Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2023
GESKIEDENIS V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ’n addendum van 14 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)
Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 331.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – SWART
NASIONALISME (1902–1940’s)
VRAAG 2: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – AFRIKANER
NASIONALISME (1900–1930’s)
VRAAG 3: APARTHEID SUID-AFRIKA – (1940’s TOT 1960’s)
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – SWART
NASIONALISME (1940’s TOT 1950’s)
VRAAG 5: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – AFRIKANER
NASIONALISME (1930’s TOT 1940’s)
VRAAG 6: APARTHEID SUID-AFRIKA – (1940’s TOT 1960’s)
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens
EEN moet ’n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag moet of ’n brongebaseerde vrae of ’n opsteltipe
vraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en
insig gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as
antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET VERSKILLENDE ORGANISASIES IN SUID-AFRIKA
TOT DIE GROEI VAN SWART NASIONALISME VANAF 1902 TOT
DIE 1930’s BYGEDRA?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Definieer die term segregasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Wat, volgens die bron, was die doelwitte van die African
People’s Organisation (APO)? (2 x 1) (2)
1.1.3 Lewer kommentaar oor waarom die APO by die South African
Native National Congress (SANNC)-afvaardiging na Brittanje in
1909 aangesluit het. (2 x 2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Waarna, volgens die bron, het die verlies aan broodnodige
hulpbronne gelei? (2 x 1) (2)
1.2.2 Noem die belangrike faktore wat tot die stigting van die South
African Native National Congress (SANNC) op 3 Januarie 1912
gelei het. (3 x 1) (3)
1.2.3 Lewer kommentaar op wat Pixley Seme met die stelling
geïmpliseer het: “… ons het ontdek dat in die land van hul
geboorte, Afrikane behandel word as snyers (mense wat byle
gebruik om hout te kap) en waterdraers.” (2 x 2) (4)
1.2.4 Verduidelik waarom die SANNC ʼn beroep op swart Suid-
Afrikaners gedoen het om te verenig. (2 x 2) (4)
1.2.5 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus
wat die redes vir die opkoms van Swart nasionalisme bestudeer.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
1.3 Lees Bron 1C.
1.3.1 Wie, volgens die bron, het die leier van die Industrial and
Commercial Union (ICU) geword? (1 x 1) (1)
1.3.2 Waarom dink jy het die ICU die SANNC oorskadu? (2 x 2) (4)
1.3.3 Definieer die konsep militante nasionalisme in die konteks van
die versetmetodes wat deur die ICU gebruik was. (1 x 2) (2)
1.3.4 Waarom, volgens die bron, het die ICU ʼn meer aktiewe
benadering gevolg? (2 x 1) (2)
1.3.5 Verduidelik die historiese betekenis wat die ICU op die politieke
landskap van Suid-Afrika gehad het. (2 x 2) (4)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Watter boodskap word deur die oog op die briefhoof van die ICU
uitgebeeld? (2 x 2) (4)
1.4.2 Wat, volgens die briefhoof, was die leuse van die ICU? (Gebruik
visuele leidrade om die vraag te beantwoord.) (1 x 2) (2)
1.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn
paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
verduidelik hoe verskillende organisasies in Suid-Afrika tot die groei van
Swart nasionalisme vanaf 1902 tot die 1930’s bygedra het. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: HOE HET VERSKILLENDE ORGANISASIES AFRIKANER
NASIONALISME IN DIE 1900’s VERSTERK?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Definieer die begrip Afrikaner nasionalisme in jou eie woorde.
(1 x 2) (2)
2.1.2 Lewer kommentaar oor die betekenis wat die Eeufeesvieringe van
die Groot Trek op die groei van Afrikaner Nasionalisme in 1938
gehad het. (2 x 2) (4)
2.1.3 Volgens die inligting in die bron, watter gebeure het deel uitgemaak
van die vieringe wat langs die pad plaasgevind het? (2 x 1) (2)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Wat, volgens die inligting in die bron, was die hoofdoelstellings van
die Afrikaner Broederbond? (4 x 1) (4)
2.2.2 Verduidelik waarom dink jy het die Afrikaner Broederbond ʼn
geheime nasionalistiese organisasie geword. (1 x 2) (2)
2.2.3 Lewer kommentaar op wat JMB Hertzog met die volgende stelling
geïmpliseer het: “Daar is geen twyfel dat die geheime Broederbond
niks meer is as die HNP wat in die geheim ondergronds werk nie,
en die HNP is niks meer as die geheime Afrikanerbond wat in die
openbaar opereer nie.” (2 x 2) (4)
2.2.4 Noem die TWEE organisasies wat na die Eeufeesvieringe
ontwikkel het wat Afrikaner nasionalisme verder bevorder het.
(2 x 1) (2)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Watter boodskappe beeld die plakkaat rakende die Broederbond
uit? (2 x 2) (4)
2.3.2 Lewer kommentaar oor wat geïmpliseer word deur die woorde:
‘Baantjies (gunste) vir broertjies’, in die konteks van die
doelstellings van die Broederbond. (2 x 2) (4)
2.4 Vergelyk Bron 2B met Bron 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
bewyse in Bron 2C met betrekking tot die bevordering van Afrikaner
nasionalisme ondersteun. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
2.5 Gebruik Bron 2D.
2.5.1 Noem die beroepe wat die meeste manlike Afrikaners in die stede
gedoen het. (2 x 1) (2)
2.5.2 Lewer kommentaar oor waarom jy dink dit nodig was om die
armblankes by te staan. (1 x 2) (2)
2.5.3 Definieer die begrip Volkskapitalisme in die konteks van Afrikaner
Nasionalisme. (1 x 2) (2)
2.5.4 Watter TWEE finansiële instellings is gestig om Afrikaners by te
staan? (2 x 1) (2)
2.5.5 Verduidelik hoe volkskapitalisme aangemoedig is om Afrikaner
nasionalisme te bevorder. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n
paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
verduidelik hoe verskillende organisasies Afrikaner nasionalisme in die
1900’s versterk het. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 7
VRAAG 3: HOE HET DIE PASWETSTELSEL TOT DIE SHARPEVILLE-
SLAGTING IN DIE 1960’s GELEI?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Verduidelik waarom, dink jy, was die toekenning van regte en
vryheid aan swart Suid-Afrikaners geweier. (1 x 2) (2)
3.1.3 Volgens die inligting in die bron, wie het die Nasionale Party
verkies? (1 x 2) (2)
3.1.4 Lewer kommentaar oor die impak van die passtelsel op die
lewens van swart Suid-Afrikaners. (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Wat, volgens die inligting in die bron, was die slagspreuk van die
Pan Africanist Organisation (PAC)? (1 x 2) (2)
3.2.2 Waarom dink jy was die skare vrolik en blykbaar nie bang tydens
die optog nie? (2 x 2) (4)
3.2.3 Haal bewyse uit die inligting in die bron aan wat aandui dat die
polisie lewendige ammunisie gebruik het om die skare uiteen te
jaag. (2 x 1) (2)
3.2.4 Verduidelik hoe betroubaar hierdie bron vir ʼn historikus sal wees
wat die protesoptog van 21 Maart 1960 bestudeer. (2 x 2) (4)
3.2.5 Lewer kommentaar oor hoe die optrede deur die polisie ʼn
skending van menseregte was. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Lewer kommentaar op die boodskap van die opskrif, “ONTHOU
SHARPEVILLE”, in die konteks van die stryd teen apartheid.
(2 x 2) (4)
3.3.2 Hoeveel ongevalle (beseerdes) volgens die foto, was daar op
21 Maart 1960? (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/NOVEMBER 2023)
3.4 Verwys na Bron 3D.
3.4.1 Noem die TWEE anti-apartheidsleiers wat in solidariteit met die
Sharpeville-slagting, hul passe verbrand het. (2 x 1) (2)
3.4.2 Lewer kommentaar oor die redes waarom dr. Verwoerd die polisie
vir hul optrede geprys het. (2 x 2) (4)
3.4.3 Definieer die begrip noodtoestand in die konteks van die
onderdrukkingsmaatreëls wat deur die regering geneem is. (1 x 2) (2)
3.4.4 Lewer kommentaar op wat Nelson Mandela met die volgende
stelling geïmpliseer het: “Ons glo dat die wil van die mense die
basis van gesag van die regering sal wees, en vir ons om die
verbod te aanvaar was die ekwivalent van die aanvaarding van die
stilswye van Afrikane vir altyd.” (1 x 2) (2)
3.4.5 Haal ʼn sin aan wat die betekenis van die Sharpeville-slagting
aandui. (1 x 2) (2)
3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van omtrent SES reëls (omtrent 60 woorde) en verduidelik hoe
die paswetstelsel tot die Sharpeville-slagting in die 1960’s gelei het. (6)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: SWART NASIONALISME
Bespreek krities hoe die Tweede Wêreldoorlog tot die groei van Swart nasionalisme
in Suid-Afrika vanaf die 1940’s tot 1950’s bygedra het.
Motiveer jou antwoord met relevante historiese bewyse. [50]
VRAAG 5: AFRIKANER NASIONALISME
“Afrikaner nasionalisme was nie iets wat natuurlik ontwikkel het nie. Dit is op ’n baie
doeltreffende manier geskep.”
Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord met relevante bewyse. [50]
VRAAG 6: WEERSTAND IN SUID-AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s
Verduidelik tot watter mate Swart Suid-Afrikaners in die 1950’s teen hul diskriminasie
en onderdrukking in opstand gekom het.
Motiveer jou antwoord deur na die verskillende vorme van weerstand in die 1950’s
te verwys. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Addendum

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)

Memorandum