Skip to content
Question paper

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Question Paper

Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2025, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: HistoryGrade 11202514 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2025 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 1: HOE HET DIE INSTELLING VAN DIE NEB ʼN VERSKUIWING IN BOLSJEWISTIESE DENKE VERTEENWOORDIG? BRON 1A Die bron hieronder verduidelik die redes vir die instelling van die Nuwe Ekonomiese Beleid. Die Nuwe Ekonomiese Beleid (NEB), wat deur Lenin by die Tiende Kongres van die Party in Maart 1921 bekendgestel is, het ʼn groot afwyking van die party se vorige benadering tot die bestuur van die land verteenwoordig. Tydens die burgeroorlog het die Sowjetstaat verantwoordelikheid aanvaar vir die verkryging en herverdeling van graan en ander voedselsoorte van die platteland, die administrasie van beide klein - en grootskaalse nywerhede, en ʼn magdom (ʼn klomp) ander ekonomiese aktiwiteite. Later (deur Lenin) “Oorlogskommunisme” gedoop (genoem), is hierdie benadering eintlik in die loop van 1920 uitgebrei, selfs na die nederlaag van die laaste van die Wit Beweging. Baie het beweer dat Oorlogskommunisme ʼn “groot sprong vorentoe” - mentaliteit onder die Bolsjewiste weerspieël het, maar desperaatheid om tekorte van alle soorte, en veral voedsel, te oorkom, lyk na ʼn meer waarskynlike motief. In elk geval, die konteks van voortdurende stedelike ontvolking, stakings deur ontevrede werkers, boere-onrus en openlike rebellie onder die soldate en matrose wat op Kronstadt-eiland gestasioneer was, het Lenin gekies om ʼn nuwe benadering te volg. Die ruggraat van die NEB was die instelling van ʼn belasting-in-goedere, vasgestel op vlakke aansienlik laer as dié van vorige aanvraagkowtas, wat boere toegelaat het on hul voedseloorskotte op die ope mark te verkoop. Hierdie toegewing aan die markkragte het gou tot die denasionalisering van kleinskaalse nywerhede en dienste gelei; die stigting van trusts vir die verskaffing van, finansiering en bemarking van die produkte van grootskaalse nywerhede; die stabilsering van die geldeenheid; en ander maatreëls, insluitend die toestaan van konsessies aan buitelandse beleggers, wat alles ontwerp was om die skakel (smychka) tussen stad en platteland te herstel. Lenin het na die NEB verwys as ʼn terugtrekking van die staat na die “bevelhebberhoogtes van die ekonomie” (grootskaalse nywerheid, bankwese, buitelandse handel), en daarop aangedring dat dit “ernstig en vir ʼn lang tyd” nagestreef moes word. [Uit https://soviethistory.msu.edu/1921-2/the-new-economic-policy/. Toegang op 18 April 2025 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die bron hieronder verduidelik hoe Lenin probeer het om die ekonomiese krisis in Rusland, wat deur Oorlogskommunisme veroorsaak is, op te los. Op 25 April 1921 het Lenin die belasting-in-natura - beleid ingestel, wat die “oorskot voedseltoewysing” sou vervang, of die beleid wat ʼn sekere hoeveelheid van die boere se produkte waarop die staat geregtig was, toegeken het. Die produkte wat ingesamel is, sou direk na die staat gaan en dan aan die res van die land versprei word om te verseker dat almal kos gehad het. Dit het teoreties na ʼn geldige stelsel gelyk. Sodra dit egter in die praktyk toegepas is, het die land gou ʼn hongersnood in die gesig gestaar as gevolg van die feit dat daar te veel mense en nie genoeg kos was nie. Die regering was hulpeloos om dit reg te stel. Die belasting-in-natura-beleid, wat die surplus-voedseltoewysingstelsel met ʼn vaste belasting sou vervang (waarvan die kleinboere vooraf in kennis gestel sou word), was egter bedoel om die laste wat Oorlogskommunisme op die boere geplaas het, te verlig en dus hul motivering om te werk te verbeter. Soos Lenin dit gestel het: “Die boere sal nou groter vertroue en met ʼn wilskrag op hul plase begin werk, en dit is die hoofsaak.” Die belasting- in-goedere sou nie net die kleinboere aansporing gee om produksie te verhoog nie, maar dit het hulle ook die vryheid gegee om wat hulle geproduseer het op die mark vir wins te verkoop, iets wat nie onder Oorlogskommunisme toegelaat was nie. Toevallig het Lenin besef, terwyl Rusland se ekonomie onder die gewig van kitskommunisme deurgeval het, dat die kleinboere die meerderheid van die bevolking uitgemaak het en hoewel die regering vir die Proletariaat (werkersklas) opgestel is, was die feit dat slegs ʼn klein persentasie van die bevolking (nie eens 10%) ʼn werklike bevolking van fabriekswerkers uitgemaak het en die meeste van die res, boere was. Daarom sou hulle in hierdie nuwe Ekonomiese Beleid in ag geneem moes word, want indien nie, net soos met Oorlogkommunisme, sou die ekonomie aanhou ly. [Uit http://www.inquiriesjournal.com/articles/1670/lenins-new-economic-policy-what-it-was-and-how-it- changed-the-soviet-union. Toegang op 21 April 2025 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2025) BRON 1C Die foto hieronder, beeld ʼn markplek uit gedurende die Nuwe Ekonomiese Beleid (NEB) tydperk in Rusland. [Uit https://brewminate.com/history-of-the-soviet-1921-1924-comintern-to-the-workers-opposition/. Toegang op 21 April 2025 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Die teks hieronder is deur Lenin geskryf en op 18 Oktober 1921 in Pravda gepubliseer, destyds die ampelike koerant van die Russiese Kommuniste Party. Ons laaste, maar belangrikste en moeilikste taak, die een waaraan ons die minste gedoen het, is ekonomiese ontwikkeling, die lê van ekonomiese fondamente vir die nuwe, sosialistiese stelsel op die terrein van die afgebroke feodalestelsel en die half-afgebroke kapitalistiese stelsel. Dit is in hierdie belangrikste en moeilikste taak dat ons die grootste aantal terugslae ervaar het en die meeste foute gemaak het. Hoe kon enigiemand verwag dat ʼn taak so nuut vir die wêreld sonder terugslae en sonder foute begin kon word? Maar ons het begin. Ons sal dit voortset. Op hierdie oomblik is ons, deur ons Nuwe Ekonomiese Beleid, besig om ʼn aantal van ons foute reg te stel. Ons leer hoe om die sosialistiese struktuur in ʼn kleinboerland op te rig sonder om sulke foute te begaan. Maar ons het ook, ten minste tot ʼn mate, ʼn ander kuns aangeleer wat noodsaaklik is in rewolusie, naamlik buigsaamheid: die vermoë om vinnige en skielike veranderinge in taktiek te bewerkstellig indien veranderinge in objektiewe toestande dit vereis, en om ʼn ander pad te kies vir die bereiking van ons doel indien die vorige pad op die gegewe oomblik ondoeltreffend (onwys) of onmoontlik blyk te wees. Persoonlike aansporing (motivering) sal produksie verhoog; ons moet produksie eerstens en ten alle koste verhoog. Groothandel verenig ekonomies miljoene kleinboere: dit gee hulle ʼn persoonlike aansporing, verbind hulle en lei hulle na die volgende stap, naamlik na verskillende vorme van assosiasie en alliansie in die produksieproses self. Ongeag watter koste, ongeag hoe erg die ontberinge van die oorgangstydperk mag wees, ons sal nie terugdeins nie; ons sal ons saak triomfantelik na sy doelwit stuur. [Uit https://communist.red/lenin-the-fourth-anniversary-of-the-october-revolution/. Toegang op 21 April 2025 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 2: TOT WATTER MATE WAS DIE NUWE BEDELING (NEW DEAL) SUKSESVOL IN DIE VERMINDERING VAN WERKLOOSHEID EN DIE STIMULERING VAN EKONOMIESE HERSTEL IN DIE VSA GEDURENDE DIE 1930’s? BRON 2A Hierdie bron handel oor die impak en doeltreffendheid van Franklin D. Roosevelt se Nuwe Bedeling in reaksie op die Groot Depressie, met die fokus op werkloosheid, nywerheid, landbou en openbare werke-programme. Franklin D. Roosevelt het sy ‘Nuwe Bedeling’ in 1933 van stapel gestuur in reaksie op die enorme omvang van armoede wat deur die Groot Depressie van 1929 geskep is. Na die groot ineenstorting van die New York-aandelebeurs, het banke ineengestort, industriële en plaasinkomste het met ongeveer twee derdes gedaal, en werkloosheid wat in 1929 op 1,6 miljoen gelё was, het in 1933 tot 12,8 miljoen gestyg. Die nywerheid het onder die Nuwe Bedeling wel winste gemaak. Van 1933 tot 1937 het die ekonomie met 10 persent per jaar gegroei. Daar was egter ʼn ekonomiese afswaai in 1937 en werkloosheid het tot 19 persent gestyg. In 1941 was werkloosheid steeds so hoog as 10 persent en die hoë werkloosheid het waarskynslik permament gelyk. Intussen het vakbonde voordeel uit die Nuwe Bedeling getrek met ʼn verdriedubbeling van lidmaatksap in die 1930’s. Met boere wat in 1930 30 persent van die nasionale werksmag uitgemaak het, moes landbouprobleme onder die Nuwe Bedeling aangepak word. Die onmiddellike probleem van surplus produkte en lae pryse is aangespreek deur die vernietiging van 10,4 miljoen akker katoengewasse en die slagting van 6 miljoen varke. Die Wet op Landbou- aanpassing (Agricultural Adjustment Act) (AAA) het produsente betaal om hul gewasse te verminder en plaasprodukte bewerkers (bv. inmaakfabrieke) belas. Die doel was om pryse op te stoot deur produkte skaars te maak. Die eerste probleem was die oënskynlike vermorsing wat dit behels het. Tweedens, boere het slegs vrywillig deelgeneem en dus sou sukses waarskynlik beperk wees. Nietemin het plaasinkomste tussen 1932 en 1939 verdubbel en $4,6 miljard bereik. Ander Nuwe Bedeling-projekte het gemengde sukses behaal. In 1933 is die Burgerlike Bewaringskorps (Civilian Conservation Corps) (CCC) gestig om jong mense in diens te neem. ʼn Halfmiljoen is in diens geneem vir herbebossing, landelike padbou, besproeiings en vloedbeheerskemas, en grondbewaringsprojekte. Werklose mense van die stad het baat gevind, net soos die landelike gebiede wat deur verbeteringswerke geraak is. [Uit https://www.johndclare.net/America9_Burgoyne.htm. Toegang op 1 Mei 2025 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Die bron hieronder verduidelik hoe die Federale Regering gepoog het om werk te verskaf tydens die Nuwe Bedeling. Met sy aanstelling in Maart 1933, met meer as tien miljoen werkloses, het Roosevelt en die Demokratiese meerderhede in kongres ʼn meer vrye monetêre beleid, prysondersteuning vir landbou, vakbondregte en miljarde dollars vir openbare werke en werkgeleenthede gelewer. Ekonomiese herstel het onmiddellik begin en daarna voortgeduur, met vinnige groei wat nietemin jare geneem het om die verlies aan grond tydens die Hoover–jare in te haal. Dit het verskeie probeerslae geneem om die werkprogramme aan die gang te kry. Eers het die Roosevelt-administrasie projekte wat op plaaslike vlak bestuur moes word, gefinansier. Maar groot werke het voorafbeplanning vereis, en teen die einde van die somer van 1933 het slegs 250 000 Amerikaners werk op sulke projekte gehad. Sommige kleiner openbare werke het wel begin, maar om plaaslike regerings toe te laat om dit te bestuur, het beteken dat daar ongelykhede (onbillikheid) in werksomstandighede en lone was, tesame met verskillende grade van bestuursbekwaamheid. Uiteindelik het die Roosevelt-administrasie besluit om self werkers aan te stel, vir projekte van alle soorte state en gebiede. Deur agt-uur dae en 40-uur werke te verplig, lone te kalibreer om ʼn ordentlike lewenstandaard te verseker, en kinderarbeid uit te sluit, het die openbare werkeprogramme nasionale verwagtinge vir werksomstandighede gestel. Rassediskriminasie op die werke is eers deur reël en toe deur wetgewing verbied; die openbare werkeprogramme het swart Amerikaners ongekende ekonomiese geleenthede gegee. Meestal was die werkers bouers. Hulle het meer as ʼn halfmijoen myl paaie geïnstalleer of verbeter. Hulle het skole, parke, biblioteke, poskantore, seehawens en lughawens gebou; brûe en hidroëlektriese damme; stadions en teaters en nederige maar noodsaaklike-sypaadjies. Hulle het krag gebring – elektries, weliswaar, maar daarmee saam politieke en simboliese mag, na mense en dele van die land wat nog nooit tevore gehad het nie. [Uit https://www.theguardian.com/commentisfree/2020/may/20/roosevelts-new-deal. Toegang op 1 Mei 2025 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2025) BRON 2C Die uittreksel hieronder is uit een van President Roosevelt se “geselsies langs die kaggelvuur” (fireside chats) geneem, op 4 September 1934 gelewer. Voordele van die Industriële Herstelprogram (Industrial Recovery Program) het nie net vir arbeid in die vorm van nuwe werksgeleenthede, in verligting van oorwerk en in verligting van onderbetaling gekom nie, maar ook vir die eienaars en bestuurders van die nywerheid, want tesame met ʼn groot toename in die betaalstaat, het daar aansienlike styging in die totale industriële winste gekom – ʼn styging van ʼn tekortsyfer in die eerste kwartaal van 1933 tot ʼn vlak vanaf volgehoue winste binne een jaar na die inhuldiging van die Nasionale Hersteladministrasie (National Recovery Administration). Nou moet daar nie verwag word dat selfs werkende arbeid en kapitaal heeltemal tevrede met die huidige toestande sal wees nie. Werkende werkers het geensins almal ʼn terugkeer na die verdienste van voorspoedige tye geniet nie, alhoewel miljoene minderbevoorregte werkers vandag baie beter betaal word as ooit tevore. Ook het miljarde dollars se geïnvesteerde kapitaal vandag ʼn groter sekuriteit van die huidige en toekomstige verdienskragte as voorheen. Dit is as gevolg van die vestiging van billike, mededingende standaarde en as gevolg van verligting van onregverdige mededinging in loonverlagings wat markte onderdruk en koopkrag vernietig. Nietemin was die winste van handel en nywerheid as geheel aansienlik. In hierdie winste en in die beleide van die Administrasie is daar die versekering wat alle vooruitkykende mans en vroue bemoedig met die vertroue dat ons beslis ons politieke en ekonomiese stelsel herbou volgens die riglyne wat deur die Nuwe Bedeling neergelê is – riglyne wat, soos ek so dikwels duidelik gemaak het, in volle ooreenstemming is met die onderliggende beginsels van ordelike volksregering. Gedurende die twaalf maande is ons industriёle herstel tot ʼn afgelope mate vertraag deur stakings, insluitend ʼn paar van groot belang. Ek sal nie die onvermydelike verliese vir werkgewers en werknemers en die algemene publiek deur sulke konflikte minimaliseer nie. Maar ek wil daarop wys dat die omvang en erns van arbeidsgeskille gedurende hierdie tydperk baie minder was as in enige vorige vergelykbare tydperk. [Uit https://www.presidency.ucsb.edu/documents/fireside-chat-20. Toegang op 02 Mei 2025 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Die foto hieronder toon lede van die Nasionale Kamer van Handel met hul anti-belasting- reklamebord wat in 1937 geneem is. [Uit: https//oohtoday.com/do-billboards-speak/. Toegang op 02 Mei 2025 verkry.] Wat besigheid help, help jou Minder belasting – meer werksgeleenthede Nasie se Besigheids Sakekamer VSA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2025) VRAAG 3: HOE HET DIE NUREMBERGWETTE TOT DIE SKEPPING VAN ʼN RASGEBASEERDE NAZI-STAAT BYGEDRA? BRON 3A Die uittreksel hieronder handel oor die toenemende vervolging van Jode en ander gemarginaliseerde groepe in Nazi-Duitsland tussen 1933 en 1939, en beklemtoon die implementering van rassistiese wette, uitsluiting van die openbare lewe en toenemende wetlike diskriminasie, veral deur die Nurembergwette. Deur die vervolging van die Jode tussen 1933 en 1939 te ondersoek – die jare wat die vorming van die kern van Nazi-rassisme gesien het – kan drie duidelike fases onderskei word. Gedurende die eerste fase, in 1933 en 1934, was die fokus op die uitsluiting van Jode uit die openbare lewe. Onmiddellik na hul magsoorname het die Nazi’s ʼn aggressiewe boikot van Joodse besighede georganiseer, maar baie vinnig ook anti- Joodse wette begin instel. Jode is nie meer toegelaat om staatsamptenare te wees of meer regte te beoefen nie. Hulle kon ook geen openbare posisies beklee nie. Terselfdertyd het die Nazi’s vinnig duidelik gemaak dat hul rassistiese beleid nie uitsluitlik op Jode gemik was nie. Reeds in die somer van 1933 het hulle ʼn wet aangeneem wat die gedwonge sterilisasie van mense was as “aangebore siek” beskou is, toegelaat. Teen die einde van die “Derde Ryk” was meer as 300 000 Duisters slagoffers van hierdie wetgewing. In die lente van 1935 het die Nazi’s ʼn nuwe fase in die vervolging van die Jode begin. Die doel was toe om hul biologiese segregasie te bewerkstellig deur ʼn proses van “wettige” diskriminasie. Soos in 1933, het hierdie fase met anti-semitiese oproer wat deur ondersteuners van die Nazi-party georganiseer was, begin. Weereens het die regime gereageer deur maatreëls “van bo af” in te stel. In 1935 is die Nurembergwette, , wat bepaal het wie as Joods beskou moes word aangekondig. Die gelyke regte van Jode as Duitse burgers – wat sedert 1871 in Duitsland van krag was – is beëindig. Huwelike en buite-egtelike seksuele verhoudings tussen Jode en nie–Joode is verbied. In die jare wat gevolg het, is omvattende anti-Joodse wetgewing ingestel wat byna alle aspekte van die lewe gedek het. Na Heinrich Himmler se aanstelling as hoof van die Duitse polisie in 1936, het die vervolging van ander gestigmatiseerde groepe ook toegeneem. Die Nurembergwette is uitgebrei na “sigeuners”, wie se bewegingsvryheid in 1936 deur die instelling van spesiale kampe beperk is. [Uit https://www.bbc.co.uk/history/worldwars/genocide/racial_state_01.shtml. Toegang op 07 Mei 2025 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Die inligting hieronder handel oor die Nurembergwette, wat in 1935 deur Nazi-leiers aangekondig is en rassediskriminasie in Duitsland geinstitusionaliseer het. Dit bevat ook ʼn uittreksel van William E. Dodd, die Verenigde State se ambassadeur in Duitsland van 1933 tot 1937. Tydens hul jaarliske saamtrek wat op 15 September 1933 in Nuremberg gehou is, het die leiers van die Nazi-party, nadat die Reichstag dit aangeneem het, nuwe wette aangekondig wat baie van die rasse–teorieë wat die Nazi-ideologie onderlê, geinstitusionaliseer het. Die sogenaamde Nurembergwette, onderteken deur Hitler en verskeie ander Nazi–amptenare, was die hoeksteen (fondament) van die gewettigde vervolging van Jode in Duitsland. Hulle het Duitse Jode van hul Duiste burgerskap gestroop, die huwelike en “buite–egtelike seksuele omgang” tussen Jode en ander Duisters verbied, en Jode verbied om die Duitse vlag te laat vlieg wat nou die swastika genoem sou wees. Op 16 September het Ambassadeur Dodd ʼn kabel (boodskap) aan die minister van Buitelandse Sake gestuur oor die Nurembergwette. Hy het geskryf: Tot dusver is dit slegs moontlik om te sê dat die hooftendens van die Nuremberg–kongres was om voorsiening te maak vir radikale sentiment (oortuigings) binne die party. Die wette wat gisteraand aangeneem is rakende burgerskap, die swastika as die nasionale vlag en die wet op die beskerming van Duiste bloed en eer (deur die voorkoming van huwelik en seksuele omgang tussen Ariërs en Jode en die waai van die Duiste vlag deur laasgenoemde), benodig natuurlik verdere definisie en die Buitelandse Kantoor het aangeraai om vir uitvoerende aanvullende regulasies te wag. [Hierdie, wat op 14 November uitgereik is, het spesifieke definisies verskaf van wie ʼn Jood is.] [Uit https://www.archives.gov/publications/prologue/2010/winter/nuremberg.html. Toegang op 07 Mei 2025 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2025) BRON 3C Die bron hieronder verduidelik hoe die Nazi’s wette, geweld en openbare identifikasie gebruik het om Jode te vervolg, en sodoende anti-semitisme geleidelik normaal in die samelewing te maak en die grondslag vir die Holocaust (Jodemoord) te lê. Die Nurembergwette het net soveel skade aan die Joodse lewe aangerig as die Nazi-geweld. Geleidelik uit die openbare lewe verwyder en anti-Semitisme in wetgewing gekodifiseer (gereël), het die ideologie van vervolging die aanvaarde norm onder Duitse burgers geword en daarna ook onder die nasies wat deur Nazi Duitsland beset is. Die uitbarsting van anti-Semitiese geweld was ʼn sein (teken) aan die Nazi-elite dat anti-Joodse maatreëls verwelkom sou word en dat ʼn toename in radikalisme nie met enige weerstand gegroet sou word nie. Soos die Tweede Wereldoorlog tot in die 1940’s gewoed het, het die Nazi’s besluit dat hulle ʼn beter stelsel nodig het om tussen Jode en Duitsers te onderskei, wat die Middeleeuse praktyk van die “Joodse kenteken” wat in verskeie lande regoor Europa gebruik is, laat herleef het. Byna onmiddellik na die inval in Pole op 1 September 1939, is Jode gedwing om ʼn geel Ster van Dawid of ʼn wit armband met ʼn blou Ster van Dawid (afhangende van hul ligging) te dra wanneer hulle in die openbaar uitgegaan het, maar op 6 September 1941 het die Nazi’s verorden dat alle Duitse Jode vanaf 19 September armbande moes dra sodat almal kon sien wie ʼn Jood was. Dit was nadelig (skadelik) vir die vermoë van Jode om in die openbaar uit te gaan. Die Nazi’s het die stelsel van geregtigheid korrupteer en dit in ʼn wapen van terreur, haat en ʼn valse regverdiging vir dade teen die Joodse volk, hul besighede en hul bestaan, verander. Deur die wet te verdraai om hul eie burgers aan te val, kon die Nazi’s regeringstelsels en onfhanklike instellings, soos die polisie en regbank, gebruik om radikale idees van rasse-meerderwaardigheid af te dwing en herhaalde vervolgings teen die Joodse volk te loods. Hierdie valse predikaat het gedien as ʼn fondament vir die vasberadenheid en besluit dat die enigste antwoord uitwissing was as die finale oplossing vir die “Joodse Vraag” – die probleem van wat om met die Jode te doen. [Uit https://digitalcommons.lmu.edu/cgi/viewcontent.cgi?article=1729&context=ilr&httpsre]dir=1. Toegang op 07 Mei 2025 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2025) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Die beeld hieronder is van ʼn Joodse identiteitskaart wat in Nazi-Duitsland uitgereik is. Die kaart het aan Manfred Israel Bergmann, ʼn Jood, behoort en is 17 Januarie 1939 gedateer. Identiteitskaarte soos hierdie het verpligtend geword vir Jode na die implementering van die Nurembergwette en verdere anti-semitiese regulasies. [Uit https://www.theholocaustexplained.org/life-in-nazi-occupied-europe/oppression/anti-semitic-laws/. Toegang op 07 Mei 2025 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2025) ERKENNINGS: Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: https://soviethistory.msu.edu/1921-2/the-new-economic-policy/. Toegang verkry 18 April 2025. https://communist.red/lenin-the-fourth-anniversary-of-the-october-revolution/. Toegang verkry 21 April 2025. https://brewminate.com/history-of-the-soviet-1921-1924-comintern-to-the-workers- opposition/. Toegang verkry 21 April 2025. http://www.inquiriesjournal.com/articles/1670/lenins-new-economic-policy-what-it-was-and- how-it-changed-the-soviet-union. Toegang verkry 21 April 2025. https://web.stanford.edu/class/e297c/poverty_prejudice/soc_sec/hgreat.htm. Toegang verkry 1 Mei 2025. https://www.theguardian.com/commentisfree/2020/may/20/roosevelts-new-deal. Toegang verkry 1 Mei 2025. https://oohtoday.com/do-billboards-speak/. Toegang verkry 02 Mei 2025. https://www.presidency.ucsb.edu/documents/fireside-chat-20 https://www.bbc.co.uk/history/worldwars/genocide/racial_state_01.shtml. https://www.archives.gov/publications/prologue/2010/winter/nuremberg.html https://digitalcommons.lmu.edu/cgi/viewcontent.cgi?article=1729&context=ilr&httpsredir=1. https://www.theholocaustexplained.org/life-in-nazi-occupied-europe/oppression/anti- semitic-laws/ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 History

View all