Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2019
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
*IHISTA4*
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Addendum
Grade 11 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Addendum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Addendum
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 1: HOE HET DIE VERSKILLENDE ORGANISASIES TOT DIE
ONTWIKKELING VAN AFRIKANER NASIONALISME BYGEDRA?
BRON 1A
Die bron hieronder beskryf hoe die Nasional Party tot die opkoms van Afrikaner
Nasionalisme bygedra het.
Die totstandkoming van die ‘gesuiwerde’ Nasionale Party onder leiding van D.F. Malan
in 1934 het ʼn nuwe hoofstuk in Afrikaner-nasionalisme ingelei. In die ‘gesuiwerde’
Nasionale Party het die Afrikaner ʼn politieke tuiste gevind waar hul belange ekslusief
vooropgestel is, en tot ʼn bloeitydperk vir Afrikaner-nasionalisme gelei het. Dié
nuutgevonde volkstrots, wat ʼn hoogtepunt bereik het met die Nasionale Party se
oorwinning in die 1948-verkiesing, kan in ʼn groot mate aan die Nasionale Party se
rassebeleid toegeskryf word. Die Nasionale Party het gebruik gemaak van die
ondersteuning van kulturele organisasies en hul vir die ekonomiese opbou en
beveiliging van die Afrikaner beywer. Die Nasionale Party was dus die party wat die
Afrikaner verenig het, aangesien hul sosiale, ekonomiese en politieke belange deur
die NP gedien is.
Op ʼn kulturele vlak het die Nasionale Party sonder twyfel die ondersteuning van ʼn wye
verskeidenheid organisasies gehad. Die Afrikaner Broederbond en sy affiliate,
insluitend die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die Nasionale
Pers, het deel hiervan uitgemaak. Kulturele leiers het die jeug deur bewegings soos
Die Voortrekkers en die Nasionale Studentebond gemobiliseer.
Die 1930’s en 1940’s is gekenmerk deur ʼn eksodus van Afrikaners uit die platteland na
die stedelike gebiede. Hier is die Afrikaanse middelklas in die besigheidswêreld deur
professionele Engelssprekendes bedreig, terwyl die werkersklas-Afrikaner bedreig
gevoel het deur die swartes in die arbeidsmark.
[Uit www.fanieosoppiejas.com/.../afrikaner-nationalism-the-factors.Toegang op 11 Februarie 2019
verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Hierdie bron beskryf die bydrae van die Broederbond om Afrikaner Nasionalisme te
bevorder.
Die Afrikaner Broederbond is in 1918 gestig. Die doel van die Afrikaner Broederbond was
dat ʼn a-politiese organisasie sou wees wat agter die skerms sou werk om aan die
Afrikaner sy regmatige plek in die Unie van Suid-Afrika te gee.
In die 1920 grondwet het die Afrikaner Broederbond hom verbind tot ʼn Christelike-
nasionale grondslag, om eensgesindheid onder alle Afrikaners na te streef en om ʼn
nasionale selfbewussyn by Afrikaners aan te wakker. In hulle beginjare het hulle ʼn groot
rol gespeel in die bevordering van Afrikaner Nasionalisme: die Ossewatrek van 1939, die
Ekonomiese Volkskongres, Sanlam, Reddingsdaadbond en die Afrikaanse
Handelsinstituut is gestig. Soos hulle invloed toegeneem het, het hulle minder op hul
stigtingsdoelwitte ag geslaan.
Die Afrikaner Broederbond het begin om die Afrikaanse kerk, skool, universiteit,
sakewêreld, kultuur, politiek, media en nog meer te oorheers en beheer. Hulle het soos ʼn
seekat met baie arms geword. Dit het hulle agter die skerms gedoen en waarskynlik was
baie mense nie eers bewus hiervan nie. Hulle het beweer dat hulle dit vir die beswil van
die volk doen.
Die Afrikaner Broederbond was ʼn hoogs geheime organisasie. Niemand was seker wie
die lede van hierdie organisasie was nie. Jy kon nie iewers aansoek doen om lid van die
organisasie te word nie; hulle het jou genader.
[Uit www.minderheidsverslag.co.za/.../die broederbond ’n adder in die boesem. Toegang op
11 Februarie 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
BRON 1C
Hierdie bron beskryf die bydrae van die Ossewabrandwag tot die groei van Afrikaner
Nasionalisme.
Die Ossewabrandwag was ʼn semi-militêre organisasie gebaseer op die doktrines van
Nasionaal Sosialisme soos deur Hitler en die Nazi-Party ingestel. Lede het met hul eie
bloed ʼn eed aan Hitler en sy verteenwoordiger, Robey Leibrandt, onderteken. As
nasionale sosialistiese rebelle het hulle hulself verbind tot:
- Om die land in totale chaos te bring
- Om generaal Smuts te elimineer en sy vrou te ontvoer
- Om sir Ernest Oppenheimer asook alle Jode te elimineer
- Om alle myn- en kommersiële belange uit die hande van die Jode te verwyder
- Om die Eerste Minister te vermoor, en om alle kabinetsministers te arresteer en te
ontsetel en die mag van die Britse Ryk in Suid-Afrika te verbreek
ʼn Meer aktiewe groep, nl. die Stormjaers, is ook as integrale deel van die
Ossewabrandwag gestig. Dit was hierdie groep wat verantwoordelik was vir dade soos
onder andere, die knip van telefoondrade, ens. Hierdie optredes het dan veroorsaak dat
baie Suid-Afrikaanse soldate teruggehou moes word om stabiliteit in Suid-Afrika te
verseker en dus nie teen Duitsland kon veg nie.
[Uit https:/gelofteland.org/…die Afrikaner…/2827-wie-is-die Afrikaner-…geskiedenis van die
Ossewabrandwag. Toegang op 11 Februarie 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Hierdie foto toon die Retief en Pretorius Ossewaens wat in die 1930’s by die eeufees
aangesluit het.
[Uit Illustrated History of South Africa: The real story by Readers’ Digest Association of South Africa]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 2: HOE HET JOODSE NASIONALISME TOT KONFLIK EN LYDING VIR DIE
MENSE VAN PALESTINA GELEI?
BRON 2A
Die bron hieronder, deur Theodore Herzl, beskryf die plan vir die skep van ʼn Joodse
staat.
As nasionalisme ʼn probleem vir die Jode inhou deur hulle te identifiseer as ʼn vreemde en
ongewenste minderheid, stel dit ook ʼn oplossing voor: selfbeskikking (selfregering) vir die
Jode in ʼn staat van hul eie waar hulle die meerderheid sal vorm. Sionisme wou egter nie
slegs ʼn nuwe Joodse staat in Palestina skep nie, maar ook ʼn nuwe gemeenskap,
gebaseer op die universele waardes van vryheid, demokrasie en sosiale geregtigheid …
Herzl, wat die leier van die Sionistiese beweging geword het, het tot die gevolgtrekking
gekom dat assimilasie (inlywing) en emansipasie (vryheid) nie sou werk nie, omdat die
Jode ʼn nasie was. Hul probleem was nie ekonomies of sosiaal of godsdienstig nie, maar
nasionaal. Dit volg logies vanuit hierdie idees dat die enigste oplossing vir die Jode was
om die Diaspora te verlaat en hul eie onafhanklike staat te bekom waar hulle
soewereiniteit kon uitoefen en ʼn staat van hul eie kon vestig (stig).
[Uit In Search of History deur J. Bottaro. et al.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Hierdie is ʼn uitreksel wat die stigting van die staat van Israel en die gevolge daarvan
beskryf.
Op 29 November 1947, het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies
Resolusie 181 (ook bekend as die Skeidingsresolusie) aangeneem wat Groot Brittanje se
mandaat sou verdeel in ʼn Joodse en Arabiese staat in Mei 1948. Onder die resolusie, sou
die gebied van godsdienstige belang wat Jerusalem omring onder internasionale beheer
bly en deur die Verenigde Nasies geadministreer word. Die Palestynse Arabiere het
geweier om hierdie reëling, wat hulle beskou het as gunstig vir die Jode en onregverdig
teenoor die Arabiese bevolking wat in die Joodse grondgebied onder die verdeling sou
bly, te aanvaar.
Die Verenigde Nasies se resolusie het konflik aangewakker tussen die Joodse en
Arabiese groepe in Palestina. Gevegte het begin met aanvalle deur Palestynse Arabiere
wat verbonde was aan die Arabiese Bevrydingsleër, wat bestaan het uit vrywilligers van
Palestina en omliggende Arabiese lande. Hierdie groepe het aanvalle geloods op Joodse
stede, vestigings en gewapende magte. Die Joodse magte het bestaan uit die Haganah,
die ondergrondse milisie (burgermag) van die Joodse gemeenskap in Palestina en twee
kleiner groepe, die Irgun en LEHL. Die doel van die Arabiere was aanvanklik om die
Skeidingsresolusie te blokkeer en om die vestiging van die Joodse staat te verhoed. Die
Jode, aan die ander kant, het gehoop om beheer te bekom oor die gebied wat aan hulle
onder die Skeidingsplan toegewys is.
Nadat Israel sy onafhanklikheid op 14 Mei 1948 verklaar het, het die gevegte met ander
Arabiese magte van Lebanon, Sirië, Irak en Egipte wat by die Palestynse Arabiere
aangesluit het, vererger. Die Israeli’s het dit die ‘Oorlog van Onafhanklikheid’ en die
Palestynse Arabiere het dit die ‘El-Nakba’ (ramp of katastrofe) genoem.
[Uit Milestones: 1945–1952. Toegang op 11 Februarie 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
BRON 2C
Die bron hieronder beskryf die gevolge van die konflik en die ervarings (ondervinding)
van Hind Naser se moeder wat as gevolg van die Eerste Israeliese Oorlog, ʼn vlugteling
geword het.
Om van die voortslepende oorlog in 1948 te ontvlug, het 70 persent van die Palestynse-
Arabiese bevolking vanaf hul huise en plase gevlug. Hul het gehoop om, as dinge
bedaar, terug te keer; daarom het meeste na die veiligheid in die gebiede van die
Wesbank en die Gaza-strook getrek. Soos dinge bedaar het, het baie families probeer
om terug te keer na hul tuistes, besighede en boerderygronde, net om aangesê te word
dat hulle nie welkom was nie. Omdat baie families gevlug het met slegs die klere aan hul
liggame, was hulle nie in staat om grondaktes (landaktes) aan Joodse amptenare te wys
nie. Die enigste bewyse wat die meeste kon voorsien was ʼn eenvoudige skelet
(geraamte) sleutel.
Hind Naser, die eerste plaaslike werknemer van die VNVWA (Verenigde Nasies
Verligting en Werkagentskap vir Palestynse Vlugtelinge) in die Wesbank, onthou dat sy
jare gelede ʼn sleutel in die sak van haar moeder se tradisionele Palestynse rok gevind
het: “Dis ʼn sleutel van ons ou huis in Wes-Jerusalem,” het haar ma haar vertel. Die
sleutel het vir meer as 35 jaar in haar rok gebly. Uiteindelik, op ʼn dag in 1983, het Hind
met haar ma na hul ou huis teruggekeer. Na ʼn gespanne gesprek met die Joodse
persoon wat daar gewoon het, het haar ma die sleutel wat sy bewaar het, op die ou
deurstoep geplaas en weggestap. ʼn Paar maande daarna het sy gesterf.
[Uit Palestinian Refugees Today, No.137; UNRWA. Toegang op 11 Februarie 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
Hierdie foto wys ʼn vlugtelingskamp waar Palestynse-Arabiere gedwing is om te bly as
gevolg van die konflik in die Midde Ooste.
[Uit In Search of History Grade 12 deur J.Bottaro et al.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3: HOE HET DIE PASWETTE DIE LEWENS VAN SWART SUID-
AFRIKANERS IN DIE 1950’s BEÏNVLOED?
BRON 3A
Hierdie bron verduidelik hoe die apartheisregering die instroming van swart Suid-
Afrikaners na die stedelike gebiede beheer het.
Die hoofdoelstelling van apartheid het vereis dat bestaande wetgewing wat Afrikane die
regte vir permanente verblyf en eiendom buite die reserwes ontneem het, verskerp word.
Dit het bowenal vereis dat die instroming van Afrikane na die stedelike gebiede onder
streng beheer gebring word en dat die instroming van Afrikane gestop en teengestaan
word. Die 1952 Naturelle Wysigingswet het bepaal watter Afrikane permanente
verblyfreg in die stede gehad het. Seksie (Wetsartikel 10) van die wet het hierdie
verblyfreg beperk tot diegene wat in ʼn spesifieke dorp gebore was en wat vervolgens
daar vir ʼn periode van vyftien jaar gewoon het, of wat in die dorp in diens geneem is vir ʼn
aaneenlopende tydperk van vyftien jaar, of wat in die dorp gewoon het en deur dieselfde
werkgewer in diens geneem is vir ʼn periode van nie minder as tien jaar nie.
Hulle was beperk tot daardie spesifieke dorp en het geen reg gehad om na ander
stedelike gebiede te trek en hul daar te vestig nie. Nietemin kon die verblyfreg herroep
word en ʼn individu kon die reg om buite die gereserveerde gebiede te woon indien hulle
vir lang periodes werkloos was, of indien hulle na oordeel oorbodig sou wees vir die
behoeftes van die wit bevolking as gevolg van swak gesondheid en hoë ouderdom.
In 1952 is ʼn Wet, wat ironies genoeg die Afskaffing van Passe en Koördinasie van
Dokumente Wet genoem is, ingestel. Swart Suid-Afrikaners was nou verplig om ʼn enkele
verwysingsboek te hê. Dit was ʼn kriminele oortreding as hulle nie die dokumente kon
toon as die polisie dit vereis het nie.
[Uit History of Southern Africa deur J.D. Omer-Cooper]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11
BRON 3B
Die bron hieronder deur Bloke Modisane, herroep die dag dat hy gesien het hoe sy pa
gedurende ʼn klopjag vir passe deur ʼn polisieman bygedam is.
Toe het die mure van my wêreld ingetuimel … Daar was ʼn klopjag vir passe en twee
polisiemanne met hul swart ‘police boys’ het geëis dat hulle die passe van alle volwasse
swart mans wil sien.
“Pas jong k…,” het die polisieman van oom George, verlangse familie van my pa, geëis.
“Toe nou, ons het nie heeldag tyd nie.”
Hy sou dit nie waag om my pa so aan te spreek nie, spog ek, my pa is ouer as hy.
“En jy, hoekom sit jy op jou swart agterwêreld?” skree die konstabel vir my pa. “Krap jou
pas uit, en belasting.”
Ek het ineengekrimp. My pa was kalm, die sagtheid in sy gesig onversteurd, daar het net
ʼn hardheid in sy oë gekom; hy het sy beursie uitgehaal en sy dokumente, die
Vrystellingspassertifikaat en ʼn belastingkwitansie vir die huidige jaar getoon. My
heldebeeld het verkrummel tot ʼn duimhoog hopie as; ek kon dit nie aanskou nie, kon dit
nie verstaan nie; ek het die jong konstabel gehaat omdat hy my pa vernietig het; ʼn vraag
het deur my gedagte geflits, ek wou weet hoekom, en ek dink ek het dit teen my pa
gehou en sy integriteit as ʼn man bevraagteken. Ek het my gesig weggedraai en in die
slaapkamer verdwyn op soek na ʼn skeur in die aarde waar ek kon inkruip en myself in ʼn
bondeltjie skaamte kon toevou.
[Uit New Africa History deur N. Frick et al.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
BRON 3C
Hierdie foto wys die mag wat die polisie gehad het om swart Suid-Afrikaners voor te
keer en hul vir hul passe te vra.
[Uit Pictorial History of South Africa deur A. Preston]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 13
BRON 3D
Die uittreksel hieronder beskryf waarom Albert Luthuli sy aksies van die uitbrand van sy
pasboek tydens sy gedurende sy geregsverhoor verdedig het. Luthuli is aan die uitbrand
van sy pasboek skuldig bevind.
Wat ek gedoen het, het ek gedoen, omdat ek saam met my mense gevoel het dat die
passtelsel afgeskaf moet word, omdat dit so baie pyn en lyding onder my mense
veroorsaak het.
Ons sê dat dit niks anders is nie as ʼn doelbewuste instrument vir die vernedering van
ons as ʼn nasie, ʼn kenmerk (simbool) van slawerny en ʼn wapen wat gebruik word deur
die owerhede (regering) om ons in ʼn posisie van minderwaardigheid te hou.
Meneer, dit sal nie maklik wees vir jou om te verstaan hoe diepgewortel die weersin
(haat) vir die passtelsel onder swartes is nie. As daar op enige plek in die wêreld ʼn land
is wat gereeld die misdaad pleeg deur man en vrou te verhoed om saam te leef,
agtienjarige oue kinders skei van hul ouers, het ek nog nooit vantevore daarvan gehoor
nie. Dit is presies wat die pas in die Unie van Suid-Afrika doen.
ʼn Halfmiljoen van my mense word elke jaar weens die paswette gearresteer. Die fisiese
arrestasies, die detensie (aanhouding), en die gevolge soos gebroke huwelike, werk en
verlies aan inkomste, is maar ʼn klein deel van die wrede (lelike) storie.
In alle beskeidenheid (nederigheid) het ek deur my aksies die verantwoordelikheid
onder die hoogste morele wette getoon en probeer om dit uit te voer in die beste belang
vir my mense van Suid-Afrika, omdat ek oortuig is dat dit van die uiterste belang is vir
vrede en harmonie tussen die verskillende rassegroepe, swart en wit, dat die passtelsel
onmiddellik geskrap en geheel en al afgeskaf moet word.
[Uit Let my People Go deur A. Luthuli]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is geneem uit:
Bottaro. J., et al In Search of History
Frick, N., et al New Africa History
Reader’s Digest Association of South Africa Illustrated History of South Africa: The real
story
Luthuli, A., Let my People Go
Milestones: 1945-1952
Palestinian Refugees Today, No.137;UNRWA
Pictorial History of South Africa by A. Preston
www.fanieosoppiejas.com/.../afrikaner-nationalism-the-factors
www.minderheidsverslag.co.za/.../die broederbond ’n adder in die boesem
https:/gelofteland.org/…die Afrikaner…/2827-wie-is-die Afrikaner-…geskiedenis van die
ossewabrandwag
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Addendum

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Eng)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Eng)

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Addendum

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Addendum
More from Grade 11 History

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo (English)

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum