Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
*INFTA*
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 352.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae. Kandidate moet AL drie vrae beantwoord.
2. Hierdie vraestel duur drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit
belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor
die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra is. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
datavalidering vereis nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
4. Jou programme moet so gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net
met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die vraestel
verskyn nie.
5. Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word.
Jy mag NIE die ingeboude funksies van ʼn programmeringstaal vir enige van hierdie
roetines gebruik NIE.
6. Stoor jou werk gereeld.
7. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die lêers
word in die vorm van ʼn uitvoerbare lêer wat met ʼn wagwoord beskerm is, verskaf.
Doen die volgende:
Dubbelkliek op die uitvoerbare lêer wat met ʼn wagwoord beskerm is.
Klik op die ‘extract’-knoppie.
Sleutel die volgende wagwoord in: Med2017#
Lys van lêers wat in die lêergids, DataRekord2017, nadat dit onttrek is:
Vraag 1:
Vraag1P.dpr
Vraag1P.res
Vraag1U.dfm
Vraag1U.pas
Medies.jpg
Vraag 2:
clsRekords.pas
Vraag2P.dpr
Vraag2P.res
Vraag2U.dfm
Vraag2U.pas
Vraag 3:
Vraag3P.dpr
Vraag3P.res
Vraag3U.dfm
Vraag3U.pas
Pasiente.txt
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
SCENARIO
Mediese sorg is ʼn belangrike deel van ons lewens. In hierdie vraestel word daar gefokus op
programme wat die dokters en pasiënte kan help. In hierdie vraestel word daar gefokus op
programme wat die dokters en pasiënte kan help.
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
ʼn Voorbeeld van die GGK (GUI) word hieronder gegee:
Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 soos dit beskryf word in VRAAG 1.1
tot VRAAG 1.4.
1.1 Wanneer die program uitgevoer word, moet die prentjie, Medies.jpg, as ʼn
dinamiese komponent bygevoeg word.
Eienskappe:
Left = 500
Top = 15
Height = 90
Width = 120
Stretch = True (7)
1.2 Algemene Inligting Knoppie:
Die pasiënt moet hul titel, naam en van, asook hul identiteitsnommer in tik. Die
identiteitsnommer moet getoets word om seker te maak dit is die korrekte
aantal karakters (13 karakters) en dat dit slegs uit syfers bestaan. As die
identiteitsnommer nie korrek is nie, moet ʼn gepaste boodskap vertoon word.
As die identiteitsnommer korrek is, moet ʼn lêernaam vir die pasiënt geskep
word. Die lêernaam bestaan uit die eerste drie karakters van die van en ʼn
ewekansige getal tussen 100 en 999 (albei ingesluit).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Vertoon ʼn verwelkomingsboodskap wat die titel, voorletter, van en lêernaam
van die pasiënt sal insluit.
Voorbeeld van invoer: Voorbeeld van afvoer:
(14)
1.3 Mediese Fonds Inligting Knoppie
Die pasiënt moet hul mediese fonds-inligting in tik:
As die pasiënt die hooflid is, moet (Hooflid) langs die lêernaam vertoon
word
As die pasiënt ʼn subsidie kry, dan moet 'Ja' gestoor word, anders 'Nee'
Aantal afhanklikes (dependents)
Naam van mediese fonds
Hierdie inligting moet na ʼn tekslêer geskryf word. Die tekslêer se naam is die
lêernaam wat in Vraag 1.2 geskep is.
Die inligting moet soos volg na die tekslêer geskryf word:
<naam van lêer>: (Hooflid)
<aantal afhanklikes>
<naam van mediese fonds>
<subsidie>
Vertoon ʼn boodskap nadat die lêer geskryf is. (13)
1.4 Opdateer Inligting Knoppie
Die inligting moet elke jaar opdateer word. Vertoon ʼn boodskap wat die pasiënt
sal inlig wanneer die inligting opdateer moet word. Maak gebruik van die
stelseldatum (system date).
Voorbeeld van afvoer:
(5)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
Stoor die program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL VRAAG 1: [39]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING
ʼn Ontvangsdame moet verskeie take verrig. Pasiënte wil rekeninge betaal, volgende
afspraak maak en aan die einde van die dag moet die totale hoeveelheid geld wat inbetaal
is, vir finansiële redes neergeskryf word. Die ontvangsdame moet al die inligting vir die
dag op rekord hê, voor die einde van elke dag.
Maak die onvoltooide program in die Vraag 2-lêergids oop. Tans het die program geen
funksionaliteit nie.
Voltooi die kode vir die program soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word.
2.1 Die gegewe onvoltooide objekklas bevat ses attribute wat die objRekords-objek
beskryf.
NAME VAN BESKRYWING
ATTRIBUTE
fdokter Naam van die dokter
fdatum Datum van afspraak – gebruik stelseldatum
fmedfonds Yes/No om aan te dui of pasiënt mediese fonds het of nie
fopvolg Of daar ʼn opvolgafspraak nodig is (‘Yes’ of ‘No’)
fkontant Bedrag wat kontant betaal is
fmed Bedrag wat na mediese fonds gestuur is
2.1.1 Skryf kode vir ʼn konstruktor wat die waardes aan fdokter, fdatum,
fmedfonds, fopvolg-attribute sal toeken. Fkontant en fmed moet met die
waarde ‘0’ geïnisialiseer word. (4)
2.1.2 Skryf ʼn metode met die naam OpvolgDatum wat ʼn datum sal terugstuur
wanneer die pasiënt weer die dokter moet sien. Die volgende afspraak
moet sewe dae na die eerste afspraak wees. As ʼn opvolg-afspraak nie
nodig is nie, moet ʼn boodskap teruggestuur word, wat sal aan dui dat
geen afspraak nodig is nie.
(Aanvaar dat die maand 30 dae het.) (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.1.3 Skryf ʼn mutatormetode met die naam SetBedrag wat die bedrag wat
betaal is, sal ontvang en die huidige kontantbedrag daarmee sal vervang. (2)
2.1.4 Skryf ʼn mutatormetode met die naam SetMedies wat die bedrag wat aan
die mediese fonds gestuur is, sal ontvang en die huidige mediese fonds
bedrag daarmee sal vervang. (2)
2.1.5 Skryf ʼn metode met die naam MaakString om ʼn string oor die opvolg-
afspraak saam te stel.
As ʼn opvolg-afspraak nodig is, moet die boodskap die volgende wees:
Pasiënt moet asseblief <Dokter> op <opvolg datum> sien
As daar nie ʼn opvolg-afspraak nodig is nie, moet die volgende boodskap
vertoon word:
Geen opvolg-afspraak nodig nie (5)
2.2 ʼn Onvoltooide klas Vraag2U is gegee.
2.2.1 Stoor Inligting Knoppie
Skryf kode om die inligting in te lees en instansieer die objRekords-
objek. Roep die MaakString-metode en vertoon die inhoud in ʼn dialoog-
komponent.
Die bedrag wat betaal moet word, is ʼn ewekansige getal tussen 300 en
400 (beide ingesluit).
As die pasiënt ʼn mediese fonds het, dan moet die bedrag namens die
pasiënt na die mediese fonds gestuur word. As die pasiënt nie ʼn mediese
fonds het nie, dan moet die bedrag deur die pasiënt betaal word.
Voorbeeld van afvoer:
Pasiënt met mediese fonds:
Pasiënt met geen mediese fonds (let wel dat die bedrae anders sal wees
as gevolg van die ewekansige getalle):
(20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
2.2.2 Statistiek vir Dag Knoppie
Skryf kode om die totale hoeveelheid kontant wat inbetaal is asook die
totale bedrag wat aan die mediese fondse gestuur is. Alle geldwaardes
moet na twee desimale plekke afgerond word.
Vertoon die aantal pasiënte wat elke dokter gesien het, vir die spesifieke
dag.
Voorbeeld van afvoer (afvoer sal anders wees omdat dit afhang van die
aantal kere die Stoor Inligting Knoppie geklik is; asook die ewekansige
getalle):
(5)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
Stoor die program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL VRAAG 2: [47]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING
Hierdie vraag fokus op die werklike afsprake. Twee skikkings word gegee: arrtye en
arrdokters.
3.1 Wanneer die program uitgevoer word, moet die volgende vertoon word:
Skryf kode om die kolom (arrtye) en ry (arrdokters) se opskrifte te vertoon.
Die huidige pasiënte se name is gestoor in ʼn tekslêer, pasiente.txt. Verkry die
name en stoor dit in die twee-dimensionele skikking, ar2afsprake, wat ‘class
scope’ het.
Die uitleg van die tekslêer lyk soos volg.
Maak gebruik van ʼn metode om die name in die ‘string grid’ te vertoon. (21)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
3.2.1 VoegBy Metode
Skryf ʼn metode, VoegBy, wat die naam van die pasiënt asook die kolom
(dokter se nommer) as parameters sal ontvang. ʼn Tyd moet ewekansig
gekies word. As die dokter se nommer tussen 1 en 4 is, dan moet die
pasiënt toegeken word aan daardie spesifieke dokter, wanneer die dokter
beskikbaar is. As die dokter se nommer 5 is, dan kan die pasiënt aan
enige dokter toegeken word. Die afspraak moet by die twee-dimensionele
skikking gevoeg word.
Vertoon ʼn geskikte boodskap om te vertoon of ʼn afspraak gemaak is of
nie. (17)
3.2.2 Nuwe Afspraak Knoppie
Die pasiënt moet die gekose dokter se nommer in tik. Maak gebruik van
nog ʼn Inputbox om die pasiënt se naam en van in te tik. Roep die
VoegBy-metode en vertoon die opdateerde twee-dimensionele skikking
in die 'string grid'. (4)
3.3 Verander Afspraak Knoppie
Tik die pasiënt se naam en van in. Vind die pasiënt se inligting in die twee-
dimensionele skikking en roep die VoegBy-metode. Die pasiënt moet dieselfde
dokter, met wie hul oorspronklik ʼn afspraak gehad het, sien. Die oorspronklike
afspraak in die twee-dimensionele skikking moet gekanselleer word. Vertoon die
opdateerde twee-dimensionele skikking. (7)
3.4 Soek Knoppie
Soek vir die pasiënt se inligting volgens die naam en van wat ingetik is. Vertoon
ʼn boodskap wat die dokter sowel as die tyd van die afspraak insluit. (5)
3.5 Dokter Op Diens Knoppie
Die dokter met die minste afsprake elke dag, is verantwoordelik vir al die pasiënte
wat ʼn dokter moet sien, maar wie nie ʼn afspraak het nie. Skryf kode wat sal
bereken watter dokter die minste afsprake het en vertoon ʼn boodskap met die
dokter se naam. (10)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
Stoor die program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL VRAAG 3: [64]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2017 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum