Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
2015 (2)
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 475.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
NSC June Exam 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/2015 (2)
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in DRIE afdelings verdeel. Kandidate moet AL DRIE afdelings
beantwoord.
2. Hierdie eksamen duur drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is
dit belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Hierdie vraestel is met programmeringsterme opgestel wat nie
programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te
gebruik)).
4. Maak seker dat jy die vrae volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee
word, beantwoord. Punte sal slegs volgens die voorgeskrewe spesifikasies
toegeken word.
5. Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra is. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
datavalidering vereis nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
6. Jou programme moet so gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie
net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die
vraestel verskyn nie.
7. Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
word. Jy mag nie die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal vir enige
van hierdie roetines gebruik nie.
8. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket wat aan jou gegee is of die
skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is.
9. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in elke program verskyn
wat jy kodeer.
10. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die
programme/klasse wat jy voltooi het. Jy sal 'n halfuur tyd vir drukwerk gegun
word na die eksamensessie.
11. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
geheuestokkie, met al jou werk daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak
dat jou werk op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken
is, gestoor is. Maak seker dat alle lêers gelees kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/2015 (2)
SSE
12. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
Die lêers word in die vorm van 'n uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord
beskerm is, verskaf.
LET WEL:
• Delphi-programmeerders moet die lêer DelphiDataAFR.exe gebruik.
• Java-programmeerders moet die lêer JavaDataAFR.exe gebruik.
Doen die volgende:
• Dubbelkliek op die uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord beskerm is.
• Klik op die 'Extract'-knoppie.
• Sleutel die volgende wagwoord in: School@?$@2
Lys van lêers wat in die lêergids DelphiDataAFR/JavaDataAFR voorsien is
(nadat dit onttrek is):
Delphi-lêers Java (Netbeans)-lêers
Vraag1: Vraag1:
Vraag1P.dpr Vraag1.form
Vraag1P.res Vraag1.java
Vraag1U.dfm
Vraag1U.pas
Vraag2: Vraag2:
BestellingU.pas Bestelling.java
Fotos.txt Fotos.txt
Vraag2P.dpr Vraag2.form
Vraag2P.res Vraag2.java
Vraag2U.dfm
Vraag2U.pas
Vraag3: Vraag3:
Vraag3P.dpr Vraag3.form
Vraag3P.res Vraag3.java
Vraag3U.dfm
Vraag3U.pas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/2015 (2)
SSE
SCENARIO:
Jou skool vier hulle 40ste herdenking. As deel van hulle jaarlange vieringe, het die
skool besluit om 'n verskeidenheid geleenthede aan te bied. Die geleenthede sluit 'n
vasvrageleentheid, 'n aandete en dans en 'n verskeidenheid sport- en
kultuurgeleenthede in.
AFDELING A
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
INSTRUKSIES:
Delphi-programmeerders Java-programmeerders
• Die projek Vraag1 is in die • Die projek Vraag1 is in die
DelphiDataAFR-lêergids voorsien. JavaDataAFR-lêergids voorsien.
• Maak die onvoltooide projeklêer • Maak die onvoltooide klas met die
Vraag1P.dpr in die Vraag1-lêergids naam Vraag1.java wat in die lêergids
oop. Source Packages (src),
Vraag1Package voorkom, oop.
• Voeg jou eksamennommer as • Voeg jou eksamennommer as
kommentaar in die eerste reël van die kommentaar in die eerste reël van die
hoofvormeenheid(Vraag1U)-lêer by. klas (Vraag1) by.
Doen die volgende:
• Kompileer en voer die program uit. Die koppelvlak vertoon ses verskillende
afdelings met die naam VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.6. Die program het tans geen
funksionaliteit nie.
• Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 soos beskryf in VRAAG 1.1 tot
VRAAG 1.6 wat volg.
Deelnemers aan die vasvrageleentheid kan in een van verskeie kategorieë deelneem.
Elke kategorie word in 'n ander lokaal aangebied. Deelnemers sal 'n fooi betaal wat
gebruik sal word om die geleentheid te befonds. Kaartjies sal aan lede van die publiek
beskikbaar wees.
'n Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) ('GUI') word op die
volgende bladsy gegee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/2015 (2)
SSE
1.1 Knoppie [Vraag 1.1]
Die tipe geleentheid is as 'n verstekwaarde in die teksblokkie voorsien. Die
gebruiker moet 'n kategorie uit die kombinasielys ('combo box') kies.
Verkry die tipe geleentheid en die geselekteerde kategorie uit die komponente
wat voorsien is. Skep en vertoon 'n teksreël as afvoer wat die tipe geleentheid
en die kategorie wat gekies is, sal aandui, soos in die voorbeeld hieronder
vertoon word.
Voorbeeld van moontlike toevoer:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/2015 (2)
SSE
Voorbeeld van afvoer:
(3)
1.2 Knoppie [Vraag 1.2]
Sleutel die getal deelnemers in wat aan die vasvrageleentheid sal deelneem.
Bereken soos volg die bedrag wat die deelnemers tot die fondsinsamelings-
geleentheid sal bydra:
• Die eerste 20 deelnemers sal 'n bedrag van R25,00 betaal.
• Al die ander deelnemers sal 'n bedrag van R30,00 betaal.
Vertoon die berekende bedrag in die teksblokkie wat voorsien is.
Voorbeeld 1: Die getal deelnemers is 16.
Voorbeeld 2: Die getal deelnemers is 50.
LET WEL: Die formaat van die geldeenheid van die afvoer mag verskil. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/2015 (2)
SSE
1.3 Knoppie [Vraag 1.3]
Die volgende formule word in een van die vrae in die wetenskapafdeling van
die vasvrageleentheid gebruik:
x = grondtal eksponent
Skryf kode vir die knoppie om die waarde van x te bereken met gebruik van
die algoritme wat hieronder gegee word:
Stap 1 Sleutel die waarde van die grondtal op die sleutelbord in.
Stap 2 Sleutel die waarde van die eksponent op die sleutelbord in.
Stap 3 Bereken die mag deur die grondtal tot die eksponent te verhef.
Stap 4 Bepaal die vierkantswortel van die mag wat in Stap 3 bereken is.
Stap 5 Formateer die waarde wat in Stap 4 bereken is tot TWEE desimale
plekke.
Stap 6 Vertoon die finale antwoord in die teksblokkie wat voorsien is.
LET WEL: Geen punte sal toegeken word as die gegewe algoritme nie
gebruik is nie.
Voorbeeld van die afvoer as die waarde van die grondtal gelyk is aan 3 en die
waarde van die eksponent gelyk is aan 5:
(7)
1.4 Knoppie [Vraag 1.4]
Die skool wil pizza aan al die deelnemers bedien. Daar word geskat dat elke
deelnemer drie skywe pizza sal eet. Een pizza het agt skywe.
Bereken en vertoon die getal pizzas wat bestel moet word deur die getal
deelnemers wat in VRAAG 1.2 ingesleutel is, te gebruik. Die presiese waarde
moet tot VIER desimale plekke geformateer word. Bepaal en vertoon die getal
heel pizzas wat bestel moet word.
LET WEL: Indien VRAAG 1.2 nie voltooi is nie, gebruik die verstekwaarde
wat vir die getal deelnemers gestel is. Die verstekwaarde is aan
'n globale veranderlike toegeken as deel van die gegewe kode.
Voorbeeld 1: Afvoer as die getal deelnemers wat ingesleutel is, 16 is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/2015 (2)
SSE
Voorbeeld 2: Afvoer as die getal deelnemers wat ingesleutel is, 50 is.
Voorbeeld 3: Afvoer as die getal deelnemers wat ingesleutel is, 27 is.
(9)
1.5 Knoppie [Vraag 1.5]
1.5.1 Deelnemers aan die vasvrageleentheid kan kies om aan een van
twee rondtes deel te neem. Die getal vrae wat gevra word, sal afhang
van die rondte wat gekies is. Die volgende is van toepassing:
• Rondte 1 bestaan uit 'n totaal van vyf vrae.
• Rondte 2 bestaan uit 'n totaal van agt vrae.
As die deelnemer Rondte 2 kies, moet 'n merkblokkie ('check box')
die opsie gee om twee bonusvrae by die totale getal vrae wat die
beantwoord moet word, te voeg.
Skryf kode om die getal vrae wat gevra sal word volgens toevoer van
die deelnemer te bepaal. (6)
1.5.2 Kode is voorsien om die getal vrae wat nog beantwoord moet word,
te vertoon terwyl die vasvra aan die gang is. Die afvoer moet in die
vorm van 'n patroon vertoon word, soos in die voorbeelde wat volg
getoon word.
Wanneer die gegewe kode uitgevoer word, word 'n verkeerde patroon
vertoon as gevolg van logikafoute in die twee lusstellings. Maak slegs
die twee lusstellings reg om die patroon wat vereis word, reg te
vertoon.
Voorbeelde van die regte patroon wat vertoon moet word volgens die
toevoer van die deelnemer word op die volgende bladsy getoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/2015 (2)
SSE
Voorbeeld van die regte afvoer indien Rondte 1 gekies is:
Voorbeeld van die regte afvoer indien Rondte 2 sonder enige
bonusvrae gekies is:
Voorbeeld van die regte afvoer indien Rondte 2 met bonusvrae
bygevoeg, gekies is:
LET WEL: Geen addisionele instruksies moet by die gegewe kode
gevoeg word nie.
LET WEL: Geen punte sal toegeken word as jy jou eie oplossing
kodeer nie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/2015 (2)
SSE
1.6 Knoppie [Vraag 1.6]
Die sportkategorie van die vasvrageleentheid sal in die sportsentrum
aangebied word. Die sitplekke in die sportsentrum is soos volg gerangskik:
Daar is 20 rye sitplekke wat van die voorkant van die sportsentrum af in
stygende volgorde genommer is. Die voorste ry (ry 1) het 30 sitplekke.
Daarna het elke ry twee sitplekke meer as die vorige ry. Dit beteken dat
32 sitplekke in ry 2 is, 34 sitplekke in ry 3, ensovoorts.
Die prys van 'n kaartjie in die voorste ry (ry 1) is R50,00. Die prys van die
kaartjies daal met R2,00 per ry na die agterkant van die sportsentrum. Dit
beteken dat die prys van kaartjies R48,00 vir ry 2 is, R46,00 vir ry 3,
ensovoorts. Al die kaartjies vir die vasvrageleentheid se sportkategorie, is
verkoop.
Skryf kode om die nommer van die ry, die getal sitplekke in die ry, die prys
van die kaartjie en die inkomste per ry vir die hele sportsentrum te vertoon.
Bereken en vertoon die totale inkomste uit kaartjieverkope. Al die
geldwaardes moet geformateer word deur geldeenheid ('currency') te gebruik.
Voorbeeld van afvoer:
(14)
• Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
• Stoor die program.
• 'n Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/2015 (2)
SSE
AFDELING B
VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING
'n Spesiale fotosessie is gereël vir die aandete-en-dans-geleentheid as deel van die
vieringe. Al die aanwesiges word toegelaat om groepfoto's sowel as individuele foto's
te laat neem. Daarna kan hulle 'n bestelling vir 'n aantal kopieë van die foto's wat
geneem is, plaas.
INSTRUKSIES:
Delphi-programmeerders Java-programmeerders
• Die projek Vraag2 is in die • Die projek Vraag2 is in die
DelphiDataAFR-lêergids voorsien en JavaDataAFR-lêergids voorsien en
bevat: bevat:
o 'n Hoofvormeenheid met die naam o 'n GGK('GUI')-klaslêer met die
Vraag2U.pas naam Vraag2.java
o 'n Onvoltooide eenheidlêer met die o 'n Onvoltooide objekklaslêer met die
naam BestellingU.pas naam Bestelling.java
o 'n Tekslêer (Fotos.txt) wat inligting o 'n Tekslêer (Fotos.txt) wat inligting
bevat oor fotopakkette wat bestel is bevat oor die fotopakkette wat
bestel is
• Maak die onvoltooide projeklêer met • Maak die onvoltooide klas met die
die naam Vraag2P.dpr in die Vraag2- naam Vraag2.java en Bestelling.java
lêergids oop. in die lêergids Source Packages
(src), Vraag2Package oop.
• Besigtig ('View') (Ctrl + F12) die • Voeg jou eksamennommer as
eenheidlêer BestellingU.pas en voeg kommentaar in die eerste reël van
jou eksamennommer as kommentaar beide klas Vraag2.java en
in die eerste reël van beide lêer Bestelling.java in.
Vraag2U.pas en BestellingU.pas in.
Doen die volgende:
• Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 2 soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2
hieronder beskryf word.
2.1 'n Objekklas met die naam (TBestelling/Bestelling), wat 'n bestelling met 'n
aantal metodes verteenwoordig, is voorsien.
Voltooi die kode in die gegewe bestellingklas (TBestelling/Bestelling) soos
in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 wat volg, beskryf word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/2015 (2)
SSE
2.1.1 Verklaar die attribute van die klas deur die inligting in die tabel
hieronder te gebruik.
Name van attribute
Delphi Java Beskrywing
fNaam naam Die naam van die persoon wat die bestelling
geplaas het
fGetalGroep getalGroep Die getal groepfoto's wat bestel is
fGetalEnkel getalEnkel Die getal individuele foto's wat bestel is
fBetaal betaal Die karakter J of N wat aandui of 'n betaling
gedoen is of nie (3)
2.1.2 (a) Verwyder die kommentaartekens uit die toegang('accessor')
-metodes. (1)
(b) Verander die getBetaal-metode sodat die woord 'Ja' of 'Nee' in
plaas van die karakter J of N teruggestuur word. (3)
2.1.3 Skryf kode vir 'n konstruktor wat die naam van die persoon wat die
bestelling geplaas het, die getal groep- en individuele foto's wat
bestel is en of 'n betaling gedoen is of nie, as parameters ontvang.
Inisialiseer die attribute van die klas deur die parameters te gebruik. (3)
2.1.4 Skryf 'n metode met die naam berekenBedrag om die totale bedrag
wat verskuldig is, te bereken en terug te stuur. Die koste van elke foto
is soos volg:
• Groepfoto: R15,70
• Individuele foto: R12,50 (4)
2.1.5 Afslag van vyf persent word toegestaan as daar aan die volgende
voorwaardes voldoen word:
• 'n Bestelling van ten minste vier individuele óf groepfoto's is
geplaas
• 'n Betaling is gedoen
Skryf 'n metode met die naam berekenAfslag wat die afslag wat
toegestaan is, sal bereken en terugstuur. (5)
2.1.6 Skryf 'n toString-metode om 'n string saam te stel wat die inligting
oor 'n bestelling in die formaat wat hieronder getoon word, bevat.
Naam:<naam van die persoon wat die bestelling
geplaas het>
Groep:<getal groepfoto's wat bestel is>
Individueel:<getal individuele foto's wat bestel
is>
Betaal:<Ja of Nee> (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/2015 (2)
SSE
2.2 Die tekslêer Fotos.txt bevat data wat nodig is om 'n verslag vir 'n persoon
wat 'n bestelling geplaas het, saam te stel.
Die naam van die skool is in die eerste reël van die tekslêer gestoor. Elke reël
teks daarna bevat die volgende inligting:
<Voorletter en van van die persoon wat die bestelling geplaas het>#getal
groepfoto's>;<getal individuele foto's>;<of 'n betaling gedoen is of nie
(J – betaal, N – nie betaal nie)>
Voorbeeld van die eerste ses reëls data wat in die tekslêer gestoor is:
Skool van Uitmuntendheid
K Green#3;2;N
K Pillay#5;4;N
D Smith#5;2;J
P Ally#3;4;J
S Moonsamy#2;0;N
L Ndhlovu#3;4;N
P Smith#2;1;N
L Mahlangu#0;1;N
:
Die data van die eerste bestelling wat in die gegewe tekslêer gestoor is, kan
soos volg geïnterpreteer word:
• K Green het die bestelling geplaas.
• Drie groepfoto's en twee individuele foto's is bestel.
• 'n Betaling is nog nie gedoen nie.
'n Voorbeeld van die GGK ('GUI') vir VRAAG 2:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/2015 (2)
SSE
Doen die volgende om die kode vir die knoppies in die hoofvormeenheid
(Delphi)/GGK-klas (Java) te voltooi, soos hieronder beskryf word:
2.2.1 Knoppie [Vraag 2.2.1]
Kies die naam van die persoon wat die bestelling geplaas het uit die
kombinasielys ('combo box') wat voorsien is.
Die program moet kontroleer of die Fotos.txt-tekslêer bestaan.
Vertoon 'n geskikte boodskap as die tekslêer nie bestaan nie en
maak die program toe.
Doen die volgende as die tekslêer bestaan:
• Lees die naam van die skool uit die lêer en vertoon die naam in
die byskrifkomponent wat voorsien is.
• Gebruik 'n voorwaardelike lus en soek deur die tekslêer vir die
naam van die persoon wat uit die kombinasielys gekies is.
o As die naam gevind word:
− Gebruik die data uit die teksreël om 'n nuwe
Bestelling/TBestelling-objek te instansieer. Gebruik die
fotoPakket-objekveranderlike wat reeds globaal verklaar
is as deel van die gegewe kode om die objek te stoor.
− Vertoon die besonderhede van die bestelling deur die
toString-metode te gebruik.
− Vertoon die totale bedrag.
− Aktiveer die knoppies vir VRAAG 2.2.2 en VRAAG 2.2.3.
o As die naam NIE gevind kan word NIE, vertoon 'n geskikte
boodskap en deaktiveer die knoppies vir VRAAG 2.2.2 en
VRAAG 2.2.3.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/2015 (2)
SSE
Voorbeeld van afvoer as die naam in die tekslêer gevind word:
Voorbeeld van afvoer as die naam nie in die tekslêer gevind word
nie:
\ (25)
2.2.2 Knoppie [Vraag 2.2.2]
As 'n betaling nie gedoen is nie, doen die volgende:
• Skep 'n tekslêer deur die naam van die persoon wat die
bestelling geplaas het, as die naam van die lêer te gebruik.
• Skryf die getal groepfoto's, die getal individuele foto's en die
totale bedrag wat uitstaande is in die volgende formaat na die
tekslêer:
Groep: <getal groepfoto's wat bestel is>
Individueel: <getal individuele foto's wat bestel
is>
Bedrag: <die totale bedrag wat verskuldig is>
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/2015 (2)
SSE
• Gebruik die afvoerarea om 'n boodskap te vertoon om aan te dui
dat die lêer geskep is.
As 'n betaling gedoen is, gebruik die afvoerarea om die boodskap
'Rekening is betaal' te vertoon.
Voorbeeld van afvoer as 'n betaling nie gedoen is nie:
Voorbeeld van afvoer as 'n betaling gedoen is:
(10)
2.2.3 Knoppie [Vraag 2.2.3]
Gebruik die afvoerarea om die bedrag afslag toegestaan en na
geldeenheid ('currency') geformateer is, te vertoon.
Voorbeeld van afvoer vir P Ally wat vir afslag kwalifiseer:
Voorbeeld van afvoer vir L Ndhlovu wat nie vir afslag kwalifiseer nie:
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/2015 (2)
SSE
• Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die klas en die
vorm in.
• Stoor die program.
• Druk die kode uit wat in beide die objekklas en die hoofvorm vervat is, indien
drukstukke verlang word.
TOTAAL AFDELING B: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/2015 (2)
SSE
AFDELING C
VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSING
Die kalender vir die feesjaar toon dat die skool 45 verskillende geleenthede vir die
verskillende sport- en kultuuraktiwiteite by die skool sal aanbied.
LET WEL: Lees die volgende afdelings aandagtig deur voordat jy die vraag
beantwoord.
• GGK ('GUI') EN DATA WAT VOORSIEN IS
• INSTRUKSIES
• PROGRAMVEREISTES
• TOEKENNING VAN PUNTE
GGK ('GUI') EN DATA WAT VOORSIEN IS:
Die GGK ('GUI') wat voorsien is, bevat slegs komponente vir gebruikertoevoer. Jy
moet geskikte komponente na goeddunke byvoeg.
Voorbeeld van GGK ('GUI') wat voorsien is:
Data oor die geleenthede gedurende die jaar en die geskeduleerde datum waarop elke
geleentheid gaan plaasvind, is in twee parallelle skikkings met die name
arrGeleenthede en arrDatums voorsien. Elke skikking bevat 45 stringe teks, soos
hieronder verduidelik word:
• Die arrGeleenthede-skikking stoor die name van 45 geleenthede wat deur die jaar
aangebied gaan word. 'n Spesifieke sport of kulturele geleentheid kan meer as een
keer in die jaar plaasvind. Sommige geleenthede is geskeduleer om meer as een
keer op dieselfde dag plaas te vind.
• Die arrDatums-skikking stoor die datums wanneer die ooreenstemmende
geleenthede in die arrGeleenthede-skikking gaan plaasvind. Die elemente van die
arrDatums-skikking is as stringe teks geformateer deur die volgende datumformaat
te gebruik: JJJJ/MM/DD.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/2015 (2)
SSE
'n Voorbeeld van die eerste vier elemente van die arrGeleenthede-skikking:
Hokkie
Skaak
Rugby
Skaak
'n Voorbeeld van die eerste vier elemente van die arrDatums-skikking:
2015/10/04
2015/03/20
2015/09/17
2015/03/20
Die eerste twee elemente van die ooreenstemmende data uit die twee skikkings kan
soos volg geïnterpreteer word:
• Hokkie uit arrGeleenthede en 2015/10/04 uit arrDatums 'n
hokkiewedstryd is vir 4 Oktober 2015 geskeduleer.
• Skaak uit arrGeleenthede en 2015/03/20 uit arrDatums 'n skaakwedstryd
is vir 20 Maart 2015 geskeduleer.
INSTRUKSIES:
Delphi-programmeerders Java-programmeerders
Die projek Vraag3 is in die Die projek Vraag3 is in die
DelphiDataAFR-lêergids voorsien. JavaDataAFR-lêergids voorsien.
• Maak die onvoltooide projeklêer • Maak die onvoltooide klas met die
Vraag3P.dpr in die Vraag3.pas- naam Vraag3.java in die lêergids
lêergids oop. Source Packages (src),
Vraag3Package oop.
• Voeg jou eksamennommer as • Voeg jou eksamennommer as
kommentaar in die eerste reël van die kommentaar in die eerste reël van
hoofvormeenheid (Vraag3U.pas)-lêers die klas Vraag3.java by.
by.
• Voeg geskikte komponente by om die vraag volgens die vereistes wat in die
volgende afdeling gegee word, te beantwoord. Gee die komponente wat jy
bygevoeg het geskikte beskrywende name.
• Skryf kode om die vraag volgens die vereistes wat in die afdeling wat volg gegee
word, te beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 20 DBE/2015 (2)
SSE
PROGRAMVEREISTES:
Die GGK ('GUI') laat die gebruiker toe om 'n maandwaarde in te sleutel en/of 'n
geleentheid uit die kombinasielys ('combo box') wat voorsien is, te kies. Data uit die
skikkings wat voorsien is, moet op grond van die toevoer van die gebruiker vertoon
word.
LET WEL:
• Die data moet gesorteer word om te verseker dat al die lyste data wat vertoon word
in toenemende volgorde volgens die datums waarop die geleenthede geskeduleer is
om plaas te vind, vertoon word.
• As 'n maandwaarde deur die gebruiker ingesleutel word, moet die waarde
gevalideer word om in die reeks 1 tot 12 te val. As die maandwaarde wat ingesleutel
is, nie in die vereiste reeks val nie, moet 'n foutboodskap vertoon word en die
gebruiker moet toegelaat word om weer die maandwaarde in te sleutel totdat 'n
geldige waarde ingesleutel is.
LET WEL: Die gebruiker word toegelaat om NIE 'n maandwaarde in te sleutel
NIE, soos in die voorbeelde wat volg, verduidelik word.
• Alle vertoonde lyste moet 'n opskrif toon wat die naam van die geleentheid en die
maandwaarde wat ingesleutel is, bevat, soos in die voorbeelde wat volg getoon
word. Die lyste moet netjies in kolomme vertoon word.
• Jy mag nie die inhoud van die skikking met die hand verander nie. Kode moet
gebruik word om die data volgens die vereistes tydens die uitvoering van die
program te manipuleer.
• Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die
ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.
Die volgende is van toepassing op toevoer van die gebruiker:
• As die gebruiker 'n geldige maandwaarde insleutel en 'n geleentheid uit die
kombinasielys ('combo box') kies, moet die geleentheid en die datums waarop
daardie geleentheid in daardie maand gaan plaasvind, vertoon word.
Voorbeeld van afvoer as die gebruiker 'n maandwaarde van 3 insleutel en skaak uit
die kombinasielys ('combo box') kies:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 21 DBE/2015 (2)
SSE
• As die gebruiker nie 'n waarde vir die maand in die teksblokkie insleutel nie en slegs
'n geleentheid uit die kombinasielys ('combo box') kies, moet die geleentheid en al
die datums wanneer daardie geleentheid gedurende die jaar gaan plaasvind,
vertoon word. Die opskrif moet die maandwaarde as 'Alle' aandui.
Voorbeeld van afvoer as geen maandwaarde ingesleutel is nie en 'Hokkie' uit die
kombinasielys as geleentheid gekies is:
• As die gebruiker nie 'n waarde vir die maand insleutel nie en die 'Alle'-geleentheid
word uit die kombinasielys ('combo box') gekies, moet alle geleenthede en die
datums waarop elke geleentheid gaan plaasvind, vertoon word.
Voorbeeld van die afvoer van die eerste ses geleenthede as die gebruiker nie 'n
maandwaarde insleutel nie en nie 'n geleentheid uit die kombinasielys kies nie:
Die data verskaf maak dit moontlik dat sommige geleenthede verskeie kere op een
dag kan plaasvind. Byvoorbeeld, twee skaakgeleenthede sal op 2015/03/20 plaasvind,
drie sokkergeleenthede sal op 2015/06/03 plaasvind, ensovoorts.
Die volgende addisionele opsie moet by die program gevoeg word:
Verwyder duplikaatdatums (vir 'n spesifieke geleentheid)
Die volgende moet gebeur as hierdie opsie uitgevoer word:
• Jy moet 'n geskikte komponent byvoeg/gebruik om die gebruiker toe te laat om die
naam van 'n geleentheid in te sleutel.
• Geen validering van die tipe geleentheid wat ingesleutel is, word vereis nie. As die
gebruiker 'n geleentheid insleutel wat nie in arrGeleenthede voorkom nie, moet
daar net 'n leë lys vertoon word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 22 DBE/2015 (2)
SSE
• Die program moet reg uitvoer as die tipe geleentheid in klein- en/of
hoofletterkarakters ingesleutel word.
• Programmeringskode moet verseker dat die geleentheid wat ingesleutel is, nie meer
as een keer op dieselfde datum op die lys wat vertoon word, voorkom nie.
Voorbeelde van afvoer voor en nadat datums vir spesifieke geleenthede wat
ingesleutel is, verwyder is:
Voorbeeld 1:
Voorbeeld van afvoer van die eerste agt geleenthede en oorstemmende datums waar
alle geleenthede en datums gekies is en voordat enige datums verwyder is:
Voorbeeld van afvoer van die eerste agt geleenthede as die gebruiker 'Skaak' as die
geleentheid insleutel en die Verwyder duplikaatdatums-opsie aktiveer om die
duplikaatdatums vir skaak te verwyder:
Voorbeeld 2:
Voorbeeld van afvoer waar alle 'Tennis'-geleenthede en ooreenstemmende datums
vertoon word voordat enige datums verwyder is:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 23 DBE/2015 (2)
SSE
Afvoer van die lys as die gebruiker 'Tennis' as geleentheid insleutel en die Verwyder
duplikaatdatums-opsie aktiveer:
TOEKENNING VAN PUNTE:
Vereistes Maksimum
punte
Toepas van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp 5
Valideer toevoer van gebruiker 8
Sorteer skikkings 8
Vertoon afvoer 9
Verwyder duplikaatelemente 10
• Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
• Stoor die program.
• 'n Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2015 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2015 Memo (Afr)
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum