Skip to content

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1120207 pages

Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 GESKIEDENIS V1 EKSEMPLAAR PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae gebaseer op die KABV- inhoudsraamwerk: TWEE brongebaseerde vrae onder AFDELING A en TWEE opstelvrae onder AFDELING B. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. Elke vraag tel 50 punte. 4. Beantwoord TWEE vrae soos volg: Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy en onderstreep aan die einde van elke vraag. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE 1917 RUSSIESE REWOLUSIE? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Bestudeer Bron 1A. 1.1.1 Gee EEN woord uit die bron wat Rusland se sosiale, ekonomiese en politieke toestand in 1905 beskryf. (1 x 2) (2) 1.1.2 Waarom, volgens die bron, het werkers na die stede gemigreer? (1 x 2) (2) 1.1.3 Watter gevolgtrekking kan uit die verklaring gemaak word: “Die nywerhede was daar, maar was selde in privaat besit.”? (1 x 2) (2) 1.1.4 Waarom dink jy het dit nodig geword vir professionele persone en unies om op die stigting van ʼn grondwetlike vergadering aan te dring? (2 x 2) (4) 1.1.5 Noem die twee groepe wat die Russiese Sosiaal-Demokratiese Werkersparty gevorm het. (2 x 1) (2) 1.1.6 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat die ekonomiese en politieke toestande van Rusland in 1905 navors. (1 x 2) (2) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Wat, volgens die bron, was die onmiddellike oorsaak van die 1905 rewolusie in Rusland? (1 x 2) (2) 1.2.2 Definieer die konsep rewolusie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.2.3 Verduidelik wat geïmpliseer word deur die verklaring: ‘Sedert die implementering van tsarisme in Rusland, het die regimes stadig ontwikkel in ʼn outokratiese instelling met minagting vir menslike lewe en vryheid.’ (2 x 2) (4) 1.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Rusland die oorlog teen Japan verloor het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2020) 1.3 Verwys na Bron 1C. Watter boodskap probeer die spotprenttekenaar oordra? Gebruik visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.4 Vergelyk Bron 1B en 1C. Hoe ondersteun die inligting in Bron 1B die bewyse in Bron 1C met betrekking tot Rusland se deelname aan die oorloë tussen 1905 en 1914? (1 x 2) (2) 1.5 Oorweeg Bron 1D. 1.5.1 Wat, volgens die bron, was die oorsaak van die Februarie-rewolusie in Rusland? (1 x 2) (2) 1.5.2 Noem TWEE redes uit die bron wat veroorsaak dat die Russe vertroue in die Tsaristiese regime verloor het. (2 x 1) (2) 1.5.3 Waarom dink jy is die Russe tydens die Tweede Wêreldoorlog verslaan? (2 x 2) (4) 1.5.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom die Tsaar gedwing was om in 1917 te abdikeer. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die oorsake van die 1917 Russiese Rewolusie verduidelik. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 5 VRAAG 2: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE AMERIKAANSE SAMELEWING IN DIE 1930’s? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae. 2.1 Gebruik Bron 2A. 2.1.1 Definieer die konsep ‘Groot Depressie’ in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.2 Noem VIER faktore wat tot gewasskade in die VSA in die 1930’s bygedra het. (4 x 1) (4) 2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom banke in die VSA in die 1930’s ineengestort het. (2 x 2) (4) 2.1.4 Lewer kommentaar oor waarom jy dink die Wall Street aandelebeurs in 1929 ineengestort het. (2 x 2) (4) 2.1.5 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat die impak van Groot Depressie op die Amerikaanse ekonomie navors. (1 x 2) (2) 2.2 Verwys na Bron 2B. 2.2.1 Haal TWEE redes uit die bron aan waarom mense selfmoord tydens die Groot Depressie gepleeg het. (2 x 1) (2) 2.2.2 Hoe, volgens die bron, het die werkloses daarin geslaag om tydens die Groot Depressie te oorleef? (1 x 2) (2) 2.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die sosiale impak van die Groot Depressie op die Amerikaanse samelewing te verduidelik. (2 x 2) (4) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat mans en vroue nie op dieselfde manier deur die Groot Depressie geaffekteer was nie. (1 x 2) (2) 2.3.2 Waarom, volgens die bron, het mans mislukkings vir hulle families geword? (1 x 2) (2) 2.3.3 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik hoe die Groot Depressie tot die ekonomiese uitbuiting van vroue bygedra het. (2 x 2) (4) 2.3.4 Lewer kommentaar oor hoe die Groot Depressie tot die diskriminasie van swart Amerikaanse vroue bygedra het. (2 x 2) (4) 2.3.5 Verduidelik hoe die Groot Depressie die tradisionele rol van vroue in die Amerikaanse samelewing verander het. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2020) 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Verduidelik die boodskappe wat die fotograaf wil oordra oor die impak van die Groot Depressie op vroue. (2 x 2) (4) 2.4.2 Vergelyk Bron 2C en 2D. Hoe ondersteun die inligting in Bron 2C die bewyse in Bron 2D met betrekking tot die impak van die Groot Depressie op vroue? (1 x 2) (2) 2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die gevolge van die Groot Depressie op die Amerikaanse samelewing in die 1930's verduidelik. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 7 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 ‘Stalin se Vyf-jaar planne het daarin geslaag om Rusland vanaf ʼn agtergeblewe land tot ʼn moderne industriële supermoondheid te omskep.’ Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou standpunt met relevante historiese bewyse. [50] VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 Tot watter mate het Roosevelt se Nuwe Bedeling die negatiewe gevolge van die Groot Depressie in die Verenigde State van Amerika in die 1930’s verminder? [50] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all