Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V2
2018
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 


%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--823f960e-4e82-4df5-9636-7331aa167ec2/v1-a0a97a96d22e080d0901/card.webp)

View all



History P2 May June 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 9
- File size
- 305.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/2018
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/2018
SSE
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: WATTER IMPAK HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE (SB)
IN DIE 1970's OP SUID-AFRIKANERS GEHAD?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Verduidelik die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Waarom is Bantu Stephen Biko as 'n 'hoogs gerespekteerde
intellektueel' beskou? Gee TWEE redes uit die bron. (2 x 1) (2)
1.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom dit vir Biko belangrik was om die 'trots' en 'kultuur' van
swart Suid-Afrikaners te herstel. (2 x 2) (4)
1.1.4 Lewer kommentaar op waarom jy dink NUSAS krities oor die
apartheidsregering se optrede was. (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Identifiseer TWEE vorme van verset wat die studente gedurende
die 1970's by die Turfloop Universiteit onderneem het. (2 x 1) (2)
1.2.2 Hoe, volgens die bron, het die volgende mense op Tiro se skorsing
gereageer:
(a) Swart akademici (1 x 2) (2)
(b) Studente by die Turfloop Universiteit (1 x 2) (2)
1.2.3 Verduidelik die impak wat die studente-opstand by die Turfloop
Universiteit op SASO gehad het. (2 x 2) (4)
1.2.4 Lewer kommentaar op waarom jy dink dat hierdie bron bruikbaar
sou wees vir 'n historikus wat die rol van SASO navors. (2 x 2) (4)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Hoe, volgens die foto, het studente teen Bantoe-onderwys betoog?
(1 x 2) (2)
1.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op die woorde op die plakkaat: 'ONS BAKLEI NIE
MET JULLE NIE, LAAT NET ONS MEDESTUDENTE VRY' in die
konteks van studentebetogings. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/2018
SSE
1.4 Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse
in Bron 1C ondersteun ten opsigte van die impak van SASO. (2 x 2) (4)
1.5 Gebruik Bron 1D.
1.5.1 Waarom, volgens die bron, was die Swartbewussynsfilosofie
suksesvol? (1 x 2) (2)
1.5.2 Lewer kommentaar op waarom jy dink baie swart Suid-Afrikaners
besluit het om teen die apartheidsregering op te staan. (1 x 2) (2)
1.5.3 Watter TWEE metodes, volgens die bron, het die
apartheidsregering gebruik om studenteverset te onderdruk?
(2 x 1) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin die
impak wat die Swartbewussynsfilosofie in die 1970's op Suid-Afrikaners
gehad het, verduidelik word. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/2018
SSE
VRAAG 2: HOE HET DIE AMNESTIEKOMITEE VAN DIE WAARHEIDS-EN-
VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE DOOD VAN BANTU
STEPHEN BIKO HANTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Haal TWEE redes uit die bron aan vir die stigting van die WVK in
1995. (2 x 1) (2)
2.1.2 Definieer die konsep versoening in die konteks van die WVK-
verhore. (1 x 2) (2)
2.1.3 Lewer kommentaar op Herwitz se bewering dat die samestelling
van die WVK 'kwalik gebalanseerd' was. (2 x 2) (4)
2.1.4 Verduidelik waarom jy dink die WVK-verhore 'n belangrike
'simboliese funksie' in Suid-Afrika gedien het. (2 x 2) (4)
2.1.5 Waarom, volgens die inligting in die bron, het meer as eenduisend
oortreders amnestie ontvang? (1 x 2) (2)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Wat het daartoe aanleiding gegee dat die veiligheidspolisiemanne
van Port Elizabeth om amnestie aansoek gedoen het? (1 x 2) (2)
2.2.2 Noem enige VIER van die veiligheidspolisiemanne in die bron wat
voor die Amnestiekomitee van die WVK vir die moord op Bantu
Stephen Biko verskyn het. (4 x 1) (4)
2.2.3 Verduidelik waarom jy dink George Bizos besluit het om die
amnestieaansoek van die veiligheidspolisiemanne teë te staan.
(2 x 2) (4)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Waarom, volgens die inligting in die bron, is amnestie vir die moord
op Biko aan die vier veiligheidspolisiemanne geweier? (1 x 2) (2)
2.3.2 Lewer kommentaar op waarom jy die inligting in die bron as
bruikbaar sou beskou vir navorsing van die amnestieverhore van
die WVK. (2 x 2) (4)
2.4 Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
bewyse ten opsigte van die amnestieverhore van die veiligheidspolisiemanne
in Bron 2C ondersteun. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/2018
SSE
2.5 Bestudeer Bron 2D.
2.5.1 Verduidelik die boodskappe wat die spotprent oordra. Gebruik die
visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.5.2 Lewer kommentaar op waarom jy dink die titel van die spotprent
'DIE BIKO-ONDERSOEK – 20 JAAR LATER' is. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die Amnestiekomitee van die WVK die dood van Bantu Stephen Biko
hanteer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/2018
SSE
VRAAG 3: HOE IS SUID-AFRIKA SE KLERE- EN TEKSTIELBEDRYF DEUR
GLOBALISERING GERAAK?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Noem enige TWEE faktore in die bron wat die Suid-Afrikaanse
klere- en tekstielbedryf voor 1994 in staat gestel het om in werking
te wees. (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat was die uitkomste van die globale handelsamesprekings
waaraan Suid-Afrika in 1993 deelgeneem het? (2 x 1) (2)
3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die vakbonde en Nelson Mandela die plaaslike klere- en
tekstielbedryf in 1993 wou beskerm. (2 x 2) (4)
3.1.4 Lewer kommentaar op die impak wat die oopmaak van Suid-Afrika
se markte in die 1990's op die klere- en tekstielbedryf gehad het.
(2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Noem TWEE maniere in die bron wat aandui hoe Suid-Afrika se
klere- en tekstielbedryf beïnvloed is. (2 x 1) (2)
3.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Suid-Afrika se klere- en tekstielbedryf as 'uniek' beskou is.
(2 x 2) (4)
3.2.3 Wat, volgens Vlok, was die grootste uitdaging waarvoor Suid-Afrika
se klere- en tekstielbedryf te staan gekom het? (1 x 2) (2)
3.3 Vergelyk Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A en Bron 3B
eenders is ten opsigte van die impak wat globalisering op Suid-Afrika se
klere- en tekstielbedryf gehad het. (2 x 2) (4)
3.4 Gebruik Bron 3C.
3.4.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem is. (2 x 2) (4)
3.4.2 Lewer kommentaar op wat deur die opskrif: ' 'N NUWE
GROEIKOERS/-PAD VIR BEHOORLIKE WERK IN DIE KLERE-,
TEKSTIEL-, SKOEN- EN LEERBEDRYF' op die banier geïmpliseer
word. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/2018
SSE
3.5 Raadpleeg Bron 3D.
3.5.1 Verduidelik die term globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.5.2 Haal enige TWEE redes uit die bron aan wat tot die agteruitgang
van Suid-Afrika se klere- en tekstielbedryf bygedra het. (2 x 1) (2)
3.5.3 Kies TWEE bewyse uit die bron wat te kenne gee dat die
implementering van die CTCP 'n sukses was. (2 x 1) (2)
3.5.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die
bron vir 'n historikus wat die impak bestudeer wat die
Suid-Afrikaanse regering op die klere- en tekstielbedryf gehad het.
(2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te
verduidelik hoe Suid-Afrika se klere- en tekstielbedryf deur globalisering
geraak is. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/2018
SSE
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
Die internasionale anti-apartheidsbeweging het 'n belangrike rol gespeel om die
ondergang van die apartheidsregime in die 1980's te verseker.
Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Die geweld wat gedurende die 1990's in verskeie dele van Suid-Afrika uitgebreek het,
het amper die geboorte van 'n demokratiese bedeling in 1994 ontspoor.
Bespreek die stelling krities in die konteks van die onderhandelingsproses tussen 1990
en 1994 tussen verskillende politieke organisasies. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
Verduidelik tot watter mate Gorbachev se hervormings gedurende die 1980's in die
Sowjetunie bygedra het tot politieke veranderings wat na 1989 in Suid-Afrika
plaasgevind het.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
History-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Mpumalanga.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr 12 History P2 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
History P2 Nov 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Addendum
History P2 May June 2018 Addendum Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
History P2 Add June 2019 Eng_hlayiso.com_.pdf
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--823f960e-4e82-4df5-9636-7331aa167ec2/v1-a0a97a96d22e080d0901/card.webp)
Question paper
Grade 12 NSC History P2 (English) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
NW NSC HISTORY P2 AFR SEPT 2019_hlayiso.com_.pdf

Question paper
History P2 Nov 2019 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
History P2 May June 2022 Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 History
Explore more published documents in this catalogue.
Addendum
History-Grade-12-NSC-P2-ADDENDUM-September-2025-Mpumalanga.pdf

Memorandum
History-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Memorandum
History P1 May-June 2025 MG Eng.pdf

Addendum
HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum