You're offline
Skip to content
Memorandum

GESKIED-V1-GR11 MEMO-AFR-NOV2017_hlayiso.com_.pdf

Subject: HistoryGrade 11201721 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 GESKIEDENIS V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel. KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE GEWIGS- VLAKKE TOEKENNING VAN VRAE  Onttrek inligting uit bronne  Selektering en organisasie van 30% VLAK 1 relevante inligting uit bronne (15 punte)  Definieer historiese begrippe/terme  Interpretasie van bewyse uit bronne  Verduidelik inligting verkry uit 40% VLAK 2 bronne (20 punte)  Analiseer bewyse uit bronne  Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne  Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas te 30% VLAK 3 stel (15 punte)  Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:  By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde.  Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is.  In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae  Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord  Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en twee punte elk word toegeken ( ); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte word toegeken ().  Indien ʼn vraag 4 punte tel, word 4 regmerke () aangedui. Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:  Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.  Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.  Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee bondige kommentaar bv. ___________ . __________________________ . __________________ _________________ . ____________________________ . __________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.  Tel al die regmerke op vir die brongebaseerde vrae en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50  Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:  In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae  Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord sal afhang van die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.  Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by die nasien riglyn vir ʼn spesifieke opstel.  By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017) 2.3 Globale assessering van ʼn opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:  Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument  Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun  Die leerder se interpretasie van die vraag. 2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie I√ Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 5 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is en om die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 }26–27 A VLAK 3 Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017) NASIEN-MATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed beplande en gestruktureerde Baie goed Goed beplande en Argument beplan en Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen AANBIEDING opstel. Goeie sintese beplande en gestruktureerde gestruktureer. van ʼn om antwoord te poging om die opstel van inligting. Het ʼn gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn sekere gestruktureerde en struktureer. te struktureer nie. goed gebalanseerde, opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn duidelike mate gebruik om beplande argument. Grootliks oorspronklike argument is gevolg. argument te argument te Poog om ʼn argument Bewyse gebruik om ondersteun. Slotsom vol te hou. beskrywend of poog argument ontwikkel ontwikkel. die argument te bereik op grond van Gevolgtrekking nie om argument te met bewyse. Gevolgtrekking Argument deurgaans verdedig. Poog om ʼn bewyse. duidelik ondersteun ontwikkel. Geen onafhanklike gemaak uit bewyse poging om ʼn volgehou en deur bewyse nie. verdedig. gevolgtrekking uit om die argument te gevolgtrekking te Onafhanklike die bewyse te maak ondersteun. maak nie. gevolgtrekking om die argument te gemaak uit bewyse ondersteun. INHOUD om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten volle 47–50 43–46 relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie relevant 43–46 40–42 38–39 tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27 weglatings of irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit nie. Hou 26–27 24–25 20–23 soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad nie. 14–17 0–13 Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:  Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0  Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6  Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 7 VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND 1900–1940 SLEUTEL VRAAG: WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE BOLSJEWISTIESE REVOLUSIE IN RUSLAND IN 1917? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van inligting uit Bron 1A – V1]  Om die werkers teen die plaag van sosialisme te vrywaar  en hul verbintenis tot die Ortodoksie en die Tsaar te versterk. (2 x 1) (2) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  Deur die polisie (1 x 1) (1) 1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]  Hy wou ware politieke verandering in Rusland sien  Hy dat hy hoog geag is en gehore kon beïnvloed besef het  Hy kon met die lyding van die gewone mense identifiseer  Hy was gewild onder die massas  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  ʼn Nuwe parlement  Die stemreg  Universele onderwys  ʼn Minimum loon  ʼn Agt-uur werksdag  Inkomstebelasting  Skeiding van kerk en staat  Amnestie vir alle politieke gevangenes (Enige 2 x 1) (2) 1.1.5 [Interpretasie en analise van bewyse uit Bron 1A en eie kennis om bruikbaarheid te bepaal – V3]  Die Bron verwys na die pogings van die polisie om die massas en Vader Gapon te manipuleer  Daar is inligting oor die polisie se pogings om die verspreiding van kommunisme te voorkom  Vader Gapon se besluit om saam met die gewone mense te werk is ʼn bewys van die groeiende opposisie teen die Tsaar  Daar is bewyse dat die massas bereid was om fundamentele hervormings van die Tsaar te aanvaar  Die Bron toon dat die mense van Rusland op basiese menseregte aangedring het  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van inligting uit Bron 1B – V1]  Geen aftrekkings van werkers se lone  Geen belasting op voedsel (2 x 1) (2) 1.2.2 [Onttrekking van bewyse aan te haal uit Bron 1B – V1]  "onderdruk vir die ondersteuning van matrose" (1 x 2) (2) 1.2.3 [Interpretasie, analise en evaluasie van inligting uit Bron 1B – V3]  Die werkers was bereid om hul rol te speel in die revolusie wat sou lei tot ʼn beter politieke orde vir Rusland  Die werkers is ook onderdruk en hulle wou verandering hê  Hulle wou beter werksomstandighede hê  Die werkers het met die revolusie geïdentifiseer  Die regering het beheer oor die werkers verloor  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.3 [Vergelyking en analise van die inligting uit Bron 1A en Bron 1B – V3]  Beide bronne verwys na demonstrasies teen die Tsaristiese regering  Beide bronne bevat eise vir beter werksomstandighede  In Bron 1A mobiliseer Gapon die mense teen die regering en Bron 1B ondersteun dit met die uitbeelding van demonstreerder werkers  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Interpretasie en ontleding van inligting uit Bron 1B – V2]  Hy het bedoel dat die regering uit die Eerste Wêreld-oorlog moes onttrek, voedsel moet verskaf en die grond herverdeel  Die mense moes ʼn bevorderlike omgewing hê en toegang hê tot middels om te floreer  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.4.2 [Definisie van ʼn historiese konsep in konteks uit Bron 1C – V1] Proletariaat:  Hierdie konsep verwys na die werkende klas volgens die Kommunistiese literatuur en konseptualisering.  Die werkende klas is sterk beïnvloed deur die leerstellings van die Kommunistiese leerstellings in Rusland.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 9 1.4.3 [Interpretasie en ontleding van inligting uit Bron 1C – V2]  Die Bolsjewiste het ondersteuning selfs binne die Russiese militêre instellings verwerf  Dit het skeuring in die regeringsirkels aangedui  Toon bereidwilligheid van die soldate om saam met die volk teen die Tsaar en sy regering te staan  Dit bewys dat die weermag bereid was om teen ongeregtigheid op te staan (Enige 2 x 2) (4) 1.5 1.5.1 [Onttrekking van inligting uit Bron 1D – V1]  Trotsky (1 x 1) (1) 1.5.2 [Onttrekking van inligting uit Bron 1D – V1]  Nuwe grondverdelings  Einde van die oorlog (Rusland se deelname aan WW1)  Die einde van die Kerensky-regering (Enige 2 x 1) (2) 1.5.3 [Interpretasie en ontleding van inligting uit Bron 1D – V2]  Die Kerensky-regering was swak  Dit het nooit die ondersteuning van die gewone Russe geniet nie  Die Kerensky-regering het nie daarin geslaag om Rusland uit die oorlog te onttrek en om grond te herverdeel nie.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.6 [Paragraaf – interpretasie, analise en sintese van inligting uit relevante bronne en gebruik van eie kennis – V3]  Die oorsake van die 1917-revolusie was baie en uiteenlopend.  Russiese polisie het probeer om die werkers en Vader Gapon te manipuleer. (Bron 1A)  Vader Gapon besef dat hy die ondersteuning van die mense gehad het en het sy rol as polisie-agent verlaat om die demonstrasies te lei. (Bron 1A)  Bron 1A verwys verder na die mobilisasie van die massas gelei deur Vader Gapon.  ʼn Optog is georganiseer om te eis vir beter werksomstandighede vir die Russiese werkers. (Bron 1A)  Bron 1A toon bewyse dat die tsaar sy mag verloor het.  Bron 1B toon werkers wat demonstreer en onbillike aftrekkings van hul lone verwerp.  Bron 1C verwys na die muitery deur die matrose op die Kronstadt vlootbasis.  Dit het duidelik die neerlaag van die Tsaar se reaksionêre magte aangedui.  Bron 1D toon die finale stryd teen die Kerensky-regering.  Die omverwerping van die regering en die magsoorname van die Bolsjewiste word in Bron 1D uitgebeeld.  Die oorblyfsels van die vorige regime was ontwortel.  Enige ander relevante antwoord. (8) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017) VLAK KRITERIA PUNTE  Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse.  Vraag nie beantwoord nie.  Toon geen of min begrip van die oorsake Vlak 1 van die Bolsjewistiese revolusie in Rusland 0–2 in 1917.  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf.  Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp.  Toon ʼn begrip van die oorsake van die Vlak 2 3–5 Bolsjewistiese revolusie in Rusland in 1917.  Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse om ʼn paragraaf te skryf.  Gebruik relevante en toepaslike bewyse.  Demonstreer ʼn deeglike begrip van die oorsake van die Bolsjewistiese revolusie in Vlak 3 Rusland in 1917. 6–8  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 11 VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900-1940 SLEUTEL VRAAG: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE GROOT DEPRESSIE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1930’S? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]  Pryse vir landbouprodukte het gedaal  Boere het haweloos geword  Droogte het te lank geduur vir boere om uit te hou (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2)  Dit was ʼn neerhalende verwysing na Hoover  Die Hoover Administrasie kon nie ʼn geskikte oplossing bied vir die Groot Depressie nie  Hoover is geblameer vir die verwoesting wat deur die depressie veroorsaak is  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]  Gemiddelde gesinsinkomste het met 40 persent gedaal  Die aantal kinders wat na weeshuise gestuur was, het met 50 persent gestyg.  Ongeveer 250,000 ouer kinders het die huis verlaat om werk te soek. (Enige 2 x 1) (2) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]  Baie mense het gedink dat dit die einde van die Amerikaanse Droom was.  Die droom het verander om ʼn reg om materiële voordele in te sluit. (2 x 1) (2) 2.1.5 [Interpretasie en analise van bewyse uit Bron 2A om bruikbaarheid te bepaal – V3]  Die bron verwys na die impak van die droogte wat die situasie vererger het  Boere was die hardste getref en hulle was uit besigheid gedwing  Die bron toon die impak van die depressie op die familie eenheid  Die idee van die Amerikaanse droom was sonder betekenis  Die verbod op alkohol is herroep sodat die regering wins kon maak met alkohol  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017) 2.2 2.2.1 [Interpretasie en analise van bewyse uit Bron 2B – V2)  Die Republikeinse regering het geglo dat die regering geen rol in die ekonomie moet hê nie  Regeringsingryping was beskou as inmenging  Gedurende die 1920’s het die VSA ongekende ekonomiese welvaart beleef  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.2.2 [Interpretasie van inligting uit Bron 2B – V2]  Die ekonomie het deur ʼn verwoestende resessie gegaan  Nywerhede en fabrieke was sluit en afdankings het algemeen geword  Die landbousektor ʼn skerp daling beleef  Banke was insolvent en kon nie lenings vir ekonomiese groei toestaan nie  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]  Beleggers verloor vertroue in die banke  Beleggers het op hul deposito’s in kontant aangedring  Banke het nie genoeg kontantreserwes gehad nie (Enige 1 x 2) (2) 2.3 [Onttrekking van inligting uit Bron 2C – V1]  Koffie  Doughnuts (Oliebolle) (2 x 1) (2) 2.4 [Vergelyking en analise van die inligting uit Bron 2B en Bron 2C – V3]  Beide bronne toon die hoë vlakke van verhongering  Beide bronne noem broodlyne en sopkombuise  In Bron 2B word melding gemaak van die werkloses wat toustaan vir kos en die visuele bron toon mans wat toustaan vir kos by ʼn sopkombuis  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 2.5 2.5.1 [Definisie van ʼn historiese konsep in die konteks van Bron 2D – V1]  Verplettering van die VSA ekonomie as gevolg van die ineenstorting van die New York-effektebeurs in Oktober 1929  Devaluasie van geld en wegholinflasie in die VSA in die 1930’s  Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 13 2.5.2 [Onttrekking van inligting uit Bron 2D – V1]  Prostitusie  Alkoholisme (2 x 1) (2) 2.5.3 [Interpretasie van inligting uit Bron 2D – V2]  Dit was baie duur  Diegene wat nie gewerk het nie kon nie bekostig om vir onderwys te betaal nie.  Die vooruitsigte om werk te kry was skraal, wat belegging in onderwys nutteloos en van geen waarde sou maak nie  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.5.4 [Interpretasie van inligting uit Bron 2D – V2]  Hulle kon nie die koste van ʼn formele egskeiding bekostig nie  Hulle kon nie die rol van ʼn vader en broodwinner in die huis vervul nie  Hulle het gevoel dat hulle waarde as hoofde van die familie van geen waarde  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, analise en sintese van inligting uit al die Bronne – V3]  Die Groot Depressie het die gewone Amerikaners nadelig geraak.  Bron 2A hou verband met die impak van die droogte op die boerderysektor.  Boere verlaat hul plase op soek na werk en het haweloos geword. (Bron 2A)  Die impak op boere en besighede, asook die toename in werkloosheid is blootgestel (Bron 2A).  Die drastiese daling in familie-inkomste word verduidelik in Bron 2A.  Bron 2B toon die impak van die depressie op die banksektor en die gevolglike werkloosheid.  Ordentlike mans het tougestaan vir kos by die baie sopkombuise. (Bronne 2B en 2C)  Banke het insolvent geword en begin om hul lenings te herroep. Dit het die lyding van die Amerikaanse volk vererger. (Bron 2B)  As gevolg hiervan het baie banke gesluit.  Die ondoeltreffende en onbeduidende pogings deur Hoover word na verwys in Bron 2B.  Anti-sosiale gedrag word genoem in Bron 2D, bv. prostitusie, misdaad, egskeiding, alkoholisme, ens.  Enige ander relevante antwoord. (8) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017) Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken. VLAK KRITERIA PUNTE  Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse.  Vraag nie beantwoord nie.  Toon geen of min begrip van die resultate van Vlak 1 die groot depressie in die Verenigde State van 0–2 Amerika in die 1930’s.  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie.  Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp.  Toon ʼn begrip van die resultate van die groot Vlak 2 depressie in die Verenigde State van Amerika 3–5 in die 1930’s.  Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse om ʼn paragraaf te skryf.  Gebruik relevante en toepaslike bewyse.  Demonstreer ʼn deeglike begrip van die resultate van die Groot Depressie in die Vlak 3 Verenigde State van Amerika in die 1930’s. 6–8  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 15 VRAAG 3. IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEUE SLEUTELVRAAG: HOE HET NAZI-DUITSLAND DIE MENSEREGTE VAN MINDERHEIDSGROEPE TUSSEN 1933 EN 1945 GESKEND? 3.1 3.1.1 [Definisie van historiese konsepte uit Bron 3A – V1] Anti-Semitisme  ʼn Diepgaande haat teenoor Jode of enige persoon van Joodse afkoms, veral in Duitsland onder die Nazi-regering gedurende die Tweede Wêreldoorlog  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  525,000 (1 x 1) (1) 3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] Hulle is geblameer vir:  Armoede  Hiperinflasie  Werkloosheid  Neerlaag tydens die Eerste Wêreldoorlog  Oorgawe van Duitsland (Enige 4 x 1) (4) 3.1.4 [Interpretasie en ontleding van inligting uit Bron 3A – V2]  Hulle is geblameer vir die nederlaag van Duitsland  Die Nazi regering het gevoel dat daardie amptenare vir die agteruitgang van Duitsland verantwoordelik was  Hul optrede kon as verraad beskou word  Hul optrede was beskou as verraad van die Duitse nasie  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 3.1.5 [Interpretasie en ontleding van inligting uit Bron 3A – V2]  Verkry sekerheid te verkry vir rasklassifikasie  Om duidelik te identifiseer wie die teiken van Nazi diskriminerende wette sou wees  Vermy dubbelsinnigheid en skep ʼn duidelike onderskeid van rasse  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017) 3.1.6 [Interpretasie en ontleding van inligting uit Bron 3A om bruikbaarheid te bepaal – V3]  Dit bied statistiese inligting oor die Jode wat in 1933 in Duitsland gewoon het  Dit verskaf ook inligting oor die Jode wat geblameer is vir Duitsland se neerlaag gedurende die Eerste Wêreldoorlog  Jode is geblameer vir byna alle negatiewe dinge in Duitsland  Die bron verwys ook na die boikot van Joodse besighede  Dit verwys ook na die Jode se burgerskap verlies in Duitsland  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van inligting uit Bron 3B – V1]  Die Wet vir die Beskerming van Duitse Bloed en Duitse Eer  Reich Burgerskap Wet (2 x 1) (2) 3.2.2 [Onttrekking van inligting uit Bron 3B – V1]  "vyande van die ras-gebaseerde staat" (1 x 2) (2) 3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]  Sulke mense geniet geen beskerming of voordeel van die staat nie  Hulle het geen land van hulle eie nie, hulle is staatloos  Hulle kan opdrag gegee word om Duitsland enige tyd te verlaat  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Onttrekking van inligting uit Bron 3C – V1]  Deur selektiewe teling (1 x 1) (1) 3.3.2 [Onttrekking van inligting uit Bron 3C – V1]  Die gestremdes het die gemeenskap belas met die koste van hul sorg  Hulle was verbied om met Duitsers te trou (1 x 2) (2) 3.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3c – V2]  Die Nazi’s wou die Duitse ras suiwer hou  Hulle wou die Duitse nasie beskerm  Hulle wou die Jode en ander minderhede vir altyd uit die Duitse samelewing verwyder  Die Jode en ander minderhede was beskou as besmetters van die Duitse ras  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 17 3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]  Die polisie weerhou die Jode om vrylik handel te dryf  Die Jode was geteiken vir ontkenning van hul ekonomiese regte  Daar is vrees en bedreiging vir persoonlike veiligheid  Uitsluiting uit die samelewing  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 3.5 [Vergelyking en analise van die inligting uit Bron 3A en Bron 3D – V3]  Beide bronne handel oor die boikot van Joodse besighede  Beide bronne dwing Nazi diskriminerende beleide af  Die visuele Bron, Bron 3D, toon polisie wat plakkate opplak om die Duitsers te waarsku om nie by Joodse winkels te koop nie, iets wat in bron 3A genoem word.  Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.6 [Interpretasie, analise en sintese van inligting uit relevante bronne en eie kennis – V3]  Met die bewindsoorname van die Nazi Party het die posisie van minderhede, soos Jode en Gypsies, vererger.  Hul basiese menseregte is deur die staat geskend.  Die Nazi Party het anti-Semitisme bevorder (Bron 3A).  Die Nazi Party het geglo dat die Duitsers meerderwaardig was (Bron 3A)  Bron 3A – Joodse besighede en eienskappe is gekonfiskeer of vernietig.  Jode was beskou as ʼn minderwaardige ras (Bron 3A).  Jode was ontneem van alle burgerskapregte (Bron 3B).  Bron 3B het die geïnstitusionaliseerde rassisme ontbloot wat deur die Nuremberg Wette gevestig was.  Gypsies en Jode was gedefinieer as nie-Ariërs (Bron 3B).  Albei groepe was verbied om met Duitsers te trou.  Die vervolging van die geneties minderwaardiges (Bron 3C).  Die totale aanslag op alle minderhede. (Bron 3C)  Jode en Gypsies was as gevangenes na konsentrasiekampe gestuur.  Enige ander relevante antwoord (8) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017) Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken. VLAK KRITERIA PUNTE Vlak 1  Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse. 0–2  Vraag nie beantwoord nie.  Toon geen of min begrip van hoe die menseregte van minderhede in Nazi Duitsland was geskend is.  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. Vlak 2  Bewyse is meestal relevant en hou verband met ʼn 3–5 groot mate aan die onderwerp.  Toon ʼn begrip van hoe die menseregte van minderhede in Nazi Duitsland geskend is.  Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse om ʼn paragraaf te skryf. Vlak 3  Gebruik relevante en toepaslike bewyse. 6–8  Demonstreer ʼn deeglike begrip van hoe die regte van minderhede in Nazi Duitsland was geskend is.  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 19 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 SINOPSIS Hierdie vraag vereis dat die kandidate die ekonomiese ontwikkeling wat het, in Rusland onder Stalin plaasgevind moet evalueer en aandui of dit suksesvol was in die omskepping van Rusland as ʼn industriële mag. Die fokus moet op ekonomiese ontwikkeling en beplanning onder Stalin wees. Die kandidaat moet dan relevante en geloofwaardige bewyse gebruik ter ondersteuning van hul standpunt. HOOFASPEKTE INLEIDING  Die kandidaat moet in die inleiding standpunt inneem met betrekking tot die stelling dat Stalin se ekonomie en ontwikkelingsprogramme daarin geslaag het om Rusland tot ʼn industriële mag te verander. Die Inleiding moet fokus op die impak van Stalin se Vyfjaarplanne, met spesiale verwysing na industrialisasie. UITBREIDING  Stalin se teenkanting teen die NEP – onttrekking van die NEP  Stalin se doelwitte – ekonomiese ontwikkeling en beplanning  Rol van Gosplan  Eerste Vyfjaarplan – spesiale fokus op industrialisasie  Tweede Vyfjaarplan  Opofferinge verwag van Russiese werkers.  Derde Vyfjaarplan en die Tweede Wêreldoorlog.  Impak op ekonomie.  Geslote aard van die Russiese samelewing. GEVOLGTREKKING  Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante slot met inagneming van die standpunt wat in die inleiding geneem is. [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 GESKIEDENIS V1 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940 SINOPSIS Daar word van die kandidaat verwag om die mate waartoe Roosevelt se Nuwe Bedeling suksesvol was om die negatiewe gevolge van die Groot Depressie te verbeter, te bespreek. Die kandidaat moet relevante historiese bewyse gebruik om die standpunt te ondersteun. BELANGRIKSTE ASPEKTE INLEIDING  Die kandidaat moet ʼn standpunt ten opsigte van die stelling inneem. Relevante historiese bewyse moet gebruik word om die argumentslyn te ontwikkel. UITBREIDING  Die 1933 Presidensiële verkiesing – Roosevelt se belofte vir ʼn Nuwe Bedeling  1933 verkiesing – Demokratiese Party oorwinning  Verandering in die regering se ekonomiese beleid  Demokratiese Party – direkte regeringsingryping in die ekonomie aanbeveel  Die Een honderd Dae sessie van die kongres  Die drie “Re” – verligting, herstel en hervorming  Verligtingsmaatreëls  Herstelmaatreëls  Hervormingsmaatreëls  Ekonomiese herstel  Evaluering van die Nuwe Bedeling  Kritiek van die Nuwe Bedeling GEVOLGTREKKING  Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante slot met inagneming van die standpunt wat in die inleiding geneem is. [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 21 VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19e EN 20ste EEU SINOPSIS Die kandidaat moet fokus op die implementering van die eugenetika-beleide en Sosiale Darwinisme in Australië. Die kandidaat moet die mate waartoe hierdie beleid ʼn uitwerking gehad het op die inheemse (Aboriginal) mense van Australië evalueer, en aandui of dit volksmoord was of nie. HOOFASPEKTE INLEIDING  Inleiding moet fokus op die toepassing en impak van eugenetika en Sosiale Darwinisme in Australië deur die wit-setlaar-bevolking. ʼn Definisie van elk van hierdie konsepte kan aanvaar word. Die kandidate moet ʼn begrip van die verband tussen hierdie beleid en die bykans totale uitwissing van die Inheemse (Aboriginaal) mense van Australië demonstreer en aandui of dit tot ʼn volksmoord gelei het of nie. UITBREIDING  Britse kolonisasie en besetting van Australië.  Beleid van ʼn ‘onbewoonde land’ – terra nullius.  Vervolging van die Inheemse (Aboriginal) gemeenskappe.  Toepassing van eugenetika beleide op die Inheemse bevolking (Aborigines).  Die grondkwessie en Nasionale Kombersdag.  Wit immigrasie uit Europa.  Wit moeders aangemoedig om meer kinders te kry – vyf pond vir elke wit kind wat gebore is.  Rasse-agteruitgang en rasseselfmoord – wat immigrasie beleid beïnvloed het.  Beleid van assimilasie.  Die Gesteelde Generasie – basterkinders (half-caste) kinders.  Verlore identiteit.  Volksmoord – ʼn generasie van Inheemse (Aborigines) uitgedun.  Pogings om versoening – Nasionale Jammer Dag, verwerping van die terra nullius beleid. GEVOLGTREKKING  Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante slot met inagneming van die standpunt wat in die inleiding geneem is. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all