Downloaded from hlayiso.com
,
GASVRYHEIDSTUDIES
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
(HERSIEN)
GRAAD 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 27 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 






--2e4af392-e74c-47c0-b55b-eed2493c2da9/v1-648e27bb1168ded7c346/card.webp)




View all





Hospitality Studies PAT GR 12 2020 Afr (Hersien)
Grade 12 Hospitality Studies practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 27 pages. Read online or get the free PDF download.
Hospitality Studies · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 27 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 27
- File size
- 590.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 27
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 2 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 4
3. DIE EKSAMEN 10
4. ASSESSERING 10
5. PROVINSIALE MODERERING 11
6. GEVOLGTREKKING 15
BYLAES A–I 16–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 3 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-Assesseringbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke
is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dans, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie,
Tegniese Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en
ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het
en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT
moet in Kwartaal 3 van die skooljaar geïmplementeer word. Die PAT bied leerders
die geleentheid om gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook
voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in geskrewe formaat, bv.
toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker
maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk
voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang.
Die praktiese assesseringstaak (PAT) vir Gasvryheidstudies vir 2020 bestaan uit
EEN praktiese eksamen. Leerders moet die rol van sjef in die eksamen vertolk,
asook sekere bedieningvaardighede voltooi. Elke leerder moet die volgende
vaardighede demonstreer:
Berei en bedien TWEE geregte
Skryf ‘n spyskaart uit en teken 'n plekdekking ('cover') vir 'n formele ete volgens
spyskaartgeregte wat deur die onderwyser verskaf is
Beskryf die korrekte bedieningstegnieke vir voedsel en drank
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 4 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
1.1 PUNTETOEKENNING
Leerders werk individueel. Aan elke leerder sal 'n gekombineerde punt uit 100 vir
kookkunsvaardighede (sjef) en geskrewe bedieningsvaardighede (kelner) toegeken
word.
Praktiese eksamen, Kwartaal 3 100
Finale punt vir PAT 100
1.2 VEREISTES VIR DIE PAT TYDENS COVID 19
Die volgende toerusting en hulpbronne moet vir die PAT beskikbaar wees:
'n Opleidingskombuis vir die eksamen, met die nodige toerusting sowel as
aparte wasbakke vir elke leerder (verskaf een bak met seep en een met skoon
water per leerder indien nodig) en aparte stowe. Alternatiewelik kan ‘n
maksimum van twee leerders ‘n stoof deel, op voorwaarde dat hulle sosiale
afstandhouding toepas.
Toiletgeriewe vir die leerders
Leerders moet die toepaslike sjefsuniforms dra, insluitend gesigmaskers.
'n Veilige en higiëniese omgewing moet verskaf word met genoeg spasie om die
praktyke van sosiale afstandhouding na te kom (laat 'n afstand 1,5 m tussen
leerders toe), seep en skoon water om hande mee te was asook
ontsmettingsmiddel (met ten minste 70% alkohol) om hulle werkstasies te
ontsmet.
Plaas voldoende kennisgewings/plakkate in die kombuis om leerders daaraan
te herinner om gereeld hul hande te was en hul werkstasies te ontsmet.
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS
2.1 BEPLANNING VAN DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
EEN praktiese eksamen moet in Kwartaal 3 in die opleidingskombuis en restaurant
van die skool gedoen word. Die praktiese assesseringstaak moet ‘n formele
viergangmaaltyd wees.
Die leerders sal slegs TWEE geregte berei, wat uit 1 of 2 porsies elk bestaan,
en dit vir die eksaminator aanbied. Geen betalende gaste sal toegelaat word
nie.
Die getal Gasvryheidstudie-onderwysers en stowe wat vir die eksamen
beskikbaar is, sal die aantal leerders vir 'n PAT-sessie bepaal.
Een onderwyser kan 'n maksimum van TIEN leerders assesseer. Die
assessering mag in die kombuis asook in die restaurant of 'n ander kombuis
plaasvind op voorwaarde dat daar TWEE eksaminators is.
Die eksamen kan tydens of ná skoolure plaasvind, afhangende van die konteks
van die skool. Dit mag nie saans plaasvind nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 5 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2.22.1 OPSTEL VAN DIE TAAK
2.2.1 STEL EEN FORMELE VIERGANGMAALTYDSPYSKAART OP
Die onderwyser moet ‘n spyskaart opstel om by die konteks van die skool
te pas en wat aan die voorgeskrewe spyskaartvereistes voldoen.
Die provinsie mag nie 'n gemeenskaplike spyskaart voorskryf nie.
Daar moet aan die volgende vereistes voldoen word wanneer elke
spyskaart beplan word (gebruik analisevorm:ADDENDUM A):
Die spyskaart moet ten minste VIER verskillende gaarmaakmetodes
insluit.
Die hors d'oeuvre (eerste gang) moet 'n gevorderde tegniek en
gaarmaakmetode insluit, bv. canapés, bouchées, samoesas, gevulde
vetkoek, mini-terrines.
Die tweede gang/voorgereg/sop moet 'n vegetariese gereg (lakto-,
ovo- of lakto-ovo) wees wat 'n gevorderde tegniek en
gaarmaakmetode insluit, bv. soutige mousse, roomsop (roux-metode),
vol-au-vent, crêpes.
Die hoofgang moet een of meer gevorderde proteïengeregte, soos
vis, vleis of hoender, insluit. Die bereiding van die proteïengereg moet
ten minste twee tegnieke insluit, bv. gevul en gerol, of ontbeen en
gekrummel.
Groentegeregte moet gevorderde mesvaardighede insluit, bv.
rondelle, julienne, batonettes, tourne, paysanne of brunoise.
Styselgeregte moet 'n spesiale tegniek of variasie insluit, bv. risotto,
pilaf, gebraaide polenta, Duchesse-aartappels, Dauphine-aartappels,
krokette, rosti, latkes of rysballe.
Een of meer gevorderde souse, soos 'n karamelsous (met
gekarameliseerde suiker) of ander souse wat spesiale tegnieke
vereis, bv. Béchamel, velouté, jus, pesto, mayonnaise of
hollandaisesous. Een sous kan met 'n sop vervang word.
Een of meer van die volgende fyngebak, soet of sout: skilferkors
(klaar gemaak), filo- of purr-deeg (klaar gemaak), broskors of
chouxdeeg.
Nageregte (warm, koud of gevries), bv. gebakte spons- of gestoomde
poeding, crêpes, mousse of meringues.
'n Gisproduk (geknie), soos broodrolletjies, broodstokkies of focaccia,
geskik vir broodbediening in die restaurant.
'n Gelatiengereg (nie kommersieel gegeurde jellie nie), bv. kaaskoek,
Beierse room, terrien of soutige mousse.
Delikate, gevorderde garneer-/versiertegnieke volgens huidige
neigings kan gebruik word, bv. gespinde suiker, sjokoladewerk,
diepgebraaide of oondgedroogte groente- en vrugtetjips, tuiles,
gemmerrolletjies, meringues.
Opsioneel: Friandise kan ingesluit word. Om 'n geldige leerdertaak te
wees, moet dit 'n gevorderde tegniek en gaarmaakmetode insluit, bv.
klein melktertjies, klein baklavas, truffels, lekkergoed, koeksisters of
meringuesoentjies.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 6 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Die vakadviseur vir Gasvryheidstudies moet die spyskaart saam met die
resepte goedkeur, insluitend kriteria vir smaak, tekstuur en voorkoms.
Die aangehegte ontledingsvorm (BYLAE A) moet voltooi en saam met
die spyskaart en resepte voorgelê word.
Die maaltydplanne hieronder kan as 'n riglyn gebruik word wanneer
die viergangspyskaart vir die skool saamgestel word.
OPSIE 1 OPSIE 2 OPSIE 3
Hors d'oeuvre Hors d'oeuvre/Voorgereg Sop
Voorgereg Sop Hors d'oeuvre/Voorgereg
(Ovo-, lakto- lakto-ovo-vegetaries) (Ovo-, lakto- lakto-ovo-vegetaries) (Ovo-, lakto- lakto-ovo-vegetaries)
Hoofgereg Hoofgereg Hoofgereg
(Proteїen-, stysel- & groentegeregte) (Proteїen-, stysel- & groentegeregte) (Proteïen, stysel- & groentegeregte)
Nagereg Nagereg Nagereg
SPYSKAARTVOORBEELD (Opsie 1):
SPYSKAART
Formele Dinee
Hors d'oeuvre
Steurgarnaalviskoekies met Soetkomkommersous
Voorgereg
Gekarameliseerde Ui-fetakaas-en-sampioentertjies
*(Papawersaadbroodrolletjies)
Hoofgereg
Roosmaryngevulde Saratogatjops met Kruisementsous
Polentadriehoeke
Geroosterde Wortelgroentes
Gesoteerde Spinasie
Nagereg
Tropiese Mangomousse
Tee en Koffie
Friandise (opsioneel)
Sjokoladetruffels
4 Augustus 2020
*Brood word op hierdie spyskaart slegs vir modereringsdoeleindes aangedui – dit
word nie normaalweg op 'n spyskaart aangedui nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 7 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
DIE SPYSKAARTE MOET AAN DIE VOLGENDE KRITERIA VOLDOEN:
(Sien BYLAE A vir templaat)
VOORBEELD:
Gevorderde garnering
Minimum van 4 Minimum van 1 Styselgeregte met Gevorderde Nageregte, bv.
Gevorderde Gevorderde Tertdeeg/Choux/
Gelatiengereg
Naam van gereg
gaarmaakmetodes proteïengeregte gevorderde sous spesiale tegniek groentegeregte vegetariese gereg Purrdeeg crêpes/meringues Gisproduk Friandise
Steurgarnaal- Vlakbraai X
viskoekies
Gekarameliseerde Bak Lakto-
Ui-fetakaas-en- Oondbraai X
Vlakbraai ovo
sampioentertjies
Soetkomkommmer- X X X
sous
Papawersaad- Bak X
broodrolletjies
Roosmaryngevulde
Rooster X X
Saratogatjops
Kruisementsous Stowe X
Geroosterde Rooster X X
Wortelgroente
Kook
Polentadriehoeke Bak
X
Gesoteerde Vlakbraai X
Spinasie
Tropiese Mango- Indirekte
X X X
mousse stoom
Friandise: Indirekte
X X
Sjokoladetruffels stoom
2.2.2 BEREI DIE RESEPTE VIR DIE EKSAMEN VOOR
Al die resepte vir elke eksamen moet netjies en leesbaar in die standaard-
of aksieformaat getik word.
Kriteria vir smaak, tekstuur en voorkoms moet vir elke resep ingesluit word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 8 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
VOORBEELD: STANDAARDFORMAAT
Gekarameliseerde Ui-fetakaas-en-sampioentertjies Lewer: 8 porsies
Bestanddele
1 houertjie (200 g) Portobello-sampioene, in helfte gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
15 mℓ olyfolie
Sout en peper na smaak
2 rolle skilferkorsdeeg
1 eier, geklits (verf deeg)
2 uie, dun gesny
1 takkie tiemie
20 mℓ suiker
60 mℓ rooiwynasyn
100 g fetakaas
50 g okkerneute om bo-oor te sprinkel
Metode
1. Voorverhit oond tot 200 °C. Smeer die bakplaat.
2. Meng sampioene en knoffel op 'n bakplaat met olyfolie en geur goed met sout en peper.
3. Oondbraai vir 15 minute. Verkoel en hou eenkant.
4. Rol deeg oop op 'n meelbestrooide oppervlak.
5. Sny in 8 ewe groot vierkante.
6. Sny 'n 10 cm-rand rondom elkeen, sonder om dit deur te sny
7. Prik ('Dock') die deegvierkante.
8. Borsel die deeg met die eier en bak vir 25 minute.
9. Soteer uie en tiemie oor lae hitte tot sag.
10. Voeg suiker en asyn by en kook vir een minuut. Laat afkoel.
11. Maak die fetakaas sag. Versprei die sampioene-fetakaas-en-uiemengsel bo-oor die
tertbasisse.
12. Sprinkel okkerneute bo-oor en bedien.
Kriteria vir evaluering van die gehalte van die tertjies
Smaak Tekstuur Voorkoms
Matige geure, geen geur Kors moet vlokkerig Kors: Egalige goudbruin kleur
wat die ander oorweldig wees en kenmerkende deeglagies
nie Groente moet sag en Vulsel: Eweredig verspreide
Soet en soutige bolaag nie oorgaar wees nie mengsel
Vorm: Uniform en netjies
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 9 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2.2.3 VERDELING VAN TAKE VIR DIE SJEFS (SIEN BYLAE B)
Gebruik die opgestelde spyskaart en verdeel die spyskaart in gelyke
take vir die aantal sjefs.
Elke sjef moet individueel werk en 'n minimum van twee geregte
berei, bv. Gekarameliseerde Ui-fetakaas-en-sampioentertjies en
Steurgarnaalviskoekies met Soetkomkommersous.
Elke sjef moet 'n minimum van twee gaarmaakmetodes gebruik.
Sosiale afstandhouding moet prioriteit geniet in die verdeling van take
asook die plasing van werkstasies vir geregte.
TWEE leerders wat dieselfde geregte voorberei, mag NIE langs
mekaar of oorkant mekaar staan nie.
Elke sjef moet 14 skooldae voor die eksamen die volgende ontvang:
o Die resepte vir die TWEE geregte wat slegs uit 1 of 2 porsies
bestaan
o Die geskrewe beplanningstaakvorm vir sjefs (ADDENDUM G)
Die geskrewe beplanningstaakvorm moet voltooi word en SEWE
skooldae voor die praktiese assesseringstaak ingehandig word.
Die onderwyser sal ‘n werksprosedure/-volgorde met tye verskaf om
die twee geregte op die dag van die PAT (ADDENDUM E) te
integreer.
LET WEL: Onthou om 30 minute vir die bedieningsvaardigheidstaak
toe te laat.
Die nagesiende geskrewe beplanningstake moet aan die leerders
teruggegee word om tydens die praktiese eksamen te gebruik.
2.2.4 STEL DIE TAKE VIR DIE BEDIENINGSVAARDIGHEID OP (SIEN
BYLAE C)
Die onderwyser stel VIER bedieningstake op wat skriftelik deur die
leerders voltooi moet word.
Elke taak moet die volgende insluit:
(a) Geregte vir ‘n formele viergangspyskaart. Kies geregte uit die
graad 12 KABV en/of geregte voorberei by die skool, deur gebruik
te maak van die drie verskillende spyskaartopsies wat verskaf is.
Maak slegs ‘n lys van die geregte (NIE in die korrekte volgorde
NIE) aangesien daar van die leerders verwag sal word om dit in
die korrekte volgorde te rangskik en dit in die korrekte
spyskaartformaat te skryf.
(b) EEN bedieningsvaardigheid soos:
o Bediening van nie-alkoholiese drankies
o Silwerbediening van brood
o Bediening van voedsel
o Afdek van die borde
o Afkrummeling
o Koffiebediening
o Aanbied van die rekening en ontvangs van betaling
Leerders moet die geskrewe beplanningstaakvorm (ADDENDUM H) op
die dag van die praktiese assesseringstaak ontvang.
Hulle sal dan een van die vier opgestelde take trek (spyskaart en
bedieningsvaardigheid – ADDENDUM C).
Die geskrewe beplanningstaakvorm oor die spyskaart- en
bedieningsvaardigheid moet tydens die praktiese sessie (30 minute)
voltooi word en vir assessering ingelewer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 10 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3. DIE EKSAMEN
Die duur van die eksamen is 3 ure en 15 minute.
Voorbereiding begin in 'n skoon, ontsmette omgewing. Uitpak van die
bestanddele moet vooraf gedoen word.
Tydindeling:
o 15 minute om leerders se werkstasies toe te ken, werksvolgorde te
bestudeer, bedieningstake te trek en mise-en-place te doen.
o 2 ure en 30 minute vir die bereiding van geregte onder eksamentoestande.
Onderwysers moet ongeveer 30 minute tydens die eksamen van 3 ure en
15 minute toelaat, waar dit die beste sal inpas (bv. terwyl ‘n gelatiengereg
stol of brood rys), vir die voltooiing van die geskrewe spyskaart- en
bedieningsvaardigheidstaak. Die 30 minute vir die geskrewe gedeelte moet
ingesluit word by die geskrewe werksvolgorde vir die sjef wat deur die
onderwyser opgestel is.
o 30 minute vir afsluitingsmise- en-place, waartydens die onderwyser geregte
evalueer, leerders se werkstasies kontroleer en die puntestate voltooi.
Bykomende tyd moet aan leerders met konsessies toegestaan word, volgens
hulle behoeftes. Die bykomende tyd moet met die vakadviseur onderhandel en
ooreengekom word.
45 minute moet toegelaat word voor die volgende sessie begin sodat die
onderwyser die lokaal vir die volgende groep kan voorberei.
4. ASSESSERING
4.1. ASSESSERINGSINSTRUMENTE
Die assesseringsinstrument vir sjefs en bedieningsvaardigheid wat as BYLAE F
ingesluit is, is VERPLIGTEND. Geen addidionele posisies sal geassesseer word nie.
4.2 ASSESSERING VAN LEERDERS
Sien die geskrewe sjef-beplanningstake na voordat die eksamen plaasvind en
gee dit aan die leerders terug om te gebruik terwyl hulle die eksamen doen.
Onderwysers word versoek om 'n werksvolgorde vir elke taak op te stel wat op
die dag van die eksamen aan die leerders gegee kan word om te verseker dat
leerders die taak betyds voltooi.
Die geskrewe bedieningsvaardigheidstaak moet op die dag van die PAT
ingeneem word sodra die leerders daarmee klaar is. Dit kan gedurende of
na afloop van die praktiese sessie nagesien word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 11 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
5. PROVINSIALE MODERERING
5.1 MODERERING VAN DIE BEPLANNINGSTAAK
Onderwysers moet die relevante PAT-dokumente vooraf aan die vakadviseur voorlê.
Die volgende moet vir die eksamen ingesluit word:
SPYSKAART
RESEPTE (insluitend assesseringskriteria vir geregte en werkskedule vir taak –
BYLAE E)
BYLAE A
BYLAE B
BYLAE C
BYLAE D
Verwys na die voorbeelde van BYLAES B, C en D op die volgende drie bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 12 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
VOORBEELD: VERDELING VAN SJEFTAKE (SIEN BYLAE B VIR TEMPLAAT)
Indien daar meer as een sessie vir die eksamen is, moet hierdie vorm vir elke sessie
voltooi word om die datums en name van die leerders aan te dui.
VERDELING VAN DIE SJEFSTAKE
SESSIE 1 / 2
SKOOL DATUM
GASVRYHEIDSTUDIES PAT TYD 8:30 tot 11:45
Verwagte getal gaste GEEN Getal leerders 8
GETAL LEERDER SE STASIE-
TAAK
PORSIES NAAM NOMMER
SJEFS SE TAKE (2 geregte elk)
Taak 1
Steurgarnaalviskoekies 1 porsie Mpho 1
Gesoteerde Spinasie 1 porsie Stefan 6
Taak 2
Gekarameliseerde Ui-fetakaas-en- 1 porsie David 2
sampioentertjies
Papawersaadbroodrolletjies 8 porsies
Taak 3
Roosmaryngevulde Saratogatjops 1 porsie Britney 3
Kruisementsous 1 porsie
Taak 4
Geroosterde Wortelgroente 1 porsie Boitumelo 4
Polentadriehoeke en
Soetkomkommersous 1 porsie Bruce 7
Taak 5
Tropiese Mangomousse 1 porsie Megan 5
Sjokoladetruffels 4 porsies Amanda 8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 13 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
VOORBEELD: VERDELING VAN BEDIENINGSTAKE (SIEN BYLAE C VIR TEMPLAAT)
VERDELING VAN BEDIENINGSTAKE
SESSIE 1 / 2
SKOOL DATUM
GASVRYHEIDSTUDIES PAT TYD 8:30 tot 11:45
Verwagte aantal gaste GEEN Getal leerders 8
TAAK- BEDIENINGS- LEERDER SE
SPYSKAARTGEREGTE
NOMMER TAAK NAAM
1 Gaarnaalviskoekies Bediening van nie- Mpho
Gesoteerde spinasie alkoholiese drankies Stefan
Gekarameliseerde Ui-fetakaas-en-
sampioentertjies
Roosmaryngevulde Saratogatjops
Kruisementsous
Tropiese Mangomousse
Geroosterde Wortelgroente
Polentadriehoeke en
Soetkomkommersous
Sjokolademousse Silwerbediening van David
Amandeltuiles brood
Sout-eclairs
Kruiekors-lamsrak
2
Lam-jus
Oondgebraaide Groente
Fondant Aartappels
Spinasieroomsop met Kaasstrooitjies
3
4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 14 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
VOORBEELD: KONTROLELYS (SIEN BYLAE D VIR TEMPLAAT)
GASVRYHEIDSTUDIES-KONTROLELYS VIR PAT-BEPLANNING
WAT VIR MODERERING INGELEWER MOET WORD
NAAM VAN SKOOL: ___________________________ Distrik: _________________
GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN – TOTALE GETAL SESSIES: 2
DATUM VAN INLEWERING: __________________________
VOORGESTELDE GOEDGEKEURDE
EKSAMENDATUM(S)
MODERERINGSDATUMS MODERERINGSDATUM
06/08 of 14/08 06/08 of 14/08
ONDERWYSER VAKADVISEUR KOMMENTAAR
Begintyd 08:30
Bedieningstyd 11:15
Verwagte getal gaste Geen
Spyskaart ingesluit
Ontleding van spyskaart
ingesluit
Resepte en werkskedules
ingesluit
Verdeling van take in
kombuis: Sjefs
Verdeling van
bedieningstake
Assessor: Restaurant U Naidoo
Assessor: Kombuis 1 T Modise
Assessor: Kombuis 2 NVT
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE [DATUM VIR HERINLEWERING: ____________]
Handtekeninge:
Onderwyser: _________________________
Skoolhoof: _____________________________________
Vakadviseur: _____________________________________
Moet vir elke eksamen voltooi word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 15 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
6. GEVOLGTREKKING
Die oorspronklike voorgeskrewe formele viergangspyskaart en sjefstake bly grootliks
dieselfde.
Basiese veranderinge:
Die twee PAT'e is tot slegs een PAT verminder en GEEN gaste sal toegelaat
word NIE, in ooreenstemming met die regulasies vir sosiale afstandhouding.
Die PAT sal voltooi word in sessies van 3 ure en 15 minute elk waar ‘n
onderwyser ‘n maksimum van 10 leerders op ‘n slag sal assesseer.
Die PAT sal uit ‘n geskrewe en 'n praktiese gedeelte bestaan. Die inhoud en
samestelling sal effens verskil van die wyse waarop dit voorheen gedoen is.
Alle leerders sal as sjefs geassesseer word en sekere vaardighede vir voedsel-
en drankdiens sal in geskrewe formaat geassesseer word.
Daar moet aan al die gewone gesondheids- en veiligheidsmaatreëls vir
voedselbereiding (ontsmetting van werkstasies, skoon sjefsuniform, handewas,
ens.) voldoen word, asook die dra van gesigmaskers en die handhawing van
sosiale afstand.
Leerders sal steeds sjefs wees, maar slegs een of twee porsies voedsel
voorberei (wat deur hulself geëet sal word).
Daar sal geen impak op die SASAMS-gewigstoekennings wees nie; slegs een
PAT sal vir die punt uit 100 gebruik word (in plaas van twee PAT'e gedeel deur
twee) en die gewigstoekenning sal steeds 25% wees.
Praktiese sessies se datums kan moontlik verskil van die datums wat aan die
begin van die jaar deur onderwysers verskaf is. Aandsessies sal met oggend-,
middag- of Saterdagsessies met die goedkeuring van die vakadviseur vervang
word en moet by die Covid-19-regulasies inpas.
Gasvryheidstudie-onderwysers wat alreeds dokumente vir PAT-goedkeuring
ingelewer het, sal weer PAT-dokumente volgens die gewysigde PAT-formaat
moet inlewer. Leerders sal opnuut oriëntering moet ontvang en onderwysers sal
resephoeveelhede moet aanpas en leerders moet herindeel, in ooreenstemming
met die wysigings.
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders hulle begrip van die
bedryf kan demonstreer, hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns
verbeter, en ook betrekkinge buite die klaskamer kan vestig en uitdagings in die
wêreld daarbuite kan aandurf. Die PAT ontwikkel verder leerders se
lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings
betrokke te raak.
BYLAES
BYLAE A, B, C, D en E – moet aan die vakadviseur voorgelê word
BYLAE F – moet op die dag van die PAT deur die onderwyser voltooi word
BYLAE G – moet SEWE dae voor die PAT deur die leerder voltooi word
BYLAE H – moet deur die leerder gedurende die PAT voltooi word
BYLAE I – moet deur die onderwyser en vakadviseur/moderator by die laaste PAT voltooi
word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Gasvryheidstudies
Kopiereg voorbehou Naam van gereg
Minimum van 4
gaarmaakmetodes
Gevorderde
proteïengeregte
BYLAE A: SPYSKAARTONTLEDING
Minimum van 1
gevorderde sous
Styselgeregte met
spesiale tegniek
16
Gevorderde NSS
groentegeregte
Gevorderde
vegetariese gereg
Tertdeeg/Choux/
Purrdeeg
Nageregte, bv.
crêpes/meringues
Gisproduk
Downloaded from hlayiso.com
Gelatiengereg
Gevorderde garnering
Friandise
DBE/PAT 2020 (Hersien)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 17 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
BYLAE B: VERDELING VAN TAKE
VERDELING VAN DIE SJEFSTAKE
SESSIE 1 / 2
SKOOL DATUM
GASVRYHEIDSTUDIES PAT TYD
Verwagte getal gaste GEEN Getal leerders
GETAL LEERDER SE STASIE-
TAAK
PORSIES NAAM NOMMER
SJEFS SE TAKE (2 geregte elk)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 18 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
BYLAE C: VERDELING VAN BEDIENINGSTAKE
VERDELING VAN BEDIENINGSTAKE
SESSIE ______
SKOOL DATUM
GASVRYHEIDSTUDIES PAT TYD
Verwagte getal gaste GEEN Getal leerders
TAAK- BEDIENINGS- LEERDER SE
SPYSKAARTGEREGTE
NOMMER TAAK NAAM
1
2
3
4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 19 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
BYLAE D: KONTROLELYS
GASVRYHEIDSTUDIES-KONTROLELYS VIR PAT-BEPLANNING
WAT VIR MODERERING INGELEWER MOET WORD
NAAM VAN SKOOL: ___________________________ Distrik: _________________
GRAAD 12 PRAKTIESE EKSAMEN – TOTALE GETAL SESSIES: _______
DATUM VAN INLEWERING: __________________________
VOORGESTELDE GOEDGEKEURDE
EKSAMENDATUM(S)
MODERERINGSDATUMS MODERERINGSDATUM
ONDERWYSER VAKADVISEUR KOMMENTAAR
Begintyd
Bedieningstyd
Verwagte getal gaste Geen
Spyskaart ingesluit
Ontleding van spyskaart
ingesluit
Resepte en werkskedules
ingesluit
Verdeling van take in
kombuis: Sjefs
Verdeling van
bedieningstake
Assessor: Restaurant
Assessor: Kombuis 1
Assessor: Kombuis 2
GOEDGEKEUR/NIE GOEDGEKEUR NIE [DATUM VIR HERINLEWERING: ____________]
Handtekeninge:
Onderwyser: _________________________
Skoolhoof: _____________________________________
Vakadviseur: _____________________________________
Moet vir elke eksamen voltooi word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 20 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
BYLAE E: WERKSVOLGORDE EN TYDSKEDULE
(Deur onderwyser aan sjefs op die dag van die PAT gegee. Onderwyser het die twee
resepte geïntegreer en die tyd om die geskrewe bedieningstaak te voltooi, ingesluit. Maak
gebruik van 10- of 15-minuut-intervalle.)
TYD WERKSVOLGORDE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 21 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
BYLAE F: ASSESSERING – SJEFS
Naam van skool: Name of nommers van sjefs
Naam van onderwyser:
Datum: Tipe sjef/Geregte:
A BEDIENINGSVAARDIGHEDE (GESKREWE WERK) 25
B SJEF: GESKREWE SJEFSBEPLANNING 5
1 HIGIËNE EN NETHEID: PERSOONLIK EN WERKSTASIE
Sjefsuniform: Hoed en sjefbaadjie/voorskoot, toe skoene (3)
6
Netjiese voorkoms: Hare, naels, geen juwele, geen grimering (3)
Vadoeke beskikbaar, SKOON en lê nie rond nie (2)
Netheid van werkstasie (stoof, werkoppervlak) en toerusting (2)
'Clean as you go': Skoonmaak terwyl take uitgevoer word (1)
Netheid van wasbak: Gereelde opwas (warm water, afspoel) (2) 8
Korrekte hantering van afval (1)
(Onderwyser neem elke leerder se werkstasie en wasbak 'n paar keer tydens
en na die eksamen waar en gee 'n punt uit 8.)
2 OPENINGS-MISE-EN-PLACE
Kry en berei die benodigde toerusting/apparaat vir gebruik voor (2)
Kry, afmeet en berei die bestanddele korrek en betyds, rangskik (4)
6
in volgorde van gebruik
3 KULINÊRE VAARDIGHEDE
Korrekte toepassing van gaarmaakmetodes (2)
Korrekte toepassing van tegnieke en vaardighede (3)
Korrekte en veilige gebruik van apparaat (messe, klitsers, ens.) (2)
Korrekte interpretasie van resepte, logiese werkvolgorde, werk aan (3) 15
2 resepte gelyktydig
Effektiewe gebruik van tyd, geregte betyds gereed (geplate en garneer), geen (3)
oorgaarmaak of laat staan vir herverhitting nie
Klaarmaak sonder vrae en bystand (2)
4 PROFESSIONALISME
Stiptelikheid: Begin betyds, voltooi mise-en-place betyds (1)
2
Vertoon professionele gedrag/houding, voltooi addisionele skoonmaaktake (1)
5 AFSLUITINGS-MISE-EN-PLACE
Alle toerusting en apparaat skoon en korrek en veilig gestoor (1)
3
Voorkoms van werkstasie en stoof na afloop van eksamen (2)
6 ASSESSERING VAN GEREGTE
Gereg – A Voorkoms 5
Smaak 5
Tekstuur 5
Gereg – B Voorkoms 5
Smaak 5
Tekstuur 5
Trek punte tot 'n maksimum van 10 af indien leerder deur onderwyser bygestaan
moes word om gereg(te) te voltooi, oor te maak of te korrigeer of indien 'n leerder
laat bedien.
75
TOTAAL 100
SKAAL VIR GEREGTE EN GESKREWE SJEFSBEPLANNING:
0 = Onaanvaarbaar 4 = Oortref vereistes
1–2 = Voldoen nie aan vereistes nie 5 = Uitstekend
3 = Voldoen aan vereistes
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Hospitality Studies 22 DBE/PAT 2020 (Revised)
NSC
BYLAE G
SJEF SE NAAM: DATUM: TOTAAL 5:
BEPLANNING VAN DIE GEREGTE WAT JY SAL BEREI
Jy kan verskillende kleure gebruik om verskillende resepte aan te dui, maar doen die twee resepte op aparte bladsye.
NAAM VAN GEREG/RESEP 1:
BESTANDDELE Hoeveelheid Mise-en-place TOERUSTING:
deur resep van Ekstra toerusting vir
benodig bestanddele bereiding/gaarmaak/vorming/
bediening/porsionering
(dit wat nie by jou werkstasie is nie)
Mise-en-place van toerusting
(bv. smeer bakplaat)
Aantal porsies/opbrengs
Beskrywing van gereg:
Oond °C/temperatuur van stoofplaat en tyd/stoltyd vereis:
Gaarmaakmetode(s):
Gang:
Copyright reserved
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 23 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
NAAM VAN GEREG/RESEP 2:
BESTANDDELE Hoeveelheid Mise-en-place TOERUSTING:
deur resep van Ekstra toerusting vir
benodig bestanddele bereiding/gaarmaak/vorming/
bediening/porsionering
(dit wat nie by jou werkstasie is nie)
Mise-en-place van toerusting
(bv. smeer bakplaat)
Aantal porsies/opbrengs
Beskrywing van gereg:
Oond °C/temperatuur van stoofplaat en tyd/stoltyd vereis:
Gaarmaakmetode(s):
Gang:
ASSESSERINGSKAAL:
0 = Onaanvaarbaar 4 = Oortref vereistes
1–2 = Voldoen nie aan vereistes nie 5 = Uitstekend
3 = Voldoen aan vereistes
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 24 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
BYLAE H
LEERDER SE NAAM : Spyskaart 8:
Beskrywing van bedieningstaak 5:
Diagram van een plekdekking ('cover') 5:
DATUM: Openingsmise-en-place per plekdekking 7:
Totaal 25:
1. DIE SPYSKAART PUNTE: 8
SKRYF DIE SPYSKAART HIERONDER UIT
LET WEL: Hou al die reëls vir die uitskryf van 'n spyskaart in gedagte.
8
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 25 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2. BESKRYWING VAN BEDIENINGSPROSEDURE (soos aangedui op taak getrek)
PUNTE: 5
BESKRYWING VAN:
ASSESSERINGSKRITERIA
Voltooi die bedieningstappe en in die korrekte volgorde
5
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 26 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3. TEKEN 'N BENOEMDE DIAGRAM VIR EEN VOLLEDIGE PLEKDEKKING PUNTE: 5
____________________________________________________________ Tafelrand
ASSESSERINGSKRITERIA: SKETS VAN PLEKDEKKING
Korrekte byskrifte vir plekdekking √ Korrekte posisie en spasiëring van eetgerei √ Korrekte eetgerei √
Glase korrek √ Kleinbordjie en servet √ 5
4. OPENINGSMISE-EN-PLACE (voltooi per plekdekking) PUNTE: 7
1. Naam van gereg 2. Soort eetgerei benodig 3. Hoeveelheid per
per plekdekking enkel plekdekking
Tweede gang:
Hoofgereg:
Nagereg:
4. Bedieningsapparaat benodig vir hors d'oeuvre:
5. Soort en aantal glase 6. Drankie nodig vir: 7. Linne:
benodig per plekdekking:
ASSESSERING: OPENINGSMISE-EN-PLACE
Een punt per kolom (1–7): alle items in kolom korrek om die punt vir die kolom te kry
7
Copyright reserved Please turn over
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 27 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
BYLAE I
GASVRYHEIDSTUDIES GRAAD 12
PUNTESTAAT VIR MODERERING
Skool:
Onderwyser:
Nr. NAAM VAN LEERDER
Gemodereerde
Maak 'n alfabetiese lys van leerders. Datum:
PAT 1 punt
VAN NAAM 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
ONDERWYSER HANDTEKENING: __________________ DATUM: _________________
DEPARTEMENTSHOOF HANDTEKENING: ______________ DATUM: _________________
DISTRIKSBEAMPTE: __________________________ DATUM: _________________
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Hospitality Studies.
- Grade 12 Hospitality Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Hospitality Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Hospitality Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Hospitality Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023 24

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
Related documents

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Memo (Afr)
--2e4af392-e74c-47c0-b55b-eed2493c2da9/v1-648e27bb1168ded7c346/card.webp)
Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Hospitality Studies

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2023 Question Paper

Question paper