Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2019
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
Grade 11 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 909.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke en vermoëns word gedek gedurende die
assessering van brongebaseerde vrae:
KOGNITIEWE GEWIGSTOE-
VLAKKE HISTORIESE VAARDIGHEDE KENNING VAN
VRAE
Onttrek inligting uit bronne
Selektering en organisering van 30%
VLAK 1
relevante informasie vanaf bronne (15)
Definieer historiese konsepte
Interpretasie van bewyse van bronne
Verduidelik inligting ingesamel van die 50%
LEVEL 2
bron (25)
Analiseer bewyse uit die bron
Interpreteer en evalueer inligting uit
bronne
Vra vrae oor vooroordeel,
betroubaarheid en bruikbaarheid en 20%
LEVEL 3
beperking van bronne (10)
Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bron en maak ʼn
onafhanklike afleiding
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of
voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan
die vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punt te verdien.
1.3 Assesseringsprosedure vir brongebaseerde vrae.
Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord.
Gee aandag aan die puntetoekenning, bv. (2 × 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken (); (1 × 2) wat neerkom op
een rede en twee punte word toegeken ()
Indien ʼn vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies aangedui ().
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op
ʼn paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (•) by elke punt binne-in die
teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was
om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te
evalueer.
Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf
aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui
in die holistiese rubriek en gee kommentaar, bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
op die kantlyn regs onder, bv.
32
50
Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende
wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite
of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit
wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019)
2.3 Globale assessering van ʼn opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag
word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering
sal leerders ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor te berei en te reproduseer
sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien
van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders
as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende
val:
Die konstruksie/ daarstelling van ʼn argument
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
Die leerder se interpretasie van die vraag
2.4 Assesseringprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel ge-assesseer word.
2.4.2 Tydens die eerste lees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyne), vir
elke hoofmoment/aspekte wat korrek gekontekstuleer is (ook aangedui
met ʼn kolpunt in die nasienriglyne) en ʼn relevante slotopmerking,
(aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyne) bv. ʼn antwoord waar daar 5
hoofpunte is, sal daar 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PVVS-struktuur in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike
hoofpunt.
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat
in die inleiding gemaak is, ondersteun.
V Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met
die vraag wat gevra is.
V Voorbeeld: Die kandidaat moet die vraag beantwoord deur inhoud
te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde
moet gegee word om die argument vol te hou.
S Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans
in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 5
2.4.4 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
Inleiding, hoofaspekte en slot nie behoorlik gekontekstualiseer nie
Verkeerde stelling _________________
Irrelevante stelling
Herhaling R
Analise A√
Interpretasie I√
Lyn van argument LVA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste lees van die opstel word daar bepaal tot watter
mate die hoofmomente gedek is en om die inhoudsvlak (op
die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 5
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
AP VLAK 5 }30 – 33
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019)
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: - TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed en Goed beplan Goed beplan en Argument Toon soms Poging Weinig of
AANBIEDING gestruktureerd. en gestruktureerde bepaal en bewyse van ʼn aangewend om geen poging
Goeie sintese gestruktureerd opstel. gestruktureer gestruktureerde ʼn antwoord te om die opstel
van inligting. e opstel. ʼn Duidelike en beplande struktureer. te struktureer.
INHOUD ʼn Goed ʼn Relevante argumentslyn Getuienis argument.
gebalanseerde argumentslyn ontwikkel. gebruik om Grootliks
en onafhanklike gevolg. Gevolgtrekkings argument te Poog om ʼn beskrywend of
argumentslyn is Bewyse vanaf bewyse ondersteun. argumentslyn poog om
ontwikkel met gebruik om die verkry. vol te hou. argument te
bewyse. argument te Onafhanklike Slotsom op ontwikkel.
Argument verdedig. gevolgtrekking. grond van Gevolgtrekking
deurgaans Bewyse gebruik getuienis. nie duidelik
volgehou en om ondersteun deur
verdedig. gevolgtrekking getuienis nie.
te ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten
47–50 43–46
volle
beantwoord.
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoud seleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot die
argument wat
gevolg is.
VLAK 5
Vraag
grotendeels
beantwoord. 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
Inhoud
genoegsaam en
relevant.
VLAK 4
Vraag
herkenbaar in
antwoord.
Gebreke ten 30–33 28–29 26–27
opsigte van
inhoud of
irrelevante
inhoudseleksie.
VLAK 3
Inhoudseleksie
hou verband
met die vraag,
maar
26–27 24–25 20–23
beantwoord dit
nie. Hou soms
nie verband met
die vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag
ontoereikend 20–23 18-19 14–17
beantwoord.
Inhoud skraal.
VLAK 1
Vraag
ontoereikend
beantwoord. 14–17 0–13
Ontoereikende
of irrelevante
inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
Vraag nie geadresseer/totale irrelevante inhoud; geen poging om opstel te struktureer nie = 0
Inhoud-keuse sluit basiese en algemene irrelevante inligting; geen poging om opstel te
konstrueer nie = 1–6
Vraag ontoereikend geadresseer en vaag; geen poging om opstel te struktureer = 7 – 13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE VERSKILLENDE ORGANISASIES TOT DIE
ONTWIKKELING VAN AFRIKANER NASIONALISME BYGEDRA?
1.1 1.1.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 1A – V1]
Verenig mense van ʼn spesifieke taalgroep
Enige ander relevante verduideliking (1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
Nasietrots (1 x 1) (1)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Dit het slegs die belange van blankes bevorder
Dit was ʼn beleid van rasse-segregasie wat slegs die belange van
blankes beskerm het
Dit het Afrikaners verenig
Sy beleide het die Afrikaner polities, ekonomies en sosiaal
bevoordeel
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
Afrikaner-Broederbond
FAK
Nasionale Pers
Die Voortrekkers
Nasionale Studentebond (Enige 2 x 1) (2)
1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Hulle was ook ongeskoolde werkers soos swart werkers
Moes meeding met swartes vir werk op die arbeidsmag/mark
Boere het min kennis van die arbeidsmark in stedelike gebiede
gehad
Hulle was ‘arm blankes’ wat gedwing is om na stedelike gebiede
te verhuis op soek na beter lewensomstandighede
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
Ossewabrandwag
Ekonomiese Volkskongres
Sanlam
Reddingsdaadbond
Afrikaanse Handelsinstituut (Enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
Kerke
Skole
Universiteite
Besigheidswêreld
Kultuur
Politiek
Media (Enige 2 x 1) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Die Afrikaner-nasie
Die Afrikaanssprekende wit bevolking
Die Volk
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Geen ander rassegroep wat Afrikaanssprekend was, kon ʼn lid
van die organisasie word nie
Dit was ʼn eksklusiewe organisasie vir Afrikaanssprekende
Blankes
Moes ʼn aktiewe lid van een van die Afrikaanse kerke wees
Moes manlik wees en die potensiaal besit om invloedryk te word
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.2.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
“Niemand was seker wie die lede van hierdie organisasie was
nie.”
“Jy kon nie iewers aansoek doen om lid van die organisasie te
word nie …” (2 x 1) (2)
1.2.6 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse uit Bron 1B – V3]
Die bron is bruikbaar omdat:
Dit was ʼn geheime organisasie wat Afrikaner Nasionalisme
bevorder het
Dit was ʼn eksklusiewe organisasie wat slegs die belange van
Afrikaners bevorder het
Sy lede was invloedryke mense in die samelewing
Dit het verskillende organisasies gevorm wat slegs die belange
van die Afrikaner bevorder en beskerm het
Dit het sy oorspronklike beleid om anti-polities te wees laat vaar
en uiteindelik die Suid-Afrikaanse regering beheer
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
ʼn Semi-militêre organisasie (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 9
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
Om die land in totale chaos te bring
Om Genl. Smuts te elimineer en sy vrou te ontvoer
Om Sir Ernest Oppenheimer asook alle Jode te elimineer
Om alle myn- en kommersiële belange uit die hande van die Jode
te verwyder
Om die Eerste Minister te vermoor, om alle kabinetsministers te
arresteer en te ontsetel, en om die mag van die Britse Ryk in
Suid-Afrika te verbreek (Enige 1 x 2) (2)
1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
Brittanje het Suid-Afrika beheer
Hulle het Brittanje gehaat vir die lyding wat hulle tydens die Suid-
Afrikaanse Oorlog moes verduur
Hulle het nie Duitsland as hul vyand beskou nie
Hulle wou hê Suid-Afrika moes onafhanklik word
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Om op die voetspore van hul voorvaders terug te gaan
Om Afrikaners van hul geskiedenis te herinner
Om Afrikaner-solidariteit en patriotisme te bevorder
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Afrikaner Broederbond
Henning Klopper (Enige 1 x 2) (2)
1.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
Gesuiwerde NP het die fondasie vir Afrikaner Nasionalisme gelê (eie
kennis)
NP het die belange van die Afrikaner bevorder (Bron 1A)
NP het die Afrikaner verenig (Bron 1A)
NP het die sosiale, ekonomiese en politieke belange van die Afrikaner
gedien (Bron 1A)
Afrikaner Broederbond wou verseker dat Afrikaners hul regmatige plek in
Suid-Afrika verkry (Bron 1B)
Afrikaner Broederbond het beoog om ʼn nasionale selfbewustheid onder
Afrikaners aan te wakker (Bron 1B)
Verskeie organisasies is gestig om Afrikaner Nasionalisme te bevorder
Ossewabrandwag is gevorm om vir die regte van Afrikaners te veg
(Bron 1C)
Afrikaner Nasionalisme herleef met eeufees (Bron 1D)
Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
VLAK KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip oor hoe die
verskillende organisasies tot die
PUNTE
VLAK 1 ontwikkeling van Afrikaner Nasionalisme
0–2
bygedra het.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn
groot mate verband met die onderwerp, bv.
toon begrip oor hoe die verskillende
PUNTE
VLAK 2 organisasies tot die ontwikkeling van
3–4
Afrikaner Nasionalisme bygedra het.
Gebruik bewyse op ʼn baie eenvoudige
manier om ʼn paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer
ʼn deeglike begrip oor hoe die
verskillende organisasies tot die
ontwikkeling van Afrikaner Nasionalisme PUNTE
VLAK 3
bygedra het. 5–6
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip
van die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 11
VRAAG 2: HOE HET JOODSE NASIONALISME TOT KONFLIK EN LYDING
VIR DIE MENSE VAN PALESTINA GELEI?
2.1 2.1.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 2A – V1]
(a) Om mense met dieselfde kultuur, taal en godsdiens in een
land te verenig
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
(b) Om aan ʼn Joodse nasionale en politieke beweging te
behoort
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Theodore Herzl (1 x 1) (1)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Om Palestina as hul tuisland te vestig
Om Joodse nasionalisme te bevorder
Om ʼn Joodse tuisland te skep waar alle Jode welkom was
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Die Jode was ʼn nasie
Jode was verspreid oor die wêreld
Jode is in sekere dele van Europa vervolg
Jode het in agterbuurtes gewoon
Jode moes hulself regeer
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Palestina was in ʼn Joodse en Arabiese staat verdeel (1 x 2) (2)
2.2.2. [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Brittanje (1 x 2) (2)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Hulle het Palestina as ʼn integrale deel van die Arabiese wêreld
beskou
Jerusalem was van groot godsdienstige belang vir die Moslems
Palestina is deur Brittanje aan hulle belowe
Die Arabiese bevolking sou in Joodse gebied woon onder die
verdeling
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Die Jode was bereid om te veg om hul onafhanklikheid te
beskerm
Hulle was bereid om vir hul nuutgestigte staat, Israel te veg
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019)
2.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Hulle het hul land aan die Israeli’s verloor
Hulle het hul wonings en inkomste verloor
Hul het enige onafhanklikheid waarop hulle gehoop het,
verloor
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Libanon
Sirië
Irak
Egipte (Enige 3 x 1) (3)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
Wes-Bank
Gaza-strook (2 x 1) (2)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Sy het altyd die huis as haar besitting beskou
Sy het gehoop dat sy eendag daarheen kon terugkeer
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.3.3 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse uit Bron 2C – V3]
Die bron is bruikbaar omdat:
Dit die menslike kant van die Palestynse tragedie wys
Dit wys dat die Arabiese Palestyne van hul huise moes vlug
Het hul eiendom verloor en het slegs ’n skeletsleutel as
bewys
Dit gee ons insig oor hoe die Palestyne gevoel het oor die
verlies van hul huise en word beskou as een van die redes
waarom die konflik voortduur
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Arabiese Palestyne het alles verloor
Hulle het in armoede geleef
Arabiese Palestyne was haweloos
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Geen behoorlike tuiste nie
Vroue en kinders is van basiese benodighede ontneem
Enige ander relevante antwoord (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 13
2.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Die Sionistiese beweging is deur Theodore Herzl gestig om ʼn tuiste te
vind vir die Jode (Bron 2A)
Om godsdienstige redes het hulle op Palestina besluit (eie kennis)
Immigrasie van Jode na Palestina is aangemoedig (eie kennis)
Verenigde Nasies verdeel Palestina (Bron 2B)
Die Jode het die staat Israel gestig (Bron 2B)
Lei tot die Eerste Israeli Oorlog (Bron 2B)
Jode bereid om vir hul onafhanklikheid te veg (Bron 2B)
Lei tot konflik in die Midde Ooste (eie kennis)
Veroorsaak dat Arabiese Palestyne vlugtelinge geword het (Bron 2C)
Mense het hul huise verloor (Bron 2C)
Mense gehoop konflik sal eindig en terugkeer na hul wonings
(eie kennis)
Arabiese-Palestyne het in armoede, wat deur die konflik veroorsaak is,
geleef (Bron 2D)
Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
VLAK KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse,
bv. toon geen of min begrip oor hoe
Joodse nasionalisme gelei het tot
PUNTE
VLAK 1 konflik en lyding vir die mense van
0–2
Palestina.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn
groot mate verband met die onderwerp,
bv. toon begrip oor hoe Joodse
PUNTE
VLAK 2 nasionalisme gelei het tot konflik en
3–4
lyding vir die mense van Palestina.
Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om
ʼn paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv.
demonstreer ʼn deeglike begrip oor
hoe Joodse nasionalisme gelei het tot
konflik en lyding vir die mense van PUNTE
VLAK 3
Palestina. 5–6
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip
van die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3: HOE HET DIE PASWETTE DIE LEWENS VAN SWART SUID-
AFRIKANERS IN DIE 1950’s BEÏNVLOED?
3.1 3.1.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 3A – V1]
Die politieke, ekonomiese en sosiale skeiding van rasse op grond
van hul velkleur
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
Afskaffing van die Pas en Konsolidasie van Dokumente Wet
(1 x 1) (1)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
Werkloos vir lang periodes
Beskou as oorbodig vir die behoeftes van die wit bevolking
Swak gesondheid
Hoë ouderdom (Enige 2 x 1) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
Hulle kon nie permanente inwoners in stedelike gebiede word nie
Na verstryking van hul kontrakte moes hulle na hul tuislande
terugkeer
Geen swartes kon die plattelandse gebiede verlaat sonder
toestemming van hul plaaslike owerhede nie
Moes binne 72-uur werk in stedelike gebiede vind
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Pas
Belastingkwitansie (2 x 1) (2)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Ongeskik
In beheer
Wreed
Superieur / meerderwaardig
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Het nie meer sy vader as ʼn held beskou nie
Hom geskaam vir sy pa
Verafsku sy vader wat toelaat dat ʼn jong polisieman so
onbeskof met hom praat
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Kalm
Sagtheid
Hardheid (Enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 15
3.2.5 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse uit Bron 3B – V3]
Die bron is bruikbaar omdat:
Ooggetuie-verslag oor hoe paswette geïmplementeer is
Wys hoe swartes voor hul kinders verneder is
Bron beeld uit die meerderwaardige houding van die polisie
man toe hy sy pa se pas vra
Klopjagte kon op enige tyd van die dag of nag op swartes se
huise gedoen word
Swart Suid-Afrikaners het geen sê gehad oor die skending
van hul privaatheid nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
Dit bevestig hoe paswette geïmplementeer is
Swart Suid-Afrikaners kon enige plek voorgekeer word om hul
passe te wys
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
Om te bevestig of hy/sy wettig in Suid-Afrika was
Om vas te stel waar hulle woon en werk
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
Inhegtenisneming
Boete
Gestuur om verniet op plase te gaan werk
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
Doelbewuste instrument om swartes te verneder
Kenmerk van slawerny
Wapen wat deur die owerhede gebruik is om swartes in ʼn
ondergeskikte posisie te hou (3 x 1) (3)
3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
“hoe diepgewortel die weersin vir die passtelsel onder swartes
is” (1 x 2) (2)
3.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
Die paswetstelsel onmiddellik afgeskaf word
Alle diskriminerende wette afgeskaf word
Swart Suid-Afrikaners politieke regte kry
Alle mense in Suid-Afrika gelyk behandel word
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019)
3.5 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Nie alle swart Suid-Afrikaners het die reg gehad om permanente
inwoners van Suid-Afrika te word nie (Bron 3A)
Beperk regte van swartes om na ander dorpe te trek (Bron 3A)
Die reg om in ʼn sekere dorp te woon kon herroep word (Bron 3A)
Paswetklopjagte kon enige tyd gehou word (Bron 3B)
Die paswetklopjag het Modisane se beeld van sy vader
verklein/verminder (Bron 3B)
Die klopjag het die heldhaftige beeld wat hy van sy vader gehad het, laat
verkrummel (Bron 3B)
Klopjag het sy vader vernietig (Bron 3B)
Swart Suid-Afrikaners kon enige plek en tyd gestop word om hul passe te
toon (Bron 3C)
Swart Suid-Afrikaners kon in hegtenis geneem word, beboet of na plase
gestuur word om verniet te gaan werk indien hulle sou versuim het om
hul passe te toon (eie kennis)
Dit het pyn en vernedering vir swart Suid-Afrikaners veroorsaak
(Bron 3D)
Paswette het swart Suid-Afrikaners verneder (Bron 3D)
Het swartes in ʼn ondergeskikte posisie gehou (Bron 3D)
Dit het verhoed dat man en vrou saam kon woon en ook kinders van hul
ouers geskei (Bron 3D)
Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
VLAK KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse,
bv. toon geen of min begrip oor hoe die
paswette die lewens van swart Suid- PUNTE
VLAK 1
Afrikaners in die 1950’s beïnvloed het. 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn
grot mate verband met die onderwerp, bv.
toon begrip oor hoe die paswette die
PUNTE
VLAK 2 lewens van swart Suid-Afrikaners in
3–4
die 1950’s beïnvloed het.
Gebruik bewyse op ʼn baie eenvoudige
manier om ʼn paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv.
demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe
die paswette die lewens van swart
Suid-Afrikaners in die 1950’s beïnvloed PUNTE
VLAK 3
het. 5–6
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip
van die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 17
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: SWART NASIONALISME
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet ʼn standpunt inneem of swart Suid-Afrikaners ontneem is van hul
politieke, ekonomiese en politieke regte wat die weg gebaan het vir die opkoms
van Swart Nasionalisme.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en demonstreer of hulle met die
stelling saamstem of nie.
UITBREIDING
Begin as ʼn vorm van weerstand teen kolonialisme/segregasie
Stigting van die APO in 1902 deur dr. Abdurahman
Protesteer teen die uitsluiting van swartes vir die reg om te stem
Delegasie na Londen in 1905 om ʼn nie-rassige konsessie te bewerkstellig en
diskriminasie te beëindig asook om swartes stemreg te gee. Brittanje ignoreer
hierdie versoek
Stigting van die SANNC in 1912 om diskriminasie teen te staan en politieke
regte te wen
SANNC wou almal verenig wat deur blankes onderdruk is
SANNC het afgevaardigdes na Londen gestuur in 1914 om teen die Naturelle
Grondwet van 1913 te appelleer, maar was nie suksesvol nie
In 1923 het die SANNC sy naam na die ANC verander
Stigting van die ICU in 1919 wat die griewe van die swart dokwerkers
aanspreek – veg teen die regering se beleid
ICU het massa-ondersteuning gehad – ANC het die ondersteuning van die elite-
swartes gehad
Stigting van die SAKP wat swart werkers se griewe aangespreek het
Verspreiding van onderwys lei tot die groei en bewustheid van idees van vryheid
en demokrasie
Die invloed van die Tweede Wêreldoorlog – baie swartes betrokke wat geveg
het vir vryheid en demokrasie
Jong lede van die ANC word meer militant en vorm die ANC Jeugliga
Jeugliga het die ANC daarvan beskuldig dat hy die elite verteenwoordig het en
nie die massas nie
In 1953 het die ANC die Vryheidshandves saamgestel vir ʼn demokratiese Suid-
Afrika ongeag ras
Pan-Afrika doelwit was om swart mense regoor die wêreld te bevry
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 5: NASIONALISME IN AFRIKA GHANA
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate Kwama Nkrumah beïnvloed was deur
Pan-Afrikanisme en Ghana tot onafhanklikheid gelei het.
HOOFASPEKTE
Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate hulle saamstem met die stelling
en hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun.
UITBREIDING
Agtergrondrol van WEB Du Bois, Marcus Garvey en George Padmore in die
verspreiding van Pan-Afrikanisme
Vroeë nasionalisme onder die opgeleide elite wat vertroud was met begrippe soos
demokrasie en nasionalisme
Opgevoede elite word krities teenoor koloniale bestuur
Britse maatskappye het Ghana se kakao-boere uitgebuit
Weerstand-taktieke: 1937 landswye staking van kakao-boere
Boere ondersteun deur dok- en vervoerwerkers-staking het gelei tot ʼn
nasionalistiese beweging teen Britse politieke beheer
Staking was ʼn sukses. Het verdere nasionalistiese ondersteuning aangemoedig
Baie swartes het in die Tweede Wêreldoorlog vir demokrasie en vryheid geveg
Nkrumah woon die Pan Afrikanistiese konferensie by
Na die konferensie het nasionalistiese idees meer militant geword om Ghana te
bevry
Nkrumah word gevra om sekretaris van die UGCC te word
Die UGCC het ʼn dinamiese politieke beweging geword
1948: boikotte en opstande teen Britse goedere en beheer georganiseer
Nkrumah breek weg van die UGCC en vorm ʼn meer radikale nasionalistiese party,
die Convention People’s Party (CPP), wat onmiddellike onafhanklikheid geëis het
Die CPP het massa-ondersteuning geniet en ʼn beleid van Afrika Sosialisme
aangeneem
Brittanje het beperkte magte vir selfbestuur aan Ghana gegee
Nkrumah word gearresteer
CPP het hul stryd voortgesit en die 1957 verkiesing gewen
Nkrumah word die eerste president van die Goue Kus en hernoem dit Ghana
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 19
VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA: 1940’s tot 1960’s
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet standpunt inneem of die Nasionale Party regering sy
apartheidsbeleid so effektief afgedwing het dat daar geen weerstand in die 1950’s
plaasgevind het nie.
HOOFASPEKTE
Inleiding: Kandidate moet aandui of die stelling akkuraat is of nie.
UITBREIDING
ANC se Program van Aksie
ANC word meer militant
Gebruik boikotte, burgerlike ongehoorsaamheid en opstande as metodes van
weerstand
Mei-dag wegbly-aksie
Versetbeweging
1952 – breek wette doelbewus – gebruik slegs blanke fasiliteite
Brand passe in die openbaar
Weier om boetes te betaal en wou hê tronke moet oorvol word
Gehoop die apartheidsisteem sou in duie stort
Sommige vermoor en gearresteer
Kongres Alliansie
Konferensie van all rassegroepe om ʼn grondwet op te stel
Vryheidshandves
Ontmoet by Kliptown op 25 en 26 Junie 1955
Stel ʼn dokument op wat die aspirasies van alle Suid-Afrikaners verteenwoordig
Word die bloudruk vir die nuwe grondwet vir Suid-Afrikaners
Vroue-opmars na Pretoria (9 Augustus 1956)
Vroue gedwing om passe te dra
20 000 vroue van alle rasse onderneem optog na die Unie-gebou
Leiers van die optog – Lilian Ngoyi, Rahima Moosa, Sophie Williams en Helen
Joseph
Eerste Minister, J.G. Strijdom weier om vroue te woord te staan
Sing “Nkosi Sikeleli Africa’ toe hulle die Unie-gebou verlaat
Hoogverraad
Verset teen apartheid lei tot die arrestasie van lede van die Kongres Alliansie
Gearresteer vir poging om die regering omver te werp
In 1956 het die staat 156 aktiviste gearresteer
Verhore vind vir twee jaar in die “Drill Hall” plaas
Doel van regering was om mense te intimideer en weerstand te verswak
Teen 1961 is alle beskuldigdes vrygelaat
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Addendum

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper