Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
NOVEMBER 2015
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 
_hlayiso.com_--053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60/v1-3d19c9dfc8e924c4cf55/card.webp)


_hlayiso.com_--99bccf2f-17ab-41f3-b2cd-41e24e170d07/v1-b87dfc191020013b0097/card.webp)

View all





Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2015 QP
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 584.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC November Exam 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL DRIE
afdelings beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie
programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te
gebruik)).
4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
word.
5. Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
wat in die vraestel verskyn nie.
7. Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van 'n
programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.
8. Datastrukture wat nie voorsien is nie, moet deur jou, die programmeerder,
verklaar word.
9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
toegeken is.
10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.
11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk
gegun word.
12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
geheuestokkie met al jou werk daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak
dat jou werk op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken
is, gestoor is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/November 2015
NSS
13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
Die lêers is in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers voorsien.
LET WEL:
• Delphi-kandidate moet die lêer DelphiDataAFRNov2015.exe gebruik.
• Java-kandidate moet die lêer JavaDataAFRNov2015.exe gebruik.
Doen die volgende:
• Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
• Klik op die 'extract'-knoppie.
• Sleutel die volgende wagwoord in: GymCentre54#$
Nadat dit onttrek is, sal die volgende lys met lêers in die
DelphiDataAFRNov2015/JavaDataAFRNov2015-lêergids beskikbaar wees:
Delphi-lêers Java (Netbeans)-lêers
Vraag1: Vraag1:
Vraag1P.dpr Vraag1.form
Vraag1P.res Vraag1.java
Vraag1U.dfm
Vraag1U.pas
Vraag2: Vraag2:
DataV2.txt DataV2.txt
StudentU.pas Student.java
Vraag2P.dpr Vraag2.form
Vraag2P.res Vraag2.java
Vraag2U.dfm
Vraag2U.pas
Vraag3: Vraag3:
Vraag3P.dpr Vraag3.form
Vraag3P.res Vraag3.java
Vraag3U.dfm
Vraag3U.pas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/November 2015
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Die Eagle Star Gym by die plaaslike winkelsentrum word deur die gemeenskap gebruik
om fiks te bly.
Hierdie gimnasium het onlangs 'n spesiale gewigsverliesprogram vir 'n groep van
twintig mense bekend gestel. 'n Rekenaarprogram word nou ontwerp om met die
administrasie van hierdie spesiale gewigsverliesprogram te help.
INSTRUKSIES:
Delphi-programmeerders Java-programmeerders
• Die projek Vraag1 word in die • Die projek Vraag1 word in die
DelphiDataAFRNov2015-lêergids JavaDataAFRNov2015-lêergids
voorsien. voorsien.
• Maak die onvoltooide projeklêer met • Maak die onvoltooide klas met die
die naam Vraag1P.dpr in die Vraag1- naam Vraag1.java in die lêergids
lêergids oop. Source Packages (src),
Vraag1Package oop.
• Voeg jou eksamennommer as • Voeg jou eksamennommer as
kommentaar in die eerste reël van die kommentaar in die eerste reël van die
hoofvormeenheid met die naam klas met die naam Vraag1.java by.
Vraag1U.pas by.
Doen die volgende:
• Kompileer en voer die program uit. Die GGK ('GUI') vertoon vyf afdelings met die
opskrifte VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
'n Voorbeeld van die GGK word op die volgende bladsy gegee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/November 2015
NSS
• Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 soos in VRAAG 1.1 tot
VRAAG 1.5 hieronder beskryf word.
1.1 Wanneer 'n groepslid vir die gewigsverliesprogram inskryf, word sy/haar
liggaamsmassa-indeks (LMI) ('body mass index'/'BMI') bereken deur die
volgende formule te gebruik:
gewig
LMI =
lengte2
'n Groepslid word as oorgewig, van normale gewig of ondergewig
geklassifiseer op grond van sy/haar LMI volgens die kriteria in die tabel
hieronder.
LMI GEWIGSBESKRYWING
< 18,5 Ondergewig
18,5 tot 25 Normale gewig
> 25 Oorgewig
Die gebruiker moet die gewig en lengte van die groepslid in kilogram en meter
onderskeidelik in die teksblokkies wat voorsien is, insleutel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/November 2015
NSS
Skryf kode om die gewig en lengte te verkry uit die teksblokkies wat voorsien
is en bereken die LMI van die groepslid. Gebruik die afvoerarea om die LMI
en 'n boodskap, wat aandui of die persoon ondergewig, van normale gewig of
oorgewig is, volgens die klassifikasie in die gegewe tabel te vertoon.
Formateer waardes tot VYF desimale plekke.
Voorbeeld van afvoer indien die gewig 38 kg en die lengte 1,4 m is:
Voorbeeld van afvoer indien die gewig 90 kg en die lengte 1,6 m is:
(8)
1.2 'n Lid wat vir die gewigsverliesprogram ingeskryf het, wil weet hoeveel dae dit
sal neem om sy teikengewig te bereik. Die gebruiker moet sy teikengewig in
die teksblokkie wat voorsien is, insleutel.
Skryf kode om die volgende te doen:
Verkry die teikengewig uit die teksblokkie en gebruik die huidige gewig van
die lid wat in VRAAG 1.1 verkry is om die afvoer te bereken en te vertoon,
soos in die voorbeeld van afvoer op die volgende bladsy getoon word.
Die volgende is van toepassing:
• Neem aan dat die gewigsverlies 375 gram (0,375 kg) per dag is en op die
eerste dag begin.
• Indien die teikengewig minder as die huidige gewig is, vertoon die
nommer van die dag en die gewig van die lid van die eerste dag af totdat
hy sy teikengewig bereik het.
• Vertoon die boodskap 'Ongeldige waarde ingesleutel' as die teikengewig
groter as of gelyk aan die lid se huidige gewig is.
Rond alle gewigswaardes wat vertoon word, tot DRIE desimale plekke af.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/November 2015
NSS
Voorbeeld van afvoer indien die huidige gewig 90 kg en die teikengewig
85 kg is:
Voorbeeld van afvoer indien die huidige gewig 70 kg en die teikengewig
80 kg is:
(7)
1.3 'n Lidmaatskapkode moet saamgestel word vir elke persoon wat by die
gewigsverliesprogram inskakel.
Skryf kode om die volgende te doen:
• Verkry die lid se volle naam uit die teksblokkie wat voorsien is.
• Verkry die lid se geslag uit die radioknoppies wat voorsien is.
• Bepaal of die merkblokkie vir 'n allergie gemerk ('checked'/'ticked') is.
• Die lid se lidmaatskapkode bestaan uit drie dele wat soos volg
saamgestel word:
o Deel 1
Skakel die volle naam na hoofletters om.
Verwyder alle klinkers en spasies.
o Deel 2
Voeg die karakters '-M-' of '-V-' by Deel 1 van die lidmaatskapkode,
afhangend daarvan of die lid manlik of vroulik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/November 2015
NSS
o Deel 3
Voeg 'n kontrolenommer as 'n driesyfergetal by die
lidmaatskapkode. Die kontrolenommer word soos volg saamgestel:
• Genereer 'n willekeurige getal in die reeks 1 tot 9 (1 en 9
ingesluit). Dit sal die eerste syfer wees.
• Tel die waarde van 10 by die willekeurige getal.
• Bepaal die getal letters waaruit die volle naam sonder die
klinkers bestaan (eerste deel van die lidmaatskapkode). Tel
die waarde by die huidige waarde. Die totale waarde sal die
laaste twee syfers van die kontrolegetal wees.
Voorbeeld: In Deel 1 sal die volle naam Peter Smith
PTRSMTH (7 letters) word.
Indien die willekeurige getal 4 is, sal die laaste
twee syfers 21 (4 + 10 + 7 = 21) wees.
Die kontrolegetal sal dan '421' wees.
Voeg die asteriskkarakter (*) by die lidmaatskapkode as die
persoon 'n allergie het.
Voorbeeld van afvoer vir 'n vroulike lid met die naam Margaret Hemingway,
wat 'n allergie het:
LET WEL: As gevolg van die willekeurige seleksie van lidmaatskapkodes
kan die lidmaatskapkodes wat in die skermskoot hierbo vertoon
word, verskil van die lidmaatskapkodes wat deur jou program
vertoon word. (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/November 2015
NSS
1.4 'n Skikking met die naam arrLidKodes wat 20 lidmaatskapkodes bevat, is
voorsien.
Die eerste tien lidmaatskapkodes in die skikking word hieronder getoon.
PRTHNMM-M-421
LYYHNBB-F-623*
DFGQWJJK-M-220*
NBVGTYY-F-926
NBGTRFSSD-F-322*
NJKYTRRTG-M-928
JBHGTYGFTR-F-121
HGTYRJJ-F-522*
KJHYTGFDDRWQ-M-830
NHYTRFDDD-M-221*
Twee van die lede uit die groep wat in die skikking voorkom, moet willekeurig
vir Premium-lidmaatskap geselekteer word. Premium-lidmaatskap gee aan
lede toegang tot enige Eagle Star Gym in Suid-Afrika.
Skryf kode om TWEE lidmaatskapkodes willekeurig te selekteer. Een van die
geselekteerde lede moet manlik wees en die ander geselekteerde lid moet
vroulik wees.
Vertoon die lidmaatskapkodes van die twee willekeurig geselekteerde lede in
die afvoerarea wat voorsien is.
Voorbeeld van die inhoud van die afvoerarea:
LET WEL: As gevolg van die willekeurige seleksie van lidmaatskapkodes
kan die lidmaatskapkodes wat in die skermskoot hierbo vertoon
word, verskil van die lidmaatskapkodes wat deur jou program
vertoon word. (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/November 2015
NSS
1.5 Die organiseerders wil hê dat die 20 lidmaatskapnommers in die
arrLidKodes-skikking in alfabetiese volgorde gesorteer moet wees. Hulle het
gevra dat al die lede met 'n allergie boaan die lys vertoon moet word.
Skryf kode om die lidmaatskapkodes in die skikking in alfabetiese volgorde te
sorteer. Onttrek al die lede met 'n allergie uit die gesorteerde skikking en
vertoon dit boaan die lys, gevolg deur al die ander lede.
Voorbeeld van afvoer van die eerste 13 lidmaatskapkodes nadat dit alfabeties
gesorteer is:
(12)
• Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
• Stoor jou program.
• 'n Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/November 2015
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING
Eagle Star Gym bied 'n verskeidenheid instrukteurskursusse vir hulle lede aan. 'n Lid
kan vir een instrukteurskursus op 'n slag inskryf. Lede wat vir 'n instrukteurskursus
ingeskryf is, word studente genoem.
INSTRUKSIES:
Delphi-programmeerders Java-programmeerders
• Die projek Vraag2 word in die • Die projek Vraag2 word in die
DelphiDataAFRNov2015-lêergids JavaDataAFRNov2015-lêergids
voorsien en bevat: voorsien en bevat:
o 'n Hoofvormeenheid met die naam o 'n GGK ('GUI')-klaslêer met die
Vraag2U.pas naam Vraag2.java
o 'n Onvoltooide eenheidlêer met o 'n Onvoltooide objekklaslêer met
die naam StudentU.pas die naam Student.java
o 'n Tekslêer met die naam o 'n Tekslêer met die naam
DataV2.txt wat inligting bevat oor DataV2.txt wat inligting bevat oor
'n lid wat vir 'n instrukteurskursus 'n lid wat vir 'n instrukteurskursus
ingeskryf is ingeskryf is
• Maak die onvoltooide projeklêer met • Maak die onvoltooide klasse met die
die naam Vraag2P.dpr en die klas name Vraag2.java en Student.java in
met die naam StudentU.pas in die die lêergids Source Packages (src),
Vraag2-lêergids oop. Vraag2Package oop.
• Voeg jou eksamennommer as • Voeg jou eksamennommer as
kommentaar in die eerste reël van kommentaar in die eerste reël van
beide lêer Vraag2U.pas en beide klas Vraag2.java en
StudentU.pas by. Student.java by.
Doen die volgende:
• Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 2 soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2
hieronder beskryf word.
2.1 'n Gedeeltelik voltooide objekklas met die naam TStudent/Student is
voorsien.
Voltooi die kode in die gegewe studentklas met die naam TStudent/Student,
soos in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 beskryf word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/November 2015
NSS
Die tabel hieronder bevat beskrywings van die attribute van 'n lid wat as
student vir 'n instrukteurskursus ingeskryf is.
Name van attribute
Beskrywing
Delphi Java
fNaam naam Van en noemnaam van die student
fRegKode regKode Unieke seskarakter-
registrasiekode wat aan elke
student wat vir 'n
instrukteurskursus ingeskryf is,
toegeken word
fVervalDatum vervalDatum Datum waarop die registrasie vir
die instrukteurskursus sal verval, in
die formaat JJJJ/MM/DD
fSessiesVoltooi sessiesVoltooi Getal opleidingsessies wat die
student voltooi het
2.1.1 Verwyder die kommentaartekens uit die stellings wat in die privaat
metode met die naam bepaalVervalDatum voorkom. Die metode
ontvang die datum waarop die student vir die instrukteurskursus
geregistreer het as 'n parameter. Die student moet die kursus binne
'n tydperk van twee jaar vanaf die registrasiedatum voltooi. Die
registrasie vir die kursus verval dus twee jaar vanaf die datum van
registrasie. Gebruik die parameterwaarde om die datum waarop die
registrasie verval, te bepaal en terug te stuur. (4)
2.1.2 Skryf kode vir 'n konstruktormetode om die volgende te doen:
• Ontvang die naam en die registrasiekode van die student sowel
as die registrasiedatum as parameters.
• Ken die relevante parameterwaardes aan die fNaam/naam- en
fRegKode/regKode-attribute toe.
• Gebruik die registrasiedatum as 'n argument en roep die privaat
metode bepaalVervalDatum om die fVervalDatum/
vervalDatum-attribuut te stel.
• Stel die fSessiesVoltooi-/sessiesVoltooi-attribuut op nul. (5)
2.1.3 Skryf 'n mutatormetode met die naam setSessiesVoltooi wat 'n
waarde as 'n parameterwaarde ontvang en die fSessiesVoltooi-/
sessiesVoltooi-attribuut op die waarde stel. (2)
2.1.4 Skryf 'n metode met die naam vermeerderSessiesVoltooi om die
getal sessies wat voltooi is, met 1 te vermeerder. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/November 2015
NSS
2.1.5 Skryf 'n metode met die naam evalueerVordering wat die totale
getal sessies waaruit die instrukteurskursus bestaan, as 'n
parameter ontvang en 'n string terugstuur wat die vordering van 'n
student aandui.
Die string moet soos volg saamgestel word:
• As die persentasie sessies wat deur 'n student voltooi is, groter
is as 75% van die totale getal sessies, stuur 'n string terug wat
soos volg geformateer is:
<Naam van student> kwalifiseer as 'n
instrukteur
Voorbeeld van die saamgestelde string:
Peter Drake kwalifiseer as 'n instrukteur
• Indien die persentasie sessies wat deur die student voltooi is,
kleiner of gelyk is aan 75% van die totale getal sessies, stuur
'n string terug wat soos volg geformateer is:
Persentasie voltooi:<persentasie geformateer
tot twee desimale plekke>%
Voorbeeld van die saamgestelde string:
Persentasie voltooi: 67.24% (8)
2.1.6 Skryf 'n toString-metode om die besonderhede van 'n student in die
volgende formaat te vertoon:
<naam van student> [<registrasiekode>]
Vervaldatum: <vervaldatum>
Voltooide sessies: <getal sessies voltooi>
Voorbeeld van afvoer:
(4)
2.2 Die tekslêer DataV2.txt bevat 'n onbekende getal reëls met inligting oor
studente wat daagliks die verskillende instrukteurskursusse bygewoon het.
Elke reël met inligting bevat data vir 'n enkele opleidingsessie wat deur
'n student bygewoon is in die volgende formaat:
<registrasiekode> het opleiding ontvang op <datum waarop die student die
opleidingsessie bygewoon het>#<sessie is voltooi of nie voltooi nie>
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/November 2015
NSS
Voorbeeld van die eerste ses reëls data wat in die tekslêer gestoor is:
PD1203 het opleiding ontvang op 2013/12/07#Nie voltooi nie
CS3011 het opleiding ontvang op 2015/10/19#Voltooi
SM2102 het opleiding ontvang op 2015/09/28#Nie voltooi nie
PD1203 het opleiding ontvang op 2014/01/09#Voltooi
SM2102 het opleiding ontvang op 2015/10/03#Nie voltooi nie
CJ1506 het opleiding ontvang op 2015/10/19#Voltooi
Die data in die eerste twee reëls teks kan soos volg geïnterpreteer word:
Reël 1: PD1203 het opleiding ontvang op 2013/12/07#Nie
voltooi nie
• Die student met kode PD1203 het op 7 Desember 2013 opleiding
ontvang en het nie die sessie voltooi nie.
Reël 2: CS3011 het opleiding ontvang op 2015/10/19#Voltooi
• Die student met kode CS3011 het op 19 Oktober 2015 opleiding ontvang
en het die sessie voltooi.
Voorbeeld van die GGK (GUI) vir VRAAG 2:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/November 2015
NSS
Doen die volgende om die kode vir die knoppies in die hoofvormeenheid
(Delphi)/GGK-klas (Java) te voltooi, soos hieronder beskryf word.
2.2.1 Knoppie [Vraag 2.2.1]
Peter Drake het vir die 'Kardio en Spierbou'-instrukteurskursus
geregistreer. 'n Registrasiekaart wat die volgende inligting bevat, is
aan hom uitgereik:
Kursus: Kardio en Spierbou
Student: Peter Drake
Registrasiekode: PD1203
Registrasiedatum: 2013/11/12
Skryf kode om die volgende te doen:
• Gebruik die waardes wat in die relevante teksblokkies voorsien
is om die objStudent-objek te instansieer.
• Vertoon die besonderhede van die student deur die toString-
metode te gebruik.
Voorbeeld van afvoer vir die student met die naam Peter Drake:
(3)
2.2.2 Knoppie [Vraag 2.2.2]
Skryf kode om die volgende te doen:
• Gaan na of die DataV2.txt-tekslêer bestaan of nie.
• As die tekslêer NIE bestaan NIE, vertoon 'n geskikte boodskap
en maak die program toe.
• As die tekslêer bestaan, doen die volgende:
o Vertoon die naam van die student.
o Gebruik die registrasiekode van die student-objek om die
getal voltooide sessies van die student in die tekslêer te
soek en te tel. Vertoon die datum van elke opleidingsessie
wat deur die student voltooi is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/November 2015
NSS
o Gebruik 'n geskikte metode om die attribuut vir die getal
voltooide sessies op die mees onlangse hoeveelheid wat
getel is, te stel.
o Maak die knoppies vir VRAAG 2.2.3 en VRAAG 2.2.4 aktief.
Voorbeeld van afvoer vir Peter Drake:
LET WEL: Die objek kan ook met die volgende studentedata
getoets word:
Naam: Sannie Malan
Registrasiekode: SM2102
Registrasiedatum: 2013/05/12
Voorbeeld van afvoer vir Sannie Malan:
(16)
2.2.3 Knoppie [Vraag 2.2.3]
Die student Peter Drake het nog 'n opleidingsessie bygewoon.
Sleutel die datum van die opleidingsessie in die teksblokkie wat
voorsien is, in. Gebruik die merkblokkie wat voorsien is om aan te
dui of hy die opleidingsessie voltooi het of nie.
Die inligting van die nuwe opleidingsessie moet by die tekslêer met
die naam DataV2.txt gevoeg word in dieselfde formaat as die
teksreëls wat reeds in die tekslêer gestoor is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/November 2015
NSS
Die formaat van elke reël in die tekslêer is soos volg:
<Registrasiekode> het opleiding ontvang op <datum
waarop die student die opleidingsessie bygewoon
het>#<sessie is voltooi of nie voltooi nie>
Skryf kode om die volgende te doen:
• Stel 'n string saam wat volgens die vereiste formaat na die
tekslêer geskryf sal word. Voeg die string by die DataV2.txt-
tekslêer.
• Vertoon 'n boodskap wat aandui dat die inligting by die tekslêer
gevoeg is.
• Dateer die getal opleidingsessies wat deur die student voltooi is,
op as die sessie voltooi is.
• Gebruik die toString-metode om die opgedateerde inligting van
die student te vertoon. (10)
2.2.4 Knoppie [Vraag 2.2.4]
'n Student kwalifiseer as 'n instrukteur as hy/sy meer as 75% van die
totale getal opleidingsessies voltooi het. Die gebruiker moet die
totale getal opleidingsessies vir die instrukteurskursus in die
teksblokkie wat voorsien is, insleutel. Gebruik die
evalueerVordering-metode om die student se vordering te bepaal
en vertoon die boodskap wat deur die metode teruggestuur word.
Vertoon die student se vordering in die 'Vordering'-byskrif wat
voorsien is, soos in die voorbeelde van afvoer hieronder getoon
word.
Voorbeeld van 'Vordering'-byskrif as die student aan die kriteria
voldoen het en meer as 75% van die totale getal opleidingsessies
voltooi het:
Voorbeeld van 'Vordering'-byskrif as die student slegs ses uit
'n totaal van 20 opleidingsessies voltooi het:
(3)
• Sleutel jou eksamennommer in as kommentaar in die eerste reël van beide lêers
wat jou kode bevat.
• Stoor al die lêers.
• 'n Drukstuk van die kode vir beide lêers mag vereis word.
TOTAAL AFDELING B: 57
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/November 2015
NSS
AFDELING C
VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING
Eagle Star Gym bied 'n seminaar oor gesondheid en fiksheid oor 'n tydperk van vier
dae aan. Ses werkswinkels oor verskillende onderwerpe sal daagliks aangebied word.
Die onderwerpe vir die ses werkswinkels is Aërobies, Liggaamsbou, Kardio, Dans,
Energieaanvullings en Eerstehulp.
'n Maksimum van 20 lede kan vir enige werkswinkel op enige gegewe dag bespreek.
INSTRUKSIES:
Delphi-programmeerders Java-programmeerders
• Die projek Vraag3 word in die • Die projek Vraag3 word in die
DelphiDataAFRNov2015-lêergids JavaDataAFRNov2015-lêergids
voorsien. voorsien.
• Maak die onvoltooide projeklêer met • Maak die onvoltooide klas met die
die naam Vraag3P.dpr in die Vraag3- naam Vraag3.java in die lêergids
lêergids oop. Die hoofvormeenheid Source Packages (src),
word Vraag3U.pas genoem. Vraag3Package oop.
• Voeg jou eksamennommer as • Voeg jou eksamennommer as
kommentaar in die eerste reël van die kommentaar in die eerste reël van die
hoofvormeenheid met die naam klas met die naam Vraag3.java by.
Vraag3U.pas by.
Daar word van jou verwag om 'n program te ontwerp om die volgende te doen:
• Vertoon die besprekings in netjies geformateerde rye en kolomme.
• Laat die gebruiker toe om vir 'n werkswinkel te bespreek.
• Bepaal die getal kaste gebottelde water wat benodig word. (Lede wat die
werkswinkels bywoon, ontvang elkeen elke dag 'n bottel water.)
• Kanselleer 'n werkswinkel en die besprekings wat vir die werkswinkel gemaak is.
Lees die volgende afdelings voordat jy probeer om die oplossing te doen:
• GGK ('GUI') en data wat voorsien is
• Programvereistes
• Puntetoekenning
LET WEL:
• Jy mag NIE data wat voorsien is, per hand verander NIE. Kode moet bygevoeg
word om die data wat voorsien is, volgens die vereistes te manipuleer.
• Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die
ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/November 2015
NSS
GGK ('GUI') EN DATA WAT VOORSIEN IS
GGK ('GUI')
Die GGK bevat slegs komponente vir gebruikertoevoer. Gebruik die programvereistes
op die volgende bladsy om op geskikte addisionele komponente wat benodig word,
te besluit. Voeg hierdie komponente by die afdeling op die GGK met die opskrif
Addisionele komponente. Voeg afvoerkomponente by die afdeling op die GGK met
die opskrif Afvoerarea.
Voorbeeld van die GGK wat voorsien is:
DATA
Die werkswinkel-onderwerpe word in 'n eendimensionele skikking met die naam
arrWerkswinkels gestoor.
Die getal besprekings wat vir die verskillende werkswinkels gemaak is, is in 'n
tweedimensionele skikking met die naam arrBesprekings gestoor. Die tabel hieronder
is 'n voorstelling van die getal lede wat reeds vir die verskillende werkswinkels
bespreek het:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 20 DBE/November 2015
NSS
PROGRAMVEREISTES
Vertoon besprekings:
• Die program moet 'n geskikte metode voorsien wat die inhoud van die skikkings
arrWerkswinkels en arrBesprekings netjies in rye en kolomme sal vertoon.
• Voorsien geskikte opskrifte en vertoon die data netjies in rye en kolomme.
Voorbeeld van afvoer wat die metode moet voorsien om die werkswinkel-
onderwerpe en die getal besprekings vir elke dag te vertoon:
Bespreek 'n werkswinkel:
• 'n Werkswinkel kan 'n maksimum van 20 besprekings akkommodeer.
• Die gebruiker moet 'n werkswinkel en 'n dag waarop die werkswinkel bygewoon
gaan word, selekteer om te kan bespreek.
• As die werkswinkel nie volbespreek is nie, dateer die bespreking vir die
geselekteerde werkswinkel op. Vertoon 'n geskikte boodskap wat aandui dat die
bespreking gemaak is en vertoon die opgedateerde besprekings.
• As die geselekteerde werkswinkel volbespreek is, vertoon 'n geskikte boodskap
wat die gebruiker inlig dat die geselekteerde werkswinkel volbespreek is.
Voorbeeld van afvoer as 'n lid kies om vir die Aërobies-werkswinkel op Dag 2
te bespreek:
LET WEL: Die getal besprekings vir Aërobies op Dag 2 het van 14 na 15
toegeneem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 21 DBE/November 2015
NSS
Voorbeeld van afvoer as 'n lid kies om vir die Kardio-werkswinkel op Dag 4, wat
volbespreek is, te bespreek:
Bepaal die getal kaste gebottelde water wat bestel moet word:
• Al die lede wat die werkswinkels bywoon, kry elke dag 'n gratis bottel water.
Bereken die getal bottels water wat vir elke dag van die vierdagtydperk benodig sal
word. Vertoon die nommers van die dae en die totale getal bottels water wat elke
dag benodig word.
• Die bestuur wil ook weet hoeveel vol kaste gebottelde water in totaal vir die
vierdagtydperk aangekoop moet word. Elke vol kas bevat 24 bottels water.
Voorbeeld van afvoer van die getal bottels water en die vol kaste gebottelde water
wat benodig word, deur die oorspronklike data wat voorsien is, te gebruik:
Kanselleer 'n werkswinkel:
• Die bestuur sal soms 'n werkswinkel moet kanselleer as gevolg van te min
besprekings of omdat die instrukteur nie beskikbaar is nie. Die gebruiker moet 'n
werkswinkel selekteer wat gekanselleer moet word. Die werkswinkel wat
geselekteer is, moet uit die onderskeie skikkings en uit die kombinasielys ('combo
box') verwyder word.
• Al die besprekings vir die geselekteerde werkswinkel vir die vier dae moet
verwyder word sodat al die afvoer en berekende waardes die gekanselleerde
werkswinkel uitsluit.
Voorbeeld van afvoer as die Kardio-werkswinkel verwyder is (vir oorspronklike
data wat voorsien is):
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 22 DBE/November 2015
NSS
Voorbeeld van afvoer van die getal bottels water wat benodig word as die
Kardio-werkswinkel verwyder is (vir oorspronklike data wat voorsien is):
PUNTETOEKENNING
VEREISTES MAKSIMUM PUNTE
Gebruik geskikte verwerkings- en afvoerkomponente.
Hernoem komponente deur geskikte beskrywende name te 2
gebruik.
Pas goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp toe. 2
Vertoon inhoud van skikkings met opskrifte. 8
Bespreek vir 'n werkswinkel. 11
Bereken en vertoon die getal bottels water en kaste gebottelde
10
water wat benodig word.
Kanselleer 'n werkswinkel en verwyder relevante data. 10
• Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
• Stoor jou program.
• 'n Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL AFDELING C: 43
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2015 Memo
_hlayiso.com_--053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60/v1-3d19c9dfc8e924c4cf55/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2015 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP
_hlayiso.com_--99bccf2f-17ab-41f3-b2cd-41e24e170d07/v1-b87dfc191020013b0097/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum