Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12201512 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *INFTDM1* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie eksamen duur drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen, is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 2. Jy benodig die volgende gelyste lêers om die vrae te beantwoord. Dit sal aan jou verskaf word op ʼn CD of die toesighouer sal jou in kennis stel waar jy dit op die werkstasie kan vind of in ʼn netwerkgids. Vraag1 Vraag2 Vraag3 Vraag1_u.pas Vraag2_u.pas Vraag3_u.dfm Vraag1_p.dpr Vraag2_p.dpr Vraag3_u.pas Vraag1_u.dfm Vraag2_u.dfm Vraag3_p.dpr clsTravel_u.pas Bestemmings.txt 3. Indien ʼn CD met die lêers aan jou verskaf was, skryf jou naam en van op die etiket van die CD. 4. Stoor jou werk met gereelde intervalle as ʼn voorsorgmaatreël teen kragonderbrekings. 5. Herbenoem die P1 Data-gids na jou Naam en Van. 6. Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van elke program. 7. Lees AL die vrae noukeurig deur. Doen slegs wat vereis word. 8. Jy moet seker maak dat jy AL jou werk aan die einde van die eksamensessie op die CD inhandig of maak seker dat ALLE lêers met jou werk in die gegewe netwerkgids gestoor is soos dit deur jou toesighouer aangedui is. 9. Maak seker ALLE lêers kan oopgemaak word. 10. Gedurende die eksamen mag jy van die HULP-funksies van die programmatuur gebruik maak. Jy mag NIE gebruik maak van enige ander hulpbronne NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3 SENARIO: Om ʼn vakansie te organiseer kan baie tydrowend wees. Om die proses vir die kliënt makliker te maak word hotel- en toerbesprekingstake deur ʼn reisagentskap verrig. Jou hulp is ingeroep om verskeie programme vir die agentskap te voltooi. VRAAG 1: DELPHI-PROGRAMMERING ʼn Onvoltooide Delphi-program, wat deur ʼn hotelbestuurder gebruik word, is aan jou gegee. Open Vraag 1_p.dpr en voltooi die program: 1.1 Knoppie [Vraag 1.1] Tik die kliënt se naam en van in die gegewe teksareas in. Selekteer die kamer wat die bespreek gaan word. Skep en vertoon ʼn reël teks as afvoer wat die naam en van die kliënt en die geselekteerde kamer bevat. Voorbeeld afvoer: (4) 1.2 Knoppie [Vraag 1.2] Sleutel die hoeveelheid dae wat die kliënt ʼn enkelkamer wil bespreek, in.  Die eerste 5 dae word teen die normale tarief van R250 per nag verhuur.  Die addisionele dae word teen 96% van die normale tarief gehef (4% afslag).  Vertoon die bedrag verskuldig. Formateer dit in geldeenheid. Voorbeeld afvoer: (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) 1.3 Knoppie [Vraag 1.3] Tik die aantal minute, wat ʼn kliënt van die internetdienste van die hotel gebruik gemaak het, in. Vertoon die totale koste (in geldeenheid), indien die tarief R30 per uur is. Vir enige gedeelte van ʼn uur wat die kliënt besig was, word ʼn volle uur se fooi gehef. Voorbeeld van afvoer: (6) 1.4 Knoppie [Vraag 1.4] ʼn Gas by die hotel moet ʼn wagwoord verskaf indien hul gebruik wil maak van die hotel se rekenaarsisteem. Die wagwoord moet aan die volgende vereistes voldoen:  10 karakters  Ten minste drie van die karakters in die lys (*,?,#,%)  Ten minste drie nommers Wanneer die knoppie gedruk word moet die geldigheid van die wagwoord wat ingesleutel is getoets word. Voorbeeld van afvoer: (15) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5 1.5 Knoppie [Vraag 1.5] Die hoeveelheid aande wat ʼn dubbelkamer bespreek word is maandeliks ewekansig gegenereer vir die laaste 12 maande. Die maksimum hoeveelheid aande wat ʼn kamer bespreek mag word is 20 aande per maand. ʼn Grafiek word gegenereer in die afvoerarea, wat die ewekansige gegenereerde bespreking van die kamers vertoon. Die totale aande wat bespreek is asook die totale inkomste wat gegenereer word deur die dubbelkamer, word aangedui. Gebruik die volgende algoritme: Maak die afvoerarea skoon Formateer die afvoerarea sodat die inligting in kolomme vertoon word Verskaf opskrifte aan die kolomme Inisialiseer alle veranderlikes Begin buitenste lus deur die aantal repetisies te beperk tot die hoeveelheid maande Genereer ʼn ewekansige eerste nommer Inisialiseer die ‘string’ veranderlike Begin binnekantste Lus wat deur die ewekansige gegenereerde nommer se veranderlike beperk word Genereer sterretjies deur ʼn nuwe string te skep Maak binneste lus toe Vertoon die maand se getal, hoeveelheid sterretjies en die hoeveelheid nagte bespreek Bereken die Totale Hoeveelheid Nagte wat bespreek is vir die jaar Maak die buitenste Lus toe Vertoon die Totale Hoeveelheid Nagte bespreek Vertoon die Totale Bedrag indien ʼn Dubbelkamer se tarief teen R450 per nag beloop Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) Let wel dat die afvoer sal verskil weens die ewekansige nommers wat gegenereer word. Voorbeeld afvoer: (17)  Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die lêer genoem Vraag1_u.pas.  Stoor die program.  Maak ʼn uitdruk van die kode van die lêer Vraag1_u.pas. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7 VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIËNTEERDE PROGRAMMERING Jy is gevra om ʼn reisagentskap te help met hul kwotasiestelsel vir besprekings wat gemaak word by verskeie bestemmings. Hulle spesialiseer in die plaaslike toeriste-aantreklikhede. 2.1 Maak die klaseenheid, clsTravel_u.pas, oop en voltooi die kode (program). 2.1.1 Verklaar die volgende privaatvelde met geskikte datatipes. (3) Naam van Attribute Beskrywing fbespreking Besprekingsnommer fbestemming bestemming fdatum datum wanneer die bestemming besoek gaan word fpersone aantal persone fafslag afslag (in Rand) waarvoor hulle ftotaal kwalifiseer totale bedrag (in Rand) vir die bespreking 2.1.2 Skryf ʼn konstruktor wat die besprekingsnommer, bestemming, datum, aantal persone en die totale bedrag as parameters bevat. Hierdie parameters moet die attribute van die klas inisialiseer. Alle attribute moet geïnisialiseer word. (3) 2.1.3 Skryf ʼn metode, BerekenAfslag, wat die hoeveelheid afslag sal bereken waarvoor ʼn kliënt kwalifiseer. . Afslag word soos volg bereken:  Indien die bespreking enige tyd in Februarie, Mei, Augustus of November gemaak is, ontvang hul 5% afslag.  Indien die hoeveelheid persone in die groep 15 of meer is kwalifiseer hul vir 2,5% afslag, ongeag die tyd van die jaar (enige maand). (12) 2.1.4 Skryf ʼn metode, CalcTotal, wat die totale bedrag sal opdateer wanneer die afslag afgetrek word. (2) 2.1.5 Skryf ʼn tostring-metode wat ʼn string sal bou wat al die inligting hieronder getoon, sal bevat. Besprekingsnommer: <besprekingsnommer> Bestemming: <bestemming> Datum: <datum> Aantal Persone: <aantal persone> Afslag: <afslag in geldeenheid> Totaal: <totale bedrag in geldeenheid> (5) 2.1.6 Skryf ʼn metode wat die bestemming sal terugstuur. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) 2.2 Die tekslêer, Destinations.txt, bevat die nodige data om ʼn verslag op te stel oor die besprekings wat deur die kliënte gemaak is. Die uitleg van die tekslêer lyk soos volg: <besprekingsnommer>;<bestemming>;<datum van bespreking>;<aantal persone>;<totale bedrag gekwoteer> Voorbeeld van die eerste paar reëls van die tekslêer: AF256;Augrabies Falls;08/11/2015;6;600 BRC54;Blyde River Canyon;13/12/2015;7;878.50 KNP10;Kruger Nasionale Park;05/12/2015;14;15409.80 HI839;Hluhluwe-Imfolozi Park;13/11/2015;3;2697 D1028;Drakensberg;12/11/2015;6;600 KT888;Kgalagadi Transfrontier Park;17/11/2015;3;4020 Voltooi die kode in die hoofeenheid (Vraag2_u.pas). 2.2.1 Die verbruiker sal ʼn bestemming in die ‘combobox’ selekteer. Toets of die tekslêer bestaan. As dit nie bestaan nie, vertoon ʼn gepaste foutboodskap en maak die program toe. Doen die volgende indien die tekslêer bestaan:  Maak gebruik van ʼn voorwaardelike lus om die data uit die tekslêer te onttrek.  Instansieer ʼn nuwe objek deur gebruik te maak van die reëls uit die tekslêer.  Bereken die hoeveelheid afslag wat die kliënt voor kwalifiseer. Roep die gepaste metode.  Die nuwe totaal, met die afslag afgetrek, moet bereken word.  Vertoon al die besonderhede van die bespreking deur die tostring-metode te roep. Indien ‘ALL’ in die ‘combobox’ geselekteer is dan moet al die bestemmings se besonderhede vertoon word. (26)  Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die lêer genoem clsTravel_u.pas en Vraag2_u.pas.  Stoor die program.  Maak ʼn uitdruk van die kode van die lêer clsTravel_u.pas en Vraag2_u.pas. [53] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9 VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSING Die agentskap benodig ʼn program om die vlugdatum te kan verander en ʼn instapkaart (‘boarding pass’) vir hul kliënte, te kan genereer. NOTA: Voor hierdie vraag beantwoord word moet die volgende gedeeltes aandagtig deurgelees word:  GGK (‘GUI’) EN DATA WAT VOORSIEN IS  INSTRUKSIES  PROGRAMVEREISTES  PUNTETOEKENNING GUI EN DATA VOORSIEN Die GGK (‘GUI’) wat voorsien is, bevat al die nodige komponente. Data vir die kliënte wat vlugte bespreek het, is in ʼn 2-dimensionele skikking voorsien wat as ar2vlugte verklaar is. Die skikking bevat die data vir 26 kliënte se besprekings. ʼn Voorbeeld van die eerste vyf kliënte: Kolom 1 – Kliënt se naam Kolom 2 – Vlugdatum Kolom 3 – Vertrek Stad Kolom 4 – Stad van Aankoms Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES:  Maak die onvolledige projeklêer Vraag3_p.dpr in die Vraag3 gids oop.  Voeg jou naam en van as ʼn kommentaar in die eerste reël van die eenheidslêer Vraag3_u.pas in.  Skryf kode om die vraag te beantwoord volgens die spesifikasies hieronder uiteengesit. PROGRAMVEREISTES:  Vertoon die inligting in die 2d-skikking in die ‘string grid’ wanneer die program laai.  Deursoek die skikking om te kyk of die naam wat in die teksarea ingesleutel is, in die skikking bestaan. Indien die naam in die skikking gevind is, vra die gebruiker om ʼn nuwe vertrekdatum in te sleutel. Vertoon die opgedateerde skikking.  Vertoon gepaste boodskappe soos in die voorbeelde hieronder. Voorbeeld afvoer indien die naam nie gevind word nie: Voorbeeld afvoer indien die naam gevind is: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11 Op ʼn sekere vliegtuig lyk die uitleg van die sitplekke soos volg: Besigheidsklas (ry 1–6) en Ekonomieseklas (ry 7–30): 1 A C D F 2 A C D F 3 A C D F 4 A C D F GANG 5 A C D F 6 A C D F 7 A B C D E F 8 A B C D E F .. A B C D E F 30 A B C D E F Genereer ʼn ewekansige sitpleknommer gebaseer op die tipe kaartjie wat bespreek is (Besigheidsklas of Ekonomieseklas). Vertoon die finale besonderhede in die teksarea en stoor dit in ʼn tekslêer sodat die kliënt dit kan uitdruk. Gebruik die kliënt se naam as die lêernaam. Let wel dat die afvoer sal verskil weens die ewekansige sitpleknommers wat gegenereer word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015) Voorbeeld afvoer: PUNTETOEKENNING Maksimum punte Toepassing van goeie programmeringstegnieke (inkeping, 5 benoeming van veranderlikes) en modulêre ontwerp. Die vertoning van die inhoud van die 2-dimensionele skikking met 6 opskrifte. Opsoek van die naam, verandering van die datum. 16 Generering van die sitpleknommer. 14 Berging van die lêer en die vertoon van die afvoer. 6  Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die ‘unit’.  Stoor die program.  ʼn Uitdruk van die program mag dalk vereis word. [47] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all