Skip to content

History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 11201916 pages

Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IHISTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokumet gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: AFRIKANER NASIONALISME VRAAG 2: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE VRAAG 3: APARTHEID SUID-AFRIKA: 1940’s TOT 1960’s AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: AFRIKA NASIONALISME VRAAG 5: NASIONALISME IN AFRIKA: GHANA VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA: 1940’s tot 1960’s 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Minstens EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en minstens EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae nie. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE VERSKILLENDE ORGANISASIES TOT DIE ONTWIKKELING VAN AFRIKANER NASIONALISME BYGEDRA? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Wat beteken die konsep Afrikaner Nasionalisme? (1 x 2) (2) 1.1.2 Wat, volgens die bron, was die reaksie toe die Nasionale Party die 1948-verkiesing wen? (1 x 1) (1) 1.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom so baie Afrikaners die Nasionale Party se rassistiese beleid ondersteun het. (2 x 2) (4) 1.1.4 Noem enige TWEE organisasies wat Afrikaner Nasionalisme bevorder het. (2 x 1) (2) 1.1.5 Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom werkersklas Afrikaners die swartes as ʼn bedreiging in die arbeidsmag beskou het. (2 x 2) (4) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Noem enige TWEE organisasies wat deur die Broederbond gevorm is om Afrikaner Nasionalisme te bevorder. (2 x 1) (2) 1.2.2 Wat, volgens die inligting in die bron, het die Afrikaner Broederbond beheer? (2 x 1) (2) 1.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik wie se belange deur die Broederbond bevorder is. (2 x 2) (4) 1.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die Broederbond nie ʼn demokratiese organisasie was nie. (2 x 2) (4) 1.2.5 Onttrek bewyse uit die bron wat aandui dat die Broederbond ʼn geheime organisasie was. (2 x 1) (2) 1.2.6 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir ʼn historikus wat die werksaamhede van die Broederbond bestudeer. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019) 1.3 Lees Bron 1C. 1.3.1 Wat, volgens die bron, was die Ossewabrandwag? (1 x 1) (1) 1.3.2 Noem enige aktiwiteit waaraan die nasionaal-sosialistiese rebelle hulself verbind het. (1 x 2) (2) 1.3.3 Lewer kommentaar op die redes waarom die Ossewabrandwag gekant was teen Suid-Afrika se deelname, aan die kant van Brittanje, gedurende die Tweede Wêreldoorlog. (2 x 2) (4) 1.4 Raadpleeg Bron 1D. 1.4.1 Watter boodskap rakende die eeufeesvierings word deur die foto oorgedra? (2 x 2) (4) 1.4.2 Noem die organisasie/persoon wat verantwoordelik was vir die organisasie van die eeufeesvieringe. (1 x 2) (2) 1.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe verskillende organisasies tot die ontwikkeling van Afrikaner Nasionalisme bygedra het. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: HOE HET JOODSE NASIONALISME TOT KONFLIK EN LYDING VIR DIE MENSE VAN PALESTINA GELEI? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Gebruik jou eie kennis om die volgende konsepte te verduidelik: (a) Nasionalisme (1 x 2) (2) (b) Sionisme (1 x 2) (2) 2.1.2 Wie het die leier van die Sionistiese Beweging geword? (1 x 1) (1) 2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die redes vir die totstandkoming van die Sionistiese Beweging. (2 x 2) (4) 2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Herzl beweer het dat dit ʼn ‘onafhanklike staat is wat Jode regoor die wêreld benodig’. (2 x 2) (4) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Gebruik die inligting in die bron en verduidelik wat ‘Resolusie 181’ behels. (1 x 2) (2) 2.2.2 Watter land, volgens die bron, het Palestina beheer? (1 x 2) (2) 2.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Resolusie 181 deur die Arabiese Palestyne verwerp is. (2 x 2) (4) 2.2.4 Lewer kommentaar op waarom daar ook na hierdie oorlog as die ‘Oorlog van Onafhanklikheid’ verwys word. (2 x 2) (4) 2.2.5 Waarom, dink jy, het die Arabiese Palestyne na die oorlog as ‘al-Nakba’(ramp of katastrofe) verwys? (2 x 2) (4) 2.2.6 Noem enige DRIE Arabiese lande wat Israel tydens die Eerste Arabies-Israelse oorlog binnegeval het. (3 x 1) (3) 2.3 Lees Bron 2C. 2.3.1 Volgens die bron, in watter gebiede het die vlugtelinge hulself gevestig? (2 x 1) (2) 2.3.2 Lewer kommentaar oor waarom die vrou die sleutel vir vyf-en-dertig jaar saam met haar gedra het. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019) 2.3.3 Hoe bruikbaar sal die inligting in die bron vir ʼn historikus wees wat die vlugtelinge-kwessie bestudeer? (2 x 2) (4) 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Watter boodskap aangaande die Midde-Oosterse konflik word deur die foto oorgedra? (1 x 2) (2) 2.4.2 Identifiseer TWEE kenmerke op die foto wat aandui dat die vlugtelinge gely het. (2 x 1) (2) 2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe Joodse nasionalisme tot konflik en lyding vir die mense van Palestina gelei het. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 7 VRAAG 3: HOE HET DIE PASWETTE DIE LEWENS VAN SWART SUID- AFRIKANERS IN DIE 1950’s BEÏNVLOED? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.2 Noem die wet van 1952 wat veroorsaak het dat die Paswet-stelsel strenger toegepas is. (1 x 1) (1) 3.1.3 Hoe, volgens die bron, kon ʼn inwoner se reg om in ʼn sekere dorp te bly, herroep word? (2 x 1) (2) 3.1.4 Lewer kommentaar op die regte wat ‘Seksie 10-mense’ gehad het in vergelyking met trekarbeiders wat vanaf die platteland na die stede getrek het. (2 x 2) (4) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Wat het die polisieman van Bloke se pa geëis? (2 x 1) (2) 3.2.2 Lewer kommentaar op die houding van die polisieman teenoor die mans in die huis. (2 x 2) (4) 3.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die effek van die paswet-klopjag op Bloke Modisane. (2 x 2) (4) 3.2.4 Wat, volgens die bron, was die houding van Modisane se pa teenoor die klopjag? (2 x 1) (2) 3.2.5 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir ʼn geskiedkundige wat ʼn studie doen van hoe paswette vir swart Suid-Afrikaners geïmplementeer is. (2 x 2) (4) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Watter boodskap word in die spotprent met betrekking tot die dra van passe uitgebeeld? (1 x 2) (2) 3.3.2 Waarom, dink jy, was dit ʼn vereiste vir swart Suid-Afrikaners om altyd ʼn pas te dra? (2 x 2) (4) 3.3.3 Verduidelik wat met swart Suid-Afrikaners wat nie in besit van ʼn pas was nie, kon gebeur. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2019) 3.4 Lees Bron 3D. 3.4.1 Wat, volgens die bron, was Luthuli se opinie rakende paswette? (3 x 1) (3) 3.4.2 Haal ʼn sin uit die bron aan wat aandui dat swart Suid-Afrikaners teen die paswette gekant was. (1 x 2) (2) 3.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik Hoe vrede en harmonie in Suid-Afrika bereik kan word. (2 x 2) (4) 3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van omtrent SES reëls (omtrent 60 woorde) en verduidelik hoe die paswette swart Suid-Afrikaners se lewe beïnvloed het. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) GESKIEDENIS V2 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. VRAAG 4: SWART NASIONALISME ‘Swart Suid-Afrikaners wat ontneem is van hul politieke, ekonomiese en sosiale regte in die vroeë 1900’s, het die weg vir die opkoms van Afrikaner Nasionalisme gebaan.’ Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord met relevante historiese bewyse vanaf 1902 tot 1953. [50] VRAAG 5: NASIONALISME IN AFRIKA – GHANA Verduidelik tot watter mate Kwama Nkrumah beïnvloed is deur Pan-Afrikanisme en hoe hy Ghana gelei het om die eerste onafhanklike staat in Afrika te word. Ondersteun jou argumente met relevante bewyse. [50] VRAAG 6: WEERSTAND IN SUID-AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s ‘Die Nasionale Party-regering het sy apartheidsbeleid so effektief afgedwing dat daar geen weerstand in die 1950’s plaasgevind het nie.’ Bespreek hierdie stelling krities met relevante historiese bewyse. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com  
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

More from Grade 11 History

View all