Downloaded from hlayiso.com
GASVRYHEIDSTUDIES
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentExam guideline 











View all



--2e4af392-e74c-47c0-b55b-eed2493c2da9/v1-648e27bb1168ded7c346/card.webp)
--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)
Hospitality Studies GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr hlayiso.com
Hospitality Studies · Grade 12 · Hospitality Studies · 2021. Exam guideline, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Exam guideline
- Year
- 2021
- Exam period
- Hospitality Studies
- Pages
- 14
- File size
- 416.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUDSOPGAWE Bladsy
1. INLEIDING 3
2. DOEL VAN DIE RIGLYNE 3
3. ASSESSERING IN GRAAD 12 4
3.1 Formaat van die Gasvryheidstudies-vraestel 4
3.2 Kognitiewe vlakke en gewigswaarde van die eksterne vraestel 5
3.3 Verduideliking van Bloom se hersiene taksonomie 5
3.4 Kenmerke en verwagtinge van hoërorde-denke 8
3.5 Opbou van vrae 8
4. VAKINHOUD 9
4.1 Verduideliking van sekere inhoud 9
5. VAKRIGLYNE
5.1 Riglyne vir leerders: beantwoording van vraestelle 11
5.2 Onderrig en leer: begrippe en terminologie 13
5.3 Aanbevole hulpbronmateriaal 14
6. SLOT 14
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
1. INLEIDING
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Verbruikerstudies beskryf die aard
en doel van die vak Verbruikerstudies. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die
onderrig en assessering van die vak in graad 12.
Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:
Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
Seniorsertifikaat (NSS)-eksamen in Verbruikerstudies geassesseer gaan word.
Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.
Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie.
Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:
Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
(KABV): Verbruikerstudies
Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die
Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12
Die Verkorte Afdeling 4 van die Graad 12-KABV-wysigings
2. DOEL VAN DIE RIGLYNE
Die finale punt vir Gasvryheidstudies sluit die volgende in (KABV bl. 61):
Skoolgebaseerde assessering (formele toetse/eksamen, vaardigheidstoetse en praktiese
klasse) (25%)
Praktiese Assesseringstaak (25%)
Finale teorie-eksamen (50%)
Die instruksies vir die Praktiese Assesseringstake en die teorie-eksamenvraestel sal ekstern deur
die Departement van Basiese Onderwys opgestel word.
Die doel van hierdie dokument is nie om voorbeeldvrae en -antwoorde vir eksamendoeleindes te
verskaf nie; vorige Nasionale graad 12-eksamenvraestelle en nasienriglyne kan vir hierdie doel
gebruik word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
3. ASSESSERING IN GRAAD 12
3.1 Formaat van die Gasvryheidstudies-vraestel
'n Drie-uur-vraestel van 200 punte word aan die einde van die jaar in graad 12 geskryf.
Slegs graad 12-inhoud sal geassesseer word. Kennis wat voorheen in graad 10 en 11
opgedoen is, mag egter nodig wees om sommige van die vrae te interpreteer en
beantwoord.
Uitleg van die eksterne vraestel
AFDELING VRAAG INHOUD GRAAD 12 PUNTE
AFDELING A 1 Kortvrae (alle onderwerpe)
Meervoudigekeuse-vrae 10
Pasitems
Een woord/term
Seleksie/Identifisering 30
Herrangskik
Totaal 40
AFDELING B 2 Kombuis- en restaurantbedrywighede 20
Higiëne, veiligheid en sekuriteit
AFDELING C 3, 4 Voeding en spyskaartbeplanning 80 (2 x 40)
Voedselkommoditeite
AFDELING D 5, 6 Sektore en loopbane 60 (2 x 30)
Voedsel- en drankbediening
TOTAAL 200
Die gewigswaarde van punte wat vir die onderwerpe in AFDELING B, C en D toegeken word,
word bepaal deur die hoeveelheid inhoud in elke subonderwerp.
Voorbeeld: Voeding en Spyskaartbeplanning het drie subonderwerpe, terwyl Kommoditeite sewe
subonderwerpe het.
Tipes vrae
Meervoudigekeuse-vrae
Pasitems
Eenwoord-items
Scenario-gebaseerde vrae
Seleksie/Identifikasie
Herrangskik
Rangskikking van begrippe
Identifisering van prente/sketse/foto's (brongebaseerde antwoorde)
Ontleding/Interpretasie van illustrasies/grafieke/tabelle met data
Medium-antwoord-vrae
Lang-antwoord-vrae
LET WEL:
Die onderwerpe is in die vrae geïntegreer.
Waar/Onwaar- en ontbrekendewoord-vrae sal NIE by die eksterne vraestel ingesluit word
NIE.
Maak seker dat leerders in die eksamen gereed is om:
o Antwoorde in volsinne te skryf
o Te verstaan hoe om die aksiewerkwoord in die vraag te interpreteer
o Die vermoë te demonstreer om die instruksies wat deur die aksiewerkwoord gegee
word, in die antwoord uit te voer
o Die puntetoekenning vir die vraag te gebruik om die formulering van die antwoord te
bepaal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
3.2 Kognitiewe vlakke en gewigswaarde van die eksterne vraestel
KOGNITIEWE VLAK PERSENTASIE PUNTE
Laer orde: 30% 60
Onthou
Middelorde: 50% 100
Verstaan (20%)
Toepas (30%)
Hoër orde: 20% 40
Ontleed, evalueer en skep
3.3 Verduideliking van Bloom se hersiende taksonomie
KOGNITIEWE SLEUTELWERKWOORDE OF VERDUIDELIKING VAN
VLAKKE AKSIEWOORDE KOGNITIEWE VLAKKE
Laer- Onthou Skryf; kies; memoriseer; Onthou iets wat voorheen geleer is;
orde herroep; herken; benoem; herken; onthou relevante inligting;
noem; identifiseer; ondersoek; noem feite op; definieer en beskryf
vind; lys; kwoteer; rangskik in basiese feite; regstreekse onthou
volgorde; definieer; beskryf; van inligting in 'n handboek;
gee voorbeelde; reproduseer verduidelik bepaalde terminologie;
identifiseer antwoorde uit 'n stuk
teks/gevallestudie/prentjie
Voorbeelde van laer-orde-vrae: Onthou
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Die tegniek waar warm brandewyn bo-oor crêpes Suzette gegooi word en dit dan aan die
brand gesteek word, word … genoem.
A frappé
B fromage
C flambé
D fumet (1)
1.2 SELEKSIE
1.2.1 Kies VIER witwynkultivars. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1) in
die ANTWOORDEBOEK.
A Pinot Noir
B Colombar
C Shiraz
D Chenin Blanc
E Chardonnay
F Merlot
G Cabernet Sauvignon
H Sauvignon Blanc (4)
1.3 Noem TWEE soorte glase wat 'n kelner vir die bediening van nie-alkoholiese drankies sal
gebruik. (2)
1.4 Definieer die term flambé. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
Middel- KOGNITIEWE SLEUTELWERKWOORDE VERDUIDELIKING VAN
orde VLAKKE OF AKSIEWOORDE KOGNITIEWE VLAKKE
Begrip Vertel; rapporteer; verduidelik; Toon 'n basiese begrip van die
identifiseer; beskryf; som op; konsepte en kurrikulum.
bespreek; interpreteer; Druk in ander woorde uit; gee eie
tabuleer; klassifiseer; herken; betekenis.
herrangskik Verstaan
Pas inligting bymekaar
Kategoriseer inligting
Toepas Pas aan; rangskik; bereken; Interpreteer kennis en pas dit toe
besluit en pas toe; voer uit; Kies inligting, samel dit in en
demonstreer/toon; klassifiseer dit
interpreteer; illustreer; wys; Wysig en gebruik bestaande kennis
voorspel; beskryf hoe/ Onttrek inligting uit 'n gegewe teks
waarom; stel vas en beskryf;
identifiseer en beskryf;
implementeer; berei voor;
los op; skakel om; sorteer en
rangskik inligting; kies 'n
bepaalde aksie
Voorbeelde van middel-orde-vrae: Begrip en Toepas
1.1 Som die voorbereiding van chouxpasta in VIER stappe op. (4)
1.2 Verduidelik kortliks die funksie van die volgende bestanddele tydens die bereiding van
skilferkorsdeeg:
1.2.1 Sout (1)
1.2.2 Vette (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 7 DBE/2021
Eksamenriglyne
Hoër- KOGNITIEWE SLEUTELWERKWOORDE OF VERDUIDELIKING VAN
order VLAKKE AKSIEWOORDE KOGNITIEWE VLAKKE
Analisering of Analiseer; bereken; klassifiseer; Analiseer inligting in 'n nuwe of
analise kategoriseer; vergelyk; los op; onbekende konteks; los probleme
vind verbande; dekonstrueer; op gebaseer op onbekende
bepaal/stel vas; takseer; skei; kontekste; gebruik redenering om
onderskei; identifiseer en nieroetineprobleme op te los;
beskryf ooreenkomste en identifiseer die probleem en
verskille; interpreteer gebruik dan geskikte metode om
gevallestudies; sorteer; kies die dit op te los; los nie-roetine-
mees geskikte probleme op gebaseer op werklike
kontekste
Onderskei tussen aspekte;
vergelyk en verduidelik
Evaluering Beoordeel; evalueer; kritiseer; Doen beoordelings; lewer kritiek en
gee 'n mening; assesseer; maak aanbevelings; weeg
gee standpunt; vat saam; krities moontlikhede teen mekaar op en
oor inligting; debatteer; verskaf maak aanbevelings; beoordeel die
'n oplossing; motiveer; waarde van iets met gebruik van
ondersteun; staaf; regverdig; kriteria
plaas in rangorde; prioritiseer;
beveel aan; verifieer; verwerp;
hersien; gee 'n punt; redeneer;
verdedig 'n mening
Skep/ Stel saam; ontwerp; skep; vindVorm 'n sintese; skep of vind
Sintese- uit; organiseer; stel saam; vernuwende oplossings; formuleer
vorming integreer; voorspel; wysig dienuwe idees; gebruik kritiese
bestaande in 'n nuwe; ontwikkel;
argumente gekoppel aan abstrakte
formuleer; verbeter tekste; werk met komplekse
probleme wat insig vereis
Voorbeelde van hoër-orde-vrae: Analisering, Evaluering en Skep
1.1 Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SPYSKAART
FORMELE DINEE
Garnaalkelkie
Consommé Royal
Beef Wellington met Rooiwynsous
Duchesse-aartappels
Verglansde Groente
Gemengdebessie-jellie
Tee/Koffie
26 November 2021
R120
1.1.1 Evalueer die geskiktheid van die spyskaart vir mense met 'n hoë cholesterolvlak. (4)
1.1.2 Beveel 'n geskikte 'cover' vir die spyskaart hierbo aan. (1)
1.1.3 Regverdig waarom die spyskaart hierbo vir 'n formele dinee geskik is. (3)
1.1.4 Voorspel watter gereg NIE deur Moslemgaste geëet sal word nie. Motiveer jou
antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 8 DBE/2021
Eksamenriglyne
1.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Gebied langs Binfield, op pad na Hogsback, is 'n paar jaar gelede as 'n
toeristebestemming geïdentifiseer. Gemeenskapslede is verskuif en huise is gesloop. Die
munisipaliteit sou die gebied ontwikkel. 'n Dam en 'n restaurant is gebou. Die
munisipaliteit het 'n sakeplan vir die Binfield-restaurant gehad, wat 'n voorblad, sakeadres
en die produkte wat hulle sou aanbied, ingesluit. Tien jaar is verby, die dam is stil en geen
toeriste word na die gebied gelok soos wat belowe is nie.
Evalueer die Binfield-sakeplan wat deur die munisipaliteit opgestel is. (8)
1.3 Ontwerp 'n etiket vir 'n gepreserveerde produk om by 'n voedselmark te verkoop. (8)
3.4 Kenmerke en verwagtings van hoër-orde-denke
Vereis van die leerders om om te gaan met tekste wat hulle nie vooraf geoefen het of mee
bekend is nie
Vereis diep denke
Sluit in die assessering van kritiese, logiese, besinnende en kreatiewe denke
Is gegrond in laer-orde-vaardighede en is geskakel aan voorafgaande kennis van die leerstof
of vakinhoud, wat beteken dat die leerder die grondslagkennis nodig het waarop hy kan
uitbrei
Vereis van leerders om die inligting te genereer wat nodig is om die vraag te beantwoord uit
hulle kennisbasis en die hulpmiddels wat verskaf is
Die onderwyser moet dus die leerder voor probleme, onsekerhede, vrae of dilemmas stel
waarmee hy nie bekend is nie
Laat die leerder voor 'n storie, scenario, gevallestudie, probleem, vraagstuk, onverwagte
situasie of foto's te staan kom om dit te skakel met die teorie of ware lewensituasies
Die vermoë om dele bymekaar te sit om 'n nuwe geheel te vorm. Dit mag die produksie van 'n
unieke kommunikasie (bemarkingsmiddel of produk), 'n operasionele plan (besigheidsplan of
kwotasie) behels of beredenering
3.5 Opbou van vrae
Binne elke vraag moet die subvrae van maklike na moeiliker vrae opbou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 9 DBE/2021
Eksamenriglyne
4. VAKINHOUD
LET WEL: Hoewel onderwysers en leerders op die vakinhoud vir graad 12 moet konsentreer,
moet leerders steeds 'n deeglike begrip hê van die vakinhoud wat in graad 10 en
11 behandel is.
4.1 Duidelikheid oor sekere gedeeltes van die inhoud
Vir volledige besonderhede oor die VAKINHOUD, raadpleeg die KABV-dokument.
LET WEL: Spyskaartbeplanning moet tesame met die kommoditeite en onderwerpe hieronder
onderrig word:
Jode, Moslems, Hindoes
Suid-Afrikaanse geregte/produkte/bestanddele, bv. vleis (bv. mogodu, skop,
skilpadjies, bobotie, sosaties), nageregte (koekstruif, malvapoeding, ens),
ingemaakte produkte (atjar, chakalaka, blatjang, kweperjellie, ens.)
Allergieë
Hoë cholesterol
Diabetes
Hoë bloeddruk (hipertensie)
Verskillende vegetariërs, bv. ovovegetariër, lakto-ovo-vegetariër
Spyskaarte sluit formele dinees, bankette en skemerkelkies in.
Die Voedselpiramide vir Voedingswaarde
Die leerder moet weet waar die voedselkommoditeit op die voedselpiramide verskyn asook die
voedingswaarde van die hoogste voedingstof wat in die kommoditeit voorkom. Sekere produkte
kan aan meer as een voedselgroep behoort, bv. Pavlova word gemaak van eierwitte en suiker en
sal dus aan die vleis- alternatiewe groep sowel as aan die vette-, olie- en soetgoedgroep behoort.
Indien vars vrugte as 'n vulsel bygevoeg word sal dit ook die vrugtegroep insluit.
Chouxdeeg
Die leerder moet vertroud wees met die produkte wat van chouxdeeg gemaak word:
Profiterole en roompoffertjies: 'n gevulde chouxdeegballetjie met 'n soet, klam vulsel van
geklopte room, vla, tertroom of roomys.
Croquembouche: 'n Franse nagereg bestaande uit chouxdeegballetjies wat in 'n keëlvorm
gestapel word en met karameldrade gebind word.
Éclairs/Roompoffer: 'n langwerpige fyngebak gemaak van chouxdeeg, met 'n roomvulsel en
versiersuiker of sjokolade bo-op.
Franse krullers: 'n ringvormige oliebol gemaak van chouxdeeg met 'n ligte tekstuur.
Beignets: die Franse term vir fyngebak wat van diepgebraaide chouxdeeg gemaak word.
Gâteau St. Honoré: hierdie klassieke Franse nagereg het 'n sirkel chouxdeeg as basis met 'n
ring choux wat om die buiterand gespuit word. Nadat die basis gebak is, word klein
roompoffertjies in gekaramelliseerde suiker gedoop en langs mekaar bo-op die chouxsirkel
vasgesit.
Paris Brest: dit word gemaak met 'n groot ring chouxdeeg wat met amandels gesprinkel word
en gevul word met pralien gegeurde room.
Gougères/Franse kaaspoffertjies: 'n gebakte soutchouxtertjie gemaak van chouxdeeg wat
met kaas gemeng word
Gelatien
Tipes gelatien, insluitend vegetariese opsies
Hoe om gelatien te gebruik (fases van gelatienvoorbereiding, hantering van gelatien, bv.
vorming en ontvorming)
Faktore wat jelvorming sal beïnvloed, insluitend die byvoeging van sekere bestanddele
Integreer gelatien in nageregte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 10 DBE/2021
Eksamenriglyne
Gepreserveerde voedsel
Die leerder moet vertroud wees met:
Die tegnieke/metodes om voedsel tuis te preserveer en dié wat geskik is vir
entrepreneursgeleenthede.
Die produkte: gerookte vleis of vis, blatjang, konfyt, vrugtejellie, chakalaka, souse,
vrugtesmeer en vrugte (gekristaliseer en gebottel).
Die interpretasie en ontwerp van etikette vir gepreserveerde voedselprodukte.
Gepreserveerde produkte vorm deel van 'n verskeidenheid geregte en moet by vingerhappies,
vleisgeregte en selfs nageregte ingesluit word.
Nie-alkoholiese drankies
Wyn
o Alkoholvrye wyn of gedealkoholiseerde wyn
o Gefortifiseerde wyne (voorbeelde soos dessertwyn, sjerrie en port, maar nie die
verskillende soorte sjerrie en port nie)
Nie-Alkoholiese Drankies
o Soorte nie-alkoholiese drankies bv. gekarboniseerde water, minerale water, kwasse,
strope, sappe, ens.
o Stel die term nie-alkoholiese mengeldrankies 'mocktail'/koggelkelkie bekend
o Algemene reëls vir die meng van mengeldrankies (geen spesifieke mengeldrankies nie,
slegs nie-alkoholies)
o Metodes van voorbereiding: geskud, gemeng, geroer, gebou
o Bediening van koffie en tee
Loopbane
Die leerder moet vertroud wees met:
Hoe die Gasvryheidsektor/entrepreneurskap bydra tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
Verskillende geleenthede vir selfindiensneming/entrepreneurskap. Stel nuwe tendense in
entrepreneursondernemings bekend bv. voedseltrokke, vakman-voedselmarkte
opskietrestaurante ('pop-up'), maaltye om saam te neem, persoonlike sjefs,
voedselaflewerings, aanlynkookklasse ens.
Ontwerp en evalueer 'n besigheidsplan vir entrepreneursgeleenthede: sluit die 'SWOT'
analise in om die besigheid te evalueer.
Bemarkingskonsepte en terminologie.
Ontwerp en aanbied van 'n bemarkingsmiddel om die produk te adverteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 11 DBE/2021
Eksamenriglyne
5. VAKRIGLYNE
5.1 Riglyne vir leerders: die beantwoording van vraestelle
Werk deur ou vraestelle ter voorbereiding vir die finale eksamen.
Raak gewoond aan die verskillende tipes vrae en maak seker jy verstaan hoe die verskillende
vrae beantwoord moet word.
Raak vertroud met die uitleg van die vraestel en hoe om die tyd per vraag effektief te bestuur.
5.1.1 Instruksies
Antwoord AL die vrae in die eksamenvraestel. Daar is GEEN keusevrae nie.
Beantwoord al die afdelings op die FOLIOPAPIER wat verskaf word. In die finale eksamen
sal jy van 'n antwoordeboek voorsien word.
Nommer ooreenkomstig die nommeringstelsel wat in die eksamenvraestel gebruik word:
maak seker dat jou antwoorde korrek genommer is en ooreenstem met die nommers in die
vraestel.
Gebruik die eerste bladsy van die foliopapier vir Afdeling A: Kortvrae.
o Verskaf slegs een antwoord per lyntjie.
o Skryf die nommers ondermekaar, nie langsmekaar nie
o Moenie 'n reëltjie ooplaat tussen antwoorde nie.
Korrekte voorbeeld:
1.1.1
1.1.2
1.1.3
1.1.4
Laat 'n lyntjie/reël oop voordat daar met 'n nuwe afdeling begin word, bv. tussen Afdeling B
en C.
Maak seker dat jy die begin van 'n nuwe vraag bv. VRAAG 2 in die middel van die bladsy
aandui.
Nommer die individuele vrae langs die linkerkantste kantlyn en NIE in die middel NIE.
Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy: Trek 'n lyn aan die einde van Vraag 2, blaai om en
begin met Vraag 3, ens.
Sit jou antwoord duidelik uiteen deur in 'n netjiese en leesbare skrif te skryf: Onduidelike skrif
kan 'n verlies van punte tot gevolg hê.
Elke vraestel bestaan uit 'n sekere aantal bladsye wat op die voorblad aangedui sal word. Tel
die aantal bladsye om te sien of dit ooreenstem en verseker dat al die bladsye duidelik en
volledig is.
5.1.2 Hoe om die vraestel te benader:
Lees deur die vraestel en neem kennis van die aantal afdelings (A-D) en die aantal
vrae (1–6).
Lees deeglik deur al die vrae voordat jy dit antwoord. Lees met aandag gedurende die
leestyd en maak notas sodra jy toegelaat word, na die leestyd; indien jy aan iets dink.
Besluit watter vrae die maklikste sal wees om eerste te doen.
Bepaal die tyd wat jy aan 'n vraag gaan spandeer, sodat jy nie aan die einde te min tyd oor
het nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 12 DBE/2021
Eksamenriglyne
VOORGESTELDE TYDINDELING:
AFDELING VRAAG PUNTE VOORGESTELDE TYD
PER VRAAG
KORTVRAE
Afdeling A 1 40 30 minute
LANGVRAE
Afdeling B 2 20 20 minute
Afdeling C 3 40 35 minute
4 40 35 minute
Afdeling D 5 30 30 minute
6 30 30 minute
TOTAAL 200 180 minute = 3 uur
As jy nie weet wat die antwoord is nie, gaan aan met die volgende vraag.
Tyd bespaar op sekere vrae kan gebruik word om terug te keer na die vrae wat vir jou moeilik
was. Probeer om nie oop spasies te laat nie.
Bly gefokus en werk tot die einde van die eksamensessie sodat jy die tyd doeltreffend
gebruik.
Maak seker dat GEEN vrae uitgelaat is nie.
5.1.3 Hoe om die vrae te benader:
Lees eerstens die instruksie by elke vraag om sodoende jou vraag behoorlik te formuleer.
Elke subafdeling vir Vraag 1 is 'n ander soort vraag, bv. Pas kolomme of skryf EEN woord/
term.
Langvrae 2–6 kan 'n verskeidenheid instruksies insluit soos die skryf van 'n paragraaf, die
ontwerp van 'n etiket of tabulering van die antwoord.
Onderstreep die aksiewerkwoord in elke vraag. Die werkwoord gee die instruksie en dui aan
wat in die antwoord vereis word.
Neem kennis van die puntetoekenning per vraag: die puntetoekenning is 'n aanduiding van
die aantal feite wat vereis word om punte vir die vraag te verkry:
o Waar 'n spesifieke aantal feite vereis word bv. Noem DRIE ..., sal slegs die eerste drie
feite nagesien word.
o Wanneer vrae soos verduidelik, bespreek, motiveer, evalueer, ens. gevra word moet
leerders egter soveel as moontlik skryf om hulself te verduidelik of om die vraag te
beantwoord
Waar items soos spyskaarte, prentjies, illustrasies, gevallestudies of scenario's verskaf word:
o Lees/bestudeer eers die instruksie
o Bestudeer dan die gegewe item, bv. paragraaf, prentjie, uittreksel.
o Lees die vrae wat volg en hou die gegewe scenario/konteks in gedagte wanneer die vrae
beantwoord word
5.2 Onderrig en leer: begrippe en terminologie
Die vakinhoud van Gasvryheidstudies sluit in konsepte en 'n terminologie wat spesifiek aan die
vak gekoppel is. Elke les moet 'n verduideliking insluit van die terme wat op die onderwerp of
onderafdeling van die onderwerp betrekking het.
Skryf die konsepte/terminologie op die bord/maak 'n woordmuur of PowerPointreeks sodat
leerders die spelling van die konsepte/terminologie kan sien.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 13 DBE/2021
Eksamenriglyne
Bloom se taksonomie: Aksiewerkwoorde
Onderwysers moet die leerders ondersteun om die volgende te verwerf:
'n Duidelike begrip van die Bloom se taksonomie terme en konsepte. ('n Gebrek aan kennis
van die terminologie kan die leerder onnodig baie punte laat verloor)
Wanneer vrae wat verskillende kognitiewe vlakke insluit, beantwoord word, moet die vraag
afgebreek word om te bepaal wat:
o Die aksiewerkwoord is en wat die instruksie daaraan verbonde is
o Die inhoud is wat gekoppel moet word aan die instruksie
o Die konteks is waarin die respons ontwikkel moet word
Die onderwyser moet tyd afstaan om die instruksies wat deur aksiewoorde gegee word, te
verduidelik sowel as hoe om 'n vraag wat met 'n spesifieke werkwoord open, te interpreteer
en te benader.
Voorbeelde volg:
o Evalueer/beoordeel/assesseer: begin altyd die antwoord deur aan te dui of dit goed of
swak/reg of verkeerd/geskik of nie geskik is en gaan dan voort om jou uitspraak te
motiveer. Slegs een punt sal toegeken word vir die aanduiding of dit goed of swak/ reg of
verkeerd/geskik of nie geskik is en die res van die punte sal toegeken word vir die
motiverende aspekte
Bv. Evalueer 'n advertensie. Dit kan goeie eienskappe hê: goeie kleur, groot prentjie, goeie
slagspreuk, maar dit kan ook swak eienskappe hê soos spelfoute, geen prys, ens.
o Onderskei: verwys na verskille tussen twee of drie items en dit word dikwels beter
beantwoord in tabelformaat
o Vergelyk: verwys na die verskille en ooreenkomste en is ook dikwels beter beantwoord in
tabelformaat
o Tabuleer: beteken alle inligting MOET in tabelformaat verskaf word
o Teken/ontwerp 'n spyskaart: beteken die korrekte spyskaartformaat moet gebruik word.
ALLE reëls vir die uitskryf en beplanning van 'n spyskaart moet toegepas word, insluitend
die raam rondom die spyskaart, hoofletters vir die begin van elke woord en spasies tussen
gange, sowel as die datum aan die onderkant. Die spyskaart moet op EEN bladsy gedoen
word; NIE begin aan die einde van een bladsy en dan oorgaan op die volgende bladsy nie
o Bereken: dit behoort gewoonlik die formule in te sluit waarna dan voortgegaan word met
die berekeninge
o Beskryf: beteken om 'n kort of gedetailleerde weergawe in 'n sin te gee van 'n
term/konsep
o Verduidelik: beteken om die kontent duidelik te maak deur dit in meer detail te beskryf en
relevante feite weer te gee of redes te verskaf
o Voorspel: beteken om die moontlike uitkoms in 'n sekere situasie te antisipeer
o Debatteer/redeneer: beteken om die positiewe en negatiewe aspekte, voor- of nadele te
beredeneer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 14 DBE/2021
Eksamenriglyne
5.3 Aanbevole hulpbronmateriaal
Handboeke – die skool moet ten minste een eksemplaar van die goedgekeurde handboeke
op die amptelike lys van die Departement van Basiese Onderwys (DBO) koop. Die lys van
goedgekeurde handboeke sluit in: Hospitality Studies Grade 12, Focus, Maskew Miller
Longman en Master Hospitality Studies Grade 12. Die onderwyser moet beide boeke as
hulpbronmateriaal gebruik wanneer lesse beplan word, omdat hulle mekaar komplementeer.
Hulpbronpakke wat by werkswinkels by Vakadviseurs beskikbaar is.
Modelvraestelle vir graad 10 tot 12.
Relevante media, soos koerantberigte, prente en tydskrifte
Die skool moet op kostydskrifte inteken om op datum te bly met nuwe neigings, en om
resepte vir huidige neigings te vind.
Kookboeke van biblioteke en ander bronne. Daar moet 'n aantal goeie Suid-Afrikaanse
resepteboeke in die klas beskikbaar wees.
Internettoegang tot webtuistes wat met die gasvryheidsbedryf verband hou om navorsing te
doen vir gevallestudies, resepte, prente, videosnitte van demonstrasies, ens.
Versamel restaurante se spyskaarte.
Volg sosiale media se resensies oor:
o Verskillende restaurantplatforms
o Hotelwebwerwe met betrekking tot ervaring, kliëntediens, higiëne, kosneigings, ens.
Nooi gassprekers, chefs/restauranteienaars om met leerders oor die nuutste neigings en
verwagtings in die bedryf, kos en voeding, spesiale diëte, vereistes vir
gesondheidsinspeksies, ens. te kom gesels.
'n Besoek aan die Good Food and Wine Show, 'n plaaslike slagter of Hostex is 'n nuttige
uitstappie om nuwe neigings en produkte te sien en belangstelling in die veld aan te wakker.
5. SLOT
Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die NKV
KABV-dokument vir Gasvryheidstudies voorgestaan word, te verwoord. Alle onderrig en leer
sowel as assessering vir leer moet in lyn wees met die NKV KABV-dokument vir
Gasvryheidstudies. Die eksamenriglyn dien as versterking van assessering soos voorgeskryf in
die aangepasde Afdeling 4 van die KABV van Gasvryheidstudies.
Kwalitatiewe kurrikulumdekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Exam guideline
Hospitality Studies GR 12 Exam Guidelines 2021 Eng hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023 24

Memorandum
Hospitality Studies May June 2025 MG Eng

Question paper
Hospitality Studies May June 2025 Eng

Question paper
Hospitality Studies Nov 2025 Eng

Question paper
Hospitality Studies Nov 2025 Afr
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES GR12 MEMO SEPT 2021 English hlayiso.com

Question paper
HOSPITALITY STUDIES GR12 QP SEPT 2021 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
HOSPITALITY STUDIES GR12 QP SEPT 2021 English hlayiso.com

Question paper
Hospitality Studies May June 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
Hospitality Studies May June 2021 MG Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Hospitality Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 Afr

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 Eng

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 MG Eng

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 MG Afr
--2e4af392-e74c-47c0-b55b-eed2493c2da9/v1-648e27bb1168ded7c346/card.webp)
Question paper
Hospitality Studies May June 2024 Afr (1)
--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)
Question paper