You're offline
Skip to content
Addendum

HISTORY P1 GR11 ADDENDUM NOV2019_Afr D_hlayiso.com_.pdf

Subject: HistoryGrade 11201916 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IHISTA3* Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE RUSSIESE REVOLUSIE VAN 1917? BRON 1A Hierdie bron is ʼn uittreksel uit die petisie van Vader Gapon aan die tsaar op 5 Januarie 1905 by die Winterpaleis. Die petisie het die ongelukkigheid van die werkersklas uiteengesit en gevra vir ekonomiese en politieke hervormings. ‘Ons, werkers en inwoners van die stad St. Petersburg ... het na u toe gekom, Soewerein, om geregtigheid en beskerming te soek. Ons is arm en onderdruk, ons word belas met werk en word beledig. Ons eerste versoek was dat ons werkgewers ons behoeftes met ons bespreek. Maar hulle het geweier om dit te doen. Ons ander versoeke was ook onwettig: om die werksdag tot agt uur te verminder; dat hulle saam met ons, ons salaris moet vasstel en dat ons daarmee kan saamstem. Hulle het ons verslaaf en hulle het dit gedoen onder die beskerming van u amptenare, met hul hulp en met hul samewerking. Hulle arresteer en verban diegene van ons wat die moed het om namens die belange van die werkersklas en die mense te praat. Sou dit nie beter wees as ons, die slagoffers van die hele Rusland, sou sterf nie? Laat die kapitaliste – uitbuiters van die werkersklas – en die burokrate – swendelaars (diewe) van publieke fondse en die plunderaars van die Russiese bevolking – leef en hulself geniet. Hier soek ons ons laaste verlossing ... Gee die opdrag, sweer om aan hierdie behoeftes te voorsien, en u sal Rusland gelukkig sowel as heerlik maak, en u naam sal vir altyd in ons harte en die harte van ons nageslag bly. Maar as u nie die bevel gee nie, as u nie op ons gebed reageer nie, sal ons hier sterf, op hierdie plein voor u paleis. Daar is net twee paaie vir ons, die een na vryheid en geluk, die ander na die graf.” [Uit https://alphahistory.com/russianrevolution/bloody-sunday-petition-1905. Toegang op 05 April verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Hierdie bron is ʼn uittreksel uit ʼn boek geskryf deur Meriel Buchanan, dogter van die Britse ambassadeur in Rusland wat tussen 1910 en 1918 in St. Petersburg gewoon het. Die bron verduidelik die oorsake van die groeiende onrus in 1916. ‘Die klagtes het van alle kante gekom van ʼn volk wat deur die oorlog uitgeput is, ontnugter, verlore in ʼn eindelose kring van foute. Generaal Polivanov [Minister van Oorlog] is vervang deur ʼn swak, kleurlose man wat niks gedoen het om die stygende ontevredenheid in die leër te stuit nie. Sergey Sazanov, wat die minister van buitelandse sake vir byna ses jaar was, wie se liefde vir sy land en vir Engeland gehelp het om die twee groot nasies bymekaar te hou, is vervang met Sturmer, die man met die Duitse naam en Duitse simpatie. Voedsel het al hoe skaarser geword, die toue buite die broodwinkels het regdeur die lengte van die pad gestrek. Daar is uit alle oorde gesê dat die handelaars en winkeliers groot winste opgebou het ten die koste van die mense. Dit lyk asof Rasputin se mag by die Winterpaleis elke dag toeneem ... Ek het al gehoor dat mense met waagmoed albei doen sedert ek terug is in Engeland. ‘Rusland het ons verraai!’ ‘Rusland het ons in die steek gelaat!’ Hoe gereeld hoor ons hierdie frases – maar weet die mense wat dit sê hoe Rusland gely het? Het hulle in die eerste jare van die oorlog in Rusland gewoon, die tekort aan elke soort ammunisie, die verskriklike lyding van die troepe, die hartverskeurende verliese tydens daardie terugwyking gesien toe die soldate geen wapens gehad het om hulself te verdedig maar terug moes veg met stokke en klippe? [Uit Petrograd: The City of Trouble, 1914–18 deur Meriel Buchanan] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019) BRON 1C Die onderstaande bron beeld Russiese krygsgevangenes uit, na die Slag van Tannenberg, Augustus 1914. [Uit http://greatwarproject.org/wp-content/uploads/2014/08/web-tannenberg-getty.jpg. Toegang op 05 April verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Die onderstaande bron is ʼn uittreksel uit ʼn artikel geskryf deur die Kommunistiese Party van die Sowjetunie in 1938. Dit gee ʼn Sowjet-weergawe van die Februarie- rewolusie van 1917. Op 18 Februarie 1917 het ʼn staking by die Putilov-werke in Petrograd uitgebreek. Op 23 Februarie, op versoek van die Petrograd-Bolsjewiste, het werkende vroue in die strate uitgekom om teen honger, oorlog en tsaristiese bewind te betoog. Die politieke staking het tot ʼn algemene politieke betoging teen die tsaristiese stelsel begin groei. Op 24 Februarie is die betoging met nog groter ontevredenheid hervat. Ongeveer 200,000 werkers was reeds besig om te staak ... Op 26 Februarie het die Bolsjewistiese Sentrale Komitee ʼn manifes uitgereik waarin hulle gevra het dat die gewapende stryd teen die tsaristiese bewind en die vorming van ʼn voorlopige rewolusionêre regering voortgesit moet word. Op 27 Februarie het die troepe in Petrograd geweier om op die werkers te skiet en hulle het saam met die mense in opstand gekom. Die getal soldate wat teen die oggend van 27 Februarie by die opstand aangesluit het, was nog nie meer as 10 000 nie, maar teen die aand was dit reeds meer as 60 000. Die werkers en soldate wat in opstand gekom het, het tsaristiese ministers en generaals begin arresteer en het die rewolusionêres uit die tronk bevry. Die vrygestelde politieke gevangenes het by die rewolusionêre stryd aangesluit. ... Maar die troepe het vinnig aan die kant van die werkers oorgegaan, en dit het die lot van die tsaristiese outokrasie bepaal. Toe die nuus oor die oorwinning van die rewolusie in Petrograd na ander dorpe versprei het, het die werkers en soldate oral die tsaristiese amptenare begin ontslaan. Die Februarie burger-demokratiese rewolusie het geseëvier. [Uit https: //alphahistory.com/russianrevolution/soviet-account-of-the-february-revolution-1938. Toegang op 05 April verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE LEWENS VAN AMERIKANERS IN DIE 1930’s? BRON 2A Die bron hieronder beskryf die impak van die Groot Depressie op mans in die VSA. Die spanning van finansiële druk het ʼn sielkundige prys gehad, veral op mans wat skielik nie in staat was om vir hul gesinne te sorg nie. Die nasionale selfmoordsyfer het tot ʼn hoogtepunt in 1933 gestyg. Huwelike het gespanne geraak, alhoewel baie paartjies dit nie kon bekostig om te skei nie. Die egskeidingsyfers het gedaal gedurende die 1930’s alhoewel verlatenheid toegeneem het. Sommige mans het hul gesinne verlaat as gevolg van verleentheid of frustrasie. Dit was soms ʼn ‘arm-man egskeiding’ genoem. Na raming het meer as twee miljoen mans en vrouens reisende hobo’s geword. Baie van hierdie was tieners wat van mening was dat hulle ʼn las vir hul gesinne geword het en het die huis verlaat op soek na werk. Dit was erger vir mans as hoofde van die gesinne omdat hulle nie iets op die tafel kon sit nie. Die ry van treine – onwettige klim op van goederetreine – het ʼn algemene, maar gevaarlike manier geword om te reis. Diegene wat die land deurreis het, op soek na werk, het gereeld in ‘Hoovervilles’ gekampeer, die dorpe vernoem na Herbert Hoover, president gedurende die vroeë jare van die Groot Depressie. [Uit https:https//www.history.com/news/life/for-the-average-family-during-the-great-depression. Toegang op 18 Maart 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Die bron hieronder is ʼn uittreksel uit ʼn onderhoud met Maya Angelou, gevoer deur Blackside, Inc. op 11 April 1992. Maya Angelou (geskiedkundige en burgerregte leier) beskryf die impak van die Depressie op swart gemeenskappe in die VSA. ... Hulle het in die Suide gesê dat “die Depressie tien jaar aan die gang was voordat swartmense selfs daarvan geweet het”, of geweet het dat dit bestaan, en dit was veral waar in die Suide, in dorpe, in klein dorpies omdat die mense op ʼn bestaansvlak geleef het. Baie was deelboere ... hulle was hul lewens verskuldig aan die maatskappywinkel. So, omdat hulle nie in staat was om onderwys te kry nie, was hulle kwesbaar vir die gierigheid en boosheid van die plaaseienaars. Aan die einde van die jaar het die boer homself in skuld bevind. Die Depressie het dus voortgeduur lank voordat die ineenstorting in ‘29 plaasgevind het. Een van die maniere waarop dit die swart gemeenskap beïnvloed het, was dat die wit hobo’s na die swart gebied sou kom om kos te vra. Nou, deels uit trots, en miskien aan die ander kant omdat hulle die vermoë gehad het om te identifiseer en te empatiseer met die hobo’s, het swartmense altyd kos gegee. Hulle het boontjies gehad, miskien, met ʼn klein stukkie gerookte vleis of gedroogde vleis, ingelegde vleis, het hulle koringbrood gehad, en swartmense sou boontjies en koringbrood aan swart hobo’s gee. [Uit http://digital.wustl.edu/cgi/t/text/text-idx?c=gds;cc=gds;rgn=main;view=text;idno= ang00031.00707.028. Toegang op 5 April 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019) BRON 2C Die onderstaande bron is ʼn brief van ʼn afvaardiging van die Werkloosheidsrade in Alabama, aan goewerneur Benjamin Miller en die staatswetgewer (1931) wat al die stede verteenwoordig het. Dit beskryf die lewensomstandighede van die mense en dit gee ʼn lys van eise vir werkloosheidsverligting. Terwyl die staatswetgewer in ʼn spesiale sitting is, bestaan daar groot werkloosheid en groot ellende onder die mense van Alabama. Die verligting wat die Rooi Kruis verleen, is heeltemal onvoldoende en is niks anders as ʼn stadige hongersnood- proses nie. Die verskillende selfhelpskemas in die stede is planne om werkloses op ʼn permanente bankrotskap vlak te hou. Die omstandighede van werkloses word erger, werkloosheid neem toe en die vraag na onmiddellike verligting is die belangrikste probleem waarmee duisende werkloses en hul gesinne gekonfronteer word. Die spesiale sessie poog nie om in hierdie behoefte te voorsien nie ... Al die sogenaamde ekonomiese maatreëls is pogings om die lewenstandaard van die mense te verlaag. In antwoord op hierdie toestande is ons gekies as ʼn afvaardiging om die volgende eise vir onmiddellike werkloosheidsverligting voor te stel, wat volgens ons voorrang moet geniet bo alle vrae wat voor die wetgewer staan. Weeklikse verligting van $3 vir die gemiddelde gesin ... Gratis nutsdienste **(gas, lig, water) en huur vir alle werkloses en deeltydse werkers wat minder as $7 per week verdien. Voldoende sorg vir hawelose, jong en enkel werkers Voorsiening vir die opening van alle skole, betaling van salarisse aan onderwysers en gratis middagetes en boeke vir skoolkinders Stemreg vir alle werkloses sonder betaling van belastingheffing [Uit http://digital.archives.alabama.gov/cdm/singleitem/collection/voices/id/3912/rec/14. Toegang op 26 Augustus 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Hierdie foto beeld die gevolge van die Groot Depressie uit. [Uit https://www.bing.com/images/search?view=detailU2&id= C4DF7F9C284C8E2CCEBFCA3537047232F6EF1D0. Toegang op 26 Augustus 2019 verkry.] DIE GROOT DEPRESSIE WERKLOSE MANS HOU VERBY ONS KAN NIE OMSIEN NA ONS EIE NIE KAMER VAN KOOPHANDEL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU HOE WAS JODE IN DUITSLAND VERVOLG? BRON 3A Hierdie bron verduidelik die redes vir Hitler se rassebeleid teenoor die Jode. Diskriminasie teen Jode het onmiddellik na die nasionale magsoorname in 1933 begin. Die Nazi-party het populistiese (gewilde) anti-semitiese sienings gebruik om stemme te verkry. Deur die ‘steek-in-die-rug’ legende te gebruik, het hulle die armoede, die hiperinflasie in die Weimer-republiek, werkloosheid en die nederlaag van die Eerste Wêreldoorlog op die Jode en die Bolsjewiste geblameer. Duitse ellendes was toegeskryf aan die gevolge van die Verdrag van Versailles in 1933 en die vervolging van die Jode het ʼn aktiewe Nazi-beleid geword. Dit is aanvanklik vertraag deur die gebrek aan ooreenkoms oor wie gekwalifiseer het as ʼn Jood in teenstelling met ʼn Ariër. Bernhard Losener het dit as ‘totale chaos beskryf’, met plaaslike owerhede wat enigiets van volledige Joodse agtergrond tot Joodse bloed as ʼn Jood gedefinieer het. Diegene met gemengde afkoms was veral problematies in hul oë. Die eerste anti- semitiese wet is afgekondig met geen duidelike definisie van ʼn Jood nie. Uiteindelik is die kriteria op drie of vier Joodse grootouers gestel, twee of een het ʼn persoon ʼn Mischlinge (halfras) gemaak. Op 1 April 1933 was die Nazi-boikot van Joodse ondernemings dwarsdeur Duitsland waargeneem. Slegs ses dae later is die Wet op die Herstel van die Professionele Staatsdiens goedgekeur wat die Jode uit regeringswerksgeleenthede verban het. Hierdie wette het beteken dat Jode nou indirek ontneem of verbied was vanuit bevoorregte en hoër posisies wat vir ‘Ariese Duitsers’ gereserveer was. Sedertdien was Jode gedwing om in meer ondergeskikte (ongeskoolde) posisies te werk en het sodoende tweedeklasburgers geword tot die punt waar hulle onwettig in Duitsland gewoon het. [Uit http://everything.explained.today/racial-policies of Nazi Germany. Toegang op 26 Augustus 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Hierdie bron verduidelik die redes waarom Hitler besluit het om Jode in Duitsland te identifiseer. Jode regoor Nazi-besette Europa was gedwing om ʼn kenteken in die vorm van ʼn geel ster as identifikasiemiddel te dra. Dit was nie ʼn nuwe idee nie; sedert die Middeleeuse (outydse) tye het baie ander samelewings hul Joodse burgers gedwing om kentekens te dra om hulself te identifiseer. Die kentekens is dikwels op growwe geel doek gedruk en het ʼn heldergeel kleur gehad. Die ster, wat die Ster van Dawid voorgestel het, is in dik, swart lyne omlyn en die woord ‘Jood’ was in ʼn bespotlike Hebreeuse tipe gedruk. In die Warskou-ghetto het Jode ʼn wit armband met ʼn blou Ster van Dawid op die linkerarm gedra. In sommige ghetto’s moes selfs babas in stootwaentjies die armband of sterre dra. Joodse winkels is ook met ʼn geel ster gemerk. Die ster was bedoel om Jode te verneder en hulle vir segregasie en diskriminasie uit te ken. Die beleid het dit ook makliker gemaak om Jode te identifiseer vir deportasie na kampe. [Uit www.bl.uk/learning/histcitizen/voices/info/yellow star/theyellowstar.html. Toegang op 26 Augustus 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019) BRON 3C Hierdie foto beeld Joodse kinders uit wat klere dra wat uitgeken was aan die Ster van Dawid. [Uit www.bl.uk/learning/histcitizen/voices/info/yellow star/theyellowstar.html. Toegang op 26 Augustus 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Hierdie bron verduidelik hoe Jode vermoor was by die Chelmno Uitwissingskamp. Chelmno was die eerste Nazi-kamp waar vergassing gebruik was om Jode op groot skaal te vermoor. Altesaam 320 000 mense is by Chelmno vermoor. Dit het Jode in die Lodz-ghetto en die hele gebied ingesluit, tesame met die 5 000 Roma wat voorheen na die ghetto gestuur was. Die eerste groep slagoffers het op 7 Desember 1941 by Chelmno aangekom. Die volgende dag het die eerste uitwissing plaasgevind. Met die aankoms by die ‘Paleis’- kamp was die Jode gesê dat hulle billik behandel sou word en dat hulle goeie kos sou ontvang in ruil vir die werk op die plase in Oostenryk of in die Ooste. Daar is aan hulle gesê dat hulle moes stort om skoon te word en dat hul klere ontsmet moes word. Dit was ʼn leuen. Hulle is na die kleedkamer gelei, waar hulle hul waardevolle besittings en klere prysgegee het. Maar, na hulle met trappe na die ‘waskamers’ gelei was, het hulle hulself in ʼn gaswa bevind. Die deure was toegemaak en gesluit. Die bestuurder het daarna die woud ingery. Na tien minute het die gasdampe al die mense binne-in die wa versmoor. Die slagoffers is in massagrafte begrawe. Die besittings van diegene wat na Chelmno gebring was, was aan Duitsers wat in die streek gewoon het, gegee of verkoop. Die Nazi’s het Chelmno in September 1944 vernietig. Hulle het bevel gegee om al die liggame uit die massagrafte op te grawe en te veras. [Uit https://www.theholocaustexplained.org/the-final-solution/the-death-camps/. Toegang op 26 Augustus 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2019) ERKENNINGS Uittreksels en visuele bronne wat in die addendum gebruik is, is uit die volgende publikasies geneem of aangepas. https://alphahistory.com/russianrevolution/bloody-sunday-petition-1905 Petrograd: The City of Trouble, 1914–18 by Meriel Buchanan http://greatwarproject.org/wp-content/uploads/2014/08/web-tannenberg-getty.jpg] https://alphahistory.com/russianrevolution/soviet-account-of-the-february- revolution-1938 https:https//www.history.com/news/life/for-the-average-family-during-the-great- depression http://digital.wustl.edu/cgi/t/text/text- idx?c=gds;cc=gds;rgn=main;view=text;idno=ang00031.00707.028 http://digital.archives.alabama.gov/cdm/singleitem/collection/voices/id/3912/rec/1 4 https://www.bing.com/images/search?view=detailU2&id=C4DF7F9C284C8E2CC EBFCA3537047232F6EF1D07 http://everything.explained.today/racial-policies of Nazi Germany https://www.history.com/topics/world-war-ii/the-holocaust www.bl.uk/learning/histcitizen/voices/info/yellow star/theyellowstar.html Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all