Skip to content

Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paperHospitality StudiesGrade 12202016 pages

Grade 12 Hospitality Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 GASVRYHEIDSTUDIES PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings. AFDELING A: Kortvrae (Alle onderwerpe) (40) AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede; Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20) AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning; Voedselkommoditeite (80) AFDELING D: Sektore en loopbane; Voedsel- en drankbediening (60) 2. Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 3 AFDELING A VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 C. VOORBEELD 1.1.11 ʼn Goeie bron van proteïne is ... A lemoene. B pampoen. C vleis. D mielieblom. ANTWOORD: 1.1.11 C. 1.1.1 Droë boontjies behoort ... word voor gaarmaak. A gerasper B geweek C gerooster D geblansjeer (1) 1.1.2 ʼn Geskikte gaarmaakmetode vir lamsnek: A Rooster B Braai C Stowe D Oondrooster (1) 1.1.3 In Suid-Afrika word rooi vonkelwyn van … -druiwe gemaak. A Pinotage B Chardonnay C Riesling D Colombar (1) 1.1.4 ‘n Vrugtejellie vir vegetariërs word met … gestol. A agar-agar B aspiek C aartappelstysel D gelatien (1) 1.1.5 ʼn Geskikte glasuursel vir ʼn koue aarbei-tert: A Swartbessiesous B Aspiekjellie C Geklitste eier D Appelkoosstroop (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020) 1.1.6 Vegetariërs kan vleis met … in hul dieet vervang. A spinasie B sopbeenaftreksel C tofu D eiervrug (1) 1.1.7 Identifiseer ʼn gereg wat NIE vir ‘n Joodse persoon geskik is NIE: A Geroosterde snoek B Beesvleis-lasagne C Vleisfrikadelle met tamatiesous D Geroosterde hoenderborsie (1) 1.1.8 Sorbet, as ʼn palet-verfrisser, word ... bedien. A voor die kanapees (canapés) B na die hoofgereg C na die kaas en beskuitjies D voor die hoofgereg (1) 1.1.9 Die bedieningstoerusting wat ʼn kelner vir silwerdiens benodig: A Voorsnystel B Beweegbare trollie C Lepel en vurk D Sopskeplepel (1) 1.1.10 Voedselwerkers wat aan Hepatitis A ly, behoort vir … weke van hul werk verskoon te word nadat hulle die siekte opgedoen het. A ses B drie C een D vyf (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 5 1.2 PASITEMS Kies ʼn peuselhappie uit KOLOM B wat die beste by ʼn geleentheid in KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in jou ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 H. KOLOM A KOLOM B GELEENTHEID PEUSELHAPPIE 1.2.1 Dames-boekklub in die somer A Sjokolade-truffels 1.2.2 Spogtee (‘High tea’) B Samoesas 1.2.3 Seekos-buffet C Spaghetti Bolognaise 1.2.4 Indiese tema-aand D Spanspek-kebab 1.2.5 Piekniekmandjie vir ʼn E Tamatiesop vrugtariër (vrugte-eter) F Sushi G Crudités (5 x 1) (5) 1.3 PASITEMS Kies ʼn voorbeeld uit KOLOM B wat by ʼn bemarkingsmengsel in KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in jou ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld 1.3.6 H. KOLOM A KOLOM B BEMARKINGSMENGSEL VOORBEELD A Hamburgers van organiese vleis 1.3.1 Verpakking gemaak B Kliënte spaar 20% deur 1.3.2 Plek seisoenskaartjies te koop C Veiligheidsmaatreëls word 1.3.3 Mense gevolg D Biologies afbreekbare 1.3.4 Produk hamburgerhouer E Fabriekswerkers wat middagete 1.3.5 Prys wil koop F Mobiele koswaentjie by die ingang van ʼn groot motorfabriek G Spesiale openingsafslag vir die eerste 3 weke (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020) 1.4 EENWOORD-ITEMS Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die woord/term langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 ʼn Tipe happie-grootte, hors d’oeuvre wat bestaan uit ʼn klein stukkie brood, skilferdeeg of ʼn kraakbeskuitjie met ʼn soutvulsel bo-op 1.4.2 Die inkomste wat verkry word uit die verkoop van ʼn produk minus al die uitgawes 1.4.3 Suid-Afrikaanse vonkelwyne wat volgens die tradisionele Franse metode gemaak word 1.4.4 ʼn Klein koppie wat gebruik word om espresso koffie te bedien 1.4.5 Die Franse term vir ʼn sjef wat opgelei is om fyngebak, nageregte, brood en ander gebakte items te berei 1.4.6 Roomys op ʼn sponskoekbasis, bedek met meringue en dan gekarameliseer 1.4.7 ʼn Suid-Afrikaanse groentesmoor, gewoonlik geurig, wat tradisioneel saam met brood, pap, stampmielies, stowegeregte of kerriedisse bedien word 1.4.8 Die neut wat die hoofbestanddeel in marsepein is 1.4.9 Die ensiem in vars pynappel wat stolling verhoed 1.4.10 ʼn Jellie wat saam met die klassieke geroosterde lamsboud bedien word (10 x 1) (10) 1.5 KIEUSE 1.5.1 Identifiseer VYF voedselitems in die lys hieronder wat voedselallergieë kan veroorsaak. Skryf slegs die letters (A–G) langs die vraagnommer (1.5.1) in die ANTWOORDEBOEK. A Roomkaramel B Neute C Ciabatta D Tartrasien E Gestoofde appels F Sjokolade G Avokado Ritz (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 7 1.5.2 Kies VYF maniere waarop ʼn groot hotelkombuis water kan bespaar. Skryf slegs die letters (A–G) langs die vraagnommer (1.5.2) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Belê in skottelgoedwassers B Gebruik ʼn groot bak om groente en vrugte af te spoel. Gebruik dan die orige water vir plante C Installeer ʼn hoëdruk kraantuit D Draai die kraan toe wanneer skottelgoed nie afgespoel word nie E Ontdooi die voedsel in water F Gebruik minder water om voedsel in gaar te kook G Vermy die onnodige oopdraai van ʼn kraan (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020) AFDELING B: KOMBUIS EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE; HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT VRAAG 2 2.1 Brei uit op die regering se regulasies in verband met die voorkoming van voedselbesmetting in Regeringskennisgewing No. R918 van Julie 1999 wat betref die volgende: 2.1.1 Plaagbeheer 2.1.2 Vullisdromme 2.1.4 Juwele (3 x 2) (6) 2.2 Diere word nie toegelaat in areas waar voedsel hanteer word nie. Noem TWEE uitsonderings. (2) 2.3 Verduidelik die verband tussen HIV/Vigs en tuberkulose. (2) 2.4 Sjefs wat met tuberkulose besmet is, sal moontlik gereeld van die werk afwesig wees. Bespreek die uitwerking van hierdie afwesigheid op ons land se ekonomie. (4) 2.5 Sommige van die simptome van cholera oorvleuel met die simptome van gastro-enteritis. Vergelyk die verskille tussen cholera en gastro-enteritis met betrekking tot die oorsake en simptome. Tabuleer jou antwoord as volg: SIEKTE CHOLERA GASTROENTERITIS Oorsaak (1) (1) Simptome (2) (2) (6) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 9 AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING; VOEDSELKOMMODITEITE VRAAG 3 3.1 Bestudeer die prente van chouxpasta-geregte hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A B C D 3.1.1 Identifiseer elke chouxpasta-gereg hierbo. (4) 3.1.2 Onderskei tussen VIER verskillende metodes wat gebruik is om elke gereg aantreklik op te dien. (4) 3.2 Stel ʼn gepaste sout chouxpasta-gereg voor wat aan die volgende kriteria voldoen: 3.2.1 Diepgebraai, geskik vir ʼn lakto-ovo vegetariër (1) 3.2.2 Bedien met ʼn slaai as ʼn ligte maaltyd (1) 3.3 Beskryf kortliks hoe die voorbereiding van brosdeeg (pâte brisee) en soet brosdeeg (pâte sucrée) verskil. (2) 3.4 Verskaf DRIE moontlike oplossings vir die volgende: Filodeeg is geneig om tydens voorbereiding uit te droog (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020) 3.5 Beveel ʼn geskikte deegsoort vir die volgende geregte aan: 3.5.1 Bief Wellington 3.5.2 Quiche Lorraine 3.5.3 Samosas 3.5.4 Vrugtetert (4 x 1) (4) 3.6 Bestudeer die prent van ʼn lamsnit hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 3.6.1 Identifiseer die gereg hierbo. (1) 3.6.2 Stel ʼn geskikte gaarmaakmetode vir die gereg voor. Motiveer jou antwoord. (2) 3.6.3 Identifiseer die vleissnit wat in die gereg hierbo gebruik word. (1) 3.6.4 Verduidelik wat die rolmerk AAA 222 op hierdie spesifieke vleissnit beteken. (2) 3.6.5 Motiveer die sjef se instruksie om die vleis te laat ‘rus’ voor bediening. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 11 3.7 Kies uit die lys hieronder EEN voedselitem wat in die dieet van die volgende tipes vegetariërs ingesluit word: kaas; beesvleis; vis; eiers; hoender 3.7.1 Pesco (1) 3.7.2 Ovo (1) 3.7.3 Lakto (1) 3.7.4 Pollo (1) 3.8 3.8.1 Verduidelik wat Getekstureerde Plantproteïene (GPP) is. (3) 3.8.2 Analiseer die voordele vir die gebruik van Getekstureerde Plantproteïene (GPP) as plaasvervanger vir vleis. (3) 3.8.3 Stel ʼn lys saam van DRIE moontlike maniere om Getekstureerde Plantproteïene (GPP) in maalvleisgeregte te gebruik. (3) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 4 4.1 Bestudeer die sigblad van die uitgawes van ʼn groot, eksklusiewe banket wat hieronder gegee word en beantwoord die vrae wat volg. Banket: 500 mense KOSTES BEDRAG Bestanddele R100 000 Arbeid R45 000 Oorhoofse koste R50 000 Netto wins Netto wins % Verkope/ Inkomste R450 000 Bruto wins Bruto wins % 4.1.1 Bereken die netto wins. Toon ALLE formules en berekeninge. (4) 4.1.2 Bereken die bruto wins persentasie. Toon ALLE formules en berekeninge. (4) 4.1.3 Bereken die koste van die geleentheid vir elke gas. (2) 4.2 Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SPYSKAART Aandete Kerrie Steurgarnale-en-Mosselsop *** Geroosterde Hoenderborsie (Gevul met Spinasie en Feta en gerol in Spek) Velouté-sous Kapokaartappel Groente in Seisoen *** Sjokolademousse *** Koffie 10 November 2020 R150 p/p 4.2.1 Identifiseer die tipe spyskaart hierbo. Motiveer jou antwoord. (2) 4.2.2 Pas die spyskaart aan om in die volgende spesiale behoeftes te voorsien: (a) Joodse geloof (4) (b) Lae koolhidrate dieet (2) (c) Diabetes (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 13 4.3 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A B 4.3.1 ʼn Hotel se kombuistuin het meer van die bostaande vrugte en groente as wat hulle kan verbruik, geproduseer. Oortuig die sjef om hierdie voedselitems te preserveer deur DRIE voordele van preservering te meld. (3) 4.3.2 Stel TWEE maniere voor hoe elk van die bostaande voedsel-items gepreserveer kan word. (a) Voedselitem A (2) (b) Voedselitem B (2) 4.4 Klassifiseer meringues in DRIE groepe en verduidelik hoe die bereiding van elkeen verskil. Tabuleer jou antwoord as volg. GROEP VERDUIDELIKING (3 x 2) (6) 4.5 Voorspel die effek van elk van die volgende stappe op die tekstuur van ʼn gelatien-nagereg: 4.5.1 Die gelatienmengsel het gekook (1) 4.5.2 Water is met lemoensap vervang (2) 4.5.3 Rou, vyepuree is gebruik (2) 4.5.4 Die gereg is oornag in die vrieskas gelaat (1) 4.5.5 Gelatien is by warm eiervla gevoeg (1) [40] TOTAAL AFDELING C: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020) AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE; VOEDSEL- EN DRANKDIENS VRAAG 5 5.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Pedro is ʼn opgeleide sjef en het in die gasvryheidsbedryf vir 20 jaar gewerk. Na baie maande van beplanning en navorsing het hy besluit om sy eie besigheid vanaf sy huis te bedryf. Hy is gewoond daaraan om lang ure te werk en wil sy energie en entoesiasme in sy eie sak steek. Hy wil ʼn groot verskeidenheid slaaisouse en soet nageregsouse voorberei en bottel. Sy kulinêre kreatiwiteit is buitengewoon goed en sy produkte van hoë gehalte en standaard. Sy kenmerkende dis (signature dish) is sy Lemoen-en-Turksvysous. 5.1.1 Identifiseer VIER sterk punte van Pedro wat tot sy sukses as entrepreneur sal bydra. (4) 5.1.2 Wys Pedro se kompeterende voordeel van sy besigheid uit. (1) 5.1.3 Verduidelik die term ‘signature dish’. (1) 5.1.4 Gee ‘n kort opsomming van elk van die volgende aspekte wat in Pedro se besigheidsplan ingesluit moet word: (a) Doel en strategie (2) (b) Bedryfsplan (2) (c) Finansiële plan (2) 5.1.5 Ondersoek DRIE moontlike markkragte waarmee Pedro rekening sal moet hou. (3 x 2) (6) 5.1.6 Voorspel TWEE werksgeleenthede wat uit Pedro se besigheid kan ontwikkel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 15 5.1.7 Lewer kritiek op Pedro se digitale plakkaat vir sy Facebook-bladsy as ʼn effektiewe bemarkingshulpmiddel. (5) 5.2 Klassifiseer elk van die volgende in inkomstegenererende en nie-inkomstegenererede areas van ʼn hotel: huishouding; kroeg; finansies; banketsaal; instandhouding Tabuleer jou antwoord soos volg: INKOMSTEGENERERENDE NIE-INKOMSTEGENERENDE (5) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 6 6.1 6.1.1 Verduidelik wat die term om ʼn dekplek reg te stel beteken. (1) 6.1.2 Lys DRIE verskillende scenario’s waar ʼn kelner ʼn dekplek moet regstel. (3) 6.2 Stel ʼn lys van VYF riglyne saam oor hoe om suksesvol op moeilike gaste tydens die bediening van ʼn ete te reageer. (5) 6.3 Die instandhouding van ʼn gereelde klantebasis is afhanklik van goeie gaste- verhoudings. Formuleer VYF riglyne vir restaurantpersoneel om te volg sodat hulle uitmuntende gasteverhoudings kan skep. (5) 6.4 Kies uit die lys hieronder ’n geskikte wynkultivar om saam met die volgende disse te bedien: Sauvignon Blanc; Port; Cabernet Sauvignon; Pinotage; Shiraz; Chenin Blanc 6.4.1 Gebraaide stokvis en skyfies 6.4.2 Lamskerrie-bredie 6.4.3 Geroosterde Koedoe-biefstuk 6.4.4 Beleë cheddar 6.4.5 Gebakte sjokoladepoeding (5) 6.5 Wys VIER riglyne uit om te volg wanneer vonkelwyn aan gaste bedien word. (4) 6.6 Onderskei tussen perseelverbruik-dranklisensies en wegverbruik- dranklisensies met voorbeelde. (4) 6.7 Bespreek DRIE punte om in gedagte te hou wanneer wyn geberg word. (3) [30] TOTAAL AFDELING D: 60 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Hospitality Studies

View all