Skip to content

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 11201916 pages

Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 GESKIEDENIS V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IHISTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie VRAESTEL bestaan uit SES vrae wat op die KABV-inhouds- raamwerk gebaseer is: DRIE brongebaseerde vrae in AFDELING A en DRIE opstelvrae in AFDELING B. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU 2. Bronmateriaal wat nodig is om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in die bygaande ADDENDUM VAN BRONNE gevind word. 3. Elke vraag tel 50 punte. 4. Kandidate moet DRIE vrae beantwoord. 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en EEN ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag óf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. Wanneer kandidate vrae beantwoord, moet hulle toepassing van kennis, vaardighede en insig demonstreer. 7. Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate wees. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 9. Begin elke vraag op ʼn nuwe bladsy en trek ʼn lyn aan die einde van elke vraag. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE RUSSIESE REVOLUSIE VAN 1917? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Bestudeer Bron 1A. 1.1.1 Waarom, volgens die bron, het Vader Gapon die petisie aan die Tsaar oorhandig? (1 x 2) (2) 1.1.2 Verskaf DRIE redes waarom die werkers ongelukkig met hul werkgewers was. (3 x 1) (3) 1.1.3 Verduidelik wat Vader Gapon geïmpliseer het toe hy sê: ‘Hulle het van ons slawe gemaak en hulle doen so onder die beskerming van jou amptenare, met hul hulp en samewerking’. (2 x 2) (4) 1.1.4 Wie, volgens die bron, was die: (a) Uitbuiters van die werkersklas (b) Die diewe van publieke fondse en plunderaars van die Russiese volk (2 x 1) (2) 1.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die Tsaar op die eise van die werkers gereageer het. (2 x 2) (4) 1.1.6 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges wat die oorsake van die Russiese Rewolusie van 1917 navors. (1 x 2) (2) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Noem die TWEE foute wat daartoe bygedra het dat die Russiese bevolking ongelukkig met hul deelname aan die Eerste Wêreldoorlog geraak het. (2 x 1) (2) 1.2.2 Lewer kommentaar op die stelling: ‘Dit lyk asof Rasputin se mag by die Winterpaleis elke dag toeneem …’. (2 x 2) (4) 1.2.3 Waarom dink jy het Engeland gevoel dat Rusland hulle in die steek gelaat het? (1 x 2) (2) 1.2.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik hoe Rusland se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog tot die ondergang van die Tsaristiese regime gelei het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019) 1.3 Verwys na Bron 1C. 1.3.1 Wat dink jy was die bedoeling van die fotograaf met die publisering van hierdie foto? (1 x 2) (2) 1.3.2 Vergelyk Bronne 1B en 1C. Hoe ondersteun die inligting in Bron 1B die bewyse in Bron 1C rakende Rusland se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog? (1 x 2) (2) 1.4 Oorweeg Bron 1D. 1.4.1 Wie, volgens die bron, het die werkende vrouens aangehits om aan die staking in Petrograd deel te neem? (1 x 1) (2) 1.4.2 Noem DRIE redes waarom die werkende vroue besluit het om te protesteer. (3 x 1) (3) 1.4.3 Watter impak het die optrede van die soldate op die Tsaristiese bewind gehad toe hulle besluit het om aan die opstand teen die Tsaar deel te neem? (1 x 2) (2) 1.4.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die Bolsjewiste daarin geslaag het om van die Tsaar tydens die Februarie-rewolusie ontslae te raak. (2 x 2) (4) 1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die oorsake van die Russiese Rewolusie van 1917 verduidelik. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 5 VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE LEWENS VAN AMERIKANERS IN DIE 1930’s? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae. 2.1 Gebruik Bron 2A. 2.1.1 Definieer die begrip Groot Depressie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.2 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat mans hulself doodgemaak het weens hul onvermoë om vir hul gesinne te sorg. (1 x 2) (2) 2.1.3 Waarom, volgens die bron, het mans hul gesinne verlaat? (1 x 2) (2) 2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom twee miljoen mans en vrouens reisende hobo’s geword het (2 x 2) (4) 2.1.5 Verduidelik hoe die Groot Depressie tot die ontstaan van Hoovervilles gelei het. (2 x 2) (4) 2.2 Verwys na Bron 2B. 2.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat swart Amerikaners nie bewus was van die Groot Depressie nie. (1 x 2) (2) 2.2.2 Watter tipe werk het swart Amerikaners, volgens die bron, in die Suide gedoen? (1 x 2) (2) 2.2.3 Verduidelik wat Angelou bedoel het met die stelling: ‘Die Depressie het dus voortgeduur lank voordat die ineenstorting in ‘29 plaasgevind het’. (1 x 2) (2) 2.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe Swart Amerikaners gereageer het teenoor wit hobo’s wat hul gebied betree het. (2 x 2) (4) 2.2.5 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges wat die effek van die Groot Depressie op swartmense in Amerika in die 1930’s navors. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Noem die organisasie wat verligting aan die mense van Alabama gebring het. (1 x 1) (1) 2.3.2 Watter gevolgtrekking kan gemaak word oor die Alabama wetgewer se houding teenoor die behoeftes van hul mense? (1 x 2) (2) 2.3.3 Noem DRIE eise wat die afvaardiging voorgestel het om die lewens van die burgers van Alabama te verbeter. (3 x 1) (3) 2.3.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik die gevolge wat die Groot Depressie op onderwys in Alabama gehad het. (2 x 2) (4) 2.3.5 Verduidelik die betroubaarheid van die bron vir geskiedkundiges wat die impak van die Groot Depressie op die burgers van Alabama navors. (1 x 2) (2) 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Wat kan jy leer oor die impak van die Groot Depressie op die Amerikaanse burgers? Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te staaf. (2 x 2) (4) 2.4.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe ʼn werklose Amerikaner sou voel na die aanskouing van hierdie foto. (1 x 2) (2) 2.5 Deur gebruik te maak van die inligting vanuit die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak van die Groot Depressie op die lewens van Amerikaners in die 1930’s verduidelik. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 7 VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19DE EN 20STE EEU HOE WAS JODE IN DUITSLAND VERVOLG? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae. 3.1 Bestudeer Bron 3A. 3.1.1 Wanneer, volgens die bron, het die diskriminasie van Jode in Duitsland begin? (1 x 1) (1) 3.1.2 Gebruik jou eie kennis om die begrip anti-Semitisme te definieer. (1 x 2) (2) 3.1.3 Gee DRIE redes wat die Nazi Party gebruik het om hul diskriminasie teenoor Jode te regverdig. (3 x 1) (3) 3.1.4 Lewer kommentaar op Bernhard Losener se stelling: ‘Die identifisering van ʼn Jood was totale chaos’. (1 x 2) (2) 3.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die gevolge van die diskriminasie op die Joodse gemeenskap te verduidelik. (2 x 2) (4) 3.1.6 Verduidelik waarom Hitler se behandeling van die Jode nie geregverdig kan word nie. (1 x 2) (2) 3.2 Oorweeg Bron 3B. 3.2.1 Hoe, volgens die bron, was Jode in Nazi-besette Europa geïdentifiseer? (1 x 2) (2) 3.2.2 Noem TWEE redes waarom Jode die ster van Dawid moes dra. (2 x 1) (2) 3.2.3 Waarom dink jy was dit nodig vir Hitler om die Jode na konsentrasiekampe te stuur? (2 x 2) (4) 3.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om Hitler se Finale Oplossing vir die Jode te verduidelik. (2 x 2) (4) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Wat dink jy was die bedoeling van die fotograaf met die publisering van hierdie foto? (2 x 2) (4) 3.3.2 Vergelyk Bronne 3B en 3C. Hoe ondersteun die inligting in Bron 3B die bewyse in Bron 3C met betrekking tot die behandeling van Jode? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2019) 3.4 Verwys na Bron 3D. 3.4.1 Watter metode, volgens die bron, was gebruik om Jode op ʼn groot skaal by die Chelmno-uitwissingskamp te vermoor? (1 x 1) (1) 3.4.2 Lewer kommentaar oor waarom jy dink die Duitsers vir die Jode gelieg het oor die doel waarom hulle moes gaan stort het. (2 x 2) (4) 3.4.3 Noem die DRIE stappe wat die Duitsers gebruik het om die Jode in die Chelmno-uitwissingskamp dood te maak. (3 x 1) (3) 3.4.4 Waarom dink jy het die Duitsers besluit om die Chelmno- uitwissingskamp in September 1944 te vernietig? (2 x 2) (4) 3.5 Deur gebruik te maak van die inligting vanuit die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Jode in Duitsland vervolg was. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling nie. VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 Verduidelik tot watter mate Stalin daarin geslaag het om Rusland in ʼn supermoondheid teen 1939 te omskep. [50] VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 ‘Franklin Roosevelt se Nuwe Bedeling was suksesvol in die hantering van Amerika se ekonomiese probleme in die 1930’s.’ Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met relevante historiese bewyse. [50] VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAASTE 19DE EN 20STE EEU ‘Pseudo-wetenskaplike teorieë van sosiale Darwinisme en Eugenetika het ʼn negatiewe invloed op die inheemse bevolking van Australië gehad.’ Bespreek die geldigheid van hierdie stelling deur te verwys na die behandeling van die inheemse bevolking (Aborigines) deur die Australiese regering. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

More from Grade 11 History

View all