Skip to content

History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1120207 pages

Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 GESKIEDENIS V2 (EKSEMPLAAR) PUNTE: 100 TYD: 2 uur *IHISTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ʼn addendum van 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: AFRIKANER NASIONALISME VRAAG 2: APARTHEID SUID-AFRIKA: 1940’s tot 1960’s AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 3: NASIONALISME IN SUID- AFRIKA: SWART NASIONALISME VRAAG 4: APARTHEID SUID-AFRIKA:1940’s tot 1960’s 2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit TWEE opstelvrae. 4. Beantwoord TWEE vrae soos volg: Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN moet ’n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE IS AFRIKANER NASIONALISME IN DIE 1930’s TOT 1940’s IN SUID-AFRIKA BEVORDER? Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Watter faktore, volgens die bron, het Afrikaner Nasionalisme aangewakker? (2 x 1) (2) 1.1.2 Gebruik jou eie kennis om die bevolkingsgroep te noem wat van gewone burgerregte in Suid-Afrika uitgesluit is. (1 x 2) (2) 1.1.3 Lewer kommentaar op die betekenis van die volgende stelling: “Die Afrikaner David maak die Britse Goliat dood”, met betrekking tot die opkoms van Afrikaner Nasionalisme. (2 x 2) (4) 1.1.4 Noem die TWEE faktore wat deurslaggewend in die vorming van Afrikaner Nasionalisme was. (2 x 1) (2) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Wat, volgens die bron, was die doel van die Afrikaner- Broederbond? (1 x 2) (2) 1.2.2 Waarom, dink jy, is die Afrikaner-Broederbond as ’n uiters eksklusiewe, geheime Afrikaner-organisasie beskou? (2 x 2) (4) 1.2.3 Lewer kommentaar op waarom die Afrikaner-Broederbond nie ’n anti-politieke organisasie gebly het nie. (2 x 2) (4) 1.2.4 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat nie alle Afrikaanssprekende blankes lede van die Afrikaner Broederbond kon word nie. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020) 1.3 Lees Bron 1C. 1.3.1 Verduidelik die konsep Afrikaner Nasionalisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.3.2 Waarom dink jy was daar ’n sterk anti-imperialistiese (Britse) houding onder Afrikaners? (2 x 2) (4) 1.3.3 Noem enige TWEE organisasies wat uitsluitlik vir Afrikaners geskep is. (2 x 1) (2) 1.3.4 Gebruik jou eie kennis om te verduidelik hoe die belange van Afrikaners deur die Nasionale Party bevorder is. (2 x 2) (4) 1.4 Raadpleeg Bron 1D. 1.4.1 Watter boodskap word deur die plakkaat rakende die bevordering van Afrikaner Nasionalisme deur die Nasionale Party oorgedra? (2 x 2) (4) 1.4.2 Noem enige TWEE vreemde elemente waarteen kiesers gewaarsku word. (Gebruik visuele leidrade op die plakkaat om die vraag te beantwoord.) (2 x 1) (2) 1.5 Vergelyk Bron 1C en Bron 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1D ondersteun rakende die rol wat die Nasionale Party gespeel het om Afrikaner Nasionalisme te bevorder. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe Afrikaner Nasionalisme in die 1930’s tot 1940’s in Suid-Afrika bevorder is. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: HOE HET DIE WET OP DIE VERBOD OP GEMENGDE HUWELIKE WET (NR. 55 VAN 1949) DIE LEWENS VAN SUID-AFRIKANERS GEAFFEKTEER? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.2 Volgens die bron, watter aspekte het swartes vanaf 1948 tot 1994 beïnvloed? (3 x 1) (3) 2.1.3 Verduidelik waarom die jare van apartheid as van die donkerste oomblikke in die geskiedenis van Suid-Afrika gesien word. (2 x 2) (4) 2.1.4 Noem die wet wat miljoene nie-blankes uit hul huise verwyder het. (1 x 2) (2) 2.1.5 Waarom, dink jy is die beleid van apartheid toegepas? (2 x 2) (4) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Wat, volgens die bron, het die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike vir witmense beteken? (1 x 2) (2) 2.2.2 Lewer kommentaar op die redes waarom die apartheidsregering die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike toegepas het. (2 x 2) (4) 2.2.3 Wat was die straf vir mense wat die Ontugwet oortree het? (3 x 1) (3) 2.3 Lees Bron 2C. 2.3.1 Wat was die bevolkingsgroep van Sherrin (mnr. Whiteley se vrou)? (1 x 1) (1) 2.3.2 Dink jy dat die ouers van Sherrin geregverdig was om na mnr. Whiteley as hul skoonseun te verwys? Motiveer jou antwoord. (2 x 2) (4) 2.3.3 Wat, volgens die bron, het mnr. Whiteley van Suid-Afrika gemis? (3 x 1) (3) 2.4 Raadpleeg Bron 2D. 2.4.1 Watter boodskap word in hierdie foto uitgebeeld met betrekking tot die wette wat op gemengderas-paartjies opgelê is? (2 x 2) (4) 2.4.2 Verduidelik die prys wat mnr. Whiteley vir sy huwelik met Sherrin moes betaal. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020) 2.5 Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse in Bron 2C rakende die weerstand teen die Wet op Gemengde Huwelike ondersteun. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n paragraaf van omtrent SES reëls (omtrent 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike die lewens van Suid- Afrikaners beïnvloed het. (6) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 7 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag. VRAAG 3: SWART NASIONALISME Verduidelik tot watter mate Swart Nasionalisme vanaf 1902 tot 1953 in Suid-Afrika versterk is. Motiveer jou antwoord met relevante historiese bewyse vanaf 1902 tot 1953. [50] VRAAG 4: WEERSTAND IN SUID- AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s ‘Swart Suid-Afrikaners het gewelddadig in opstand gekom teen hul diskriminasie en onderdrukking in die 1950’s.’ Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord deur na die verskillende vorme van weerstand in die 1950’s te verwys. [50] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all