Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
GASVRYHEIDSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
Grade 12 Hospitality Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Hospitality Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (Alle onderwerpe) (40)
AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20)
AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
Voedselkommoditeite (80)
AFDELING D: Sektore en loopbane;
Voedsel- en drankbediening (60)
2. Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GASVRYHEIDSTUDIES 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.11 C.
VOORBEELD
1.1.11 ʼn Goeie bron van proteïne is ...
A lemoene.
B pampoen.
C vleis.
D mielieblom.
ANTWOORD: 1.1.11 C
1.1.1 ʼn Nagereg wat diepgebraai word:
A Sjokolade soufflé
B Churros
C Crêpes Suzette
D Crème Brûlée (1)
1.1.2 ʼn Wyn wat bloukaas, camembert of brie komplimenteer:
A Vonkelwyn
B Likeur
C Rosé wyn
D Port (1)
1.1.3 Voorkom oorverhitting in Roomkaramel (Crème Caramel) deur …
A ʼn bain-marie (warmwaterbad) te gebruik.
B dit teen 220 °C te bak.
C die suikerinhoud te verminder.
D ʼn dubbelkastrol te gebruik. (1)
1.1.4 Gerookte oesters op rogbrood word as ʼn … bedien.
A bygereg met ʼn hoofgereg
B friandise by ʼn formele dinee
C snoephappie by ʼn skemerkelk-onthaal
D hors d’oeuvres by ʼn Joodse troue (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2021)
1.1.5 Die messeware wat hieronder uitgebeeld word, word by die
bediening van … gebruik.
A vleis
B gebakte nagereg
C kaas
D vrugte (1)
1.1.6 Geskikte tafelrangskikkings vir ʼn ete met ʼn Suid-Afrikaanse
etniese tema:
A Protea-blom, gietyster-potjie, Shweshwe servette of
tafeldoek
B Seeskulpe, blou kerse, visbak met goudvis
C Rooi rose, wit servette, silwer blompotte
D Kristal kandelaar, spieël vierkante, tulpe in glasvase (1)
1.1.7 Vir die voorkoming van gastroënteritis en moontlike oordrag moet
die volgende gedoen word:
A Ontsmet werkoppervlaktes van voedselwerkers wat g
gastroënteritis het
B Voedselwerkers met gastroënteritis moet op siekverlof
geplaas word
C Alle voedselwerkers moet bereid wees om teen g
gastroënteritis ingeënt te word
D Sluit die kombuis vir 10 dae wanneer ʼn voedselwerker met
gastroënteritis gediagnoseer is (1)
1.1.8 Lams noisettes word gesny van die:
A Rib en lende
B Nek en dikrib
C Bors en blad
D Boud en skenkel (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GASVRYHEIDSTUDIES 5
1.1.9 Kies uit die voedsel-items wat hieronder geïllustreer word ʼn goeie
bron van proteïene vir vegane:
(1)
1.1.10 Die aankoopprys van 2,5 kg koekmeel is R30. Bereken die koste
van 250 g koekmeel.
A R3,33
B R3,00
C R20,83
D R6,00 (1)
1.2 PASITEMS
Kies ʼn voorbeeld van ʼn voedsel-item uit KOLOM B wat die beste by ʼn
preseveringsmetodes in KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter
(A–G) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in jou ANTWOORDEBOEK,
neer.
KOLOM A KOLOM B
PRESERVERINGSMETODE VOORBEELD
1.2.1 Sondroog A Tamatiesous
1.2.2 Berook B Biltong
1.2.3 Bymiddel: sout C Melk
1.2.4 Bymiddel: natriumbensoaat D Aarbeikonfyt
1.2.5 Pasteurisering E Skelvis
F Ingelegde perskes
G Tamaties
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2021)
1.3 PASITEMS
Kies ʼn voedsel wat uitgesluit word uit KOLOM B wat by die tipe vegetariër in
KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter (A–G) langs die vraagnommers
(1.3.1–1.3.5) in jou ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.3.6 H.
KOLOM A KOLOM B
TIPE VEGETARIËR VOEDSEL WAT UITGESLUIT
WORD
1.3.1 Veganis A Pluimvee, suiwelprodukte, vis
1.3.2 Lakto-vegetariër B Rooivleis, pluimvee
1.3.3 Pesco-vegetariër C Blaar-, knol- of wortelgroente
1.3.4 Pollo-vegetariër D Vleis, pluimvee, eier, vis
1.3.5 Vrugtariër E Vrugte, neute, heuning
F Rooivleis, vis of seekos
G Vleis, pluimvee, eier, vis
(5 x 1) (5)
1.4 EENWOORD-ITEMS
Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS
die regte woord/term langs die vraagnommers (1.4.1–1.4.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 ʼn Papierdun deeg wat gebruik word om Griekse baklava voor te
berei
1.4.2 ʼn Soet chouxpasta-gereg waar die chouxpastadeeg in ʼn sirkel
gespuit en dan gebak word
1.4.3 Natuurlike stilwyne wat van rooi druiwe gemaak word; waar die skil
na 6 tot 24 uur of wanneer die wynmaker tevrede met die kleur is,
verwyder word
1.4.4 Die ondersteuningsareas agter die skerms in ʼn hotel wat klante nie
kan sien nie
1.4.5 ʼn Opgeleide en kundige wynkenner, wat normaalweg in luukse
restaurante werk, wat in alle aspekte van wyn spesialiseer
1.4.6 ʼn Glaseersel, versiersel, sous of vulsel vir terte wat van sjokolade en
room berei word
1.4.7 ʼn Dik sous wat vrugte, asyn, suiker en speserye bevat en as ʼn
bykomstigheid by kerriegeregte gebruik word
1.4.8 Bedek vleis met dun repies spek of vet
1.4.9 Die proteolitiese ensiem in vars vye wat stolling verhoed
1.4.10 Grofgekapte uie, wortels en seldery wat vir geursel gebruik word
(10 x 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GASVRYHEIDSTUDIES 7
1.5 KEUSE
1.5.1 Kies VYF beginsels wat oorweeg moet word wanneer items vir ʼn
spyskaart beplan word. Skryf slegs die letters (A–G) langs die
vraagnommer (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Wees sensitief vir godsdiens en etiese kwessies
B Die winsgrens van die instelling
C Gebruik ʼn verskeidenheid teksture; voedsel moenie alles
krakerig of sag wees nie
D Moenie te veel swaar, styselagtige items insluit nie
E Kliënte wat spesiale diete volg, byvoorbeeld diabete benodig
spesifieke spyskaarte
F Die kleurskema en atmosfeer van die restaurant
G Probeer om voedsel uit al die verskillende voedselgroepe in te
sluit (5 x 1) (5)
1.5.2 Kies VYF redes waarom die diens van die een hotel restaurant na ʼn
ander verskil. Skryf slegs die letters (A–G) langs die vraagnommer
(1.5.2) in die ANTWOORDEBOEK.
A Die beskikbaarheid van geregte op die spyskaart
B Die vlak van opleiding verskil
C Stergradering van hotelle
D Klantegraderings van die hotel restaurant op webtuistes of sosiale
media
E Die prys van die geregte hou dikwels met die vlak van diens
verband
F Die tipe diens wat deur die hotel aangebied word
G Die bestuur implementeer die vlak van diens (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING B: KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Stefan, die sous sjef by die Karoo Inn, het opgemerk dat Joslyn, ʼn jong sjef,
aanhoudend hoes. Dit het ook geblyk dat, Joslyn baie gewig verloor het.
Stefan het aanbeveel dat Joslyn vir ʼn mediese ondersoek gaan. Die dokter
het Stefan se vermoedens bevestig.
2.1.1 Voorspel die siekte waarmee Joslyn gediagnoseer is. (1)
2.1.2 Noem DRIE ander simptome wat Joslyn ook kon ontwikkel het. (3)
2.1.3 Beveel TWEE voorkomende maatreëls aan wat die Karoo Inn en
Joslyn moes tref om te voorkom dat die siekte verder versprei. (2)
2.2 Lewer kritiese kommentaar op die negatiewe impak van voedselverwante
siektes op die werksmag van die gasvryheidsbedryf. (4)
2.3 Stel DRIE maniere saam hoe jong sjefs hul toewyding aan kwaliteit en
kulinêre vaardighede kan ontwikkel. (3)
2.4 Lys VIER voordele van goeie diens by ʼn hotel of gastehuis. (4)
2.5 Beveel DRIE veiligheidsmaatreëls aan om te volg wanneer produkte deur die
internet/aanlyn aangekoop word. (3)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GASVRYHEIDSTUDIES 9
AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1 Die twee gelatiendisse wat hieronder uitgebeeld word was by ʼn dinee met ʼn
retro tema bedien. Bestudeer die prente en beantwoord die vrae wat volg.
Kwarteleier-en-Ham Terrien Pynappel Panna Cotta
A B
3.1.1 Onderskei tussen die verskillende gange waarby elk van die
bostaande geregte tydens die dinee bedien sal word. Motiveer elke
antwoord. (4)
3.1.2 Beskryf kortliks die ... van die aspiekjellie wat as die basis van
gereg A gebruik is.
(a) eienskappe (1)
(b) samestelling (1)
3.1.3 Beide geregte bevat ʼn groot hoeveelheid vaste stowwe wat
eweredig deur die gelatienmengsel versprei is. Formuleer ʼn tegniek
wat die sjef gebruik het om die eweredige verspreiding van vaste
stowwe te kon bereik. (2)
3.1.4 Gereg B bevat vars pynappel. Adviseer die sjef rakende
voorkomende maatreëls om te volg om te verseker dat ʼn perfek
gestolde vrugtevorm verkry word. (3)
3.1.5 Gee DRIE riglyne om die bogenoemde geregte maklik te ontvorm. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2021)
3.2 Bestudeer die prent van ʼn deeggebak hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
3.2.1 Identifiseer die kulinêre term vir hierdie bootvormige deegdop. (1)
3.2.2 Noem die tipe deeg wat vir die gereg gebuik word. (1)
3.2.3 Verduidelik hoe die volgende foute tydens voorbereiding en bak van
tertdeeg-geregte voorkom kan word:
(a) Pap deeg (2)
(b) Deeg krimp (2)
3.2.4 Beskryf stap vir stap hoe die bogenoemde deegdoppe blindgebak
moet word. (4)
3.3 Stel VIER verskillende maniere voor hoe vegetariërs peulgroente vir geregte
as ʼn hoofgang kan insluit. (4)
3.4 Lys die voordele van die gebruik van Getekstureerde Plantproteïen (GPP)
deur te verwys na:
3.4.1 Gerief (2)
3.4.2 Koste (2)
3.4.3 Voedingswaarde (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GASVRYHEIDSTUDIES 11
3.5 Identifiseer en klassifiseer die nageregte hieronder geïllustreer volgens die
gaarmaakmetodes wat gebruik is.
A B C
Tabuleer jou antwoord soos volg:
Naam van gereg Klassifikasie
A
B
C
(3 x 2) (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Lemon Tree Wedding Venue
Datum van funksie: 16 Desember 2021
Aantal gaste: 150
Netto wins: R11 000
KOSTES BEDRAG
Bestanddele R15 000
Arbeid R 6 500
Oorhoofse koste R 5 000
4.1.1 Bereken die verkoopprys van die geleentheid. Toon ALLE formules
en berekeninge. (4)
4.1.2 Bereken die bruto wins persentasie. Toon ALLE formules en
berekeninge. (4)
4.1.3 Bereken die koste van die geleentheid vir elke gas. (2)
4.2 Die Fotografie-klub van die skool bied ʼn kuns en fotografie uitstalling in die
skool se biblioteek aan. Die Gasvryheidstudie-leerders sal die spyseniering
van die peuselhappies vir die geleentheid voorberei.
4.2.1 Motiveer die keuse van ʼn skemeronthaal in plaas van ʼn dinee vir die
bogenoemde geleentheid. Gee VIER redes. (4)
4.2.2 Kies uit die lys hieronder DRIE sout en TWEE soet items wat vir
bogenoemde geleentheid geskik sal wees.
Pizette; Kerrie en Rys; Malvapoeding met Vlasous; Klewerige
Ribbetjies; Blinis met Salm en Roomkaas; Kalfs Schnitzel;
Sjokolade Palmiers; Canapés met Biltong; Mini-melktert
(3 + 2) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GASVRYHEIDSTUDIES 13
4.3 Bestudeer die resepkaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
125 mℓ water 1. Verhit water en margarien in ʼn klein
62,5 g margarien kastrol. Hou deksel op tot water begin
125 mℓ koekmeelblom kook en margarien gesmelt het.
1 mℓ sout 2. Verwyder van die hitte. Voeg al die
2 groot eiers droë bestanddele terseldertyd by. Roer
50 g sjokolade tot ʼn stywe bal vorm.
3. Laat effe afkoel en voeg eiers een vir
een by.
4. Gebruik ʼn spuitsak om langwerpige
vorms op ʼn gesmeerde bakplaat te
spuit.
5. Bak vir eerste 10 minute teen 200 °C en
daarna vir ongeveer 20 minute teen
180 °C.
6. Prik die onderkant van elke item met ʼn
vurk. Plaas weer terug in oond om uit te
droog.
7. Spuit vulsel in.
8. Smeer gesmelte sjokolade bo op.
4.3.1 Identifiseer die:
(a) Naam van die gereg (1)
(b) Deeg wat gebruik is (1)
4.3.2 Verduidelik waarom die deksel op die kastrol gehou moet word
wanneer die water en botter in stap 1, verhit word. (2)
4.3.3 Voorspel die uitkoms indien die sjef nie die instruksies in stap 5
gevolg het nie en die items teen 160 °C vir 45 minute gebak het.
Motiveer jou antwoord. (3)
4.3.4 Gee TWEE redes waarom bogenoemde produk ʼn beperkte raklewe
het. (2)
4.4 Beveel VIER kreatiewe maniere aan hoe sjefs suurlemoene kan preserveer. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2021)
4.5 Bestudeer die prent van die biefstuk hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
4.5.1 Identifiseer die vleissnit wat uitgebeeld word. (1)
4.5.2 Die vleissnit genoem in VRAAG 4.5.1 kan in twee kleiner porsies
verdeel word, uitgebeeld as A en B. Gee die naam van elke porsie. (2)
4.5.3 Beveel die beste gaarmaakmetode vir bogenoemde vleissnit aan.
Motiveer jou antwoord. (2)
4.5.4 Lewer krities kommentaar op die volgende:
ʼn Romerige knoffelsous sal die geur van die biefstuk
komplementeer. (2)
4.5.5 Stel ʼn gepaste wyn voor om saam met die biefstuk bedien te word. (1)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GASVRYHEIDSTUDIES 15
AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
VOEDSEL- EN DRANKDIENS
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOTEL WINS VERLIESE TYDENS COVID-19
Covid-19 het ʼn mes in die hart van die globale hotelbedryf gesteek en het
vraag vernietig en inkomste en wins tot uiterste lae vlakke laat daal.
Hierdie globale pandemie is die mees skadelikste gebeurtenis wat die hotel
bedryf nog ooit getref het. So strompelend wat kamerverkope geval het,
storing van die voedsel en drank nog erger. Ons het data ontleed om te sien
hoe erg die Voedsel-en-Drank afdeling geraak is en wat dit vir die
Konferensie en Banket en ander areas van die wins-en-verliesstaat beteken.
[Aangepas uit Hospitality.Net]
5.1.1 Identifiseer die inkomste-genererende area wat die meeste deur
die Covid-19 pandemie geaffekteer is. (1)
5.1.2 Lys nog TWEE areas wat groot verliese tydens die globale
pandemie gelei het. (2)
5.1.3 Tydens sekere Covid-19 inperkingperiodes was hotelle nie
toegelaat om aansit-etes te bedien nie en baie akkommodasie
besprekings was gekanselleer. Skep DRIE innoverende oplossings
vir hotelle om steeds ʼn inkomste uit hul plek/lokaal tydens
Covid-19, te verdien. (3)
5.2 Lys DRIE verantwoordelikhede van ʼn rekenmeester in ʼn gasvryheids-
onderneming. (3)
5.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
5.3.1 Interpreteer die inligting wat in die prent geïllustreer word en
identifiseer die area in die akkommodasie-afdeling wat dit uitbeeld. (1)
5.3.2 Gee DRIE redes om jou antwoord op VRAAG 5.3.1 te motiveer. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2021)
5.4 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Pumeza is ʼn gekwalifiseerde sjef. Sy woon in Durban. Dit was nog altyd
haar droom om haar eie spysenieringsbesigheid te besit. Sy het ʼn groot
geloofstap geneem en het besluit om met ʼn opskiet kos-trok (pop-up food
truck) te begin by verskillende plekke in Durban. Haar kenmerkende dis
(signature dish) sal bunny chows wees, maar sy gaan ook kerrie en rys,
samoesas en roti’s verkoop. Sy het ʼn Instagram-rekening vir haar besigheid
geskep.
5.4.1 Wys VIER eienskappe van entrepreneurs uit wat Pumeza moet hê
om ʼn sukses van haar besigheid te maak. (4)
5.4.2 Ondersoek DRIE moontlike markkragte wat Pumeza se besigheid
kan beïnvloed. (3 x 2) (6)
5.4.3 Gee DRIE riglyne vir Pumeza om te verseker dat haar Instagram-
rekening ʼn effektiewe bemarkingsinstrument is. (3)
5.4.4 Stel TWEE innoverende maniere voor hoe Pumeza ʼn
kompeterende voordeel in haar nuwe besigheid kan bekom. (2 x 2) (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GASVRYHEIDSTUDIES 17
VRAAG 6
6.1 Kies uit die lys hieronder die korrekte toerusting wat benodig word vir die
volgende dienste en/of prosedures tydens maaltye. Skryf slegs die korrekte
letter langs die vraagnommers (6.1.1–6.1.4) neer, byvoorbeeld 6.1.5 G.
B
A
C D
E
F
6.1.1 Gueridon diens (1)
6.1.2 Afkrummel (1)
6.1.3 Voorsny van vleis by buffet (1)
6.1.4 Warmhou van voedsel by buffet (1)
6.2 Beskryf kortliks die korrekte prosedure om te volg wanneer koffie aan gaste
in ʼn restaurant bedien word. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2021)
6.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
6.3.1 Identifiseer die bedieningstyl. (1)
6.3.2 Gee ʼn kort beskrywing van die prosedure wat ʼn kelner moet volg
wanneer voedsel volgens die bedieningstyl in VRAAG 6.3.1
genoem, bedien word. (4)
6.4 Kelners speel ʼn belangrike rol in die tevredenheid van ʼn gas. Hulle behoort
ekstra aandag aan hul persoonlike higiëne, voorkoms sowel as
kommunikasie te gee. Stel ʼn lys saam met riglyne vir kelners om te volg wat
die volgende betref:
6.4.1 Voorkoms en persoonlike higiëne (3)
6.4.2 Kommunikasie en hantering van kliënte (3)
6.5 Formuleer riglyne hoe restaurantpersoneel die volgende situasies tydens
bediening moet hanteer:
6.5.1 Onverwagse kragonderbreking (3)
6.5.2 Gaste moet lank vir hulle voedsel wag (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GASVRYHEIDSTUDIES 19
6.6 Bestudeer die etikette van vonkelwyn hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
A B
C D
6.6.1 Dui aan watter van die vonkelwyne hierbo ʼn ... smaak sal hê. Skryf
slegs die korrekte letter (A–D) neer.
(a) soet
(b) baie droog
(c) effe soet/droog (3)
6.6.2 Identifiseer die vonkelwyn van die lys hierbo wat nie toegelaat word
om sjampanje genoem te word nie. Motiveer jou antwoord. (2)
[30]
TOTAAL AFDELING D: 60
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 Memo

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo
More from Grade 12 Hospitality Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023 24

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)

Memorandum