Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2019
GESKIEDENIS V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 22 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
Grade 11 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
Onttrek inligting uit bronne.
Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15 punte)
Definieer historiese begrippe/terme.
Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20 punte)
Analiseer bewyse uit bronne.
Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15 punte)
Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
Daar word van leerlinge verwag om ‘n standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord
Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom
op een rede en twee punte toegeken word ()
Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt
sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te
maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar
sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter
punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
volgende val:
Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn
kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn
duidelike hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak
(op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed beplande en
gestruktureerde opstel. Baie goed Goed beplande en Argument beplan en Toon soms bewys van Poging aangewend om Weinig of geen poging
AANBIEDING
Goeie sintese van beplande en gestruktureerde opstel. gestruktureer. Bewyse ʼn gestruktureerde en antwoord te struktureer. om die opstel te
inligting. Het ʼn goed gestruktureerde Poog om ʼn duidelike tot ʼn sekere mate beplande argument. Grootliks beskrywend struktureer nie.
opstel. ʼn Relevante argument te ontwikkel. gebruik om argument te Poog om ʼn argument
gebalanseerde, of poog om argument
argument is gevolg. ondersteun. Slotsom vol te hou.
oorspronklike argument Gevolgtrekking gemaak te ontwikkel. Geen
Bewyse gebruik om die bereik op grond van Gevolgtrekking nie
ontwikkel met bewyse.
Argument deurgaans argument te verdedig. uit bewyse om die bewyse. duidelik ondersteun poging om ʼn
Poog om ʼn argument te gevolgtrekking te maak
volgehou en verdedig. deur bewyse nie.
Onafhanklike onafhanklike ondersteun. nie.
gevolgtrekking gemaak gevolgtrekking uit die
uit bewyse om die bewyse te maak om die
argument te argument te
ondersteun.
ondersteun.
INHOUD
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
SLEUTELVRAAG: WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE RUSSIESE REVOLUSIE
IN 1917?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
‘om geregtigheid en beskerming te soek’ (1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
Werkgewers weier om ons behoeftes met ons te bespreek.
Hulle het geweier om die werksdag tot agt uur te verminder
Hulle het geweier om met ons, ons salaris vas te stel (3 x 1) (3)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Hul verslawing was deur die tsaar en sy beamptes goedgekeur
Die tsaar en sy beamptes het die uitbuiting van die werkersklas
ondersteun
Die uitbuiting van die werkersklas was deur die tsaar en sy
amptenare volgehou
Die tsaar en sy amptenare het nie die werkersklas teen die
uitbuiting beskerm nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
(a) Kapitaliste
(b) Burokrate (2 x 1) (2)
1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Tsaar het geweier om na sy onderdane te luister
Hy het sy soldate opdrag gegee om die optog te beëindig
Soldate het op die betogers geskiet – baie dood geskiet
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2)
1.1.6 [Bepaling van betroubaarheid van Bron 1A – V3]
Betroubaar
Dit is ʼn uittreksel uit ʼn petisie – eerstehandse inligting
Vader Gapon was ʼn aktiewe lid en leier van die betogers
Die datum van die petisie stem ooreen met die werklike datum van
die gebeurtenis
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
Generaal Polivanov is vervang deur ʼn swak, kleurlose man wat niks
gedoen het om die stygende ontevredenheid in die leër te stuit nie.
Sergey Sazanov was vervang met Sturmer, die man met die Duitse
naam (2 x 1) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Rasputin het ʼn groot invloed oor die Tsaar gehad.
Rasputin het die Tsaar en Tsarina beïnvloed om sekere besluite te
neem
Rasputin het die land indirek bestuur terwyl die Tsaar op die
oorlogsfront was
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Rusland het Sazanov met die Duitsgesinde Sturmer vervang
Rusland kon nie die oorlog teen Duitsland volhou nie.
Russiese nederlae teen die Duitsers het die Britse oorlogspoging
bemoeilik
Met Rusland verslaan, kon Duitsland nou al sy troepe teen
Engeland mobiliseer.
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Rusland was onvoorbereid vir die oorlog maar die Tsaar volhard
Russiese leer het ʼn tekort aan wapens gehad – wat tot nederlae
gelei het
Russiese leer is verslaan maar die Tsaar weier om aan die oorlog
te onttrek
Mislukte oorlogspoging lei tot ontevredenheid en opstand teen die
Tsaar
Oorlog lei tot groot voedseltekorte – gevolglike protes-opstande.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
Om te wys dat die Russiese troepe tydens die oorlog verslaan was
Om te wys dat Rusland nie in staat was om hul oorlogspoging voort
te sit nie
Om die lae moraal van die Russiese soldate uit te wys
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.3.2 [Vergelyking van bronne om ooreenkomste vas te stel – V3]
Bron 1B noem dat die mense moeg was van die oorlog en dit word
ondersteun in Bron 1C wat die moegheid van die soldate uitbeeld
Bron B praat van die nederlae van die Russiese leer wat duidelik
in Bron 1C uitgebeeld word
Bron 1B noem dat die soldate geen wapens gehad het nie en dit
word ondersteun in Bron 1C wat duidelik uitwys dat die soldate
geen wapens gehad het nie.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 9
1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
Petrograd-Bolsjewiste (1 x 2) (2)
1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
Betoog teen honger
Oorlog
Tsaristiese bewind (3 x 1) (3)
1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Tsaar het die ondersteuning van sy soldate verloor.
Tsaar kon nie meer sy mense onderdruk nie
Tsaar was geforseer om te abdikeer
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
\ Tsaristiese ministers en generale was gearresteer en toegesluit
Sleutel regeringinstellings en geboue was deur die Bolsjewiste
oorgeneem
Voorlopige regering was met Bolsjewiste vervang
Winterpaleis is met ʼn staatsgreep oorgeneem
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.5 [Paragraaf – Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante
bronne – V3]
Werkers in St. Petersburg was ontevrede met werkgewers (Bron 1A)
Vader Gapon lewer petisie vir Tsaar en vra vir geregtigheid en
beskerming (Bron 1A)
Werkers ontevrede met kapitalistiese uitbuiting (Bron 1A)
Tsaar weier om na werkers te luister en beveel soldate om op hulle te
skiet (eie kennis)
Bloedige Sondag was die eerste teken van die rewolusie (eie kennis)
Rusland swak voorberei vir oorlog (Bron 1B)
Russiese troepe tekort aan wapens en word verslaan op die oorlogsfront
(Bron 1B)
Ongewilde Rasputin se invloed oor die tsaristiese bewind neem toe
(Bron 1B)
Nederlae lei tot ontevredenheid onder Russiese bevolking (eie kennis)
Nederlae lei tot voedseltekorte en tekorte lei tot optogte teen die Tsaar
(Eie kennis)
Rusland verslaan by Tannenberg – lei tot optogte (Bron 1C)
1917 groot optog in Petrograd teen hongersnood, oorlog en tsaardom
Bron 1D)
Soldate weier om optogte te onderdruk en sluit aan by die betogers (Bron
1D)
Dit lei tot die einde van tsaristiese bewind (Bron 1D)
Bolsjewiste raak ontslae van die Voorlopige regering (Eie kennis)
Bolsjewiste arresteer regeringsamptenare (Bron1D)
Bolsjewiste neem Winterpaleis oor (Eie kennis)
Enige ander relevante antwoord (6)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019)
KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse.
Toon geen of min begrip van die oorsake van
VLAK 1 die Russiese Rewolusie van 1917. 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf
skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp.
Toon ʼn mate van begrip van die oorsake van
VLAK 2 3–4
die Russiese Rewolusie van 1917
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse.
Toon ʼn deeglike begrip van die oorsake van
VLAK 3 die Russiese Rewolusie van 1917. 5–6
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (6)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 11
VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
SLEUTELVRAAG: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE GROOT DEPRESSIE OP
DIE LEWENS VAN AMERIKANERS IN DIE 1930’s?
2.1 2.1.1 [Omskrywing van historiese begrippe uit Bron 2A – V1]
Verwys na die gevolge van die ineenstorting van die aandele-
beurs in Amerika
Tydperk van ekonomiese agteruitgang en armoede as gevolg van
die ineenstorting van die aandelebeurs in 1929
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Die nasionale selfmoordsyfer het tot ʼn hoogtepunt in 1933 gestyg.
(1 x 2) (2)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
As gevolg van verleentheid of frustrasie. (1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Baie mans en vroue was werkloos en het werk gaan soek.
Baie mans en vroue het hul huise verloor en was op soek na
verblyf
Baie mans en vroue het voedsel gaan soek
Enige relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Baie families het hul huise verloor
Banke het huise afgeneem en baie families het dakloos geword
Mense het opslaanhuise uit afvalmateriaal gebou
President Hoover kon nie die mense van behoorlike behuising
voorsien nie.
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
‘... die depressie tien jaar aan die gang was voordat swartmense
selfs daarvan geweet het, of geweet dat dit bestaan het’ (1 x 2) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Deelboere of bestaansboere (1 x 2) (2)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Swartmense het in armoede geleef voor die uitbreek van die
Depressie
Die effek wat die Groot Depressie op blanke Amerikaners gehad
het, was lankal deur swart Amerikaners ervaar
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Hulle het die blankes aanvaar
Hulle was simpatiek gesind teenoor Blanke hobo’s
Hulle het Blanke hobo’s van voedsel voorsien
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2.5 [Bepaling van bruikbaarheid van Bron 2B – V3]
Bruikbaar
Dit is ʼn uittreksel uit ʼn onderhoud – eerstehandse inligting
Angelou was ʼn Burgerregteleier wat begrip vir die lot van
swartmense gehad het
Angelou haarself was swart – het dus armoede beleef
Angelou is ʼn geskiedkundige – gee dus ʼn ingeligte weergawe van
die onderwerp
Bron wys dat swart mense in armoede en ellende geleef het lank
voordat die Depressie uitgebreek het
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
Rooi Kruis (1 x 1) ()
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Hulle het nie omgegee vir hul onderdane nie
Die wetgewer se planne was uit voeling met die behoeftes van
hul mense
Die wetgewer het nie die mense geraadpleeg aangaande die
verligtingsprogramme nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.3.3 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2C – V1]
Weeklikse verligting van $3 vir die gemiddelde gesin ...
Gratis nutsdienste ** (gas, lig, water) en huur vir alle werkloses
en deeltydse werkers wat minder as $7 per week verdien.
Voldoende sorg vir hawelose, jong en enkel werkers
Voorsiening vir die opening van alle skole, betaling van salarisse
aan onderwysers en gratis middagetes en boeke vir skoolkinders
Stemreg vir alle werkloses sonder betaling van belastingheffing
(Enige 3 x 1) (3)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Onderwys het tot ʼn stilstand gekom
Skole het gesluit
Mense het nie geld gehad om skoolfooie te betaal nie
Daar was nie genoeg geld om in die basiese behoeftes van
onderwys te voorsien nie – salarisse en handboeke
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 13
2.3.5 [Bepaling van betroubaarheid van Bron 2C – V3]
Betroubaar
Die bron is ʼn brief – eerstehandse inligting
Die inligting in die bron kan bevestig word deur ander historiese bronne
Die datum van die brief 1931 stem ooreen met die tydperk van die
depressie
Die doel van die bron was om die lesers in te lig en nie om te oortuig nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.4 2.4.1 [Interpretasie en analise van bewyse uit Bron 2D – V2]
Groot Depressie het tot grootskaalse werkloosheid gelei
Amerikaanse ekonomie het in duie gestort
Amerikaanse Kamer van Koophandel kon nie eens hul eie lede se
belange beskerm nie
Amerikaanse Kamer van Koophandel kon nie werksgeleenthede vir
werkloses verskaf nie.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.4.2 [Analise van bewyse uit Bron 2D – V2]
Hy sou mismoedig gevoel het.
Hy sou kwaad en gefrustreerd gevoel het teenoor die regering.
Hy sou depressief gewees het.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.5 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse vanuit relevante bronne – V3]
Groot Depressie het ʼn negatiewe impak op Amerikaners gehad (Eie kennis)
GD het sielkundige gevolge gehad, veral op mans (Bron 2A)
Selfmoord, verlating en egskeidings was ʼn alledaagse verskynsel onder mans
(Bron 2A)
Miljoene mans en vroue het werkloos geword (Bron 2A)
Miljoene Amerikaners het hobo’s geraak (Bron 2A)
Miljoene Amerikaners het in Hoovervilles/opslaan-huise gewoon (Bron 2A)
Swart mense nie so swaar getref deur Depressie nie omdat hulle gewoond was
aan armoede. (Bron 2B)
Swart deelboere het arm gebly omdat hulle afhanklik was van plaaseienaars
(Bron 2B)
Swart Amerikaners kon identifiseer met armoede van blankes en daarom het
hulle die blankes voorsien van kos (Bron 2B)
Rooi Kruis het verligting gebring maar dit was nie voldoende nie (Bron 2C)
Staat (Alabama) se maatreëls het nie die behoeftes van die bevolking
aangespreek nie (Bron 2C)
Amerikaanse onderwys het in duie gestort (Bron 2C)
Amerikaners vra vir onmiddellike regeringshulp om werkloosheid te bekamp
Depressie het tot grootskaalse werkloosheid gelei (Bron 3D)
Amerikaanse Kamer van Koophandel kon nie die werkloosheidsprobleem oplos
nie
Enige ander relevante antwoord (6)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken.
KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op elementêre wyse.
Toon geen of min begrip van die impak van die
Groot Depressie op die lewens van
Vlak 1 0–2
Amerikaners in die 1930’s.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf
skryf nie
Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp.
Toon ʼn mate van begrip van die impak van die
Vlak 2 Groot Depressie op die lewens van 3–4
Amerikaners in die 1930’s.
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf
Gebruik relevante bewyse.
Toon ʼn deeglike begrip van die impak van die
Groot Depressie op die lewens van Amerikaners
Vlak 3 5–6
in die 1930’s.
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (6)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 15
VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19DE EN 20STE EEU
SLEUTEL VRAAG: HOE WAS DIE JODE IN DUITSLAND VERVOLG?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
Na die nasionale magsoorname in 1933 (1 x 1) (1)
3.1.2 [Omskrywing van historiese begrippe uit Bron 3A – V1]
Intense haat en teenkanting van Jode.
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.1.3. [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
Duitse armoede
Die hiperinflasie in die Weimer-republiek
Duitse werkloosheid
Die nederlaag van die Eerste Wêreldoorlog (Enige 3 x 1) (3)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
Dit was moeilik om ʼn Jood te identifiseer
Die Duitsers self kon nie ʼn definitiewe/bepalende omskrywing van
ʼn Jood gee nie
Die kriteria wat hulle gevolg het om Jode te identifiseer was
wisselvallig
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
Jode het in armoede verval
Jode het tweedeklasburgers van Duitsland geword
Baie Jode het werkloos geword
Verlies aan inkomste het tot laer lewensstandaard gelei
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.1.6 [Evaluasie van bewyse uit Bron 3A – V3]
Sy behandeling kan as diskriminasie beskou word
Sy behandeling was ʼn skending van menseregte.
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Hulle was gedwing om ʼn kenteken in die vorm van ʼn geel ster as
identifikasiemiddel te dra (1 x 2) (2)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Om Jode te verneder
Om hulle vir segregasie en diskriminasie uit te ken (2 x 1) (2)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Daar was te veel Jode wat in aanhouding was.
Hy wou hulle elimineer sonder dat die publiek daarvan bewus was.
Om hul dwangarbeid in die gevangenis uit te buit
Dit was deel van Hitler se Finale Oplossing
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019)
3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Hitler wou die Jode as ʼn nasie uitwis
Hitler het miljoene Jode na konsentrasiekampe gestuur
Miljoene Jode is in die konsentrasiekampe vermoor
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 [Interpretasie en analise van Bron 3C –V-2]
Om Hitler se beleid van identifikasie en diskriminasie uit te beeld
Om uit te wys hoe Jode uitgeken was aan die Ster van Dawid
Om uit te wys dat selfs kinders onderworpe was aan hierdie beleid
van diskriminasie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Vergelyking van bronne om ooreenkomste te bepaal – V3]
Beide bronne wys dat Jode uitgeken was aan die Ster van Dawid
Beide bronne wys dat selfs kinders onderworpe was aan hierdie
identifiseringsproses
Beide bronne toon dat daar teen Jode gediskrimineer was
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
‘Vergassing’ (1 x 1) (1)
3.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
Om ʼn moontlike opstand te voorkom
Om te verseker dat hulle nie weet dat hulle vermoor sou word nie
Om enige vorm van weerstand te vermy
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
Jode moes klaarblyklik hul klere uittrek om te stort
Jode was in gaswaens geplaas
Jode was vergas (3 x 1) (3)
3.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
Om die bewyse te vernietig
Hulle wou die menseslagting ʼn geheim hou
Duitsland was besig om die oorlog te verloor en daarom het hulle
die kamp vernietig
Hulle wou nie hulself aan vervolging blootstel nie
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 17
3.5 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Jode in Duitsland was baie sleg behandel (Eie kennis)
Daar was teen Jode gediskrimineer (Bron 3A)
Jode was geblameer vir al Duitsland se probleme (Bron 3A)
Anti-Semitiese wette afgekondig wat teen Jode gediskrimineer het (Bron 3A)
Jode verban uit regeringsposte en hoer posisies (Bron 3A)
Jode slegs toegelaat om ongeskoolde arbeid te verrig (Bron 3A)
Jode word tweedeklasburgers van Duitsland (Bron 3A)
Joodse besighede verwoes (Eie kennis)
Jode blootgestel aan identifikasie vir vernedering en diskriminasie (Bron 3B)
Jode uitgeken aan die Ster van Dawid (Bron 3B en 3C)
Joodse kinders en babas was ook aan die identifikasieproses onderwerp
(Bronne 3B en 3C)
Jode na konsentrasiekampe gestuur – Chelmno (Bron 3D)
Jode vergas in massa getalle by konsentrasiekampe (Bron 3D)
Joodse besittings aan Duitsers gegee of verkoop (Bron 3D)
Konsentrasiekampe deel van Hitler se Finale Oplossing (Eie kennis)
Enige ander relevante antwoord. (6)
Gebruik die onderstaande rubriek om ʼn punt toe teken.
KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse.
Toon geen of min begrip van hoe die Jode
Vlak 1 in Duitsland vervolg was. 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie
Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp.
Toon ʼn mate van begrip van die hoe die
Vlak 2 3–4
Jode in Duitsland vervolg was.
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse.
Toon ʼn deeglike begrip van die hoe die
Jode in Duitsland vervolg was.
Vlak 3 5-6
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon (6)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
SINOPSIS
Hierdie vraag vereis dat die kandidaat moet sê tot watter mate Stalin suksesvol was
om Rusland tot ʼn supermoondheid te omskep. Die fokus moet op die Eerste en
Tweede Vyfjaar Planne wees en die argument moet aandui tot watter mate hierdie
veranderinge Rusland tot ʼn supermoondheid sou omskep.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Inleiding: Die kandidaat se inleiding moet die vraag beantwoord – Stalin het tot ʼn
groot mate daarin geslaag om Rusland tot ʼn supermoondheid teen 1939 te
omskep.
UITBREIDING
Stalin geglo dat supermoondheid status slegs bereik kan word deur volledige
staatsbeheer van die ekonomie
Stalin het landbouopbrengs verhoog om die groeiende bevolking te voed
om meer landbou werkers vry te maak vir industrie
om uitvoere te vermeerder ten einde ingevoerde masjinerie en goedere te koop
Plase was gekollektiviseer om kolkhoz (kollektiewe plase) en sovkhoz (staatsplase)
te vorm
Kleinboere het masjinerie gedeel en die plase saam bewerk
Op die manier word baie grondlose kleinboere staatswerkers
Kulakke het hulle verset teen kollektivisering – lei tot afname in landbouproduksie
Kulakke is uitgeroei as ʼn klas en kollektivisering is afgedwing
Kleinboere is toegelaat om hul eie private stuk grond te besit waar hulle self kon
werk
Staat het meeste van die opbrengs gekoop en produksievlakke het begin styg
Stalin was definitief tot ʼn groot mate suksesvol om Rusland tot ʼn supermoondheid
teen 1939 te omskep.
Staat voer opbrengste uit en verkoop opbrengste teen hoër pryse
Op hierdie manier het die staat die kapitaal verkry om die industriële ontwikkeling
van Rusland te finansier
Teen 1939 was kollektivisering voltooi en dit sou verseker dat die industriële
ontwikkeling van Rusland sou plaasvind
Doel van industriële ontwikkeling was om Rusland onafhanklik te maak van
kapitalistiese lande
Klem op die ontwikkeling van swaar nywerhede – yster en staal
Klem op die ontwikkeling van verbruikersgoedere en ontwikkeling van vervoer
netwerk om industriële sentrums te dien
Nuwe dorpe en fabrieke is opgerig
Magnitogorsk – ʼn nuwe industriële dorp was gestig
Fabrieke vervaardig volgens staatskwotas
Propaganda is gebruik om werkers te inspireer en om die belangrikheid van saam
werk vir ʼn beter toekoms te beklemtoon.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 19
Steenkool is ontgin – om yster en staal te smelt
1 500 nuwe fabrieke gebou
Werkers het lang ure gewerk
Dnieper-dam – hidro-elektriese kragstasie gebou
Groot dorpe en nywerheidsentrums is gebou
Meer kleinboere het na die stede verhuis (verstedeliking)
Verpligte onderwys het ʼn geskoolde werksmag geskep
Alle kinders tussen 3 en 16 het verpligte onderwys ontvang
Dit het die jeug met kommunistiese oortuigings geïndoktrineer
Woonstelle is gebou om die behuisingstekort op te los
Motors is in Moskou gebou
Olie is by Baku ontdek
Die bou van netwerke van teerpaaie en kanaalstelsels om riviere in te rig vir
praktiese navigasie het noodsaaklik geword.
Stalin het aanmoediging, dissipline en terreur gebruik om sy doel te bereik
Teen 1940 was Rusland die wêreld se tweede grootste industriële mag
Nywerheid het nou meer as 70% tot die land se nasionale inkomste bygedra
Slot: Kandidate moet die argument saamvat met ʼn relevante gevolgtrekking met
inagneming van die standpunt wat in die inleiding geneem was.
Stalin was definitief tot ʼn groot mate suksesvol om Rusland tot ʼn
supermoondheid teen 1939. te omskep. [50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
SINOPSIS
Die kandidaat kan saam met die stelling stem of gedeeltelik saamstem en die redes
daarvoor verduidelik. Kandidate moet op die ekonomiese probleme en die oplossing
daarvan fokus ten einde hul gedagtegang te ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Inleiding: Die kandidaat kan saamstem of gedeeltelik met die stelling saamstem.
Roosevelt se Nuwe Bedeling het daarin geslaag om die ekonomiese probleme
van Amerika op te los want hy het die ekonomie gered deur werk te skep vir
miljoene Amerikaners, die vertroue in die bankwese te herstel en het hoop en
optimisme vir miljoene Amerikaners gebring.
OF
Roosevelt se Nuwe Bedeling het gedeeltelik daarin geslaag om die ekonomiese
probleme op te los want dit het verligting en hoop gebring maar dit het definitief
nie al die probleme opgelos nie.
UITBREIDING
Verligting – om die lewens van mense te verbeter
Hervorming – om die omstandighede te verander om toekomstige vordering te
verseker
Herstel – herbou die Amerikaanse bedryf en handel
Noodbankwet – herstel vertroue in banke
FERA – geld opsy gesit vir verligting vir armes
CCC – verskaf werk vir duisende werkloses
Wet op Openbare Werke – het werk geskep deur die bou van paaie, hospitale,
skole en huise.
AAA – betaal boere om minder te produseer
Nasionale Herstelwet – het kodes van billike mededinging, minimum lone opgestel
TVA – het damme gebou om vloede te voorkom en bome geplant om gronderosie
te voorkom
Huiseienaars Leningskorporasie – help mense wat in gevaar was om hul huise te
verloor
Wet op Maatskaplike Sekuriteit – ouderdomspensioene, werkloosheidsvoordele
Wagnerwet – het vakbonde toegelaat
Werk Vordering Administrasie – akteurs en musikante
Kritiek van die Nuwe Bedeling
Slot: Kandidate moet die argument met ʼn gepaste gevolgtrekking saamvat met
inagneming van die standpunt wat in die inleiding geneem was. [50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 21
VRAAG 6: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU
SINOPSIS
Die kandidaat moet die stelling krities bespreek deur op die sleutelwoorde in die stelling
te fokus. Die impak van Sosiale Darwinisme en Eugenika op die inheemse bevolking
moet deeglik bespreek word.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Inleiding: Die inleiding moet op die stelling fokus. Die pseudo-wetenskaplike teorieë
van Sosiale Darwinisme en Eugenetika het inderdaad ʼn negatiewe invloed op die
inheemse bevolking van Australië gehad want in die implementering daarvan was
baie Aborigenes uitgemoor tot op die punt van amperse uitwissing.
UITBREIDING
Die inheemse of ‘eerste mense’ van Australië is deur die Britse setlaars as
‘Aborigines’ bestempel.
Aborigine is ʼn Latynse woord van ‘ab’ wat oorsprong beteken, en ‘origine’ wat van
die begin af beteken.
Hulle vorm ongeveer 2,5% van die moderne Australiese bevolking.
Die Aboriginale bevolking van Australië ten tyde van die Europese nedersetting is
geskat op tussen 300 000 en soveel as 1 miljoen.
Hulle het in klein gemeenskappe gewoon met sosiale en godsdienstige gebruike.
Soos alle ander samelewings, het hul tegnologie, voedsel en jagpraktyke verskil
volgens die plaaslike omgewing.
Diegene wat tradisionele aspekte van die Aboriginale lewe beoefen, woon tans in
woestyngebiede waar die Europese nedersetting baie min is.
Sedert die laat agtiende eeu, tydens die magtige en imperialistiese Britse
verowering, is die inheemse bevolking van hul land onteien en het in baie groot
getalle gesterf.
Die Britte het hul kolonisasie van Australië in 1788 begin.
Die uitwissing van inheemse bevolking het die uitbreiding van hul grens vergesel.
Alhoewel baie inheemse gemeenskappe teen die setlaars in verset gekom het, het
die Aboriginal-inwoners van Australië een van die grootste pogings tot uitwissing in
die geskiedenis ondervind.
Tussen 1788 en 1900 is die inheemse bevolking van Australië met 90% verminder.
Die verdwyning van die Aborigines in die suidooste van Australië was so vinnig dat
daar geglo word dat hulle almal binnekort sou uitsterf.
Afgesien van die verlies van toegang tot land, en dood deur geweld, het
aansteeklike siektes soos waterpokkies, pokke, griep en masels baie laat sterwe.
Inheemse Australiërs het 'n diep spirituele en kulturele verbintenis met die land,
toe hulle gedwing was op pad te gee, het dit die sosiale samehorigheid ontbind.
In die eerste deel van die twintigste eeu was die rasse-teorieë van Sosiale
Darwinisme in Australië gewild en is dit is gebruik om die setlaars se behandeling
van die inheemse Australiërs te regverdig, as ‘primitief’ en ‘minderwaardige ras’.
Die Aborigines Protection Act 1909 het kampe opgerig om plek te maak vir die
‘gedoemde ras om uit te sterf’, aangesien Aborigines ‘onvermydelik sou uitsterf’.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019)
Die setlaars beleid het toegelaat dat baie Aborigines soos proefdiere behandel
word.
In die 1920’s en dertigerjare is duisende inheemse bevolking in gemeenskappe
regoor Australië onderworpe aan ‘wetenskaplike’ ondersoek na breinkapasiteit en
skedel/kranium/kopbeen grootte.
Kinders van gemengde Aboriginale en Europese afkoms is as ‘half-basters’
bestempel en as ʼn bedreiging vir die sogenaamde ‘rassuiwerheid’ beskou.
ʼn Beleid gebaseer op die eugenetiese teorie het hierdie kinders van hul ouers
weggeneem om ‘die swartheid uit hulle te teel’.
Tussen 1910 en 1970 is tot 100 000 Aboriginale kinders met geweld van hul
gesinne geneem.
Daar is nie aan ouers gesê waar hul kinders was nie en hulle kon nie opgespoor
word nie, en daar was aan die kinders gesê dat hulle weeskinders is.
Die rassistiese regering het aanvaar dat die Aborigines besig was om uit te sterf,
wat die ‘probleem’ sou oplos.
Die ‘assimilasieprogram’ is ingestel om dié van gemengde afkoms uit te skakel.
Dit is gedoen deur Aboriginale kinders uit hul gesinne te verwyder.
Hierdie kinders word dikwels die ‘Gesteelde Generasies’ genoem. Die
setlaarsbeleid het geglo dat wit, Christelike gesinne en koshuise die beste
omgewing was om Aboriginale kinders groot te maak.
Hulle het geglo dat wat hulle doen was ‘om hulle te beskerm’ en ‘die beste vir hulle’
was, of die kinders of hul ouers daarvan hou of nie.
ʼn Nasionale ondersoek is in 1995 uitgevoer en het bevind dat dwangverwydering
van inheemse kinders ʼn ernstige skending van menseregte was.
Dit was rassediskriminasie en ʼn daad van volksmoord.
Die kwessie is uiters kontroversieel in Australië.
Slot: Kandidate moet die argument saamvat met ʼn relevante gevolgtrekking met
inagneming van die standpunt wat in die inleiding geneem was.
Die pseudo-wetenskaplike teorieë van sosiale Darwinisme en Eugenika het
inderdaad ʼn negatiewe invloed op die inheemse bevolking van Australië gehad
want in die implementering daarvan was baie Aborigenes uitgemoor tot op die
punt van amperse uitwissing.
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Addendum

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper