Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
FEBRUARIE/MAART 2017
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 334.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL DRIE
afdelings beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie
programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te
gebruik)).
4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
word.
5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
wat in die vraestel verskyn nie.
7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal
vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.
8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
datastrukture voorsien word.
9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
toegeken is.
10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.
11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
drukwerk gegee word.
12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op die
disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde, uitvoerbare lêers verskaf.
LET WEL:
• Delphi-kandidate moet die lêer DelphiDataAFRMaart2017.exe gebruik.
• Java-kandidate moet die lêer JavaDataAFRMaart2017.exe gebruik.
Doen die volgende:
• Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
• Klik op die 'Extract'-knoppie.
• Sleutel die volgende wagwoord in: Prof4U@#!
Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
DelphiDataAFRMaart2017-/JavaDataAFRMaart2017 beskikbaar wees:
DELPHI-LÊERS JAVA (NETBEANS)-LÊERS
Vraag1: Vraag1:
Tipe1.PNG Tipe1.PNG
Tipe2.PNG Tipe2.PNG
Vraag1_P.dpr Vraag1.form
Vraag1_P.dproj Vraag1.java
Vraag1_P.res
Vraag1_U.dfm
Vraag1_U.pas
Vraag2: Vraag2:
DataJanuarie2017.txt DataJanuarie2017.txt
KaartHouer_U.pas KaartHouer.java
Vraag2_P.dpr Vraag2.form
Vraag2_P.dproj Vraag2.java
Vraag2_P.res
Vraag2_U.dfm
Vraag2_U.pas
Vraag3: Vraag3:
Vraag3_P.dpr Vraag3.form
Vraag3_P.dproj Vraag3.java
Vraag3_P.res
Vraag3_U.dfm
Vraag3_U.pas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
SCENARIO
Lojaliteitskaarte word dikwels gebruik om klanteprofiele te skep. Dit is ook 'n gewilde
manier om klante te motiveer om winkels te besoek deur gereeld lojaliteitspunte toe te
ken vir aankope wat gedoen word.
AFDELING A
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
'n Aansoeker moet 'n aansoekvorm voltooi om 'n lojaliteitskaart te kry.
Doen die volgende:
• Kompileer en voer die program uit wat in die Vraag1-lêergids voorkom. Die
gebruikerskoppelvlak vertoon vier verskillende afdelings wat VRAAG 1_1 tot
VRAAG 1_4 genoem word. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) ('GUI'):
• Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 op
die volgende bladsy beskryf word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.1 Knoppie [Vraag 1_1]
'n Byskrif ('label') met die naam lblWelkomBoodskap is geskep en gestel om
nie sigbaar te wees nie. Skryf kode om die inligting wat deur die gebruiker
ingesleutel word, soos volg te valideer:
• Naam en van
Die toevoer moet ten minste een spasie bevat om geldig te wees. As die
toevoer nie geldig is nie, vertoon 'n boodskap om die spesifieke fout aan te dui
deur 'n dialoogblokkie ('dialog box') te gebruik.
• ID-nommer
Die asterisk-karakter (*) langs die teksblokkie dui aan dat die veld nie oop
gelaat kan word nie. 'n ID-nommer moet uit 13 syfers bestaan om geldig te
wees. As die ID-nommer-veld nie enige inligting bevat nie of die ingevulde
ID-nommer nie uit 13 syfers bestaan nie, vertoon 'n boodskap om aan te dui
watter spesifieke fout voorgekom het deur 'n dialoogblokkie te gebruik.
As die inhoud in beide velde geldig is, moet die byskrif wat die
verwelkomingsboodskap vertoon, op sigbaar gestel word.
Voorbeeld van boodskap as geen spasie in die naam-en-van-veld ingesleutel
is nie:
Voorbeeld van boodskap as die ID-nommer-veld oop gelaat is:
Voorbeeld van boodskap as die ID-nommer wat ingesleutel is, nie uit 13 syfers
bestaan nie:
(14)
1.2 Knoppies met prentjies [Vraag 1_2]
'n Klant moet die tipe lojaliteitskaart wat hy/sy verkies, selekteer. Die prentjies
op die knoppies in hierdie afdeling van die GGK wys twee tipes lojaliteitskaarte.
Wanneer 'n spesifieke prentjie geselekteer word (knoppie geklik), moet die
program die volgende doen:
• Die opskrif in die byskrif ('label') bokant die geselekteerde prentjie moet na
vetdruk ('bold') verander word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
• 'n Kode vir die tipe lojaliteitskaart wat geselekteer is, moet aan die globale
veranderlike tipeKaart wat verskaf is, toegeken word. Die kode AF
verteenwoordig onmiddellike afslag en die kode LI verteenwoordig 'n
donasie vir liefdadigheid.
LET WEL: Slegs die opskrif van die knoppie wat tans geselekteer is, moet in
vetdruk ('bold') verskyn. As die gebruiker die ander tipe
lojaliteitskaart selekteer, moet die opskrif van die lojaliteitskaart wat
voorheen geselekteer is, NIE in vetdruk ('bold') verskyn NIE. (6)
1.3 Knoppie [Vraag 1_3]
Die finale aankoopbedrag vir vandag moet in die teksblokkie ('text box')
ingesleutel word.
Die program moet die volgende voordeel toestaan aan die houer van die tipe
lojaliteitskaart wat in VRAAG 1_2 geselekteer is:
• Onmiddellike afslag (AF):
1,5% afslag moet op die aankoopbedrag toegestaan word.
• Donasie vir liefdadigheid (LI):
'n Bedrag van R3 vir elke R100 of deel van R100 wat deur die
lojaliteitskaarthouer gespandeer is, sal aan 'n liefdadigheidsorganisasie
geskenk word.
Vertoon 'n boodskap wat die voordeel wat toegestaan is, afhangend van die
tipe lojaliteitskaart, sal beskryf.
Voorbeeld van afvoer as die kode van die lojaliteitskaart AF en die
aankoopbedrag R1 200 is:
LET WEL: Die afslagbedrag moet as 'n geldeenheid met twee desimale syfers
vertoon word.
Voorbeeld van afvoer as die kode van die lojaliteitskaart LI en die
aankoopbedrag R230 is:
(15)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.4 Knoppie [Vraag 1_4]
Die klant se ID-nommer wat in VRAAG 1_1 ingesleutel is en die tipe
lojaliteitskaart wat in VRAAG 1_2 geselekteer is, word benodig om die klant se
lojaliteitskaartnommer saam te stel. 'n Lojaliteitskaartnommer bestaan uit drie
dele. Elke deel van die nommer moet soos volg saamgestel en in die
komponente wat verskaf is, vertoon word:
Deel 1:
Die eerste deel van die lojaliteitskaartnommer moet óf uit die letter B bestaan
as die besigheidskaart-kontroleblokkie ('check box') geselekteer is, óf die
letter P as die besigheidskaart-kontroleblokkie ('check box') nie geselekteer is
nie, gevolg deur die eerste drie syfers van die klant se ID-nommer.
Deel 2:
'n String met die naam karakString, wat die volgende 10 karakters bevat, is
voorsien as deel van die kode wat verskaf is:
! @ # $ % ] & * ^ ~
Elke karakter in die string verteenwoordig 'n syfer (0–9). Dit beteken dat die
eerste karakter (!) die syfer 0 verteenwoordig, die tweede karakter (@) die
syfer 1, en so aan.
Hierdie deel van die lojaliteitskaartnommer moet bestaan uit die laaste syfer
van die klant se ID-nommer, gevolg deur die karakter uit karakString wat
daardie syfer verteenwoordig.
Voorbeeld van hierdie deel van die lojaliteitsnommer as die klant se
ID-nommer 8802128756084 is:
4%
Deel 3:
Hierdie deel van die lojaliteitskaartnommer bestaan uit die kode wat die tipe
lojaliteitskaart (AF of LI) verteenwoordig en in VRAAG 1_2 bepaal is.
Voorbeeld van die lojaliteitskaartnommer van 'n klant met die volgende profiel:
• Aansoek vir 'n besigheid
• ID-nommer: 9210140012083
• Tipe kaart: AF
(13)
• Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
• Stoor jou program.
• Maak 'n drukstuk van die kode as dit vereis word.
TOTAAL AFDELING A: 48
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING
Die plaaslike supermark het 'n lojaliteitskaartstelsel waar klante belonings kan ontvang,
afhangend van die aantal besoeke, die aantal lojaliteitspunte wat versamel is en die
persentasie gesondheidskos wat aangekoop is.
Doen die volgende:
Delphi-programmeerders Java-programmeerders
• Maak die onvoltooide program in die • Maak die onvoltooide program in die
Vraag2-lêergids oop. Vraag2-lêergids oop.
• Maak die onvoltooide objekklas • Maak die onvoltooide objekklas
KaartHouer_U.pas oop. KaartHouer.java oop.
• Voeg jou eksamennommer as • Voeg jou eksamennommer as
kommentaar in die eerste reël van kommentaar in die eerste reël van
beide lêer Vraag2_U.pas en beide objekklas Vraag2.java en
KaartHouer_U.pas in. KaartHouer.java in.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):
• Voltooi die kode vir hierdie program, soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 hieronder
gespesifiseer.
2.1 Die gegewe onvolledige objekklas (TKaartHouer/KaartHouer) bevat die
verklaring van vyf attribute, die toString()-metode en 'n onvolledige
isReg()-metode.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
Die gegewe attribute van die KaartHouer-objek:
NAME VAN ATTRIBUTE
BESKRYWING
Delphi Java
fKaartNommer kaartNommer 'n Unieke nommer vir die kaarthouer
fSelNommer selNommer Die selfoonnommer van die kaarthouer
fAantBesoeke aantBesoeke Die aantal kere wat die kaarthouer die
winkel gedurende die maand besoek het
fLojaliteitsPunte lojaliteitsPunte Die totale aantal lojaliteitspunte wat tot
nou toe op hierdie kaart ontvang is
fGesondVlak gesondVlak 'n Karakter wat die gesondheidsvlak van
die kaarthouer aandui op grond van
die hoeveelheid gesondheidskos wat
gedurende die maand aangekoop is:
S – Silwer (Laagste vlak)
G – Goud
P – Platinum (Hoogste vlak)
Voltooi die kode in die gegewe KaartHouer-klas (TKaartHouer/KaartHouer)
soos wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 hieronder beskryf word.
2.1.1 Skryf kode vir 'n konstruktor-metode wat die kaartnommer,
selfoonnommer en lojaliteitskaartpunte wat reeds ontvang is, as
parameterwaardes sal ontvang. Ken hierdie waardes aan die relevante
attribute toe.
Die laagste kode vir die vlak gesondheidskos (S) moet aan die
gesondheidsvlak-attribuut toegeken word. Die aantal besoeke se
attribuut moet op 0 gestel word. (5)
2.1.2 Skryf 'n mutator-metode om die getal besoeke se attribuut op 'n
waarde wat as 'n parameter ontvang is, te kan stel. (2)
2.1.3 Skryf kode vir 'n metode met die naam vermeerderLojaliteitsPunte
wat die totale bedrag wat hierdie maand spandeer is, as 'n parameter
ontvang en die huidige aantal lojaliteitspunte sal vermeerder volgens
die bedrag wat ontvang is.
Gebruik die volgende kriteria:
Vir elke vier rand (R4) wat gespandeer is, word een lojaliteitspunt
toegeken. (5)
2.1.4 Skryf kode vir 'n metode met die naam opdateerGesondVlak wat die
totale bedrag wat hierdie maand gespandeer is en die bedrag wat aan
gesondheidskos spandeer is, as parameters sal ontvang. Bereken die
persentasie wat aan gesondheidskos spandeer is en stel die
gesondheidsvlak-attribuut volgens die kriteria wat in die tabel hieronder
verskaf is.
Kode van die vlak Persentasie-aanduiding
S Minder as 10%
G 10% of meer, maar minder as 40%
P 40% of meer (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.1.5 'n Toegangskode is nodig om 'n klant se lojaliteitspunte op te dateer.
Die klant se selfoonnommer is gebruik om die toegangskode saam te
stel.
Skryf kode om die isReg-metode wat verskaf is, te voltooi. Die metode
moet toets of die toegangskode, wat as 'n parameter ontvang is, korrek
is deur die volgende instruksies op die selfoonnommer-attribuut toe te
pas:
• Verwyder al die nulle (0) uit die selfoonnommer.
• Bepaal die som van die oorblywende syfers soos volg:
o As die getal oorblywende syfers ewe is, moet elke twee
opeenvolgende syfers wat aan die linkerkant begin, as 'n
tweesyferwaarde beskou word. Tel al hierdie tweesyferwaardes
bymekaar.
Voorbeeld:
As die oorspronklike selfoonnommer 082 340 2113 was, sal die
oorblywende syfers sonder nulle 82342113 wees. Die som van
die tweesyferwaardes is:
82 + 34 + 21 + 13 = 150
o As die getal oorblywende syfers onewe is, moet die eerste syfer
as 'n eensyferwaarde beskou word en daarna moet elke twee
opeenvolgende syfers as 'n tweesyferwaarde beskou word. Tel
al hierdie waardes bymekaar.
Voorbeeld:
As die oorspronklike selfoonnommer 082 034 2101 was, sal die
oorblywende syfers sonder nulle 8234211 wees. Die som van
die waardes is:
8 + 23 + 42 + 11 = 84 (13)
2.1.6 Skryf kode vir 'n metode met die naam identifiseerSterKoper wat
'n string sal terugstuur wat aandui of die kaarthouer 'n STER-koper is,
of nie.
'n Kaarthouer is 'n STER-koper as die volgende van toepassing is:
• Die kaarthouer het meer as 2 000 lojaliteitspunte verdien en die
winkel is gedurende die maand meer as 10 keer besoek.
OF
• Die gesondheidsvlak van die kaarthouer is platinum.
Die string wat teruggestuur word, moet of 'STER-koper' of 'n leë
string wees. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.2 Inligting oor die besoeke en aankope van kaarthouers word slegs vir een
maand in 'n tekslêer gestoor. Die tekslêer met die naam DataJanuarie2017.txt
bevat die transaksies wat gedurende Januarie deur vier van die kaarthouers
gedoen is.
Die inhoud van die tekslêer is soos volg:
Elke drie reëls verteenwoordig 'n transaksie vir 'n spesifieke
lojaliteitskaarthouer:
Reël 1: Die kaartnommer van die kaarthouer, byvoorbeeld B921-3$-DI
Reël 2: Die totale bedrag van die aankope vir hierdie besoek, byvoorbeeld
1459.30
Reël 3: Die bedrag wat op gesondheidskos spandeer is, byvoorbeeld 72.30
Voorbeeld van die eerste 12 reëls van die DataJanuarie2017.txt-tekslêer:
B921-3$-AF
1459.30
72.30
B870-4%-LI
899.80
22.50
P730-7*-AF
299.30
62.85
B870-4%-LI
869.30
182.55
Doen die volgende om die kode vir elke knoppie in die hoofvormeenheid
(Delphi)/GGK-klas (Java) soos in die gedeelte wat volg, te voltooi.
LET WEL: Die objek objKaartHouer is globaal verklaar as deel van die
kode wat verskaf is.
2.2.1 Knoppie – [2.2.1 – Kontroleer toegangskode]
Die gebruiker moet 'n kaartnommer selekteer uit die vier
kaartnommers wat in die kombinasieblokkie ('combo box') verskaf is.
Sodra 'n kaartnommer in die kombinasieblokkie geselekteer is, word
die kaarthouer se selfoonnommer en die aantal lojaliteitspunte wat
reeds uit vorige aankope verdien is, vertoon met die kode wat verskaf
is.
Die gebruiker moet die korrekte toegangskode vir die kaartnommer
wat geselekteer is, insleutel sodat die program die kaarthouer se
data, wat in die tekslêer gestoor is, kan verwerk.
Skryf kode om die volgende te doen:
• Gebruik die kaarthouer se kaartnommer, selfoonnommer en
lojaliteitspunte van die kaarthouer om 'n kaarthouer-objek te
instansieer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
• Gebruik die metode isReg om te bepaal of die toegangskode wat
vir hierdie kaarthouer ingesleutel is, die korrekte toegangskode is,
of nie.
As die korrekte toegangskode ingesleutel is, gebruik die data in die
DataJanuarie2017.txt-tekslêer om die volgende met betrekking tot
die kaarthouer se aankope te bepaal:
• Die totale bedrag wat vir die maand spandeer is
• Die bedrag wat aan gesondheidsverwante produkte spandeer is
• Die aantal kere wat die gebruiker die winkel besoek en aankope
gedoen het
Gebruik hierdie inligting en die relevante metodes uit die objekklas om
die aantal lojaliteitspunte, die gesondheidsvlakkode en die aantal kere
wat die kaarthouer die winkel vir aankope besoek het, op te dateer.
Maak die knoppie vir VRAAG 2.2.2 aktief.
As die toegangskode NIE korrek is NIE, vertoon 'n boodskap wat
aandui dat die aanteken ('login') nie suksesvol was nie en maak die
toegangskode-teksblokkie skoon.
Die data in die tabel hieronder kan vir toetsdoeleindes gebruik word.
Kaartnommer Toegangskode
B921-3$-DI 188
B870-4%-CH 41
P730-7*-DI 338
B810-2#-DI 170 (24)
2.2.2 Knoppie – [2.2.2 – Vertoon kaarthouer se besonderhede]
Skryf kode om die toString-metode te gebruik om die data van die
kaarthouer-objek in die afvoerarea wat verskaf is, te vertoon.
Die metode wat in VRAAG 2.1.6 geskep is, moet gebruik word om
aan te dui of die kaarthouer 'n STER-koper is.
Voorbeeld van afvoer vir kaartnommer B921-3$-AF:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
Voorbeeld van afvoer vir kaartnommer B870-4%-LI:
(3)
• Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die klas en die
vorm in.
• Stoor al die lêers.
• Druk die kode van die klas en die vorm (Delphi)/albei klasse (Java) indien dit vereis
word.
TOTAAL AFDELING B: 65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING C
VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING
SCENARIO
'n Sosialemedia-vriendskapstoep ('app') met die naam Dine-Is-Fine is spesiaal vir die
10 restaurante by jou plaaslike inkopiesentrum ontwerp. Jy en jou vriende is
geregistreerde gebruikers van hierdie toep. Die toep kan gebruik word om die plek
waar jy is, met ander geregistreerde gebruikers te deel.
Doen die volgende:
• Kompileer en voer die program in die Vraag3-lêergids uit. Die program het tans
geen funksionaliteit nie.
• Voltooi die kode vir elke vraag, soos in VRAAG 3.1 tot VRAAG 3.3 beskryf is.
GGK ('GUI') wat voorsien is:
Data wat voorsien is:
Jy word voorsien van 'n tweedimensionele skikking met die naam arrSentrum wat
gevul is met karakters wat die uitleg van die inkopiesentrum verteenwoordig.
Die karakters A tot J verteenwoordig 10 restaurante wat jy en jou vriende gereeld
besoek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
Afvoerarea:
Besluit op 'n geskikte afvoerkomponent wat in die afvoerarea wat verskaf is, geplaas
moet word om die inhoud van die tweedimensionele skikking te vertoon.
LET WEL:
• Jy mag NIE die data wat voorsien is, met die hand verander NIE. Kode moet
geskryf word om die data wat voorsien is volgens die vereistes te manipuleer.
• Goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die ontwerp en
kodering van jou oplossing toegepas word.
• GEEN punte sal vir kodering met vaste waardes toegeken word NIE.
Gebruik kontrolestrukture en veranderlikes waar nodig.
3.1 Knoppie [Vertoon uitleg]
Die program moet die uitleg van die inkopiesentrum vertoon. Skryf kode om die
data wat in die tweedimensionele skikking voorsien is, te gebruik om die uitleg
in netjiese kolomme te vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(5)
Verduideliking van die data in die skikking:
• Die karakters A tot J verteenwoordig die posisie van elk van die 10
restaurante in die inkopiesentrum.
• Die karakter X is 'n plekhouer wat aandui dat nie een van jou vriende tans in
'n restaurant is nie.
• Die karakter O dui die oop area aan waar jy kan rondbeweeg.
• Die asterisk-karakter (*) dui jou posisie (eerste ry en vierde kolom) aan.
LET WEL: Vir die doel van hierdie vraag sal jy altyd in dieselfde posisie bly.
3.2 Kombinasieblokkie ('Combo box') met restaurantkodes
Jy word versoek om 'n restaurant uit die kombinasieblokkie te selekteer waar
een van jou vriende gaan eet.
Skryf kode om die X-plekhouer by die geselekteerde restaurant met 'n
hutsmerk-simbool (#) te vervang om aan te dui dat 'n vriend by die restaurant is
en vertoon 'n opgedateerde uitleg van die inkopiesentrum.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
Voorbeeld van afvoer as twee van jou vriende by restaurant C en F
onderskeidelik eet:
(13)
3.3 Knoppie – [Spoor naaste vriend(e) op]
Die program moet bepaal by watter restaurant(e) in die inkopiesentrum jou
vriende tans is en hoe ver hulle is van waar jy is. Elke vertikale of horisontale
beweging op die matriks verteenwoordig 'n afstand van 4,5 meter. Vanaf die
restaurant(e) waar jou vriende is, bepaal en vertoon die restaurant(e) wat die
naaste aan jou is.
Voorbeeld van afvoer as jou vriende by restaurant C en F eet:
Voorbeeld van afvoer as jou vriende by restaurant C, F en H eet:
LET WEL: Jy kan nie diagonaal op die matriks beweeg nie.
PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 3.3
Spoor vriende op 3
Bepaal die naam van die restaurant 4
Bereken die afstand 6
Vind die vriend(e) wat die naaste aan jou is 3
Afvoer om die posisie van vriend(e) en afstand aan te dui 2
Korrekte formaat van afvoer vir die vriend(e) wat die naaste aan jou is 1
TOTAAL 19
• Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
• Stoor jou program.
• Maak 'n drukstuk van die kode as dit vereis word.
TOTAAL AFDELING C: 37
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2017 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2017 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2017 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum