arabiese state later ʼn vierde groot konflik met Israel tydens die Yom Kippur-oorlog in 1973 geloods. [Uit https; // www.history.com/topics/middle-east/six-day-war Toegang op 30 September 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Hierdie spotprent beeld uit wat tydens die Sesdaagse Oorlog van 1967 tussen Israel en die Arabiese state gebeur het. [Geneem uit Getty Images. Toegang op 30 September 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 3: WATTER ROL HET SUID-AFRIKAANSE VROUE GESPEEL OM APARTHEID IN DIE 1950’s TEEN TE STAAN? BRON 3A Hierdie bron verduidelik die invloed wat apartheid gehad het op die lewens van Suid- Afrikaners, wat in 1948 deur die Nasionale Party geïmplementeer is. Apartheid was ʼn onderdrukkende vernietigende stelsel wat baie lewens beïnvloed het, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in baie nabygeleë provinsies en lande. Hierdie invloed het gebeur omdat apartheid moreel verkeerd was. Dit het baie mans, vroue en kinders gedwing om slawe in hul eie land te wees. Hierdie mense kon nie hul eie lewe leef nie. Hulle was gedwing om die wette van die witmense te gehoorsaam wat baie swartmense vreesbevange (bang) gemaak het en duisende doodgemaak het. Selfs daardie swartmense wat onder apartheid geleef het, het geleef in toestande wat meer aaklig was as enigiets wat enige een kon voorstel. Hulle was geforseer in oorvol stede waar besoedeling en armoede die dood van vele veroorsaak het. Bestem om te werk vir lone wat nouliks een mens aan die lewe kon hou, wat nog te sê ʼn hele familie, en was geen geleentheid gegee word om hulself te verbeter deur ‘n ordentlike opvoeding nie. Hierdie verskriklike toestande het uiteindelik gelei tot ʼn stryd van weerstand (verset) teen die stelsel deur baie mense in Suid-Afrika. Verbasend was hierdie weerstand grootliks beïnvloed en ondersteun (gehelp) deur ʼn groot groep vrouevegters. Selfs meer verbasend is die feit dat hierdie groep vroue nie slegs uit swart vroue bestaan het nie, maar ook uit wit vroue. Tog, selfs al het hierdie wit en swart vroue geveg teen dieselfde stelsel, het hulle verset teen apartheid op vele maniere verskil. [Uit Woman’s Resistance to Apartheid deur M. Laber.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Die bron hieronder verduidelik hoe Suid-Afrikaanse vroue apartheid teengestaan het. Swart vroue se lewens in Suid-Afrika was ʼn konstante (aanhoudende) stryd, tog het hulle dit reggekry om te oorleef en ook, terselfdertyd, subtiele (slim) maniere gevind om weerstand te bied teen ʼn stelsel wat hulle so intens (baie) gehaat het. Die alombekende metode gebruik deur baie swart vroue, was bierbrouery. Die vroue wat bier verbrou het was ʼn baie slim groep individue (mense) in ʼn klas van hul eie. Dit was teen die wet vir Afrikane (swartmense) om bier te verbrou of selfs te drink. Tog het hierdie vroue dit steeds in hul huise verbrou en dan, deur baie ingewikkelde (slim) metodes, sou hulle dit in hul agterplase begrawe sodat die polisie dit nie kon vind nie. Die polisie het aangehou om genadeloos te stroop (af te neem) en te vernietig. Daar was Saterdae- en Sondae-oggende dat die strate letterlik met bier gevloei het. Een organisasie wat die wit vroue in hul weerstand teen apartheid gehelp het, was Black Sash. Dit was gestig in 1956 onder die presidentskap van Sheena Duncan en gou het dit ʼn ledetal van 10 000 lede gehad. Dit het die nag begin toe duisende wit vroue met swart serpe om hul skouers gedrapeer ʼn optog gehou het om te protesteer teen die skending van individue se regte deur die regerende Nasionale Party. Black Sash het grootliks geveg teen die hervestiging van swartmense. Die groep het baie ‘advieskantore’ geopen om mense te help met ʼn verskeidenheid take, soos die soek van paspoorte, uitgekyk vir huise en om hulle te leer hoe om te lees. Die regering het nie hierdie groepe verban nie. [Uit https://fisherpub.sjfc.edu/ur/vol2/iss1/7 Toegang op 09 November 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) BRON 3C Hierdie bron fokus op die redes vir die optog wat op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou in Pretoria plaasgevind het. Die Afskaffing van Passe en Koördinering van die Dokumente Wet was in 1952 uitgevaardig. Hierdie wet het die klomp dokumente vervang, wat mans geforseer was om op hulle te dra vir identifikasie, met net een enkele dokument. Dit was ook gemeld (gesê) dat daar ook van Afrikane-vroue in die toekoms vereis sal word om hierdie enkele dokument of pasboek op hulle te dra. Hierdie wet het wydverspreide woede en protes onder swart vroue veroorsaak. In die 1950’s, was die anti-pas proteste nie geïnisieer (begin) deur die tradisionele manlike leiers nie, maar deur duisende Afrikaan vroue, deur baie wat nog nooit voorheen in politieke proteste of demonstrasies betrokke was nie. Hulle het so sterk teen die wet geprotesteer omdat hulle geweet het dat as hulle geforseer sou word om hierdie passe te dra, daar ʼn styging in die gewenste effek van die invloeibeheerstelsel sal wees en dit moeiliker maak vir hulle om stedelike residensie (reg om te woon) te verkry. Hulle het ook geveg omdat hulle geweet het dat die wet verdere vernietiging van familielewe sou beteken, dat kinders sonder sorg gelaat sou word en ander van hul babas weggeskeur sou word omdat hulle nie ʼn pas kon wys nie. Die ANC se Vroueliga en die Federasie van Suid-Afrikaanse Vroue het hoofsaaklik hierdie veldtogte georganiseer. Die eerste nasionale protes het op 27 Oktober 1955 plaasgevind. Vir hierdie protes het 2 000 vroue van alle rasse ʼn optog na die Uniegebou in Pretoria gehou. Op 9 Augustus 1956 het 20 000 vroue uit alle dele van Suid-Afrika aan ʼn tweede optog na die Uniegebou deelgeneem. Toe Lilian Ngoyi geklop het, het ʼn stem agter die toe deur aan haar gesê dat ʼn brief aan haar gestuur was wat haar sou verhoed het om na die Eerste Minister se kantoor te gaan. Ngoyi het geantwoord: “Die vroue van Afrika is buite. Hulle het hierdie plek gebou. Hul mans het vir dit gesterf.” Hulle het hul petisies neergesit en teruggekeer na die protesteerders en in stilte gewag. Uiteindelik het Ngoyi gesê: “Strijdom is te veel van ʼn lafaard om ons te woord te staan.” Hulle het die demonstrasie afgesluit deur vryheidsliedere te sing en hul slagspreuk uit te roep “nou het jy die vroue aangeraak! Jy het ʼn rots geslaan, jy sal vermorsel word!” en in stilte weggeloop, maar met ʼn sin van morele oorwinning. [Uit www.iol.co.za>news>politics>how-lilianngoyi-cha..Aug 9,2017 Toegang op 09 November 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Hierdie foto toon sommige van die eise van die vroue wat teenwoordig was by die optog van 9 Augustus 1956. [Uit http://www.ijr.org.za/home/wp-content/uploads/2019/10/pass-laws.pdf. Toegang op 9 November 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is geneem uit: Getty Images http://nhmsa.co.za/news/the-hour-of-youth-has-struck-anton-lembede-and-the-formation-of-the- anc-youth-league/ http://www.ijr.org.za/home/wp-content/uploads/2019/10/pass-laws.pdf http://www.ngopulse.org/resources/anc-youth-league-message-centenary-african- national- congress https://fisherpub.sjfc.edu/ur/vol2/iss1/7 https://link.springer.com > chapter https;//www.history.com/topics/middle-east/six-day-war King, Dr J. Conflict in the Middle East, 1993, Wayland Publishers Ltd Laber, M. 1999, Women’s Resistance to Apartheid, Fisher Digital Publications saha.org.za sahistory.org.za/article/1946-african-mineworkers-strike www.iol.co.za>news>politics>how-lilianngoyi-cha..Aug 9,2017_ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all