Skip to content

History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum

AddendumHistoryGrade 11202010 pages

Grade 11 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 GESKIEDENIS V2 ADDENDUM (EKSEMPLAAR) *IHISTA4* Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 1: HOE IS AFRIKANER NASIONALISME IN DIE 1930’s TOT 1940’s IN SUID-AFRIKA BEVORDER? BRON 1A Die bron hieronder beskryf die redes vir die opkoms van Afrikaner Nasionalisme. Dit was haat (woede) oor die ongelyke verdeling van status, rykdom, politieke beheer en die vrees vir kulturele absorpsie in ʼn Engels-georiënteerde samelewing, wat Afrikaner Nasionalisme aangewakker het. Hul merkwaardige herstel van die nederlaag was ʼn beslissende feit in die twintigste-eeuse Suid-Afrikaanse geskiedenis, met verreikende gevolge, nie net vir die samestelling en karakter van die blanke elite nie, maar ook vir diegene wat van gewone burgerregte uitgesluit is. Die verhaal van die wedergeboorte van Afrikanerdom vanuit die as van sy nederlaag in 1902 tot onbetwiste (sekere) bemeestering van Suid-Afrika is opvallend, wat deur Afrikanerskrywers verromantiseer word as ʼn moderne weergawe van ʼn klein Afrikaner David wat die Britse Goliat doodmaak. Die trek na die stede, tesame met die Boere se nederlaag aan die hand van die Britte, was die twee magte wat Afrikaner Nasionalisme deurslaggewend gevorm het. Met die minerale rewolusie het industrialisasie die Boere ʼn stedelike proletariaat (werker) gemaak in diens van ʼn buitelandse, kapitalistiese klas. Die feit dat Engelssprekendes finansiering, handel en mynbou monopoliseer (gekontroleer) het, het Afrikaners oortuig dat hul nasionale en klasvyand dieselfde is. Afrikaner Nasionalisme het daarom ʼn drieledige stryd op kulturele, ekonomiese en politieke vlak van stapel gestuur. [Uit www.fanieosoppiejas.com/..//afrikaner-nationalism-the-factors. Toegang op 11 Februarie 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die bron hieronder beskryf die bydrae van die Broederbond om Afrikaner Nasionalisme te bevorder. Die doel van die Afrikaner Broederbond is die bevordering van die politieke, kulturele en ekonomiese belange van Afrikaners. Die Afrikaner-Broederbond is ʼn uiters eksklusiewe, geheime Afrikaner nasionalistiese organisasie wat in ʼn simbiotiese (koöperatiewe) verhouding met die Nasionale Party ʼn bepalende rol gespeel het in die politieke ontwikkeling van Suid-Afrika. Lidmaatskap van die Afrikaner Broederbond is beperk tot mans. Die Broederbond eis hoë kulturele, familieverwante, godsdienstige, morele en politieke standaarde van sy lede. Om te kwalifiseer, moet ʼn persoon aan die volgende vereistes voldoen: hy moet lid van een van die tradisionele Afrikaanse kerke wees, moes ʼn Afrikanerskool bygewoon het, moet getroud wees met ʼn Afrikaanssprekende vrou en hy moet die ‘regte’ party, die Nasionale Party ondersteun. Definitiewe diskwalifikasies is om geskei te wees en ongereelde kerkbywoning. Alhoewel die grondwet van die Afrikaner Broederbond partypolitiek van sy aktiwiteite uitsluit, het dit deur die jare duidelik geword dat die organisasie belangrike politieke invloed het. Dit is toenemend gebruik as ʼn “dinkskrum” en daarna as ‘legitimator’ van nuwe beleidsaanwysings wat deur die Nasionale Party onderneem is. Dit het talle ondersteuningsorganisasies op die been gebring om Afrikaner-belange te verbreed en dit sy besigheid gemaak om die ‘regte man’ aan te stel, te bevorder en te beskerm. ʼn Belangrike strategie is die verkryging van beheer oor skoolkomitees, skoolrade, kerkrade en raad van direkteure om sy doelstellings te bereik. [Uit omalley.nelsonmandela.org> omally> index.php> webwerf. Toegang op 20 Februarie 2020 verkry.] ‘legitimator’ – om amptelik/wettig te maak Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020) BRON 1C Hierdie bron beskryf die rol wat die Nasionale Party gespeel het om Afrikaner Nasionalisme te konsolideer. Die hedendaagse Nasionale Party spruit uit die Gesuiwerde Nasionale Party (GNP). Hierdie faksie van die oorspronklike Nasionale Party van 1914, is op diepgesetelde Afrikaner-Nasionalisme gebou. Die geboorte van die NP was nie net die resultaat van ʼn magstryd tussen Engels- en Afrikaanssprekende gemeenskappe nie, maar ook van ʼn anti-imperialistiese houding onder Afrikaners. Die Afrikaner wou ʼn meer belangrike rol in die samelewing en die regering speel. Hulle het ook ʼn duidelike doel gehad om Suid- Afrikaanse swartes, kleurlinge en Indiërs fisies, sosiaal en polities te skei. Die NP is toenemend deur Afrikaners gesien as die instelling wat hul groepbelang sou bevorder. Die party is gekomplementeer deur kulturele, sosiale, ekonomiese en godsdienstige organisasies wat uitsluitlik vir Afrikaners geskep is. Saam met die Nasionale Pers, die Afrikaner-Broederbond, Sanlam, AVBOB, die Voortrekkers, FAK, Helpmekaar, KWV en Volkskas, het die NP ʼn groeiende Afrikanermaggroep geword. Die party het Afrikanerbelange op ʼn gekoördineerde manier georganiseer en is op elke terrein van die Suid-Afrikaanse samelewing gevoel. Die jaar 1938 was vir die GNP om ʼn ander rede belangrik. Dit was die Eeufees van die Groot Trek en die Afrikaner-sentimente is as gevolg daarvan verhoog. Dit was ook tyd vir Malan om sy rassebeleid ten gunste van Afrikanerdom te versterk en strewe na ʼn herlewing (toenemende) van Afrikaner Nasionalisme. Van nou af sou gemengde huwelike strafbaar wees, ras-gemengde woongebiede moes beëindig word en ekonomiese en politieke segregasie tussen blankes en 'nie-blankes' moes geïmplementeer word. Malan het ook beoog om sy land teen die buite/eksterne invloede van kapitalisme en kommunisme te beskerm ... [Uit www.litnet.co.za.> Df-malan-and-the-rise-of-afrikaner-nationalism-by- . Toegang op 20 Februarie 2020 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Dit is ’n plakkaat wat deur die Nasionale Party ontwerp is om Afrikaners te motiveer om tydens die 1938-verkiesing vir die party te stem. [Uit New Africa History deur N.Frick et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 2: HOE HET DIE WET OP DIE VERBOD OP GEMENGDE HUWELIKE (NR. 55 VAN 1949) DIE LEWENS VAN SUID-AFRIKANERS BEINVLOED? BRON 2A Hierdie bron verduidelik die beleid van apartheid wat in 1948 deur die Nasionale Party geïmplementeer is. Die jare van apartheid is ongetwyfeld een van die donkerste oomblikke in die geskiedenis van Suid-Afrika. Die tydperk, wat vanaf 1948 tot 1994 strek, is gekenmerk deur rasseskeiding, wit minderheidsregering en die verdrukking van die regte, bewegings en vryheid van swartes. Die woord ‘apartheid’ beteken letterlik ‘afsonderlikheid’ of om ‘te skei’. Dit is in die vroeë 1940’s as ʼn politieke slagspreuk van die Nasionale Party gebruik. Dit kan u egter interesseer om te weet dat die beleid self strek vanaf die begin van die blanke nedersetting in Suid-Afrika wat al in 1652 begin het. Dit het egter na die algemene verkiesing van 1948 ʼn amptelike regeringstruktuur geword. Die beleid het die burgers en inwoners van die land in vier rassegroepe geklassifiseer: wit, bruin, swart en Indiër. Daarna het dinge net slegter geword. Meer as 3,5 miljoen Suid-Afrikaners is uit hul huise gesit en is met geweld na gesegregeerde woonbuurte verskuif. Regeringssegregasie was ook van toepassing op onderwys, verhoudings, natuurlike ontspanningsgeriewe soos strande, mediese sorg en verskeie ander dienste. [Uit https://buzzsouthafrica.com/apartheid/ Toegang op 28 September 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Die bron hieronder verduidelik die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike, wat een van die eerste stukke apartheidswetgewing was wat in werking gestel is nadat die Nasionale Party aan bewind gekom het. Die wet verbied huwelike tussen ‘Europeërs en nie-Europeërs’, wat in die taal van die tyd beteken het dat witmense nie met ander rasse kon trou nie. Dit het ook 'n kriminele oortreding geword vir ʼn huweliksbeampte om ʼn veelrassige huwelikseremonie te onderneem. Die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike het egter nie ander sogenaamde gemengde huwelike tussen nie-blanke mense verhinder nie. Terwyl dit inderdaad ‘gemengde’ huwelike was, het die wet hulle nie as veelrassige beskou nie. ʼn Vrou wat met ʼn man van ʼn ander ras getrou het, is as sy ras geklassifiseer. Haar man van keuse het haar ras gedefinieer. Die uitsondering hierop was as ʼn blanke man met ʼn vrou van ʼn ander ras trou, is hy as haar ras geklassifiseer. Ten spyte van die skuiwergate (leemtes) wat ontstaan het as gevolg van bestaande gemengde huwelike en nie-blanke huwelike, is die Verbod op Gemengde Huwelike en die Ontugwet streng toegepas. Nietemin het intieme en romantiese verhoudings tussen blankes en nie-blankes steeds ontwikkel. Die feit dat veelrassige verhoudings so taboe (verbode) was het dit, aantreklik gemaak en het mense veelrassige-verhoudings aangeknoop as 'n vorm van rebellie of vir die opwinding wat dit gebied het. Veelrassige verhoudings het met ernstige risiko's gepaard gegaan. Die polisie het mense agtervolg wat daarvan verdink was dat hulle in veelrassige verhoudings betrokke was. Hulle het snags die huise oorval. Diegene wat hulle aan die Ontugwet skuldig gemaak het, het boetes, tronkstraf en sosiale sensuur in die gesig gestaar. [Uit https://www.thoughtco.com> ...> History and Culture> African History. Toegang op 28 September 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020) BRON 2C Hierdie bron verduidelik die ervarings van Ian Whiteley en sy vrou Sherrin onder die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike. Ian Whiteley wat toevallig wit is, was getroud met Sherrin, van Indiese herkoms. Hulle het mekaar in Pietersburg ontmoet toe hy dertig was en sy 17 jaar oud was. Spoedig en ondanks die wet wat dit vir hulle onmoontlik gemaak het om te trou en die gevaar dat hulle ontdek sou word, het hulle minnaars geword. Sherrin se ouers het aan die witman as hul skoonseun gedink, maar onvermydelik het die klop aan die deur gekom wat 'n polisie-klopjag aangedui het. Dit was gelei is deur een van sy ou skoolvriende wat verduidelik het, ‘dat hy net sy werk doen’. Uiteindelik is hulle vrygespreek op ʼn aanklag van onsedelikheid weens ʼn gebrek aan bewyse, maar eers nadat mnr. Whiteley drie maande tronkstraf opgelê is. Hulle het na Botswana gevlug, waar hulle uiteindelik kon trou. Hulle het uiteindelik na Noorweë verhuis en weens sy liefde vir rugby, na Liverpool verhuis. Die hele tyd het hy die onmoontlike droom dat hulle as man en vrou sou terugkeer om in Suid-Afrika te woon, lewendig gehou, en die Suid-Afrikaanse eerste ministers (premiers) met sy beroep oorval. 'Ons het nie van Europa gehou nie; ons is Suid-Afrikaners. Ek het my biltong, pap en wors gemis. ” Uiteindelik is hulle toegelaat om na Suid-Afrika terug te keer. Dorpe soos Pietersburg het vir gemengde paartjies weinig gebied in terme van geriewe. Die rolprent teater het ʼn klein verdeelde afskorting op die balkon vir die Indiërs gehad, waar Mnr Whiteley, wat belowe het om nêrens heen te gaan waar sy vrou nie kon gaan nie, kon sit. Die enigste teleurstelling van mnr. Whiteley is dat sy tienjarige seun, Raymond, wat belofte in rugby getoon het toe hulle in Liverpool gewoon het, nie kon speel nie, want dit was slegs die wit skoolseuns wat die enigste jong rugbyspelers in die dorp was. Mnr. Whiteley, ʼn voormalige rugbyspeler, se hoop was om die hindernisse af te breek of om die sport onder Indiërs te bevorder, sodat sy seun in ʼn wedstryd kan speel. [Uit https://www.nytimes.com/1982/11/29/world/love-f Inds-a-way-past-south-africa-s-race-laws.html. Toegang op 28 September 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Dit is ’n foto van mnr. en mev. Whiteley, ’n veelrassige egpaar wat die wet op die Verbod op Gemengde Huwelike veronagsaam het. [Uit The New York Times, Nov. 29, 1982] [ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is geneem uit: Frick, N. et al New Africa History , 2006, New Africa Books (Edms) Bpk. Getty Images https://www.nytimes.com/1982/11/29/world/love-f Inds-a-way-past-south-africa-s-race- laws.htm https://www.thoughtco.com >...> History and Culture> African History https://buzzsouthafrica.com/apartheid/ https;//www.history.com/topics/middle-east/six-day-war https://link.springer.com >chapter King, J. Dr by Conflict in the Middle East, 1993, Wayland Publishers Ltd omalley.nelsonmandela.org>omally>index.php>site The New York Times, 29 November 1982 www.fanieosoppiejas.com/.../afrikaner-nationalism-the-factors www.litnet.co.za.>df-malan-and-the-rise-of-afrikaner-nationalism-by-.. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all