Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2017
GESKIEDENIS V1
ADDENDUM
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*IHISTA3*
Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





History Grade 11 Eastern Cape November 2017 Addendum (Afr)
Grade 11 History addendum from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Addendum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2017
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE
vrae nie.
VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940
WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE BOLSJEWISTIESE REWOLUSIE IN
RUSLAND IN 1917?
BRON 1A
Hierdie bron handel oor hoe Vader Gapon van ʼn polisie agent tot ʼn leier van die
mense verander het wat namens die gewone mense drastiese hervormings van die
Tsaar geëis het.
Vader George Gapon het ʼn beweging gelei wat in die geheim gestig en gelei is
deur die polisie. Die Vergadering van die Russiese Werkende Mans het daarna
gestreef om die werkers teen die plaag van sosialisme te beskerm en hul
verbintenis tot die Ortodoksie en die Tsaar te versterk. Opreg in sy oortuigings en
meegevoer deur sy oordadige toesprake en ywer van sy gretige gehore, het Gapon
sy rol as polisie agent opgegee vir dié van ʼn gewilde leier en begin met ʼn massa-
beweging om die Tsaar vir hervorming deur middel van ʼn petisie te versoek. Die
petisie het die "despotiese en onverantwoordelike regering” veroordeel en ook die "
kapitalistiese uitbuiters, skelms en rowers van die Russiese volk aangeval en ʼn
beroep op die Tsaar gedoen om vir sy volk ʼn parlement, stemreg, universele
onderwys, minimum lone, ʼn agt-uur werksdag, inkomstebelasting, skeiding van
kerk en staat en amnestie (algemene kwytskelding of vergifnis) vir alle politieke
gevangenes te gee.
[Uit: Tames, R – Last of the Tsars, London: Pan McMillan]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Hierdie visuele bron toon werkers wat besig is om in 1917 te protesteer in St.
Petersburg, Rusland.
[Uit: lowmaster.net/russian+revolution+causes. Toegang op 15 Desember 2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2017)
BRON 1C
Die uittreksel hieronder is uit ʼn toespraak wat Lenin gegee het vir die matrose van die
Kronstadt-vlootbasis wat die Bolsjewiste ondersteun het, by Lenin se terugkeer na
Rusland in April 1917.
"Kameraad matrose! Ek groet julle sonder om te weet of julle glo in al die beloftes van
die voorlopige regering. Maar ek is daarvan oortuig dat as hulle met julle so mooi
praat, wanneer hulle julle alles belowe, dat hulle jul en die hele Russiese volk mislei.
Die mense benodig vrede, die mense benodig brood en die mense benodig grond. En
hulle gee jul oorlog, hongersnood, geen brood - en los die grondhere nog op die land
... Ons moet veg vir ʼn maatskaplike revolusie, veg tot die einde toe, tot die volledige
oorwinning van die proletariaat. Lank lewe die Wêreld Maatskaplike Revolusie!”
[Uit: Making History, bladsy 112]
BRON 1D
Hierdie bron toon die innerlike werking en strategieë van die Bolsjewiste in die
beplanning van die omverwerping van die voorlopige regering.
... Trotsky (1879-1940) was ʼn radikale Marxis, uitstekende spreker en ʼn groot
ondersteuner van Lenin. Buite Petrograd het die gevoelens van die bevolking
saamgeval met die Bolsjewistiese oortuigings. Die mense wou die einde van die
Kerensky-regering sien, die einde van die oorlog en hulle wou nuwe grondverdeling
hê. Trotsky en Lenin het die antwoorde op al hierdie begeertes gesien in ʼn
Bolsjewistiese magsoorname.
Vanuit Finland het Lenin ʼn beroep op die Bolsjewistiese komitee gemaak om ʼn
gewapende opstand te beplan. Baie het gedink dat dit te vroeg en roekeloos was,
maar nadat Lenin ʼn geheime reis na Petrograd onderneem het en vir tien uur met
hulle daaroor gedebatteer het, was die Bolsjewiste oortuig. Trotsky het die rewolusie
meesterlik uitgevoer. Hy het ʼn militêr-revolusionêre komitee gevorm om die
bewapening van die werkers regoor Petrograd te beheer. Fabrieksvergaderings is
gehou om entoesiasme onder die werkers ʼn hupstoot te gee. Ten slotte, in die nag
van 6 November (of 26 Oktober), het die gekombineerde magte van die
Bolsjewistiese soldate en werkers die stad bestorm en beslag gelê op staatsgeboue.
Hulle het verder gegaan deur die meerderheid in die kongres te verkry en Lenin as
hul nuwe leier te verklaar.
[Uit: www.academic.mu.edu/meissnerd/russian-rev.htm. Toegang op 15 Desember 2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5
VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940
WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE GROOT DEPRESSIE IN DIE VERENIGDE
STATE VAN AMERIKA IN DIE 1930’s?
BRON 2A
Hierdie bron fokus op die sosiale gevolge van die Groot Depressie op die
Amerikaanse werkersklas en die vroeë ingrypings van die regering van FD Roosevelt
Die “Stofkom”-(Dust Bowl) droogte het boerdery in die Middeweste vernietig. Dit het
10 jaar geduur, te lank vir die meeste boere om uit te hou. Om sake te vererger, het
pryse vir landbouprodukte gedaal tot die laagste vlak sedert die Burgeroorlog. Soos
wat die boere hul plase verlaat het op soek na werk, het hulle haweloos geword. Byna
6 000 krot woonbuurte, genoem Hoovervilles, het in die 1930's ontstaan.
Lone vir diegene wat nog steeds werk gehad het, het met 42 persent gedaal. Die
gemiddelde gesinsinkomste het met 40 persent gedaal vanaf $ 2,300 in 1929 tot
$1,500 in 1933. Dit is vergelykbaar met ʼn verlaging in inkomste van $32,181 na
$20,988 in 2016-dollar waarde. As gevolg hiervan, het die aantal kinders wat na
weeshuise gestuur was met 50 persent gestyg. Ongeveer 250,000 ouer kinders het
die huis verlaat om werk te soek. In 1933 is die verbod op alkohol herroep. Dit het die
regering toegelaat om belasting in te samel op die alkohol-verkope wat toe gewettig
is. FDR het die geld gebruik om te help betaal vir die Nuwe Bedeling.
Die depressie was so erg en het so lank geduur dat baie mense gedink dat dit die
einde van die Amerikaanse Droom was. In plaas daarvan, het dit die droom verander
tot ʼn reg om materiële voordele in te sluit. Die Amerikaanse Droom soos in die
vooruitsig gestel deur die stigterslede, het die reg om ʼn mens se eie visie van geluk
na te streef, gewaarborg.
[Uit: www.thebalance.com/effects-of-the-great-depression. Toegang op 28 April 2017 verkry]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2017)
BRON 2B
Hierdie bron verduidelik die impak van die Groot Depressie en die
ondoeltreffendheid van die Hoover-administrasie.
Ten spyte daarvan dat President Herbert Hoover en ander leiers die mense
verseker het dat die krisis sy gang sou neem, het sake voortgegaan om te vererger
oor die volgende drie jaar. Teen 1930 kon 4 miljoen Amerikaners geen werk vind
nie; die getal het tot 6 miljoen gestyg in 1931. Intussen het die industriële produksie
in die land met die helfte gedaal. Broodlyne, sopkombuise en hawelose mense het
meer en meer algemeen geword in Amerika se dorpe en stede. Boere kon dit nie
bekostig om hul oeste te oes nie, en is gedwing om dit te laat verrot in die velde,
terwyl mense elders verhonger het. In die herfs van 1930, het die eerste van vier
sogenaamde bank-angs-golwe (‘banking panic waves’) begin, soos wat ʼn groot
aantal beleggers vertroue in die solvensie (vermoë om in besigheid te bly) van hul
banke verloor en op kontant vir hul deposito's aangedring het, en sodoende die
banke geforseer het om lenings te likwideer (herroep) ten einde hul onvoldoende
kontantreserwes aan te vul. Banktoelope (onttrekking van geld deur baie mense)
het weer plaasgevind in die Verenigde State van Amerika in die lente en herfs van
1931 en die herfs van 1932, en teen die vroeë 1933 het duisende banke hul deure
gesluit. In die lig van hierdie ernstige situasie, het die Hoover-administrasie probeer
om sukkelende banke en ander instellings te ondersteun met regeringslenings; die
idee was dat die banke op hul beurt aan besighede sou leen, wat hulle in staat sou
stel om hul werknemers terug te kon huur.
[Uit: www.history.com/topics/great-depression.]
BRON 2C
Hierdie visuele bron toon mense wat regstaan vir kos by een van die sopkombuise
wat die werkloses en die behoeftiges gehelp het tydens die Groot Depressie.
[Uit: www.history.com/topics/great-depression. Toegang op 28 April 2017 verkry]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7
BRON 2D
Die bron toon die negatiewe impak van die Groot Depressie op die samelewing van
die Verenigde State van Amerika.
Die Groot Depressie het ʼn vinnige styging in die misdaadsyfer teweeggebring
namate baie werklose werkers hul toevlug tot diefstal geneem het om kos op die
tafel te sit. Selfmoordsyfers het gestyg, asook die vermelde gevalle van
wanvoeding. Prostitusie het toegeneem namate desperate vroue maniere gesoek
het om hul rekeninge te betaal. Gesondheidsorg was in die algemeen nie ʼn
prioriteit vir baie Amerikaners nie, namate ʼn besoek is dokter vir slegs in ekstreme
omstandighede. Alkoholisme het toegeneem namate Amerikaners uitlette gesoek
het na wyses van ontsnapping gesoek het.
Hoër onderwys het buite bereik van die meeste Amerikaners gebly namate die
nasie se universiteite moes aanskou hoe hul studentekorps gekrimp het gedurende
die eerste helfte van die dekade. Hoërskoolbywoning het egter toegeneem onder
mans. Omdat die vooruitsigte van ʼn jong man om ʼn werk te kry so erg laag was,
het baie besluit om langer in die skool te bly. Openbare besteding op onderwys het
egter skerp gedaal, wat veroorsaak het dat baie skole oopgemaak het met ʼn tekort
aan personeel of gesluit het as gevolg van ʼn gebrek aan fondse.
Demografiese tendense het ook skerp verander. Huwelike is uitgestel namate baie
mans gewag het totdat hulle voorsiening kon maak vir ʼn gesin voordat hulle ʼn
huweliksvoorstel aan ʼn voornemende eggenoot kon maak. Egskeidingsyfers het
bestendig gedaal in die 1930's. Verlatingskoerse het toegeneem namate baie
mans die "arm man se egskeiding" verkies het - hulle het eenvoudig net
weggehardloop vanaf hulle huwelike. Geboortesyfers het skerp gedaal, veral
gedurende die laagste tye van die Depressie. Meer en meer Amerikaners het
geleer oor geboortebeperking om die bykomende uitgawes van onverwagte kinders
te vermy.
[Uit: www.american-historama.org/…depression/social-effects. Toegang op 3 Mei 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU
HOE HET NAZI-DUITSLAND DIE MENSEREGTE VAN MINDERHEIDSGROEPE
IN DUITSLAND TUSSEN 1933 EN 1945 GESKEND?
BRON 3A
Hierdie bron verduidelik die redes wat die basis gevorm het vir die haat van en die
diskriminasie teen Jode in Nazi-Duitsland.
Daar was ongeveer 525,000 Jode woonagtig in Duitsland in 1933 (0,75% van die
totale Duitse bevolking). Diskriminasie teen Jode het onmiddellik begin na afloop
van die nasionale bewindsoorname in 1933. Die Nazi-party het populistiese anti-
Semitisme bevorder om stemme te kry. ... hulle het die Jode geblameer vir
armoede, hiperinflasie (baie hoë pryse) in die Weimar-Republiek, werkloosheid, en
die nederlaag tydens die Eerste Wêreldoorlog en oorgawe deur die "November
Misdadigers" (bynaam gegee aan Duitse politici wat die wapenstilstand
onderhandel het wat die Eerste Wêreldoorlog beëindig het) ..., Die ellende van die
Duitse volk is toegeskryf aan die gevolge van die Verdrag van Versailles. In 1933
het die vervolging van die Jode aktiewe Nazi-beleid geword. Dit is eerstens
verhinder deur die gebrek aan eenstemmigheid oor wie as ʼn Jood kwalifiseer in
teenstelling tot ʼn Ariër; dit het veroorsaak dat wetgewers anti-Semitiese wette
gekritiseer het vir hul swak gedefinieerde konsepte. Bernhard Lösener het dit
beskryf as "totale chaos", met plaaslike owerhede wat enigiets vanaf volle Joodse
agtergrond tot 1/8 Joodse bloed as die definisie van ʼn Jood beskou het; Achim
Gercke het 1⁄
16 Joodse bloed aangemoedig. Dié van gemengde afkoms
(Mischlinge) was veral problematies in hul oë. Die eerste anti-Semitiese wet wat
gepromulgeer is (deur die parlement goedgekeur) het geen duidelike definisie van
ʼn Jood bevat nie. Ten slotte was die maatstaf drie of vier Joodse grootouers; twee
of een het van ʼn persoon ʼn Mischling gemaak.
Op 1 April 1933 het die Nazi boikot van Joodse besighede in die hele Duitsland
begin. Slegs ses dae later is die Wet vir die Restourasie van die Professionele
Staatsdiens deurgevoer, wat Jode het uit regeringsposte verban. Dit is opvallend
dat die voorstanders van hierdie wet, en die duisende wat sou volg, hierdie wette
as noodsaaklik beskryf as nodig verduidelik het om die insypeling van skadelike,
"uitheemse-tipe"(Artfremd) erflike eienskappe in die Duitse nasionale of
rasgemeenskap te voorkom. (Volksgemeinschaft). Hierdie wette het beteken dat
Jode indirek en direk ontmoedig of verbied is om bevoorregte en beter posisies,
wat vir die "Ariese Duitsers" gereserveer was te bekom. Van toe af is Jode gedwing
om in meer ondergeskikte posisies te werk, en sodoende tweedeklas burgers
geword of selfs tot die punt waar hulle "onwettig woonagtig" was in Nazi-Duitsland.
[Uit: https://en.wikipedia.org/wiki/Racial_policy_of_Nazi_Germanay. Toegang op 16 Januarie 2017
verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9
BRON 3B
Hierdie bron verwys na sommige van die wette wat deur die Duitse parlement
deurgevoer is om segregasie teen Jode en ander minderhede te verskans.
Die Nuremberg Wette was anti-Semitiese wette in Nazi-Duitsland. Hulle is
bekragtig op 15 September 1935 deur die Reichstag (Duitse parlement) by ʼn
spesiale vergadering wat belê is by die jaarlikse Nuremberg Opmars van die Nazi
Party (NSDAP). Die twee wette was die Wet vir die Beskerming van Duitse Bloed
en Duitse Eer, wat huwelike en buite-egtelike verhoudings tussen Jode en Duitsers
en die indiensneming van Duitse vroue onder 45 in Joodse huishoudings verbied
het; en die Ryk Burgerskap Wet, wat verklaar het dat slegs dié van Duitse of
verwante bloed in aanmerking sou kom vir Reich burgerskap; die res is beskou as
staatsonderdane, sonder enige burgerskapregte. ʼn Aanvullende bevel waarin die
definisie van wie as Joods beskou kan word is deurgevoer op 14 November, en die
Ryk Burgerskap Wet het amptelik in werking getree op daardie datum. Die wette is
uitgebrei op 26 November 1935 om Romeinse mense en Afro-Duitsers in te sluit.
Hierdie aanvullende bevel het Sigeuners gedefinieer as "vyande van die
rasgebaseerde staat", dieselfde kategorie as Jode
As gevolg van kommer oor buitelandse beleid, het vervolging onder die twee wette
nie begin tot na die Somer Olimpiese Spele in Berlyn in 1936. Na afloop van die
Nazi's se magsoorname in 1933, het hulle begin om hul beleid te implementeer,
wat die vorming van ʼn Volksgemeinschaft (mense se gemeenskap) gebaseer op
ras, ingesluit het. Kanselier en Führer (leier) Adolf Hitler het ʼn nasionale boikot van
Joodse besighede op 1 April 1933 verklaar en die Wet vir die Restourasie van die
Professionele Staatsdiens, deurgevoer op 7 April, het nie-Ariërs uitgesluit van die
regsberoep en staatsdiens. Boeke wat as on-Duits beskou is, insluitend dié van
Joodse skrywers, is vernietig in landwye boekbrande op 10 Mei. Joodse burgers is
geteister en onderwerp aan gewelddadige aanvalle. Hulle is aktief onderdruk,
gestroop van hul burgerskap en burgerregte, en uiteindelik heeltemal uit die Duitse
samelewing verwyder.
[Uit: https://en.wikipedia.org/wiki/Racial_policy_of_Nazi_Germanay. Toegang op 16 Januarie 2017
verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2017)
BRON 3C
Hierdie bron verduidelik die implementering van die beleide van eugenetika en
natuurlike seleksie onder die Nazi-regering in Duitsland. Die oorwegende bedoeling
was om die Duitse nasie suiwer te hou.
Alhoewel die Jode die vernaamste teiken van die Nazi-haat was, het die Nazi’s
ander groepe vervolg wat hulle as ras of geneties "minderwaardig” beskou het:
Nazi rasse-ideologie is gelei deur wetenskaplikes wat "selektiewe teling"
(eugenetika) bepleit het om die menslike ras te "verbeter". Wette wat tussen 1933
en 1935 deurgevoer is, was daarop gemik om die toekomstige aantal genetiese
"minderwaardige mense" te verminder deur verpligte sterilisasieprogramme:
320,000 tot 350,000 individue wat as fisies of verstandelik gestrem bestempel is, is
onderwerp aan chirurgiese of bestralingsprosedures, sodat hulle nie kinders kan
kry nie. Ondersteuners van sterilisasie het ook aangevoer dat gestremde persone
die gemeenskap belas met die koste van hul sorg. Baie van Duitsland se 30,000
Roma (sigeuners) is ook uiteindelik gesteriliseer en verbied, soos Swartes, om met
Duitsers te trou. Sowat 500 kinders van gemengde Afro-Duitse agtergronde is ook
gesteriliseer. Nuwe wette het tradisionele vooroordele gekombineer met die
rassisme van die Nazi's, wat die Roma as "ras" en "krimineel en asosiaal
"gedefinieer het.
Nog ʼn gevolg van Hitler se genadelose diktatuur in die 1930's was die arrestasie
van politieke teenstanders en vakbondlede en ander wie die Nazi's as
"ongewenstes" en "vyande van die staat" bestempel het. Ongeveer 5,000 tot
15,000 homoseksueles is gevange geneem in konsentrasiekampe; onder die 1935
Nazi-hersiende kriminele kode; die blote veroordeling van ʼn man as
"homoseksueel" kon tot arrestasie, verhoor, en vonnis op legging lei. Jehovah
Getuies, waarvan daar ten minste 25,000 in Duitsland was, was verban as ʼn
organisasie so vroeg as in April 1933, want die geloof van hierdie godsdienstige
groep het hulle verbied om ʼn eed aan die staat af te lê of om te dien in die Duitse
weermag. Hul literatuur is gekonfiskeer, en hulle het hul werk,
werkloosheidsvoordele, pensioene, en alle sosiale welsyn voordele verloor. Baie
Getuies is na tronke en konsentrasiekampe in Nazi-Duitsland gestuur, en hul
kinders is gestuur na aanhoudingsplekke vir die jeug en weeshuise.
[Uit: www.myjewishlearning.com/article-early-stages-of-persecution. Toegang op 16 Januarie 2017
verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11
BRON 3D
Hierdie bron toon hoe die Nazi-polisie ʼn teken op ʼn Joodse winkel plaas wat
kopers aanmoedig om nie van die winkel te koop nie.
[Uit: www.myjewishlearning.com/article/1939-early-statges-of-persecution. Toegang op 16 Januarie
2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/NOVEMBER 2017)
ERKENNINGS
Uittreksels en visuele bronne wat in die addendum gebruik word, is geneem of
aangepas uit die volgende publikasies:
Defterios, R. et al; 2006, Making History Grade 11, (Heinemann)
Tames, R; Last of the Tsars, London (Pan McMillan)
https://en.wikipedia.org/wiki/RacialpolicyofNaziGermany
lowmaster.net/Russian+revolution+causes
www.history.com/topics/great-depression
www.academic.mu.edu/meissnerd/russian-rev.htm
www.american-historama.org/...depression/social-effects
www.myjewishlearning.com/article/eraly-stages-of-persecution
www.thebalance.com/effects-of-the-great-depression
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Addendum

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)
More from Grade 11 History

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 Memo (Eng)

Memorandum