Skip to content

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Addendum

AddendumHistoryGrade 11202214 pages

Grade 11 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET STALIN SE VYFJAARPLANNE RUSLAND TOT ’N GEÏNDUSTRIALISEERDE STAAT TEEN 1939 OMSKEP? BRON 1A Hierdie bron verduidelik die redes waarom Stalin die Eerste Vyfjaarplan in Rusland geïmplementeer het. Leon Trotsky, Gregory Zinoviev, Lev Kamenev en ander linksgesinde lede van die Politburo was nog altyd ten gunste van die vinnige industrialisering van die Sowjetunie. Stalin was teen hierdie standpunt gekant. Hy het hulle daarvan beskuldig dat hulle teen die idees van Lenin gaan wat verklaar het dat dit uiters belangrik is om ‘die alliansie tussen die werkers en die kleinboere te bewaar’. Toe linkse lede van die Politburo die bou van ʼn hidro-elektriese kragstasie op die Dnieper-rivier bepleit (ondersteun) het, het Stalin hulle daarvan beskuldig dat hulle ‘super-industrialiseerders’ is en gesê dat dit gelykstaande is aan die voorstel dat ʼn kleinboer ‘ʼn grammofoon in plaas van ʼn koei koop’. Toe Stalin die behoefte aan kollektivisering aanvaar het, moes hy ook van plan oor industrialisasie verander. Sy raadgewers het vir hom gesê dat die Sowjetunie met die modernisering van boerdery 250 000 trekkers sou benodig. In 1927 het hulle net 7 000 gehad. Sowel as trekkers was daar ook ʼn behoefte om die olievelde te ontwikkel om die nodige petrol te verskaf om die masjiene aan te dryf. Kragstasies moes ook gebou word om plase van elektrisiteit te voorsien. Stalin het egter skielik beleid verander en dit duidelik gemaak dat hy sy beheer oor die land sal gebruik om die ekonomie te moderniseer. Die eerste Vyfjaarplan wat in 1928 ingestel is, het gekonsentreer op die ontwikkeling van yster en staal, masjiengereedskap, elektriese krag en vervoer. Stalin het die werkers hoë teikens gestel. Hy het ʼn toename van 111% in steenkoolproduksie, 200% toename in die produksie van yster en 335% toename in elektriese krag geëis. Hy het hierdie eise geregverdig deur te beweer dat indien vinnige industrialisasie nie sou plaasvind nie, die Sowjetunie homself nie sou kon verdedig teen ʼn inval uit kapitalistiese lande in die Weste nie. [Uit https://spartacus-educational.com/RUSfive.htm. Toegang op 6 Mei 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Hierdie bron verduidelik hoe Stalin die landbou-, industriële en militêre sektore in Rusland tydens die Tweede Vyfjaarplan verbeter het. Die Tweede Vyfjaarplan (1933–37) het die primêre klem op die swaar industrie voortgesit. Teen 1932 het Stalin besef dat beide die ekonomie en die samelewing ernstig oorbenut was. Alhoewel nywerhede nie sy produksieteikens kon bereik en landbou agteruitgang in vergelyking met 1928-opbrengste getoon het, het Stalin verklaar dat die Eerste Vyfjaarplan sy doelwitte in vier jaar suksesvol bereik het. Daarna het hy meer realistiese doelwitte gestel. Onder die Tweede Vyfjaarplan (1933–37) het die staat aandag aan verbruikersgoedere geskenk, en die fabrieke wat tydens die eerste plan gebou is, het gehelp om industriële uitsette in die algemeen te verhoog. Teen die laat 1930’s het gekollektifiseerde plase egter ietwat beter presteer. In 1935 het ʼn nuwe wet individuele kleinboere toegelaat om private erwe te hê, waarvan hulle op die opemark kon verkoop. Volgens amptelike statistieke het die bruto landbouproduksie tydens die Tweede Vyfjaarplan met net minder as 54 persent toegeneem. In teenstelling hiermee het bruto industriële produksie meer as verdubbel. In die middel-1930’s, in reaksie op dreigende militêre gevaar van fascistiese lande, was die Sentrale Komitee van die Party en die Sowjet-regering gedwing om die voorheen beplande oriëntasie en werksnelheid van die verdedigingsbedryf te hersien, en om ʼn oorgang van die saamgestelde stelsel van die bou van ʼn gereelde Rooi Leër te bewerkstellig. Terselfdertyd is die struktuur van die verdedigingsbedryf verbeter. In Januarie 1938, op die aanbeveling van die People’s Commissariat of the Defense Industry, was People’s Commissariat-takke geskep vir lugvaart, die skeepsboubedryf, ammunisie en wapens. Die verdedigingsondernemings is deur tegniese kaders versterk. In een jaar alleen, 1938, is vyfduisend jong ingenieurs aan hulle toegewys. [Uit https://www.globalsecurity.org/military/world/russia/industry-stalin-2fyp.htm. Toegang op 6 Mei 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) BRON 1C Die tabel hieronder beskryf die produksiesyfers tydens die Vyfjaarplanne. 1928 1937 1940 Gietyster miljoen ton 3,3 14,5 14,9 Staal miljoen ton 4 17,7 18,3 Steenkool miljoen ton 35,4 128 165,9 Olie miljoen ton 11,7 28,5 31,1 Elektrisiteit miljoen kilowatts 5,1 36,2 48,3 Motorvoertuie (000s=duisende) 0,8 200 245,4 Tenke (000s) (000s=duisende) 0,2 1,5 2,8 Vegvliegtuie (000s) (000s=duisende) 0,2 3,4 8,2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Die onderstaande bron omskryf die impak van Stalin se Vyfjaarplanne op Rusland. Teen 1939 was Russiese industriële produksievlakke baie hoër as wat hulle in 1928 was. Die Sowjetunie kon ʼn groot rol speel in die nederlaag van Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog en het as ʼn supermoondheid na vore gekom, wat slegs tweede na die VSA geplaas was. Gesentraliseerde besluitneming onder die Vyfjaarplanne was nie altyd die doeltreffendste manier om ʼn ekonomie te bestuur nie. Spesifieke suksesse was egter die verbeterde voorsiening van elektrisiteit en die groter aantal masjiene wat gebou is. Byna alle swaar nywerhede het aansienlike toenames in produksie geniet. Daar was baie grootskaalse industriële en bou ontwikkelings, soos die Dnieperdam, die Moskou- metro en die staalwerke by Magnitogorsk, Gorky en Kutznetsk. Die lewe vir baie gewone Russe het ná 1917 verbeter. Hulle het stadsbehuisingskemas, universele gesondheidsorg, pensioene en siektevoordele gehad. Vanaf 1934 was dit verpligtend vir kinders om elf jaar van onderwys te ontvang. Ongeletterdheid het van ongeveer 50% in 1924 tot 19% in 1939 gedaal. Die USSR was ook grootliks vry van die werkloosheid wat in die 1930’s in ander lande ondervind was. Baie van die nuwe rykdom van die land is nooit deur gewone burgers gesien nie. Die meeste daarvan het na die regering gegaan om te betaal vir meer industrialisasie, sowel as vir militêre en polisiëringskoste en die burokrasie wat beheer oor die ekonomie gehou het. Daar was min in die pad van luukse verbruikersgoedere en soms was daar ʼn tekort aan noodsaaklikhede. [Uit https://www.nationalarchives.gov.uk/education/leaders-and-controversies/g4/cs3/. Toegang op 7 Mei 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 2: HET ROOSEVELT SE NUWE BEDELING DIE DOELWITTE VAN VERLIGTING, HERVORMING EN HERSTEL VAN DIE AMERIKAANSE EKONOMIE BEREIK? BRON 2A Hierdie bron verduidelik die doelwitte van die Nuwe Bedeling in Amerika in die 1930's Die term Nuwe Bedeling het ontstaan uit Franklin Roosevelt se toespraak in 1932 wat die Demokratiese Party se benoeming vir president aanvaar het. Tydens die konvensie het Roosevelt verklaar: “Ek belowe jou, ek belowe myself, ʼn nuwe bedeling vir die Amerikaanse mense.” Alhoewel Roosevelt op daardie stadium nie konkrete beleidsvoorstelle in gedagte gehad het nie, het die frase ‘Nuwe Bedeling’ baie van sy programme ingesluit wat ontwerp was om die Verenigde State uit die Groot Depressie te lei. Die Nuwe Bedeling het ʼn wye verskeidenheid federale regeringsprogramme geskep wat probeer het om ekonomiese verligting aan die lyding te bied, private bedryf te reguleer en die ekonomie te laat groei. Die Nuwe Bedeling word dikwels opgesom deur die “Drie Rs”: (Relief verligting) vir werkloses, (Recovery – herstel) van die ekonomie deur federale besteding en werkskepping), en (Reform – hervorming) van kapitalisme, (deur middel van regulatoriese wetgewing en die skepping van nuwe maatskaplike welsynsprogramme). Roosevelt se Nuwe Bedeling het die grootte en omvang van die federale regering aansienlik uitgebrei, en sodoende die Amerikaanse politieke kultuur fundamenteel hervorm rondom die beginsel dat die regering verantwoordelik is vir die welsyn van sy burgers. Soos een historikus dit gestel het: “Voor die 1930's het nasionale politieke debat dikwels gedraai om die vraag of die federale regering in die ekonomie moet ingryp. Na die Nuwe Bedeling het debat berus oor hoe dit moet ingryp.” [Uit https://www.khanacademy.org/humanities/us-history/rise-to-world-power/great-depression/a/the-new- deal. Toegang op 21 Junie 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Die onderstaande bron beskryf die verskillende wette wat president Roosevelt tydens sy Nuwe Bedeling geïmplementeer het. Roosevelt se teorie in die herbou van die ekonomie het berus op die idee (denkwyse) van beperkte produksie. Hy wou hê dat boere, arbeiders en sakemanne minder moes begin produseer in die hoop dat vraag en aanbod die mark sal herstel. Daarom het baie van sy wetgewing gedurende die eerste 100 dae op die bekamping van produksie gefokus. Die Agricultural Adjustment Act was byvoorbeeld hoofsaaklik op boere gemik. Om produksie te besnoei, het die wet boere betaal om minder grond te bewerk. Roosevelt het ook op die nywerheidsektor gefokus. Die National Industrial Recovery Act was die middelpunt van Roosevelt se Nuwe Bedeling-wetgewing. Weereens het hierdie wet probeer om die oorproduksie van goedere te voorkom. Roosevelt, onder die National Industrial Recovery Act, het die National Recovery Administration (NRA) geskep, wat ʼn toename in arbeidslone en ʼn afname in ure wat gedurende ʼn week gewerk moet word, aangemoedig het. Die oplossing het vir ʼn kort tydperk gewerk, maar ʼn afname in die ekonomie en die onwilligheid van werkgewers om belangrike Nasionale-Herstel-Administrasie-kodes te verorden (om te gebruik) het die program benadeel. Die Agricultural Adjustment Act en die National Recovery Administration, wat ingevolge die National Industrial Recovery Act gebore is, was na verwagting twee belangrike programme wat moes help om die Amerikaanse ekonomie te help. Inplaas daarvan het albei programme gesukkel. Die Agricultural Adjustment Act kon nie verantwoording doen vir die deelboere nie; deelboere was individue wat betaal was om op ʼn boer se plaas te werk. Aangesien die wet minder boerdery aangemoedig het, het deelboere werkloos geword. [Uit https://study.com/academy/lesson/franklin-d-roosevelt-and-the-first-new-deal-the-first-100-days.html. Toegang op 11 April 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) BRON 2C Hierdie bron verduidelik die Tennessee Valley Authority. Roosevelt het ook die Tennessee Valley Authority (TVA) geskep, met die doel om werkloosheid in die Tennessee-riviervallei te moderniseer en te verminder, een van die armste en hardste-getrefde streke in die land. Die agentskap het plaaslike werkers gehuur om ʼn reeks damme en hidro-elektriese kragsentrales op te rig, wat goedkoop elektrisiteit aan duisende mense gebring het. Die openbare korporasie het ook bekostigbare werknemers behuising geskep, goedkoop kunsmis vervaardig en duisende hektaar vir boerdery gedreineer. Roosevelt het ook die Tennessee Valley Authority (TVA) geskep, en hul doelwit was om te moderniseer en werkloosheid in Tennessee River-valleistreek te verminder, een van die armste en mees geaffekteerde streke in die land. Die agentskap het plaaslike werkers gehuur om ʼn reeks damme en hidro-elektriese kragsentrales te bou, wat goedkoop elektrisiteit na duisende mense gebring het. Die publieke korporasie het ook bekostigbare werkersbehuising geskep, vervaardig goedkoop bemestingstowwe en het duisende akkers vir boerdery gedreineer. Die TVA, soos die AAA, was hoogs kontroversieel. Baie konserwatiewes het beweer dat die regering se produksie van elektrisiteit ʼn ligte vorm van sosialisme was en dat dit markpryse te veel ontwrig het. Mededingende elektriese maatskappye het ook die TVA gekritiseer vir die verkoop van goedkoper elektrisiteit en die verlaging van hul winste. Tog het die TVA so ʼn diepgaande impak op die ekonomie en lewensgehalte in die Tennessee River-valleistreek gehad dat die federale regering soortgelyke projekte regoor die Weste en Suide geïnisieer het. Binne ʼn dekade is baie groot Amerikaanse riviere opgestel om hidro-elektriese krag te produseer wat elektrisiteit en werk verskaf het. [Uit https://www.sparknotes.com/history/american/depression/section5/page/2. Toegang op 12 Junie 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Hierdie plakkaat beeld die Wet op Maatskaplike Sekerheid van 1935 uit. [Uit https://apps.irs.gov/app/understandingTaxes/student/whys_thm02_les04.jsp. Toegang op 10 September 2021 verkry.] MEER SEKURITEIT VIR DIE AMERIKAANSE FAMILIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN PSEUDO-WETENSKAPLIKE RASTEORIEË OP NAZI-RASSEBELEIDE IN DIE 1930’s EN 1940’s? BRON 3A Hierdie bron beklemtoon die oorsprong van Sosiale Darwinisme. Sosiale Darwinisme is ʼn los stel ideologieë wat in die laat 1800’s ontstaan het waarin Charles Darwin se evolusieteorie deur natuurlike seleksie gebruik is om sekere politieke, sosiale of ekonomiese sienings te regverdig. Sosiale Darwiniste glo in “oorlewing van die sterkste” – die idee dat sekere mense magtig word in die samelewing omdat hulle aangebore beter is. Sosiale Darwinisme was gebruik om imperialisme, rassisme, eugenetika en sosiale ongelykheid op verskeie tye oor die afgelope eeu en ʼn half te regverdig. Volgens Darwin se evolusieteorie sal slegs die plante en diere wat die beste by hul omgewing aangepas, oorleef om voort te plant en hul gene na die volgende generasie oor te dra. Diere en plante wat swak aangepas by vir hul omgewing, sal nie oorleef om voort te plant nie. Charles Darwin het sy idees oor natuurlike seleksie en die evolusieteorie in sy invloedryke 1859- boek, The Origin of Species gepubliseer. Darwin se evolusieteorie deur natuurlike seleksie was ʼn wetenskaplike teorie wat daarop gefokus was om sy waarnemings oor biologiese diversiteit te verduidelik en waarom verskillende spesies plante en diere anders lyk. Tog in ʼn poging om sy wetenskaplike idees aan die Britse publiek oor te dra, het Darwin gewilde konsepte geleen, insluitend ‘oorlewing van die sterkste,’ van sosioloog Herbert Spencer en ‘stryd om te bestaan’ van ekonoom Thomas Malthus, wat vroeër geskryf het oor hoe menslike samelewings met verloop van tyd ontwikkel. [Uit https://www.history.com/topics/early-20th-century-us/social-darwinism. Toegang op 12 Mei 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Hierdie uittreksel verduidelik hoe eugenetika-beleide in Duitsland geïmplementeer was. Op Julie 14, 1933, het die Nasionaal-Sosialiste die Wet vir die Voorkoming van Oorerflike Siek Nageslag ingestel. Gevolglik is honderdduisende mense met geweld gesteriliseer. Ander is vermoor. Teen die somer van 1933 het die Nazi's Duitsland stewig in hulle greep gehad. Met hierdie nuutgevonde mag het die verregse party besluit om die Duitse samelewing na ʼn beeld van hul eie te vorm. Die wet het bepaal dat mense wat aan spesifieke siektes ly, met geweld gesteriliseer kan word om die verspreiding van oorerflike siektes te voorkom. Volgelinge van die eugenetikabeweging het geglo dat die Duitse bevolking geneties ‘verbeter’ kan word en die wet verwelkom. Vir die slagoffers van gedwonge sterilisasie het hierdie gewelddadige fisiese indringing (versteuring) ʼn lewe sonder die moontlikheid om kinders te hê, beteken. Baie was erg getraumatiseerd en hul hele lewe gely. Die Nasionaal-Sosialiste het gehoop om die droom van ‘meesterras’ te bewaarheid waarin ‘siek’ en ‘swak’ mense geen plek gehad het nie. Die nuwe wet het die tipes “siekte” gelys wat die sterilisasie van draers geregverdig het. Hierdie lys het aangebore geestesgebrek, skisofrenie, epilepsie, oorerflike doofheid en blindheid ingesluit, asook mense met ‘enige ernstige oorerflike misvorming’ en alkoholiste. “'n Mens kan nie sê dat dit die ‘bose’ Nazi's alleen was nie,” het Christiane Rothmaler gesê, ʼn dokter en historikus wat baie jare lank die geskiedenis van gedwonge sterilisasie ondersoek het. Sy weet dat die kwessie van eugenetika reeds in die 19de eeu bespreek was. [Uit:https://www.dw.com/en/remembering-the-victims-of-nazi-eugenics/a-16945569 Toegang op 12 Mei 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) BRON 3C Hierdie bron verduidelik die gevolge van Duitsland se sterilisasiebeleid op nie-Ariërs in Duitsland in die 1940’s. Rita Reinhardt Seibel is die dogter van Gabriel en Theresia Reinhardt. Sy en haar suster, Rolanda, is op 3 Maart 1943 in Wuerzburg gebore, waar haar ouers albei in die Stadt- teater gewerk het. In 1941 is verskeie lede van Theresia se familie na die Gestapo se hoofkwartier gebring waar hulle gedwing was om sterilisasie magtigingsvorms te onderteken. Hulle is met deportasie gedreig as hulle geweier het. Voordat Theresia se sterilisasie geskeduleer was, het sy ʼn bewuste besluit geneem met haar kêrel, Gabriel, om swanger te raak. Teen die tyd toe sy vir die prosedure ingeroep is, was sy drie maande swanger met ʼn tweeling. Toe dit deur die rasse-praktiseerdes ontdek is, is sy en haar gesin aangehou en is na Berlyn gestuur om te bepaal wat gedoen moet word. Die reaksie was dat Theresia toegelaat moet word om die swangerskap voort te sit op voorwaarde dat die babas met hul geboorte na die kliniek by die Universiteit van Wuerzburg oorgegee sou word. Daar het dr. Werner Heyde, professor in neurologie en psigiatrie, en ʼn sleutellid van die Nazi- genadedood program, navorsing oor tweelinge gedoen. Die tweeling is gebore in die teenwoordigheid van dr. Heyde by die Universiteit van Wuerzburg. Hulle was toegelaat om kort verblyf by die huis saam met hul ouers te hou, maar was oor die algemeen beperk tot die kliniek. ... Theresia en Gabriël het kennisgewings ontvang om vir deportasie aan te meld. Die babas is nie ingesluit nie, en Theresia het dadelik na die kliniek gegaan om hulle te sien. Toe sy daar aankom, is daar vir haar gesê sy kan hulle nie sien nie, maar Theresia het haar pad ingestoot. Sy het Rolanda dood in ʼn saal met ʼn verband om haar kop gevind, die slagoffer van eksperimente met oogkleur. Histeries met hierdie ontdekking, het Theresia die oorlewende tweeling, Rita, gegryp en gevlug. [Uit http://www.prezi.com Toegang op 27 September 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Hierdie bron beeld uit Gabriel en Theresia Reinhardt, ʼn Sinti-egpaar,wat hul tweeling- kinders, Rolanda en Rita in ʼn stootwaentjie, langs die Domstrasse in Wuerzburg onder Nazi-begeleiding tydens ʼn propaganda-fotosessie in April 1943 stoot. [Uit https://collections.ushmm.org/search/catalog/pa1151175. Toegang op 27 September 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2022) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: https://spartacus-educational.com/RUSfive.htm https://www.globalsecurity.org/military/world/russia/industry-stalin-2fyp.htm https://www.nationalarchives.gov.uk/education/leaders-and-controversies/g4/cs3/ https://www.khanacademy.org/humanities/us-history/rise-to-world-power/great- depression/a/the-new-deal https://study.com/academy/lesson/franklin-d-roosevelt-and-the-first-new-deal-the-first- 100-days.html. https://www.sparknotes.com/history/american/depression/section5/page/2. https://apps.irs.gov/app/understandingTaxes/student/whys_thm02_les04.jsp. https://www.history.com/topics/early-20th-century-us/social-darwinism https://www.dw.com/en/remembering-the-victims-of-nazi-eugenics/a-16945569 http://www.prezi.com. https://collections.ushmm.org/search/catalog/pa1151175 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all