Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2023
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Addendum
Grade 11 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 556.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023)
VRAAG 1: HOE HET VERSKILLENDE ORGANISASIES IN SUID-AFRIKA TOT DIE
GROEI VAN SWART NASIONALISME VANAF 1902 TOT DIE 1930's
BYGEDRA?
BRON 1A
Die bron hieronder verduidelik die rol wat die African People’s Organisation (APO) gespeel
het onder die leierskap van dr. Abdullah Abdurahman in die bevordering van Swart-
nasionalisme in die vroeë 1900’s.
Die stigting van die APO het ʼn beduidende rol in die groei van nasionalisme in Suid-Afrika
gespeel. Die APO is op 30 September 1902 gestig deur ʼn opgevoede klas bruin Suid-
Afrikaners wat besluit het om die Kaapse regering uit te daag, omdat hulle gevoel het hulle
kan nie meer as ʼn massa onopgevoede mense behandel word nie en toenemende
segregasies het Kleurlinge gedwing om polities te mobiliseer. Die oogmerke daarvan was
om eenheid onder Kleurlinge te bring, onderwys te bevorder, ‘klaswetgewing’ (d.w.s.
diskriminerende kleurwetgewing) teen te staan en die sosiale, politieke en ekonomiese
regte van Kleurlinge te verdedig. Na die Anglo-Boereoorlog/Suid-Afrikaanse Oorlog toe die
moontlikheid van ʼn wit minderheidstaat die eerste keer bespreek is, het die APO egter sy
aandag gevestig op die stemreg kwessie, en daarmee saam die kwessie van opvoeding as
ʼn manier om vir die stemreg te kwalifiseer.
Strategieë wat deur die APO aangewend is, was nie-konfronterende vorme van protes en
appèl (petisies). Die APO was in staat om protesmassavergaderings en -aktiwiteite landwyd
te mobiliseer, het ʼn tweeweeklikse koerant bekendgestel en politieke vennote gesoek onder
beide swart en wit teenstanders van die konsepwet (om die Unie van Suid-Afrika te vorm).
Dr. Abdullah Abdurahman het reeds in 1907 die behoefte aan swart eenheid in die stryd
teen wit oppergesag erken. In 1907 het ʼn APO-afvaardiging onder leiding van Abdurahman,
Fredericka en Daniels na Londen gegaan om te protesteer teen voorstelle om selfregering
aan die voormalige Boererepublieke toe te staan. Dit is namens alle swart Suid-Afrikaners
(Kleurling, Afrikane en Indiërs) gedoen. Die nuwe benadering deur die APO het gehelp om
die rassegrense tussen Kleurling en swart Suid-Afrikaners af te breek. By die vergadering
van die Suid-Afrikaanse Naturellekongres wat in 1907 in Queenstown gehou is om die
eenwording van Suid-Afrika te bespreek, was die APO goed verteenwoordig.
[Uit http://www.sahistory.org.za/article/african-peoples-organisation-apo. Toegang op 7 Maart 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Die bron hieronder beskryf die faktore wat tot die stigting van die South African Native
National Congress (SANNC) op 8 Januarie 1912 gelei het.
Sedert 1652 het opeenvolgende koloniale administrasies swart gemeenskappe
stelselmatig van hul grond ontneem. Die verlies van hierdie broodnodige hulpbron was
waarskynlik die belangrikste faktor wat tot die verarming (armoede) en marginalisering
(afgradering) van Afrika-gemeenskappe gelei het. Dit was ook argumenteerbaar die
belangrikste faktor wat georganiseerde weerstand aanspoor (aanmoedig) het.
Voorlopige voorlegging van die Naturellegrondwet is in 1911 gedebatteer en die Myne en
Werkewet is in 1911 aangeneem. Hierdie wette en die vorming van die Unie was
belangrike faktore wat tot die stigting van die Suid-Afrikaanse Naturelle Nasionale
Kongres op 8 Januarie 1912, in Bloemfontein gelei het. Etlike honderde lede van Suid-
Afrika se opgevoede elite het vergader om ʼn nasionale organisasie te stig om teen
rassediskriminasie te protesteer en om ʼn beroep te doen vir gelyke behandeling voor die
reg. Hierdie groep het bestaan uit Suid-Afrika se mees prominente swart burgers:
professionele manne, sakemanne, joernaliste, hoofmanne, ministers, onderwysers,
klerke, boukontrakteurs en arbeidsagente. Hierdie vergadering was die belangrikste in die
geskiedenis van swart protespolitiek aangesien dit die eerste gesamentlike vergadering
was van swart verteenwoordigers van al vier self-regerende Britse kolonies en het
aangedui dat swartes tot verenigde optrede in staat was.
ʼn Zoeloe-prokureur, Pixley ka Izaka Seme het by die openingstoespraak by die
konferensie gesê: “Hoofmanne van koninklike bloed en here van ons ras … ons het ontdek
dat in die land van hul geboorte, Afrikane as snyers (mense wat byle gebruik om hout te
kap) en waterdraers behandel word. Die witmense van hierdie land het wat bekend staan
as die Unie van Suid-Afrika gevorm – ʼn unie waarin ons geen stem het in die maak van
wette en geen deel in hul administrasie nie. Ons het julle na hierdie konferensie geroep
sodat ons saam maniere kan bedink om ons unie te vorm met die doel om nasionale
eenheid te skep en ons regte en voorregte te verdedig.”
[Uit https:// www.sahistory.org.z/article/formation-sanncanc. Toegang op 7 Maart 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023)
BRON 1C
Die bron hieronder beskryf hoe die Industrial and Commercial Workers Union (ICU) Suid-
Afrikaanse werkers teen die onregverdige wette van die Unie van Suid-Afrika verenig het.
Gedurende die 1920’s het die SANNC – wat sy naam in 1923 na die African National
Congress (ANC) verander het – nie veel vermag om die lewens van swart Suid-Afrikaners
te verbeter nie. Tekort aan fondse en swak georganiseer, is dit oorskadu deur die meer
dinamiese ICU, wat in 1919 in Kaapstad deur Clement Kadalie gestig is. Die ICU het as
vakbond vir die swart en Kleurling hawewerkers van Kaapstad begin.
Die ICU het egter gou in ʼn meer algemene organisasie ontwikkel, ingesluit in sy ledetal was
geskoolde sowel as ongeskoolde werkers uit die nywerheid en die landbousektor. Anders
as die SANNC het die ICU nie amptelik die owerhede versoek nie, maar het ʼn meer aktiewe
benadering gevolg met die oog op die verkryging van beter werksomstandighede en hoër
lone vir sy lede. Die ICU het sy fokus van vakbondwese na ʼn meer militante nasionalisme
verskuif.
Mettertyd het twee faksies binne die ICU ontwikkel. Daar was diegene wat meer militante
optrede ondersteun het en diegene wat moderasie voorgestaan het. Dit, saam met
finansiële probleme was grootliks vir die geleidelike agteruitgang van die ICU
verantwoordelik.
Nietemin, al het die ICU gedisintegreer, het dit ʼn belangrike plek in die geskiedenis van
swart arbeid ingeneem. Nie net was dit die eerste swart vakbondbeweging nie, maar dit het
ook gehelp om swartes meer bewus van hul uitbuiting te maak.
[Uit https://www.britannica.com/topic/industrial-and-commercial-workers-union. Toegang op 7 Maart 2023
verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Die bron hieronder wys die detail/besonderhede wat op ʼn 1920 ICU-briefhoof was.
[Uit I see you-hipsa.org.za/publication/I-see-you-the-industrial-and commercial-workers-union-of- Africa
Toegang op 7 Maart 2023 verkry.]
EENHEID IS KRAG
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023)
VRAAG 2: HOE HET VERSKILLENDE ORGANISASIES AFRIKANER
NASIONALISME IN DIE 1900’s VERSTERK?
BRON 2A
Die bron hieronder verduidelik hoe die Eeufeesvieringe van 1938 tot die ontwaking van
Afrikaner nasionalisme bygedra het.
ʼn Merkwaardige kenmerk van die wyse waarop Afrikaner nasionalisme gekonstrueer is,
was die klem op geskiedenis. Die verlede was dié van die Groot Trek, Die Dag van die
Verbond, die Anglo-Boereoorlog, die konsentrasiekampe tydens die oorlog en ander
gebeurtenisse van belang vir die Afrikaners. Hierdie gebeure is gegote (gevorm) in
godsdienstige terme, met Afrikaners as God se uitverkore volk, bestem om beskawing en
Christenskap na die suidpunt van Afrika te bring.
Van besondere betekenis in die vorming van ʼn Afrikaner-identiteit gedurende die 1930’s
was die Eeufeesvieringe van die Groot Trek in 1938. Die Groot Trek, wat ʼn trotse plek in
die Afrikanergeskiedenis aangeneem het, is herdenk deur nege ossewaens wat stadig
besig was om hul weg vanaf Kaapstad na die noorde te maak. Koorsagtige (opgewonde)
skares geklee in Voortrekkerdrag (klere) het die optogte verwelkom toe dit dorpe en stede
nader. Strate is na Voortrekkerhelde hernoem, mans en vroue is tot trane gedryf deur die
skouspel (sig), jongmense is langs die voertuie getroud, paartjies het hul babas in die skadu
van waens gedoop (baie babas het name gekry wat van die Groot Trek afgelei is, soos
Eeufesia en Kakebeenwania).
Die kern van die 1938-viering het die persepsie gelê dat Afrikaners vreemdelinge in hul eie
land was, slagoffers van Britse gewortelde kapitalisme en ʼn vreemde politieke kultuur en
dat die oplossing in verenigde ekonomiese, politieke en kulturele optrede lê. Die 1938-
vieringe het as ʼn kragtige bindmiddel gedien. Hulle het inspirasie daaruit geput vir oorlewing
en vir die toekoms. Dit is seker waar om te sê dat die fondasie vir Afrikaner-eenheid op die
lang termyn tydens die Eeufeesvieringe gelê is.
[Uit www.fanieosoppiejas.com/.../afrikaner-nationalism-the-factors. Toegang op 7 Maart 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Die uittreksel hieronder beskryf die bydrae van die Afrikaner Broederbond om
Afrikanernasionalisme te bevorder.
Op 5 Junie 1918 is ontevrede Afrikaners in ʼn nuwe organisasie genaamd Jong Suid-Afrika
byeengebring. Die volgende jaar is sy naam na die Afrikaner Broederbond (AB) verander.
Sy leuse was, ‘Wees Sterk’. Die organisasie se oogmerke was om Afrikaner nasionalisme
in Suid-Afrika te bevorder, om Afrikaner-kultuur te handhaaf, ʼn Afrikaner-ekonomie te
ontwikkel en om beheer oor die Suid-Afrikaanse regering te verkry.
Gedurende die 1930’s het die Afrikaner Broederbond toenemend polities geword en
verskeie openbare frontorganisasies geskep – veral die Federasie van Afrikaanse
Kultuurvereniginge wat as ʼn sambreelorganisasie vir Afrikaner-kultuurgroepe opgetree het.
Die Afrikaner Broederbond het intussen tot ʼn hoogs invloedryke ‘geheime’ organisasie
ontwikkel. Die politieke invloed daarvan het in 1934 duidelik geword toe JBM Hertzog die
Nasionale Party (NP) met Jan Smuts se Suid-Afrikaanse Party (SAP) saamgesmelt het, om
die Verenigde Party (VP) te vorm. Radikale lede van die NP het van die ‘koalisieregering’
weggebreek, om die Herenigde Nasionale Party (HNP) onder leiding van dr. Malan te stig.
Die Afrikaner Broederbond het die HNP ondersteun en sy lede het die nuwe party oorheers.
Die Suid-Afrikaanse eerste minister, JBM Hertzog, het verklaar: “Daar geen twyfel bestaan
dat die geheime Broederbond is niks meer as die HNP wat in die geheim ondergronds werk
nie, en die HNP niks meer is as die geheime Afrikaner Broederbond wat in die openbaar
opereer nie.” Aan die einde van 1938, met Eeufeesvieringe, het Afrikaner nasionalisme al
hoe meer gewild geword en bykomende organisasies ontwikkel – almal aan die Afrikaner
Broederbond gekoppel. Van besondere betekenis was die Reddingsdaadbond en die
Ossewabrandwag.
Die Afrikaner se kulturele en ekonomiese belange was ook deur die Broederbond beheer.
Dit het hom nie net daaraan toegewy om organisasies en instellings op nasionale vlak te
vestig nie, maar maak dit sy besigheid om die ‘regte man’ aan te stel, te bevorder en te
beskerm. Nepotisme en begunstiging van lede bo nie-lede was aan die orde van die dag.
Die Bond het nie geskroom om medeburgers te vertrap om hulself te bevoordeel nie.
[Uit sahistory.org.za/article/Afrikaner – broederbond. Toegang op 7 Maart 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023)
BRON 2C
Die plakkaat hieronder beeld die mag van die Broederbond en was deur die VP in die 1943
verkiesing gebruik.
[Uit minderheidsverslag.co.za/2018/05/24/die-broederbond-ʼn-adder-in-die-boesem.
Toegang op 7 Maart 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
Die bron hieronder verduidelik hoe die armblankes bygestaan is om
Afrikanernasionalisme te bevorder.
Die depressie van die vroeë 1930’s het ʼn aansienlike aantal Afrikaners van hul grond en
die stede toe gedwing. Baie van hulle het nie die nodige vaardighede gehad om hulself in
die nuwe en mededingende stedelike omgewing te laat geld nie. Byna 40% van
verstedelike manlike Afrikaners het hulle byvoorbeeld in die volgende beroepe bevind:
handearbeiders, mynwerker, spoorwegwerker en as messelaars. ʼn Hedendaagse
kerkkommissie het die situasie van die nuwe stedelike Afrikaner soos volg beskryf: “Daar
is op hom neergesien, hy moes met sy hoed in die hand kom, hy moes tevrede wees met
die krummels wat van die rykes se tafels geval het. Hy moes die Engelse onderdrukker
smeek en moes sy elke bevel gehoorsaam. Enige werk wat aan hom gebied is, hoe
vernederend, gevaarlik en laagbetaald dit ook al was, moes hy met dankbaarheid
aanvaar. Hy en sy gesin moes tevrede wees met die slegste lewensomstandighede in vuil
ghetto’s. Die deur na goed-betaalde beroepe was stewig gesluit.”
Verarmde Afrikaners moes vir die volk gered word. In die Broederbond sowel as ander
organisasies het die bevordering van volkskapitalisme as ʼn moontlike oplossing vir die
probleem gesien. Identifikasie met die groep moes volledig wees en moes op alle vlakke
van die samelewing uitgevoer word. ʼn Komplekse netwerk van Afrikanerorganisasies is
gedurende die 1930’s gevestig en bestaande organisasies is versterk. Oor die algemeen,
van finansiële instellings soos Sanlam en Volkskas, deur jeugbewegings soos die
Voortrekkers, het organisasies ontstaan wat ʼn Afrikaner-afdruk (voorkoms) aanvaar het.
Belangrik in hierdie aspek was ʼn sambreelliggaam, die Federasie van Afrikaanse
Kultuurvereniginge (FAK), wat gesorg het dat alle Afrikaner-kultuurvorme ʼn
nasionalistiese wending neem. Die materiële en kulturele fondamente van
Afrikanernasionalisme is stelselmatig gelê.
[Uit sahistory.org.za/archive/book-4-industrialisation-and-change-nationalism-chapter-
3-afrikaner-nationlism-1930s. Toegang op 7 Maart 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023)
VRAAG 3: HOE HET DIE PASWETSTELSEL TOT DIE SHARPEVILLE-
SLAGTING IN DIE 1960’s GELEI?
BRON 3A
Die bron hieronder verduidelik die redes waarom daar weerstand teen die
apartheidsregering in Suid-Afrika was.
Die Sharpeville-slagting het plaasgevind in ʼn Suid-Afrika wat die regte en vryhede ontken
het van enigiemand wat nie as ‘wit’ beskou is onder ʼn stelsel genaamd apartheid.
Apartheid beteken ‘skeiding’ in Afrikaans. Die konsep is onderskryf, gewettig en bevorder
deur die Nasionale Party, wat in 1948 deur ʼn minderheid, eksklusiewe wit kiesers in Suid-
Afrika verkies is.
Apartheidswette het alle Suid-Afrikaners in een van vier rassekategorieë geplaas:
wit/Europees. Inheems/swart, Kleurling (mense van gemengde ras) en Indiër/Asiër. Wit
mense – 15 persent van die Suid-Afrikaanse bevolking – het aan die bopunt gestaan, met
mag en rykdom. Swart Suid-Afrikaners 80 persent van die bevolking – is gerelegeer
(afgegradeer) tot heel onder. Apartheidswette het elke aspek van swart Suid-Afrikaanse
lewens beperk.
Van die mees rassistiese wette was die paswette, wat swart Suid-Afrikaners gedwing het
om te alle tye ʼn pas te dra. Sulke wette het voor apartheid bestaan, maar onder apartheid
het dit erger geword. Die regering het die paswette gebruik om die beweging van swart
Suid-Afrikaners te beheer en te beperk waar hulle kon werk en woon.
[Uit https://humanrights.ca>story>sharpeville - massacre. Toegang op 2 Februarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11
BRON 3B
Die uittreksel hieronder is ʼn ooggetuieverslag deur Humphrey Tyler, assistent-redakteur
van die tydskrif Drum oor hoe gebeure op 21 Maart 1960 ontvou het.
“Ons is Sharpeville die agterkant in, agter ʼn grys polisiemotor en drie pantservoertuie.
Terwyl ons deur die grense (buitewyke) van die township gery het, het baie mense die
Pan-Afrikanistiese slagspreuk, ‘Izwe Lethu’ wat ‘Ons Land’ beteken, geskree of die ‘duime
op vryheidsgroet’ gegee en ‘Afrika!’ geskree.
Hulle het gelag, was vrolik en niemand het gelyk of hulle bang was nie. Daar was skares
in die strate toe ons die polisiestasie genader het. Daar was ook baie polisie, wat meer
gewere en ammunisie as uniforms gedra het. ʼn Afrikaan het ons genader en gesê hy is
die plaaslike Pan-Afrikanistiese leier. Hy het vir ons gesê sy organisasie is teen geweld
en dat die skare daar was vir ʼn vreedsame betoging. Dit het nooit by ons opgekom dat
hulle ons of enigiemand sou aanval nie.
Daar was skielik skril (hoë) krete van ‘Izwe Lethu’ – vrouestemme het opgeklink – van
naby die polisie. Toe begin die skietery. Ons het die geluid van ʼn masjiengeweer gehoor,
toe nog een, dan nog een. Daar was honderde vroue, sommige van hulle het gelag. Hulle
moes gedink het die polisie skiet foppatrone/loskruit (‘blanks’). Een vrou is nie ver van ons
motor af raakgeskiet. Haar metgesel, ʼn jongman, het teruggegaan toe sy geval het. Hy
het gedink sy het gestruikel. Toe draai hy haar om en sien haar bors is weggeskiet. Hy
het na die bloed op sy hande gekyk en gesê: ‘My God, sy is weg!’ Honderde kinders het
ook gehardloop.
Die meeste van die lyke was oor die pad en in die veld verstrooi. Een vir een het die
geweerskote gestop. Voor die skietery het ek geen waarskuwing aan die skare gehoor
om uiteen te gaan nie. Toe die skietery begin het, het dit nie opgehou totdat daar geen
lewende wese voor die polisiestasie was nie. Die polisie het beweer die skare was met
wreedaardige (boosaardige) wapens bewapen. Terwyl ek daar was, het ek net skoene,
hoede en ’n paar fietse tussen die lyke gesien.”
[Uit sahistory.org.za/article/Sharpeville-massacre-21march-1960. Toegang op 2 Februarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023)
BRON 3C
Hierdie is ʼn foto wat die toneel na die Sharpeville-slagting van 21 Maart 1961 uitbeeld.
[Uit https:// www.blackpast.org>global-african-history>sharpeville-massacre. Toegang op 7 Februarie
2023 verkry.]
ONTHOU 69 VERMOOR
SHARPEVILLE 180 GEWOND
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 13
BRON 3D
Die bron hieronder verduidelik die gevolge wat die Sharpeville-slagting op die politieke
toneel in Suid-Afrika gehad het.
Weg van Sharpeville, het baie mense egter hul verontwaardiging binne en buite Suid-
Afrika uitgespreek. Om teen die slagting te protesteer, het hoofman Albert Luthuli, die
president-generaal van die African National Congress (ANC) sy eie pas verbrand. Nelson
Mandela en ander ANC-lede het ook hul passe uit solidariteit verbrand. Kort daarna, op
30 Maart, het ongeveer 30 000 betogers na Kaapstad opgeruk om teen die skietery te
protesteer. Dr. Verwoerd het egter die polisie vir hul optrede geloof.
Ná Sharpeville het Suid-Afrika se regering al hoe meer geïsoleer geraak, maar die
regering het geweier om sy beleid van apartheid en rassediskriminasie te laat vaar. Eers
het die regering ʼn noodtoestand afgekondig en ongeveer 2 000 mense aangehou. Toe,
op 8 April 1960, is beide die ANC en PAC verban – dit het onwettig geword om ʼn lid van
hierdie organisasies te wees.
Baie lede van beide organisasies het besluit om ondergronds te gaan. Nelson Mandela
was onder diegene wat wetsongehoorsames geword het. Hy sou later sê: “Die wil van die
mense sal die basis van gesag van die regering wees en vir ons om die verbod te aanvaar
was die ekwivalent van die aanvaarding van die stilswye van Afrikane vir altyd.” Mandela
en ander het nie meer gevoel dat hulle apartheid vreedsaam kon verslaan nie. Beide die
ANC en die PAC het gewapende militêre vleuels gevorm en ʼn militêre stryd teen die
regering begin. Baie lang jare van stryd en lyding het voorgelê – maar Sharpeville was die
begin van die einde vir apartheid.
[Uit michigan the world.history. Isa.umich.edu/ antiapartheid/exhibits/show/exhibits/origins/Sharpeville.
Toegang op 7 Februarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2023)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is geneem uit:
http://www.sahistory.org.za/article/african-peoples-organisation-apo
https:// www.blackpast.org>global-african-history>sharpeville-massacre
https:// www.sahistory.org.z/article/formation-sanncanc
https://humanrights.ca>story>sharpeville-massacre
https://www.britannica.com/topic/industrial-and-commercial-workers-union
I see you-hipsa.org.za/publication/I-see-you-the-industrial-and-commercial-workers-
union-of-Africa
michigan the world.history. Isa.umich.edu/ antiapartheid/exhibits/show/ exhibits/
origins/Sharpeville
minderheidsverslag.co.za/2018/05/24/die-broederbond-ʼn-adder-in-die-boesem
sahistory.org.za/archive/book–4-industrialisation-and-change-nationalism-chapter-3-
afrikaner-nationlism -1930s
sahistory.org.za/article/Afrikaner-broederbond
sahistory.org.za/article/Sharpeville-massacre -21march-1960
www.fanieosoppiejas.com/.../afrikaner-nationalism-the-factors
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Question paper