Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GESKIEDENIS V1
ADDENDUM
EKSEMPLAAR
Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAddendum 











View all





History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum (Afr)
Grade 11 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 1.3 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE 1917 RUSSIESE REWOLUSIE?
BRON 1A
Hierdie bron beklemtoon die toestande in Rusland voor die 1905 Rewolusie.
Die sosiale, ekonomiese en politieke toestand in Rusland voor 1905 was agtergeblewe.
Sosiaal was 85% van Rusland se bevolking landboukundig. Die nywerhede was daar, maar
was selde in privaat besit. Werkers was op grond van beroep verdeel. Hulle het hoofsaaklik
na stede vir indiensneming in fabrieke gemigreer. Die boeregemeenskap was diep
godsdienstig, maar het nie veel vir die adel omgegee nie. Hulle het geglo dat die grond
onder hulself verdeel moes word.
Rusland het ʼn slegte ekonomiese tydperk beleef. Pryse van noodsaaklike goedere het
toegeneem terwyl reële (ware) lone met 20% gedaal het wat tot die beroemde St.
Petersburg-staking gelei het. Hierdie staking het ʼn reeks gebeure begin wat saam as die
1905-rewolusie bekend gestaan het. Tydens hierdie rewolusie, was daar stakings regoor
die land, universiteite het gesluit, en verskeie professionele persone en unies het op die
daarstelling van ʼn konstituerende/grondwetlike vergadering aangedring.
Politieke partye was onwettig voor 1914. Die Russiese Sosiaal-Demokratiese Werkers
Party is in 1898 gestig deur sosialiste wat Marx se idees gerespekteer het. In 1903 is hierdie
party in twee groepe verdeel – Mensjewieke en Bolsjewiste. Die Bolsjewiste, wat die
meerderheid was, was deur Lenin, wat as die grootste denker op sosialisme na Marx
beskou was, gelei.
[Uit http://www.toppr.com/ask/question/what-were-the-social-economic-and-political-conditions-in-russia/.
Toegang op 23 Maart 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Hierdie bron beklemtoon die oorsake van die van 1905-rewolusie in Rusland.
Die 1905-rewolusie in Rusland het begin toe gewapende magte ʼn groep vreedsame
betogers buite die Tsaar se Winterpaleis in St. Petersburg aan die brand gesteek het. Daar
was egter baie faktore in die opbou tot die rewolusie in 1905. Oproerings in Rusland was
selde en vreedsaam in die tydperk voor 1905. Sedert die implementering van Tsarisme in
Rusland, het die regimes stadig ontwikkel in meer van ʼn outokratiese instansie wat sy wil
op die mense afgedwing het met min agting vir menslike lewe en vryheid. Sedert die 1860’s
was daar geleidelike veranderinge in regerings-, regs-, maatskaplike en ekonomiese
beleidsimplementering, maar die politieke stelsel is onveranderd gelaat. Terselfdertyd het
Rusland oorlog gevoer teen Japan as gevolg van mededingende imperialistiese ambisies
in die gebied.
Rusland het in ʼn oorlog met Japan betrokke geraak en geglo dat hy die oorhand het, en
aanvanklik het binnelandse sentiment in Rusland verbeter. Dit het egter gou vir die mense
duidelik geword dat die oorlog teen Japan nie soos beplan verloop het nie. Die groot
nederlae op land en see het die Russiese publiek geskok en hul oortuiging dat die huidige
regering ʼn swak, onderdrukkende en kwynende regime was versterk. Die oorlog teen Japan
het ook die Russiese mense tuis nadelig beïnvloed. Met die finale nederlaag van Rusland
deur Japan, is die regering as onbevoeg beskou en alle vertroue was verlore. In ʼn daad
van finale minagting en ʼn oproep om verandering, het ʼn groep mense na die Tsaar se
Winterpaleis in St. Petersburg gemarsjeer om vreedsaam ʼn petisie aan Tsaar Nicholas II
te oorhandig.
[Uit www.cram.com>essay>causes-of-the-1905-russian-revolution. Toegang op 24 Maart 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief.
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020)
BRON 1C
Hierdie foto toon die gevange soldate van die Russiese 2 de leër na hul nederlaag in die
Slag van Tannenberg.
[Uit https://www.independent.co.uk/news/world/world-history/history-of-the-first-world-war-in-100-
moments/history-first-world-war-100-moments-russia-loses-army-battle-tannenberg-9247186.html
Toegang op 10 Oktober 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Die onderstaande bron verduidelik die Februarie-rewolusie in Rusland in 1917.
Die Februarie-rewolusie in Rusland het begin toe onluste en stakings oor
voedselskaarsheid in Petrograd uitgebreek het. Een week later, is eeue van Tsaristiese
heerskappy in Rusland beëindig met die abdikasie van Nicholas II, en Rusland het ʼn
dramatiese stap nader aan ʼn kommunistiese rewolusie geneem.
Teen 1917 het die meeste Russe geloofwaardigheid in die leierskapsvermoë van die
Tsaristiese regime verloor. Regeringskorrupsie was algemeen, die Russiese ekonomie was
agtergeblewe en Nicholas het herhaaldelik die Duma, die Russiese parlement wat ná die
Rewolusie van 1905 gestig was, ontbind namate dit sy wil teengestaan het. Maar die
onmiddellike oorsaak van die Februarie Rewolusie was Rusland se rampspoedige
betrokkenheid in die Eerste Wêreldoorlog. Militêr gesproke, was imperiale Rusland geen
opposisie vir die geïndustrialiseerde Duitsland nie, en Russiese ongevalle was groter as
enige ander land wat in enige vorige oorlog betrokke was. Intussen is die ekonomie
hopeloos ontwrig deur die duur oorlogspoging en gematigdes het by die Russiese radikale
elemente aangesluit in hul oproep tot die omverwerping van die Tsaar.
Op 8 Maart 1917, het betogers wat vir brood geskree het, hul protes na die strate in die
Russiese hoofstad van Petrograd geneem. Ondersteun deur 90 000 stakende mans en
vroue, het die betogers met die polisie gebots, maar het geweier om die strate te verlaat.
Op 10 Maart het die staking na al die werkers van Petrograd versprei, en ʼn woedende skare
werkers het polisiestasies vernietig.
Op 11 Maart is die troepe van die Petrograd weermag-garnisoen uitgeroep om die opstand
te onderdruk. In sommige van die skermutselinge het betogers gesterf namate regimente
op hulle begin skiet het, maar die betogers het in die strate gebly en die troepe het begin
wankel. Op daardie dag, het Nicholas weer die Duma ontbind. Op 12 Maart het die
rewolusie geseëvier nadat regiment op regiment van die Petrograd-garnisoen oorgeloop
het om by die stryd van die betogers aan te sluit. Die soldate, ongeveer 150 000 mans, het
daarna komitees gevorm wat adjunkte tot die Petrograd Sowjet verkies het.
[Uit www.history.com>hierdie-dag-in-geskiedenis"FebruaryRevolution-begin. Toegang op 24 Maart 2020
verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief.
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE
AMERIKAANSE SAMELEWING IN DIE 1930’s?
BRON 2A
Hierdie bron fokus op die impak van die Groot Depressie op die Amerikaanse ekonomie.
Die Groot Depressie word beskou as die ergste en langste ekonomiese krisis wat ooit die
westerse ekonomieë getref het. Gedurende die 1930’s, het byna al die vlaktes (gebiede)
van die VSA ʼn droogte beleef. Baie gewasse was beskadig as gevolg van hoë temperature,
onvoldoende reënval, sterk winde en die besmetting van gewasse deur insekte. Daar word
aangevoer dat hierdie depressie in die landbousektor ʼn groot rol gespeel het om die Groot
Depressie teweeg te bring.
Die depressie het in die Verenigde State onmiddellik na die ineenstorting van die New York
se aandelebeurs in 1929 begin. Die krisis het tot 1939 aangehou. Teen 1932 het die
waardes van voorraad tot 20% van hul oorspronklike waarde gedaal, en in 1933 het omtrent
11 000 uit die 25 000 banke en finansiële instellings in die Verenigde State van Amerika
ineengestort as gevolg van ʼn aantal redes wat ʼn afname in die waarde van eiendom, gebrek
aan kliënte as gevolg van die paniek wat ontstaan het en nie-betaling van lenings, insluit.
Soos hierbo aangedui, was dit die tydperk toe die hoogste werkloosheidsyfer en laagste
inkomste ervaar is. Die depressie het daartoe gelei dat fabrieke, banke en groot sake-
entiteite in duie gestort het wat duisende burgers beide werkloos en met geen geld gelaat
het om kos op die tafel te sit nie. Die daling in die aandele wat op 24 Oktober 1929
plaasgevind het, is Swart Donderdag genoem.
[Uit www.ukessays.com> essays> economics>economic-impact-of-the-great-depression-economics-essay.
Toegang op 11 Februarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Die onderstaande bron skets die sosiale gevolge van die Groot Depressie op die
Amerikaanse samelewing.
Die samelewing was beide negatief en ietwat positief geaffekteer deur die Groot Depressie.
Dit het mense tot selfmoord gedryf weens die uiterste swaarkry en armoede wat hulle in die
gesig gestaar het. Maar aan die ander kant het dit ook familie-eenhede nader gebring. In
die samelewing as ʼn algemene entiteit, het misdaadsyfers gestyg namate diegene wat deur
hul werkgewer afgelê was, hulself na geringe diefstal gewend het om te oorleef.
Wanvoeding was algemeen aangesien mense nie genoeg gesonde kos gehad het om te
eet nie. Mense het selfmoord in die strate gepleeg om die felheid (hardheid) van die Groot
Depressie te ontsnap.
Desperate vroue wat kos op die tafel moes sit het hulself toenemend na prostitusie gewend,
omdat die huidige kultuur en ekonomie onvoldoende inkomste gegenereer het. As gevolg
van die houding van die mense wat die meeste deur die Groot Depressie geaffekteer was,
was gesondheidsorg in wese geïgnoreer. Mense het eenvoudig nie geld gehad om aan
basiese behoeftes soos kos, klere, skuiling en gesondheidsorg te bestee nie. Hospitale was
selde besoek – slegs wanneer hulle met ernstige omstandighede oorval was.
Benewens selfmoord, was alkohol ʼn ander ontsnapping uit die ellendige omstandighede.
Alkoholisme was aan die toeneem soos nog nooit tevore. Slagoffers van die Depressie het
gewoonlik hul alkoholisme met rook aangevul.
[Uit https://sites.google.com/a/g.coppellisd.com/all-about-the-great-depressio/home/social-effects. Toegang
op 11 Februarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief.
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020)
BRON 2C
Hierdie bron ontbloot die lyding wat vroue tydens die Groot Depressie deurgemaak het.
Vroue en mans het die Groot Depressie baie anders ervaar. Aangesien mans gewoond
was om die broodwinners te wees het hulle gevoel dat hulle mislukkings was namate hulle
werkloos geraak en nie meer vir hul families kon voorsien nie. Maar die Depressie het die
belangrikheid van vroue beklemtoon, aangesien hulle groter huishoudelike rolle moes hê
om te help om uitgawes te dek. Vroue wat werksgeleenthede gesoek het, is dikwels
verwerp en as bannelinge (uitgeworpenes) uitgewys omdat hulle ‘werksgeleenthede vanaf
meer verdienstelike mans weggeneem het’.
Verskillende vroue het ook verskillende ervarings met die Groot Depressie gehad.
Ouderdom, huwelikstatus en ras was net ʼn paar van baie faktore wat hul ervarings verander
het. Plaasfamilies en vroue in besonder het egter veral gesukkel weens die erge droogte
wat tot die Stofbak en mislukking van baie plase gelei het. Om ʼn werk te hê, het nie
oorlewing vir werkende vroue gewaarborg nie. Lone vir vroue was uiters laag en was ook
onderworpe aan vermindering. Fabriekswerk en naaldwerk sou dikwels net $5 of minder
elke week huis toe bring. Hoewel die verkryging van werk makliker vir vroue as mans tydens
die Groot Depressie was, was werkloosheid onder vroue nog hoog. Vir die 20 tot 50% van
vroue wat die enigste werkers in die gesin was, was werkloosheid ʼn bedreiging vir hul
bestaan.
Die Depressie was veral hard op swart Amerikaanse vroue. Hierdie minderheidswerkers
wat voorheen posisies soos huishoudings beklee het, het hul posisies verloor aan wit vroue
wat in hierdie tyd die arbeidsmag betree het. Swart Amerikaanse vroue wat in stede gewoon
het, het dikwels geen ander keuse gehad as om hul te wend na straathoeke, slawemarkte
en hul arbeid vir baie lae lone aan te bied nie.
[Uit https://sites.google.com/a/g.coppellisd.com/all-about-the-great-depression/home/social-effects.
Toegang op 11 Februarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
Hierdie foto toon Florence Owens Thompson, ʼn behoeftige ertjieplukker in Nipomo,
Kalifornië, saam met haar kinders in Maart 1936.
[Uit https://www.biography.com/artist/dorothea-lange. Toegang op 05 April 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief.
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende verkry:
http://www.toppr.com/ask/question/what-were-the-social-economic-and-political-
conditions-in-russia/
www.cram.com>essay>causes-of-the-1905-russian-revolution
https://www.independent.co.uk/news/world/world-history/history-of-the-first-world-war-in-
100-moments/history-first-world-war-100-moments-russia-loses-army-battle-tannenberg-
9247186.html
www.history.com>hierdie-dag-in-geskiedenis"FebruaryRevolution-begin-
www.ukessays.com> essays> economics>economic-impact-of-the-great-depression-
economics
https://sites.google.com/a/g.coppellisd.com/all-about-the-great-depressio/home/social-
effects
https://sites.google.com/a/g.coppellisd.com/all-about-the-great-depression/home/social-
effects
https://www.biography.com/artist/dorothea-lange
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 11 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 11 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 11 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 11 past papers
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Addendum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2020 Addendum

Addendum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2020 Addendum

Addendum
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Addendum
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Addendum
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum (Afr)
Related documents

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
