Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GESKIEDENIS V2
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
*IHISTA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ƌ addendum van 10 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum
Grade 11 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 40 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Addendum, 40 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Addendum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 40
- File size
- 2.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 40
This exam
Eastern Cape November 2020
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · Eng (3)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Addendum · Afr (3)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · AfrMemo · Afr (2)
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Addendum · Afr (3)Memo · EngMemo · Eng (2)Memo · Eng (3)Memo · AfrMemo · Afr (2)
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: AFRIKANER
NASIONALISME
VRAAG 2: APARTHEID SUID-AFRIKA: 1940’s tot 1960’s
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 3: NASIONALISME IN SUID- AFRIKA: SWART NASIONALISME
VRAAG 4: APARTHEID SUID-AFRIKA:1940’s tot 1960’s
2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit TWEE opstelvrae.
4. Beantwoord TWEE vrae soos volg:
Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN moet
’n opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik
moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE IS AFRIKANER NASIONALISME IN DIE 1930’s TOT 1940’s IN
SUID-AFRIKA BEVORDER?
Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Watter faktore, volgens die bron, het Afrikaner Nasionalisme
aangewakker? (2 x 1) (2)
1.1.2 Gebruik jou eie kennis om die bevolkingsgroep te noem wat van
gewone burgerregte in Suid-Afrika uitgesluit is. (1 x 2) (2)
1.1.3 Lewer kommentaar op die betekenis van die volgende stelling: “Die
Afrikaner David maak die Britse Goliat dood”, met betrekking tot die
opkoms van Afrikaner Nasionalisme. (2 x 2) (4)
1.1.4 Noem die TWEE faktore wat deurslaggewend in die vorming van
Afrikaner Nasionalisme was. (2 x 1) (2)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Wat, volgens die bron, was die doel van die Afrikaner-
Broederbond? (1 x 2) (2)
1.2.2 Waarom, dink jy, is die Afrikaner-Broederbond as ’n uiters
eksklusiewe, geheime Afrikaner-organisasie beskou? (2 x 2) (4)
1.2.3 Lewer kommentaar op waarom die Afrikaner-Broederbond nie ’n
anti-politieke organisasie gebly het nie. (2 x 2) (4)
1.2.4 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat nie alle
Afrikaanssprekende blankes lede van die Afrikaner Broederbond
kon word nie. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.3 Lees Bron 1C.
1.3.1 Verduidelik die konsep Afrikaner Nasionalisme in jou eie woorde.
(1 x 2) (2)
1.3.2 Waarom dink jy was daar ’n sterk anti-imperialistiese (Britse)
houding onder Afrikaners? (2 x 2) (4)
1.3.3 Noem enige TWEE organisasies wat uitsluitlik vir Afrikaners geskep
is. (2 x 1) (2)
1.3.4 Gebruik jou eie kennis om te verduidelik hoe die belange van
Afrikaners deur die Nasionale Party bevorder is. (2 x 2) (4)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Watter boodskap word deur die plakkaat rakende die bevordering
van Afrikaner Nasionalisme deur die Nasionale Party oorgedra?
(2 x 2) (4)
1.4.2 Noem enige TWEE vreemde elemente waarteen kiesers gewaarsku
word. (Gebruik visuele leidrade op die plakkaat om die vraag te
beantwoord.) (2 x 1) (2)
1.5 Vergelyk Bron 1C en Bron 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
bewyse in Bron 1D ondersteun rakende die rol wat die Nasionale Party
gespeel het om Afrikaner Nasionalisme te bevorder. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n
paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
verduidelik hoe Afrikaner Nasionalisme in die 1930’s tot 1940’s in Suid-Afrika
bevorder is. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: HOE HET DIE WET OP DIE VERBOD OP GEMENGDE HUWELIKE
WET (NR. 55 VAN 1949) DIE LEWENS VAN SUID-AFRIKANERS
GEAFFEKTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.
2.1 Lees Bron 2A.
2.1.1 Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.2 Volgens die bron, watter aspekte het swartes vanaf 1948 tot 1994
beïnvloed? (3 x 1) (3)
2.1.3 Verduidelik waarom die jare van apartheid as van die donkerste
oomblikke in die geskiedenis van Suid-Afrika gesien word. (2 x 2) (4)
2.1.4 Noem die wet wat miljoene nie-blankes uit hul huise verwyder het.
(1 x 2) (2)
2.1.5 Waarom, dink jy is die beleid van apartheid toegepas? (2 x 2) (4)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Wat, volgens die bron, het die Wet op die Verbod op Gemengde
Huwelike vir witmense beteken? (1 x 2) (2)
2.2.2 Lewer kommentaar op die redes waarom die apartheidsregering die
Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike toegepas het. (2 x 2) (4)
2.2.3 Wat was die straf vir mense wat die Ontugwet oortree het? (3 x 1) (3)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Wat was die bevolkingsgroep van Sherrin (mnr. Whiteley se vrou)?
(1 x 1) (1)
2.3.2 Dink jy dat die ouers van Sherrin geregverdig was om na mnr.
Whiteley as hul skoonseun te verwys? Motiveer jou antwoord.
(2 x 2) (4)
2.3.3 Wat, volgens die bron, het mnr. Whiteley van Suid-Afrika gemis?
(3 x 1) (3)
2.4 Raadpleeg Bron 2D.
2.4.1 Watter boodskap word in hierdie foto uitgebeeld met betrekking
tot die wette wat op gemengderas-paartjies opgelê is? (2 x 2) (4)
2.4.2 Verduidelik die prys wat mnr. Whiteley vir sy huwelik met Sherrin
moes betaal. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.5 Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
bewyse in Bron 2C rakende die weerstand teen die Wet op Gemengde
Huwelike ondersteun. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n
paragraaf van omtrent SES reëls (omtrent 60 woorde) waarin jy verduidelik
hoe die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike die lewens van Suid-
Afrikaners beïnvloed het. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag.
VRAAG 3: SWART NASIONALISME
Verduidelik tot watter mate Swart Nasionalisme vanaf 1902 tot 1953 in Suid-Afrika
versterk is.
Motiveer jou antwoord met relevante historiese bewyse vanaf 1902 tot 1953. [50]
VRAAG 4: WEERSTAND IN SUID- AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s
‘Swart Suid-Afrikaners het gewelddadig in opstand gekom teen hul diskriminasie
en onderdrukking in die 1950’s.’
Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord deur na die verskillende
vorme van weerstand in die 1950’s te verwys. [50]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
(EKSEMPLAAR)
*IHISTA4*
Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 1: HOE IS AFRIKANER NASIONALISME IN DIE 1930’s TOT 1940’s IN
SUID-AFRIKA BEVORDER?
BRON 1A
Die bron hieronder beskryf die redes vir die opkoms van Afrikaner Nasionalisme.
Dit was haat (woede) oor die ongelyke verdeling van status, rykdom, politieke beheer en
die vrees vir kulturele absorpsie in ƌ Engels-georiënteerde samelewing, wat Afrikaner
Nasionalisme aangewakker het. Hul merkwaardige herstel van die nederlaag was ƌ
beslissende feit in die twintigste-eeuse Suid-Afrikaanse geskiedenis, met verreikende
gevolge, nie net vir die samestelling en karakter van die blanke elite nie, maar ook vir
diegene wat van gewone burgerregte uitgesluit is.
Die verhaal van die wedergeboorte van Afrikanerdom vanuit die as van sy nederlaag in
1902 tot onbetwiste (sekere) bemeestering van Suid-Afrika is opvallend, wat deur
Afrikanerskrywers verromantiseer word as ƌ moderne weergawe van ƌ klein Afrikaner
David wat die Britse Goliat doodmaak.
Die trek na die stede, tesame met die Boere se nederlaag aan die hand van die Britte,
was die twee magte wat Afrikaner Nasionalisme deurslaggewend gevorm het. Met die
minerale rewolusie het industrialisasie die Boere ƌ stedelike proletariaat (werker)
gemaak in diens van ƌ buitelandse, kapitalistiese klas. Die feit dat Engelssprekendes
finansiering, handel en mynbou monopoliseer (gekontroleer) het, het Afrikaners oortuig
dat hul nasionale en klasvyand dieselfde is. Afrikaner Nasionalisme het daarom ƌ
drieledige stryd op kulturele, ekonomiese en politieke vlak van stapel gestuur.
[Uit www.fanieosoppiejas.com/..//afrikaner-nationalism-the-factors. Toegang op 11 Februarie 2020
verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Die bron hieronder beskryf die bydrae van die Broederbond om Afrikaner Nasionalisme
te bevorder.
Die doel van die Afrikaner Broederbond is die bevordering van die politieke, kulturele en
ekonomiese belange van Afrikaners. Die Afrikaner-Broederbond is ƌ uiters eksklusiewe,
geheime Afrikaner nasionalistiese organisasie wat in ƌ simbiotiese (koöperatiewe)
verhouding met die Nasionale Party ƌ bepalende rol gespeel het in die politieke
ontwikkeling van Suid-Afrika.
Lidmaatskap van die Afrikaner Broederbond is beperk tot mans. Die Broederbond eis
hoë kulturele, familieverwante, godsdienstige, morele en politieke standaarde van sy
lede. Om te kwalifiseer, moet ƌ persoon aan die volgende vereistes voldoen: hy moet lid
van een van die tradisionele Afrikaanse kerke wees, moes ƌ Afrikanerskool bygewoon
het, moet getroud wees met ƌ Afrikaanssprekende vrou en hy moet die ‘regte’ party, die
Nasionale Party ondersteun. Definitiewe diskwalifikasies is om geskei te wees en
ongereelde kerkbywoning.
Alhoewel die grondwet van die Afrikaner Broederbond partypolitiek van sy aktiwiteite
uitsluit, het dit deur die jare duidelik geword dat die organisasie belangrike politieke
invloed het. Dit is toenemend gebruik as ƌ “dinkskrum” en daarna as ‘legitimator’ van
nuwe beleidsaanwysings wat deur die Nasionale Party onderneem is. Dit het talle
ondersteuningsorganisasies op die been gebring om Afrikaner-belange te verbreed en dit
sy besigheid gemaak om die ‘regte man’ aan te stel, te bevorder en te beskerm. ƌ
Belangrike strategie is die verkryging van beheer oor skoolkomitees, skoolrade, kerkrade
en raad van direkteure om sy doelstellings te bereik.
[Uit omalley.nelsonmandela.org> omally> index.php> webwerf. Toegang op 20 Februarie 2020 verkry.]
‘legitimator’ – om amptelik/wettig te maak
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020)
BRON 1C
Hierdie bron beskryf die rol wat die Nasionale Party gespeel het om Afrikaner
Nasionalisme te konsolideer.
Die hedendaagse Nasionale Party spruit uit die Gesuiwerde Nasionale Party (GNP).
Hierdie faksie van die oorspronklike Nasionale Party van 1914, is op diepgesetelde
Afrikaner-Nasionalisme gebou. Die geboorte van die NP was nie net die resultaat van ƌ
magstryd tussen Engels- en Afrikaanssprekende gemeenskappe nie, maar ook van ƌ
anti-imperialistiese houding onder Afrikaners. Die Afrikaner wou ƌ meer belangrike rol in
die samelewing en die regering speel. Hulle het ook ƌ duidelike doel gehad om Suid-
Afrikaanse swartes, kleurlinge en Indiërs fisies, sosiaal en polities te skei.
Die NP is toenemend deur Afrikaners gesien as die instelling wat hul groepbelang sou
bevorder. Die party is gekomplementeer deur kulturele, sosiale, ekonomiese en
godsdienstige organisasies wat uitsluitlik vir Afrikaners geskep is. Saam met die
Nasionale Pers, die Afrikaner-Broederbond, Sanlam, AVBOB, die Voortrekkers, FAK,
Helpmekaar, KWV en Volkskas, het die NP ƌ groeiende Afrikanermaggroep geword. Die
party het Afrikanerbelange op ƌ gekoördineerde manier georganiseer en is op elke
terrein van die Suid-Afrikaanse samelewing gevoel.
Die jaar 1938 was vir die GNP om ƌ ander rede belangrik. Dit was die Eeufees van die
Groot Trek en die Afrikaner-sentimente is as gevolg daarvan verhoog. Dit was ook tyd vir
Malan om sy rassebeleid ten gunste van Afrikanerdom te versterk en strewe na ƌ
herlewing (toenemende) van Afrikaner Nasionalisme. Van nou af sou gemengde
huwelike strafbaar wees, ras-gemengde woongebiede moes beëindig word en
ekonomiese en politieke segregasie tussen blankes en 'nie-blankes' moes
geïmplementeer word. Malan het ook beoog om sy land teen die buite/eksterne invloede
van kapitalisme en kommunisme te beskerm ...
[Uit www.litnet.co.za.> Df-malan-and-the-rise-of-afrikaner-nationalism-by- . Toegang op 20 Februarie
2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Dit is ’n plakkaat wat deur die Nasionale Party ontwerp is om Afrikaners te motiveer
om tydens die 1938-verkiesing vir die party te stem.
[Uit New Africa History deur N.Frick et al]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2: HOE HET DIE WET OP DIE VERBOD OP GEMENGDE HUWELIKE
(NR. 55 VAN 1949) DIE LEWENS VAN SUID-AFRIKANERS BEINVLOED?
BRON 2A
Hierdie bron verduidelik die beleid van apartheid wat in 1948 deur die Nasionale Party
geïmplementeer is.
Die jare van apartheid is ongetwyfeld een van die donkerste oomblikke in die geskiedenis
van Suid-Afrika. Die tydperk, wat vanaf 1948 tot 1994 strek, is gekenmerk deur
rasseskeiding, wit minderheidsregering en die verdrukking van die regte, bewegings en
vryheid van swartes. Die woord ‘apartheid’ beteken letterlik ‘afsonderlikheid’ of om ‘te
skei’.
Dit is in die vroeë 1940’s as ƌ politieke slagspreuk van die Nasionale Party gebruik. Dit
kan u egter interesseer om te weet dat die beleid self strek vanaf die begin van die
blanke nedersetting in Suid-Afrika wat al in 1652 begin het. Dit het egter na die algemene
verkiesing van 1948 ƌ amptelike regeringstruktuur geword.
Die beleid het die burgers en inwoners van die land in vier rassegroepe geklassifiseer:
wit, bruin, swart en Indiër. Daarna het dinge net slegter geword. Meer as 3,5 miljoen
Suid-Afrikaners is uit hul huise gesit en is met geweld na gesegregeerde woonbuurte
verskuif. Regeringssegregasie was ook van toepassing op onderwys, verhoudings,
natuurlike ontspanningsgeriewe soos strande, mediese sorg en verskeie ander dienste.
[Uit https://buzzsouthafrica.com/apartheid/ Toegang op 28 September 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Die bron hieronder verduidelik die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike, wat een
van die eerste stukke apartheidswetgewing was wat in werking gestel is nadat die
Nasionale Party aan bewind gekom het.
Die wet verbied huwelike tussen ‘Europeërs en nie-Europeërs’, wat in die taal van die tyd
beteken het dat witmense nie met ander rasse kon trou nie. Dit het ook 'n kriminele
oortreding geword vir ƌ huweliksbeampte om ƌ veelrassige huwelikseremonie te
onderneem. Die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike het egter nie ander
sogenaamde gemengde huwelike tussen nie-blanke mense verhinder nie. Terwyl dit
inderdaad ‘gemengde’ huwelike was, het die wet hulle nie as veelrassige beskou nie.
ƌ Vrou wat met ƌ man van ƌ ander ras getrou het, is as sy ras geklassifiseer. Haar man
van keuse het haar ras gedefinieer. Die uitsondering hierop was as ƌ blanke man met ƌ
vrou van ƌ ander ras trou, is hy as haar ras geklassifiseer.
Ten spyte van die skuiwergate (leemtes) wat ontstaan het as gevolg van bestaande
gemengde huwelike en nie-blanke huwelike, is die Verbod op Gemengde Huwelike en die
Ontugwet streng toegepas. Nietemin het intieme en romantiese verhoudings tussen
blankes en nie-blankes steeds ontwikkel. Die feit dat veelrassige verhoudings so taboe
(verbode) was het dit, aantreklik gemaak en het mense veelrassige-verhoudings
aangeknoop as 'n vorm van rebellie of vir die opwinding wat dit gebied het.
Veelrassige verhoudings het met ernstige risiko's gepaard gegaan. Die polisie het mense
agtervolg wat daarvan verdink was dat hulle in veelrassige verhoudings betrokke was.
Hulle het snags die huise oorval. Diegene wat hulle aan die Ontugwet skuldig gemaak het,
het boetes, tronkstraf en sosiale sensuur in die gesig gestaar.
[Uit https://www.thoughtco.com> ...> History and Culture> African History. Toegang op 28 September 2019
verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020)
BRON 2C
Hierdie bron verduidelik die ervarings van Ian Whiteley en sy vrou Sherrin onder die Wet
op die Verbod op Gemengde Huwelike.
Ian Whiteley wat toevallig wit is, was getroud met Sherrin, van Indiese herkoms. Hulle het
mekaar in Pietersburg ontmoet toe hy dertig was en sy 17 jaar oud was. Spoedig en
ondanks die wet wat dit vir hulle onmoontlik gemaak het om te trou en die gevaar dat
hulle ontdek sou word, het hulle minnaars geword. Sherrin se ouers het aan die witman
as hul skoonseun gedink, maar onvermydelik het die klop aan die deur gekom wat 'n
polisie-klopjag aangedui het. Dit was gelei is deur een van sy ou skoolvriende wat
verduidelik het, ‘dat hy net sy werk doen’.
Uiteindelik is hulle vrygespreek op ƌ aanklag van onsedelikheid weens ƌ gebrek aan
bewyse, maar eers nadat mnr. Whiteley drie maande tronkstraf opgelê is. Hulle het na
Botswana gevlug, waar hulle uiteindelik kon trou. Hulle het uiteindelik na Noorweë
verhuis en weens sy liefde vir rugby, na Liverpool verhuis. Die hele tyd het hy die
onmoontlike droom dat hulle as man en vrou sou terugkeer om in Suid-Afrika te woon,
lewendig gehou, en die Suid-Afrikaanse eerste ministers (premiers) met sy beroep oorval.
'Ons het nie van Europa gehou nie; ons is Suid-Afrikaners. Ek het my biltong, pap en
wors gemis. ”
Uiteindelik is hulle toegelaat om na Suid-Afrika terug te keer. Dorpe soos Pietersburg het
vir gemengde paartjies weinig gebied in terme van geriewe. Die rolprent teater het ƌ klein
verdeelde afskorting op die balkon vir die Indiërs gehad, waar Mnr Whiteley, wat belowe
het om nêrens heen te gaan waar sy vrou nie kon gaan nie, kon sit. Die enigste
teleurstelling van mnr. Whiteley is dat sy tienjarige seun, Raymond, wat belofte in rugby
getoon het toe hulle in Liverpool gewoon het, nie kon speel nie, want dit was slegs die wit
skoolseuns wat die enigste jong rugbyspelers in die dorp was. Mnr. Whiteley, ƌ
voormalige rugbyspeler, se hoop was om die hindernisse af te breek of om die sport
onder Indiërs te bevorder, sodat sy seun in ƌ wedstryd kan speel.
[Uit https://www.nytimes.com/1982/11/29/world/love-f Inds-a-way-past-south-africa-s-race-laws.html.
Toegang op 28 September 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
Dit is ’n foto van mnr. en mev. Whiteley, ’n veelrassige egpaar wat die wet op die
Verbod op Gemengde Huwelike veronagsaam het.
[Uit The New York Times, Nov. 29, 1982]
[
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2020)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is geneem uit:
Frick, N. et al New Africa History , 2006, New Africa Books (Edms) Bpk.
Getty Images
https://www.nytimes.com/1982/11/29/world/love-f Inds-a-way-past-south-africa-s-race-
laws.htm
https://www.thoughtco.com >...> History and Culture> African History
https://buzzsouthafrica.com/apartheid/
https;//www.history.com/topics/middle-east/six-day-war
https://link.springer.com >chapter
King, J. Dr by Conflict in the Middle East, 1993, Wayland Publishers Ltd
omalley.nelsonmandela.org>omally>index.php>site
The New York Times, 29 November 1982
www.fanieosoppiejas.com/.../afrikaner-nationalism-the-factors
www.litnet.co.za.>df-malan-and-the-rise-of-afrikaner-nationalism-by-..
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel.
KOGNITIEWE GEWIGSTOE-
VLAKKE HISTORIESE VAARDIGHEDE KENNING VAN
VRAE
x Onttrek inligting uit bronne
x Selektering en organisering van 30%
VLAK 1
relevante inligting vanaf bronne (15)
x Definieer historiese terme.
x Eenvoudige interpretasie van die bronne
x Verduidelik inligting ingesamel van die 50%
VLAK 2
bron (25)
x Analiseer bewyse vanuit die bron
x Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne
x Vra vrae oor vooroordeel,
betroubaarheid en bruikbaarheid en 20%
VLAK 3
beperking van bronne (10)
x Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bron en maak ’n
onafhanklike afleiding.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om ’n standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedure vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ’n regmerk (ξሻ vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken(ξξξξሻǢ (1 x 2) wat neerkom
op een rede en ξtwee punte toegeken word (ξξ)
• Indien ’n vraag 4 punte tel word 4 regmerke (ξξξξ) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en
die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer
punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ’n
antwoord op ’n paragraafvraag geassesseer word:
x Lees die paragraaf en plaas ’n kolpunt (•) by elke punt binne-in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
x Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat
was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord,
te evalueer.
x Maak regmerkies (ξ) wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken
is, aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in
die holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
___________ _________________ ޣ __________________________ ޣ
_________________ ___________ ޣ __________________________ ޣ
¥¥¥¥
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
x Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan
die punt onder in die regterkantse kantlyn.
x Maak seker dat die punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
32
50
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ’n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ’n redelike reeks
feite of ’n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ’n opstel ’n inleiding, ’n
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ’n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
x Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ’n spesifieke sentrum gebruik is.
x Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
dit wat ingesluit is by ’n riglyn vir nasien van ’n spesifieke opstel.
x By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis
dat die onderwyser die totale produk as ƌ geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die
leerder aan om ƌ individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van
geselekteerde feitelike bewyse om ƌ argument te ondersteun. Daar sal nie van
die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ƌ beter punt te behaal
nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor
te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in
ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening,
ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word
leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik
gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:
x Die leerder se interpretasie van die vraag
x Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
x Die konstruksie/daarstelling van ƌ argument (beplande, gestruktureerd en
het ‘n onafhanklike argumentslyn.)
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer jy die opstel assesseer.
2.4.2 Gedurende die eerste lees van die opstel moet punte gegee word
vir ƌ relevante inleiding, (aangedui deur ’n kolpunt in die nasienriglyne)
elk van die hoof punte/aspekte wat korrek gekontekstualiseer is (ook
aangedui deur ’n kolpunt in die nasienriglyne) en ƌ relevante slot,
(aangedui deur ’n kolpunt in die nasienriglyne), bv. in ƌ antwoord waar
daar 5 hoofpunte is sal daar 7 punte wees.
Hou die PEEL-STRUKTUUR in gedagte in die assessering van ’n opstel.
2.4.3 P: Punt Die kandidaat lei die opstel in met ’n argument/’n
duidelike hoofpunt.
Elke paragraaf moet ’n punt bevat wat die hoofpunt
(argument) wat in die inleiding gemaak is,
ondersteun.
E: Verduideliking Die kandidaat moet in groter detail bespreek
waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit
verband hou met die vraag wat gevra is.
E: Voorbeeld Die kandidaat moet die vraag beantwoord deur
inhoud te selekteer wat relevant is tot die
argument, Relevante voorbeelde moet gegee word
om argument vol te hou.
L: Skakel Kandidate moet seker maak dat die argument
deurgaans in die opstel onderhou word en
samehangend geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 5
2.4.4 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
x Inleiding, hoof aspekte en slot nie korrek
gekontekstualiseer
y Verkeerde stelling
y Irrelevante stelling
y Herhaling H
x Analise A¥
x Interpretasie I ¥l
x Lyn van argument LVA
2. Die matriks
2.5.1 Gebruik die matriks vir die assessering van opstelle
In die assessering van ƌ opstel moet die gegewe kriteria in die rubriek
gebruik word. In die assessering van die opstel moet aandag gegee
word aan beide die inhoud en die aanbieding. By die punt van kruising
tussen die inhoud en die aanbieding moet ƌ punt gegee word.
(a) Die eerste lesing van die opstel sal wees om te bepaal tot watter
mate die hoof aspekte gedek is en om die inhoudsvlak te bepaal
(in die rubriek).
I VLAK 4
(b) Die tweede lesing van die opstel sal verband hou met die vlak van
aanbieding (in die rubriek).
I VLAK 4
A VLAK 5
(c) Gee ƌ algehele punt deur die matriks te gebruik
I VLAK 4
A VLAK 5 30–33
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
RUBRIEK VIR DIE ASSESSERING VAN OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed en Goed beplan en Goed beplan en Argument Toon soms Poging Weinig of geen
gestruktureerd. gestruktureerde gestruktureerde beplan en bewyse van ƌ aangewend om poging om die
AANBIEDING Goeie sintese opstel. opstel. gestruktureed gestruktureerde ƌ antwoord te opstel te
van inligting. ƌ Relevante ƌ Duidelike Getuienis en beplande struktureer. struktureer.
ƌ Goed argumentslyn argumentslyn gebruik om argument.
INHOUD gebalanseerde gevolg. ontwikkel. argument te Poog om ƌ Grootliks
en onafhanklike Bewyse gebruik Gevolgtrekkings ondersteun. argumentslyn vol beskrywend of
argumentslyn is om die argument vanaf bewyse te hou. poog om
ontwikkel met te verdedig. verkry. Slotsom op argument te
bewyse. Onafhanklike grond van Gevolgtrekking ontwikkel.
Argument gevolgtrekking. getuienis. nie duidelik
deurgaans Bewyse gebruik ondersteun deur
volgehou en om getuienis nie.
verdedig. gevolgtrekking te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle 47–50 43–46
beantwoord.
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot die
argument wat gevolg
is.
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
genoegsaam en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Gebreke
ten opsigte van
30–33 28–29 26–27
inhoud of irrelevante
inhoudseleksie.
VLAK 3
Inhoudseleksie hou
verband met die
vraag, maar
beantwoord dit nie. 26–27 24–25 20–23
Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. 20–23 18–19 14–17
Inhoud skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord. 14–17 0–13
Ontoereikende of
irrelevante inhoud.
Riglyne vir allokasie van Vlak 1 punt:
x Vraag nie geadresseer/totaal irrelevante inhoud; geen poging om opstel te struktureer nie = 0
x Inhoudkeuse sluit basiese en algemene irrelevante inligting; geen poging om opstel te konstrueer nie = 1–6
x Vraag ontoereikend geadresseer en vaag; geen poging om opstel te struktureer =7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE IS AFRIKANER NASIONALISME IN DIE 1930’s TOT DIE
1940’s IN SUID-AFRIKA BEVORDER?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
x Wrok oor die ongelyke verdeling van status
x Ongelyke verdeling van rykdom
x Politieke beheer
x Vrees vir kulturele absorpsie (Enige 2 x 1) (2)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
x Swart Suid-Afrikaners (1 x 2) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
x Die Afrikaners het gedeeltelike onafhanklikheid verkry
x Die Afrikaners het hul eie identiteit bevestig
x Afrikaners het hulself as ’n volk gevestig
x Afrikaans het die amptelike taal van die Afrikaners geword
x Verskillende Afrikanerorganisasies is gestig om die politieke,
ekonomiese en sosiale regte van Afrikaners te bevorder
x Dit het Afrikaners verenig
x Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
x Trek na stede
x Boere se nederlaag aan die hand van die Britte (2 x 1) (2)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
x Om politieke, kulturele en ekonomiese belange van Afrikaners
te bevorder (1 x 2) (2)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
x Slegs Afrikaanssprekende wit mense kon aan die organisasie
behoort
x Niemand het regtig geweet wie die lede van die Afrikaner-
Broederbond was nie
x Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
x Lede van die Afrikaner-Broederbond het lede van die Nasionale
Party geword
x Die Afrikaner-Broederbond het die ‘dinkskrum’ van die
Nasionale Party geword
x Afrikaner-Broederbond-lede het sleutelposisies in die Nasionale
Party begin beklee
x Hulle wou toesien dat die politieke mag in die hande van die
Afrikaners bly
x Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
x Dit was tot mans beperk
x Geskei te wees
x Ongereelde kerkbywoning (Enige 2 x 1) (2)
1.3 1.3.1 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 1C – V1]
x Verenig mense van ’n spesifieke taalgroep
x Enige ander relevante verduideliking (1 x 2) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
x Hulle het hul onafhanklikheid aan Brittanje verloor
x Die lyding van hul vroue en kinders in die konsentrasiekampe
tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog
x Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
x Nasionale Pers
x Afrikaner-Broederbond
x Sanlam
x AVBOB
x Die Voortrekkers
x FAK
x Helpmekaar
x KWV
x Volkskas (Enige 2 x 1) (2)
1.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
x Wette is ingestel om sekere poste vir blankes te hou
x Wette is toegepas om die verskillende bevolkingsgroepe in
Suid-Afrika te skei
x Swart Suid-Afrikaners sou geen politieke regte in die ‘blanke’
gebiede hê nie
x Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
x Om vir die Nasionale Party te stem en te verseker dat die
politieke mag in die hande van die wit minderheid bly
x Om Suid-Afrika slegs vir blankes te bewaar
x Om ’n suiwer ras vir die toekoms te verseker en te bewaar
x Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
x Kapitalis
x Kommunis
x Imperialis
x Jode (Enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 9
1.5 [Vergelyking van inligting uit Bron 1C en 1D–V3]
x Beide bronne toon dat die Nasionale Party wou toesien dat die
Afrikaners op alle terreine in die Suid-Afrikaanse samelewing
oorheersend sou wees
x Bron 1C dui aan dat die Nasionale Party ’n anti-imperialistiese houding
gehad het en Bron 1D wys die Nasionale Party het geen samesmelting
met die imperialiste aangemoedig nie
x Bron 1C verwys na Malan se doel om Suid-Afrika te beskerm teen die
invloede van kapitalisme en kommunisme en Bron 1D wys die NP se
vasberadenheid om Suid-Afrika teen vreemde elemente te beskerm.
x Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
x Die trek na die stede en Boere-nederlaag deur Brittanje het Afrikaner
Nasionalisme gevorm (Bron 1A)
x Afrikaner Nasionaliste het ’n kulturele, ekonomiese en politieke stryd van
stapel gestuur (Bron 1A)
x Afrikaner-Broederbond dien die sosiale, ekonomiese en politieke belange
van die Afrikaner (Bron 1B)
x Stig verskillende organisasies om Afrikaner Nasionalisme te bevorder
(Bron 1B en Bron 1C)
x Afrikaner-Broederbond sorg dat die ‘regte’ persoon in hoë posisies
aangestel word (Bron 1B)
x Gesuiwerde NP het die grondslag vir Afrikaner Nasionalisme gelê (eie
kennis)
x NP het die belange van die Afrikaner bevorder (Bron 1C)
x NP het die Afrikaners verenig (eie kennis)
x Afrikaner Nasionalisme herleef met eeufeesviering (Bron 1C)
x NP streef daarna om ’n suiwer wit ras te skep (eie kennis)
x Volksmoeder het Afrikaners aangemoedig om vir NP te stem (Bron 1D)
x Afrikaners sal deur NP beskerm word (Bron 1D)
x Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken:
x Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip oor hoe Afrikaner
Nasionalisme in die 1930’s tot 1940’s in
VLAK 1 Punte: 0–2
Suid-Afrika bevorder is.
x Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n
paragraaf skryf nie.
x Bewyse is meestal relevant en hou in ’n groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon
begrip oor hoe Afrikaner Nasionalisme in
VLAK 2 die 1930’s tot 1940’s in Suid-Afrika Punte: 3–4
bevorder is.
x Gebruik bewyse op ’n basiese manier om ’n
paragraaf te skryf.
x Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer
’n deeglike begrip oor hoe Afrikaner
Nasionalisme in die 1930’s tot 1940’s in
VLAK 3 Suid-Afrika bevorder is. Punte: 5–6
x Gebruik bewyse baie effektief in ’n
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 11
VRAAG 2: HOE HET DIE WET OP DIE VERBOD OP GEMENGDE HUWELIKE
WET (NR. 55 VAN 1949) DIE LEWENS VAN SUID-AFRIKANERS
BEÏNVLOED?
2.1 2.1.1 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 2A – V1]
x Die politieke, ekonomiese en sosiale skeiding van rasse op grond
van hul velkleur
x Afsonderlike ontwikkeling van verskillende rassegroepe
x Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
x Rasseskeiding
x Wit minderheidsregering
x Onderdrukking van hul regte, bewegings en vryheid (3 x 1) (3)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
x Swartes het geen politieke regte gehad nie
x Swartmense is onderdruk
x Swartes word as tweedeklasburgers beskou
x Suid-Afrika was versadig met weerstand teen die apartheidsregime
x Apartheid het tot baie geweld en bloedvergieting gelei
x Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
x Groepsgebiedewet (1 x 2) (2)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
x Om wit meerderwaardigheid te handhaaf
x Vrees vir groeiende stedelike bevolking
x Bekommerd dat hulle hul werk, kultuur en taal sou verloor
x Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
x Witmense kon nie met mense van ander rasse trou nie (1 x 2) (2)
2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
x Om die ‘suiwerheid’ van die wit ras te beskerm
x Om die ‘infiltrasie in die wit ras te voorkom
x Om te voorkom dat mense die lyn tussen die blanke samelewing
en andere in Suid-Afrika vertroebel
x Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
x Beboet
x Tronkstraf
x Sosiale sensuur (3 x 1) (3)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
x Indiër (1 x 1) (1)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
GEREGVERDIG
x Die ouers kyk verby die kleurlyn
x Hulle het net oor die geluk van hul dogter omgegee
x Enige ander relevante antwoord
NIE GEREGVERDIG NIE
x Hy was nog nie met hul dogter Sherrin getroud nie
x Hy het die wette van die land oortree
x Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
x Sonskyn
x Biltong
x Pap en wors (3 x 1) (3)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
x Liefdevolle egpaar wat bereid is om die gevare in die gesig te
staar
x 'n Egpaar wat die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike,
Ontugwet en Groepsgebiedewet getrotseer het
x Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
x Moes herklassifiseer word
x Hul kinders word as gekleurd geklassifiseer
x Nie in wit geriewe toegelaat nie
x Hulle seun mag nie rugby speel nie
x Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.5 [Vergelyking van Bronne 2B en Bron 2C - L3]
x Bron 2B dui aan dat daar het intieme en romantiese verhoudings
tussen blankes en nie-blankes ontwikkel het en Bron 2C toon dat ƌ
gemengde egpaar getrou het
x Bron 2B dui aan dat veelrrassige verhoudings gepaard gaan met
ernstige risiko’s en Bron 2C dui aan dat mnr. Whiteley teistering en
gevangenisstraf ervaar het
x Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 13
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan sommige van die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
x Die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike het die regerings-
beleid van afsonderlike ontwikkeling versterk (eie kennis)
x Dit het huwelike tussen Europeërs en nie-Europeërs verbied (Bron 2B)
x Mense is herklassifiseer as hulle met 'n persoon van 'n ander ras getrou
het (Bron 2B)
x Veelrassige paartjies ondervind teistering, gevangenisstraf en boetes
(Bron 2B en Bron 2C)
x Veelrassige paartjies moes hul verhouding geheim hou (eie kennis)
x Mnr. Whiteley en Sherrin moes na Botswana vlug om te trou (Bron 2C)
x Gebrek aan geriewe vir gemengde paartjies (Bron 2C)
x Whiteley se seun mag nie deel wees van die skool se rugbyspan nie
(Bron 2C)
x Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
x Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip oor hoe die Wet
op die Verbod op Gemengde Huwelike die
VLAK 1 lewens van Suid-Afrikaners geaffekteer Punte: 0–2
het.
x Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n
paragraaf skryf nie.
x Bewyse is meestal relevant en hou in ’n groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon
begrip oor hoe die Wet op die Verbod op
VLAK 2 Gemengde Huwelike die lewens van Suid- Punte: 3–4
Afrikaners geaffekteer het.
x Gebruik bewyse op ’n basiese manier om ’n
paragraaf te skryf.
x Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer
’n deeglike begrip oor hoe die Wet op die
Verbod op Gemengde Huwelike die
lewens van Suid-Afrikaners geaffekteer
VLAK 3 Punte: 5–6
het.
x Gebruik bewyse baie effektief in ’n
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
die onderwerp. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 3: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – SWART NASIONALISME
[Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate Swart Nasionalisme in 1902 tot 1953 in
Suid-Afrika versterk is.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit.
x Inleiding: Kandidate moet ’n standpunt inneem en demonstreer hoe Swart
Nasionalisme in Suid-Afrika versterk is.
UITBREIDING
x Begin as ’n vorm van weerstand teen kolonialisme/segregasie
x Vorming van die APO in 1902 deur Dr Abdurahman
x Protesteer teen die uitsluiting van swartes vir die reg om te stem
x Delegasie na Londen in 1905 om ’n nie-rassige konsessie te bewerkstellig en
diskriminasie te beëindig asook om swartes stemreg te gee – Brittanje ignoreer
hierdie versoek
x Vorming van die SANNC in 1912 om diskriminasie teen te staan en politieke
regte te wen
x SANNC wou almal verenig wat deur blankes onderdruk was
x SANNC het afgevaardigdes na Londen gestuur in 1914 om teen die Naturelle
Grondwet van 1913 te appelleer, maar was nie suksesvol nie
x In 1923 het die SANNC sy naam na die ANC verander
x Vorming van die ICU in 1919 wat die griewe van die swart dokwerkers
aanspreek – veg teen die regering se beleid
x ICU het massa-ondersteuning gehad – ANC het die ondersteuning van die elite-
swartes gehad
x Vorming van die SAKP wat swart werkers se griewe aanspreek
x Verspreiding van onderwys lei tot die groei en bewustheid van idees van vryheid
en demokrasie
x Die invloed van die Tweede Wêreldoorlog – baie swartes betrokke wat geveg het
vir vryheid en demokrasie
x Jong lede van die ANC word meer militant en vorm die ANC Jeugliga
x ANC Jeugliga het die ANC daarvan beskuldig dat hy die elite verteenwoordig het
en nie die massas nie
x 1953 het die ANC die Vryheidshandves saamgestel vir ’n demokratiese Suid-
Afrika ongeag ras
x Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) GESKIEDENIS V2 15
VRAAG 4: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s
[Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]
SINOPSIS
Kandidate moet ’n standpunt inneem of Swart Suid-Afrikaners gewelddadig in
opstand gekom het teen hul diskriminasie en onderdrukking in die vyftigerjare.
HOOFASPEKTE
Inleiding: Kandidate moet ’n standpunt inneem en aandui of hulle met die stelling
saamstem of nie saamstem nie.
UITBREIDING
x ANC se Program van Aksie
x ANC word meer militant
x Gebruik boikotte, burgerlike ongehoorsaamheid en opstande as metodes van
weerstand
x Meidag wegbly-aksie
x Versetbeweging
x 1952 – breek wette doelbewus – gebruik slegs blanke fasiliteite
x Brand passe in die openbaar
x Weier om boetes te betaal en wou hê tronke moet oorvol word
x Gehoop die apartheidstelsel sou in duie stort
x Sommiges is vermoor en gearresteer
x Kongres Alliansie
x Konferensie van alle rasse groepe om ’n grondwet op te stel
x Vryheidshandves
x Ontmoet by Kliptown op 25 en 26 Junie 1955
x Stel ’n dokument op wat die aspirasies van alle Suid-Afrikaners verteenwoordig
x Bekom die bloudruk vir die nuwe grondwet vir Suid-Afrikaners
x Vroue-opmars na Pretoria (9 Augustus 1956)
x Vroue geforseer om passe te dra
x 20 000 vroue van alle rasse onderneem optog na die Uniegebou
x Leiers van die optog – Lilian Ngoyi, Rahima Moosa, Sophie Williams en Helen
Joseph
x Eerste Minister, J.G. Strijdom weier om vroue te woord te staan
x Sing Nkosi Sikeleli Africa toe hulle die Uniegebou verlaat
x Hoogverraad
x Verset teen apartheid lei tot die arrestasie van lede van die Kongres Alliansie
x Gearresteer vir poging om die regering omver te werp
x In 1956 het die staat 156 aktiviste gearresteer
x Verhore vind in die ‘Drill Hall’ vir twee jaar plaas
x Doel van regering was om mense te intimideer en weerstand te verswak
x Teen 1961 is alle beskuldigdes vrygelaat
x Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ’n relevante slot. [50]
.
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Eng)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Eng)
More from Grade 11 History

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo (English)

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum